JC-Mer Boerdery Bk v MM Daffie t/a Kristalstaalwerke (6415/2008) [2010] ZAFSHC 83 (22 July 2010)

70 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Repudiation — Claim for damages due to repudiation of contract for construction of steel structure — Plaintiff established that defendant failed to perform contractual obligations — Court held that defendant's conduct constituted repudiation, allowing plaintiff to cancel the contract and claim damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 83
|

|

JC-Mer Boerdery Bk v MM Daffie t/a Kristalstaalwerke (6415/2008) [2010] ZAFSHC 83 (22 July 2010)

VRYSTAAT
HOE HOE. BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer:
6415/2008
In
die saak tussen:-
J
C-MER BOERDERY BK
Eiser
en
M
M DAFFIE t/a KRISTALSTAALWERKE
Verweerder
AANGEHOOR
OP:
1
EN 2 JUNE 2010
UITSPRAAK
DEUR:
MURRAY,
Wnd R
GELEWEROP:
22
JULIE 2010
[1]
Die eiser vorder skadevergoeding in die bedrag van R213 495.40 tesame
met rente en koste weens repudiasie van 'n ooreenkoms
in terme
waarvan die verweerder vir die eiser
'n
staalstruktuur moes vervaardig en oprig.
[2]
Dit is gemeensaak dat so 'n ooreenkoms wel gesluit is en dat die
verweerder nooit die struktuur opgerig het nie.
[3]
Die enigste geskilpunte is of daar wel repudiasie van die ooreenkoms
was, en wat die omvang van eiser se skade is, indien enige.
[4]
Die eiser moet dus repudiasie en skade bewys.
[5]
Dit is onbetwis dat mnr Johan van der Merwe namens die eiser, J C-MER
Boerdery BK, vroeg in Augustus 2007 telefonies Opsie 3
van die
verweerder se kwotasie (aanhangsel "A1") aanvaar het en dat
die verweerder in terme daarvan vir die eiser binne
'n redelike tyd
'n
staalstruktuur
van 120 x 6 x 3 meter sou vervaardig en oprig teen R109 000.00; dat
die eiser self die sand, klip en sement vir die
konstruksie voorsien
het en dat die eiser reeds vroeg in Augustus 2007 aan die verweerder
'n
deposito
van R53 000.00 betaal het.
[6]
Dit is verder gemeensaak dat mnr Gert Daffie die kwotasie opgestel en
die ooreenkoms namens die verweerder gesluit het maar
dat hy die
struktuur sou oprig. Die verweerder, mev M M Daffie h/a
Kristalstaalwerke, het getuig dat hoewel die besigheid in haar
naam
bedryf word en die beiasting daaromtrent in haar naam betaal word,
mnr Daffie tot met sy dood op 8 Junie 2008 die een was
wat die werk
vir haar gedoen het en dat sy tot toe maar net die telefoon
beantwoord en die kantooradministrasie gedoen het. Dit
is bevestig
deur die voorman, mnr Johannes Charles, wat getuig het dat hy tot met
mnr Daffie se dood vir horn gewerk het, en sedertdien
vir mev Daffie.
Dit is dus uit die getuienis duidelik dat die firma Kristalstaalwerke
die eiendom en bedryf van mev M M Daffie
is.
[7]
Mnr van der Merwe se getuienis is onbetwis dat hy sedert betaling van
die deposito met gereelde tussenposes telefonies by mnr
Daffie, en
later ook by mev Daffie, navraag gedoen het oor wanneer die
verweerder die struktuur gaan oprig. Net na hy die kwotasie
aanvaar
het, het mnr Daffie reeds vir horn gese hy is reeds besig met die
vervaardiging. Daarna het mnr Daffie egter deurlopend
met elke
navraag die een belofte van oprigting na die ander gemaak en die een
verskoning na die ander gehad van 'n projek wat hy
net eers moes
afhandel voor hy die eiser se struktuur sou kom oprig.
[8]
Dit is ook onbetwis dat mnr Daffie en sy werknemers slegs eenmaal op
die aangewese perseel was, naamlik in Januarie 2008 toe
hulle die
gate vir die stutpilare gegrawe en met eiser se sement, sand en gruis
56 beton-'Voete" daarin gegiet het, elk met
twee staalpenne in
waaraan die voetplate van die pilare uiteindelik vasgebout sou moes
word. Dit is ook onbetwis dat mnr Daffie
daarna aanhou se het hy is
net gou besig met ander werk dan kom hy, maar dat dit nooit gebeur
het nie.
[9]
Mev Daffie het aanvanklik ontken dat mnr Van der Merwe haar en haar
man ook tweemaal in hul huis kom sien het omtrent die verweerder
se
versuim om die werk klaar te maak, maar het later erken dat hy wel
daar kon gewees het. Sy het ontken dat sy vir horn gese het
haar man
gaan nie meer die skuur oprig nie, maar het erken dat hy met haar man
kon gepraat het en dat sy vir horn kon gese het
haar man doen nie die
werk klaar nie omdat hy te saggeaard is en nie vir mense kan 'nee' se
nie.
[10]
Mev Daffie het toegegee dat sy wel by minstens twee geleenthede in
ongeveer Maart of April 2008 terwyl mnr Daffie siek was,
per telefoon
met mnr Van der Merwe gepraat het.
[11]
Mev Daffie beweer dat mnr Van der Merwe eensydig die kontrak
gekanselleer en haar meegedeel het dat hy dit doen omdat hy
finansiele
probleme ondervind en dat sy toe vir horn lewering van die
kappe getender het, wat hy geweier het. Hy ontken dat hy vir haar
gese
het hy wil die kontrak om finansiele redes kanselleer en
bevestig dat hy nie die lewering van die kappe sonder oprigting van
die
skuur wou aanvaar nie.
[12]
Mnr van der Merwe se weergawe is dat hy die kontrak gekanselleer het
weens repudiasie deur die verweerder. Hy het naamlik getuig
dat dit
vir horn baie duidelik was uit mnr en ook mev Daffie se optrede dat
mnr Daffie nie die skuur binne 'n redelike tyd gaan
oprig soos
ooreengekom nie; dat hy die optrede as repudiasie gesien en aanvaar
het en dat sy aanvaarding van die repudiasie dan
ook bekendgemaak is
in 'n skrywe van 12 Mei 2008.
[13]
Op mev Daffie se eie weergawe was haar tender van die kappe
onvolledige of gebrekkige prestasie aangesien daar nog verskeie
ander
items was wat nog gemaak moes word, onder andere die stutpilare en
hul doelgemaakte voetplate, sowel as ander werk wat nog
gedoen sou
moes word, byvoorbeeld die opsit van die purlins, die vasmaak van die
dakplate, ens., voor die struktuur klaar en opgerig
sou wees
ooreenkomstig die kontrak.
[14]
Dit is gemeensaak dat sy nie installasie getender het nie. Sy het nie
verduidelik waarom sy die aflewering van die kappe sou
aangebied het
terwyl haar man nog gelewe het nie. Sy kon ook nie verklaar waarom
die skuur teen April nog nie klaar was as dit
so maklik sou wees om
dit op te rig soos sy beweer het nie en het ook nie verduidelik
waarom sy nie toe ook oprigting getender
het nie, aangesien sy erken
het dat mnr Charles genoeg ervaring het dat hy en die werknemers self
die skuur binne 'n week sonder
toesig sou kon oprig.
[15]
Mev Daffie kon geen geloofwaardige aanduiding gee van wanneer die
kappe wel klaar was nie.
[16]
Aanvanklik het sy beweer sy het die 28 kappe na haar man se dood vir
die eerste maal gesien. Die volgende dag het sy beweer
sy het dit
vroeer al gesien en dat dit na sy dood steeds daar was. Nog later het
sy beweer sy het dit gesien kort na die aankoop
van die materiaal,
wat sy ook beweer gebeur het kort na mnr Van der Merwe die kwotasie
aanvaar het. Laasgenoemde bewering het sy
probeer staaf met drie
aankoopfakture, "D1", "D2" en "D3",
gedateer Augustus en September 2007, wat
sy later in die kantoor
gekry het en wat sy 'aanvaar het' was vir eiser se struktuur hoewel
geen klientnaam of kontrakverwysing
daarop verskyn nie.
[17]
Mnr Charles het egter die bewering weerle. Hy het getuig hy het die
kappe gemaak toe mnr Daffie horn gewys het hoe om dit te
doen na die
gate in 2008 gegrawe is.
[18]
Hy het ook haar bewering dat sy die kappe na haar man se dood vir
skrootmateriaal verkoop het, weerle. Op sy weergawe het hulle
die
kappe opgesaag kort na hulle in Junie 2008 die nuwe perseel betrek
het waar dit in die pad was en het dit toe vir ander projekte

aangewend.
[19]
Mev Daffie het ook onder kruisondervraging erken dat toe haar
prokureur in April 2009 lewering van die 28 kappe getender het,
al
die kappe nie meer bestaan het nie.
[20]
Mev Daffie het ook ontvangs van die skrywe met mnr Van der Merwe se
aanvaarding van die repudiasie ontken. Hoewel sy erken
het dat die
adres daarop haar korrekte posadres is, het sy beweer sy het die
skrywe vir die eerste maal by haar prokureur gesien
waar dit aangeheg
was aan die dagvaarding. Die relaas toon egter dat die dagvaarding
met die brief as aanhangsel "A"
op haar persoonlik beteken
was.
[21]
Sy het voorts onder kruisondervraging erken dat sy nooit 'n leer met
enige dokumentasie, fakture of korrespondensie ten aansien
van die
kontrak met eiser aangehou het nie.
[22]
Mnr van der Merwe het getuig dat die eiser 'n boerdery bedryf het op
die plaas waar verweerder die skuur moes oprig waarin
eiser beoog het
om 4000 lammers te voer. Dit moes die eerste in 'n reeks
staalstrukture wees, elk met bepaalde afmetings vir 'n
bepaalde doel.
[23]
Hy het ook getuig dat die boerdery bedryf word op grond wat van 'n
trust gehuur word, maar dat die eiser self, en nie die trust
nie, al
die risikos en wins en verlies ten aansien van die boerdery sowel as
die staalstruktuur dra. Hy het voorts getuig dat die
skuur nooit
bedoel of ontwerp was om permanent aan die grond te heg nie en die
hele struktuur van die "voete" af losgebout
en
uitmekaargehaal en verskuif kan word na 'n ander perseel indien
nodig.
[24]
Mnr van der Merwe het ook getuig dat die eiser steeds so 'n skuur
benodig. Na die ooreenkoms met die verweerder in 2008 beeindig
is, is
'n
kwotasie, bewysstuk "A3", dus vanaf BMI Steel Structures CC
verkry vir die oprigting van 'n soortgelyke staalkonstruksie.
Hul
oprigtingsprys van R251 461.13 was aansienlik meer as die R109 000.00
wat die verweerder gekwoteer het en waarop in die kontrak
ooreengekom
is.
[25]
Die syfers is aanvanklik gebruik vir die dagvaarding. Omdat die
betrokke kontrakteur egter nie kans gesien het om in 'n hofgeding

betrokke te raak nie, is twee nuwe kwotasies verkry vanaf D M
Staalwerke, bewysstukke "B1-B2" en "C1-C2",
onderskeidelik.
[26]
Die besonderhede van vordering is gewysig ooreenkomstig die syfers op
bewysstuk "B1-B2", die kwotasie vir Mei 2010,
met
oprigtingskoste van R272 550.17. Op grond daarvan, tesame met die
eiser se deposito van R53 000, minus die ooreengekome kontraksprys

van R109 000.00, het die eiser dan 'n gewysigde bedrag van R216
550.47 as skadevergoeding geeis.
[27]
In argument is die hof egter versoek om die eisbedrag te bereken aan
die hand van Bewysstuk "C1-C2", die kwotasie
vir oprigting
soos in Mei 2008 waarin die oprigtings- en vervaardigingskoste R269
495.40 beloop. Tesame met eiser se deposito van
R53 000.00 minus die
ooreengekome kontraksprys van R109 000.00, is die eiser se huidige
eisbedrag dus R213 495.40.
[28]
Mev Pattas, mede-eienaar van D M Staalwerke wat die gemelde
kwotasies opgestel het, het as deskundige namens eiser getuig
oor die
gekwoteerde bedrae. Sy het verduidelik dat D M Staalwerke om verskeie
redes nie die struktuur teen die kontraksprys sou
kon oprig nie.
[29]
Sy het getuig dat, hoewel sy die kwotasies gebaseer het op die
materiale (bv die 'lip channel') wat verweerder volgens hul
plan sou
gebruik, D M Staalwerke self swaarder staal vir so 'n konstruksie sou
gebruik weens die lengte van die struktuur en die
gepaardaande groter
risiko weens die feit dat dit in 'n oopte op 'n plaas opgerig moes
word waar dit geen beskerming teen sterk
winde sou kry deur ander
geboue nie.
[30]
Sy het ook getuig dat D M Staalwerke, soos die verweerder, in 2008
hul materiale by Stewarts & Lloyds aangekoop het en
dat die 2008
materiale-pryslys (Bewysstuk "C2") in haar kwotasie die
pryse reflekteer. Geen getuienis is namens verweerder
aangebied dat
die pryse onredelik is of dat haar berekeninge foutief is nie.
[31]
Sy het ook getuig dat sy haar kwotasie (Bewysstuk "C1")
uitgewerk het aan die hand van vorige planne wat deur argitekte
en
inginieurs opgestel is vir vergelykbare strukture wat D M Staalwerke
al opgerig het.
[32]
Sy het verduidelik dat hulle nie die bestaande "voete" sou
kon gebruik indien hulle so 'n struktuur sou oprig nie,
aangesien die
voete slegs 2 penne elk inhet instede van die voorgeskrewe 4 vir
konstruksies van daardie grootte. Sy het verduidelik
dat sy self al
gesien het hoe strukture in sterk wind 'swaai' as die stutpilare
slegs aan 2 boute elk vas is omdat die struktuur
dan onstabiel is. Sy
het ook verduidelik dat die penne nie maar net uitgeboor kan word
nie, omdat elke beton"voet" met
die penne in as 'n eenheid
gegiet word en dat die voete dus van nuuts af oorgegiet sal moet
word.
[33]
Dit is nie aan Mev Pattas gestel, of enige getuienis tot die effek
aangebied, dat haar syfers en berekeninge verkeerd is nie.
Daar is
bloot in argument beweer al haar getuienis omtrent die materiale wat
sy sou gebruik was "te ver verwyderd van die
feite van die saak"
en dat eiser "nie die beste getuienis beskikbaar gebruik het om
sy skade te bewys nie".
[34]
Hoewel die verweerder teoreties die bogemelde argumente as verwere
sou kon opper teen die skadevergoedingseis, sou hy dan die
bewyslas
dra om sodanige verwere te bewys. Hy het horn egter nie van hierdie
bewyslas gekwyt nie - hy het dit in ieder geval ook
nie gepleit nie.
[35]
Mnr. van der Merwe het homself nie gedurende sy getuienis weerspreek
nie en word hy as
'n
geloofwaardige getuie aangemerk. Sy weergawe van die gebeure word dus
aanvaar bo die van Mev Daffie om die redes soos hieronder

uiteengesit.
[36]
Ook mev Pattas se getuienis omtrent die pryse en bedrae soos
gekwoteer in "C1-C2" is onbetwis en word haar berekeninge

aanvaar as die redelike en billike koste vir die oprig van die
struktuur in 2008.
[37]
Die verweerder het met sluit van die eiser se saak aansoek gedoen om
absolusie, welke aansoek van die hand gewys is.
[38]
Mev. Daffie se getuienis was hoogs onbevredigend, spesifiek ten
aansien van die datums waarop die kappe na bewering klaar sou
wees,
die fakture vir die beweerde aankope, die heraanwending van die staal
en die inhoud van haar gesprekke al dan nie met mnr
Van der Merwe. Sy
kon omtrent verskeie aspekte van die saak geen bevredigende antwoorde
gee nie en het haarself meermale weerspreek.
[39]
Haar weergawe ten aansien van die kappe se vervaardiging en
heraanwending is boonop weerspreek deur haar voorman, Mnr Charles,

wat geen rede sou he om nie die waarheid te praat nie en as 'n
eerlike getuie oorgekom het en wie se weergawe hiervan dus bo hare

aanvaar word.
[40]
Mev Daffie se weergawe omtrent die kansellasie van die kontrak word
dus verwerp en word bevind dat haar en mnr Daffie se optrede
sodanig
was dit dit inderdaad redelikerwys 'n persepsie van repudiasie kon
geskep het en dat die eiser dus geregtig was om die
kontrak te
kanselleer.
[41]
Uit beide mev Daffie en mnr Charles se getuienis blyk dat die kappe
en die staal tot die verweerder se finansiele voordeel
aangewend is
terwyl die eiser geen teenprestasie ontvang het vir die deposito van
R53 000.00 wat hy betaal het nie. Mev Daffie
het ook geen teeneis
ingestel nie, waaruit die afleiding gemaak kan word dat sy nie skade
gely het nie.
[42]
Repudiasie is een van vyf vorms van kontrakbreuk, meer spesifiek
bekend as kontrakbreuk
in
anticipando.
Dit
geskied wanneer uiteindelike wanprestasie met redelike sekerheid
afgelei kan word deurdat die verweerder hetsy onsekerheid skep
oor of
hy gaan presteer of sekerheid dat hy nie gaan presteer nie.
[43]
Sodra die vooruitsig van wanprestasie blyk uit die verweerder se
optrede of uit sy woorde, kan die eiser sodanige optrede of
woorde as
kontrakbreuk beskou ongeag of die tyd vir prestasie reeds aangebreek
het en ongeag of die voorsiene wanprestasie reeds
plaasgevind het.
[44]
Die eiser kan dan, soos
in
casu,
onmiddellik
sy remedies vir kontrakbreuk uitoefen, soos in
TUCKERS
LAND AND
DEVELOP-MENT
CORPORATION
(PTY) LTD
vs
HOVIS
1988(1)
SA 645 (A) te 652 G en
DE
WET vs KUHN
1910
CPD 263
te 267.
[45]
Optrede wat as repudiasie gesien kan word, kan hetsy
'n
positiewe
handeling of
'n
versuim wees. Blote versuim om te presteer skep egter nie
per
se
'n
redelike afleiding dat prestasie geweier word of dat dit gebrekkig
sal wees nie, dus moet daar ook ander optrede of woorde wees
waaruit
redelikerwys wanprestasie voorsien kan word. In
PONISAMMY
vs VERSAILLES ESTATES (PTY) LTD
1973(1)
SA 372 (A) te 387 se Nienaber, AR:
"Daar
moet 'op sy minste
'n
handeling van die een of ander aard aan die kant van die repudieerder
wees, hetsy positief in die sin dat hy deur woord of daad
'n
indruk
van komende wanprestasie skep, hetsy negatief in die sin dat hy swyg
wanneer omstandighede redelikerwys van horn verwag om
so 'n bestaande
indruk te besweer.'"
[46]
Optrede wat aanleiding kan gee tot die persepsie van repudiasie, kan
oor
'n
tydperk plaasvind, soos
in
casu,
solank
dit die afleiding regverdig dat die kontraksparty nie gaan presteer
soos wat die kontrak vereis nie.
[47]
In die onderhawige geval was die ooreenkoms op mnr Van der Merwe se
onbetwiste weergawe dat die struktuur binne 'n redelike
tyd opgerig
moet word, maar dat mnr Daffie vir
tien
maande
lank
op elke navraag
'n
nuwe verskoning gehad het waarom die skuur nie opgerig word nie en
dat die indruk dat dit nie binne 'n redelike tyd gaan klaarkom
nie,
versterk is deur Mev Daffie se mededeling dat haar man nie klaarkry
nie omdat hy te sag is en nie vir mense kan 'nee' se nie.
[48]
Afgesien van hierdie optrede waaruit die eiser repudiasie van die
ooreenkoms sou kon aflei, is boonop onvolledige of gebrekkige

prestasie op Mev Daffie se eie weergawe getender toe sy aangebied het
om die kappe af te lewer sonder om aan te bied om die struktuur
op te
rig of te laat oprig en so die ooreenkoms gestand te doen. Die
optrede van Mev Daffie stel opsigself repudiasie daar. Sien
ULLMAN
BROS. LTD v KROONSTAD PRODUCE CO.
1923
AD 449
[45]
[49]
Mnr en mev Daffie se werklike of subjektiewe bedoeling is
ontersaaklik. In
VAN
ROOYEN vs
MINISTER VAN
OPENBARE
WERKE EN GEMEENSKAPSBOU
1978(2)
SA 835 (A) te 845 H tot 846 A het die Appelhof bevind "Om
'n
ooreenkoms te repudieer, hoef daar nie ...
'n
subjektiewe bedoeling te wees om
'n
einde aan die ooreenkoms te maak nie". Sien verder
HIGHVELD
7 PROPERTIES (PTY) LTD vs BAILES
1999(4)
SA 1307 (SCA).
[50]
Dit is dus irrelevant of mnr of mev Daffie bedoel het om die kontrak
te beeindig of nie: hul optrede het redelikerwys die persepsie
van
komende wanprestasie geskep. In
DATACOLOR
INTERNATIONAL (PTY) LTD vs
INTAMARKET
(PTY)
LTD
2001(2)
SA 284 (SCA) te 294 is gese:
"Repudiation
is ... not a matter of intention, it is a matter of perception. The
perception is that of a reasonable person
placed in the position of
the aggrieved party. The test is whether such notional reasonable
person would conclude that proper performance
(in accordance with a
true interpretation of the agreement), will not be forthcoming
[51]
Mev Daffie sou wel die eiser se reg om terug te tree uit die
kontrak weens repudiasie kon uitwis as sy aangebied het om volledig

te presteer in terme van die ooreenkoms voor die eiser sy keuse
uitgeoefen het om terug te tree. Maar dit het nie gebeur nie. Al
het
sy wel aangebied om die kappe te lewer, het sy nie aangebied om die
skuur te voltooi en op te rig nie
en
was haar aanbod dus niks anders as gebrekkige prestasie wat nie die
repudiasie kon uitwis nie.
[52]
Wanneer
'n
party gebrekkige of onvolledige prestasie aanbied, soos mev Daffie
in
casu
waar
die ooreenkoms was om die struktuur op te rig binne 'n redelike tyd,
en dit duidelik blyk dat dit nie is wat aangebied word
nie, is die
teenparty geregtig om die afleiding te maak dat die party nie van
voorneme is om wel die ooreenkoms volledig na te
kom nie.
[53]
In
casu
is
hierdie afleiding versterk deur mnr Daffie se optrede om na herhaalde
navrae en twee persoonlike besoeke deur die eiser byna
'n
jaar na kontraksluiting nog steeds nie te presteer nie en slegs elke
keer met nuwe verskonings vorendag te kom en is dit dan ook
bevestig
deur mev Daffie se tender van blote lewering van die kappe.
[54]
Aanvaarding van die repudiasie beeindig die kontrak. In die
onderhawige saak het die eiser wel binne
'n
redelike tyd, naamlik op
12
Mei 2008,
die
repudiasie skriftelik aanvaar. Sien in hierdie verband
VROMOLIMNOS
(PTY) LTD vs WEICH
1991(2)
SA 157 (C) te 162 F.
[55]
Die eiser se reg om vergoeding te eis vir skade wat voortvloei uit
die verweerder se repudiasie, ontstaan uit sy reg om uit
die kontrak
terug te tree weens die verweerder se kontrakbreuk. Sien in die
verband
STEWART
WRIGHTSON (PTY) LTD vs THORPE
1977(2)
SA 943 (A).
[56]
Daaruit volg noodwendig dan dat die eiser skadevergoeding kan eis vir
enige skade wat hy sou ly weens die repudiasie deur die
verweerder.
Eiser moet sy skade bewys, asook
'n
feitelike
kousale verband tussen die kontrakbreuk en sy skade en dat die skade
'n
natuurlike gevolg is van die repudiasie.
[57]
Om geregtig te wees op skadevergoeding, hoef die eiser nie die
presiese omvang van sy verlies te bewys nie mits hy die beste

getuienis aanbied wat we! beskikbaar is. Dan is hy geregtig op
'n
toekenning op die beskikbare getuienis soos biyk uit
ESSO
STANDARD SOUTH AFRICA (PTY) LTD vs KATZ
1981(1)
SA 964 (A) en
AARON'S
WHALE ROCK TRUST vs MURRAY AND ROBERTS
1992(1)
SA 652 (C).
[58]
In
BALWRICK
FARMS (PTY) LTD vs
WESSELS
1994(3)
SA 425 (A) het die Appelhof bepaal dat skade voorkom waar die gebruik
van
'n
bate verbeur word as gevolg van die een of ander onseker gebeurtenis.
Die skade sluit in verpligtinge wat voortgespruit het uit
die
onsekere gebeurtenis maar ook wat onafwendbaar uit die gebeurtenis
sal volg, mits dit redelikis. Sien
JONNES
vs ANGLO AFRICAN
SHIPPING COMPANY
1936)
LTD
1972(2)
SA 827 (A).
[59]
Dit gebeur byvoorbeeld, soos
in
casu,
waar onvolledige of gebrekkige prestasie getender word wat dit
noodsaaklik maak vir die eiser om kostes aan te gaan om die
gebrek
aan te vul. Sien
SCHMIDT
PLANT
HIRE
(PTY)
LTD vs
PEDRELLI
1990(1)
SA 398 (D).
[60]
Die weseniike vraag by kontrakbreuk is of die verband tussen die
kontrakbreuk en die skade regtens nou genoeg is. Daarom moet
gekyk
word of die nie-voltooing van die struktuur 'n wesenlik voorvereiste
is vir die skade waarvoor die eiser eis.
[61]
Eerstens eis die eiser vir die ekstra onkostes wat hy moet aangaan om
die skuur deur iemand anders te laat oprig. Die kostes
sou hy
vanselfsprekend nie moes aangaan as die verweerder wel volledig
presteer het nie.
[62]
Tweedens eis die eiser vir die deposito wat hy betaal het en waarvoor
hy geen teenprestasie gekry het nie. Waar
'n
kontraksparty
redelike uitgawes aangegaan het om sy mede-kontraksparty se
teenprestasie te bekom, soos
in
casu
waar
die eiser
'n
deposito van R53 000.00 moes betaal het en waarvan die staal vir die
kappe tot verweerder se uitsluitlike voordeel aangewend is,
word
sodanige uitgawes onbruikbaar as die eiser weens die kontrakbreuk van
die verweerder nie volledige prestasie ontvang nie.
Sien in die
verband
PROBERT
vs
BAKER
1983(3)
SA 229 (D) te 235 sowel as
TWEEDIE
vs
PARK
TRAVEL
AGENCY t/a PARK
TOURS
1998(4)
SA 802 (W) te 809 F. Hierdeur word die vereiste van
'n
feitelike kousaie verband tussen die kontrakbreuk en die skade dan
ook bevredig.
[64]
Op
'n
oorwig van waarskynlikhede het die gemelde nie-voltooing dus daartoe
gelei dat eiser nie net sy deposito verloor het nie, maar
ook ekstra
kostes moet aangaan om 'n ander kontrakteur te kry om die struktuur
wel op te rig.
[65]
In
STEENKAMP
vs DU TOIT
1910
TS 171
op 175 het Innis, R, gese
'n
man wat versuim het om sy kontraktuele verpligtinge na te kom is
aanspreeklik vir sodanige skade as wat hy redelik moes weet natuurlik

en waarskynlik uit die kontrakbreuk sou voortvloei; sodanige skade,
met ander woorde, as wat hy met sy kennis van die omstandighede

natuurlik kon verwag om uit die kontrakbreuk voort te vloei.
[67]
Slegs die aard van die skade hoef voorsienbaar te wees, nie die
presiese omvang van die skade nie. In
EDOUARD
vs
ADMINISTRATEUR,
NATAL
1989(2)
SA 368 (D) te 385 B
word
gese:
"If
the kind or type of loss likely to be caused by the breach of
contract was within the reasonable contemplation of the parties
when
the contract was made and therefore not too remote, it is immaterial
that the magnitude or extent of the loss is such that
it was not
within the reasonable contemplation of the parties."
[68]
Dit beteken nie dat mnr Daffie en mnr Van der Merwe werklik die skade
moes oorweeg of voorsien het nie maar slegs dat indien
hulle die
kwessie van kontrakbreuk in ag sou neem, hulle as redelike mense sou
voorsien het dat hierdie tipe verliese waarskynlik
sou volg.
[69]
'n
Reg om skadevergoeding weens kontrakbreuk te eis, ontstaan so gou as
wat die kontrakbreuk skade veroorsaak en is onmiddellik afdwingbaar

selfs as al die gevolge van die kontrakbreuk nog nie gematerialiseer
het nie.
[70]
Skadevergoeding word juis toegeken is om die eiser te vergoed vir die
skade wat hy weens die kontrakbreuk gely het en moet
in geldwaarde
gekwantifiseer word met verwysing na byvoorbeeld die koste van die
voltooiing van
'n
gebrekkige of ongelewerde prestasie plus rente op sodanige
voltooiing.
[71]
In
NOVICK
vs BENJAMIN
1973(2)
SA 842 (A) het Trollip, JA, op p. 860 verduidelik dat
'n
fundamentele beginsel in die Suid-Afrikaanse Reg is dat vir
kontrakbreuk die persoon wat as gevolg daarvan skade ly met
'n
toekenning van skadevergoeding in dieselfde posisie geplaas moet word
as wat hy sou beklee indien die kontrak wel uitgevoer is.
[72]
Die skadebeperkingsreel is ook op kontrakbreuk van toepassing. Dit
hou verband met die redelikheid al dan nie van die eiser
se optrede
na kontrakbreuk in die omstandighede van die bepaalde saak.
[73]
In
DE
PUNTO vs
RENSEA INVESTMENTS
(PTY)
LTD
1977
(2)
SA 1000
(A) soos reggestel in 1977(4) SA 529 (A) het De Villiers, AR,
verduidelik dat hoewel daar vanselfsprekend
'n
plig op
'n
eiser rus om sy skade te beperk, hierdie plig in die Suid-Afrikaanse
Reg niks verder gaan as om te vereis dat die eiser in alle

omstandighede redelik optree nie. Sien verder in die verband
HOLMDEME
CONSTRUCTION COMPANY
(PTY)
LTD
1977(3)
SA 670 (A).
[74]
Niks meer word dus van die eiser verwag as om die stappe te neem wat
'n
redelike persoon in sy posisie sou geneem het nie.
[75]
Waar 'n verweerder beweer die eiser het versuim om sy skade te
beperk, moet hy dit bewys.
In
casu
is
dit nie gepleit nie. In argument is wel sodanige bewering gemaak,
maar om te slaag moes die verweerder bewys dat die eiser geen

sodanige stappe geneem het nie of dat die stappe wat hy wel geneem
het, nie redelik was nie. Sien hieromtrent
EVERETT
vs MARIAN HEIGHTS (PTY) LTD
1970(1)
SA 198 (C).
[76]
In
HAZIS
vs TRANSVAAL AND DELAGOA BAY
INVESTMENT
COMPANY
LTD
1939
AD 372
te 388 is beslis:
"This
rule about mitigating damages relates not to what the claimant in
fact did, but to what he should have done. ... Both
on principle and
on precedent the burden of proving that the claimant for damages did
not take reasonable steps to mitigate the
damage which he actually
suffered is upon the one who asserts that those reasonable steps were
not taken."
[77]
Die Appelhof het bevind dat hierdie onus nie maklik gewyt word nie.
In
BANCO
DE PORTUGAL vs WATERLOW AND SONS LTD
1932
(AC) 452 op 506 het Regter Corbitt met goedkeuring uit
EVERETT
AND ANOTHER vs MARIAN HEIGHTS
,
supra,
die
volgende aangehaal:
"The
law is satisfied if the party placed in a difficult situation by
reason of the breach of a duty owed to him has acted
reasonably in
the adoption of remedial measures and he will not be held disentitled
to recover the cost of such measures merely
because the party in
breach can suggest that other measures less burdensome to him might
have been taken."
[78]
In die lig van die gebrek aan enige getuienis tot die effek dat die
eiser nie soos
'n
redelike man opgetree het nie en nie redelike stappe geneem het om sy
skade te beperk nie, en veral in die lig van Mev Pattas se
onbetwiste
deskundige getuienis, word bevind dat die verweerder horn nie gekwyt
het van die onus om te bewys dat die eiser nie
sy skade voldoende
beperk het nie.
[79]
Die verweerder is aanspreeklik vir die eiser se algemene skade wat
natuurlik voortvloei uit die besondere daad van kontrakbreuk
en wat
in die normale verloop van sake voorkom, soos bespreek in
EVERETT
vs MARIAN HEIGHTS
asook
in
HOLMDENE
BRICKWORKS
,
te
p. 987 D.
[80]
In aangeleenthede waar die verweerder verplig was om iets te bou of
op te rig, soos
in
casu,
lei
sy versuim om die werk te voltooi normaalweg tot aanspreeklikheid vir
die verskil tussen die kontrakprys en die hoer bedrag
wat die
skuldeiser iemand anders moet betaal om die werk te voltooi. Sien
REID
vs L S HEPKER & SON (PVT) LTD
1971(2)
SA 138 (RA). Net soos waar gebrekkige werk gelewer word, moet die
eiser gewoonlik die koste kry om die defek reg te stel.
[81]
Die crux van hierdie saak is dat eiser
'n
skuur bestel het en
'n
opgerigte
skuur belowe is en dat die eiser niks gekry het nie. Die aanbod om
die kappe te lewer en die bewering dat die kappe vervaardig
is, die
gate gegrawe en die voete gegiet is, help die verweerder niks want
daar is nie
'n
skuur nie, selfs al sou die kappe gelewer word. Boonop het die
verweerder die kappe en per implikasie die deposito wat die eiser

betaal het vir eie gewin aangewend.
[82]
Mev Pattas se getuienis oor die redelikheid van die kostes van
oprigting van
'n
soortgelyke skuur
'n
jaar later is onbetwis en het die verweerder geen getuienis gelewer
dat die bedrae wel onredelik is nie. Daar word dan bevind dat
die
eiser wel die beste beskikbare getuienis aangebied het en geregtig is
op skadevergoeding ooreenkomstig die getuienis.
[82]
In die lig van die verweerder se versuim om te bewys dat die eiser
onredelike bedrae eis vir die oprigting van die stoor en
dat hy
versuim het om sy verliese te beperk en voorts ook om te bewys dat
die skade wat geeis word nie binne die voorsiening van
die partye kon
wees as hulle wel oor kontrakbreuk sou nadink nie, word dan bevind
dat die eiser geregtig is op die skade wat hy
eis op grond van die
verweerder se repudiasie.
[83]
Uit mnr van der Merwe se onbetwiste getuienis is die enigste
afleiding wat gemaak kan word dat die eiser (die BK) die enigste

instansie is wat die skade kon ly, nie mnr van der Merwe of die trust
nie, en dat 'n aansoek om absolusie dus nie kan slaag nie.
[84]
Daar word dan bevind dat die eiser daarin geslaag het om sy skade te
bewys soos uiteengesit in die kwotasie van 2008, Bewysstuk
"C1-C2".
BEVELE:
Gevolglik
word die volgende bevele word gemaak:
1. Die
verweerder word gelas om aan die eiser skadevergoeding te betaal in
die bedrag van R213 495.40.
2. Die
verweerder word gelas om aan die eiser rente teen 15,5%
a
tempore morae
te
betaal op die bedrag van R213 495.40.
3.
Die verweerder word gelas om die kostes van die geding te betaal.
H.
MURRAY, Wnd R
Namens
die eiser:
Adv.
Seef Hefer
In
opdrag van: Mclntyre & Van der Post BLOEMFONTEIN
Namens
die verweerder:
Mnr
JHD Bloem
In
opdrag van:
Spangenberg
Zietsman & Bloem BLOEMFONTEIN