About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 114
|
|
S v Britz (196/1983) [1984] ZASCA 114 (26 September 1984)
LL
Saak No. 196/1983
IN DIE HOOGGER
E
GSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
CORNELIUS BRITZ
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: WESSELS, JOUBERT, HOEXTER,
BÓTHA ARR et SMALBERGER WN AR
DATUM VAN VERHOOR
: 18 SEPTEMBER 1984 |
DATUM VAN INHANDIGING:
26 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
2.
BOTHA AR
:-
Die appellant het in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale Afdeling
tereggestaan op 'n aanklag van kinderdiefstal. Hy het skuldig gepleit
en is
skuldig bevind. Op 27 Mei 1982 is hy gevonnis tot 8 jaar gevangenisstraf,
waarvan 5½ jaar opgeskort is vir 5 jaar op voorwaarde
dat hy nie weer
skuldig bevind word nie aan 'n misdryf wat gepleeg is gedurende die tydperk van
opskorting,
"welke misdryf 'n element bevat van veroorsaking van lyding, hetsy geeste-lik
of liggaamlik, aan 'n ander mens."
Die verhoorregter (LATEGAN R) het aan die appellant verlof toegestaan om na
hierdie Hof in hoër beroep te kom teen die vonnis
wat hom opgele is.
Hangende die afhandeling van die appèl is die appel-lant op borgtog
vrygelaat. Op 7 Februarie 1983 het
/die ...
3.
dle appellant egter vrywillig homself by die
gevange-nisowerheid aangemeld om te begin om sy gevangenis-straf uit te dien. Hy
is toe
in die gevangenis opgeneem en hy was nog steeds in die gevangenis toe sy
appèl deur hierdie Hof verhoor is op 18 September
1984. Op laasgenoemde
datum, nadat die advokate van die appellant en die Staat aangehoor is, het
hier-dle Hof 'n bevel uitgereik
waarkragtens die appèl ge-handhaaf is en
die vonnis van die verhoorregter ver-vang is deur 'n vonnis van 18 maande
gevangenisstraf.
Die bevel is op daardie stadium reeds uitgereik omdat daar by
hierdie Hof geen twyfel was nie dat die vonnis wat die verhoorregter
opgelê het skokkend buitensporig was en omdat die vonnis wat hierdie Hof
as gepas beskou het om in die plek daarvan te stel,
sou meebring dat die
appellant geregtig sou word op sy onmiddellike vrylating. Ten tyde van die
uitreiking van die
/bevel ...
4.
bevel is daar aangedui dat die redes daarvoor later verstrek
sou word. Dit word nou gedoen.
Om die oortreding wat die appellant begaan het in die regte perspektief te
sien, is dit nodig om ter aanvang dle agtergrond te skets
wat daartoe aanleiding
gegee het. Dit is 'n sonderlinge verhaal. Ten tyde van die oortreding was die
appellant 27 jaar oud. Hy het
'n besondere hegte verhouding tot sy moeder gehad.
Hy is 'n homoseksueel. In November 1977 het hy in 'n homoseksuele verhouding met
'n ander man saamgelewe in Pretoria. Sy familie, insluitende sy moeder, het
daarvan te hore gekom. Hulle het hom geheel en al verwerp.
As gevolg daarvan het
daar by die appellant 'n behoefte ontstaan om sy man-likheld teenoor sy familie,
en veral sy moeder, te bewys
en om hom sodoende vir hulle aanvaarbaar te maak.
In 1979 is hy na Suidwes-Afrika, waar hy
/'n...
5.
'n verhouding met 'n meisie aangeknoop het. In 'n stadium het
sy hom meegedeel dat sy 'n kind van hom verwag. Hy is toe met haar getroud,
in
Januarie 1980. Hy het sy familie laat weet. Sy moeder was so verheug oor die
gebeure dat sy hom 'n motorkar as geskenk gegee het.
Inderdaad was die appellant
se vrou egter nie swanger nie; dit het die appel-lant verneem twee maande na die
huwellk. Die appel-lant
se vrou het 'n ongetroude vriendin gehad wat 'n baba
verwag het. Daar is toe besluit dat die appel-lant en sy vrou die baba by sy
geboorte sou aanneem, en dat hulle dan aan die appellant se familie sou voorgee
dat dit hulle eie baba is. Die baba is gebore in
Julie 1980. Die dag na die
geboorte het die appellant dle geboorte laat registreer asof dle kind uit sy en
sy vrou se huwelik gebore
is. Die moeder van die kind was egter toe nie meer
bereid
/om ...
6.
om die kind af te staan nle, met die gevolg dat
die
voorgenome aanneming deur die mat geval het. In-
tussen het die
appellant steeds sy moeder onder die
indruk gelaat dat hy die vader van 'n
kind geword het.
Sy was baie bly om te sien (soos die appellant dit
in sy getuienls gestel het) dat hy "uiteindelik 'n
man geword" het. Die
appellant en sy vrou het
van mekaar geskei, en sy familie is daarvan
verwittig, '
en onder die indruk gebring dat die appellant die
kind (die
denkbeeldige kind) by hom gehad het. In
November 1980 het die appellant na
Kaapstad gegaan
en daar begin werk. Aan die einde van daardie jaar
het die
appellant se moeder by familie van haar in
Suidwes-Afrika gaan kuier. Die eintlike doel van
die besoek was om haar kleinkind te gaan sien, die
fiktiewe kleinkind wat sy geglo het wel bestaan. Sy
was baie teleurgesteld
dat die appellant nie meer
/daar ...
7.
daar was nie en dat sy die kind nie te siene kon kry nie.
Nadat sy teruggekeer het na die Transvaal, waar sy woonagtig was, was sy
en die
appellant weer gereeld met mekaar in verbinding. Die appellant het steeds by
haar die indruk aan dle lewe gehou dat hy 'n
kind het en dat die kind by hom in
Kaapstad was. Hy het selfs aan haar 'n foto gestuur van homself met
'n kind
op sy arm (dit was die kind van vriende van hom) onder die voorwendsel dat dit
sy eie kind was. Die appellant se moeder was
toe 75 jaar oud en sy was ernstig
siek; sy was vir 7 maande in die hos-pitaal. Die appellant het geglo dat sy nie
sou herstel in
so 'n mate dat sy ooit Kaap toe sou kom om die kind te sien nie;
hy het gedink dat sy te eniger tyd kon sterf. Hy het haar onder
die wan-indruk
gehou waaronder sy verkeer het aangaande sy kind, omdat hy vir haar baie lief
was, omdat sy siek
/was ...
8.
was, omdat hy nie vir haar hartseer wou veroorsaak nie, en ook
omdat hy nie wou hê dat sy hom weer moes verwerp nie. Die volgehoue
leuen
was geheel en al toegespits daarop om sy moeder gelukkig te hou.
En toe, in September 1981, kom daar vir die appellant 'n krisis. Sy moeder se
gesondheid het in so 'n mate verbeter dat sy aan die
begin van daardie maand 'n
besoek aan die Kaap afgelê het. Sy het by die appellant tuisgegaan vir 5
dae. Gedurende daardie
tyd het dle appellant sy moeder se navrae na die kind
afgeweer deur aan haar voor te gee dat die kind by vriende van hom bly aangesien
hy saans iaat moes werk. Sy het toe gaan kuier by 'n dogter van haar ('n suster
van die appellant) op Saldanha. Maar daar is 'n afspraak
gemaak, 'n afspraak wat
die direkte oorsaak was van die appellant se oortreding. Sy moeder sou op 26
September 1981 per vliegtuig
na
/die ...
9.
die Transvaal terugkeer, en omdat sy so graag die appellant se
kind wou sien, is daar afgespreek dat sy op die aand van 25 September
1981 by
die appellant sou kom oornag en dat hy sou toesien dat die kind dan by hom is.
Die appellant was vasgekeer. In plaas daarvan
om sy lang volgehoue leuen prys te
gee, het hy besluit om 'n kind te steel, en die aan sy moeder voor te hou as sy
eie.
Op 23 September 1981 het die appeliant 'n kamer in die huis wat hy toe saam
met 'n ander man bewoon het in Melkbosstrand, ingerig
as 'n kinderkamer, deur
dit te voorsien van toepaslike gordyne en 'n voor-raad kinderklere en speelgoed.
Aan sy mansvriend het hy
voorgegee dat hy 'n kind het en dat sy klnd die middag
van 25 September by die huis sou wees sodat die appellant se moeder hom kon
sien. Daar is gereël dat die appellant se vriend die betrokke middag
die
/appellant ...
10.
appellant se moeder op Saldanha sou gaan haal en na
Melkbosstrand sou bring.
Op 25 September 1981, kort na drie-uur ±n die middag, was die appellant
in 'n groot en besige winkel in Brackenfell. Daar het
hy 'n twee-jarige seuntjie
in 'n waentjie gesien sit, in die geselskap van twee dogtertjies wat blykbaar sy
sussies was. Hy het nie
die moeder van die kinders gesien nie. Hy het die
seuntjie uit sy waentjie gelig en opgetel, en aan die dogtertjies gesê hy
gaan vir die seuntjie lekkers koop. Hy het met dle kind by die winkel uitgestap.
Daarvandaan het hy gery na 'n ander winkel, waar
hy voorheen werksaam was en
waar die mense hom geken het. Hy is met die kind die winkel in en daar het hy
vir hom 'n skoon hempie
gekoop en aangetrek. Daarna is hy na die huis in
Melkbos-strand. Sy vriend was nie daar nie en sy moeder
/ook ...
11.
ook nie. Hy het met die kind op die strand gaan speel en is
toe terug na die huis. Sy vriend het later eers by die huis aangekom,
toe dit
reeds donker was, en hom meegedeel dat sy moeder haar reëlings verander het
en dat sy die volgende dag eers by hom besoek
sou kom aflê. Die appellant
se aanvanklike voorneme was om die kind dieselfde middag nog terug te neem na
die plek waar hy
hom gevat het, maar as gevolg van die verloop van sake het hy
besluit om dle kind te hou tot die volgende dag. Hy en sy vriend het
vir die
kind 'n bottel gaan koop om melk uit te drink, en ook luiers. Hulle het die kind
gebad, skoon aangetrek, met hom gespeel,
en later ±n die bed gesit. Die
kind het goed geslaap. Die appellant het van bekommernis 'n slaaplose nag
deur-gebring. Die volgende
oggend is die kind weer skoon aangetrek en gevoed.
Die appellant het die kind
/gevat ...
12.
gevat, saam met sy bottel, 'n kombers en 'n speelbal, en gery
na Parow. Om ongeveer half-nege die oggend is hy met die kind in 'n
telefoonhokkie in waarvan die deur van so 'n aard is dat hy gemeen het dle kind
dit nle self van binne af sou kon oopkry nie. Hy
het die polisie op Brackenfell
geskakel en aan hulle beduie waar die telefoonhokkie geleë is, en
gesê dat die kind daar
gevind sou kon word. Hy het die klnd met sy bottel,
kombers en bal in die hokkie agter-gelaat en homself uit die voete gemaak. Die
kind is kort daarna deur die polisie gevind en omstreeks half-tien aan sy ouers
terugbesorg.
Die voorgaande relaas is gebaseer op feite wat nie in geskil is nie. Ek het
die besonderhede taamlik breedvoerig uiteengesit omdat
hulle na my oordeel so
klaarblyklik merkwaardig en buitengewoon is dat dle huidige geval tereg as 'n
unieke geval van
/kinderdiefstal ...
13.
kinderdiefstal beskryf kan word. Die opvallendste kenmerke
van hierdie geval is die volgende. Die appellant se motief was oorwegend
altruisties: hy wou sy bejaarde en sieklike moeder vrywaar teen te-leurstelling
en hartseer. Die ontneming van die kind van sy ouers
sou nooit van meer as
kortstondige duur gewees het nie. Die appellant was daarop in-gestel om die kind
goed te versorg en het dit
inderdaad gedoen. Daar is geen sprake daarvan dat die
appellant enige onsedelike of onbehoorlike bedoelings teenoor die kind gekoester
het nie; dit is bevestig deur pslgiatriese en sielkundige getuienis wat dle Hof
a quo aangehoor het. Daar is geen rede om te dink
dat die kind of sy ouers enige
nadelige gevolge van die gebeure oorgehou het nie.
Met die oog op die manler waarop die appel-lant vasgevang geraak het deur die
valse voorwendsels
/wat ...
14.
wat hy teenoor sy moeder geskep het en vir 'n lang tyd in
stand gehou het en waardeur hy ulteindellk daartoe gedryf is om die oortreding
te pleeg, het die verhoorregter in sy uitspraak tydens vonnisopleg-ging tereg
die appellant beskryf as "'n jammerlike figuur" en
"'n bejammerenswaardige
mens". Daarteenoor het die verhoorregter daarop gewys dat die appellant met 'n
mate van berekendheld die
oortreding gepleeg het, en dat hy daardeur "sesteen
uur van hel vir die ouers" van die kind veroorsaak het. Daarvoor moet hy
natuurlik
gestraf word; maar nie op die wyse waarop die verhoorregter dit gedoen
het nie. Dit is duidelik uit die regter se uitspraak dat een
van die
belangrikste oorwegings wat by hom getel het by die bepaling van 'n gepaste
vonnis, 'n behoefte was om ander mense af te
skrik daarvan om soortgelyke
oortredings te pleeg. Hy het dit hom ten doel gestel
/"om ...
15.
"om 'n bale duidelike waarskuwing te rig" aan lede van die
gemeenskap wat moontlik in die toekoms kon beplan om ook kinders te steel
"om
hulle eie belange te bevorder", dat "met sulke mense nie ligtelik ge-handel sal
word deur hierdie Hof nie". Hierdie benadering
het na my oordeel, met eerbied
gesê, die geleerde regter daartoe gelei om op 'n vonnis te be-sluit wat
buite alle redelike
verhouding gestaan het tot dle vonnis wat hierdle besondere
appellant ver-dien het.
Weliswaar word 'n vonnis wat in die algemeen verband hou met die erns van 'n
oortreding dlkwels opgelê en dan gedeeltelik opgeskort
om dit te temper en
te laat aanpas by die persoonlike omstandighede van die besondere beskuldigde,
maar die huidige geval leen hom
nie tot 'n gedeeltelik opgeskorte vonnis nie,
soos blyk as daar oorweging geskenk word aan moontlike
/opskortings- ...
16.
opskortingsvoorwaardes. Die verhoorregter se ver-wysing in sy
opskortingsvoorwaardes na 'n misdryf wat "'n element bevat van veroorsaking
van
lyding, hetsy geestelik of liggaamlik, aan 'n ander mens", is, met eerbied,
tegelyk te wyd en te vaag om aanvaarbaar te wees,
selfs al sou 'n mens
"opsetlike" daarby in-voeg, soos die regter in sy uitspraak op die aansoek om
verlof om te appelleer voorgestel
het. Om die opskorting vas te knoop aan 'n
toekomstige oortreding van kinderdiefstal sou sinneloos wees, omdat dit bykans
ondenkbaar
is dat die appellant ooit so 'n oortreding sal herhaal. Namens die
Staat is daar voorgestel dat daar verwys kon word na misdrywe
waarvan
oneerllk-heid 'n element is. Na my mening sou so 'n bepaling onvanpas wees,
omdat oneerlikheid op sigself nie op die voorgrond
is in die geval van
kinderdiefstal nie; die oortreding is slegs in 'n oneintlike sin "diefstal"
/met ...
17.
met betrekking tot die gewone begrip van "oneerlik-heid". ,
Ek kan aan geen opskortingsvoorwaardes dink wat in die hnidige geval enige
sin
sou hê nie.
Ten slotte moet ek meld dat dle verhoorreg-
ter heelwat gewig geheg het aan die feit dat die ap-pellant by twee vorige
geleenthede opgeskorte of ge-deeltelik opgeskorte vonnisse
opgelê is: in
Junie 1975, 2 jaar gevangenisstraf vir diefstal en bedrog, waarvan alles
opgeskort is, en in Augustus 1981 'n
boete van R750 of 12 maande
gevangenisstraf vir onwet-tige jag van beskermde wild, waarvan R250 of 4 maande
gevangenisstraf opgeskort
is. Op grond daarvan het die geleerde regter
gesê dat die appellant se "kanse nou verby is" en dat hy nou "werklik
boete moet
doen" vir wat hy gedoen het. Volgens die mening van hierdie Hof, met
inagneming van al die tersaaklike faktore soos hierbo vermeld,
sou 'n
gepaste
/boetedoening ...
18.
boetedoening vir die appellant se oortreding gevange-nisstraf
van 18 maande wees.
Om die voorgaande redes het hierdie Hof op 18 September 1984 die bevel
uitgereik wat ek vroeer genoem het.
A.S. BOTHA AR
EK STEM SAAM
P.J. WESSELS AR
EK STEM SAAM
C.P. JOUBERT AR
EK STEM SAAM
G.G. HOEXTER AR
EK STEM SAAM
J.W. SMALBERGER WN AR