About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 63
|
|
Catharina and Another v Acker (4840/2005) [2010] ZAFSHC 63 (1 July 2010)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
n
ommer.
: 4840/2005
In
die saak tussen:
HESTER
JOHANNA CATHARINA
DU
PLESSIS N.O.
1st Applikant
ROELOF
DAVEL DU PLESSIS N.O.
(in
hul hoedanigheid van kurators in die
insolvente
boedel van NOITE DIA TRUST)
2de Applikant
en
PONTY
HAUPT ACKER
1ste Respondent
en
Verskeie ander
respondente waarvan die name
verskyn op bylae “A”
tot die applikante se
funderende eedsverklaring
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
AANGEHOOR
OP:
24
JUNIE 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP
:
1
JULIE 2010
[1]
Die
applikante in hierdie aansoek, synde die kurator in die insolvente
boedel van Noite Dia Trust (“die Trust”), het
aanvanklik
aansoek gedoen om ‘n verklarende bevel dat die Trust gedurende
sy totale bestaan insolvent was en dat alle ooreenkomste
aangegaan
tussen die Trust en die respondente, ingevolge waarvan geld oorbetaal
is, onwettig en nietig is weens oortreding van
artikel 11 van die
Bankwet no 94 van 1990, alternatiewelik die Wet op Verbruikersake
(Onbillike Sakepraktyke) Wet nr 71 van 1988.
[2] In
dieselfde kennisgewing van mosie word versoek dat gelas word dat alle
betalings wat as wins en rente aan respondente gemaak
was, ‘n
vervreemding sonder teenwaarde was op ‘n stadium toe die Trust
se laste die bates oorskry het en dat respondente
gelas word om die
bedrae wat hulle as wins en/of rente ontvang het, soos uiteengesit in
‘n bylae tot die kennisgewing van
mosie, terug te betaal.
[3] Verskeie
tussentydse aansoeke het toe gevolg, waarvan die een op 18 Februarie
2010 van belang is, toe Molemela, R die applikante
se aansoek om
wysiging van die kennisgewing van mosie en haar aansoek om toelating
van verdere getuienis in die huidige aansoek
toegestaan het. Daarna,
op 26 Maart 2010 het die applikante haar aanvullende funderende
eedsverklaring geliasseer, waarop respondente
geantwoord het op 8
April 2010 en waarna applikante se repliserende eedsverklaring
geliasseer is op 23 April 2010.
[4] In die gewysigde
kennisgewing van mosie vra die applikante tans vir ‘n bevel
dat:
1. die
beleggingskema deur die Trust bedryf as ‘n skadelike
sakepraktyk verklaar word; en
2. verklaar
word dat die Trust die bepalings van die Bankwet betree het en
gevolglik
3. alle
ooreenkomste wat vir beleggingdoeleindes met die Trust gesluit is
ab
initio
nietig is en
4. sekere geskilpunte
tussen die applikant en respondente ingevolge hofreël 6(5)(g)
vir die aanhoor van mondelinge getuienis
verwys word.
[5] Gevolglik
sal gehandel word met elkeen van die besware/verwere wat
tans deur die respondente geopper is.
BETEKENING
[6] Op
10 November 2005 het Wright, R gelas dat die betekening van die
onderhawige aansoek by wyse van vervangde betekening kan
geskied deur
een publikasie in Volksblad, een in Rapport en een in Sunday Times.
Gemelde bevel is toegestaan skynbaar op ‘n
onbestrede basis
sonder dat dit deur enige party opponeer is.
Finansiële
oorweging, asook gerief, het hier ‘n rol gespeel: dit blyk uit
die stukke dat daar 320 beleggers is en dat
afskrifte van elke
aansoek sowat R18 800,00 sou beloop dit wil sê ‘n totale
bedrag van meer as R6 miljoen.
[7] Volgens
die eedsverklaring van respondent
Milton,
wat ‘n praktiserende prokureur is, het sy met talle beleggers
in aanraking gekom as gevolg waarvan 71 beleggers ‘n
kennisgewing van verdediging liasseer het. In die funderende
eedsverklaring blyk dit dat daar uiteindelik 78 respondente is wat
wel opponeer het. Alhoewel daar meriete is in Mnr Danzfuss se
argument wat die effektiwiteit van die betekening bevraagteken
1
blyk dit dat daar tog substansiële reaksie was aan die kant van
die beleggers en is dit na my mening nie ‘n gepaste
geval om
nou in te meng, of om kritiek uit te spreek, ten opsigte van die
bevel wat verleen is wat vervangende betekening gemagtig
het nie.
ONTOELAATBARE
GETUIENIS
[8] Namens
die respondente is betoog dat die applikante se totale saak gebasseer
is op ontoelaatbare getuienis. Eerstens omdat
beide die eerste
funderende en tweede aanvullende funderende beëdigde verklarings
gebaseer is op hoorsêgetuienis; tweedens,
dat die opinie van
beide die applikante en Me York se forensiese verslag insgelyks op
hoorsêgetuienis gebasseer is en dus
ontoelaatbaar is.
[9] Wat
hoorsêgetuienis in die algemeen betref, is dit van belang om te
let op die bepalings van artikel 3 van die Wysigingswet
op die
Bewysreg, Wet nr 45 van 1988 wat soos volg lui:
“
(1) Behoudens die bepalings van
enige ander Wet word hoorsêgetuienis nie by strafregtelike of
siviele verrigtinge as getuienis
toegelaat nie, tensy, -
elke partye teen wie die getuienis
aangevoer staan te word tot die toelating daarvan as getuienis by
die verrigtinge toestem;
die persoon van
wie se geloofwaardigheid die getuienis van daardie getuienis afhang
self by daardie verrigtinge getuienis aflê;
of
die hof, met inagneming van -
(i) die aard van die verrigtinge;
(ii) die aard van die getuienis;
(iii) die doel waarvoor die getuienis
aangebied word;
(iv) die getuieniswaarde van die
getuienis;
(v) die rede waarom die getuienis nie
afgelê word deur die person van wie se geloofwaardigheid die
getuienis waarde van daardie
getuienis afhang nie;
(vi) enige benadeling wat die
toelating van daardie getuienis vir ‘n party mag inhou; en
(vii)enige faktor wat na die hof se
oordeel in aanmerking geneem behoort te word;
van oordeel is dat daardie getuienis
in die belang van geregtigheid toegelaat behoort te word.
HOORSê
[10] Hoorsê word in
artikel 3(4) van gemelde Wet gedefinieer as getuienis (hetsy
mondeling of skriftelik)
“
waarvan die getuieniswaarde
afhang van die geloofwaardigheid van iemand anders as die persoon wat
daardie getuienis aflê.”
[11] Dit
is duidelik dat die eertydse gemeenregtelike
toelaatbaarheidsvereistes ten aansien van hoorsêgetuienis
“aansienlik
soepeler gemaak” is deur die aanname van
artikel 3(1) van gemelde Wet.
2
[12] Artikel
3(1)(c) van gemelde Wet beklee ‘n hof met ‘n diskresie om
hoorsêgetuienis toe te laat indien dit
van oordeel is dat dit
in belang van geregtigheid toegelaat behoort te word. Hierdie
diskresie moet
judisieel
uitgeoefen word.
3
[13] Dit
blyk uit die aansoek dat die applikante en die forensiese
ondersoekspan hulle gevolgtrekkings gebasseer het onder andere
op
grond van die volgende bronne:
1. Die
finansiële state van die
Trust;
2. Brondokumente
wat in die Trust beskikbaar was, insluitende kontrakte en ander
dokumente wat gebruik is in die loop van die besigheid
van die Trust,
wat ook berekking het op die neem van beleggings en die terugbetaling
van geld aan beleggers;
3. Eise wat deur
beleggers by die Meester ingedien is om teen die insolvente boedel
bewys te word.
4. Onderhoude met onder
andere die trustees Heckroodt en Greeff sowel as met die kurators en
die advokaat wat die insolvensie –
ondervraging gehou het.
5. Die
bywoon van die insolvensie – ondervraging asook die bestudering
van hierdie getuienis.
4
[14] Dit
is egter van belang om daarop te let dat die forensiese ondersoekspan
uiteraard ook op kontemporêre dokumentasie
gesteun het welke
dokumentasie geskep is deur die eertydse trustees van die
Trust
wat voldoende betroubaarheidswaarborge daarstel.
5
Verder was hierdie dokumentasie ter insae beskikbaar vir die
respondente en hul regsverteenwoordigers.
[15] Daar
is gewigtige oorwegings waarom die hoorsêgetuienis in die
huidige saak toegelaat behoort te word in die belang van
geregtigheid.
6
[16] ‘n
Belangrike faktor wat in ag geneem moet word is dat die applikant
noodwendigerwys daarop aangewese
was
om, weens die aard van haar verpligtinge en die beperkinge waarmee sy
in die huidige saak gekonfronteer word, te moet steun
op die
kontemporêre notas en dokumentasie wat deur die trustees van
die Trust geskep en bewaar is.
7
Anders gestel, ‘n kurator het gewoonweg nie ‘n keuse om
by die ondersoek van die Trust se sake na sekwestrasie, hoofsaaklik
op sogenaamde “hoorsêgetuienis” te steun nie.
[17] Wat
die getuieniswaarde van die getuienis betref, (artikel 3(1)(c)(v) van
gemelde Wet) bevat dit sekere betroubaarheidswaarborge
in die sin dat
die applikante en die forensiese ondersoekspan steun op dokumentêre
getuienis deur die trustees van die Trust
gegenereer, met ‘n
kontemporêre karakter en is dit ook met ander dokumentêre
getuienis vergelyk en geverifieer.
[18] Verder
is dit prakties onmoontlik om elke feit vermeld in die forensiese
verslae en die applikant se bewerings in haar funderende
verklarings
anders te bewys as deur te steun op dokumente wat deur die Trust se
trustees daargestel is. Dit blyk ook dat alle
dokumente waarop die
applikant steun ter insae aan die respondente aangebied, en deur
hulle prokureur gekopiëer is.
[19] Die
doel van gemelde Wet is:
“
To allow the
admission of he
arsay
evidence in circumstances that justice dictates its reception.”
8
Anders
gestel
,
is die doel van hierdie wetgewing:
“…
to permit hearsay
evidence in certain circumstances where the application of rigid and
somewhat archaic principles might frustrate
the interest of justice.
The exclusion of the hearsay statement of an otherwise reliable
person whose testimony cannot be obtained
might be a far greater
injustice than any uncertainty which may result from its admission …
There is no principle to be extracted
from the Act that it is to be applied only sparingly. On the
contrary, the court is bound
to apply it when so required by the
interests of justice.”
9
[
20] Ten
opsigte van die insolvensie-ondervraging wat in ag geneem is deur die
betrokke deskundiges, is dit ook van belang om daarop
te let dat
sodanige getuienis nie sondermeer ontoelaatbaar is nie, maar moet dit
in sy volle totaliteit oorweeg word, met betrekking
tot die vraag
watter gewig daaraan geheg moet word. ‘n Hof is nie verplig om
gelyke waardes aan elke deel van die verklaring
wat gemaak is te gee
nie. Die oortuigingskrag van elke gedeelte daarvan, gemeet aan
geloofwaardigheid, moet teenoor mekaar opgeweeg
word en moet aan die
gedeelte wat die verklaarder begunstig soveel gewig geheg word as wat
die hof oordeel dit verdien.
10
[2
1] Dit
volg dus dat die deskundiges se menings in hierdie aansoek, al sou
dit in sekere gevalle daarop neerkom dat hulle op sogenaamde
hoorsêgetuienis gesteun het, wel toelaatbaar is.
[22] Wat
hulle deskundigheid betref: die applikante, het uitgebreide
ondervinding in die bereddering van insolvente boedels van
individue,
trusts, beslote korporasies en maatskappye. Die forensiese
ondersoeker Me York is sedert 2001 voltyds betrokke by forensiese
ondersoeke en – oudit van verskeie privaat instansies en
ondersoeke na Staatsdepartemente. Sy beskik ook oor voldoende
akademiese kwalifikasies en lidmaatskap van professionele liggame, om
as ‘n deskundige te kwalifiseer.
11
[23] Wat
hulle opinies betref, mag hulle dit lug, maar is dit in die finale
instansie vir die Hof om te besluit of die deskundige
se opinie
korrek is, al dan nie.
12
Om die redes hierinlater na verwys, het ek nie rede om hulle
gevolgtrekking, naamlik dat die Trust ‘n onwettige skema was,
in twyfel te trek nie.
REPLISERENDE
VERKLARING
[2
4] Ten
opsigte van die applikante se repliserende eedsverklaring, het die
respondente aangevoer dat die applikante nie geregtig
was om sy saak
aan te vul met bewys van ondersteunende feite in die repliserende
verklaring nie en dat die applikante nie geregtig
was om vir die
eerste keer in repliek ‘n saak uit te maak nie.
13
[2
5] Mnr
Danzfuss het in hierdie verband gesteun op die uitspraak van
Schutz,
A.R.
in
MINISTER
OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS AND TOURISM AND OTHERS v PHAMBILI FISHERIES
(PTY) LTD; MINISTER OF ENVIRONMENTAL AFFAIRS AND TOURISM
AND OTHERS v
BATO STAR FISHING (PTY) LTD
2003 (6) SA 407
(HHA), waar hy in par [80] die volgende verklaar:
“
But in practice it is very
often by far the longest - and the most valueless. It was so in these
reviews. The respondents, who were
the applicants below, filed
replying affidavits of inordinate length. Being forced to wade
through their almost endless repetition
when the pleading of the case
is all but over brings about irritation, not persuasion. It is time
that the Courts declare war on
unnecessarily prolix replying
affidavits and upon those who inflate them.”
[2
6] In
VAN
ZYL AND OTHERS v GOVERNMENT OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND
OTHERS
2008 (3) SA 294
(HHA) verwys Harms, WAP met goedkeuring na
laasgenoemde beslissing en verwys hy na die toepassing van ‘n
sanksie van deurhaling
van die repliserende eedsverklaring as ‘n
geheel of om ‘n bestraffende kostebevel te maak. Teenoor
paragraaf [46]
verklaar hy egter die volgende:
“
[46]... I
shall nevertheless have regard to the reply to the extent that it
contains relevant and admissible material that impacts
on the merits
of the case.”
[2
7] In
die Van Zyl-saak het die repliserende eedsverklaring 550 bladsye
beloop tesame met aanhangsels van 1700 bladsye, ‘n
totaal van
2250. In die huidige saak beloop die repliserende eedsverklaring 75
bladsye terwyl die aanhangsels 1167 beloop ‘n
totaal dus van
1851. Die dokumentasie was vooraf aan die respondente beskikbaar
gestel, terwyl ‘n groot persentasie van
die aanhangsels
bankstate en derglike dokumente is wat nie werklik die saak verder
voer nie.
[28] Daar
blyk egter ‘n ontwikkeling te wees om in hierdie verband meer
toeskietlik te wees in die afwesigheid van nadeel
en as geregtigheid
dit vereis.
14
Dit is egter belangrik om elke saak volgens sy eie meriete te
beoordeel.
[29] Na
my mening is dit gepas in die huidige omstandighede om nié die
repliserende eedsverklaring te skrap nie, maar om
ag te slaan op die
gedeeltes wat tersaaklike en toelaatbare materiaal bevat wat ‘n
impak het op die meriete van die aangeleentheid.
15
IS
DAAR ‘N FEITE
-DISPUUT
DIE STUKKE EN INDIEN WEL WAS DIT VOORSIENBAAR
[
30] Mnr
Danzfuss het namens die respondente aangevoer dat blykens die notule
van die insolvensie ondervraging wat 20 bundels getuienis
bevat, daar
ernstige feite dispute tussen die partye bestaan en dat die aansoek
om hierdie rede alleen van die hand gewys moet
word met koste.
[31] Dit
is geykte reg dat applikante slegs geregtig is op regshulp “....if
the facts as stated by the respondent together
with the admitted
facts in the applicant’s affidavit justifies such an order ...
Where it is clear that facts, though not
formally admitted cannot be
denied, they must be regarded as admitted.
16
[32] Selfs
al sou daar ‘n feite dispuut ontstaan is die vraag steeds of
die applikante geregtig is op regsverligting inaggenome
die feite wat
nie in geskil is omdat die inherente geloofwaardigheid van die feite
bewerings in die waarskynlikhede van die saak.
In
PLASCON-EVANS
PAINTS v VAN RIEBEECK PAINTS
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) verklaar Corbett, AR op 634 H – 635 C onder
andere die volgende verklaar:
“
It is
correct that, where in proceedings on notice of motion disputes of
fact have arisen on the affidavits, a final order, whether
it be an
interdict or some other form of relief, may be granted if those facts
averred in the applicant's affidavits which have
been admitted by the
respondent, together with the facts alleged by the respondent,
justify such an order. The power of the Court
to give such final
relief on the papers before it is, however, not confined to such a
situation. In certain instances the denial
by respondent of a fact
alleged by the applicant may not be such as to raise a real, genuine
or bona fide dispute of fact ... and
the Court is satisfied as to the
inherent credibility of the applicant's factual averment, it may
proceed on the basis of the correctness
thereof and include this fact
among those upon which it determines whether the applicant is
entitled to the final relief which
he seeks...”
[
33]
Dit is belangrik om te bepaal of daar ‘n werklike (“real
or genuine”) dispuut bestaan.
“
For my
purpose it is enough to say that in motion proceedings, as a general
rule, decisions of fact cannot properly be founded on
a consideration
of the probabilities, unless the Court is satisfied that there is no
real and genuine dispute on the facts in question,
or that the one
party's allegations are so far-fetched or clearly untenable as to
warrant their rejection merely on the papers,
or that viva voce
evidence would not disturb the balance of probabilities appearing
from the affidavits. This rule, which is trite,
applies to instances
of disputes of fact (see eg Sewmungal and Another NNO v Regent Cinema
1977 (1) SA 814
(N) at 818G - 821G and the authorities discussed
there) and also in cases where an applicant seeks to obtain final
relief on the
basis of the undisputed facts together with the facts
contained in the respondent's affidavits ...”
17
[
34] ‘n
Hof moet ook nie huiwer om so beslissing te maak al sou dit in die
omstandighede moeilik wees om so te doen nie.
“
It is necessary to make robust,
commonsense approach to a dispute on motion as otherwise the
effective functioning of the Court
can be hamstrung and circumvented
by the most simple and blatant stratagem. The Court must not
hesitate to decide an issue of
fact on affidavit merely because it
may be difficult to do so. Justice can be defeated or seriously
repeated and delayed by an
over fastidious approach to a dispute
raised in affidavits.”
18
[
35] Die
uiteindelike vraag is of die applikante, inaggenome die voorgaande
oorwegings, voldoende objektiewe feite aangevoer het
wat die
afleiding regverdig dat alle ooreenkomste wat vir
beleggingsdoeleindes met die Trust gesluit is
ab
initio
nietig is hetsy as gevolg van die feit dat die beleggingskema wat
deur die Trust bedryf is ‘n skadelike of onbillike sakepraktyk
is of strydig met die Bankwet opgetree het. Die
bewyslas
in hierdie verband is op ‘n oorwig van waarskynlikhede, en waar
daar gesteun word op omstandigheidsgetuienis die vraag of
dit die
mees voor-die-handliggende afleiding in die omstandighede regverdig.
19
D
IE
AARD EN OMVANG VAN DIE AKTIWITEITE VAN NOITE DIA TRUST
[36] Daar
is vier skemas of fases van aktiwiteite van die Trust en/of sy
trustees van belang: Eerstens ‘n aanvanklike belegging
namens
die beleggers in die vorm van toonderwissels (“Bearer Bonds”)
deur middel van PLJ Finansiële Dienste.
Vanaf Augustus 1989 tot
Maart 1999 is ses toonderwissels (heeltemal wettiglik) aangekoop. In
die tussentyd is die Trust opgerig
en wel gedurende Februrie 1999.
Gedurende Augustus 1999 is PLJ Finansiële Dienste opdrag gegee
om alle toonderwissels te
verkoop en die fondse in die rekening van
‘n prokureursfirme Van Staden & De Beer of in die Trust te
deponeer. Beleggers
is meegedeel dat die belegging in toonderwissels
tot ‘n einde gekom het en dat die volgende
beleggingsgeleentheid nou beskikbaar
is.
[3
7] By
die volgende fase is ‘n rekening by Nedbank, Montana- tak
geopen alwaar elke belegging ‘n looptyd van 12 maande
gehad het
tussen die tydperk Oktober 2000 tot November 2000. Gedurende Julie
2000 het die Suid-Afrikaansie Reserwebank egter instruksies
gegee dat
die rekeninge wat deur middel van Van Staden en De Beer ge-open is,
geblokkeer word ingevolge Valuta beheerregulasies.
Later egter is
die fondse vrygestel ten gunste van die betrokke rekeninghouer.
Beleggers is in kennis gestel dat die Nedbank
transaksie suksesvol
afgeloop het.
[38] Daarna
het die volgende en derde beleggingsgeleentheid ontstaan. Die
verskil tussen die vorige en die laaste skema was dat
geen
Suid-Afrikaanse komponent ten opsigte van die beleggingsgeleentheid
bestaan het nie, en dat geen wettige belegingsinstrument
gebruik was
om enige internasionale belegging te verkry nie. Hierdie fase het
nie gerealiseer in enige beleggingsopbrengs nie.
Alle beleggers is
egter in kennis gestel dat die program “baie suksesvol”
was. Vierdens, die finale beleggingstransaksie
naamlik die
sogenaamde “Grande Finale” waar fondse in goud belê
sou word, wat toe nooit gebeur het nie.
[39] Dit
is van belang om daarop te let dat gedurende die tydperk Januarie
1999 tot Augustus 1999 R4 766 100,00 gedeponeer is in
die Trust se
bankrekening waarvan R4 325017,10 aan beleggers,
besigheidsheidsuitgawes en ander entiteite betaal is. Gedurende
dieselfde tydperk is meer as R8miljoen in trustee Heckroodt se
geldmarkrekening en die Trust se rekening gedeponeer waarvan ongeveer
R2,5 belê is in toonderwissels, R2,6 miljoen (48%) aan
beleggers, en ongeveer R1miljoen aan kommissie betaal is. ‘n
Opbrengswaarde (“returnvalue”) van 300% is belowe.
Gebasseer op die 109 beleggings-ooreenkomste wat uitgereik is vanaf
Januarie tot Augustus 1998 het die Trust alreeds op daardie stadium
‘n geprojekteerde opbrengswaarde (“projected
returnvalue”)
van meer as R13miljoen gehad. Indien die las van
byna R5miljoen vanaf Desember 1998 bygevoeg word, kom hierdie
geprojekteerde
bedrag te staan op meer as R18miljoen. Die enigste
verdienste van die Trust was gebasseer op die 6 toonderwissels wat na
vier
jaar net meer as R10 miljoen sou oplewer. Reeds op daardie
stadium was die Trust dus vir alle finansiële oorwegings en
praktiese
doeleindes insolvent gewees.
[40] Ten
opsigte van die derde fase gedurende September 1999 tot Oktober 2000
is meer as R11miljoen ontvang as nuwe beleggingsfondse.
Hieruit is
die volgende uitbetalings onder andere gemaak:
●
R187 159,81 aan
111 beleggers synde hulle verdienste;
●
R2 503 764,60 aan
Heckroodt, Greeff en James, trustees van die Trust;
●
R1
050 000,00 is oorgedra na die European Trade and Services and JMC;
●
R958
439,00 oorgeplaas na Bezuidenhout, Milton and Ear
le
‘n prokureursfirma in Bloemfontein;
●
Dit
blyk dat beleggers – onder andere SJS van Zyl en andere –
‘n opbrengs van 300% belowe is. Wanneer die ooreenkomste
en
dokumentasie ontleed word blyk dit dat ‘n opbrengs van 200%
betaalbaar was nadat kommissie afgetrek is.
Dit
blyk dus dat op grond van die beleggingsooreenkomste vir die tydperk
September 1999 tot Oktober 2000 die geprojekteerde opbrengswaarde
meer as R127miljoen beloop het. Indien die geprojekteerde
opbrengswaarde bymekaar getel word beloop dit R145 673 360,46 (R4 984
906.95 plus R13 530 986,07 plus R127 157 467,44).
[41] Volgens
die forensiese ondersoek is daar geen getuienis gevind dat enige
opbrengs gegenereer is deur middel van die sogenaamde
“High
Yield Investment Program” of dat enige gelde gedeponeer was in
die betrokke geldmark rekening, PLJ Finansiële
Dienste rekening
of enige van die betrokke Absa bankrekenings nie.
[42] Die
konklusie waartoe gekom word blyk dat nóg die Trust óf
sy assosiate die vermoë of fasiliteite gehad
het om die
beleggingsooreenkomste voormeld te honoreer nie.
[43] Ten
opsigte van die tydperk November 2000 tot Junie 2001 word ‘n
soortgelyk verskynsel waargeneem:
‘n
Totaal van meer as R9,9 miljoen is ontvang, terwyl byna R13 miljoen
se uitbetalings gemaak is insluitende meer as R4 miljoen
aan 36
geïdentifiseerde beleggers.
[44] Daar
was ook op ‘n stadium ‘n projek bekend as “Stigting
Koningskinders” waar ‘n minimum opbrengs
van 100% op ‘n
siklus van 15 maande, dit wil sê 80% per jaar belowe was wat
uiteindelik niks opgelewer het nie.
[45] Uit
die dokumentasie aangeheg is daar ‘n verwysing na die betaling
van kommissie ten bedrae van $2,6 biljoen asook ‘n
onderneming
om $80 miljoen (op 11/3/03) plus $11 miljoen (4/10/02) aan Heckroodt
te betaal! Hierdie astronomiese bedrae versterk
die futiliteit en
absurditeit van die besigheid wat hierdie ter sprake was.
[46] Respondent
Izak Bartholomeus Nel wat in persoon verskyn het, het te kenne gegee
dat sy posisie verskil van die ander respondente.
Hy verklaar dat hy
nooit by Noite Dia Trust belê het nie maar deur middel van
trustee Greeff. Hy het ‘n bedrag van
R280 000,00 belê
wat na ‘n jaar gegroei het na R540 000,00 wat weer op sy beurt
meer as R1miljoen moes oplewer. Gemelde
syfers stem tot ‘n
groot mate ooreen met die vervat in sy opponerende eedsverklaring.
Die
modus
operandi
in
meneer Nel se geval stem egter in wese ooreen met die van die ander
respondente en is daar na my mening nie ‘n onderskeid
te tref
nie.
DIE ONWETTIGHEID
VAN DIE NOITE DIA TRUST
[47] Dit
is die applikante se saak dat die Trust die bedryf van ‘n bank
beoefen het soos bedoel in die verbod daarop in Artikel
11 van die
Bankwet, Wet 94 van 1990.
[48] Artikel
11 van die gemelde Wet bepaal soos volg:
“
(1) Behoudens
die bepalings van Artikel 18(A) mag geen persoon die bedryf van ‘n
bank uitoefen nie tensy so ‘n persoon
‘n publieke
maatskappy is en ingevolge hierdie Wet as bank geregistreer is.
(
2) Iemand
wat ‘n bepaling van subartikel (1) oortree is aan ‘n
misdryf skuldig.”
Geen
een van die respondente voer aan dat die
Trust
geregtig was om die sake van ‘n bank te bedryf of dat dit ‘n
publieke maatskappy is nie.
[49] Volgens
die forensiese ondersoekspan blyk die volgende:
“
From 1998 to 2004 Noite Dia
Trust and its associates physically received moneys from members of
the public. Money was received
either by means of cash, cheque or
bank transfer …”
Soos hierbo aangetoon is
etlike miljoene rand op hierdie wyse van die publiek ontvang.
[50] Daar
was van verskeie vorme van beleggings-ooreenkomste gebruik gemaak
gedurende die bestaan van die Trust. Ten spyte van
‘n
opsigtelike poging deur die trustees van die Trust om dit te
distansieer van die neem van deposito’s:
“
The investor
continued to interact with Noite Dia Trust and its associates with
the understanding that the latter is responsible
for the day to day
management and investment of their funds. The above amendment
represented a superficial s
emantic
change to the agreements while the activities of the deposit taking
practice continued unhindered – complying to the
legislative
framework of conducting the business of a bank.”
[
51]
Ten opsigte van die ooreenkomste lui die forensiese verslag soos
volg:
“
Its agreement also clearly
indicated a programme date, which represented a start of the
investment and a date of payment which indicated
the end of the
agreement and subsequent payment of the investment value plus
interest and rates.”
[5
2] Die
slotsom waartoe me York kom, is die volgende:
“
The actions of Noite Dia Trust
were at all relevant times, in conflict with the Banks Act in that
Noite Dia Trust conducted the
business of a bank whilst not being
registered as a bank.”
Ek het geen rede om
hierdie opinie van ‘n deskundige, wat behoorlik gemotiveer en
gestaaf word deur feite, te bevraagteken
nie.
[
53] In
die lig van die feite van die saak is ek van mening dat die
applikante, op ‘n oorwig van waarskynlikhede, aangetoon
het dat
die betrokke Trust die bedryf van ‘n bank beoefen het soos
bedoel in die verbod daarop in artikel 11 van gemelde
Bankwet.
Hierdie slotsom beteken alreeds dat die applikante geregtig is op ‘n
bevel wat verklaar dat alle ooreenkomste wat
vir beleggingsdoeleindes
met die Trust gesluit is
ab
initio
nietig is.
[54] Ek
ag dit egter dienstig om ook te handel met die verdere vraag, sonder
om in besonderhede daarop in te gaan, naamlik of die
beleggingskema
wat deur die Trust bedryf is ‘n skadelike sakepraktyk is soos
bedoel in die Wet op Verbruikersake (Onbillike
Sakepraktyke), Wet 71
van 1988.
[55] Mnr
Danzfuss het namens die respondente aangevoer dat die huidige saak
verskil van die Krion-saak (
P
J Fourie NNO and Others v C S Edeling NO and Others
[2005] (4) ALL SA 393
(HAA)). In die sin dat beleggers direk in die
Krion-skema belê het terwyl hier talle gevalle was waar daar
gebruik is van
‘n sogenaamde mandaatooreenkoms. Mnr Danzfuss
het toegegee dat dit gemenesaak is dat daar onreëlmatighede in
die beleggingskema
bestaan het, dat geld wanaangewend was en dat daar
selfs moontlik bedrog en diefstal ter sake was. Dit is ook
gemenesaak dat die
trustees, (of die meeste daarvan) alreeds skuldig
bevind is aan verskeie oneerlikheidsmisdade in verband met die
huidige Trust
en tot langtermyn gevangenisstraf gevonnis is. Mnr
Danzfuss se betoog is egter dat alhoewel die beleggingsooreeenkomste
onwettig
was, is die beleggers se mandaatooreenkoms nie gekontamineer
as gevolg van die feit dat die geld onwettig belê was nie.
Verdermeer is ook gebruik gemaak van ‘n groot aantal entiteite
by wie hierdie beleggings gemaak was.
[5
6] In
hierdie verband het Mnr Danzfuss onder andere gesteun op die
bewoording van die ooreenkoms wat soos volg lui:
“
2.1 Die
kapitaalbeleggers stel hiermee die beleggingsbedrag deur bemiddeling
van die belegger aan die makelaar beskikbaar om te
belê,
onderhewig aan die bepalings van voorwaardes vermeld in deel
I
van deel II van hierdie beleggingsaansoek ... Dit word geboekstaaf
dat die belegger in hierdie aangeleentheid slegs optree as
agent van
die makelaar vir die werwing van fondse ten einde die makelaar in
staat te stel om dit in finansiële instrumente
te belê, en
dat alle bedrae wat ingevolge hierdie ooreenkoms deur die
kapitaalbelegger betaal word, direk aan die makelaar
betaal word.”
[
57] Ek
stem egter saam met die betoog van Mnr De Bruin, namens die
applikante, dat die vorm van die beleggingsooreenkoms nie moet
seëvier oor die substansie van die sake wat objektief beskou, in
die Trust bedryf is nie. Dit is duidelik dat die wese van
die Trust
se aktiwiteite nié was om gelde wat deur enige respondent aan
die Trust oorhandig was as
agent
te belê nie, maar aangewend was om vroeëre beleggers se
winste en/of beleggings aan hulle terug te betaal. Talle voorbeelde
blyk uit die stukke waar betrokkenes opgetree het asof daar geen
maandaatooreenkoms bestaan het nie. Verder is dit onbetwis dat
die
Trust op ‘n vroë stadium (gedurende 1999) Heckroodt se
verpligtinge ten opsigte van die geldmarkrekening oorgeneem
het en
dat die Trust substansiële betalings aan Heckroodt gemaak het,
soos hierbo aangetoon. So-ook is die ander entiteite
se verpligtinge
deur die Trust opgeneem.
[58] Indien
die feite in die huidige saak vergelyk word met die Krion-saak (
P
J Fourie NNO and Others v C S Edeling NO and Others
–
supra
),
blyk daar ‘n treffende ooreenkoms te wees. Conradie, A.R.
verklaar op 394 die volgende:
“
The audacity of its
perpetrators and credulity of its participants combined to produce a
gargantuan fraud notoriously known as the
Krion Pyramid Investment
Scheme. It was operated from the beginning of 1998 and, as these
schemes do, collapsed when inflow of
funds could no longer sustain
the outflow of extravagant returns to participants. ... In order to
throw regulatory authorities
of the trail it was at one time or
another conducted by entities called MP Finance Consultants CC,
Madicor 20 (Pty) Ltd, Martburt
Financial Services Limited, MEB
Koöperasie Beperk and Krion Financial Services Limited.”
[
59] Ten
opsigte van
vervreemding
,
word in dieselfde saak teenoor paragraaf [18] die volgende verklaar:
“
A
disposition, it has been decided on more than one occasion is not
made for value if the payment is illegal.
ESTATE
DE JAGER v WHITTEKER AND ANOTHER
1944 AD 246
dealt
with the payment of usurious interest. ‘
No
obligation of any sort,’ said Watermeyer CJ at 251 – 52,
‘to pay a higher rate of interest than that permitted
by the
Act can arise from a promise to pay a higher rate, and it therefore
follows that such a promise is a mere nullity, and any
payment of
such a higher rate in persuance of such promise is in effect a
donation, or disposition not made for value, and is consequently
liable to be said aside on a section 26 of the Insolvency Act.’
”
[60] Dit
volg dus dat insoverre die respondente poog om aan te toon dat hier
sprake was van ‘n mandaatooreenkoms dit ‘n
gesimuleerde
kontrak was wat inderwaarheid ‘n onwettige beleggingsooreenkoms
daargestel het.
[61] Mnr
Danzfuss het gewys op die feit dat artikel 12(2) van die Wysigingswet
op Skadelike Sakepraktyke, Wet 23 van 1999 bepaal
dat die woorde
“skadelike sakepraktyk” oral waar dit in die Wet mag
voorkom, vervang word met die woorde “onbillike
sakepraktyk”.
Die Wet het ‘n aanvanklike definisie gehad van sowel
“onbillike sakepraktyk” as “skadelike
sakepraktyk”.
Die definisie van “skadelike sakepraktyk” is geskrap
deur artikel 1(k) van Wet 23 van 1999. Gevolglik,
vanaf die datum
van inwerkingtreding van artikel 23 van 1999, naamlik 14 Mei 1999
figureer ‘n “skadelike besigheidspraktyk”
nie meer
ingevolge die Wet nie. Die enigste wat tans nog deur die Wet erken
word, is ‘n onbillike sakepraktyk. Nogtans
het die Minister
daarna, en wel op 9 Junie 1999, by wyse van ‘n proklamasie
sekere “skadelike” besigheidspraktyke
gedefinieer en
verbied. Op daardie stadium het “skadelike besigheidspraktyke”
in terme van die Wet glad nie meer bestaan
nie.
[
62] Wat
wel van belang is, is dat ‘n piramide bevorderingskema
(“pyramid promotional scheme”) ingesluit is by
die
definisie van ‘n skadelike sakepraktyk en verbied is. ‘n
Piramidebevorderingskema word definieer as
“
... any
plan or operation by which a participant gives consideration for the
opportunity to receive compensation which is derived
primarily from
the persons introduction of other persons into a plan or operation
rather than from the sale of products by the
participant or other
persons introduced into the plan or operation.”
[6
3] Die
gebruik van die begrip “skadelike sakepraktyk” in plaas
van die begrip “onbillike sakepraktyk” in
die betrokke
regulasies het nie enige betekenis nie. In die Wet word die woorde
“hierdie Wet” omskryf asook enige
kennisgewing
daarkragtens gepubliseer of gegee en enige regulasie. Die definisie
van “skadelike sakepraktyk” is vervang
met die definisie
van “onbillike sakepraktyk” deur Wet 23 van 1999, wat op
14 Mei 1999 in werking getree het.
[6
4] Artikel
12 van die Interpretasiewet, nr 33 van 1957 lui soos volg:
“
(1) Wanneer ‘n Wet ‘n
bepaling van ‘n vorige Wet herroep, en met of sonder wysiging
herverorden, word verwysings
in enige ander Wet na die bepalings
aldus herroep, tensy ‘n ander bedoeling blyk, uitgelê as
verwysings na die bepalings
wat aldus herverorden is.”
[6
5] Na
die inwerkingtreding van artikel 23 op 14 Mei 1999 was die een
definisie deur ‘n ander definisie vervang. Kragtens
die
omskrywing van “Wet” in artikel 1 van die
Interpretasiewet sluit dit ook regulasies in, want dit het die krag
van Wet besonderlik na aanleiding van die omskrywing van Wet ook in
die Wet op Verbruikerssake.
[66] Die
woorde “skadelike sakepraktyk” waar dit dus in die
betrokke regulasies voorkom moet gelees word as synde “onbillike
sakepraktyk.” Dit is ook opmerklik dat die twee definisies net
met een sinnetjie verskil en altwee duidelik in lyn is met
die
omskrywing van “sakepraktyk” as sodanig.
[67] Artikel
2 van die regulasies verklaar die onbillike sakepraktyk onwettig en
bepaal dat
geen
persoon mag die skadelike sakepraktyk bedryf, beheer, bevorder of
laat bedryf nie en word gelas om onmiddellik daarvan af te sien.
Enige belegging in sodanige praktyk is dus onwettig. Applikante het
na my mening op waarskynlikhede aangetoon dat die aktiwiteite
van die
Noite Dia Trust wel binne hierdie kode val en is die betrokke
beleggings ook om hierdie rede onwettig.
[68] In
die lig van die voorgaande het die applikante ‘n behoorlike
saak uitgemaak vir die verlening van sekere van die aangevraagde
regshulp. Wat koste betref is, is die partye dit eens dat koste
koste in sekwestrasie moet wees, insluitende die koste wat oorgestaan
het.
[69] In
die kennisgewing van mosie word gevra vir regshulp ten opsigte van
respondente wat nie hierdie aansoek geopponeer het nie
en wel vir
vonnis vir die bedrae vermeld in bylae A. Om twee redes is ek nie
bereid om sodanige bevel te gee nie, eerstens omdat
daar foute blyk
te wees in bylae A en dat dit wenslik is om getuienis aan te bied om
hierdie bedrae te kwantifiseer. Tweedens
is daar tydens argument
gewys op die moontlike oneffektiewiteit van vervangde betekening.
Gevolglik is ek van mening dat daar
verdere betekening moet geskied
ten opsigte van respondente wat tans nie voor die Hof is nie. As is
dit nie volgens die Hofreëls
kan geskied nie dan minstens by die
betrokke respondent se laaste bekende woon– of werkplek.
[
70] Bygevolg
word die bevele verleen:
1. Dat die beleggingskema
wat deur die Noite Dia Trust bedryf is as ‘n
skadelike/onbillike sakepraktyk verklaar word soos
bedoel in die
regulasies vervat in kennisgewing 1135 van 1999, gepubliseer in
Staatskoerant, 20169, gedateer 9 Junie 1999 en uitgevaardig
in terme
van die Wet op Verbruikersake (onbillike sakepraktyk) nr. 71 van
1988.
2. Dat verklaar word dat
die Noite Dia Trust die bepalings van die Bankwet nr. 94 van 1990
oortree het.
3. Dat
alle ooreenkomste tussen Noite Dia Trust en derdes wat vir
beleggingsdoeleindes met gemelde Trust gesluit is
ab
initio
nietig is; en
4. Dat die volgende
geskilpunte tussen die applikante en die respondente ingevolge
Hofreël 6(5)(g) vir die aanhoor van mondelinge
getuienis verwys
word, naamlik:
4.1 Of
die respondent geld aan die Trust oorhandig of in ‘n
bankrekening inbetaal is om deur die Trust belê te word
en dus
‘n nietige ooreenkoms gesluit het soos bedoel in paragraaf 3
hierbo.
4.2 Indien wel, wat is
die bedrag daarvan en op watter datum is dit inbetaal.
4.3 Is die bedrag in
geheel of gedeeltelik deur die Trust aan betrokke respondent
terugbetaal en indien wel op watter datum.
4.4 Het die betrokke
respondent enige finansiële wins of voordeel in watter vorm
ookal van die Trust ontvang.
4.5 Indien wel, die
omvang van sodanige bedrag en die datum waarop dit geskied het.
Dit word gelas dat die
volgende voorskrifte sal geld:
5.1
Die
getuienis van die applikante en die respondente en enige getuies wat
enige party as getuies wil roep moet in een gesamentlike
verhoor
aangehoor word.
5.2
Elke
respondent moet aan die bepalings van Hofreël 35(1) voldoen
laastens 8 weke voor die aanvang van die verhoor.
5.3
Samesprekings
ingevolge die bepalings van Hofreël 37 moet gehou word laastens
5 weke voor die verhoor en die bepaling van
die betrokke reël
nagekom word.
6. Ten
opsigte van respondente wat nie die aansoek geopponeer het nie, word
gelas dat betekening ingevolge die Hofreëls, alternatiewelik
by
die respondent se laasbekende besigheids- of woonplek geskied van
6.1 hierdie
hofbevel; en
6.2
die kennisgewing van ter rolle plasing wat die datum van die verhoor
asook die bedrag wat applikante voornemens is om van die
betrokke
respondent te vorder, vermeld word.
[7] Ten
opsigte van koste sal koste van al die partye koste in sekwestrasie
wees, welke koste sal insluit die koste verbonde aan
die
gebruikmaking van twee advokate deur elk van die partye.
____
_____________
S.
P. B. HANCKE, R
Namens die
applikant: Adv. J. P. de Bruin SC
Bygestaan deur:
Adv. J. G. Gilliland
In opdrag van:
Symington & De
Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondente: Adv. F. W. A. Danzfuss
Bygestaan deur:
Adv.
H. Murray
In opdrag van:
Schoeman Maree Ing.
BLOEMFONTEIN
Respondent in
persoon: Izak Bartholomeus Nel
/em
1
Ex Party Optimal Property Solutions
CC
2003 (2) SA 136
(K) te 140 para [10], 141 para [12], 142 para
[15]; Ex Party Glenrand (Pty) Ltd
1983 (3) SA 203
(W) te 206 H –
207 A.
2
Schmidt,
“Bewysreg”, 4de Uitgawe, bl 475 en verder.
3
Metedad
v National Employers General Insurance Company Limited
1992 (1) SA 494
(W) te 498I – J.
4
Lornadawn
Investments (Pty) Ltd v Minister van Landbou
1977 (3) SA 618
(T) te 626 E – F.
5
Staat
v Mpofu
1993 (2) SASV 109
(N) te 116i: “If the evidence sought to be led carries the
hallmark of truthfulness and reliability then
its reception is
doubtless justified.” Sien ook
S
v Ramavhale
1996 (1) SASV
639(A);
Hewan v Kourie NO
1993 (3) SA 233
(T) te 238.
6
Metedad
v National Employers General Insurance Company Limited
supra
te 498i.
7
Artikel 3(1)(c)(vii) van Wet 45 van
1988.
8
Navsa, A.R. in Makhatini v Road
Accident Fund
2002 (1) SA 511
(HHA) te 521 I – J.
9
Van Schalkwyk R in
Metedad
v National Employers General Insurance Company Limited
supra
te
498I - 499G.
10
Hattingh, R
in
Du
Plessis NO v Oosthuizen en Andere
,
1995 (3) SA 604
(O) te 620c – e.
11
Schmidt, a.w. p. 465.
12
Reckitt
& Colman SA (Pty) Ltd v S C Johnson & Sons SA (Pty) Ltd
1993
(2) SA 307
(A) te 315 D – F.
13
POSEIDON
SHIPS AGENCIES (PTY) LTD v AFRICAN COALING AND EXPORTING CO (DURBAN)
(PTY) LTD AND ANOTHER
1980 (1) SA 313
(D) te 316 A.
14
“The modern tendency, however,
seems to be to permit greater flexibility, at least in the absence
of prejudice. The Law
of South Africa (Second Edition Vol 3 Part 1
par 139 en gesag na verwys, behalwe dat Strauss-saak se korrekte
verwysing
[1998] 4 All SA 614
(K) is.
15
Van Zyl – saak (
supra)
te par [46].
16
Stellenbosch
Farmers' Winery Ltd v Stellenvale Winery (Pty) Ltd
1957
(4) SA 234
(K) te 235E – G.
17
Administrator, Transvaal & Other
v Theletsane & Other
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(A) te 196 G – 197C.
18
Soffiantini v Mould
1956 (4) SA 150
(OK) te 154G - H.
19
In AA Onderlinge
Assuransie-Assosiasie Bpk v De Beer
1982 (2) SA 603
(A) verklaar Viljoen A.R. die volgende op 614H
:
“Dit
is, na my oordeel, nie nodig dat 'n eiser wat hom op
omstandigheidsgetuienis in 'n siviele saak beroep, moet bewys
dat
die afleiding wat hy die Hof vra om te maak die enigste redelike
afleiding moet wees nie. Hy sal die bewyslas wat op hom
rus kwyt
indien hy die Hof kan oortuig dat die afleiding wat hy voorstaan die
mees voor-die-hand-liggende
en
aanvaarbare afleiding is van 'n aantal moontlike afleidings.”
Vergelyk
ook
GOVAN
v SKIDMORE
1952 (1) SA 732
(N) te 734 C – D.