About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 59
|
|
Ruprecht v S (A186/2009) [2010] ZAFSHC 59 (24 June 2010)
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr. : A186/2009
In
die appèl van:
IRENE
PIENKIE RUPRECHT
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM:
VAN DER MERWE, R
et
MURRAY,
AJ
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP:
14 JUNIE 2010
GELEWER OP:
24 JUNIE 2010
[
1] Hierdie
is ‘n appèl teen vonnis. Dit onderstreep weer eens die
kompleksiteit van die menslike natuur en psige.
[2] Die
appellant is op 20 Junie 2008 in streekhof te Parys skuldig bevind
aan moord van Mnr Wolf Eckhart Ruprecht (“die oorledene”).
Die verhoorhof het bevind dat die moord met voorbedagte rade gepleeg
is en dat ingevolge die bepalings van die Strafreg Wysigingswet,
no
105 van 1997 gevolglik ‘n vonnis van lewenslange
gevangenisstraf opgelê moes word tensy wesenlike en dwingende
omstandighede weer ‘n vonnis regverdig. Hierdie benadering is
nie voor ons betwis nie. Die verhoorhof het egter inderdaad
sodanige
wesenlike en dwingende omstandighede gevind en die appellant op 25
Mei 2009 vonnis tot 15 jaar gevangenisstraf vanaf 8
jaar
gevangenisstraf opgeskort is vir 5 jaar op voorwaarde dat die
appellant nie skuldig bevind word aan moord of ‘n misdryf
wat
‘n bevoegde uitspraak is op moord en wat gepleeg is gedurende
die tydperk van opskorting nie. Verlof om te appelleer
is slegs teen
die vonnis toegestaan. Die appellant is op borgtog vrygelaat
hangende die beslissing van die appèl.
[3] Op 7 November 2006
het die appellant vir die oorledene, wat toe 66 jaar oud was, gedood
deur hom op ‘n afstand van minder
as 10 cm met ‘n
vuurwapen in die nek te skiet terwyl die oorledene gebukkend was.
Die appellant is gebore op 12 Julie 1935.
Ten tye van die pleging
van die misdryf was hy dus 71 jaar oud en op 25 Mei 2009 was hy byna
74 jaar oud.
[4] Die
appellant was vir ‘n tydperk van 43 getroud met haar eerste
eggenoot tot hy gedurende 1997 oorlede is. Die appellant
is daarna
gedurende Julie 1999 met die oorledene getroud. Ten tye van die
misdryf was die appellant en die oorledene egter reeds
van mekaar
vervreem en was ‘n egskeidingsaksie reeds aan hange gemaak.
Die appellant het die oorledene verdink en beskuldig
van buite
egtelike verhoudings en was subjectief van oordeel dat dit die rede
was vir die verbrokkeling van hulle huwelik. Sy
het egter nie oor
enige getuienis in hierdie verband beskik nie. Dit blyk uit die
rekord dat daar inderdaad ander vroue in die
oorledene se lewe was.
Die appellant was egter steeds baie lief vir die oorledene.
[5] Die appellant het die
kwessie van wat presies op die betrokke dag gebeur het gekompliseer
deur valse getuienis af te lê
na getuienis op die meriete. Ek
is egter tevrede dat ‘n behoorlike analise van die totaliteit
van die getuienis aantoon
dat die onderstaande wesenlik is wat
plaasgevind het.
[6] Vroegerig die oggend
van 7 November 2006 het die oorledene by die huis van die appellant
opgedaag om sy boeke te kom haal.
Daar by die boekrak het ‘n
gesprek tussen die appellant en die oorledene plaasgevind waarin die
oorledene erken het dat hy
verskeie buite egtelike verhoudings gehad
het. Die appellant se ervaring hiervan was dat die oorledene haar
hieroor gekoggel het
(“mock”). Dit het appellant hewig
ontstel tot die mate dat sy ‘n vuurwapen gaan haal het en die
volgende nota
geskryf het:
“
TO
WHOM
IT
MAY
CONCERN
Eckhart came here on the pretext of
fetching his books, but it was to mock me with his girlfriends. His
lawyer wrote to my lawyer
Hanietje v.d. Merwe in Potch, saying
Eckhart denies being involved with any woman. But to my face this
morning he laughed, he
said there is, but I can’t prove it, and
in front of other people he won’t own up. He has made life
hell so I am going
to shoot, him, then take my own life. He is not
worth to life.”
Hierna het die appellant
die oorledene geskiet. Toe sy die bloed by die oorledene sien het sy
per telefoon hulp ontbied van haar
huisdokter asook paramedici. As
gevolg hiervan het verskeie persone kort na die voorval by die huis
van die appellant opgedaag.
Sommige van hierdie persone het by die
verhoor getuienis gelewer. Almal het getuig dat die appellant baie
geskok en ontsteld
was en sommige het getuig dat sy die voorneme
uitgespreek het om haarself om die lewe te bring.
[7] Mevrou
Marinda Viljoen, ‘n maatskaplike werker in diens van die
Departement Korrektiewe Dienste met 18 jaar dienservaring,
het ‘n
volledige voorvonnis verslag opgestel en in getuienis aan die
verhoorhof voorgelê. Hieruit het geblyk dat die
appellant nie
‘n aangename of innemende mens is nie. Sy is besitlik en
jaloers tot die mate dat dit as ‘n sieklike
jaloesie beskryf
is. Sy is bakleierig, selfgeldend en manipulerend. Sy toon weinig
insig in haar wandaad en probeer selfs na
haar skuldigbevinding
valslik die rol van slagoffer speel.
[8] Die verhoorhof het
hierdie getuienis aanvaar en hierdie bevinding is tereg nie voor ons
aangeveg nie. Die hardnekkige wyse
waarop die appellant haar onskuld
probeer aantoon het en die getuienis van Mevrou Viljoen beveg het, is
na my oordeel grootliks
bevestigend van die gemelde getuienis van Mev
Viljoen.
[9] Daar
kan egter geen twyfel daaroor wees nie dat die onderhawige misdryf
die gevolg was van hewige emosionele onsteltenis aan
die kant van die
appellant. Hierdie heftige emosionele opwelling was volgens die
getuienis na my oordeel die gevolg van ‘n
erge gevoel van
vernedering wat die appellant ervaar het juis omdat sy die persoon is
wat sy is en omdat sy steeds baie lief was
vir die oorledene. In
hierdie verband het
HEHER
in
OPPERMAN
v THE STATE
643/09
[2010] ZASCA 83
(31 May 2010) soos volg opgemerk:
“
[40] I cannot ignore that the
legislature has set out its face against sexual offences in which
children are victims with unmistakable
disapproval and draconian
sanctions. The appropriate sentences must reflect that intention.
[41] Nevertheless,
in sentencing, individualization and not collective responsibility
for the prevalence of serious crime remains
the court’s primary
focus. While there is no room for misplaced sympathy in dealing with
offenders, one should never divorce
determination of the appropriate
punishment from the quality of the human material nor the reasons for
it frailty. Even here mercy
can find a place in almost all cases.”
[10] Die verhoorhof se
redes vir vonnis toon aan dat die saak nie so ingesien is nie. Die
verhoorhof het byvoorbeeld gesê:
“
Die
oorledene het uit die woning getrek nadat u hom oënskynbaar
gedagvaar het vir ‘n egskeiding. Die dag van die voorval
het
hy net sy boeke kom haal en was daar nie eens vir u nodigheid om met
hom kontak te maak nie. U het getuig dat hy die dag teenoor
u erken
het dat hy verhoudings met ander vroue het. Of dit so (was) weet ons
nie verseker nie. Al was dit egter so, is ek tevrede
u en hy was
reeds uitmekaar. ‘n Egskeidingsgeding was reeds ingestel en
was daar geen rede om so teenoor hom op te tree
nie, al sou hy nie
teenoor u erken het dat hy ander vrouens in sy lewe het.”
Die verhoorhof se
miskenning van die emosionele toestand van die appellant wat by die
misdryf gelê het, is na oordeel ‘n
wesenlike
wanvoorligting wat hierdie hof noop om vonnis oplegging opnuut te
oorweeg.
Neem
in ag die wetgewing wat bepaal dat lewenslange gevangenisstraf as
vertrekpunt by hierdie tipe misdrywe geneem moet word.
Elke saak
moet egter steeds op sy eie meriete en besondere omstandighede beslis
word. Die appellant het die misdryf gepleeg toe
sy reeds 71 jaar oud
was. Haar gesondheid is nie na wense nie. Sy is ‘n eerste
oortreder. Die omstandighede waaronder
die misdryf gepleeg blyk uit
die voormelde. Die
appellant
is nie ‘n gevaar vir die samelewing nie en die kanse dat die
appellant weer ‘n misdryf sal pleeg is weglaatbaar
klein. Die
appellant het egter ‘n ernstige misdryf gepleeg en toon tans
nie enige insig in haar misdryf nie en neem nie
verantwoordelikheid
daarvoor nie. Mev Viljoen het aanbeveel dat ‘n vonnis
ingevolge die bepalings van artikel 276(1)(i)
van die Strafproseswet
opgelê word, dit wil sê gevangenisstraf waaruit die
appellant na goeddunke deur die kommissaris
of ‘n parool raad
onder korrektiewe toesig uitgeplaas kan word nadat minstens een sesde
van die gevangenisstraf uitgedien
is. In al die omstandighede van
hierdie besondere saak kom so vonnis vir my gepas voor. So vonnis
sal dit moontlik maak indien
appellant tot inkeer kom en
verantwoording neem vir haar wandaad, sy na verstreeking van minstens
‘n sesde van vonnis nie
as ‘n bejaarde persoon verder in
die gevangenis aangehou hoef te word nie maar die res van haar vonnis
tuis onder korrektiewe
toesig kan uitdien.
[11] Gevolglik slaag die
appèl en word die opgelegde vonnis ter syde gestel en vervang
met ‘n vonnis van 5 jaar gevangenisstraf
ingevolge die
bepalings van artikel 276(1)(i) van die Strafproseswet, no 51 van
1977.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek
stem saam.
__________________
H.
MURRAY
,
WND R
Namens
die applikant: Adv. B. Roux SC
Instructed
by:
Kramer,
Weihmann & Joubert Inc.
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. F. J. Pienaar
Instructed
by:
Direkteur:
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/em