Harmony Gold Mining Co (Pty) Ltd v Le Hardy (A42/2010) [2010] ZAFSHC 69 (29 July 2010)

60 Reportability

Brief Summary

Employment Law — Transfer of business — Rights and obligations under section 197 of the Labour Relations Act — Respondent's former spouse entitled to medical fund coverage post-divorce as per settlement agreement — Appellant's obligation to continue coverage upheld despite transfer of business — Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 69
|

|

Harmony Gold Mining Co (Pty) Ltd v Le Hardy (A42/2010) [2010] ZAFSHC 69 (29 July 2010)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saa
k
Nr. : A42/2010
In
die
appèl van:-
HARMONY
GOLDMI
NING
CO (PTY) LTD
Appellant
en
CHARLES
WINTER LE HARDY
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER,
R
et
MTHEMBU WND R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
26
JULIE 2010
GELEWER
OP:
29 JULIE
2010
_____________________________________________________
[1]
Uitspraak
is in die landdroshof Welkom in die guns van respondent (eiser)
gegee. Appellant (verweerder) appelleer teen die geheel
van die
uitspraak.
[2] Die respondent het vir Anglo Gold
gewerk. In 2000 is hy geskei. Die Akte van Dading het bepaal dat sy
voormalige eggenote
as lid van respondent se mediese fonds aanbly.
Op 29 Januarie 2002 is respondent se
dienste by Armgold Harmony Joint Venture (Edms) Bpk (“Anglo
Gold”) beëindig
ingevolge ‘n skeidingspakket. Na
respondent se egskeiding het sy voormalige eggenoot mediese dekking
geniet by Goldmed B.
Kort voor die beëindiging van Respondent
se diens is hy deur Mr Thatcher, personeel-superindent of
personeelbestuurder, meegedeel
dat hy van mediese fonds sal moet
verander vanaf 1 Februarie 2002. Die rede was dat Harmony Gold
Mining Company van daardie datum
af die regte en verpligtinge van
Anglo Gold oorgeneem het.
[3] In kruisondervraging getuig
respondent dat hy nooit in diens van Harmony Gold Mining Co (Edms)
Bpk, die verweerder, was nie.
[4] Die appellant se saak soos blyk
uit kruisondervraging is –
(i) Die Akte van Dading bepaal dat respondent verplig is
om sy gewese eggenote op sy mediese fonds geregistreer te hou “solank

eiser se mediese fonds vir verweerderes as lid aanvaar ...”.
(ii) Volgens die reëls van
appellant se mediese fonds Minemed (na welke mediese fonds respondent
oorgeplaas is na die oorname
deur appellant van Anglo Gold op 1
Februarie 2002) kwalifiseer ‘n gewese eggenoot nie as
afhanklike nie.
(iii) In antwoord op ‘n vraag oor naasbestaandes
sê respondent dat Mnr Thatcher namens appellant toestemming
gegee het
dat respondent se vrou haar eie mediese dekking kan
uitneem. Respondent antwoord dat ingevolge sy “pakkie”
die respondent
100% sou bydra tot sy mediese fonds.
[5] In herondervraging getuig respondent dat die Akte
van Dading bepaal het dat sy gewese vrou 100% gedek sou wees deur sy
mediese
fonds. Dit was ook die ooreenkoms wat hy met sy werkgewer
bereik het. Respondent sê die stukke toon dat respondent se
vrou
op sy werkgewer se mediese fonds was nadat hulle geskei is.
[5] Namens appellant het Mnr Thatcher getuig dat hy vir
respondent gevra het vir bewys dat sy voormalige eggenote gedek was
deur
die mediese fonds van Anglo Gold, naamlik Minemed B. Respondent
het nooit sodanige bewyse aan hom voorsien nie. As hy sodanige
bewys
kry, sou appellant ook die voordeel na haar uitbrei. Thatcher getuig
dat die bewys wat hy van respondent verlang het was
‘n brief
van Anglo Gold wat die mediese voordeel na sy voormalige vrou
uitbrei. Dis gestel dat respondent vir Thatcher sy
Mediese Fonds
kaart van Goldmed B getoon het wat aandui dat sy voormalige gade
getoon word as afhanklike. Thatcher antwoord dat
die kaart foutief
kan wees en hy sou nie weet of respondent vir Goldmed B meegedeel het
dat hy geskei is nie.
[6] In hoof getuig respondent dat voor sy egskeiding in
2000 het hy die hoof van sy toenmalige mediese fonds, Goldmed B, Dr
Eisenstein
gaan sien en hom gevra het, as hy skei, of hy sy vrou
steeds op sy mediese fonds kan laat. Dr Eisenstein het gesê
ja, die
medies laat dit toe. Ná egskeiding het sy gewese vrou
volle voordele by Goldmed B geniet. Hierdie getuienis is nie in
geskil geplaas nie.
[7] Respondent se saak is dat sy voormalige vrou volle
voordele by Goldmed geniet het na hul egskeiding, waarvan die mediese
fonds
kennis gedra het. Die applikant se saak is dat die nuwe
mediese fonds se reëls dit nie toelaat nie.
[8] Mnr Groenewald, vir die appellant, wys daarop dat
appellant nie in die pleitstukke aanvoer dat hy skade gely het nie.
Mnr Groenewald
sê dat respondent in getuinis toegee dat daar
nie ‘n verpligting op hom gerus het om bydraes aan Discovery
Health te
betaal nie.
[9] In landdroshowe word pleitstukke nie so streng
beoordeel as sake in die hooggeregshof nie
(
TUCKERS
LAND AND DEVELOPMENT CORPORATION (PTY) LTD v LOOTS
1981 (4) SA 260
(T) te 263 G – H). Respondent se vrou het geen
mediese dekking gehad nie, en respondent moes sodanige dekking bekom.
Dis
die bedrag wat hy eis. Daar is nie onduidelikheid oor die
berekening vir die eis nie.
[10] By die oordrag van ‘n besigheid, gaan
ingevolge artikel 197(2)(b) van die Wet op Arbeidsverhoudinge alle
regte en verpligtinge
oor by oorname van ‘n besigheid. Dit het
nie net betrekking op dienskontrakte nie. Die
skeidingsdokument-brief is op sy
beste vir appellant, neutraal, want
dit bevat geen verwysing na respondent se voormalige gade nie. Dit
meld wel 100% mediese dekking.
Op die pleitstukke erken appellant:

It was agreed that his said divorced spouse would
remain a member of the Goldmed Medical Fund.”
[11] Thatcher het namens appellant getuig dat hy eers ‘n
bewys wou sien dat respondent se geskeide gade deur die mediese fonds

gedek is. Daardie getuienis is strydig met die erkenning in die
pleit. Met verwysing na
E. C. CHENIA AND
SONS CC v LAMé & VAN BLERK
[2006] ZASCA 10
;
2006 (4) SA 574
(HHA) te para [15] voer Mnr Groenewald aan dat
Thatcher se getuienis wat afgewyk het van die pleitstukke toelaatbaar
is, en die
getuienis van Thatcher kan nie nou buite rekening gelaat
word nie. In
E. C. CHENIA
(supra) het dit gegaan oor ‘n uitdruklike of stilswyende
kontrak. In die onderhawige saak was ‘n erkenning in die
pleit
gemaak. Streng reëls geld oor waarom ‘n party geregtig
sal was om ‘n erkenning terug te trek en ‘n

verduideliking word gewoonlik verlang – sien
Herbstein
en Van Winsen, Criminal Practice of the High Court of South Africa,
5de uitgawe, Vol I bl 683 – 685. ‘n Erkenning in
pleitstukke hou nie op om ‘n erkenning te wees as getuienis
wat
strydig is daarmee gelewer word nie.
[12] Die finale spyker in die doodskis van appellant se
saak is sy erkenning in sy pleit dat ooreengekom was dat respondent
se voormalige
eggenote as lid van Goldmed Mediese Fonds kon aanbly.
[13] Appellant was aanspreeklik vir die betaling van die
respondent se gewese eggenote se bydraes tot haar mediese fonds ten
minste
ingevolge die skeidingspakket en artikel 197(2) van die Wet op
Arbeidsverhoudinge. Gevolglik moet die appèl afgewys word.
[14] Die respondent het kort voor die aanhoor van die
appèl ‘n aansoek om kondonasie van laat-liassering van
respondent
se advokaat se betoogshoofde geliasseer. Dit blyk nie dat
appellant ooit enige beswaar teen die laat liassering van die
betoogshoofde
geopper het nie, en in die hof het appellant se
advokaat geen beswaar teen kondonasie gehad nie. Die respondent se
prokureur het
uit versigtigheid die kondonasie-aansoek geloods. Die
gewone reël by kondonasie is dat koste aangebied word, maar
respondent
(applikant vir kondonasie) sê koste moet in die
geding wees omdat die vertraging deur omstandighede buite respondent
se beheer
veroorsaak is. Die appellant het geen blaam gehad nie.
Dis nie duidelik waarom ‘n formele aansoek geloods is nie, en
respondent
in die appèl moet die koste van daardie aansoek
dra.
[15] Die appèl word met koste afgewys, wat die
koste van die respondent se kondonasie-aansoek vir die
laat-liassering van
respondent se advokaat se betoogshoofde uitsluit.
_
____________
A.
KRUGER,
R
Ek stem saam.
________
_____________
J. B. MTHEMBU, WND R
Namens die applikant: Adv.
W.
J. Groenewald
In
opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv.
P. W. Oberholzer
In opdrag van:
Bezuidenhout Ing.
BLOEMFONTEIN
/
EB