Mbatha v S (A248/09) [2010] ZAFSHC 50 (27 May 2010)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Life imprisonment for rape — Appellant convicted of raping his five-year-old daughter — Sentencing court imposed life imprisonment without considering mitigating factors — Appeal court found no substantial and compelling circumstances justifying life sentence, resulting in a reduction of the sentence to 20 years' imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 50
|

|

Mbatha v S (A248/09) [2010] ZAFSHC 50 (27 May 2010)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A248/09
In
die
appél
van:-
ISAAC
MOJA MBATHA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
CILLIé,
R
et
EBRAHIM,
R
et
MOLOI, R
AANGEHOOR
OP:
17
MEI 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
MEI 2010
_____________________________________________________
[1] Die
appellant in hierdie aangeleentheid is in die Streekhof skuldig
bevind aan verkragting. Omdat die klaagster jonger as 16
jaar was
tydens die voorval, is die saak in terme van artikel 52
(1)(a(i)
van Wet 105 van 1997 vir vonnisoplegging na hierdie Hof verwys. Op
24 Augustus 2001 het Musi, R (soos hy toe was) soos
voorsien in
artikel 52(3)(b) die skuldigbevinding bekragtig. Geen getuienis
aangaande vonnis is aangebied nie. Die vraag of daar
wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan, soos bedoel in artikel 53 van
bogemelde Wet, wat die oplegging van ‘n mindere
vonnis as die
voorgeskrewe lewenslange gevangenisstraf regverdig, is daarop
oorweeg. Dit is in die negatief beantwoord en die
appellant is
daarop tot lewenslange gevangenisstraf gevonnis.
[2] Op 25 Maart 2004 is
verlof tot appèl teen die vonnis aan die appellant toegestaan.
In sy uitspraak op die aansoek om
verlof tot appèl het Musi,
R hom in hierdie verband as volg uitgelaat:

Regarding sentence I have had a
look at
RAMMOKO v
DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
2003 (1) SACR 200
(SCA) and
note that no evidence was led on the effects that the rape may have
had on the minor child nor does the medical report
handed in at the
trial throw any light on this. It may well be that a Court of Appeal
may consider that the rape hererin was not
of the worst kind and that
the imposition of life imprisonment would amount to an injustice to
the applicant. For that reason
leave is granted to the applicant to
appeal to the full bench against only the sentence imposed.”
[3] Die
datums waarop vonnis
opgelê is en die aansoek om verlof tot appèl aangehoor
was, word so pertinent hierbo vermeld, omdat dit tog ‘n
belang
het in die oorweging van hierdie appèl. Dis is naamlik so dat
vonnisoplegging in hierdie saak geskied het relatief
kort na
inwerkingtreding van Wet 105 van 1997. Op daardie tydstip was die
beginsels by toepassing van die wetgewing nog nie so
duidelik
uitgekristalliseer soos dit vandag, 11 jaar later, is nie.
Besonderlik was die beslissing van die Hoogste Hof van Appèl

in
S
v MALGAS
2001 (1) SASV 469 (HHA) en
RAMMOKO
v DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
,
supra
,
nog nie gelewer nie. By aanhoor van die aansoek om verlof tot appèl
was die verhoorregter egter klaarblyklik bewus van
die benadering
uiteengesit in voormelde beslissings, vandaar dan sy opmerkings,
supra
,
aangehaal. Musi R het bygevolg nie die voordeel van insae in hierdie
beslissings en inagname van die ontwikkeling, hierinlater
na verwys,
tydens vonnisoplegging gehad nie.
FEITE:
[4] Die
feite van die saak is relatief eenvoudig. Die appellant is die vader
van die klaagster, wat tydens die voorval vyf jaar
oud was. Op die
dag van die voorval is die klaagster in die sorg van die appellant
gelaat, toe die moeder gaan werk het. Die
appellant het toe
gemeenskap met die klaagster gehad. Daardie nag het die klaagster
siek geword en gekla van maagpyn.
Toe
haar moeder haar ondersoek het, het sy bloedkolle op klaagster se
damesbroekie gevind. Die volgende dag is die klaagster kliniek
toe
geneem. Daar is sy deur ‘n klinieksuster ondersoek. Dié
het die klaagster in teenwoordigheid van die moeder
ondervra. Die
klaagster het toe vertel wat met haar gebeur het. Die moeder is
verwys na die polisie alwaar ‘n klagte gelê
is. Die
klaagster is later deur Dr. Khan ondersoek. Hy het sy bevindinge op
die gebruiklike vorm J88 genotuleer. Die J88 is
by ooreenkoms tussen
die Staat en die verdediging ingehandig as bewysstuk “A”.
Die inhoud daarvan is erken. Dit het
meegebring dat Dr. Khan nie
mondelinge getuienis afgelê het nie. Die relevante gedeeltes
van sy verslag lees egter as volg:

Condition
of clothing:
Blood stained
panties.
Gynaecological
examination:
Very painful
Vestibule:
Severe
bruising anteriorly.
Hymen:
Tear ± 2 o’ clock.
Other relevant observations:
Genital findings consistent with recent penetration of genitalia.”
[5] Die
appellant het in getuieni
s
die gebeure ontken. Hy beweer sy vrou fabriseer die saak teen hom,
omdat hy haar op ‘n stadium met ‘n ander man sou
gekry
het. Die appellant erken egter dat hy die dag alleen met die
klaagster was.
[6] Geen getuienis is
aangebied aangaande die sielkundige effek wat die gebeure op die
klaagster gehad het nie. Ook is dit nie
bekend of sy enige fisiese
letsels oorgehou het van die voorval nie.
[7] Mnr.
Reyneke, namens die appellant, se betoog is dat die omstandighede in
hierdie saak nie beskou kan word as dat dit val in
die ergste
kategorie waarvoor lewenslange gevangenisstraf die enigste paslike
vonnis is nie. Hierdie betoog is natuurlik gebaseer
op wat die
Hoogste Hof van Appèl by monde van Cameron AR gesê het
in
S
v ABRAHAMS
2002 (1) SASV 116 (HHA) op 127d:

This is not to say that rape
can ever be condoned. But some rapes are worse than others, and the
life sentence ordained by the Legislature
should be reserved for
cases devoid of substantial factors compelling the conclusion that
such a sentence is inappropriate and
unjust.”
En ook wat Mpati AR (soos
hy toe was) gesê het in
S
v MAHOMOTSA
2002 (2) SASV 435 (HHA) op 443f as volg:

The rapes that we are concerned
with here, though very serious, cannot be classified as falling
within the worst category of rape.”
En verder op 436b:

It does not follow that simply
because the circumstances attending a particular instance of rape
result in it falling within one
or other of the categories of rape
delineated in the
Criminal Law Amendment Act, 105 of 1997
, a uniform
sentence of either life imprisonment or indeed any other uniform
sentence must or should be imposed.”
Beide
hierdie beslissings is met goedkeuring aangehaa
l
in
RAMMOKO
v DIRECTOR OF PUBLIC PROSECUTIONS
,
supra
.
Vergelyk ook
S
v NKOMO
2007 (2) SASV 198 (HHA).
[8] Mnr.
Reyneke wys verder daarop dat die appellant beskou is a
s
‘n eerste oortreder, 30 jaar oud is, ‘n periode (die
presiese periode is onbekend) in hegtenis aangehou was en dat
daar
soos voormeld geen getuienis is wat daarop dui dat die klaagster
permanente psigiese of fisiese letsels oorgehou het nie.
[9] In
S
v MALGAS
,
supra
,
is neergelê dat indien die oplegging van die voorgeskrewe
minimum vonnis ‘n onreg (nie ‘n skokkende onreg nie

sien
S
v SHONGWE
1999 (2) SASV 220 (O)) teenoor die beskuldigde sou wees dit voldoende
wesenlike en dwingende omstandighede daarstel vir afwyking
van die
verpligte vonnis. Hierdie benadering is in
DIRECTOR
OF PUBLIC PROSECUTIONS, KWAZULU-NATAL v NGCOBO AND OTHERS
2009 (2) SACR 361
(HHA)
op 367a kripties as volg opgesom:

Pre-
and post-
Malgas
the
essential question is whether the sentence imposed is in all the
circumstances, just.”
Sien
ook
S
v MABUZA
2009 (2) SASV 435 (HHA) op 444d.
[10] Dit
sou egter neerkom op ‘n ontkenning van die werklikheid indien
betwis word dat sedert
MALGAS
daar ‘n meer geredelike afwyking van die voorgeskrewe minimum
vonnisse te bespeur is in vonnisoplegging ten minste in hierdie

Afdeling van die Hoë Hof. Die benadering voor
MALGAS,
ten minste in hierdie Afdeling, was dat die minimum vonnis opgelê
word tensy daar sterk oorwegings is waarom dit nie opgelê

behoort te word nie. My indruk is dat sedertdien die benadering
geleidelik verskuif het na een van, dat alhoewel die minimum vonnis

die uitgangspunt is, dit slegs opgelê word indien dit nie ‘n
onreg teenoor die beskuldigde sal wees nie en in elk geval
die
enigste gepaste vonnis vir die misdryf is. So ‘n benadering
vind ek nie strydig met die bepalings van Wet 105 van 1997
nie en
verkieslik bo, wat ek maar sal noem, die voor
MALGAS
rigiede
benadering.
[11] Mnr.
Hiemstra, namens die Staat, se betoog is hoofsaaklik dat die
appellant se verkragting van sy eie kind so blaamwaardig
is dat dit
alle moontlike wesenlike en dwingende omstandighede wat die oplegging
van ‘n mindere vonnis regverdig, oorheers.
[12] Natuurlik
was die appellant se optrede weersinwekkend. Vergelyk
S
v ABRAHAMS
,
supra
,
p. 124g. Maar is dit sodanig dat dit die hoogste vonnis naamlik
lewenslange gevangenisstraf regverdig? Die appellant se gedrag
is ‘n
sosio-maatskaplike probleem, veel eerder as ‘n kriminele
neiging. Die gevolgtrekking wat ek bereik het, is dat
inaggenome al
die omstandighede dit ‘n onreg teenoor die appellant sou wees
as hy lewenslange gevangenisstraf vir hierdie
misdryf wat hy gepleeg
het, moet uitdien. Dat langtermyngevangenisstraf egter onafwendbaar
is, is duidelik.
Bygevolg
slaag die appèl dermate dat die opgelegde vonnis van
lewenslange gevangenisstraf tersyde gestel word en vervang
word met
‘n vonnis van 20 (twintig) jaar gevangenisstraf. Dit moet geag
word dat hierdie vonnis opgelê is op 24 Augustus
2001.
8
Of
course, post-
a
court imposing a sentence must have regard to the prescribed minimum
sentences and consider whether, in the circumstances, it
is just to
impose the prescribed minimum sentence.
__________
__
C.B.
CILLIé
,
R
Ek
stem saam.
_____________
S.
EBRAHIM
,
R
Ek stem saam.
____________
K.J. MOLOI, R
Namens
d
ie
appellant: Mnr. J.D. Reyneke
In opdrag van:
Regshulpsentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv J.H.S. Hiemstra SC
In opdrag van:
Direkteur
Openbare Vervolging
BLOEMFONTEIN
/sp