Posthumus v Laubscher (A66/2010) [2010] ZAFSHC 113 (5 August 2010)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Costs — Proportionality of costs — Interpretation of "proportional" in cost order — Appellant claimed R17 045.39 against respondent but was awarded R4 366.36 by appointed expert — Appellant argued he was partially successful and entitled to costs — Court held that appellant was proportionally unsuccessful as he recovered only 25% of his claim while respondent's counterclaim was not fully acknowledged — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 113
|

|

Posthumus v Laubscher (A66/2010) [2010] ZAFSHC 113 (5 August 2010)

VRYSTAATSE HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A66/2010
In
die appèl van:-
JACOBUS
FREDERIK POSTHUMUS
....................................
Appellant
en
DIRK
LEONARDUS LAUBSCHER
......................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER, R
et
MTHEMBU, WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER, R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
26 JULIE 2010
GELEWER OP:
5 AUGUST 2010
[1] Hierdie is ‘n appèl vanaf ‘n
landdroshof oor ‘n kostebevel.
Die kernvraag is die betekenis van die woord
“proporsioneel” in die volgende klousule:

Partye kom ooreen dat die kostes van
bovermelde deskundiges en regskostes op party en party skaal
getakseer sal word en betaal sal
word deur die party wat
proporsioneel onsuksesvol is.”
[2] Appellant het ‘n eis teen verweerder ingestel
vir werk gedoen. Eiser se eis is soos volg bereken:
Eis vir werk deur eiser gedoen: R38 702.00
Bedrag aan verweerder verskuldig vir huur R21 657.00
Eiser se eis in dagvaarding R17 045.39
[3] Die partye het ‘n skikking bereik ingevolge
waarvan ‘n deskundige aangestel word om die verskuldigde bedrae
te bereken.
Die deskundige het die volgende bevind:
Verskuldig aan eiser R28 877.16
Verskuldig aan verweerder R24 510.80
Bedrag aan eiser verskuldig R 4 366.36
[4] Vergelyk mens die bedrae wat eiser aanvanklik
gebruik het, met die bedrae deur die deskundige bepaal, blyk die
volgende:
(a)
Eiser se eis (ronde syfers):
R40 000 word geëis; R30 000 toegelaat deur
deskundige.
Dus word ¾ van die geëisde bedrag deur die
deskundige toegelaat.
(b)
Toelating vir verweerder (ronde syfers):
R16 000 word deur eiser toegegee.
R24 000 word deur die deskundige toegelaat.
Dus het eiser in sy dagvaarding slegs 2/3 van verweerder
se eis toegelaat.
Dus is slegs ¾ van eiser se eis deur die
deskundige toegelaat, terwyl die deskundige meen dat eiser slegs 2/3
van verweerder
se eis toegegee het. Die resultaat is ook dat eiser
R17 000 geeis het, maar slegs R4 000 kry. Op albei hierdie basiese,
maar veral
die eerste, was eiser minder suksesvol as verweerder: ¼
van eiser se eis in die dagvaarding is deur die deskundige afgetrek,

terwyl die deskundige vind dat eiser slegs 2/3 toegelaat het van
verweerder se regmatige eis.
[5] Beide advokate se berekeninge weerspieël nie ‘n
juiste siening van die woord “proporsioneel” nie. Mnr
De
Wet, vir appellant/eiser meen dat omdat appellant R4 000 kry, hy
gewen het. Sy siening is dat die skikking wat die aangeleentheid
na
die deskundige verwys het, die besonderhede van die eis en die
dagvaarding irrelevant gemaak het. Die deskundige moes die eiser
en
verweerder se eise teen mekaar opweeg, en die party wat met ‘n
krediet uitkom, is geregtig op sy koste; hy is “proporsioneel”

suksesvol. Eiser wen die saak, slaag met ‘n deel van sy eis,
maar moet die koste betaal. Sy betoog maak die woord “proporsioneel”

irrelevant.
[6] Mnr Johnson sê as die finale toegelate bedrag
meer as 50% van die geëisde bedrag is, is eiser suksesvol. Hy sê

R4 000 is slegs 40% van R17 000. Sy som is verkeerd. R4 000,00 is 25%
van R17 000. Waarom 50% ‘n magiese bedrag is, is nie
duidelik
is. 50% proporsioneel tot wat? Bedoel hy as ‘n party meer as
50% kry van wat hy eis hy “proporsioneel”
suksesvol is?
[7] Die geleerde landdros beredeneer die aangeleentheid
soos volg in sy uitspraak:

Paragraaf(h) is na my mening ook duidelik
oor hoe die kostes hanteer moet word. Daar is gedagvaar vir R17045.39
maak nie saak hoe
die eiser by die bedrag uitgekom het nie, dis wat
hy aangevoer het die verweerder hom skuld. Op die ou einde is slegs
vonnis vir
R4366.36 plus BTW toegestaan in ooreenstemming met die
bevinding van die deskundiges. Proporsioneel is dit gevolglik
duidelik dat
die eiser onsuksesvol was en is dit in lyn dat die eiser
dan die kostes moet betaal. Hoekom daar so ooreengekom was, sal ek
nie
weet nie, maar dit is na my mening ‘n voldoende rede om van
die algemene reël af te wyk en bevind ek dat kostes van die

deskundiges, plus die regskostes op party en party skaal getakseer te
word deur eiser betaal moet word. Die kostes van hierdie
verrigtinge
gedateer 6/11/2009 wat voorbereiding insluit moet ook getakseer en
deur eiser betaal word.”
[8] “Proporsioneel” veronderstel ‘n
afweging van twee goed teen mekaar, “na verhouding”,
(HAT); “proporsioneel”
beteken “corresponding in
size or amount to something else”, “having a constant
ratio to another quantity”.
(Oxford Concise Dictionary). Op Mnr
De Wet se benadering is daar geen afweging nie: omdat die eiser
geslaag het, moet hy koste
kry.
[9] Die feit dat hier geen teeneis was, voer die saak
nie verder nie. Eiser het reeds in sy dagvaarding verweerder se
teeneis in
ag geneem. Die partye was deurgaans bewus daarvan dat
verweerder ‘n teeneis het.
[10] Die partye het hier besluit dat die een wat die pot
die verste misgesit het tot op die stadium wat die deskundige
aangestel
is, die koste moet betaal. Dit is die eiser/applikant. Die
landdros se gevolgtrekking was korrek.
[11] Die appèl word met koste afgewys.
____________
A. KRUGER, R
Ek stem saam.
____________________
J. B. MTHEMBU, WND R
Namens die applikant: Adv. P. J. T. de Wet
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent: Adv. J. M. C. Johnson
In opdrag van:
Phatshoane Henney Inc.
BLOEMFONTEIN
/EB