About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 84
|
|
Padongelukfonds v Von Waltzleben (651/2010) [2010] ZAFSHC 84 (22 July 2010)
VRYSTAAT
HOe HOF. BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoek
nr.651/2010
In
die aansoek tussen:
DIE
PADONGELUKFONDS
Applikant
en
MAUREEN
VON WALTZLEBEN
Respondent
AANGEHOOR
OP:
17
June 2010
UITSPRAAK
DEUR: MURRAY, Wnd.R
GELEWER
OP: 22 JULIE 2010
[1]
Die Padongelukfonds versoek hierin tersydestelling van
'n
lasbrief
vir R263 086.69 (aanhangsel "F") wat namens me Von
Waltzleben (die eiseres in die hoofaksie), uitgereik is op
6 Januarie
2010 onder saak nommer 3637/2002 en versoek dat
die
respondent gelas word om die koste van die aansoek te betaal.
[2]
Hierdie aansoek volg op die hoofaksie (Saak no. 3637/2002) waarin
die respondent skadevergoeding geeis het vir skade wat sy
gely het
weens
'n
motorongeiuk en waarin aanspreeklikheid reeds beslis was en die
enigste uitstaande geskilpunt die kwantum was en waarin sodanige
kwantum dan geskik en by ooreenkoms 'n hofbevel gemaak is op 25
November 2009.
[3]
Op 14 Mei 2009 het Nxusani, Wnd R, in die bogemelde hoofaksie in 'n
tussentydse aansoek die applikant gelas om voor of op
27 Mei 2009
aan die eiseres
'n
tussentydse ("interim") betaling van R100 000.00 te maak
(aanhangsel "A"). Op die respondent se eie weergawe
was
die betaling versoek en toegestaan ten aansien van die respondent se
mediese uitgawes en dis gemeensaak dat dit betaal is.
[4]
Op 25 November 2009 het die partye die kwantum geskik. Op hul eie
weergawe het die regsverteenwoordigers van die respondent
die
konsepbevel opgestel wat Jordaan, R, by ooreenkoms 'n finale bevel
gemaak het (aanhangsel "B"). Paragraaf 1 daarvan
gelas
die applikant om aan die respondent R500 000.00 te betaal.
[5]
Die bedrag van die kwantum is egter nou in geskil.
[6]
Die applikant voer aan dat die finale kwantum geskik is op R500
000.00 (aanhangsel "B"); dat die tussentydse betaling
van
R100 000.00 (aanhangsel "A") daarteen verreken is en dat
slegs die balans van R400 000.00 dus deur die applikant
betaalbaar
was
[7]
Dit is gemeensaak dat die R400 000.00 inderdaad op 11 Desember 2009
in die respondent se bankrekening inbetaal is.
[8]
Die respondent beweer egter dat ooreengekom is op 'n finale kwantum
van R600 000.00 en ontken dat die tussentydse betaling
van R100
000.00 (aanhangsel "A") deel was van die R500 000.00
vermeld in aanhangsel "B" en daarteen verreken
kon word.
[9]
Die respondent steun swaar op die "twee hofbevele"
(aanhangsels "A" en "B") in die respondent
se
guns wat 'saam 'n totaal van R600 000.00 gee'.
[10]
Op die respondent se weergawe moet die applikant dus nog aan die
respondent R100 000.00 betaal.
[11]
Dit is gemeensaak dat die applikant op 15 Desember 2009
ooreenkomstig die finale hofbevel (aanhangsel "B') R163 086.69
aan getakseerde regskostes in die respondent se rekening inbetaal
het, maar dat die respondent op dieselfde dag 'n lasbrief vir
R263
086.69 (aanhangsel "F") by die hot geliasseer het wat op 6
Januarie 2010 deur die Griffier uitgereik is.
[12]
Die applikant vra nou dat hierdie lasbrief tersyde gestel moet word
en dra die onus om te toon dat hy geregtig is om dit
te vra.
[13]
'n
Lasbrief sal op aansoek as ongeldig of ongeoorloof tersyde gestel
word waar die vonnis nie bepaald en seker is nie, byvoorbeeld
waar
die bedrag betaalbaar in terme van die vonnis slegs vasgestel kan
word na
'n
verdere regsprobleem beslis is. Sien in die verband
DE
CRESPIGNY v DE
CRESPIGNY,
1959(1)
SA 149 (N) te 152
A-
B;
LE
RQUX v YSKOR LANDGOED (EDMS) BEPERK EN ANDERE
,
1984
(4) SA 252
(T) te 257 F - G; en
RAS
EN ANDERE v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD
,
1972
(4) SA 504
(T) te p.510.
[14]
In
VAN
DYK v DU TOIT EN 'N ANDER
,
1993
(2) SA 781
(O) te 783 D word spesifiek bevind dat 'n
uitwinningslasbrief tersydegestel kan word as dit nie verder deur sy
causa
ondersteun
word nie en dat 'n vonnis waarvan die afdwingbaarheid afhanklik is
van die beslissing van 'n verdere regsprobleem sodanig
onseker is
dat dit nie as basis vir 'n uitwinningslasbrief kan dien nie.
[15]
In
DU
PREEZ v DU PREEZ
,
1977 (2) SA 400
(C)
te
403
PR-A
is
bevind dat selfs in die wye taal van Hofreel 45(1) daar
'n
graad
van onsekerheid in
'n
bevel kan wees wat dit ongeoorloof maak om
'n
lasbrief in terme daarvan uit te reik.
[16]
In
De
Crespigny
is
bevind dat dit onnodig is om te beslis watter graad van feitelike
onsekerheid in
'n
uitspraak of vonnis uitvoering van die lasbrief ongeoorloof maak.
[17]
'n
Lasbrief kan ook tersyde gestel word wanneer die skuld ten aansien
waarvan die lasbrief uitgereik is, reeds betaal is sodat daar
nie
meer 'n onderliggende skuldoorsaak of
causa
is
wat die lasbrief ondersteun nie, soos uiteengesit in
VAN
DYK v DU TOIT EN 'N ANDER
,
1993
(2) SA 781
(O).
[18]
Ook waar
'n
lasbrief nie in ooreenstemming met die bepaalde vonnis uitgereik is
nie, is dit onderworpe aan tersydestelling. Sien
LE
ROUX v YSKOR LANDGOED
(EDMS)
BEPERK
EN ANDERE
,
1984
(4) SA 252
(T) te 257 G - H.
[19]
Die voorveronderstelling by Hofreel 45 is dat 'n lasbrief uitgereik
mag word vir
'n
vonnisverpligting wanneer die skuld of ander verpligting spesifiek
en met sekerheid omskryf is. 'n Lasbrief kan dus net geldig
wees as
daar sekerheid is oor skuld en die vonnis daarop verleen, en dus oor
waarop die skuldeiser in terme van die vonnis geregtig
is. Sien
ERASMUS,
SUPERIOR COURT PRACTICE
,
Losbladuitgawe
12,
1999
te
B1-323.
[20]
Insgelyks
kan 'n lasbrief wat nie meer ondersteun word deur die skuldoorsaak
waarop dit uitgereik is nie, ook tersyde gestel word.
Sien
RAS
v SAND RIVER CITRUS ESTATES (PTY) LTD
supra
te
510
A
-
E;
LE
ROUX v YSKOR LANDGOED,
supra
te
257
B
-
D en
VAN
DYK v DU TOIT,
supra,
te
783
C.
[21]
Reel
45(1)
bepaal
dat
'n
party wat
'n
vonnis in sy guns gekry het, op eie risiko
'n
lasbrief uitreik.
[22]
Dit
behels dat in terme van die gemenereg die vonnisskuldeiser
aanspreeklik kan wees vir skadevergoeding as die lasbrief tersyde
gestel sou word, soos uiteengesit in
McNUTT
v MOSTERT
,
1949 (3)
SA
253
(T)
te
255.
[23]
Op
die applikant se weergawe was slegs die balans van
R400
000.00
aan
die respondent betaalbaar en het die applikant dus reeds op
11
Desember
2009
ten
voile voldoen aan paragraaf
1
van
die finale hofbevel (aanhangsel
"B").
[24]
Ook op die applikant se weergawe het applikant teen 15 Desember 2009
al sy verpligtinge teenoor respondent nagekom met
betaling
van die R163 086.69 in die respondente se rekening.
[25]
Op die applikant se weergawe het hy dus teen 15 Desember 2009 reeds
volledig presteer in terme van die finale hofbevel en
was daar dus
geen
causa
vir
die lasbrief wat respondent op 15 Desember 2009 geliasseer het nie.
[26]
Die applikant se saak is dus dat die lasbrief wat toe ook op 6
Januarie 2010 uitgereik is, sonder
causa
was
is en dus tersyde gestel behoort te word.
[27]
Op die respondent se weergawe is die applikant steeds R100 000.00 op
die kwantum verskuldig en was daar dus wel 'n
causa
vir
die lasbrief.
[28]
Die respondent beweer wel dat dit 'n
bona
fide
oorsig
was dat die reeds betaalde regskostes van R163 089.69 steeds in die
lasbrief ingesluit was toe die op 6 Januarie 2010 uitgereik
is.
[29]
Dit kon egter nie meer 'n
bona
fide
oorsig
wees toe besiagiegging ooreenkomstig die lasbrief geskied het op 12
Januarie 2010 nie en nog minder toe die balju op 2
Februarie 2010
gepoog het om die items waarop beslag gele is vir die voile R263
089.69 te verwyder.
[30]
Dit is onbetwis dat teen daardie tyd daar naamlik reeds verskeie
telefoonoproepe en briewe tussen die partye omtrent die
onbetwiste
betaling van die regskostes op 15 Desember 2009 was , sowel as
omtrent die verskuldigheid al dan nie van die R100
000.00.
[31]
Trouens op haar eie weergawe was me Van den Broucke, die respondent
se prokureur van rekord en die deponent in die opponerende
verklaring, reeds op 11 Desember 2009, met ander woorde voor sy die
lasbrief laat opstel en uitreik het, bewus daarvan dat daar
'n
wesenlike geskil omtrent die vonnisbedrag was.
[32]
Sy verklaar naamlik dat sy op 14 Desember 2009 die inbetaling van
slegs R400 000.00 met mnr Laurie in die applikant se kantoor
opgeneem het en dat sy die applikant se skuldvergelyking tussen die
reeds betaalde R100 000.00 en die R500 000.00 van hofbevei
"B"
in geskii gepiaas het.
[33]
Sy verklaar ook dat sy op dieselfde dag haar korrespondent en
advokaat geskakel het om te hoor of hulle ook die finale
skikkingsbedrag as R600 000.00 onthou en dat haar korrespondent haar
meegedeel dat die applikant se prokureur die bedrag telefonies
ontken het.
[34]
Sy beweer wel dat sy meegedeel is dat die applikant se advokaat ook
die bedrag as R600 000.00 onthou het. Laasgenoemde advokaat
ontken
egter die bewering onder eed in die repliserende verklaring.
[35]
Op haar eie weergawe het me Van den Broucke met voile kennis van die
wesenlike geskii oor die finale vonnisbedrag voortgegaan
om 'n
lasbrief vir die R100 000.00 wat sy self besluit het verskuldig is,
te laat uitreik.
[36]
Sy verklaar naamlik: "...
I
consequently
decided that the Applicant's attitude was of such a nature that I
was not prepared to enter into any further discussions
and
instructed Ms. Prinsloo to issue a writ".
[37]
Op haar eie weergawe het sy dus die lasbrief laat uitreik wat in die
vonnisbedrag die R100 000.00 ingesluit het wat sy toe
reeds geweet
het in geskii was en welke geskii op haar eie weergawe nie sonder 'n
verdere regsgeding opgelos sou kon word nie
siende dat sy dit juis
gedoen het omdat sy 'nie bereid was om verdere samesprekings te voer
nie'.
[38]
Sy erken ook dat die regskostes van R163 089.69 wat die res van die
vonnisbedrag uitgemaak het, reeds betaal was toe die
lasbrief
uitgereik is.
[39]
Dit is duidelik dat daar op datum van uitreiking van die lasbrief
geen geldige
causa
was
vir minstens die koste-gedeelte van die vonnisbedrag nie.
[40]
Ook dat op daardie datum die verskuldigdheid van die oorblywende
R100 000.00 met haar wete in geskii was en die deel van
die
vonnisbedrag dus onseker was en daar duidelik nie sonder die hulp
van 'n Hof bepaal sou kon word of daar wel 'n geldige
causa
was
toe die lasbrief uitgereik is nie.
[41]
Soos Milne, R, dit stel in in
DE
CRESPIGNY
v
DE
CRESPIGNY,
1959(1)
SA 149 te 150F-G:
"As
execution is a process for enforcing judgments, it seems to me
axiomatic that it is only available when the claim or
lis
has
been judicially resolved . And it seems to me clear that a
lis
has
not been judicially resolved if the amount payable under the
judgment can only be ascertained after a further problem of law
has
been decided."
[42]
Uit die opponerende verklaring blyk dit voorts dat me Van den
Broucke alreeds toe sy opdrag gegee het dat die lasbrief uitgereik
word ten spyte van die geskil oor die kwantum, moes besef het dat
die tussenkoms van 'n hof om uitsluitsel te gee oor die
verskuldigdheid
van die oorblywende R100 000.00, oftewel oor die
bestaan van 'n geldige
causa,
onafwendbaar
was.
[43]
Soos Milne, R, in
DE
CRESPIGNY v DE
CRESPIGNY,
supra,
te
151A-B, met respek tereg bevind het, is dit nie die respondent se
prerogatief om self sulke besluite te neem nie.
[44]
In die lig van die geskil oor die betaalbaarheid van die R100 000.00
en die noodwendige onsekerheid oor die vonnisbedrag
kon me Van den
Broucke eerstens nooit 'n lasbrief vir die bedrag laat uitreik het
nie.
[45]
Verder kon sy ook nie uitvoering van die lasbrief toegelaat het toe
sy reeds op haar eie weergawe geweet het daar was nooit
'n geldige
causa
ten
aansien van die reeds betaalde R193 086.69 en die balans van die
vonnis is boonop in geskil nie. Daar moet immers sekerheid
wees oor
waarop die eiser wel geregtig is in terme van die vonnis.
[46]
Die aangewese optrede sou wees om die lasbrief te laat ophef of
minstens om aansoek te doen vir 'n verklaring van die respondent
se
regte of vir verlof om uit te win, soos bevind deur Milne, R, in
DE
CRESPIGNY v DE
CRESPIGNY.
supra,
op
cit.
[47]
Die presiese aard van die mees gepaste aansoek of regshulp hoef nie
hier besiis te word nie.
[48]
Namens die respondent is die submissie gemaak dat die aansoek weens
die feite-geskil in terme van die sg. Plascon-Evans beginsel
op die
respondent se weergawe besiis moet word.
[49]
Soos Corbett, AR, egter met respek tereg in
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD,
1984(3)
SA 623 (A) te 635B-D opgemerk het, mag daar uisonderings op die
algemene reel wees, soos byvoorbeeld waar die respondent
se weergawe
so duidelik onhoudbaar is dat die Hof geregverdig is om dit bloot op
die stukke te verwerp.
[50]
Om haar bewering van 'n skikking op 'n finale kwantumbedrag van R600
000.00 te staaf, maak me Van den Broucke die submissie
dat die
respondent
"...
has
two court orders in her favour, the one being for R100 000.00 and
the other for R500 000.00, which is exactly the amount of
R600
000.00 at which the matter settled".
[51]
Ook ten aansien van haar en Me Prinsioo se formuiering van die
konsepbevel wat finaal gemaak is, herhaal sy die denkfout,
naamlik:
"...
there
was no doubt in our minds that the correct formulation of the Order
(annexure "B" to the founding affidavit")
was R500
000.00 as we already had an Order for R100 000.00 and that the two
Orders together would then settle the matter at R600
000.00."
[52]
Daar is wel twee bevele in die respondent se guns, maar wat die
regsverteenwoordigers van die respondent uit die oog verloor,
is dat
daar slegs een finale hofbevel is ten aansien van die kwantum,
naamlik die een van 25 November 2009 vir betaling van R500
000.00,
oftewel aanhangsel "B". Aanhangsel "A", die
bevel van 14 Maart 2009 vir betaling van R100 000.00,
is slegs 'n
interim bevel vir 'n tussentydse betaling.
[53]
Die gemenereg maak nie voorsiening vir tussentydse betalings in
deliktuele eise nie. Ten aansien van enige skadevergoedingseis
kan
daar dus slegs
een
bevel
wees tensy 'n statutere bepaling spesifiek die Hof magtig om wel 'n
tussentydse
betaling
te maak.
[54]
Wanneer die Hof in so 'n geval sy diskresie uitoefen en 'n
tussentydse betaling gelas, kan dit egter nooit die Hof se bedoeling
wees om met die tussentydse bevel
vonnis
te
gee teen die verweerder op daardie skuldoorsaak vir 'n gedeelte van
die eiser se eis nie, en is die tussentydse betaling slegs
'n
gedeeltelike vooruitbetaling van die uiteindelike finale
kwantumbedrag wat nog bereken en bewys moet word, soos Lichtenberg,
R, soos hy toe was, besiis het in
KARPAKIS
v MUTUAL AND FEDERAL INSURANCE COMPANY LTD
,
1991
(3) SA 489
(O).
Sien
ook
VAN
WYK v SANTAM BPK,
1997(2)
SA 544 (0) en
FAIR
v SA EAGLE INSURANCE CO
LTD
1995(4)
SA 96 (E).
[55]
Artikel
17(6)
van
die
Padongelukfondswet,
Wet 56 van 1996,
maak
voorsiening vir tussentydse betalings in motorvoertuigongelukseise.
Dit bepaal naamlik;
"Die
Fonds ... kan 'n
tussentydse
betaling op die bedrag wat
ingevolge subartikel (1) ten opsigte van mediese koste ... aan
die
derde party toegeken staan te word,
aan die derde party maak..."
[56]
Uit die bewoording van
Artikel
17(6)
blyk
dit onteenseglik dat sodanige tussentydse betaling
deel
vorm
van die bedrag wat nog aan die einde van die verhoor as kwantum
bepaal en toegeken moet word en dus afgetrek of dan verreken
moet
word teen die kwantumbedrag wat in die finale hofbevel gespesifiseer
word.
[57]
Dit is gemeensaak dat die tussentydse bevel
in
casu
vir
die tussentydse betaling van R100 000.00 gemaak is ten aansien van
die respondent se mediese kostes. Die bevel (aanhangsel
"A")
noem spesifiek die betaling 'n
tussentydse
("interim")
betaling.
Ook die aangehegte bewys van elektroniese oorbetaling spesifiseer
dit as 'n "Interim Payment". Daar kan dus
geen twyfel wees
dat die bevel nooit bedoel was om die status te he van nog
'n
finale bevel benewens aanhangsel "B" vir 'n addisionele
finale betaling ten aansien van die eiseres se skade nie.
[58]
In
ADMINISTRATOR,
CAPE, AND ANOTHER v NTSHWAQELA AND OTHERS
,
1990
(1) SA 705
(A) is
eksplisiet
gese die bevel waarmee 'n uitspraak afsluit is die uitvoerende
gedeelte van die uitspraak. Dit omskryf wat die hof
vereis gedoen en
nie gedoen moet word nie. Die hof se aanwysings word gevind in die
bevel en nerens anders nie. Indien die betekenis
van die bevel
duidelik en ondubbelsinnig is, is die bevel deurslaggewend en kan
dit nie beperk of uitgebrei word deur enige iets
anders wat in die
uitspraak staan nie.
[59]
By die interpretasie van bevele en uitsprake geld die basiese
interpretasiereel. Die bedoeling van die hof word vasgestel
primer
uit die taal van die bevel. Indien die taal duidelik en
ondubbelsinnig is, is geen ekstrinsieke feite of getuienis
toelaatbaar
om die bevel te weerspreek, te wysig of te kwalifiseer
nie. Slegs as die bewoording van die bevel onseker is, mag
ekstrinsieke
omstandighede wat aanleiding gegee het tot die verleen
van die bevel ondersoek word.
[60]
Die bewoording van aanhangsel "A" is duidelik en
ondubbelsinnig: die R100 000.00 is 'n "interim"
(tussentydse betaling". Eweneens is die bewoording van
aanhangsel "B" duidelik en ondubbelsinnig: die
applikant betaal aan die respondent R500 000.00.
[61]
Die bewoording van
Artikel
17(6)
van
Wet
56 van 1996
is
netso duidelik en ondubbelsinnig: 'n tussentydse betaling word
gemaak uit die uiteindelik bedrag wat toegeken word as
skadevergoeding,
met ander woorde as 'n gedeeltelike vooruitbetaling
van die finale toekenning.
[62]
Aan die einde van die hoofsaak het Jordaan, R, op 25 November 2009
by wyse van ooreenkoms in aanhangsel "B" beveel
dat die
finale kwantum R500 000.00 is.
[63]
Daaruit volg dan noodwendig dat die R100 000.00 wat eksplisiet as
tussentydse betaling op 9 Mei 2009 ooreenkomstig die tussentydse
bevel betaal is van die finale bevel se bedrag afgetrek moet word.
[64]
Die respondent se weergawe, naamlik dat hul twee hofbevele in hul
guns het wat
saarn
die
finale kwantum R600 000.00 maak, is dus duidelik onhoudbaar.
[65]
Die applikant se weergawe word dus aanvaar en word bevind dat op die
feite van die saak, die tersydestelling van die lasbrief
geregverdig
is.
[65]
Koste volg die uitslag.
DERHALWE
word die volgende bevele gemaak:
1.
Die lasbrief uitgereik op 6 Januarie 2010 onder
saaknommer
3637/2002 word tersyde gestel.
2.
Die respondent word gelas om die koste van hierdie
aansoek
te betaal.
H.
MURRAY,
Wnd.R
Namens
die applikant: Adv SJ Reinders in opdrag van
Webbers
Prokureurs, Bloemfontein.
Namens
die respondent: Adv. N Snellenburg in opdrag van
Honey
Prokureurs, Bloemfontein