S v Griessel (355/2010) [2010] ZAFSHC 72 (5 August 2010)

52 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Special review — Referral of case for review due to concerns over interpretation by inexperienced interpreter — Accused charged with driving under the influence and without a license — Court holds inherent review power exists prior to completion of lower court proceedings — No prejudice demonstrated that would necessitate intervention before conclusion of trial — Case referred back to lower court for continuation with experienced interpreter.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 72
|

|

S v Griessel (355/2010) [2010] ZAFSHC 72 (5 August 2010)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 355/2010
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
BRIAN GRIESSEL
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
WRIGHT, R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
GELEWER OP:
5 AUGUSTUS 2010
[
1] Hierdie
aangeleentheid is deur die landdros van Hennenman na hierdie hof
verwys vir sogenaamde spesiale hersiening.
[2] Die
beskuldigde het onskuldig gepleit op aanklagte van bestuur van ‘n
motorvoertuig terwyl hy onder die invloed van sterk
drank was asook
die bestuur van die motorvoertuig sonder ‘n
bestuurderslisensie. Die eerste staatsgetuie was ‘n
polisiekonstabel
wie saam met twee ander waargeneem het hoedat die
beskuldigde die voertuig bestuur het en wie die beskuldigde daarna
gearresteer
het. Gedurende die kruisverhoor van hierdie getuie deur
die prokureur vir die beskuldigde, het die staatsaanklaer dit geopper
dat die tolk na haar oordeel nie na behore oorgedra het wat die
getuie gesê het nie. Die tolk is in amptelike maar onervare

hoftolk. Die betrokke onduidelikheid is opgeklaar maar nadat die
staatsaanklaer vir ‘n tweede keer geopper het dat nie na
behore
getolk word nie, het die verhoorlanddros besluit om die saak uit te
stel en na hierdie hof te verwys met die versoek dat
die verrigtinge
ter syde gestel word en
de
novo
begin word met ‘n meer ervare tolk.
[3] Omdat
geen skuldigbevinding of vonnis nog uitgebring is nie, is die
bepalings van artikel 304(4) en 304A van Wet 51 van 1977
nie van
toepassing nie. In so ‘n geval het ‘n Hoë Hof
steeds die inherente bevoegdheid om die verrigtinge van
‘n
laerhof voor die voltooiing daarvan te hersien. Hierdie bevoegdheid
moet egter spaarsamig uitgeoefen word omdat dit nie
in die belang van
regspleging is dat hofverrigtinge broksgewys afgehandel word nie.
Die algemene reël is dat die uitoefening
van hierdie
hersieningsbevoegdheid beperk moet word tot daardie seldsame gevalle
waar onreg nie anders vermy kan word dan deur
ingryping voor
voltooiing van die verrigtinge voor die landdros nie. Sien
WAHLHAUS
AND OTHERS v ADDITIONAL MAGISTRATE, JOHANNESBURG AND ANOTHER
1959 (3) SA 113
(A) op 119 E – 120 E en
ISMAIL
AND OTHERS v ADDITIONAL MAGISTRATE, WYNBERG AND ANOTHER
1963 (1) SA (A) op 5 – 6.
[4] Die
beskuldigde se reg het op ‘n billike verhoor sluit natuurlik in
dat behoorlik getolk word. In die onderhawige geval
is ek egter nie
tevrede dat onreg teenoor die beskuldigde slegs vermy kan word deur
ingryping op hersiening voor afhandeling van
die verrigtinge nie.
Die eerste staatsgetuie se getuienis is van eenvoudige aard. Hy is
nog onder kruisverhoor en die beskuldigde
het regsverteenwoordiging.
Daar is dus goeie rede om te glo dat voortsetting van die verrigtinge
met behulp van ‘n ervare
tolk onreg teenoor die beskuldigde sal
kan vermy.
[5] Gevolglik word die
saak na die landdros terugverwys vir afhandeling daarvan.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
_______________
G.
F. WRIGHT, R
/e
b