Meyer v Meester, Vrystaat Hoe Hof, Bloemfontein en Anders (452/2010) [2010] ZAFSHC 85 (29 July 2010)

80 Reportability
Trusts and Estates

Brief Summary

Wills and Estates — Testamentary capacity — Applicant sought to declare the will of the deceased invalid due to alleged lack of mental capacity at the time of its execution — The deceased had executed a previous will leaving her estate to her stepdaughters and a deceased partner — Evidence presented indicated significant cognitive decline and inability to understand the nature of her testamentary actions prior to her death — Court held that the deceased lacked the requisite mental capacity to validly execute the disputed will, thereby declaring it invalid and affirming the validity of the earlier will.

Comprehensive Summary

Summary of Judgment


1. Introduction


This was an application in the Free State High Court, Bloemfontein, for declaratory relief concerning the validity of a deceased estate’s testamentary instruments. The applicant, Elsie Meyer, sought an order declaring invalid a will executed by the late Susanna Cornelia Rautenbach on 18 March 2009, and further declaring that an earlier will executed on 7 August 2000 constituted the deceased’s valid last will and testament.


The respondents were the Master of the Free State High Court, Bloemfontein (as first respondent), ABSA Trust Limited (as second respondent), Gert Smartyyk van Pletzen (as third respondent) and Tersia Marinda Elizabeth van Pletzen (as fourth respondent). The first and second respondents did not file affidavits and indicated that they would abide the court’s decision. The third and fourth respondents opposed the relief.


Although the matter proceeded on motion, the court heard oral evidence from two witnesses, namely Dr Jo-Ann Smit (a clinical psychologist) and Mr Hatha (the ABSA official who attended to the execution of the 18 March 2009 will). The general subject-matter of the dispute was whether, at the time of executing the later will, the deceased had the requisite testamentary capacity, and (in the alternative) whether the will reflected the deceased’s true intention or rather resulted from undue influence / substitution of will (wilsonderskuiwing).


2. Material Facts


It was undisputed that the deceased executed a will on 7 August 2000 in terms of which she be

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 85
|

|

Meyer v Meester, Vrystaat Hoe Hof, Bloemfontein en Anders (452/2010) [2010] ZAFSHC 85 (29 July 2010)

VRYSTAAT
HOe HOF. BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoek
nr. 452/2010
In
die aansoek tussen:
ELSIE
MEYER
App|ikant
en
MEESTER,
VRYSTAAT HOe HOF,
BLOEMFONTEIN
1ste
Respondent
ABSA
TRUST BEPERK
2de
Respondent
GERT
SMARTRYK VAN PLETZEN
3de
Respondent
TERSIA
MARINDA ELIZABETH VAN PLETZEN
4de
Respondent
AANGEHOOR
OP:
22
JUNE 2010
UITSPRAAK
DEUR:
MURRAY,
Wnd R
GELEWER
OP:
29
JULIE 2010
[1]
Die applikant doen aansoek dat die testament van wyle Susanna
Cornelia Rautenbach gedateer 18 Maart 2009 ongeldig verklaar
word en
dat die testament gedateer 7 Augustus 2000 verklaar word die geldige
Laaste Wil en Testament van wyle Susanna Cornelia
Rautenbach te
wees. Die applikant versoek ook dat die derde respondent gelas word
om die koste van die aansoek te betaal,
alternatiewelik
dat
die koste van die aansoek deur die boedel van wyle Susanna Cornelia
Rautenbach betaal word.
[2]
Voldoening aan die formaliteitsvereistes van die testament van 18
Maart 2009 ("die betwiste testament") is nie in
geskil
nie. Die testeerbevoegdheid van mev Rautenbach ("die
testatrise") tydens verlyding van die betwiste testament
is
wel.
[3]
Dit is onbetwis dat die testatrise op 7 Augustus 2000 in 'n
testament al haar bates in gelyke dele nagelaat het aan haar twee

stiefdogters, waarvan slegs een (die applikant) tans nog leef, en
haar woonstelmaat, mnr Gieljam van Heerden, wat vroeg in 2008

oorlede is.
[4]
Dit is ook onbetwis dat die testatrise op 18 Maart 2009, minder as
'n maand voor haar dood op 14 April 2009, die betwiste
testament
verly het waarin sy haar 2000 testament herroep en die grootste deel
van haar bates, naamlik haar 50% aandeel in
die
woonstel en al haar meubels sowel as die helfte van die restant van
haar boedel aan die derde respondent, en by sy oorlye
aan sy vrou
(die vierde respondent), bemaak het. Die oorblywende helfte van die
restant het sy aan die applikant bemaak.
[5]
Die applikant voer aan dat die betwiste testament ongeldig is weens
die testatrise se verstandelike onvermoe om op datum van
verlyding
'n geldige testament te maak, asook omdat die betwiste testament nie
die testatrise se wil weerspieel nie, maar, weens
wilsonderskuiwing
en onbehoorlike be'fnvloeding, die van die derde respondent.
[6]
Die derde en vierde respondente opponeer die aansoek en ontken enige
gebrek aan testeerbevoegdheid of onbehoorlike be'fnvloeding.
Geen
verklarings is namens die eerste en tweede respondente geliasseer
nie, maar die Hof is ingelig dat hulle sal berus by die
uitslag.
[7]
Die applikant se feitelike bewerings word gestaaf met beedigde
verklarings van haar dogter; die testatrise se oorlede woonstelmaat

se seun; die opsigter in die woonstelblok waar die testatrise
tot met haar afsterwe gewoon het,
'n
welsynswerker en
'n
broerskind van die oorledene.
ese
[8]
Mondelinge getuienis deur Dr Jo-Ann Smit, die klini sielkundige wie
se verslag aangeheg was tot die funderende verklaring,
is aangehoor
oor die testatrise se kognitiewe funksionering en vermoens tien dae
voor haar dood.
[9]
Mondelinge getuienis deur mnr Hatha, die ABSA-amptenaar wat die
betwiste testament verly het en wie se verklaring aangeheg
is by die
van die derde respondent, is ook aangehoor oor die verlyding.
[10]
Beide die gemenereg en Artikel 4 van die Wet op Testamente, Wet 7
van 1953,
{"Elkeen
wat sestien jaar of ouer is kan 'n testament maak tensy hy wanneer
hy die testament maak, verstandelik onbekwaam
is om die aard en
uitwerking van sy handeling te begryp...")
stel
as voorvereiste vir 'n geldige testament testeerbevoegheid en dus
die nodige verstandelike vermoe ten tyde van verlyding.
Sien
HARLOW
v BECKER
NO
AND OTHERS,
1998(4)
SA 639 (D) te 643 F - G en 644
5
B-C.
[11]
Die applikant beweer die testatrise het nie op 18 Maart 2009 die
nodige testeerbevoegdheid gehad nie en dra dus die bewyslas
om op 'n
oorwig van waarskynlikhede die bewering te bewys. Sien in die
verband
HARLOW
v BECKER NO AND OTHERS,
supra,
te
647 D en
KIRSTEN
AND OTHERS v BAILEY AND OTHERS,
(1)
1976(4) SA 108
(C)te
109G-H.
[12]
Soos Viviers, Wnd R, in
KIRSTEN
AND OTHERS v BAILEY AND OTHERS,
supra,
te
109 H - 11 OA en Thirion, R, in
HARLOW
v BECKER NO AND OTHERS,
supra,
te
645 E - F bevestig, is die toets vir testeerbevoegdheid of die
testatrise ten tyde van verlyding oor voldoende intelligensie
beskik
het en 'n voldoende gesonde verstand en geheue gehad het om die aard
van die testeerhandeling in al sy fasette te begryp.
[13]
In die verband het Tindall, AR, in
TREGEA
AND ANOTHER V GODART AND ANOTHER,
1939
AD 16
te p.49 met goedkeuring die volgende omskrywing aangehaal:
"The
testator must, in the language of the law, be possessed of sound
mind and memory ... The question is: Had he a disposing
memory? Was
he capable of recollecting the property he was about to bequeath;
the manner of distributing it; and the objects
of his bounty?"
[14]
Verder toepaslik is beide Thirion,
R,
en
Viviers, Wnd
R
,
se
verwysing na die volgende passasie in
HARWOOD
v BAKER,
[1840] EngR 1087
;
3
Moo PC 282
te p. 290:
"...
in order to constitute a sound disposing mind, a testator must not
only be able to understand that he is by his will
giving the whole
of his property to one object of his regard; but that he must also
have the capacty to comprehend the extent
of his property, and the
nature of the claims of others, whom, by his will, he is excluding
from all participation in that property."
[15]
In
HARLOW
v BECKER NO AND OTHERS,
supra,
te
p. 645J beklemtoon Thirion,
R,
aan
die hand van die bogemelde passasies die verskil tussen die
bedoeling om 'n testament te maak en die verstandelike vermoe'
om
een te maak. Hy verduidelik dat in terme van beide die gemenereg en
die Wet op Testamente die verstandelike vermoe om
'n
testament te verly meer is as
'n
blote bedoeling aan die kant van die testateur dat die dokument wat
hy onderteken, sy testament sal wees.
[16]
Hy verduidelik te p. 644 D - I die gemeenregtelike vereistes vir
testeerbevoegdheid aan die hand van die volgende passasies:
[16.1]
uit
BATTAN
SINGH AND OTHERS v AMIRCHAND AND OTHERS,
[1948]
1 ALL ER 152
te 155H-156C:
"A
testator may have a clear apprehension of the meaning of a draft
will submitted to him and may approve of it, and yet
if he was at
the time through infirmity or disease so deficient in memory that he
was oblivious of the claims of his relations
and if that
forgetfulness was an inducing cause of his choosing strangers as his
legatees, the will is invalid";
[16.2]
uit
BANKS
v GOODFELLOWS,
(1870)
LR 5 QB 549
te 565:
"It
is essential to the exercise of such power" [testamentiary
power] "that a testator shall understand the nature
of the act
and its effects; shall understand the extent of the property of
which he is disposing; shall be able to comprehend
and appreciate
the claims to which he ought to give effect; ... that no disorder of
the mind ... shall influence his will in
disposing of his property
and bring about a disposal of it which, if the mind had been sound,
would not have been made";
[16.3]
en uit
SIVEWRIGHT
v SIVEWRIGHT'S TRUSTEES.
(1920
SC (HL) 63):
"A
testator must be able to exercise a rational appreciation of what he
is doing. He must understand the nature of his act..."
[17]
Uit die bostaande gesag blyk dit duidelik dat die testatrise slegs
die betwiste testament geldig sou kon verly indien sy
op 18 Maart
2009 in staat was om ten voile die regsaard en uitwerking van haar
testamentere handeling in al sy fasette te begryp
en in staat was om
tussen haar moontlike erfgename te onderskei en oor hul aansprake 'n
redelike besluit te neem. Sien in die
verband ook
SPIES
NO v SMITH EN ANDERE,
1957
(1) SA 539
(A) te 543 F - G en
ESSOP
v MUSTAPHA AND ESSOP NNO AND OTHERS 1988(4) SA 213 (D)
te
p. 221.
[18]
Ter ondersteuning van die applikant se bewering dat die testatrise
se verstandelike vermoens sedert die laaste paar maande
in 2008
dermate drasties afgeneem het dat sy nie op 18 Maart 2009 oor die
nodige testeerbevoegdheid beskik het om die betwiste
testament
geldiglik te verly nie, is volgende feitebewerings voorgele:
[18.1]
Die testatrise het stories opgemaak, onsamehangend gepraat en kon
nie vorige gesprekke of mededelings onthou nie, soos
dat sy met
kanker gediagnoseer is en nie lank het om te leef nie (waarvan geen
bewys gevind kon word nie) en dat sy 'n troue
gaan bywoon (waarvan
eweneens geen bewys gevind kon word nie);
[18.2]
Die testatrise het voortdurend, later tot ses maal per dag, haar
broerskind en haar oorlede woonstelmaat se seun geskakel
om te vra
wanneer hy dan terugkom van sy besoek by sy kinders;
[18.3]
Die opsigter het die testatrise gereeld in die gange van die
woonstelblok gekry waar sy duidelik verdwaal en gedisorienteerd
na
haar oorlede woonstelmaat gesoek het;
[18.4]
Die testatrise het steeds gereeld vir haar oorlede woonstelmaat 'n
plek aan tafel bly dek, maar ten spyte daarvan dat die
kaste vol
kosbestanddele was, nie kos gemaak of skottelgoed gewas nie en het
die kakkerlakke in Januarie 2009 sigbaar in die
kombuis rondgeloop.
[18.5]
Selfs toe Meals on Wheels later op die applikant se versoek vyf maal
per week gratis vir die testatrise voorbereide etes
afgelewer het,
het sy die applikant se swaer gebel vir geld omdat sy nie kos het om
te eet nie.
[18.6]
Die applikante het tydens 'n naweekbesoek van 14-17 Maart 2009
agtergekom die testatrise het nie meer enige insig in haar
eie
geldsake nie en sou nie eens die implikasies besef van die teken van
'n volmag nie.
[18.7]
Die testatrise het beweer sy betaal die voile heffing vir die
woonstel, maar het ten spyte van voldoende kontantvloei vir
al haar
rekeninge nie eens haar 50%
aandeel
van die heffing betaal nie. Sy het 'n debietorder gehad vir iemand
anders se selfoonkostes terwyl sy self 'n vooropbetaalde

selfoonpakket gehad het. Elke plat oppervlak in haar slaapkamer was
bedek met honderde koeverte, gemorspos en betaalstrokies
vir geld
wat sy gestuur het vir allerlei oorsese advertensies en ander
onsinnige aangeleenthede. Sy het selfs beweer sy bere
haar oorlede
woonstelmaat se klere om te verkoop vir kosgeld en mense kom koop
van tyd tot tyd by haar goed.
[18.8]
Die testatrise het ook volgehou haar mediese fonds sou betaal
vir die herstel van haar warmwatertoestel.
[19]
Dr Jo-Ann Smit het bevestig dat hierdie optredes inpas by die
patroon van Alzheimer-tipe demensia wat sy waargeneem het tydens

haar kognitiewe funksie-ondersoek van die testatrise op 3 April
2009. Haar verslag toon dat die testatrise met Alzheimer se siekte

("Alzheimers") gediagnoseer is en dit is ook gemeensaak
dat sy na die Alzheimereenheid van die Ons Tuiste Versorgingsoord

oorgeplaas is voor sy enkele dae later in die Medi-Clinic oorlede is
weens 'n 'massiewe boonste SVK bloeding'.
[20]
Die patroon van agteruitgang van die testatrise se verstandelike
vermoens pas in by Dr Smit se getuienis dat Alzheimers tipies
oor 'n
tydperk van 8 tot 10 jaar onomkeerbare en ongeneeslike neurologiese
degenerasie met gepaardgaande kognitiewe wanfunksionering
by
bejaardes meebring waarvan die simptome drasties toeneem kort voor
hul dood.
[21]
Met die ondersoek op 3 April 2009 het Dr Smit reeds gevind dat die
testatrise 'n wesenlike kognitiewe inperking ("impairment")

toon met 'n telling van 9 uit 30, waar 25 alreeds dui op inperking.
Sy het getuig dat sy uit die toetsresultate kon vasstel dat
die
testatrise se geheue, sosiale oordeel, gedagtegang en vermoe om
rasioneel te dink, baie ernstig gekompromiteer was. Sy was
nie
georienteer ten aansien van tyd en plek nie en, hoewel sy
instruksies kon volg en uitvoer, kon sy nie 'n sin skryf en net
met
moeite haar gedagtegang kon voltooi of herroep.
[22]
Aangesien sy die testatrise slegs op 3 April 2009 getoets het, wou
Dr Smit haar nie daartoe verbind om te se die testatrise
sou nie op
18 Maart 2009 testeerbevoeg gewees het nie. Sy was egter wel bereid
om te se dat as die testatrise 'n testament moes
verly op die dag
wat sy getoets is, sy beslis nie daartoe in staat sou wees nie en
dat dit in die lig van al die omstandighede
onwaarskynlik is dat sy
wel op 18 Maart 2009 daartoe in staat sou wees.
[23]
Op sy eie weergawe het mnr Hatha geen ervaring van Alzheimerlyers
nie. Hy is vooraf ingelig dat die testatrise by tye verward
is, maar
het aangeneem hy sou agterkom as sy wel deurmekaar is. Sy
waarnemings moet dus beoordeel word in die lig daarvan dat
hy slegs
self vir die testatrise vrae gevra en op sy eie oordeel staatgemaak
het eerder as om in die lig van die vooraf waarskuwing
dat die
testatrise nie altyd rasioneel optree nie, ander voorsorgmaatreels
te tref om te verseker dat sy wel testeerbevoeg is.
[24]
In
SPIES
NO v SMITH EN ANDERE
.
supra,
te
p. 549 E - F , byvoorbeeld, kon met sekerheid bevind word dat die
testateur wel testeerbevoeg was omdat die prokureur toe die

testament onderteken is, benewens sy eie vrae aan die testateur ook
die landdros en 'n geneesheer ingeroep het om self die testateur
te
ondervra om vas te stel of hy wel in staat is om 'n testament te
maak, of hy die inhoud verstaan en of die inhoud volgens
sy eie
wense is. Netso is ook in
NAIDOO
v CROWHURST,
2009
JDR 1330 WCC te p. 21, par. 39 'n ervare mediese praktisyn ingeroep
toe die testament verly is
"to
be in attendance and to satisfy himself that the Deceased was compos
mentis".
[25]
Beduidend in die lig van sy gevolgtrekking dat die testatrise wel
testeerbevoeg was met verlyding want
"alles
het normaal voorgekom, mev Rautenbach het alles verstaan en kon op
alle vrae reageer"
is
Dr Smit se getuienis dat hoewel 'n Alzheimerlyer soms tydens
gesprekke normaal kan voorkom, die neurologiese aftakeling en

gevolglike kognitiewe wanfunksionering deurentyd teenwoordig is en
dit onmoontlik is om bloot met een of twee vrae die persoon
se vlak
van kognitiewe funksionering op 'n gegewe tydstip te bepaal.
[26]
Dit hou noodwendig in dat dit nie vir 'n leek soos mnr Hatha
moontlik sou wees om met enkele vrae te bepaal of die
testatrise
werklik die regsimplikasies van die betwiste testament verstaan het
op 18 Maart 2009 en dus oor die nodige kognitiewe
vermoe beskik het
om die bewiste testament geldiglik te verly nie soos hy beweer het
nie.
[27]
Boonop blyk dit baie duidelik uit sy getuienis dat die testatrise op
18 Maart 2009 geen onafhanklike geheue gehad het van
die omvang van
haar bates of van die stand van haar vorige erfgename en dus van die
potensiele aansprake op haar boedel nie.
In die lig hiervan, tesame
met die mediese getuienis oor die aard van haar kognitiewe
inperking, is dit onwaarskynlik dat sy
toe in staat sou wees om te
onderskei tussen haar moontlike erfgename en 'n redelike besluit te
maak oor hul aansprake.
[28]
Hy het naamlik onder kruisondervraging toegegee dat sy geen
instruksies uit haar eie gegee het nie en dat hy bloot elke bate
vir
haar voorgehou het uit haar 2000 testament en dan gevra het na wie
dit moes gaan; dat die derde respondent haar moes herinner
aan die
belegging waarmee nie in die 2000 testament gehandel is nie; dat
hyself haar moes herinner dat haar ander stiefdogter
reeds oorlede
is en nie kan erf nie en dat die derde respondent haar herinner het
dat mnr Giel van Heerden ook oorlede is en
insgelyks nie kan erf
nie.
[29]
Sy bewering dat die testatrise horn uitdruklik meegedeel het dat sy
die meeste van haar bates aan die derde respondent wil
gee omdat hy
na haar gekyk het en dat die applikant goed doen en vir haarself kan
sorg, asook dat sy en die applikant 'n argument
gehad het, moet
beoordeel word in die lig van sy erkenning dat hy vyf mense per dag
sien om testamente op te stel en geen notas
van sy gesprekke met die
testatrise gehou het nie.
[30]
Die derde respondent se weergawe, naamlik dat die testatrise nooit
in sy teenwoordigheid deurmekaar was nie en heeltemal
normaal en
bevoeg was om haar eie sake te hanteer en die betwiste testament te
verly, is in die lig van die mediese en ander
getuienis duidelik
onhoudbaar en so vergesog dat dit op die stukke alleen verwerp kan
word.
[31]
Die applikant se weergawe, daarenteen, stem ooreen met die mediese
getuienis en word verder ondersteun deur die feite wat
blyk uit mnr
Hatha se getuienis. Die weergawe word dus aanvaar en word in die
lig van die omstandighede van die saak bevind
dat op 'n oorwig van
waarskynlikhede bewys is dat die testatrise op datum van verlyding
van die betwiste testament nie oor die
nodige verstandelike vermoens
beskik het om 'n geldige testament te verly nie.
[32]
Ten aansien van die beweerde wilsonderskuiwing het mnr Hatha getuig
dat hy slegs by een geleentheid alleen saam met die testatrise
was,
dat sy daartydens nie kon onthou of sy wel 'n vorige testament het
nie, en dat sy hom op daardie stadium geen instruksies
gegee het
nie. Hy het erken dat die derde respondent beide die volgende twee
afsprake namens die applikant gemaak het en ook
teenwoordig was
tydens die opstel en verlyding van die betwiste testament en verder
dat die derde respondent teenoor horn beweer
het dat die applikant
nie na die testatrise omsien nie.
[33]
In die lig van die bevinding dat die testatrise op die feite nie oor
die nodige verstandelike vermoens beskik het om op 18
Maart 2009 'n
geldige testament te verly nie, is dit nie nodig om 'n bevinding
omtrent wilsonderskuiwing te maak nie. Daar word
dan bloot opgemerk
dat die getuienis daarop dui
dat
die applikant weens haar verswakte fisiese toestand en ook haar
Alzheimer-tipe demensia op waarskynlikhede nie in staat sou
wees om
onbehoorlike belnvloeding te weerstaan nie en dus daartoe beweeg sou
kon word, en waarskynlik is, om haar testament in
die derde
respondent se guns te verander sonder om die regsimplikasies van
haar handeling te besef.
[34]
Uit die mediese getuienis omtrent die testatrise se kognitiewe
wanfunksionering blyk dit duidelik dat die derde respondent
se
weergawe, naamlik dat die testatrise te alle tye normaal opgetree
het en dus verstandelik in staat was om 'n geldige testament
te
verly, onwaar is. Daar was ook geen getuienis namens die
respondente, en is dit dus ook nie bewys nie, dat die testatrise
die
testament in 'n sg. "helder oomblik" verly het nie.
[35]
In die lig van die bogemelde was die derde respondent se opponering
van die aansoek onredelik en is daar geen rede waarom
die boedel die
kostes moet dra nie.
[36]
Die kostes moet dus die uitslag volg.
BEVELE:
Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
Die
testament van wy!e Susanna Cornelia Rautenbach [ID 250221 0004 084]
gedateer 18 Maart 2009 word ongeldig verklaar.
Die
testament gedateer 7 Augustus 2000 word verklaar die geldige Laaste
Wil en Testament van wyle Susanna Cornelia Rautenbach
[ID 250221
0004 084] te wees.
Die
derde respondent word beveel om die koste van hierdie aansoek te
betaal.
H.
MURRAY. Wnd. R
Namens
die applikant: Adv N Snellenburg in opdrag van
Honey
Prokureurs, Bloemfontein.
Namens
die respondent: Mev A Oosthuizen in opdrag
Regshulpraad,
Bloemfontein.