Jonker en Anders v Van der Watt en Anders, In re: Jonker en Anders v Van der Watt en Anders (3223/2010, 1758/2010) [2010] ZAFSHC 92 (12 August 2010)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Injunctions — Interdict — Breach of court order — Applicants sought to enforce a restraint of trade against respondents — Respondents allegedly preparing to open a competing fuel depot in violation of a prior court order — Court granted a temporary interdict to prevent the opening of the depot pending final determination of the main application — Respondents failed to demonstrate that the interdict was improperly granted or that they were not in breach of the court order.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 92
|

|

Jonker en Anders v Van der Watt en Anders, In re: Jonker en Anders v Van der Watt en Anders (3223/2010, 1758/2010) [2010] ZAFSHC 92 (12 August 2010)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknr. : 3223/2010
In
die aansoek tussen:-
CHRISTIAAN JACOBUS JONKER
..................................
1ste
Applikant
AGRIWEN (EDMS) BPK
...................................................
2de
Applikant
AGRIGEN PETROLEUM (EDMS) BPK
............................
3de
Applikant
AGRIGEN
DIESEL BULTFONTEIN (EDMS) BPK
...........
4de
Applikant
en
GERT JAKOBUS VAN DER WATT
............................
1ste
Respondent
MARTHA JACOBS VAN DER WATT
..........................
2de Respondent
BIG RED INVESTMENTS (EDMS) BPK
.......................
3de Respondent
TURQUOISE
MOON (EDMS) BPK
...............................
4de
Respondent
In
re: Saaknr.: 1758/2010
CHRISTIAAN JACOBUS JONKER
.............................
1ste
Applikant
AGRIWEN (EDMS) BPK
...............................................
2de
Applikant
AGRIGEN PETROLEUM (EDMS) BPK
........................
3de Applikant
AGRIGEN
DIESEL BULTFONTEIN (EDMS) BPK
........
4de
Applikant
en
GERT JAKOBUS VAN DER WATT
.............................
1ste
Respondent
MARTHA JACOBS VAN DER WATT
..........................
2de Respondent
BIG RED INVESTMENTS (EDMS) BPK
......................
3de Respondent
TURQUOISE
MOON (EDMS) BPK
...............................
4de
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
29 JULIE 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
12 AUGUSTUS 2010
_____________________________________________________
[1] Hierdie is die keerdag van ‘n bevel
nisi
wat op 30 Junie 2010 deur Hancke R verleen is, wat soos volg lees:

3. ‘n Bevel
nisi
uitgereik word, keerbaar 29 Julie 2010 om 09:30 of so spoedig
moontlik daarna as wat die aansoek aangehoor kan word, wat
Respondente
oproep om redes, indien enige, aan te voer waarom die
volgende bevele nie verleen moet word nie:
3.1 Die Eerste tot Vierde Respondent verbied word om ‘n
brandstof depot handeldrywende as Dynamic Fuels & Oil,
Bothaville,
wat ‘n rekeninghouer is by Sasol en toegang het tot
lae swael diesel te Bothaville te open op 1 Julie 2010 of enige
werwing
of bemarking in verband met die diesel depot besigheid te
doen;
3.2 Die Eerste en Tweede Respondent verbied om teenstrydig met hul
onderneming soos vervat in paragraaf 5 van die Hofbevel, gedateer
24
Junie 2010 onder siviele saakomslag nommer 1758/2010, te handel of
die onderneming op enige wyse te verbreek;
3.3 Die Balju van die Hof gematig word om, met in agneming van sy reg
om sodanige hulp van die Suid-Afrikaanse Polisiediens gebruik
te maak
as wat hy doenlik ag, sodanige stappe te neem wat hy gepas ag om te
verhoed dat die Dynamic Fuel & Oil depot te Bothaville
geleë
te Tiendelaan nommer 1, ‘n diesel/brandstof depot besigheid
open voor die finalisering van aansoek 1758/2010,
waarby inbegrepe
die reg van die Balju om beslag te lê op enige advertensieborde
of bemarkingsmateriaal en dit in sy veilige
bewaring te hou hangende
die finale beregting van hierdie aansoek.
3.4 Wat verklaar dat die Eerste en Tweede Respondent in minagting is
van die Hofbevel gedateer 24 Junie 2010 onder siviele saakomslag

nommer 1758/2010;
3.5 Die Eerste en Tweede Respondent gevonnis word tot ‘n boete,
alternatiewelik gevangenisstraf, die omvang daarvan wat deur
die Hof
bepaal sal word;
3.6 Die Eerste Respondent die koste van hierdie aansoek sal betaal op
‘n skaal soos tussen prokureur en kliënt.
4. Die regshulp in paragraaf 3.1, 3.2 en 3.3 sal geld as ‘n
bevel
nisi
met onmiddellike regswerking hangende finalisering
van hierdie aansoek.”
[2] Die bevel is op ‘n dringende basis
ex parte
verleen sonder dat daar betekening op die respondente was.
[3] Die hoofsaak, waarin die applikante vra vir die
afdwing van ‘n handelsbeperking teen die respondente, het op 24
Junie
2010 voor die hof gedien en is op versoek van die respondente
uitgestel omdat hulle verdere verklarings wou liasseer en koste
aangebied
het. Die hoofsaak is op 24 Junie 2010 by ooreenkoms
uitgestel. Paragrawe 5 en 6 van die bevel lees soos volg:

5. Die eerste en tweede Respondente
onderneem, hangende die finalisering van hierdie aansoek op
29
Julie 2010
om nie enige verdere
bemarking, werwing of uitbreiding te doen in die bedieningsareas van
die tweede, derde en vierde Applikante
(soos omskryf in die
kennisgewing van mosie) nie.
6. Die onderneming in no. 5 hierbo word gemaak sonder dat die eerste
en tweede Respondente erken dat die Applikante op enige regshulp

geregtig is.”
Die respondente het, ten spyte van die feit dat hulle
gemeen het die bevel
nisi
is verkeerdelik toegestaan, nie die
keerdag geantisipeer of vir heroorweging gevra nie.
Nadat die bevel toegestaan is, het applikante verdere
getuienis saam met hul repliserende eedsverklaring, wat op 23 Julie
beteken
en afgelewer is, aangeheg:

n Foto waar eerste respondent
op 29 Junie 2010 by die Bothaville depot bo-op ‘n
diesel-sleepwa besig is (CJJ(b), bl. 205);

n Transkripsie van ‘n
telefoongesprek tussen Esther en prokureur Blair waar Esther die
naam van die “ou wat die agentskap
het”, synde die
eerste respondent, aan Blair gee (CJJ 2, bl. 207);

n Transkripsie van ‘n
telefoongesprek tussen “Marius du Preez” en ‘n
vrou, waar die vrou sê Dannhauser
is net ‘n vennoot by
Dynamic Fuels, Kobus (eerste respondent) is die eienaar.
[4] Hierdie aansoek was so dringend dat geen stukke
opgestel is nie, maar
viva voce
getuienis is aangebied. Eerste
applikant het getuig dat hy op 29 Junie 2010 verneem het dat die
eerste respondent die leidende
figuur was by die aanloop tot die
opening van ‘n diesel depot op 1 Julie 2010 te Bothaville,
binne die eerste applikant se
bedieningsgebied soos omlyn vir
beskerming in die hoofaansoek.
[5] Die getuienis voor Hancke R het getoon:
(i) Die Bothaville depot sou op 1 Julie 2010 open.
(ii) Die kontakpersoon het applikante se prokureur na
eerste respondent verwys.
Die advertensiebord by die perseel van die depot toon
eerste respondent as die bemarker en dit is slegs respondent se
selfoonnommer
wat op die bord aangegee word, geen ander
telefoonnommer word gegee nie.
[6] Hancke R het die bevel
nisi
met tussentydse
werking toegestaan. Namens respondente voer Mnr. Puckrin S.C., wat
bygestaan is deur Mnr. Els, aan dat tydens die
onderhandelinge oor
die uitstel op 24 Junie 2010 die applikante aanvanklik ook ‘n
onderneming van die eerste en tweede respondente
wou hê om nie:

betrokke te wees met enige besigheid wat
die bemarking of verspreiding van petroleum produkte....”
doen nie.
Mnr. Puckrin sê daardie onderneming wat deur
applikante versoek is, is nie deel van die hofbevel nie. Dus, so voer
Mnr. Puckrin
aan, het applikante aanvaar dat eerste respondent se
betrokkenheid by Redlex Investments (Edms) Bpk (Redlex) sou voortduur
op dieselfde
basis as wat die geval was op 24 Junie 2010.
[7] Dit is dienlik om op hierdie stadium meer
besonderhede te gee oor Redlex en eerste respondent se hoedanigheid.
In die hoofaansoek
is dit eerste respondent se saak dat hy ‘n
werknemer is van Dynamic Fuels and Oil (Dynamic Fuels), ‘n
firma bedryf
deur Mnr. Jors Dannhauser. Redlex Investments (Edms) Bpk
dryf handel as Dynamic Fuels and Oil. Dit is gemeensaak dat die depot
op Bothaville, waaroor die
ex parte
aansoek gaan, deur Redlex
geopen sou word. Eerste applikant sê dat hy nie beswaar
daarteen het om met Redlex te kompeteer
nie. Hy het wel beswaar
daarteen dat eerste respondent strydig met sy onderneming in die
hofbevel optree deur effektief die depot
te bestuur.
[8] Die eerste respondent stel die posisie soos volg:

14.
Daar is juis spesifiek ooreengekom dat die
status quo
, wat
betref my betrokkenheid by daardie besigheid, gehandhaaf sal word.
Die effek daarvan was eenvoudig dat nie ek of die Tweede
Respondent
enige verdere bemarking of werwing sou doen nie. Daar is spesifiek
daarop gewys dat my betrokkenheid by Redlex Investments
h/a Dynamic
Fuels & Oil nie beëindig sou word nie.”
(Antwoordende eedsverklaring, bl. 59 para 14 (laaste
deel).)
In para 16 van die antwoordende eedsverklaring (bl. 60)
sê die eerste respondent:

16.
Dit is by herhaling duidelik gemaak teenoor my en die Tweede
Respondent se regsverteenwoordigers dat die Applikante geen beswaar

het teen die bedryf van die kompeterende besigheid nie, maar dat die
Applikante uitsluitlik ‘n probleem daarmee sou hê
indien
ek persoonlik betrokke is by ‘verdere uitbreiding’ van
die besigheid.”
In para 37.2 (laaste deel) (bl. 70) sê eerste
respondent:

37.2 Die Eerste Applikant was deeglik
daarvan bewus dat ek nie self die depot oopmaak nie, maar dat dit
deur Redlex gedoen word.
Ek het reeds hierbo daarop gewys dat dit
pertinent deur die Applikante se regsverteenwoordigers bevestig is
dat daar geen beswaar
is teen die besigheid nie, maar dat ek
alleenlik nie betrokke moes wees by enige verdere bemarking, werwing
of uitbreiding nie.
Ek verwys die Agbare Hof ook na die bewerings van
die Applikante in die repliserende verklaring in paragraaf 38.5 (p
281).”
In antwoord op hierdie bewering wys eerste applikant in
sy repliserende eedsverklaring daarop dat die SMS boodskappe, die
advertensiebord
en die telefoongesprek aandui dat eerste respondent
die persoon is wat gekontak moet word rakende die aktiwiteite van die
Bothaville
depot.
[9] Namens respondente voer Mnr. Puckrin ‘n aantal
faktore aan wat die hof kon beïnvloed het om nie die
ex
parte
bevel toe te staan nie:
(i) As Hancke R bewus was van die konsep-sin wat
applikant in die hofbevel wou inhê, maar wat uitgelaat is, sou
hy moontlik
nie die interdik toegestaan het nie.
In antwoord hierop:
Die eerste respondent het die hofbevel van 24 Junie goed
begryp, naamlik dat die strekking daarvan is dat hy nie self betrokke
mag
wees by enige verdere bemarking, werwing of uitbreiding nie. As
hy sodanige bemarking of werwing namens ‘n maatskappy doen,
is
hy daarby betrokke, in stryd met die bepalings van die hofbevel van
24 Junie 2010, wat ‘n onderneming is.
Die eerste respondent sê dat hy bloot ‘n
werknemer van Dynamic Fuels is. Die applikante bevraagteken die
sogenaamde
werknemers-verhouding tussen Dannhauser en eerste
respondent en in die repliserende eedsverklaring, in antwoord op
Dannhauser se
eedsverklaring, wys die eerste applikant daarop dat
Dannhauser verklaar dat hy “saam met die eerste respondent”
betrokke
wens te raak in brandstof-verspreiding. Eerste respondent
wys daarop dat Dannhauser in sy eedsverklaring nie die kernvraag
antwoord
waarom die spesifieke areas van die applikante in die
Vrystaat geteiken word nie. Dannhauser verduidelik nie die meer as R2
miljoen
wat in die eerste respondent se rekening gestort is en wat
daarmee bedoel was nie. Dannhauser heg geen dienskontrak wat hy met
eerste respondent sou hê aan nie; geen werknemer-registrasie
nie. Dannhauser praat van onderhandelinge tussen hom en eerste

respondent oor aandeelhouding. Hierdie vae bewerings van Dannhauser,
saam met die feitelike betrokkenheid van die eerste respondent
by
Dynamic Fuels se aktiwiteite, staaf die afleiding dat eerste
respondent regsentiteite – soos Redlex wat handel dryf as

Dynamic Fuels – gebruik om sy persoonlike betrokkenheid te
verbloem. Op al die getuienis is dit duidelik dat eerste respondent

‘n kundige en bekwame persoon in die veld van
diesel-verspreiding is. Hy word deur die handelsbeperking verbied om
sy vaardighede
in applikant se gebied te beoefen en die getuienis dui
daarop dat hy dit doen deur Dynamic Fuels and Oil.
Tweede faktor wat volgens Mnr. Puckrin teen applikante
sou kon tel, is dat die Bothaville depot deur Redlex bedryf word en
nie
deur derde of vierde respondente nie.
In antwoord hierop:
Die feit onder wie se lisensie die depot bedryf word, is
nie van belang nie. Dit gaan oor die vraag in hoe ‘n mate
eerste
respondent persoonlik by die bedryf van die depot betrokke
was. Dis gemeensaak dat Redlex se lisensie eers op 28 Julie 2010
uitgereik
is. Dus sou die depot te Bothaville op derde respondent se
lisensie bedryf moes word.
Redlex moes gevoeg gewees het, want die
ex parte
aansoek verbied die opening van die depot.
In antwoord hierop:
Gee
n regshulp is teen Redlex
versoek of toegestaan nie. Die verbod is teen eerste tot vierde
respondente. Die bevel verbied eerste
tot vierde respondente se
optrede, nie Redlex se optrede nie. Redlex het nie op 1 Julie 2010 ‘n
groothandel diesel lisensie
gehad nie, dus was Redlex in elk geval
nie by magte om die depot sonder die medewerking van derde
respondent, wat wel ‘n
groothandel lisensie het, te bedryf nie.
Eerste applikant sê dat Redlex, sowel as derde en
vierde respondente slegs die eerste respondent se alter ego is,
sonder
dat daar ‘n feitebasis voor gelê is.
In antwoord hierop:
Uit die applikante se bewerings is
dit duidelik dat applikant die mening toegedaan is dat eerste
respondent korporatiewe entiteite
gebruik om deur op te tree. Beide
die eerste applikant en die eerste respondent tree op deur
regsentiteite. Die telefoon-mededeling
van Esther, waarvan voor
Hancke R getuig is, is primêre getuienis van die optrede van
eerste respondent deur die korporatiewe
entiteit Redlex. Die
transkripsie van die telefoongesprek in CJJ 2 by die applikante se
repliserende eedsverklaring toon dat Esther
sê:

... ek gee vir jou
die ou wat die agentskap het se nommer. Dit is Kobus van de Watt.”
Hierdie aanhaling uit die
telefoongesprek toon dat Esther Jordaan-Roets se bewering in haar
stawende eedsverklaring aangeheg by
die antwoordende eedsverklaring
(par. 5),

Hierdie persoon het
toe vir my gevra of hy maar vir Kobus kon kontak.”
Dit sê sy nadat daar vroeër
in haar eedsverklaring geen verwysing na “Kobus” is nie.
Haar eedsverklaring
verduidelik nie wie “Kobus” is of
waarom die persoon wat gebel het met Kobus wou praat nie. Die
respondent se bewering
dat die opbeller gevra het om met die eerste
respondent te praat, is so vergesog dat dit verwerp kan word op die
PLASCON-EVANS
regsposisie
(
PLASCON-EVANS PAINTS LTD v VAN RIEBEECK
PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te
634 E – 635 C) dat die aansoek beoordeel moet word op die feite
soos deur die respondent genoem (behalwe waar daardie
feite so
vergesog of duidelik onhoudbaar is dat dit uit die hand verwerp kan
word).
Die eerste applikant ontken nie in die repliserende
verklaring dat hy op 24 Junie 2010 geweet het die Bothaville depot
gaan op
1 Julie 2010 oopmaak nie.
In antwoord hierop:
Wat die wete van die applikant betref oor die opening
van die Bothaville depot op 1 Julie sê die applikant dat hy nie
beswaar
het teen kompetisie met ander entiteite nie. Applikant het
nie beswaar teen die opening van die depot nie; hy het wel beswaar
daarteen
dat die depot deur die eerste respondent bemark en bestuur
word.
Eerste respondent sê dat hy op 29 Junie 2010 net
op die toneel was om ‘n drywer op te laai. In repliek heg
applikante
‘n foto aan waar eerste respondent by die diesel
depot, twee dae voor die opening, bo-op ‘n dieseltrok is. Die
weergawe
van die eerste respondent kan nie vir soetkoek opgeëet
word nie. Sy aanwesigheid bo-op ‘n dieselvoertuig strook met
applikant se weergawe dat hy ‘n belangrike rol speel by die
depot op Bothaville. Hy was nie verbied om vir Dynamic Fuels te
werk
nie; hy was wel verbied om verdere uitbreiding te doen, wat hy gedoen
het deur sy betrokkenheid by die Bothaville depot.
Die eerste applikant weet die tweede respondent is ‘n
huisvrou en geensins aktief by enige besigheid betrokke nie.
In antwoord hierop:
Al die respondente wat in die hoofaansoek genoem is, is
in die
ex parte
aansoek gesiteer. Dit doen nie afbreuk aan
applikante se saak dat die tweede applikant gesiteer is nie. Die
hofbevel van 24 Junie
2010 beliggaam ‘n onderneming van eerste
en tweede respondente, welke onderneming applikante beweer verbreek
is. In die
ex parte
aansoek vra applikante ‘n kostebevel
slegs teen eerste respondent.
Die vierde respondent het slegs ‘n kleinhandel
lisensie en eerste applikant weet dit.
In antwoord hierop:
Feit is dat Redlex geen lisensie gehad het op 1 Julie
2010 nie. Vierde respondent is ‘n maatskappy wat deur eerste en
tweede
respondente beheer word. Geen regshulp word in die
ex parte
aansoek teen vierde respondent versoek nie.
Die eerste applikant se bewering dat as die
ex parte
bevel toegestaan word, sou die bekendstelling van hulle produk baie
problematies wees, was misleidend en onwaar.
In antwoord hierop:
Die eerste applikant gee ‘n sinvolle verklaring.
As ‘n produk bekendgestel en in die mark gestoot word, rig
kopers hulle
lewens dienooreenkomstig in. Dis beter om ‘n
stabiele omgewing te hê, waar kopers nie vandag ‘n produk
by een
plek koop, maar dit môre elders moet koop omdat ‘n
hofbevel die eerste leweransier verbied nie.
Die eerste applikant betwis nie dat die meeste mense in
Suid-Afrika deeglik bewus is van Sasol-diesel en die eerste
applikant
het die hof mislei oor ander aspekte van Sasol-diesel,
rabatte en kliënte.
In antwoord hierop:
Die bewerings rakende die aard van Sasol-diesel en
moontlike verwarring, speel nie ‘n rol by die vraag of die
bevel
nisi
bekragtig moet word nie. Die bewerings rondom
Sasol-diesel het op die oog af geen of ‘n minderwaardige rol
gespeel by die
toestaan van die bevel
nisi.
Eerste applikant het voor Hancke R die indruk probeer
skep dat hy eers na 24 Junie 2010 van die reklamebord te die
Bothaville
depot bewus geraak het.
In antwoord hierop:
Die feit wanneer eerste applikant van die depot op
Bothaville bewus geraak het, is nie so belangrik soos die datum
waarop hy bewus
geword het dat die eerste respondent die hoof-persoon
is wat by die Bothaville depot betrokke is, en dit sê eerste
applikant
was op 29 Junie 2010, die dag voor sy hofaansoek.
Applikante se houding is dat hulle nie beswaar het teen kompetisie
nie, maar
wel teen onregmatige kompetisie van eerste respondent in
stryd met sy onderneming in die hofbevel van 24 Junie 2010, terwyl
litigasie
hangende is.
Eerste applikant se bewering dat derde applikant, en
nie Redlex nie, die Bothaville depot bedryf, is onwaar.
In antwoord hierop:
Die lisensie van Redlex om die Bothaville depot te
bedryf is by die aanvang van die verrigtinge op 29 Julie 2010
ingehandig saam
met ‘n stawende eedsverklaring, waarvolgens dit
op 28 Julie 2010, die vorige dag, goedgekeur is. Redlex kon dus nie
die Bothaville
depot op sy eie lisensie bedryf op 1 Julie 2010 nie.
Volgens applikant kon die depot te Bothaville ook nie op derde
respondent
se groothandel lisensie wettiglik bedryf word nie, want
daar bestaan nie wetlike voorsiening dat ‘n lisensie so
oorgedra
kan word nie. Skynbaar het eerste respondent met eerste
applikant saamgestem oor hierdie bewering, want Redlex het nou sy eie
lisensie
gekry. Redlex kon nie die depot op 1 Julie bestuur nie;
derde respondent kon, maar skynbaar nie in ooreenstemming met die
regulasies
nie.
Daar is op 24 Junie 2010 geen onderneming deur derde en
vierde respondente gegee nie.
In antwoord hierop:
Die feit dat die derde en vierde respondente geen
onderneming gegee het op 24 Junie 2010 nie, voer die saak nie verder
nie. Geen
regshulp word teen hulle versoek nie. Hulle is gevoeg omdat
applikante se bewering is dat eerste respondent deur hulle optree.
Die feit dat eerste respondent probeer het om derde respondent se
lisensie vir die Bothaville depot te gebruik, staaf die voeging
van
derde respondent.
Eerste applikant het beweer dat daar ‘n
bekendstellingsfunksie wou wees, sonder enige feitebasis.
In antwoord hierop:
Eerste applikant het getuig dat ‘n bekendstelling
gewoonlik gepaard gaan met ‘n braaivleis en drankies. Eerste
applikant
getuig nie dat hy weet dat so ‘n
bekendstellingsfunksie gehou gaan word nie.
Applikante het versuim om aan die hof te openbaar dat
die feit dat vragmotors in die derde respondent se naam geregistreer
is,
nie beteken dat derde respondent eienaar van daardie vragmotors
is nie.
In antwoord hierop:
Die feit dat die vragmotors in die derde respondent se
naam geregistreer is, voer die saak ook nie verder nie. Eerste
applikant
toon aan dat die versekering deur derde respondent geen
rede sou wees om nie die vragmotors na ‘n ander entiteit oor te
dra
nie.
(xv) Mnr. Puckrin sê dat die
applikante te maklik aanvoer dat die trusts en maatskappye die eerste
en tweede respondente se
alter ego is. ‘n Trust is ‘n
regsentiteit
sui
generis
(
COMMISSIONER
FOR INLAND REVENUE v MACNEILLIE'S ESTATE
1961
(3) SA 833
(A) op 840 G – H). Howe het nie ‘n algemene
diskresie om ‘n maatskappy se aparte entiteit te verontagsaam
nie
(
DIE
DROS (PTY) LTD AND ANOTHER v TELEFON BEVERAGES CC AND OTHERS
2003
(4) SA 207
(K);
[2003] 1 All SA 164
(K)). Waar daar bedrog,
oneerlikheid of ander onbehoorlike gedrag is, kan howe die
regsentiteit se afsonderlike persoonlikheid
en bestaan verontagsaam
(par. [23]). In gevalle waar daar bevind word dat die aparte bestaan
van die maatskappy geïgnoreer
kan word, is daar altyd misbruik
van die maatskappy se aparte bestaan (
loc
cit
).
Mnr. Puckrin sê met verwysing na
SWISSBOROUGH
DIAMOND MINES (PTY) LTD AND OTHERS v GOVERNMENT OF THE REPUBLIC OF
SOUTH AFRICA AND OTHERS 1999 (2) SA 279 (T)
te
323 G dat hier geen primêre feite aangevoer is waarop gesteun
kan word vir die afleiding dat die regsentiteite eenvoudig
die
respondente se alter ego is nie.
In antwoord hierop:
Maatskappye het van meet af ‘n rol in hierdie
litigasie gespeel. Die ooreenkoms waarin die handelsbeperking vervat
is in die
hoofaansoek se voorrede lees:

NADEMAAL
:
1. bogemelde partye besigheid bedryf in maatskappye bekend as BIG RED
INVESTMENTS (PTY) LTD, TURQUOISE MOON 477 (PTY) LTD, AGRIGEN,
DIESEL
BULTFONTEIN (EDMS) BPK en AGRIGEN PETROLEUM (PTY) LTD;
en
2. Die PARTYE ooreengekom het om hul belange in die verskillende
maatskappye te skei met uitsondering van sekere bates behorende
aan
AGRIGEN PETROLEUM (EDMS) BPK, op sekere voorwaardes.”
Uit die stukke is dit duidelik dat hier twee rolspelers
is: die eerste applikant en die eerste respondent. Hulle doen sake
deur
die bogemelde maatskappye.
[10] Die hofbevel moet op sy eie voete staan. Hy moet
beoordeel word volgens sy bewoording. Die weglating van die
konsep-frase beteken
nie wat die respondente beweer nie. Dit beteken
nie dat eerste respondent in verteenwoordigende hoedanigheid, namens
‘n maatskappy,
bemarking of werwing of uitbreiding kan doen in
stryd met die handelsbeperking nie.
[11] Wanneer ‘n saak hangende
voor die hof is,
sub
judice,
onder
regterlike oorweging, doen partye nie dinge wat strydig is met wat
die hof nog moet beslis nie. Vergelyk
THIRLWELL
v JOHANNESBURG BUILDING SOCIETY AND OTHERS
1961
(4) SA 665
(D&CLD) te 670 D – E;
BOGOSHI
v VAN VUUREN NO AND OTHERS;
BOGOSHI AND ANOTHER v DIRECTOR,
OFFICE FOR SERIOUS ECONOMIC OFFENCES, AND OTHERS
[1995] ZASCA 125
;
1996 (1) SA 785
(A) te 797
F – H.)
In hierdie saak was die afdwingbaarheid, al dan nie, van
die handelsbeperking op 24 Junie nog nie beslis nie. Die beslissing
daaroor
en die vraag of eerste respondent in enige hoedanigheid

naamlik in hul persoonlike hoedanigheid, in
vennootskap, as lid van ‘n beslote korporasie, as aandeelhouer
in ‘n maatskappy,
as bestuurder of konsultant of as trustee of
begunstigde van ‘n trust of op enige ander wyse …”
(volgens die bewoording van die handelsbeperking
klousule 6)
in stryd met die handelsbeperking kon optree, was nog
onbeslis.
Die hofbevel beoog, soos wat beide partye in hul
eedsverklarings sê, dat die
status quo
gehandhaaf word.
Die eerste respondent hou nie op om sy werk te doen nie, maar hy mag
nie verdere uitbreidings doen nie.
Beide die eerste applikant en eerste respondent tree
deur maatskappye op. Deur as die hoof-persoon, of ‘n persoon
wat die
bemarker is van die Bothaville depot, op te tree, het eerste
respondent strydig met sy onderneming in die hofbevel van 24 Junie

2010 opgetree. Afgesien van die bewoording van die hofbevel, sou sy
optrede deur as die bemarker van die Bothaville depot op te
tree wat
op 1 Julie 2010 deur Redlex geopen is, steeds vatbaar gewees het vir
‘n verbod deur die hof, omdat die eerste respondent
strydig
optree met wat nog beslis moet word, strydig met die
sub judice
reël.
[12] Minagting van die hof is ‘n
opsetsmisdryf wat bo redelike twyfel bewys moet word (
FAKIE
NO v CCII SYSTEMS (PTY) LTD
[2006] ZASCA 52
;
2006
(4) SA 326
(HHA) par. [42])
. Die minagting
moet bo redelike twyfel bewys word. Ek is bereid om te aanvaar dat
die eerste respondent nie die opset gehad het
om die hof te minag
nie. Ek is bereid om te aanvaar dat hy verkeerdelik gemeen het sy
optrede is geregverdig.
[13] Die volgende bevel word verleen:
1. Paragrawe 3.1, 3.2 en 3.3 van die bevel
nisi
verleen op 30 Junie 2010 word bekragtig.
2. Die eerste respondent word gelas om die koste van
hierdie aansoek te betaal.
_____________
A. KRUGER, R
Namens applikante: Adv. J.Y. Claasen SC
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens respondente: Adv. C.E. Puckrin SC
Bygestaan deur
Adv. A.P.J. Els
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/sp