About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 55
|
|
Van den Berg en Ander v De Bruin en Ander (3095/06) [2010] ZAFSHC 55 (3 June 2010)
VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID-AFRIKA
Saaknr. : 3095/06
In
die
saak tussen:-
SUNEL
VAN DEN BERG
Eerste
Eiser
SUNEL
VAN DEN BERG
(in
haar hoedanigheid as moeder en voog
van
DEWALD VAN DEN BERG)
en
MARGARETHA FRANCINA DE
BRUIN
Eerste
Verweerder
STEFAN MOLLER
Tweede
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM:
KRUGER,
R
_____________________________________________________
BESLISSING OOR PUNT
IN
LIMINE
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
25 MEI
2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
3 JUNIE
2010
_____________________________________________________
[1]
Hierdie
uitspraak betref ‘n beslissing oor die toelaatbaarheid van
getuienis oor ‘n mondelinge kontrak wat strydig is
met ‘n
vroeëre skriftelike kontrak tussen die partye.
[2] Eiseres, in haar persoonlike en
verteenwoordigende hoedanigheid as voog van haar driejarige seun,
spreek die verweerders aan
vir skade wat haar seun gely het toe hy in
die swembad geval het op die perseel wat sy by die eerste verweerder
gehuur het deur
bemiddeling van die agent, die tweede verweerder.
Inmiddels het eiseres haar eis teen die tweede verweerder
teruggetrek.
[2] By die aanvang van die
verrigtinge op 25 Mei 2010 is ek meegedeel dat die partye ingevolge
reël 33(4) van die Eenvormige
Hofreëls ooreengekom het dat
net die meriete van eiseres se eis tans beslis moet word en dat die
kwantum oorstaan vir latere
beregting. ‘n Bevel is
dienooreenkomstig ingevolge reël 33(4) gemaak.
[3] Mnr. Le Roux, vir eiseres, het die hof meegedeel dat
eiseres se skuldoorsaak op kontrak gebaseer is.
[4] Volgens die gewysigde
Besonderhede van Eis het die eerste eiser en eerste verweerder op 29
Mei 2003 ‘n skriftelike huurkontrak
gesluit ingevolge waarvan
eerste eiseres ‘n huis te Scholtzstraat 19, Universitas,
Bloemfontein gehuur het vanaf 1 Augustus
2003 tot 31 Julie 2004 vir
‘n huurgeld van R5 000,00 per maand. Paragraaf 5 van die
besonderhede van eis lees soos volg:
“5.
Op 29 Mei 2003 en te Bloemfontein het die eerste Eiser en eerste
Verweerder, verteenwoordig deur die tweede Verweerder ‘n
skriftelike huurooreenkoms gesluit waarvan die terme die volgende
was, Sien Aanhangsel A hierby aangeheg:
5.1 Die eerste Verweerder verhuur aan eerste Eiser
‘n woonhuis gele
ë te
Scholtzstraat 19, Universitas, Bloemfontein.
5.2 Die huurkontrak sal aanvang neem op 1 Augustus 2003 en sal
verstryk op 31 Julie 2004.
5.3 Die maandelikse huurgeld het R5 000.00 per maand beloop.
5.4 Die eerste Eiser sou ‘n registrasiefooi van R200.00 per
maand aan tweede Verweerder betaal.
5.5 Die eerste Eiser sou ‘n deposito van R5 000.00 aan tweede
Verweerder betaal.”
Die eerste verweerderes erken hierdie huurkontrak vir
soverre die bewerings in die Besonderhede van Eis strook met die
skriftelike
huurkontrak.
[5] Paragraaf 6 van die eiser se Besonderhede van Eis
lees:
“
6.
Op 18 Junie 2003 en te Bloemfontein het Eerste Eiser namens Tweede
Eiser en haarself ‘n mondelingse huurooreenkoms gesluit
met die
Eerste Verweerder verteenwoordig deur die tweede Verweerder waarvan
die terme die volgende was:
6.1 Die huurkontrak sou ‘n aanvang neem 21 Junie 2003 en sou
die huurtermyn vir een jaar wees.
6.2 Die maandelikse huurgeld sou R5 000.00 per maand beloop
betaalbaar die 1ste van elke maand.
6.3 Die Eerste Eiser sou ‘n deposito van R5 000.00 aan Tweede
Verweerder betaal.
6.4 Die eerste en tweede Verweerders sou toesien dat die daklekke
herstel word.
6.5 Die eerste en tweede Verweerders sou toesien dat die matte in die
woonkamer vervang word.
6.6 Die eerste en tweede Verweerders sou toesien dat ‘n
swembadnet op die swembad aangebring word.”
[6] Daar is ‘n aantal punte wat opvallend is in
paragraaf 6:
(i) Die tweede eiser (dis eerste eiseres in haar
hoedanigheid as moeder en voog van haar minderjarige seun) is ‘n
party tot
hierdie ooreenkoms.
(ii) Geen perseel word genoem nie,
maar omdat die huurbedrag dieselfde is en die partye nagenoeg
identies, is die afleiding dat
die mondelinge huurkontrak betrekking
het op die woonhuis te Scholtzstraat 19.
Paragrawe 6.4, 6.5 en 6.6 was nie deel van die inhoud
van die aanvanklike skriftelike huurkontrak nie, ook nie bepaling
wat van
kardinale belang vir die huidige eis is nie:
“6.4 Die eerste en tweede Verweerders sou toesien dat ‘n
swembadnet op die swembad aangebring word.”
Die huurtermyn is nou een jaar vanaf 21 Junie 2003, nie
meer 1 Augustus 2003 tot 31 Julie 2003 soos in die skriftelike
kontrak
nie.
[7] Eerste verweerderes pleit in antwoord op paragraaf 6
dat, behalwe om te erken dat eiseres op ‘n vroeër datum
okkupasie
geneem het, word elke bewering in paragraaf 6 ontken.
[8] Om te kan poog om haar eis te
bewys, sal eiseres moet steun op die mondelinge huurkontrak. By die
aanvang van die verrigtinge,
voordat enige getuie geroep is, het Mnr.
Stockwell, namens eerste verweerder, aangevoer dat, indien eiseres
sou poog om enige getuienis
aan te bied oor die mondelinge
huurkontrak, hy beswaar sou maak dat sulke getuienis ontoelaatbaar is
vanweë die integrasiereël.
Hy verwys na enkele dele van
die skriftelike huurkontrak:
(i)
“2.1 Die
Verhuurder verhuur en die Huurder huur die Perseel omskryf as:
Scholtzstr 19
Universitas
volgens die terme van hierdie huurooreenkoms en die Huurder erken
dat hy die Perseel vooraf besoek het en beskik vind, voor die
ondertekening van hierdie ooreenkoms.”
(ii)
“21 21.1 Hierdie
kontrak stel die totale ooreenkoms tussen die partye daar.
21.2 Geen party is beweeg tot sluiting van hierdie ooreenkoms deur
enige waarborge, voorstelling, openbarings of uitdrukkings
of opinies
wat nie in hierdie ooreenkoms as waarborge of ondernemings vervat is
nie.
21.3 Geen variasie of ooreengekome kansellasie van hierdie
ooreenkoms sal enige krag of effek hê, indien dit nie op skrif
deur beide partye onderteken is nie.”
[9] Klousule 21.3 bepaal uitdruklik
dat geen “variasie of ooreengekome kansellasie” enige
krag of uitwerking sal hê
nie. In die lig van klousule 21.3 sê
mnr. Stockwell
dat die
mondelinge ooreenkoms nie ‘n geldige nuwe huurkontrak kan
daarstel nie. Die skriftelike huurkontrak staan steeds.
[10] Mnr. Le Roux se betoog is dat
omdat die datum van die huurkontrak vervroeg is, het die vroeëre
skriftelike kontrak verval.
Hy sê dit word nie ontken dat
eiseres vroeër ingetrek het nie. Volgens mnr. Le Roux beteken
klousule 21 van die skriftelike
kontrak niks, want dit strook nie met
die feit dat eiseres vroeër ingetrek het nie.
[11] ‘n Klousule soos klousule
21 bind beide partye, want hul klaarblyklike doel met so ‘n
bepaling is om te waak teen
geskille en bewysprobleme wat by
mondelinge ooreenkomste kan ontstaan (
SA
SENTRALE KO-OP GRAANMAATSKAPPY BPK v SHIFREN EN ANDERE
1964 (4) SA 760
(A)).
‘n
Klousule soos hierdie geld ook
by
ontbinding van die kontrak. (
IMPALA
DISTRIBUTORS v TAUNUS CHEMICAL MANUFACTURING CO (PTY) LTD
1975 (3) SA 273
(T)). ‘n
Verskansingklousule
soos klousule 21 is nie ongeldig ten spyte daarvan dat ‘n
beroep daarop noodwendig sal neerkom op ‘n
weiering om
uitvoering te gee aan ‘n mondelinge ooreenkoms wat
animo
contrahendi
aangegaan is (
BRISLEY
v DROTSKY
2002 (4) SA 1
(HHA) p
ar.
[26]).
Die algemene
reël is dat ‘n ooreenkoms in stryd met die skriftelike
kontrak nie bindend is nie en getuienis om dit te
bewys, is nie
toelaatbaar nie (
VAN
AS v DU PREEZ
1981 (3) SA 760
(T) te 765).
[12]
Dit
is ongewens om op hierdie stadium ‘n beslissing te maak oor die
toelaatbaarheid van getuienis oor die mondelinge kontrak.
[13]
BEVEL
1. Die eiseres
moet toegelaat word om haar getuienis, selfs die gedeeltes wat
prima
facie
ontoelaatbaar is, aan te bied. Aan die einde van die saak sal beslis
word oor die toelaatbaarheid van die getuienis.
2. Die eiseres
se prokureur moet ‘n verdere verhoordatum met die eerste
verweerder se prokureur en die Griffier reël.
3. Die Griffier
word versoek om ‘n voorkeurdatum toe te ken.
4. Die koste
van die verhoor op 25 Mei 2010 is koste in die geding.
____________
KRUGER
,
R
Namens die
eiser: Mnr.
S.J. le Roux
In opdrag van:
Cobus le Roux Ing.
BLOEMFONTEIN
Namens
eerste
verweerder: Adv. R. Stockwell SC
In opdrag van:
Webbers
BLOEMFONTEIN
Namens tweede verweerder: Geen verskyning.
/sp