De Jager NO and Another v Balju van die Hooggeregshof, Bloemfontein-Wes en anders (407/2010) [2010] ZAFSHC 90 (4 June 2010)

45 Reportability
Insolvency Law

Brief Summary

Execution — Sale in execution — Application for interdict against registration of property transfer — Trustees of Remi’s Eiendomme Trust sought to prevent registration of property sold at execution due to pending insolvency proceedings — Legal issue arose regarding the effect of the publication of a notice of surrender on the sale and transfer of property — Court held that the notice of surrender did not affect the validity of the sale as it occurred prior to publication, and thus the registration of the property transfer could proceed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 90
|

|

De Jager NO and Another v Balju van die Hooggeregshof, Bloemfontein-Wes en anders (407/2010) [2010] ZAFSHC 90 (4 June 2010)

VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoeknommer: 407/2010
In
die aansoek tussen:-
DIRK CORNELIUS DE
JAGER N.O.
.........................
Eerste
Applikant
JUDITH CHRISTINA DE
JAGER N.O
.......................
Tweede
Applikant
(in hul hoedanigheid as
trustees van tyd tot
tyd van die Remi`s
Eiendomme Trust, No. IT299/01)
en
BALJU VAN DIE
HOOGGEREGSHOF,
BLOEMFONTEIN-WES
...........................................
Eerste
Respondent
DIE STANDARD BANK
VAN SUID-AFRIKA
BEPERK
...............................................................
Tweede
Respondent
DIE REGISTRATEUR
VAN AKTES,
BLOEMFONTEIN
.................................................
Derde
Respondent
GERT JOHANNES NEL
N.O.
...............................
Vierde
Respondent
MARIA DOROTHEA NEL
N.O.
..............................
Vyfde
Respondent
(in hul hoedanigheid as
trustees van tyd tot
tyd van die Germar Trust,
No. TMP2384)
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
4 Junie 2010
_____________________________________________________
In hierdie aansoek word
die volgende regshulp in terme van die kennisgewing van mosie
gevorder:

1. Dat die
nie-nakoming van die Reëls met betrekking tot tydsgrense,
betekening en vorm deur die Hof gekondoneer word en dat
hierdie
aansoek as ʼn dringende aansoek hanteer word kragtens die
bepalings van Reël 6(12)(a);
2. Dat eerste, tweede en derde
respondent verbied word om voort te gaan met die registrasie van die
eiendom bekend as Gowanlea 36,
Reyneckelaan, Bloemfontein, gehou
kragtens Transportakte No. ST7761/2006;
3. Dat die bevele in bedes 2 en 3
[
sic
] geld as tussentydse interdik hangende die finale
beregting van die eerste en tweede applikant se aansoek om
boedeloorgawe;
4. Dat die tweede respondent gelas
word om die koste hiervan te betaal;
5. Dat sodanige verdere en/of
alternatiewe regshulp aan die eerste en tweede applikante verleen
word as wat die Hof in die omstandighede
nodig en dienstig mag vind.”
Die aangeleentheid het
die eerste keer op 27 Januarie 2010 voor my gedien, ten tyde waarvan
slegs eerste tot derde respondente
as respondente siteer was. Op
daardie datum het ek by ooreenkoms tussen die partye, die volgende
bevel verleen:

1. Die
aansoek word uitgestel na 4 Februarie 2010.
2. Tweede respondent sy opponerende
verklaring, indien enige, liasseer voor of op 29 Januarie 2010.
3. Applikante hulle repliserende
beëdigde verklaring, indien enige, liasseer voor of op 1
Februarie 2010.
4. Applikante die trustees van die
Germar Trust, die koper betrokke by die relevante transaksie en
vermeld in paragrawe 3.4 en 10.9
van die funderende stukke, voeg in
die huidige aansoek.
5. Die derde respondent verbied word
om voort te gaan met die registrasie van die eiendom bekend as
Gowanlea 36, Reyneckelaan, Heuwelsig,
Bloemfontein, gehou kragtens
Transportakte No. ST7761/2006, hangende die uitspraak in hierdie
aansoek.
6. Applikante, wat die boedeloorgawe
van applikante volgens die publikasie sal plaas vir 11 Februarie
2010, sodanige aansoek sal
uitstel hangende die finalisering van
hierdie aansoek.”
Op 28 Januarie 2010 het
applikante inderdaad ʼn voegingsaansoek geliasseer ten einde
vierde respondent en vyfde respondent
in hul verteenwoordigende
hoedanigheid as trustees van die Germar Trust, as respondente te
voeg. ʼn Afskrif van die kennisgewing
van mosie, tesame met die
funderende beëdigde verklaring en aanhangsels daartoe in die
hoofaansoek, is tesame met die aansoek
om voeging op vierde en vyfde
respondente se prokureur, mnr. Jacobs verbonde aan Symington &
De Kok, Bloemfontein, beteken,
nadat mnr. Jacobs telefonies teenoor
applikante se prokureur van rekord aangedui het dat hy gemagtig en
bereid is om die betekening
aldus te aanvaar.
In reaksie op die
ontvangs van die voegingsaansoek, het vierde respondent namens
homself en vyfde respondent ʼn beëdigde
verklaring
geliasseer waarin beweer is dat hoewel vierde en vyfde respondente
oortuig is dat ten opsigte van die meriete van die
aansoek,
applikante se aansoek van die hand gewys behoort te word, vierde en
vyfde respondente besluit het om nie die (hoof)aansoek
(of die
voegingsaansoek) te opponeer nie, maar te berus by die uitspraak (in
die hoofaansoek). Hierdie besluit is aldus die verklaring
daarop
gebaseer dat vierde en vyfde respondente bevrees is dat enige
kostebevel wat teen applikante verleen mag word, van akademiese

belang sal wees gegewe die insolvente finansiële posisie van die
Remi`s Eiendomme Trust.
Ek het gevolglik by die
aanvang van die aanhoor van die aansoek op 4 Februarie 2010 ʼn
bevel ooreenkomstig bede 1 van die
kennisgewing van mosie in die
aansoek om voeging verleen, tot dien effekte dat die trustees van
die Germar Trust, No. TMP2384,
gevoeg word as vierde en vyfde
respondente in die (hoof)aansoek.
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat eerste respondent en derde respondent, wie beide
ampshalwe siteer is en teen wie geen
kostebevel gevorder word nie,
ook nie die aansoek opponeer het nie. Die aansoek word dus slegs
deur tweede respondent opponeer.
Voordat daar voortgegaan
is met die argumentering van die aansoek, het ek aan mnr. Visser,
namens applikante, en mnr. Claasen,
namens tweede respondent,
uitgewys dat die Meester nie kennis van die aansoek ontvang het nie,
terwyl ek van oordeel was en is
dat gegewe die aard van die aansoek,
die Meester ʼn wesenlike belang in die aansoek het en die
geleentheid gegun behoort
te word om, indien hy/sy so sou verkies, ʼn
verslag aan die Hof beskikbaar te stel. In reaksie hierop, het beide
regsverteenwoordigers
met my saamgestem. Aangesien ek nie onnodiglik
die aansoek wou uitstel en daardeur verkwiste koste veroorsaak nie,
het ek voorgestel
dat die aangeleentheid afstaan ten einde die
onderskeie regsverteenwoordigers die geleentheid te gee om met die
kantoor van die
Meester te skakel en vas te stel of dit moontlik sou
wees om die probleem te ondervang sonder om die aansoek uit te stel.
Na
beraadslaging met die kantoor van die Meester en ook terugvoering
wat daaromtrent aan my in die ope hof gegee is, is daar besluit
dat
die argumentering van die aansoek sou voortgaan, maar dat ʼn
afskrif van die aansoekstukke, tesame met afskrifte van
die
betoogshoofde, op die Meester beteken moes word, sodat die Meester
steeds ʼn verslag in die aangeleentheid kan uitbring.
Ek het dit
gevolglik aldus in ʼn hofbevel gelas en voorts aan beide partye
die geleentheid gegee om aanvullende betoogshoofde
te liasseer in
antwoord op die Meester se verslag voor of op Vrydag, 19 Februarie
2010. Sodanige verslag is inderdaad op 11 Februarie
2010 bekom,
waarvoor die Meester bedank word. Ek sal hierinlater met die inhoud
van die verslag handel. In antwoord op hierdie
verslag het mnr.
Claasen op 19 Februarie 2010 aanvullende betoogshoofde namens tweede
respondent geliasseer, terwyl ek op dieselfde
datum skriftelik deur
mnr. Visser in kennis gestel is dat hy nie voornemens is om verdere
(mnr. Visser het reeds die oggend van
die aanhoor van die aansoek op
4 Februarie 2010 aanvullende betoogshoofde geliasseer) aanvullende
betoogshoofde te liasseer voortspruitend
uit die Meester se verslag
nie.
Ek wens graag te vermeld
dat beide mnr. Visser en mnr. Claasen uiters volledige en
goed-nagevorste betoogshoofde hierin aan my
verskaf het. Ek het dit
baie behulpsaam gevind in my oorweging van die uitspraak en word
beide opreg bedank daarvoor. Hoewel
ek nie na al die gesag gaan
verwys waarmee in die betoogshoofde gehandel is nie, kan ek die
versekering gee dat dit steeds deur
my bestudeer is en in oorweging
geneem is in die proses om tot `n bevinding hierin te gekom het.
AGTERGRONDSFEITE
VAN DIE AANSOEK:
Eerste en tweede
applikante is die trustees van tyd tot tyd van die Remi’s
Eiendomme Trust, No. IT299/01 (hierinlater na
verwys as “die
Remi’s Eiendomme Trust”). Die Remi’s Eiendomme
Trust is die geregistreerde eienaar van
Gowanlea 36, Reyneckelaan,
Bloemfontein (hierinlater na verwys as “die eiendom”)
gehou kragtens Transportakte No.
ST7761/2006. Tweede respondent,
synde Die Standard Bank van Suid-Afrika Beperk, is die houer van die
eerste verband oor die eiendom
ten bedrae van R750 000.00. Die
Remi’s Eiendomme Trust het agterstallig geraak met die
verbandpaaiemente by tweede respondent
en het tweede respondent
dagvaarding teen applikante uitgereik onder saaknommer 3346/2009,
waartoe applikante verdediging aangeteken
het. In ʼn aansoek om
summiere vonnis wat gevolg het, is vonnis op 20 Augustus 2009 ten
gunste van tweede respondent teen
applikante verleen. Die hofleêr
onder voormelde saaknommer is, ooreenkomstig die bewering in die
funderende verklaring,
ook aan my beskikbaar gestel ten tyde van die
beregting van die onderhawige aansoek. Voortspruitend uit ʼn
lasbrief tot uitwinning
is op 31 Augustus 2009 op die eiendom beslag
gelê. Op 20 November 2009 is ʼn kennisgewing in die
Staatskoerant gepubliseer
dat die eiendom op ʼn eksekusieveiling
verkoop sal word op 9 Desember 2009. ʼn Soortgelyke kennisgewing
is op 25 November
2009 in ʼn plaaslike koerant gepubliseer. Op 9
Desember 2009 is die eiendom op voormelde veiling deur eerste
respondent,
synde die Balju, aan die Germar Trust verkoop. Die
koopsom het ʼn bedrag van R675 000.00 beloop. Vierde en vyfde
respondente
het al Germar Trust se verpligtinge in terme van die
koopkontrak nagekom en is die volle koopprys ook reeds deur vierde
en vyfde
respondente aan die Balju oorbetaal.
ʼn Kennisgewing van
die boedeloorgawe van die Remi’s Eiendomme Trust in terme van
Artikel 4(1) van die Insolvensiewet,
24 van 1936 (hierinlater na
verwys as “die Insolvensiewet”), is deur applikante op
15 Januarie 2010 in die Staatskoerant
en die Volksblad
onderskeidelik laat publiseer. Uit die gepubliseerde kennisgewings
blyk dit dat applikante voornemens is (was)
om op 11 Februarie 2010
by die Hof aansoek te doen vir die aanname van die boedeloorgawe van
die Remi’s Eiendomme Trust.
Op 18 Januarie 2010 het
applikante se prokureur van rekord ʼn skrywe gerig aan die
Balju, waarby ook afskrifte van die Artikel
4(1) gepubliseerde
kennisgewing aangeheg was. In terme van hierdie skrywe is die Balju
in kennis gestel dat die kennisgewing
van boedeloorgawe gepubliseer
was op 15 Januarie 2010. Die skrywe het ook bevestig dat die Balju
applikante se prokureur van
rekord meegedeel het dat die eiendom wat
op die eksekusieveiling verkoop is, nog nie oorgedra is aan die
Remi’s Eiendomme
Trust nie. Die Balju is gevolglik versoek om
alle stappe met betrekking tot die oordrag van die eiendom te staak
en insgelyks
versoek om die aangeleentheid onder tweede respondent
se prokureurs se aandag te bring. ʼn Afskrif van hierdie skrywe
is
aangeheg tot die funderende verklaring as aanhangsel “H”.
Nadat tweede respondent
se prokureurs aldus deur die Balju in kennis gestel was, het tweede
respondent se prokureurs reageer by
wyse van ʼn skrywe gedateer
25 Januarie 2010, gerig aan die Balju, waarin hul standpunt rondom
die regsposisie uiteengesit
is met die gevolgtrekking dat die
gepubliseerde kennisgewing van die boedeloorgawe net ʼn
verkoping stuit wat na die publikasie
sou plaasvind en nie die
oordrag stuit alwaar die verkoping voor die publikasie van die
kennisgewing plaasgevind het nie. Daar
is gevolglik namens tweede
respondent aangedui dat daar voortgegaan word met die registrasie
van oordrag van die eiendom op 26
Januarie 2010. ʼn Afskrif van
hierdie skrywe is aangeheg tot die funderende verklaring as
aanhangsel “I”.
Daarop is meerdere
korrespondensie verwissel tussen applikante se prokureur van rekord
en tweede respondent se prokureurs, die
wese waarvan tot dien
effekte was dat hulle oor en weer die regsposisie debatteer het, dat
namens applikante versoek is dat die
oordrag van die eiendom
oorgehou word hangende die finalisering van die aansoek om
boedeloorgawe en dat namens tweede respondent
aangedui is dat tweede
respondent nie bereid is om die oordrag aldus oor te hou nie.
Voormelde omstandighede
het gelei tot die uitreiking van die aansoek op ʼn dringende
basis op 26 Januarie 2010, om aangehoor
te word op 27 Januarie 2010.
DRINGENDHEID:
In die opponerende
verklaring is namens tweede respondent die kronologie van gebeure
uiteengesit, waaruit dit blyk dat tweede
respondent reeds op 29
Desember 2008 die tersaaklike kennisgewings ooreenkomstig die
Nasionale Kredietwet, No. 34 van 2005, per
geregistreerde pos aan
die Remi’s Eiendomme Trust trust laat toekom het en, aldus die
bewerings, het applikante dus reeds
sedert 29 Desember 2008 kennis
gedra van die litigasie wat gaan volg, maar is daar op daardie
stadium geen stappe geneem om ʼn
aansoek tot die boedeloorgawe
van die Remi’s Eiendomme Trust te loods nie. Selfs nadat die
dagvaarding op 7 Julie 2009
persoonlik op eerste applikant beteken
was, in welke dagvaarding daar spesifiek versoek is dat die betrokke
eiendom uitwinbaar
verklaar word, is daar steeds geen sodanige
stappe deur applikante geneem nie. Die kronologiese verloop van
gebeure is dan verder
uiteengesit en word daar dan in die
opponerende verklaring beweer dat geen feite of omstandighede in die
funderende stukke uiteengesit
is met betrekking tot welke
omstandighede sedertdien verander het wat applikante daartoe genoop
het om skielik in Januarie 2010
te besluit het om aansoek te doen om
die Remi’s Eiendomme Trust se boedeloorgawe nie. Gebaseer op
hierdie feite, is dit
beweer dat applikante besig is met ʼn
vertragingstaktiek en het mnr. Claasen ook betoog dat insoverre daar
enige dringendheid
in die aansoek is, applikante hul eie
dringendheid geskep het. Mnr. Claasen het derhalwe betoog en versoek
dat die aansoek bloot
al vir hierdie rede van die rol verwyder
behoort te word, met koste.
Wat betref applikante se
besluit om kennis te gee van die Remi’s Eiendomme Trust se
voorgenome boedeloorgawe, is dit inderdaad
so dat daar geen
veranderde omstandighede in hetsy die funderende verklaring of die
repliserende verklaring aangedui is as synde
ter verduideliking wat
applikante spesifiek op daardie stadium, synde Januarie 2010,
daartoe genoop het nie. In paragraaf 4.1
van die funderende
verklaring is bloot as volg beweer:

Aangesien
die Trust insolvent is en nie meer sy finansiële verpligtinge
kan nakom nie, het die Trust aan sy prokureur opdrag
gegee om aansoek
te doen vir die oorgawe van die Trust se boedel.”
In paragraaf 22 van die
repliserende verklaring kom die volgende bewering voor in antwoord op
tweede respondent se ontkenning van
die dringendheid van die
aangeleentheid:

Sedert 2008
het die Trust se finansiële posisie sodanig verander dat hy
genoodsaak is om aansoek te doen vir die oorgawe van
sy boedel.”
Ek wil onmiddellik
vermeld dat ek deeglik voor oë hou dat dit nie die
boedeloorgawe-aansoek is wat tans op `n dringende basis
voor my dien
nie. Die relevansie van die tydstip van die publikasie van die
kennisgewing van boedeloorgawe is egter uiteraard
daarin geleë
dat dít die stap is wat veroorsaak het dat applikante nou op
dringende basis die registrasie van die
oordrag van die eiendom wil
verhoed. Dáárom meen ek mnr. Claasen is korrek in sy
argument dat applikante onder
die omstandighede moes verduidelik het
wat die besluit om aansoek te doen vir die boedeloorgawe van Remi’s
Eiendomme Trust
op die tersaaklike tydstip in Januarie 2010,
genoodsaak het.
Gegewe voormelde
bewerings van applikante sonder enige stawende getuienis, kan
hierdie beslis nie geag word ʼn model-voorbeeld
te wees van die
wyse waarop ʼn behoorlike saak vir dringendheid uitgemaak moet
word nie. Dit word vererger deur die feit
dat, in die afwesigheid
van bewerings tot die teendeel, aanvaar moet word dat applikante
geweet het van die beslaglegging en
die voorgenome eksekusieveiling,
maar ten spyte daarvan gewag het tot na afhandeling van die
eksekusieveiling voordat besluit
is om aansoek te doen vir die
boedeloorgawe of voordat sodanige kennisgewing gepubliseer is.
Hoe dit ookal sy, dit is
geyk dat die vraagstuk met betrekking tot dringendheid en of
kondonasie verleen moet word, aldan nie,
in die voorsittende regter
se diskresie berus wat, hoewel hierdie diskresie judisieel
uitgeoefen moet word, ʼn wye diskresie
behels. In die
onderhawige geval meen ek dat hoewel daar beslis tekortkominge in
applikante se saak is wat dringendheid betref,
dit in belang van
regspleging en regsekerheid is dat die meriete van die aansoek bereg
moet word en aldus gefinaliseer moet word.
In besonder het nie net
tweede respondent sodanige belang in hierdie aansoek nie, maar
uiteraard sal my uitspraak ook ʼn
effek hê op soortgelyke
omstandighede in die toekoms waarby tweede respondent betrokke sal
wees, sowel as ander finansiële
instellings, wat ook blyk uit
die belangstelling wat deur ander bankgroepe in hierdie
aangeleentheid getoon is. Gevolglik is
ek onder die omstandighede
van mening dat ek my diskresie ten gunste van applikante behoort uit
te oefen.
Derhalwe is ek bereid om
kondonasie te verleen ooreenkomstig bede 1 van die kennisgewing van
mosie.
BOEDELOORGAWE DEUR
‘N TRUST:
ʼn Vraagstuk wat in
hierdie omstandighede opduik, is die vraag of ʼn trust inderdaad
ʼn boedeloorgawe kan doen, aldan
nie. Hierdie aspek is volledig
deur mnr. Claasen in sy betoogshoofde aangespreek, waarvoor hy
weereens bedank word. Dit so is
dat indien die regsposisie sou wees
dat ʼn trust glad nie kan aansoek doen om sy boedeloorgawe nie,
die basis van die onderhawige
aansoek sal wegval. Ek is egter,
vanweë die aard van die eintlike dispute in die onderhawige
aansoek, nie voornemens om
hierdie aansoek op daardie basis te bereg
nie; dit is iets wat na my mening waarskynlik meer gepas sal wees om
te oorweeg by
die aansoek om boedeloorgawe as sulks. Vir doeleindes
van die onderhawige aansoek is ek bereid om te aanvaar, sonder om
dit pertinent
te beslis, dat ʼn trust wel kan aansoek doen vir
boedeloorgawe. Sien
EX PARTE
MILTON N.O.
1959(3) SA 347 (SR) en
MAGNUM FINANCIAL HOLDINGS (PTY) LTD v
SUMMERLY
1984(1) SA 160 (W).
AARD VAN DIE
GEVORDERDE REGSHULP:
Die aard van die
regshulp wat deur applikante gevorder word, is in die vorm van ʼn
verbiedende interdik. Hoewel mnr. Claasen
ten tyde van die aanhoor
van die aansoek betoog het dat die interdik in hierdie bepaalde
omstandighede ʼn finale effek sal
hê, kan ek nie met
hierdie betoog saamstem nie. Die regshulp word slegs gevorder
hangende die finalisering van die aansoek
om boedeloorgawe. Sou die
boedeloorgawe argumentsonthalwe nie toegestaan word nie, sal die
interdik dus verval. Na my mening
aanvaar ek dus ten gunste van
applikante dat die aangeleentheid bereg moet word op die basis dat
die regshulp wat gevorder word,
ʼn tydelike interdik is.
Die geykte vereistes vir
ʼn tydelike interdik is die volgende:

(a)
A
prima
facie
right;
(b) A well-grounded apprehension of
irreparable harm if the interim relief is not granted and the
ultimate relief is eventually
granted;
(c) A balance of convenience in favour
of the granting of the interim relief; and
(d) The absence of any other
satisfactory remedy.”
Sien
ERASMUS SUPERIOR
COURT PRACTICE
, Van Loggerenberg en Farlam, op p. E8-9
Applikante se
voldoening, aldan nie, aan voormelde vereistes, moet gevolglik
oorweeg word.
PRIMA FACIE
REG:
Wat sodanige
prima
facie
reg behels, word as volg omskryf in
LAWSA
, W.A.
Joubert
et al
, vol. 11, tweede uitgawe, par. 404, op p. 420:

The first
requisite for an interim interdict is a
prima
facie
right, namely
prima
facie
proof of facts that established the existence of a right in terms of
substantive
law
.”
(Eie beklemtoning)
Die graad van bewys wat
geverg word, is as volg geformuleer in
LAWSA
,
supra
:

The right
can be
prima
facie
established even if it is open to some doubt. Mere acceptance of the
applicant’s allegations is insufficient but a weighing
up of
the probabilities of conflicting versions is not required. The proper
approach is to consider the facts as set out by the
applicant
together with any facts set out by the respondent which the applicant
cannot dispute, and to decide whether, with regard
to the inherent
probabilities and the ultimate onus, the applicant should on those
facts obtain final relief at the trial. The
facts set up in
contradiction by the respondent should then be considered, and if
they throw serious doubt on the applicant’s
case the latter
cannot succeed.”
Alvorens laasgenoemde
toets enigsins toegepas word, meen ek dit is in die onderhawige
geval doelmatig om eers net te let op die
bewerings deur applikante
gemaak ter ondersteuning van die Remi’s Eiendomme Trust se
beweerde
prima facie
reg. Die bewerings waarop applikante
blyk te steun in die funderende verklaring, is die vervat in
paragraaf 8 daarvan, wat as
volg lees:

8.1 Die
Trust se standpunt is dat Artikel 5(1) van die Insolvensiewet slegs
die verkoop van die eiendom belet en geensins handel
met transport
daarvan nie.
8.2 Transport (lewering) het nog nie
in hierdie geval plaasgevind nie en vestig die eiendom nog steeds in
die hande van die Trust.
8.3 Die Trust is van voorneme om
aansoek te doen om boedeloorgawe op 11 Februarie 2010 en is dit in
belang van die liggaam van skuldeisers
dat die eiendom nie nou
getransporteer word nie maar dat dit in die hande van die kurator
gelaat word om te besluit of hy die geregtelike
verkoping wil
eerbiedig alternatiewelik die eiendom in die oop mark vir ʼn
moontlike beter prys wil bemark.”
Dit blyk dus dat
applikante poog om op verskillende basisse te steun vir doeleiendes
van die
prima facie
reg, welke ek nou afsonderlik mee sal
handel en nie noodwendig in dieselfde volgorde as wat dit in die
funderende verklaring uiteengesit
is nie.
A: Die trust is nog
eienaar van die eiendom:
In die aanvullende
betoogshoofde namens applikante, paragraaf 5 daarvan, is die
volgende submissie gemaak:

Applikante
beskik oor ʼn
prima
facie
reg waar hul steeds eienaar is van die onroerende eiendom welke nog
nie getransporteer is nie.”
Dit is korrek dat die
regsposisie tot dien effekte is dat die Remi’s Eiendomme Trust
in omstandighede waar die onroerende
eiendom ten tyde van die
eksekusieveiling verkoop is, maar nog nie getransporteer is nie,
steeds die eienaar van die onroerende
eiendom is. Sien
SIMPSON v
KLEIN N.O. AND OTHERS
1987(1) SA 405 (W) op 411B - 412C. Die feit
dat die Remi’s Eiendomme Trust nog eienaar is, stel egter na my
mening nie
per se
`n
prima facie
reg daar soos bedoel
vir doeleindes van die verkryging van ʼn tussentydse interdik
nie.
Die blote feit dat die
dominium van die onroerende eiendom tans nog in die Remi’s
Eiendomme Trust setel, het nie tot gevolg
dat die applikante enige
“seggenskap” oor die eiendom het met betrekking tot die
verkoping daarvan op die eksekusieveiling
nie; in besonder blyk dit
duidelik uit ʼn nalees van Reël 46 van die
Hooggeregshofreëls dat die Remi’s Eiendomme
Trust as
debiteur geen inset kan lewer daartoe nie, in besonder nie wat
betref die prys daarvan nie. Verdermeer blyk dit duidelik
uit die
bepalings van Reël 46(13) dat die Balju verplig is om oordrag
van die eiendom aan die koper te gee teen betaling
van die koopprys
en die nakoming van die verkoopsvoorwaardes. Hierdie verpligting van
die Balju bestaan dus nieteenstaande die
feit dat voorafgaande
sodanige oordrag, die dominium van die eiendom nog in die eienaar
daarvan, in die geval die Remi’s
Eiendomme Trust, setel. In
LAWSA
, W.A. Joubert
et al
, vol. 27, eerste
her-uitgawe, par. 404, op p. 344 word die verhouding tussen `n
eksekusie debiteur, eksekusie krediteur en die
Balju as volg
omskryf:

Attachment
of the property of a debtor by court order is, on the other hand,
construed as a judicial pledge. With the attachment
of the property
the control of it is transferred to the messenger of the court who
has to conduct a sale in execution. After the
property is sold
ownership in it passes by operation of law to the purchaser. The
previous owner (the debtor) has no recourse against
the purchaser but
in appropriate circumstances he can proceed against either his
creditor or the messenger.”
`n Geval waar die
debiteur wel `n reg gehad het om sodanige oordrag van eiendom
voortspruitend uit `n eksekusieveiling te verhoed
en waarna mnr.
Visser my verwys het, het voorgekom in
MESSENGER
OF THE MAGISTRATE`S COURT, DURBAN V PILLAY
1952
(3) SA 678
(A). In daardie geval het die advertensie ten opsigte van
die eksekusieveiling nie aan die vereistes van Landdroshofreël
40(6)
voldoen nie en was dit erken dat die advertensie ongeldig is.
Die hof het as volg op 684 A – B beslis:

If thus
unlawfully exposed to loss it seems doubtless to me that he can take
proceedings to restrain the messenger from selling
his property.
Where the sale has been held and transfer has not yet been passed I
can see no reason why he should be content to
recover from the
messenger that elusive surrogate, damages, which in such
circumstances it is extremely difficult to prove and
assess, rather
than with the rescission of that which has been done unlawfully.”
Bogemelde geval is egter
na my mening onderskeibaar van die onderhawige, deurdat die debiteur
in daardie geval nie sy reg tot tersydestelling
verkry het
voortspruitend uit sy eiendomsreg as sulks nie, maar voortspruitend
uit die feit dat die verkoping vanweë die ongeldige
advertensie
“unlawful” was en dít aan die debiteur sy reg tot
tersydestelling verleen het.
Gevolglik en na my
mening verleen die Remi’s Eiendomme Trust se huidige
eienaarskap van die eiendom
per se
geen reg, en dus ook nie ʼn
prima facie
reg, aan applikante om die oordrag in die
onderhawige geval te verhoed nie.
B: Die belang van
die Remi’s Eiendomme Trust:
[29] In aansluiting by
applikante se bewering dat die Remi’s Eiendomme Trust steeds
die eienaar van die eiendom is, blyk dit
uit die verdere bewerings
gemaak in die funderende verklaring (paragraaf 10.3), sonder dat ek
op hierdie stadium in detail daarmee
handel, dat applikante beweer
dat indien die oordrag van transport geregistreer word, die Remi’s
Eiendomme Trust (asook die
“algemene liggaam van skuldeisers”)
ernstig benadeel sal word. Dit is geskoei op die bewering dat dit
“algemeen
bekend” is dat die opbrengs op
eksekusieveilings aansienlik laer is as die pryse wat op behoorlik
geadverteerde verkopings
in die opemark behaal word. In die
repliserende verklaring, paragraaf 16.1, word weer die teendeel
beweer, deurdat dit beweer word,
na my mening heeltemal tereg, dat
die Remi’s Eiendomme Trust geen voordeel sal put uit die
moontlike hoër prys wat vir
die eiendom behaal sal word indien
dit deur ʼn kurator op ʼn goed-geadverteerde verkoping in die
opemark verkoop sou word
nie. (Daar word egter dan herhaal dat die
liggaam van skuldeisers wel daardeur bevoordeel sal word, `n aspek
wat ek hieronder mee
sal handel.)
Waar die bewering reeds
in paragraaf 4.1 van die funderende verklaring gemaak is dat die
Remi’s Eiendomme Trust insolvent
is en nie meer sy finansiële
verpligtinge kan nakom nie, is daar na my mening geen regsbasis
waarop die trust as sulks geag
kan word ʼn belang daarby te hê
dat die eiendom moontlik teen ʼn hoër prys verkoop kan word
nie. Dit is ook
die standpunt wat deur my kollega Wright, R,
gehuldig is in die ongerapporteerde beslissing waarna mnr. Visser my
verwys het,
synde
SCHEEPERS v BOSCH
, saaknommer 7418/2008,
gelewer op 14 Mei 2009. In daardie geval het die applikant aansoek
gedoen om sy boedeloorgawe, welke bestry
is deur die respondent wie
een van applikant se twee eiendomme op ʼn eksekusie veiling
aangekoop het, ten opsigte van welke
eiendom sy nog nie oordrag
gekry het op die stadium wat die aansoek om boedeloorgawe geloods is
nie. (Let vir ander doeleindes
op die onderskeid tussen die feite,
deurdat in die onderhawige geval die aansoek as sulks nog nie
geloods is nie.) In daardie
uitspraak was daar dan ook sprake van
die argument dat die bedrag waarvoor die eiendom op die eksekusie
veiling verkoop is, aansienlik
minder was as die markwaarde daarvan
en indien dit op ʼn latere stadium in die opemark herverkoop sou
word, dit waarskynlik
ʼn aansienlik hoër verkoopprys sou
behaal. In paragraaf 21 van die uitspraak is as volg beslis:

Die
respondente se beskuldiging dat die applikant die boedeloorgawe slegs
rig om die verkoping te keer, het geen meriete nie. Hy
sal self geen
voordeel daaruit benut as die eiendom deur die kurator vir meer as
die betrokke bedrag verkoop word nie.”
Die Remi’s
Eiendomme Trust as sulks kan na my mening derhalwe geen belang in
hierdie aansoek hê nie en dus uiteraard
ook geen
prima
facie
reg, gebaseer op “substantive law”, wat
beskerming regverdig of noodsaak, hê nie.
C: Die belang van
die skuldeisers:
[32] Soos reeds vroeër
vermeld, blyk dit uit die verdere bewerings gemaak in die funderende
verklaring, sonder dat ek nou in
detail daarmee handel, dat
applikante beweer dat indien die oordrag van transport nou
geregistreer sou word, die “algemene
liggaam van skuldeisers”
ernstig benadeel sal word. Dit is ook op die bewering gebaseer dat
dit algemeen bekend is dat die
opbrengs op eksekusieveilings laer is
as die pryse wat op behoorlik geadverteerde verkopings in die opemark
behaal word. Wat betref
die saak wat applikante poog uit te maak met
betrekking tot die Remi’s Eiendomme Trust se belang in die
verband, is daar
in die repliserende verklaring, paragraaf 15.4,
beweer dat applikante as trustees in ʼn fidusiêre
verhouding teenoor
die Remi’s Eiendomme Trust staan en dat
applikante derhalwe ook ʼn verpligting teenoor die krediteure van
die Remi’s
Eiendomme Trust het. Argumente is ook deur mnr.
Visser gevoer, in besonder ooreenkomstig paragrawe 12 tot 24 van sy
aanvullende
hoofde, ter ondersteuning van hierdie bewering.
[33] Voormelde gaan
egter, met respek, na my mening geensins op nie. Die feit is dat die
Remi’s Eiendomme Trust ʼn skuldenaar
is wat deur middel van
applikante wens aansoek te doen om sy boedeloorgawe. Indien die
skuldenaar ʼn natuurlike persoon sou
wees, sou sodanige
natuurlike persoon geen verpligting jeens die belang van sy
skuldeisers gehad het in ʼn voorgenome boedeloorgawe
nie. Die
feit dat die skuldenaar in hierdie geval ʼn trust is, verander na
my mening geensins die posisie nie. Die applikante
voor die Hof is
bloot sodanig gesiteer as trustees omdat dit die regstegniese
korrekte wyse is waarop ʼn trust siteer moet
word. Dit het nie
tot gevolg dat applikante, net omdat die skuldenaar in hierdie geval
ʼn trust is, een of ander verpligting
teenoor die skuldeisers of
hul belang het nie.
Mnr. Visser het aan die
hand gedoen dat die belange van die liggaam van skuldeisers te alle
tye gedurende die sekwestrasie proses
in ag geneem word. Vir hierdie
submissie het hy onder andere gesteun op
JHATAM v JHATAM
1958(4) SA 36 (N) op 38 A en
UYS AND ANOTHER v DU PLESSIS
2001(3) SA 250 (C) op 254 B. By nalees van hierdie uitsprake, blyk
dit dat in beide gevalle dit krediteure was wat deur hul toetrede,

of andersins, hul belang as krediteur wou beskerm. In daardie
gevalle het die Hof die belange van die liggaam van skuldeisers
in
ag geneem. Daar was egter nie sprake, soos in die onderhawige geval,
van ʼn debiteur wat poog of beweer om te poog om
die belange van
die liggaam van skuldeisers te beskerm nie. Ook van die ander
regspraak waarna ek ten tyde van betoë verwys
is, hetsy namens
applikante of namens tweede respondent, wat gehandel het met die
vraag of eksekusieveilings moes voortgaan,
aldan nie, en/of oordrag
voortspruitend uit eksekusie veilings moes voortgaan, aldan nie, ten
spyte van voorgenome boedeloorgawe
aansoeke, blyk dit telkens ook
gevalle te gewees het waar die Hof die belange van die liggaam van
krediteure in ag geneem het,
omdat dit telkens ʼn krediteur was
wat die tersaaklike aansoek geloods het. Sien, onder andere,
MASTER
OF THE SUPREME COURT v NEVSKY
1907 TS 268
;
EX PARTE
PRETORIA HYPOTHEEK MAATSCHAPPY
1933 OPD 137
en
COETZEE v
AUCAMP
1921 EDL 262.
Hoewel dit onteenseglik
so is dat applikante in die aansoek om boedeloorgawe as sulks `n
saak sal moet uitmaak dat die voorgenome
boedeloorgawe in belang van
die skuldeisers sal wees as synde een van die vereistes daargestel
deur artikel 6 van die Insolvensiewet,
het applikante in die huidige
aansoek en onder die huidige omstandighede na my mening, soos ook
tereg deur mnr. Claasen betoog,
geen
locus standi
om die
belange van skuldeisers te poog “beskerm” nie. Daar is
geen
nexus
tussen applikante/die Remi’s Eiendomme Trust
en die moontlike belange van die liggaam van skuldeisers nie.
Gevolglik het applikante
ook nie op hierdie basis enige
prima facie
reg gebaseer op
“substantive law” en wat dus beskermingswaardig is, nie.
Selfs indien ek verkeerd
sou wees met laasgenoemde bevinding en ek dit dus moet ag dat
applikante/die Remi’s Eiendomme Trust
wel ʼn verpligting
jeens die belang van die skuldeisers het, moet die vraag oorweeg
word of applikante ʼn behoorlike
saak uitgemaak het ten opsigte
van die bewering dat dit in die beste belang van die liggaam van
skuldeisers is en sal wees dat
die eiendom nie nou getransporteer
word nie, maar eerder (moontlik) op ʼn latere stadium by wyse
van `n “ behoorlik
geadverteerde” verkoping in die
opemark verkoop word teen ʼn (moontlike) beter prys.
Uit die totaliteit van
die stukke voor my, wat insluit die pleitstukke onder saaknommer
3346/2009, synde die saak waarin tweede
respondent vonnis teen die
Remi’s Eiendomme Trust verkry het, blyk dit dat tweede
respondent ʼn versekerde skuldeiser
is vanweë ʼn
verband geregistreer ten gunste van tweede respondent oor die
eiendom ten bedrae van R750 000.00, tesame
met addisionele
sekuriteit vir kostes in die bykomende bedrag van R187 500.00. Op
die stadium wat summiere vonnis op 20 Augustus
2010 toegestaan is,
het die Remi’s Eiendomme Trust se verskuldigheid reeds die
bedrag van R802 050.11 beloop, en is die
vonnis tesame met rente en
koste toegestaan. Dit blyk ook sodanig uit die kennisgewing van
beslaglegging aangeheg as aanhangsel
“DAH3” tot die
opponerende verklaring. Op datum van aanhoor van die aansoek, het
die verskuldigde bedrag reeds die
bedrag van R865 977.64 beloop,
tesame met rente daarop teen 10,5% per jaar bereken vanaf 4
Februarie 2010 tot datum van betaling.
Wanneer voormelde syfers in
ag geneem word in vergelyking met die geswore waardasie wat op ʼn
laat stadium deur die trust
deel gemaak is van die stukke, maar
welke ek bereid is om te aanvaar onder die omstandighede, dan blyk
dit dat die markwaarde
in terme daarvan, synde R830 000.00, steeds
te min is of sal wees om die volledige versekerde vordering van
tweede respondent
te vervul.
Gevolglik blyk dit dat
indien die boedeloorgawe suksesvol sou wees en dit vir die oomblik
aanvaar sou word dat die regsposisie
sodanig is dat die kurator die
keuse sal hê om die eiendom op ʼn nuwe veiling te verkoop
of in die opemark te bemark
en te verkoop, en die verhoogde prys
ooreenkomstig die geskatte markwaarde daarvan behaal sou word, dit
geensins enige voordeel
vir die liggaam van skuldeisers sal inhou
nie. Tweede respondent, as versekerde skuldeiser, sal in ieder geval
op die totaliteit
van daardie opbrengs geregtig wees. Soortgelyke
tipe omstandighede het in
MASTER OF THE SUPEME COURT v NEVSKY
,
supra
, daartoe gelei dat die Hof in daardie geval gelas het
dat die tersaaklike verkoping moes voortgaan.
Wat die sogenaamde
“liggaam van skuldeisers” betref waarna applikante
telkens in die aansoekstukke verwys, blyk dit
duidelik uit veral die
repliserende verklaring dat daar slegs drie ander skuldeisers is, al
drie waarvan ook versekerde skuldeisers
ten opsigte van drie
verskillende eiendomme is. Hier is dus nie eers sprake van
konkurrente skuldeisers wie se enigste hoop op
enige voordeel uit
die boedel sou wees indien daar enige surplus sou ontstaan uit die
verkoping van die bates ten opsigte waarvan
daar versekerde
skuldeisers bestaan nie.
Gevolglik het die trust
na my mening geen saak uitgemaak dat die gevorderde regshulp in
belang van die skuldeisers of die “liggaam
van skuldeisers”
sal wees nie en derhalwe ook geen
prima facie
reg in die
verband uitgemaak nie.
D:Bevoegdheid van
kurator om keuse uit te oefen:
Dit blyk duidelik uit
die stukke en veral die omvangryke betoogshoofde, met volledige
verwysing na gesag, dat daar ʼn wesenlike
dispuut tussen die
partye bestaan met betrekking tot die vraag of die kurator ʼn
keuse gaan hê om te besluit of hy
die huidige koopkontrak in
stand wil hou, aldan nie. Volgens applikante sal die kurator wel
sodanige keuse hê, terwyl dit
tweede respondent se saak is dat
alwaar die verkoping nie deur die insolvent self plaasgevind het
nie, maar wel deur die Balju
op ʼn eksekusieveiling, die kurator
nie sodanige keuse sal hê nie. Gegewe egter my bogemelde
bevinding dat applikante
nie ʼn behoorlike saak uitgemaak het
met betrekking tot enige voordeel wat die skuldeisers sal geniet
indien die eiendom
herverkoop sou word nie, meen ek dat dit tot
gevolg het dat dit onnodig is vir my om hierdie aspek te beslis,
omdat die vraagstuk
voorspruitend uit my voormelde bevindings, nou
bloot akademies geword het.
E: Interpretasie
van Artikel 5(1) van die wet:
Soos reeds vroeër
hierin vermeld, is die bewering in paragraaf 8.1 van die funderende
verklaring gemaak dat dit applikante
se standpunt is dat Artikel
5(1) van die Insolvensiewet slegs die verkoop van die eiendom belet
en geensins handel met oordrag
daarvan nie. Hierdie punt het sodanig
uitgekristaliseer ten tyde van die aanhoor van die aansoek, dat dit
duidelik geword het
dat dit applikante se houding en standpunt is
dat die artikel sodanig geïnterpreteer moet word dat dit tot
gevolg het dat
die publikasie van `n kennisgewing van boedeloorgawe
nie net die verkoping in eksekusie as sulks stuit nie, maar ook
oordrag
belet in ʼn geval soos die onderhawige, synde waar die
eksekusieverkoping voor datum van die publikasie plaasgevind het,

maar oordrag van die eiendom nog nie plaasgevind het nie.
Hierteenoor is dit tweede
respondent se houding, soos ook volledig deur mnr. Claasen
aangespreek ten tyde van die aanhoor van die
aansoek, asook in sy
aanvullende betoogshoofde, dat die artikel sodanig geïnterpreteer
moet word dat die publikasie slegs
die verkoping as sulks stuit en
nie enige oordrag wat nog voortspruitend uit ʼn verkoping moet
plaasvind nie.
[44] Die Engelse weergawe
van Artikel 5(1) lees as volg:

After the
publication of a notice of surrender in the Gazette in terms of
section four, it shall not be lawful to sell any property
of the
estate in question, which has been attached under writ of execution
or other process, unless the person charged with the
execution or the
writ or other process could not have known of the publication:
Provided that the Master, if in his opinion the
value of any such
property does not exceed R5 000.00, or the Court, if it exceeds that
amount, may order the sale of the property
attached and direct how
the proceeds of the sale shall be applied.”
Mnr. Claasen het in sy
aanvullende betoogshoofde my aandag daarop gevestig dat die
Afrikaanse teks van die Insolvensiewet geteken
is. Dit lui soos volg:

5.
Staking
van eksekutoriale verkoping van goed van boedel na publikasie van
kennisgewing van boedeloorgawe. Aanstelling van curator
bonis.
(1) Na die publikasie in die
Staatskoerant, ingevolge artikel vier, van ‘n kennisgewing van
boedeloorgawe, mag geen goed van
die betrokke boedel wat in beslag
geneem is kragtens ‘n lasbrief van eksekusie of ‘n ander
prosesstuk, verkoop word
nie, tensy die persoon belas met die
tenuitvoerlegging van die lasbrief of ander prosesstuk nie van die
publikasie kon geweet het
nie: Met dien verstande dat die Meester, as
die waarde van sodanige goed na sy mening nie meer as R 5000.00 bedra
nie, of die Hof,
as die waarde meer bedra, die verkoop van die in
beslag genome goed kan gelas en kan beveel hoe die opbrengs van die
verkoping
bestee moet word.”
[45] Aldus mnr. Visser se
betoog is die doel van die publikasie in terme van Artikel 4(1) van
die Insolvensiewet om binne ʼn
gegewe tydsraamwerk op ʼn
ordelike wyse aan krediteure kennis te gee van ʼn skuldenaar se
voorneme om aansoek te doen vir
die oorgawe van sy boedel. Die doel
van artikel 4(1), wanneer dit saamgelees word met artikel 5(1), is
sodat daar nie te lank op
krediteure se regte inbreuk gemaak word
nie, aangesien artikel 5(1) die effek het dat, soos in
EX PARTE
OOSTHUYSEN
1995(2) SA 694 (T) op 698 B – C deur `n Volbank
beslis:

By the
petitioner’s act alone in publishing the notice of surrender,
creditors are deprived of the right to execute against
the debtor’s
property.”
Daarom,
aldus mnr. Visser se betoog, met verwysing na die uitspraak in
EX
PARTE
VAN
ROOYEN
1975(2) SA
364 (O)
“... debtors should not be able to give
long notice, ...and in that way keep creditors from
levying
execution
and in the meantime dissipate all the assets”
.
(Mnr. Visser se beklemtoning.)
Hy
het ook verwys na die volgende aanhaling uit
KRITZINGER
v MORELETTA MOTORHAWE PROJEK
1994(2)
SA 717 (T) op 718 J:

The
publication of the notice in the Government Gazette
suspends
sales in execution …” (Mnr. Visser se beklemtoning.)
Voortspruitend uit
voormelde regspraak wat betref die effek van publikasie, het mnr.
Visser met verwysing na
SIMPSON v KLEIN N.O AND OTHERS
,
supra
,
op 411 I tot 412 A aan die hand gedoen dat aangesien “eksekusie”
ʼn proses is met meerdere fasette en opeenvolgende
prosesse, die
hele proses waarvan beskryf word as “eksekusie”,
publikasie alle sodanige stappe stuit of opskort. Hy
het ook verwys
na die bedoeling van Artikel 5(1) soos uiteengesit in
INSOLVENCY
LAW
, P.M. Meskin, par. 3.7, op p. 3-14(1) waar dit as volg lees:
“…
(it)
is to conserve the property for the benefit of all the debtor’s
creditors pending the determination by the Court of the
application
for surrender.”
Met voormelde faktore
inaggenome, veral dan ook die verskillende handelinge wat onder die
proses van “eksekusie” val,
het mnr. Visser betoog dat
dit duidelik die bedoeling van Artikel 5(1) is dat oordrag
voortspruitend uit die verkoop van die eiendom
op die
eksekusieveiling deur die publikasie van die voorgenome boedeloorgawe
opgeskort word.
Mnr. Claasen het
daarenteen aan die hand gedoen dat die bewoording van Artikel 5(1)
van die Insolvensiewet duidelik en ondubbelsinnig
is. Dit handel met
ʼn eksekusie verkoping en wanneer sodanige verkoping geldig is
of nie geldig is nie. Hy het betoog dat
indien sodanige verkoping
van eiendom by ʼn eksekusieveiling plaasgevind het voor
publikasie in die Staatskoerant, is die
verkoping geldig (en moet
oordrag plaasvind) en indien dit plaasgevind het na die publikasie,
is die verkoping ongeldig. Ter
ondersteuning van voormelde, het hy
ook ander argumente aangevoer, waarna ek hieronder sal verwys.
Na my mening is die
beginpunt die nodigheid om artikel 5(1) as sulks uit te lê en
te interpreteer. Die primêre reël
van interpretasie ten
opsigte van wetgewing is in
POSWA v MEMBER OF THE EXECUTIVE
COUNCIL FOR ECONOMIC AFFAIRS, ENVIRONMENT AND TOURISM, EASTERN CAPE
2001(3) SA 582 (SCA), par. 10 daarvan, as volg gestel deur die
dictum
uit
BHYAT v COMMISSIONER FOR IMMIGRATION
1932
AD 125
op 129 met goedkeuring aan te haal:

The cardinal
rule of construction of a statute is to endeavour to arrive at the
intention of the lawgiver from the language employed
in the enactment
…in construing a provision of an Act of Parliament the plain
meaning of its language must be adopted unless
it leads to some
absurdity, inconsistency, hardship or anomaly which from a
consideration of the enactment as a whole a court of
law is satisfied
the Legislature could not have intended.”
In die uitvoering van
voormelde primêre reël van interpretasie, moet ook in
gedagte gehou word dat woorde in konteks
geïnterpreteer moet
word, wat insluit die konteks van die res van die bepaalde wetgewing.
Sien
JAGA v DÖNGES
;
BHANA v DÖNGES N.O AND
ANOTHER
1950(4) SA 653 (A) op 662D – 667H.
Die volgende beginsels by
wetsuitleg is na my mening ook in die onderhawige geval van
toepassing:

(i)
Other
provisions of the legislative instrument as a whole
.
An implication may follow from the other provisions of an enactment
provided that the implication is a necessary one.
(ii)
Ex contrariiss
. Where a
provision expressly caters for certain circumstances, it is inferred
that for opposite circumstances the contrary holds.
The same
reasoning, in a more restricted sense, is also expressed as
expressio
unius est exclusio alterius
…”
Sien
RE-INTERPRETATION
OF STATUTES
, Lourens Du Plessis, 2004, op p. 238
Laastens moet ook
ingedagte gehou word dat by die interpretasie van wetgewing, een van
die vermoedens wat geld die vermoede is dat
tensy die teendeel blyk,
dit vermoed word dat dieselfde woorde en uitdrukkings in dieselfde
wet ʼn gelyke betekenis dra. Sien
DIE UITLEG VAN WETTE
,
L.C. Steyn, 5de uitgawe, op p. 126
Soos deur mnr. Claasen
uitgewys in sy betoog, blyk dit dat wanneer die bewoording van
Artikel 5(1) vergelyk word met van die bewoording
wat elders in die
Insolvensiewet gebruik word, die wetgewer deurentyd ʼn
onderskeid verstaan en tref tussen die prosesse
van beslaglegging,
die sluit van ʼn koopkontrak (hetsy om te koop of te verkoop) en
oordrag onderskeidelik. So word daar
in Artikel 5(1) alreeds ʼn
onderskeid getref tussen “sell” (“verkoop”)
en “attached”
(“in beslag geneem”). In
Artikel 20(1)(c) word die woord “execution”
(“tenuitvoerlegging van ʼn
vonnis”) gebruik. In
Artikel 34(1), gelees met Artikel 34(3), word duidelik verwys na
“transfers” (“oordra”)
en “before such
transfer” (“voor daardie oordrag”). Ook in Artikel
35 word ʼn duidelike onderskeid
getref tussen die sluiting van
“a contract for the acquisition of immovable property”
(“kontrak tot verkryging
van onroerende goed”) en waar
die goed nog nie “transferred” (“getransporteer”)
is nie. In Artikel
36 word insgelyks ʼn onderskeid getref tussen
ʼn “contract of purchase” (“koopkontrak”)
en die
“delivery” (“lewering”) van die goed
voortspruitend uit die kontrak.
Wanneer voormelde
onderskeid wat die wetgewer telkens tref in ag geneem word, meen ek
dat indien die wetgewer bedoel het om die
oordrag van eiendom wat
reeds verkoop was voor die publikasie van die boedeloorgawe
kennisgewing, ook onder hierdie verbod in
te sluit, die wetgewer
spesifiek na sodanige “oordrag” of “transfer”
of “transport” afsonderlik
sou verwys het, veral
inaggenome dat die wetgewer alreeds in artikel 5(1) self ʼn
onderskeid getref het tussen beslaglegging
en verkoping. As dit die
wetgewer se bedoeling was, kon die wetgewer dus op soortgelyke wyse
as wat gestipuleer is dat goed wat
reeds in beslag geneem is, nie
verkoop mag word nie, gestipuleer het dat goed wat reeds verkoop is,
maar nog nie oorgedra is
nie, nie oorgedra mag word na sodanige
publikasie nie.
Hoewel mnr. Visser tereg
verwys het na “eksekusie” as synde ʼn proses wat uit
meerdere en opeenvolgende prosesse
bestaan, meen ek dat gegewe die
wetgewer se gebruik van die woord “execution” of dan
“tenuitvoerlegging van
ʼn vonnis” in Artikel 20 van
die Insolvensiewet, die wetgewer daardie woord in die plek van die
woord “verkoop”
sou gebruik het in Artikel 5(1) indien
dit die bedoeling was om al hierdie opeenvolgende prosesse by die
verbod in te sluit.
Soos tereg deur mnr. Claasen uitgewys, is
Artikel 70 van die Wet op Landdroshowe, 32 van 1944, vanweë
soortgelyke oorwegings
op ʼn soortgelyke wyse uitgelê in
MODELAY v ZEEMAN AND OTHERS
1968(4) SA 639 (A). Ek neem wel
mnr. Visser se submissie in ag dat daar in die onderhawige geval nie
sprake is van Artikel 70
nie, maar slegs van Hooggeregshofreël
46, welke twee bepalings van mekaar verskil. Derhalwe moet dit
duidelik gestel word
dat ek voormelde interpretasie van Artikel 70
nie in ag neem omdat ek enigsins meen of onder die indruk verkeer
dat Artikel 70
in die onderhawige geval van toepassing is nie. Ek
verwys slegs na voormelde gesag vanweë die feit dat ek meen die
beginsels
van interpretasie wat daarin toegepas is
mutatis
mutandis
van toepassing is in die onderhawige geval.
Wat betref die uitspraak
in
EX PARTE
OOSTHUYSEN
,
supra,
waarop mnr. Visser steun, spesifiek
die aanhaling op 698 C waar die Hof vermeld dat sodra ʼn
kennisgewing van voorgenome boedeloorgawe
gepubliseer is, “
creditors
are deprived of their right to execute against the debtor’s
property”
meen ek dat dit nie as gesag kan dien
vir applikante se standpunt nie. In daardie geval het die Hof
hierdie woorde gebruik sonder
om enigsins die woord “sale”
in Artikel 5(1) te interpreteer. Waar die Hof dus onder daardie
omstandighede die woord
“execute” gebruik het, kan dit
nie as gesag dien dat dit ook is wat die wetgewer daarmee bedoel het
nie. Die woord
“execute” is immers nie deur die wetgewer
in Artikel 5(1) gebruik nie.
Verdermeer dui die
woorde “to sell” (“verkoop word”) na my
mening op handelinge wat slaan op die toekomstige
tyd, met ander
woorde, wat verbied word is dat goed nie in die toekoms verkoop mag
word na ʼn kennisgewing van boedeloorgawe
nie. Die
verbuigingsvorme van die woorde slaan nie op die verlede tyd, met
ander woorde op goedere wat reeds verkoop was of is
teen die tyd wat
die kennisgewing gepubliseer is, nie. Dit is verder bevestigend
daarvan dat dit nie die bedoeling van die wetgewer
was dat die
verbod ook slaan op goedere wat reeds verkoop is (maar waarvan
oordrag nog nie plaasgevind het) op die stadium wat
die publikasie
in die Staatskoerant plaasvind nie.
ʼn Verdere passasie
waarop mnr. Claasen gesteun het ter ondersteuning van sy betoog, is
die passasie waarna tweede respondent
se prokureurs reeds in die
tersaaklike korrespondensie voorafgaande die onderhawige aansoek
verwys het en wat voorkom in
MARS THE LAW OF INSOLVENCY IN SOUTH
AFRICA
, E. Bertelsmann
et al
, 9de uitgawe, op p. 55, waar
dit as volg lees:

In one case
the court, seemingly unnecessarily, gave an order confirming a sale
which had in fact taken place prior to publication
by the debtor of
notice of intention to surrender.”
Voormelde aanhaling is
met verwysing na die uitspraak in
COETZEE v AUCAMP
, supra,
waar die verkoping plaasgevind het voor die publikasie van die
kennisgewing van boedeloorgawe, maar oordrag ook nog nie ten tyde
van
die publikasie plaasgevind het nie. In daardie geval het die Hof die
verkoping bekragtig
en
gelas dat oordrag plaasvind teen
nakoming van die verkoopsvoorwaardes.
Waar dit, aldus voormelde
geleerde skrywer “seemingly unnecessarily” was, bevestig
dit dus ook die siening dat indien
die verkoping voor die publikasie
van die kennisgewing van boedeloorgawe plaasgevind het, oordrag
steeds kan geskied, selfs indien
sodanige kennisgewing intussen
gepubliseer sou word.
[54] Voormelde uitspraak
is na my mening ook aanduidend en bevestigend daarvan dat die tweede
gedeelte van Artikel 5(1) ook as stawing
van tweede respondent se
siening van die uitleg van hierdie artikel dien. In die tweede
gedeelte van Artikel 5(1) word die Hof
nie net gemagtig om ʼn
verkoping na die publikasie van die kennisgewing van boedeloorgawe te
magtig nie, maar bepaal ook dat
die Hof kan gelas hoe die opbrengs
van die verkoping aangewend moet word. Daar kan uiteraard nie ʼn
opbrengs wees indien daar
nie lewering of oordrag van die goed
(afhangend of dit roerend of onroerend is) plaasgevind het nie. Dit
moet dus inbegrepe wees
in die tweede helfte van Artikel 5(1) dat in
sodanige geval, sodra die Hof die verkoping gemagtig het, die oordrag
of lewering
outomaties daaropvolgend mag plaasvind. Dit sou absurd
wees dat dit die geval is in ʼn geval waar die Hof die magtiging
ten
opsigte van die verkoping verleen na die publikasie van die
kennisgewing van boedeloorgawe, maar dat dit nie ook die gevolg is
indien die verkoping in ieder geval wettig plaasgevind het voor
publikasie nie. In
EX PARTE
PRETORIA HYPOTHEEK
MAATSCHAPPY
,
supra
, waar ʼn aansoek in terme van die
tweede gedeelte van Artikel 5 geloods is, het die Hof dan ook
insgelyks spesifiek gelas dat
oordrag geskied.
[55]
Soos reeds vermeld, het mnr. Visser, met verwysing na `n passasie in
INSOLVENCY LAW,
supra
,
paragraaf 3.7, daarop gesteun dat die bedoeling van Artikel 5 is
“…to
conserve the property for the benefit of all the debtor’s
creditors pending the determination by the Court
of the application
for surrender”.
In daardie selfde paragraaf word
egter met verwysing na artkiel 5(1) van die Insolvensiewet vermeld
dat
“a
sale
in execution”
(eie
beklemtoning) verbied word na publikasie van `n kennisgewing van
boedeloorgawe en word daar as volg in voetnoot 2 deur die
geleerde
skrywer daaromtrent opgemerk:

The
publication does not stop or suspend
other
legal proceedings against the debtor, including the attachment of his
property in execution: Shein v Messenger of the Court Boksburg
1907
TH 243
; Amod v The messenger
1909 TS 13
at 16-17...”
(Eie
beklemtoning.)
By nalees van voormelde
SHEIN v MESSENGER OF THE COURT BOKSBURG
- beslissing, blyk dit `n geval te gewees het was waar
die applikant die beslaglegging van goedere wou tersyde stel nadat
dit plaasgevind
het na publikasie van `n kennisgewing van
boedeloorgawe.
Daar is namens
daardie applikant betoog dat sodanige publikasie “
puts
a stop to all proceedings for execution of any property in the
estate”.
Die hof het
egter die aansoek afgewys op die volgende basis:

The object
of the section is to prevent property belonging to the estate being
sold in execution without leave of the Court. It
does not prohibit
the attachment, but only the
sale,
of
property after notice of intention to surrender has been given.”
(Beklemtoning
van “sale” is sodanig in die uitspraak as sulks
aangebring.)
In
AMOD v THE MESSENGER
was daar insgelyks `n beslaglegging
na die publikasie van die kennisgewing van boedeloorgawe. In daardie
uitspraak is verwys na
voormelde uitspraak en is daar dan as volg op
16 – 17 beslis:

As to an
attachment subsequent to a notice of insolvency, sec 4 of the
Insolvency Law only prohibits a sale after the notice of
surrender,
and says nothing about further attachment... I think the argument
that the creditor is entitled to
all
the remedies which are not prohibited by the notice of surrender
is
one entitled to weight, and that the notice of surrender should not
have the effect of tying the creditor`s hands and yet leave
the
debtor in full possession of his assets with power to alienate them.”
(Eie
beklemtoning.)
Met
verwysing na laasgenoemde
dictum
moet in gedagte
gehou word dat die bewoording van Artikel 5(1) net die “sale”
of verkoop” verbied en nie die oordrag
nie. Soos gesien, is die
woord “sale” ook in die eersvermelde
dictum
beklemtoon. Daarom is ook in beide
gevalle beslis dat waar die beslaglegging as sulks na sodanige
publikasie nie spesifiek deur
die bewoording van die artikel verbied
word nie, dit toelaatbaar is. Dit blyk dus na my mening dat beide
uitsprake, en ook die
geleerde Meskin se opmerking in die aangehaalde
voetnoot, die verbod interpreteer as om slegs te slaan op die
verkoping as sulks
en op niks meer nie. By noodwendige implikasie sal
dieselfde beginsel dus ook van toepassing wees op `n oordrag van goed
in `n
geval soos die onderhawige, omdat dit ook nie deur die
bewoording van die artikel verbied word nie. .
Dit blyk dus duidelik dat
dit die bedoeling van die wetgewer is om `n debiteur te verhoed om sy
bates in eksekusie te verkoop na
die publikasie van sy kennisgewing
van boedeloorgawe. Terselfdertyd is dit egter ook die bedoeling van
die wetgewer om slegs onder
dáárdie omstandighede,
synde wat betref die
voorgenome
verkoop
van eiendom in
eksekusie, die krediteur se hande te bind deur `n verkoping as sulks
na die publikasie van die kennisgewing te verbied
en niks meer nie.
[56] Bogemelde
gevolgtrekkings is ook in ooreenstemming met die Meester se siening
van die regsposisie. Die Meester se verslag,
gedateer 11 Februarie
2010, lees onder andere as volg:

(3) Artikel
5 van die Insolvensiewet, 24 van 1936 hanteer die staking van
eksekutorale verkopings van goed na publikasie van ʼn

kennisgewing van boedeloorgawe. Aangesien die verkoping in die geval
plaasgevind het voordat die aansoek om boedeloorgawe gedoen
is, is
dit my submissie dat die artikel nie in die geval toepassing vind
nie.
(4) Mars, The Law of Insolvency of
South Africa, 9de uitgawe, par. 3.10 bespreek die situasie. Sou die
oordrag van die eiendom in
die geval reeds plaasgevind het, dan moes
die opbrengs aan die balju oorbetaal word. Indien die boedeloorgawe
op die stadium wanneer
die balju die opbrengs ontvang het nog nie
aanvaar is nie dan sal die balju die opbrengs aan die
eksekusieskuldeiser moet oorbetaal.
Indien die boedeloorgawe wel
aanvaar is dan moet hy die fondse oorbetaal aan die kurator.
(5) Dit is dus my submissie dat die
plasing van ʼn kennisgewing van boedeloorgawe wel ʼn
eksekusieverkoping kan stuit, maar
nie ʼn oordrag nadat die
verkoping reeds plaasgevind het nie.
(6) Ek berus my egter by die
beslissing van die Agbare Hof.”
Onder hierdie
omstandighede kan die woord “sell” of “verkoop”
derhalwe, op interpretasie en uitleg van
die artikel en met
inagneming van voormelde reëls en beginsels van wetsuitleg,
sowel as die uitsprake waarna verwys is,
nie geag word ook in te
sluit die oordrag van eiendom nie. Waar die verkoping in die
onderhawige geval dus voor die kennisgewing
van publikasie van
boedeloorgawe plaasgevind het, stuit sodanige publikasie na my
mening nie die oordrag van die eiendom nie.
Ek moet dus met mnr.
Claasen se betoog in hierdie verband saamstem.
Gevolglik kan applikante
ook nie op Artikel 5(1) van die Insolvensiewet steun vir doeleindes
van ʼn
prima facie
reg nie.
GEVOLGTREKKING:
Aangesien applikante
derhalwe as gevolg van bogemelde bevindings nie ʼn saak
uitgemaak het ten opsigte van die eerste vereiste
vir `n tydelike
inderdik, synde ʼn
prima facie
reg, nie, ag ek dit
onnodig om met die ander drie vereistes vir doeleindes van ʼn
tydelike interdik, te handel. By gebrek
aan ʼn
prima facie
reg, is applikante nie geregtig op die gevorderde regshulp nie.
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat mnr. Claasen in sy betoogshoofde suggereer het dat
indien tweede respondent suksesvol
sou wees met die opponering van
die aansoek, ek oorweging moet skenk daaraan om “`n aanduiding
te gee dat die vierde en
vyfde respondente die Hof kan nader vir
regshulp indien die boedeloorgawe wel sal plaasvind”, dit is
met ander woorde indien
die boedeloorgawe aanvaar sou word voor
datum van registrasie van oordrag. Aangesien ek meen dat in so `n
geval ander beginsels
en oorwegings ter sprake kan kom wat ek nie
noodwendig nou bereg het nie, dit nie gepas sal wees om dit so te
doen nie. Dit sal
egter uiteraard steeds die vierde en vyfde
respondente vrystaan om die Hof om gepaste regshulp te nader indien
omstandighede
dit later noodsaak.
KOSTE:
Gegewe dat die Remi’s
Eiendomme Trust se boedeloorgawe nog nie aanvaar is nie en
concursus
creditorum
gevolglik nog nie onstaan het nie, is daar geen rede
waarom die gebruiklike bevel dat koste die uitslag van die aansoek
moet
volg, nie in die onderhawige geval moet geld nie.
Wat betref die koste van
27 Januarie 2010 ten opsigte van die uitstel van die aansoek, is die
uitstel hoofsaaklik teweeggebring
deur die feit dat vierde en vyfde
respondente nog nie op daardie stadium siteer was nie, ten spyte van
hul wesenlike belang in
die aansoek. Na my mening is daar dus geen
rede waarom applikante nie gelas behoort te word om die koste van
die uitstel te betaal
nie en is dit ook geredelik en tereg so deur
mnr. Visser toegegee.
Laastens moet vermeld
word dat ten tyde van my verlening van die bevel ten opsigte van die
voegingsaansoek, ek nie toegespreek
was oor die koste daarvan nie.
Daar is egter spesifiek in mnr. Claasen se betoogshoofde versoek dat
applikante gelas word om
die koste daarvan te betaal. Uiteraard is
die nodigheid van die voegingsaansoek uitsluitlik deur die
applikante, wie
dominus litis
is
,
teweeggebring en
meen ek dat geen ander bevel gepas sal wees nie.
Gevolglik word die
volgende bevel verleen:
Die aansoek word
van die hand gewys, met koste, wat insluit die koste
teweeggebring deur die uitstel op 27 Januarie
2010, sowel as
die koste van die voegingsaansoek.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die applikante:
Mnr. E. Visser
In opdrag van:
Etienne Visser Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens die tweede
respondent: Adv. J.Y. Claasen SC
In opdrag van:
Matsepes Ing.
BLOEMFONTEIN