About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 89
|
|
G v G (29/2009) [2010] ZAFSHC 89 (21 May 2010)
1
SAFLII
Note: Certain personal/private details of parties or witnesses have
been redacted from this document in compliance with the
law and
SAFLII
Policy
VRYSTAAT
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saaknommer : 29/2008
In
die saak tussen:-
J P G
...................................................................
Eiser
en
M
S G
..................................................................
Verweerderes
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
21 MEI 2010
_____________________________________________________
Hierdie is ʼn
egskeidingsgeding waarin eiser die volgende regshulp teen
verweerderes gevorder het:
“
1. ʼn
Bevel van egskeiding.
2. ʼn Verklarende bevel
waarkragtens die lewensreg-ooreenkoms tussen die partye beëindig
word en dat verweerderes gelas
word om haar 10% belang aan die eiser
oor te dra teen betaling van R20 000.00.
3. Koste van die geding, slegs indien
verdedig.”
In haar teeneis vorder
verweerderes (eiseres in rekonvensie) die volgende regshulp:
“
7.1 ʼn
Bevel van egskeiding.
7.2 Betaling van onderhoud aan die
verweerderes ten bedrae van R6 800.00 per maand.
7.3 ʼn Bevel wat eiser gelas om
die verweerderes se redelike mediese-, tandheelkundige-, oogkundige-,
hospitalisasie- en aptekerskoste
te betaal.
7.4 Uitvoering van die
huweliksvoorwaardekontrak aangegaan tussen die partye:
7.5
7.5.1 ʼn Bevel wat eiser gelas om
alle dokumentasie te onderteken wat nodig is om gevolg te gee aan die
bepalings van die huweliksvoorwaardekontrak,
alternatiewelik wat die
Griffier magtig en gelas om sodanige dokumentasie namens hom te
onderteken;
7.5.2
Alternatiewelik
tot 7.4
en 7.5.1 hierbo, ʼn bevel wat eiser gelas om aan verweerderes
skadevergoeding in die bedrag van R200 000.00 te betaal,
tesame met
rente
a tempora morae
bereken vanaf 17 Maart 2005,
alternatiewelik
vanaf datum van verlening van hierdie bevel.
7.6 ʼn Bevel wat eiser gelas om
toe te sien dat die tersaaklike Fonds en Skema wat die polis wat deur
die eiser aan verweerderes
geskenk is beheer, ʼn aantekening in
hul rekords maak dat voormelde deel van die pensioen, polis of
annuïteit sodanig
aan verweerderes betaalbaar is.
7.7 Koste van die geding.
7.8 Sodanige verdere en/of
alternatiewe regshulp as wat die Agbare Hof mag verleen.”
Vir doelmatigheidsredes
sal deurentyd na die partye verwys word as “eiser” en
“verweerderes” soos na verwys
in die hoofeis.
GEBEURE TEN TYDE
VAN DIE VERHOOR VOORAFGAANDE DIE AANBIED VAN GETUIENIS EN AGTERGROND
MET BETREKKING TOT DIE VERLOOP VAN DIE VERHOOR:
By die aanvang van die
verhoor op 2 Junie 2009 het eiser ʼn tender ingevolge Hofreël
34 met benadeling van regte aan
verweerderes gemaak met die volgende
inhoud:
“
1. ʼn
Bevel van egskeiding.
2. Dat eiser aan verweerderes
oorbruggingsonderhoud betaal in die bedrag van R5 000.00 per maand
vir ʼn periode van twaalf maande
vanaf datum van egskeiding.
3. Dat verweerderes geregtig sal wees
op die voordele van die verblyfregooreenkoms met Hibiscus Retirement
Villages op die terme
en voorwaardes soos uiteengesit in die
ooreenkoms gedateer 22 Maart 2005, alternatiewelik na keuse van
verweerderes om die ooreenkoms
te kanselleer in welke geval die eiser
aan die verweerderes ʼn bedrag van R20 000.00 sal betaal.
4. Dat eiser verweerderes se
getakseerde party en party koste betaal tot en met datum hiervan.
5. Die tender is oop vir aanvaarding
tot en met die aanvang van die verhoor waarna dit verval.”
Nadat mnr. Reinders,
namens eiser, die tender aan die Hof voorgehou het, het mnr.
Zietsman, namens verweerderes, aangedui dat die
tender nie deur
verweerderes aanvaar word nie.
Onmiddellik daarna het
mnr. Reinders argumente aan die Hof voorgehou tot dien effekte dat
ten spyte van ʼn ooreenkoms aangegaan
tydens die Reël 37
samesprekings tot die teendeel, verweerderes behoort te begin met
die aflegging van getuienis. Ten tyde
van die submissies wat hy aan
die Hof voorgehou het en voortspruitend uit sekere vrae wat ek aan
hom hiertydens gestel het, het
mnr. Reinders aangedui dat eiser die
vorderings soos uiteengesit in die besonderhede van vordering,
abandoneer met uitsluiting
van die bevel van egskeiding. Nadat ek
volledige argumente voortspruitend hieruit deur beide mnr. Reinders
en mnr. Zietsman aangehoor
het, het ek ʼn
ex tempore
uitspraak gegee waarin ek bevind en gelas het dat eiser met die
aanbied van getuienis moes begin.
Daarop het mnr. Reinders
aangedui dat die eiser wat sy hoofeis betref, sy saak sluit. In
reaksie hierop het ek weer volledige
betoë deur beide partye se
regsverteenwoordigers aangehoor met betrekking tot wat die gevolge
hiervan behoort te wees. Mnr.
Zietsman het betoog en versoek dat
absolusie van die instansie met betrekking tot die hoofeis
toegestaan behoort te word, met
`n gepaardgaande spesiale
kostebevel. Ek het gevolglik nog ʼn
ex tempore
uitspraak
gelewer waarin ek wel absolusie van die instansie ten opsigte van
die hoofeis verleen het, met eiser om die koste daarvan
te betaal
(geen spesiale kostebevel nie).
Na die verlening van
voormelde bevel, het verweerderes as applikant onder aansoeknommer
2750/2009 ʼn Reël 43(6) aansoek
gerig waarin sy ʼn
verdere bydrae tot haar regskoste gevorder het. Voortspruitend
hieruit is daar betoë aan my voorgehou
met betrekking tot die
vraag of dit die gepaste stadium was vir verweerderes om sodanige
aansoek te liasseer en of dit nie eers
die volgende dag, dit wil sê
op 3 Junie 2009, geliasseer en aangehoor moes word nie. In die
verband het mnr. Reinders aangevoer
dat verweerderes verplig behoort
te word om die beskikbare hoftyd te gebruik om te begin met die
aanbied van getuienis ten opsigte
van haar teeneis. Na die aanhoor
van betoë, het ek die volgende bevele gemaak:
“
1. Die
aangeleentheid word uitgestel tot Woensdag, 3 Junie om 09h30.
2. Dit word op rekord gestel dat
hierdie bevel om 15:25 verleen word.
3. Insoverre daar enige verspilde
koste ten opsigte van die oorblywende hoftyd ter sprake is, staan dit
oor vir latere beregting.”
By die aanvang van die
verhoor op 3 Junie 2009, het dit geblyk dat eiser as respondent in
die Reël 43(6) aansoek toe ook
intussen ʼn opponerende
beëdigde verklaring geliasseer het. Na die aanhoor van
(weereens) volledige betoë en argumente
deur beide mnre.
Zietsman en Reinders, het ek dit gerade geag om ʼn
ex tempore
uitspraak ook ten opsigte van die Reël 43(6) aansoek te gee,
waarin ek die Reël 43(6) aansoek van die hand gewys het
en
gelas het dat die koste daarvan koste in die geding is.
Ter agtergrond kan reeds
op hierdie stadium vermeld word dat na voormelde afwysing van die
Reël 43(6) aansoek, mnr. Zietsman
verweerderes se getuienis
aangebied het ten opsigte van haar teeneis. Na afsluiting van haar
getuienis is die getuienis van twee
verdere getuies aangebied, synde
die van mnr. Pieter Sarel Jooste, die boekhouer van eiser, en
laastens die getuienis van John
Christopher Webster, synde die Hoof
Uitvoerende Beampte van Hibiscus Retirement Villages. Nadat
verweerderes haar saak ter ondersteuning
van haar teeneis gesluit
het, het mnr. Reinders aangedui dat eiser sy saak ten opsigte van
verweerderes se teeneis sluit sonder
om getuienis aan te bied.
Volledigheidshalwe moet ook vermeld word dat na die afhandeling van
verweerderes se eie getuienis,
die aangeleentheid deelsverhoor
geword het en is die verrigtinge hervat op 1 Desember 2009. Ek was
egter in besit gestel van
ʼn getranskribeerde oorkonde van die
verrigtinge tot op daardie datum, welke ek aanvaar op versoek van
een van die partye
sodanig getranskribeer is. Dit het my
voorbereiding vir en die voortgesette hantering van die verhoor
beduidend vergemaklik.
VORDERING VIR BEVEL
VAN EGSKEIDING:
[10] Hoewel die redes vir
die verbrokkeling van die huwelik in dispuut is, is die partye dit
eens dat die huwelik tussen hulle onherstelbaar
verbrokkel het en dat
`n bevel van egskeiding verleen behoort te word.
VERWEERDERES SE
VORDERING MET BETREKKING TOT DIE LEWENSREG TOT OKKUPASIE
VOORTSPRUITEND UIT DIE HUWELIKSVOORWAARDEKONTRAK:
A: Gebeure en feite
wat gemeensaak is:
[11]
Daar is sekere gebeure en feite agterliggend tot en wesenlik vir die
beregting van hierdie aangeleentheid wat voortspruitend
uit die
viva
voce
getuienis en/of die tersaaklike
bewysstukke en/of die pleitstukke geag kan word gemeensaak te wees en
wat ek meen doelmatig is om
op hierdie stadium uiteen te sit.
11.1 Eiser is tans
ongeveer 68 jaar oud. Verweerderes is tans ongeveer 58 jaar oud.
Eiser en verweerderes is die eerste keer gedurende
1997 getroud,
waarna hulle gedurende Februarie 1999 geskei is. Daarna is die
huidige huwelik tussen die partye gesluit op 24 Maart
2005, welke
huwelik gesluit is buite gemeenskap van goedere en met uitsluiting
van die aanwasbedeling. Die huweliksvoorwaardekontrak
gesluit tussen
die partye op 17 Maart 2005 en welke geregistreer is op 19 April
2005, is aangeheg tot die teeneis as aanhangsel
“VA”. Die
oorspronklike huweliksertifikaat is ten tyde van verweerderes se
getuienis ontvang as bewysstuk “A”.
11.2
Op 10 Oktober 2002 het eiser ʼn skriftelike kontrak gesluit met
Hibiscus Retirement Villages (hierinlater na verwys as
“Hibiscus”)
welke ooreenkoms getiteld was “Life Right Agreement” en
na welke ooreenkoms ek voortaan sal
verwys as “die eerste
lewensregooreenkoms”. In terme van hierdie eerste
lewensregooreenkoms is eiser die “sponsor”
of borg, met
ander woorde die persoon wat die bedrag geld betaal het ten einde ʼn
lewensreg te bekom met betrekking tot die
okkupering van die eenheid
wat deel vorm van Hibiscus, synde Eenheid 412 Hibiscus Heights, in
die oord te Margate wat bekend staan
as Village of
Happiness
(hierinlater na verwys as “die eenheid”)
.
In terme van hierdie eerste lewensregooreenkoms het eiser as borg
homself as okkupeerder van die eenheid nomineer. Die bedrag
van R160
000.00 is vir hierdie lewensreg tot okkupasie van die gemeldde
eenheid, betaal. Hierdie eerste lewensregooreenkoms kom
voor op p. 4
tot p. 12 van eiser se verhoorbundel, bewysstuk “B”.
Sekere tersaaklike klousules van die eerste lewensreg-
ooreenkoms
lees as volg:
“
2.7
The
Occupier shall not be entitled to make over, cede, assign or sub-let
his rights to occupy the Unit in any way whatsoever or
permit any
other person to occupy the Unit without the prior written approval of
the Society.”
“
3.2 On
payment of the Sponsorship Amount the Occupier shall be entitled to
the use of the Unit and to occupy same free of rent during
his
lifetime. Such occupation is subject to the conditions of this
agreement and the Society’s rules and regulations which
may be
amended by the Society from time to time.”
“
4.7 On the
death of the sole Occupier or the last of joint Occupiers, the right
of occupation shall cease and the Unit shall revert
to the Society.
4.8 Any person not nominated under
this agreement at the time of entering into this agreement and who is
not party to this agreement
shall have no right to occupation under
this agreement.”
“
14.1 The
Sponsor or the estate of the Sponsor shall receive a refund from the
Society of the Sponsorship Amount subject to the following
provisions:
14.1.1 On transfer of the Occupier or
last of joined Occupiers to the Frail Care Facility on a permanent
basis; or
14.1.2 On the death of the sole
Occupier or the last of joint Occupiers; or
14.1.3 In the event of the Occupier or
the last of joint Occupiers deciding to abandon his right to occupy
the Unit for any reason
whatsoever.
14.2 Where there are joint Sponsors,
the amount of the refund shall be proportional to the contribution by
each Sponsor as set out
in this agreement.”
Op 17 Maart 2005 toe
die huweliksvoorwaarde-kontrak gesluit is tussen die partye, is as
volg in klousules 3 en 4 daarvan ooreengekom:
“
3. In
konsiderasie van die voorgenome huwelik, sedeer JOHANNES PETRUS GENIS
die opbrengs van die Discovery Life Polis Nr. 1071618290,
welke
JOHANNES PETRUS GENIS op sy lewe uitgeneem het, aan sy voorgenome
eggenote, MARIA SOPHIA MARAIS, welke polis aan haar uitbetaal
moet
word by die afsterwe van JOHANNES PETRUS GENIS.
Indien MARIA SOPHIA MARAIS reeds
vooroorlede is by die afsterwe van JOHANNES PETRUS GENIS, sal
genoemde Discovery Life Polis Nr.
1071618290 terugval in die boedel
van JOHANNES PETRUS GENIS en in terme van sy Testament vererf word.
4. JOHANNES PETRUS GENIS het in terme
van `n ooreenkoms met Hibiscus Retirement Villages te Margate, ʼn
Lewensregooreenkoms
gesluit in terme waarvan JOHANNES PETRUS GENIS ʼn
lewensreg verkry het op ʼn eenheid om daarin te woon tot by sy
afsterwe.
JOHANNES PETRUS GENIS sedeer hierdie
lewensreg in terme van die ooreenkoms aan en ten gunste van MARIA
SOPHIA MARAIS bepaal dat
hierdie lewensreg waarop hy geregtig is in
terme van die ooreenkoms met Hibiscus Retirement Villages, MARIA
SOPHIA MARAIS sal toeval
tot by haar dood.
Dit word uitdruklik bepaal dat die
bedrag welke deur JOHANNES PETRUS GENIS betaal is om die lewensreg te
verkry, sy boedel sal toeval
by die plaasvind van die volgende
gebeurtenisse:
4.1 Op datum van oorplasing van die
laaste een van JOHANNES PETRUS GENIS of MARIA SOPHIA MARAIS na die
“Frail Care Facility”
te Hibiscus Retirement Villages.
4.2 By die afsterwe van die laaste een
van JOHANNES PETRUS GENIS of MARIA SOPHIA MARAIS.
4.3 By afstanddoening van die
lewensreg deur die langslewende van JOHANNES PETRUS GENIS of MARIA
SOPHIA MARAIS.”
Gegewe die datum volgorde
van die gebeure tot op daardie datum, blyk dit dus duidelik dat die
lewensregooreenkoms waarna verwys
word in klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak, die eerste lewensregooreenkoms is waarna
ek reeds hierbo verwys het.
Op 22 Maart 2005, dit
wil sê twee dae voor sluiting van die partye se huidige
huwelik, het beide eiser en verweerderes
as “sponsors”
en ook beide eiser en verweerderes as okkupeerders ʼn nuwe
lewensregooreenkoms met Hibiscus gesluit,
welke ooreenkoms ek
hierinlater na sal verwys as “die tweede
lewensregooreenkoms”. Hierdie ooreenkoms kom voor
op p. 13
tot p. 20 van bewysstuk “B” en is ook aangeheg as
aanhangsel “A” tot eiser se besonderhede
van vordering.
Op dieselfde datum, dit wil sê 22 Maart 2005, is die eerste
lewensregooreenkoms wat gesluit was tussen
eiser en Hibiscus, ook
dan gekanselleer, soos blyk uit p. 12 van bewysstuk “B”.
In terme van die tweede lewensregooreenkoms
is die bedrag van R200
000.00 betaal, deurdat die bedrag van R160 000.00 wat in terme van
die eerste lewensregooreenkoms deur
Hibiscus ontvang is, ten gunste
van die uitvoering van hierdie tweede lewensregooreenkoms aangewend
is en was daar ʼn balans
van R40 000.00 betaalbaar, welke
bedrag inderdaad betaal is. Dit is gemeensaak dat van die totale
bedrag van R200 000.00 verweerderes
die bedrag van R20 000-00
betaal het en word dit ook aldus gereflekteer in die ooreenkoms,
deurdat eiser aangedui word as synde
dat hy 90% bygedra het en
verweerderes aangedui word as synde dat sy 10% bygedra het. Die
eenheid ten opsigte waarvan hierdie
lewensreg deur eiser en
verweerderes bekom is en ten opsigte waarven beide van hulle as
okkupeerders genomineer is, is dieselfde
eenheid as waarna verwys
is in die eerste lewensregooreenkoms. Origens is die wesenlike
terme en voorwaardes, die tersaaklike
waarvan ek reeds in
sub-paragraaf 11.2 hierbo aangehaal het, dieselfde as in die eerste
lewensregooreenkoms, behalwe dat die
numering van die aangehaalde
klousule 14, in die tweede lewensregooreenkoms gewysig is na 13.
Voormelde het tot
gevolg dat eiser se regte voortspruitend uit die eerste
lewensregooreenkoms, wat eiser in die huweliksvoorwaardekontrak
ten
gunste van verweerderes sedeer het, op die datum van
huweliksluiting en op datum van die registrasie van die
huweliksvoorwaardekontrak,
reeds gekanselleer was en nie meer
bestaan het nie, aangesien die eerste lewensregooreenkoms toe reeds
gekanselleer was.
B: Die pleitstukke:
Dit is vervolgens nodig
om te let op die inhoud van die pleitstukke met besondere verwysing
na verweerderes se vordering met betrekking
tot voormelde lewensreg
en die alternatiewe daartoe. In verweerderes se teeneis is dit as
volg gepleit in paragraaf 6 daarvan:
“
6.1 In terme
van die voormelde huweliksvoorwaarde-kontrak wat tussen die partye
aangegaan is, het die eiser skenkings aan die verweerderes
gemaak,
welke skenkings deur verweerderes aanvaar is.
6.2 Eiser het nog nie in terme van die
gemelde bepaling van die huweliksvoorwaardekontrak presteer nie;
alternatiewelik versuim
om in terme daarvan te presteer.
6.3 Die verweerderes is geregtig op en
dring aan op prestasie deur die eiser in terme van onder andere
klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak.
6.4
Alternatiewelik
tot
paragraaf 6.3:
6.4.1 Het die eiser ten tyde van die
sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak aan die verweerderes
voorgehou dat hy in terme van
die bepalings van klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak kan presteer,
alternatiewelik
het hy
nie aan die verweerderes openbaar dat hy nie in terme van klousule 4
van die huweliksvoorwaardekontrak kan presteer nie,
terwyl die eiser
die plig gehad het om dit aan die verweerderes te openbaar aangesien:
6.4.1.1 dit die tweede huwelik tussen
die eiser en die verweerderes was en die eiser geweet het dat die
verweerderes nie met die
eiser in die huwelik sou tree indien daar
nie vir die verweerderes permanente toekomstige huisvesting
gewaarborg kon word nie;
en
6.4.1.2 die eiser geweet het dat die
verweerderes, omdat sy die skenking aanvaar het, haar eie woning gaan
verkoop en inderdaad
verkoop het.
6.4.2 Die eiser het geweet dat sy
voorstellings soos in paragraaf 6.4 hierbo vals is,
alternatiewelik
was sy versuim om aan die verweerderes te openbaar dat hy nie in
terme van klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak kan presteer
nie, bedrieglik;
6.4.3 Die voormelde valse
voorstelling,
alternatiewelik
die voormelde versuim om te
openbaar dat die eiser nie in terme van klousule 4 van die
huweliksvoorwaarde-kontrak kan presteer
nie het die verweerderes
beweeg om die huweliksvoorwaardekontrak met die eiser aan te gaan en
bygevolg die skenking,
alternatiewelik
die sessie vervat in
klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak te aanvaar en daarna met
die eiser in die huwelik te tree;
6.4.4 Weens die eiser se bedrog soos
in paragraaf 6.4.1 vermeld ly die verweerderes skade in die bedrag
van R200 000.00, synde die
waarde van die lewensreg.
6.5
Alternatiewelik verder
tot
paragrawe 6.3 en 6.4:
6.5.1 Die bewerings in paragrawe
6.4.1, 6.4.2, en 6.4.3 word herhaal.
6.5.2 Die voormelde voorstelling was
wesenlik.
6.5.3 Die voorstelling is deur die
eiser gemaak met die doel om die verweerderes te beweeg om met die
eiser ʼn huweliksvoorwaardekontrak
aan te gaan en om met die
eiser in die huwelik te tree.
6.5.4 Die voorstelling het die
verweerderes beweeg om die huweliksvoorwaardekontrak met die eiser te
sluit en om met die eiser in
die huwelik te tree.
6.5.5 Weens die eiser se voormelde
valse voorstelling ly die verweerderes skade in die bedrag van R200
000.00 synde die waarde van
die lewensreg.”
In eiser se verweerskrif
tot verweerderes se teeneis, het eiser as volg op voormelde bewerings
gepleit:
“
5.
AD PARAGRAWE 6.1, 6.2 EN 6.3
DAARVAN:
5.1 Eiser pleit dat die
lewensregooreenkoms met Hibiscus Retirement Villages ʼn
pactum
de non cedendo
vervat;
5.2 Ten tyde van die sessie was daar
geen skriftelike toestemming verleen deur Hibiscus Retirement
Villages vir die sessie van die
eiser se verblyfreg aan die
verweerderes nie;
5.3 Bygevolg is die sessie soos vervat
in die huweliksvoor-waardekontrak ongeldig; en
5.4 Is die verweerderes nie geregtig
op die lewensreg (bewoning) van die eenheid by die aftree-oord nie.
Alternatiewelik
pleit eiser:
1. Dat na die aangaan van die
huweliksvoorwaarde-kontrak die partye ʼn ooreenkoms gesluit het
met Hibiscus Retirement Villages
op die basis soos uiteengesit in
aanhangsel “A” tot die besonderhede van vordering
waarkragtens verweerderes ʼn
10% belang verkry uit hoofde van die
bepalinge van die ooreenkoms met Hibiscus Retirement Villages soos
uiteengesit in aanhangsel
“A” tot die besonderhede van
vordering.
2. Dat eiser en verweerderes gebonde
is aan sodanige ooreenkoms synde aanhangsel “A” tot die
besonderhede van vordering
en dat die bepalinge van die Akte van
Dading (
sic
) bygevolg nie meer afdwingbaar is ten opsigte van
die bewoningsreg van die verweerderes soos uiteengesit in die
huweliksvoorwaardekontrak
nie.
Alternatiewelik
indien die
Agbare Hof mag bevind dat eiser, eiser se bewoningsreg gesedeer het
aan verweerderes en dat dit afdwingbaar is, dan
en in daardie geval
pleit eiser:
dat daar ʼn gemeenskaplike dwaling
was ten aansien van die terme van die huweliksvoorwaardekontrak en
dat dit nooit die eiser
of die verweerderes se bedoeling was dat
eiser uit en uit eiser se lewensreg ten aansien van die eenheid te
Hibiscus Retirement
Villages aan verweerderes sou gesedeer het nie,
maar slegs die reg om ook die eenheid te bewoon tot en met haar
afsterwe en sal
daar tydens die verhoor aansoek gedoen word vir die
rektifikasie van die huweliksvoorwaardekontrak indien nodig om
dienooreenkomstig
die partye se bedoeling weer te gee.
6.
AD PARAGRAAF 6.4 DAARVAN:
Die inhoud hiervan word ontken en word
die verweerderes tot bewys daarvan geplaas en herhaal eiser eiser se
pleit soos uiteengesit
in die voorafgaande paragraaf.
7.
AD PARAGRAAF 6.5 DAARVAN:
Die inhoud hiervan word ontken en word
die verweerderes tot bewys daarvan geplaas en herhaal eiser eiser se
beweringe soos uiteengesit
in die voorafgaande paragrawe.”
In verweerderes se
repliek tot die verweerskrif op die teeneis, het sy as volg op
paragraaf 5 daarvan gepleit:
“
1.1 Die
verweerderes ontken:
dat die lewensregooreenkoms wat as
aanhangsel “A” tot die eiser se besonderhede van
vordering aangeheg is dieselfde
ooreenkoms is ingevolge waarvan
die eiser die lewensreg wat aan verweerderes ingevolge klousule 4
van die huweliks-voorwaardekontrak
geskenk en/of sedeer is, bekom
het;
dat die ooreenkoms ingevolge
waarvan die eiser sy lewensreg bekom het ʼn
pactum de non
cedendo
bevat.
1.2
Alternatiewelik
tot 1.1, en
indien bevind word dat die eiser sy lewensreg wat aan verweerderes
sedeer is ingevolge aan “A” tot die
besonderhede van
vordering bekom het en/of dat ʼn vroeëre lewensregooreenkoms
tussen die eiser en Hibiscus Retirement
Villages aangegaan ʼn
pactum de non cedendo
bevat dan beweer die verweerderes dat:
1.2.1 die eiser steeds die skriftelike
toestemming van Hibiscus Retirement Villages kan bekom;
1.2.2
alternatiewelik
tot
1.2.1, dat die versuim om die toestemming van Hibiscus Retirement
Villages voor die aangaan van die huweliksvoorwaardekontrak
te bekom
geratifiseer kan word; en
1.2.3 die lewensreg steeds aan
verweerderes oorgedra en/of gesedeer en/of gelewer kan word,
ten gevolge waarvan dit steeds vir die
eiser moontlik is om ingevolge die bepalings van die
huweliksvoorwaardekontrak tussen eiser
en verweerderes aangegaan, te
presteer.”
C: Getuienis van en
namens verweerderes:
Uit verweerderes se
getuienis blyk dit dat voordat sy die eerste keer met eiser getroud
is, was sy getroud met ene mnr. Marais
en was hulle woonagtig te
Hoopstad. Sy is gedurende 1991 van hom geskei kort voordat hy
oorlede is. Sy het in 1983, met ander
woorde voor haar huwelik met
mnr. Marais, haar eie haarsalon te Hoopstad begin bedryf en toe sy
eiser die eerste keer ontmoet
het, was hy ʼn boer in Hoopstad
distrik. Toe sy en eiser die eerste keer getroud is gedurende 1997,
het sy haar huis verkoop
en ook haar haarsalon gesluit ten einde
saam met eiser op die plaas te gaan bly. Op daardie stadium was haar
oudste kind uit
haar eerste huwelik eerste jaar op universiteit in
Bloemfontein, haar tweede kind was in die koshuis op Hoopstad en
haar jongste
kind was in die koshuis te Oranje Meisieskool in
Bloemfontein. Hulle was dus slegs gedurende naweke en vakansies op
die plaas.
Daar het nie ʼn goeie verhouding tussen eiser en haar
kinders geheers nie en het dit uit die totaliteit van haar
getuienis,
ingesluit kruisverhoor, geblyk dat eiser destyds haar
kinders van die plaas af weggejaag het, waarop sy ook die plaas
verlaat
het, welke tot hul eerste egskeiding aanleiding gegee het.
Na die partye se eerste egskeiding, het verweerderes aanvanklik `n
huis te Hoopstad gehuur totdat eiser aan haar die geld wat hy van
haar geleen het wat sy uit die verkoop van haar huis verkry
het,
teruggegee het. Dit het die bedrag van ongeveer R160 000.00 beloop,
welke sy as ʼn deposito gebruik het om weer ʼn
huis te koop
op Hoopstad gedurende einde 1999. Sy het ook na hul eerste
egskeiding dadelik weer begin om ʼn haarsalon te
bedryf, maar
het getuig dat in die jaar en ʼn half wat sy dit nie gedoen het
nie, daar intussen twee ander haarsalonne ook
oopgemaak het.
Aangesien sy egter drie kinders gehad het wat sy moes versorg, het
sy weer begin om die haarsalon se besigheid
op te bou. Dit was
aanvanklik in die dorp bedryf, maar vanweë die feit dat haar
huis ʼn woonstel agter in die erf gehad
het, het sy die salon
verskuif na die huis ten einde uitgawes te beperk en omdat dit
sodoende nader en geriefliker was. Gedurende
Oktober 2004 het eiser
verweerderes telefonies geskakel en vir haar gesê hy het die
grootste fout van sy lewe gemaak, hy
het tot bekering gekom, dat hy
baie lief is vir haar en dat hy jammer is oor alles wat hy aan hulle
(sy en haar kinders) gedoen
het. Sodanige tipe telefoonoproepe en
sms’e het aangehou tot einde 2004, waarna eiser op 26 Januarie
2005 “
by my voordeur gestaan het en ja, dit is hoe dit
weer gebeur het”
. Dit was dus hoe hulle
verhouding weer begin het. Dit moet vermeld word dat hoewel daar in
kruisverhoor meerdere stellings aan
verweerderes gemaak is met
betrekking tot sekere voorvalle wat sou plaasgevind het ten einde te
probeer afbreek doen aan haar
weergawe soos pas uiteengesit dat
eiser haar onverwags skielik in 2004 gekontak het en in Januarie
2005 by haar huis opgedaag
het, het sy dit ontken en verduidelik dat
die scenario’s wat in die stellings aan haar geskets is,
plaasgevind het na 26
Januarie 2005. Ek aanvaar dus hierdie weergawe
van verweerderes, aangesien daar geen getuienis tot die teendeel
deur die eiser
aangebied is nie.
Volgens verweerderes was
sy op daardie stadium bewus van die feit dat eiser in die eenheid te
Hibiscus gebly het. Na 26 Januarie
2005 het hy egter begin om by
haar in die huis te bly en het sy voortgegaan met die bedryf van die
haarsalon. Hy het egter aan
haar gesê dat hulle eerder moes
trou en te Hibiscus moes gaan bly. Sy wou egter eers self daarna
gaan kyk ten einde haar
te vergewis wat die woonplek aldaar behels.
Hy het haar gaan wys en was sy tevrede gewees daarmee.
Verweerderes se
getuienis met betrekking tot die rede vir die sluiting van die
huweliksvoorwaardekontrak, lees as volg op p. 113,
reël 11 tot
p. 114, reël 20 van die getikte oorkonde:
“
Maar ek het
duidelik aan hom laat verstaan ek gaan nie weer in ʼn huwelik in
wat ek uit alles uit is en ek het geen vastigheid
onder my voete nie,
want ek is nie meer ʼn jong mens wat ʼn besigheid weer kan
begin nie en ek het weer ʼn keer ʼn
haarsalon begin en ek wou
vastigheid hê, en wou verseker weet dat ek versorg sal wees.
Is dit wat u vir hom gesê het
toe hy nou vir u vra om te trou? ... Korrek.
Wat besluit julle toe? ... Mnr. Genis
het na sy prokureur toe gegaan.
Wie is dit? ... Mnr. Gustav le Grange.
Dit is nie my prokureur nie, maar in elk geval hy het na sy prokureur
toe gegaan en ʼn
huwelikskontrak laat optrek, ek was teenwoordig.
Ek het die dag vir mnr. Gustav le Grange ook daar gesê voor
mnr. Genis dat
ek gaan nie weer alles van my los en my besigheid
opgee en dan beland ek weer in daardie situasie nie, so daar moet
voorsiening
vir my gemaak word vir wat kan gebeur, wat ookal kan
gebeur. Mnr. Genis het ʼn polis uitgeneem in daardie tyd, ʼn
uitkeerpolis
wat op die HVK aangetoon is en geskenk is aan my as ʼn,
ek weet nie wat nie, hy het dit aan my geskenk.
En wat van die aftreeoord se
lewensreg? ... Dit is korrek. Maar ons was by mnr. Le Grange en hy
het dit, ons altwee was teenwoordig
daar, mnr. Le Grange het dit
bewoord en die bewoording wat daar is ..., ek het gesê ek gaan
nie weer trou as ek alles moet
los en prysgee en weer op straat sit
nie.
Is dit hoekom daardie klousules ...?
... Dit is waarvoor daardie klousules ingevoeg is. Mnr. Genis het
daardie dag daar gesê,
glad nie aanwas nie, want hy het genoeg
van aanwas egskeidings gehad en dit is waaroor die klousule ingebring
is van gemeenskap
van goedere en ek het daarop net eenvoudig
gereageer dat ek nie gaan trou indien daar nie voorsiening vir my
gemaak is vir die
res van my lewe nie.”
Ek meen dat dit nodig is
om ook nog na twee spesifieke gedeeltes van verweerderes se getuienis
in kruisverhoor te verwys, soos dit
voorkom op p. 266, reël 17
tot p. 267, reël 13:
“
Ek wil net
aan u stel dat mnr. Genis se saak gaan wees, hy sê op sy
ouderdom het u en hy met mekaar getrou en julle het twee
jaar
saamgebly, u het nog steeds wat u nog altyd gehad het, u het nie
afhanklik van hom geraak nie, u is derhalwe nie geregtig
op onderhoud
nie. U het ʼn werk u het nog alles wat u nog altyd gehad het voor
u ook vir die kort tyd eintlik saam met hom
gewoon het. Wat is u
kommentaar daarop? ... Ek sou nie my werk en my huis en my alles gaan
verkoop het en gelos het nie en dit
was die uitdruklike rede en die
uitdruklike ooreenkoms wat hy aangegaan het om dit te doen, om vir my
te sorg sodat ek my huis
kan verkoop, sodat ek daar kan gaan bly. Ek
sou nie met mnr. Genis getrou het indien ek nie versekering daarvan
gehad het nie ...
Al wat ek sê is ek sou dit nie
gedoen het nie. Die huwelikskontrak is opgestel deur sy prokureur. Ek
het baie seker gemaak
dat ek seker is en hy het my die versekering
ook gegee, mnr. Genis dat ek versorg sal wees vir die res van my
lewe. Na die eerste
huwelik sou ek nie weer in so ʼn penarie wou
beland nie.”
[16] Nadat die
huweliksvoorwaardekontrak aangegaan is, is hulle na Margate waar
hulle te Shelley Beach getroud is. Na hulle huwelik,
het hulle
teruggekeer na Hoopstad, aangesien verweerderes steeds haar huis en
haar besigheid gehad het. Sy het op daardie stadium
by verskeie
geleenthede vir eiser versoek dat sy eerder aangaan met haar
besigheid, aangesien sy wel oor die huis daar beskik en
dat hulle dan
daar woonagtig kan wees en slegs vakansietye na die aftreeoord toe
gaan. Eiser wou egter niks daarvan weet nie en
het aangedring dat sy
moes ophou werk en dat haar huis verkoop word. Aan die einde van 2005
is die huis inderdaad vir ʼn bedrag
van R375 000.00 verkoop ten
opsigte waarvan sy ʼn netto bedrag van ongeveer R300 000.00
ontvang het. Hierdie bedrag geld het
sy aanvanklik aan mnr. Genis
geleen, maar is dit gemeensaak dat hy dit eventueel aan haar
terugbetaal het in die vorm van aandele,
welke sy tesame met polisse
wat sy afgekoop het, belê het en dus tans oor ʼn belegging
van R370 000.00 in totaal beskik.
Verweerders het toe ook haar
haarsalon gesluit en het hulle aan die einde van 2005 na Margate
verhuis.
Ten tyde van haar
getuienis in hoof is verweerderes gevra oor waarom die tweede
lewensregooreenkoms gesluit moes word. Sy het
verduidelik dat vanweë
die feit dat eiser ʼn enkelpersoon was toe hy die eerste
lewensregooreenkoms gesluit het en slegs
R160 000.00 daarvoor betaal
het, terwyl as getroude pare daar wil gaan bly dit R200 000.00 kos,
was dit nodig om die tweede lewensregooreenkoms
teen die ekstra
betaling van R40 000.00 te onderteken.
In kruisverhoor oor hoe
dit gebeur het dat die tweede lewensregooreenkoms onderteken is, het
verweerderes as volg op p. 221, reël
24 tot p. 227, reël 7
getuig, waarvan ek slegs sekere relevante gedeeltes aanhaal:
“
Kyk die
gedagte tussen die twee van u was nie dat u sou skei op daardie
tydstip nie, die idee was gewees en u sou ook daar moes
kon bly as hy
nou byvoorbeeld sou doodgaan, dan moet u daar kan bly. ... Verseker.
Dit was die lyn waarin u hulle gepraat
het. ... Dit is nie die lyn waarin ons gepraat het nie, die lyn
waarin ons gepraat het was
die feit dat ek nie daar sou gaan bly, dat
ek nie met Jan sal trou as ek nie verseker is van my lewe verder aan
nie.
Nou was u gedagte dan nou dat hy nou
moet kan trek, hy moet nou nie meer daar kan bly dalk as u-hulle skei
nie, is dit soos u dit
gesien het of het u nie eers daaraan gedink
nie? ... Ek het nie eers daaraan gedink nie, ek wou net geweet het in
die lig van my
vorige huwelik het ek gesê ek gaan nie, ek gaan
nie weer alles van my opoffer, trou en bly sonder dat ek versekering
het
dat ek versorg is nie.
...........
Nadat u-hulle hierdie
huweliksvoorwaardekontak geteken het, toe ry u-hulle af terug Margate
toe, is dit nie reg nie? ... Ja.
Toe gaan u daar weer na die Hibiscus
Retirement Village toe. ... Dit is korrek.
Wat toe gebeur het is, word daar nie
toe gaan praat daar met hulle oor die feit dat u hulle gaan nou trou
en u gaan nou daar kom
bly nie? ... Dit is daaroor daardie tyd
gepraat.
Ja, maar met die verteenwoordigers van
Retirement, met hulle gepraat? ... Ja.
En toe is dit my instruksies, daar
word u gesê al manier waarop dit kan gebeur is, julle moet
hierdie ooreenkoms aangaan.
... Ons moet ʼn nuwe ooreenkoms
aangaan.
Ja julle moet ʼn nuwe ooreenkoms
aangaan. Mevrou baie dankie. ... Hierdie een is gekanselleer. (Met
verwysing na die eerste
lewensregooreenkoms.)
En wat die dag toe daar gebeur is, dit
is nou nadat die huweliksvoorwaardekontrak aangegaan is, toe kom u
hulle daar ooreen en u
gaan hierdie ooreenkoms aan wat nou gedateer
is en wat aangeheg is tot ons dagvaarding en dit is nou die een
gedateer 22 Maart
2005 op bladsy 20, is dit nie so nie? ... Dit is
korrek.
U teken ook hierdie ooreenkoms. ... Ek
moes hom teken, ja.
Natuurlik moes jy hom toe teken. ...
Ja.
Want dit is die manier hoe u kan inkom
daar. U word toe ʼn borg en ʼn occupier, is dit nie? ... Ja.
..........
En hierdie is nou die ooreenkoms
tussen die twee van u. ... Ja.
Ja, en dit is vandag nog so. ... Dit
is korrek.
Dit lyk my dit is ook hoe dit altyd
verstaan het, want ek sien in die reël 43 het u onder eed
verklaar dat die twee van u is
eintlik mede-eienaars van hierdie
lewensreg. ... Dit is korrek.
..........
U het ook hierdie kontrak so verstaan
en toe het u hulle hom so uitgevoer, die twee van u het toe saam
gewoon daar, is dit nie?
... Dit is korrek.
En nadat u hulle uitmekaar uit is het
hy verder daar gebly. ... Seker.
Ja en tot nou toe bly hy nog daar dit
is nog steeds hoe u hulle hierdie kontrak uitvoer, is dit nie? ...
Dit is korrek.”
Soos reeds vroeër
hierin vermeld, het mnr. Webster, synde die Hoof Uitvoerende Beampte
van Hibiscus Retirement Villages,
ook namens verweerderes getuig. Ek
is nie voornemens om in detail met sy getuienis te handel nie, maar
slegs te verwys na die
wesenlike aspekte daarvan wat deel vorm van
die vraagstukke in die onderhawige geding. Dit moet ook vermeld word
dat hy sy getuienis
aangebied het aan die hand van ʼn skrywe
gerig aan verweerderes se prokureurs van rekord, gedateer 2 Junie
2009, tesame met
aanhangsels daartoe, welke skrywe en aanhangsels
ontvang is as bewysstuk “G”. Hy het dan ook die
gemeensaak-feite
bevestig wat betref die aangaan van die eerste
lewensregooreenkoms op 8 Oktober 2002, welke gekanselleer is op 22
Maart 2005
toe die tweede lewensregooreenkoms gesluit is, met die
besonderhede soos reeds vroeër hierin na verwys. Uit sy
getuienis
is dit egter duidelik dat daar ʼn onderskeid getref
word tussen die sogenaamde “sponsor” of borg wat die
persoon
of persone is wat die betaling doen ten einde die verblyfreg
te verkry, en die okkupeerder of okkupeerders wat dan die persone
is
wat genomineer word deur die “sponsor” om daadwerklik
die eenheid te bewoon. Die geld wat onder sekere omstandighede
as
“refund” of terugbetaling betaal word aan die borg of
die boedel van die borg, soos na verwys onder andere in
klousules
13.1 en 13.2 van die tweede lewensreg-ooreenkoms, is dus nie
noodwendig gekoppel aan die reg tot okkupasie nie. Gevolglik
kan ʼn
okkupeerder, wie terselfdertyd ook `n borg is, afstand doen van sy
reg op okkupasie sonder om afstand te doen van
sy reg tot
terugbetaling van die geld onder omstandighede soos in klousule 13.1
van die tweede lewensregooreenkoms uiteengesit.
In die onderhawige
geval en soos blyk uit ʼn dokument aangeheg tot aanhangsel “G”,
het eiser sy reg op terugbetaling
van die geld sedeer aan sy dogter,
Gertruida Petronella Genis. Dit plaas egter geen beletsel daarteen
dat eiser steeds in terme
van die tweede lewensregooreenkoms kan
afstand doen van sy reg op okkupasie nie.
Mnr. Webster het ook
verduidelik wat klousule 2.7, wat op die oog af ʼn sedering van
die reg op okkupasie verbied sonder die
vooraf skriftelike
toestemming van Hibiscus, in praktyk behels. Ter verduideliking het
hy vermeld dat indien twee gades in terme
van ʼn
lewensregooreenkoms beide ʼn reg op okkupasie sou hê, en
die een gade sou te sterwe kom en die oorblywende
gade hertrou, sal
die nuwe gade geen reg op okkupasie hê alvorens daar nie ʼn
nuwe lewensregooreenkoms met Hibiscus gesluit
is met beide sodanige
gades as partye daartoe nie. Dit is, aldus sy verduideliking, wat
“without written approval of the
Society” beteken. Dit is
dan ook die rede waarom daar in die onderhawige geval ʼn nuwe
lewensregooreenkoms gesluit moes
word met verweerderes ook as ʼn
party daartoe. Waar daar egter twee persone is wat in terme van ʼn
lewensregooreenkoms
ʼn reg op okkupasie het, soos in hierdie
geval, kan een van daardie twee afstand doen van sy of haar reg op
okkupasie sonder
die vooraf skriftelike toestemming van Hibiscus.
Volledigheidshalwe moet
vermeld word dat dit uit sy getuienis blyk dat verweerderes se
getuienis, wat ek aanvaar haar
bona fide
persepsie van die
situasie was, tot dien effekte dat ʼn nuwe lewensregooreenkoms
gesluit moes word omdat R200 000.00 ten opsigte
daarvan betaal moes
word vir getroude pare en nie slegs R160 000.00 soos in die geval van
`n enkelpersoon nie, nie korrek is nie.
Die nuwe ooreenkoms moes
gesluit word omdat dit die enigste wyse is waarop verweerderes (ook)
ʼn bewoningsreg kon verkry. Verdermeer
blyk dit dat die verhoging
in prys bloot die huidige markwaarde van die tersaaklike eenheid is
teenoor die vorige markwaarde van
R160 000.00 soos dit gedurende 2002
was.
D: Oorweging van
die regsposisie en regsgevolge:
Die regsvrae wat
voortspruitend uit voormelde feite en getuienis ontstaan met
betrekking tot die afdwingbaarheid van die sedering
van die
lewensreg of dan die reg op lewenslange okkupasie vervat in die
huweliksvoorwaardekontrak, die effek wat die kansellasie
van die
eerste lewensregooreenkoms en die daaropvolgende sluit van die
tweede lewensregooreenkoms op die afdwingbaarheid van
die
tersaaklike bepalings van die huweliksvoorwaardekontrak het, en dies
meer, is op volledige wyse deur beide regsverteenwoordigers
voor my
argumenteer, ook met verwysing na gesag. Ek het uiteraard daardie
argumente, sowel as die gesag waarna ek verwys is,
behoorlik
bestudeer.
Mnr. Zietsman het ten
eerste aangevoer dat die tweede lewensregooreenkoms nie die
bepalings van klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak
kon wysig
nie, selfs nie eers
inter partes
nie. Ter ondersteuning
hiervan het mnr. Zietsman my verwys na `n handboek, waarvan ek die
weergawe bekend as
ELLIOT: The South Africa Notary
, M.J. Lowe
et al
, 6de uitgawe, kon bekom, waar dit op p. 85, par. 9.1,
as volg lees:
“
The general
rule is that an antenuptial contract, once registered and confirmed
by marriage, cannot be altered
inter
partes
.”
Hy het my voorts verwys
na ʼn passasie uit die
Suid-Afrikaanse Familiereg,
Cronje
en Heaton, waar dit as volg op p. 111 tot p. 112 lees:
“
ʼn
Huweliksvoorwaardekontrak verval nie by egskeiding of by die dood van
een of albei gades nie. Die bedinge in die kontrak,
soos
huweliksbevoordelings wat nog nie uitgevoer is nie, moet in die
gevalle steeds uitgevoer word. Die huweliksvoorwaardekontrak
loop
eers ten einde wanneer al die bedinge van die kontrak uitgevoer is.
Tot op die oomblik van huweliksluiting
kan die partye nog die huweliksvoorwaardekontrak kanselleer of wysig.
As die huwelik egter
klaar voltrek is, kan die partye oor die
algemeen nie die kontrak self deur ʼn blote ooreenkoms tussen
hulle kanselleer of
wysig nie, en dit maak nie saak of sodanige
kansellasie of wysiging bedoel is om net
inter partes
te geld
nie.”
Ek het ook die
tersaaklike uitsprake bestudeer waarna mnr. Zietsman my verwys het en
sommige waarvan ook na verwys is in die voetnote
wat in voormelde
passasies voorkom. Aan die hand hiervan het mnr. Zietsman betoog dat
aangesien die huwelik in die onderhawige
geval voltrek is en die
huweliksvoorwaardekontrak geregistreer is, dit nie gewysig kon word
deur die sluiting van die tweede lewensregooreenkoms
nie en dat dit
waarop in die huweliksvoorwaardekontrak ooreengekom is, dus
afdwingbaar is en inderdaad afgedwing moet word.
Teenoor voormelde het
mnr. Reinders betoog dat dit duidelik uit die getuienis van
verweerderes blyk dat die partye deur Hibiscus
meegedeel was dat
hulle die tweede lewensregooreenkoms sal moet sluit ten einde dit
enigsins moontlik te maak vir verweerderes
om ʼn reg van
okkupering te verkry. Hulle besluit om die tweede lewensregooreenkoms
te sluit met die gepaardgaande kansellasie
van die eerste
lewensregooreenkoms het tot gevolg dat wat tussen hulle ooreengekom
is in die huweliksvoorwaardekontrak, effektief
verval het en dat
waaraan uitvoering gegee moet word, die terme van die tweede
lewensregooreenkoms is. Gebaseer op hierdie argument
het mnr.
Reinders gevolglik geargumenteer dat die hele vraagstuk oor die
pactum de non cedendo
derhalwe glad nie eers ter sprake kom of
oorweging hoef te geniet nie.
Na my mening kan die
vraagstuk na die wysiging, verval ensovoorts van klousule 4 van die
huweliksvoorwaarde-kontrak egter eers
ter sprake kom indien dit
bevind sou word dat dit wat in klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak ooreengekom is, nie strydig
met ʼn
pactum de non cedendo
plaasgevind het nie. Die rede hiervoor
is dat indien dit strydig met `n
pactum de non cedendo
plaasgevind het, dit in ieder geval geen regsgevolge kan hê
nie en/of ook nie gewysig kan word nie. Gevolglik meen ek dat
die
aspek van die
pactum de non cedendo
eers beslis moet word.
Die omskrywing van ʼn
pactum de non cedendo
en die regsgevolge daarvan, word as
volg opgesom in
LAWSA,
W.A. Joubert, 2de uitgawe, vol. 2,
deel 2, op p. 28, par. 37:
“
An agreement
preventing a creditor from ceding his or her right against the
debtor, a so-called
pactum
de non cedendo
,
may be concluded expressly or tacitly:
between the debtor and the
creditor at the time when the right which is purportedly being
ceded was constituted, or
between the cedent and the
cessionary, at the time when the obligationary agreement
preceding or accompanying the act
of cession was concluded.
In the first instance the restraint is
a characteristic of the right itself.
From its deception the right
lacks the attribute of transmissibility. Since the cedent is unable
to transfer a better title to another
than his or her own it ought to
follow that any cession effected in defines of the undertaking should
be without legal effect.
” (Eie beklemtoning)
In
The Law of Cession
,
Susan Scott, 2de uitgawe, op p. 213 en 214 word dit as volg verwoord:
“
If the
restricting agreement is part and parcel of the agreement creating
the right, such an agreement is also valid, even if the
cedent has no
interest in the restraint. In both cases, however, the effect of the
pactum
de non cedendo
is that the cession contrary to the restraint is of no force and
effect …
In relation to a right which is
created as a non-transferable right, a
pactum de non cedendo
is valid as the principle of freedom of contract is paramount here
and therefore the requirement that the debtor should have an
interest
in the agreement is unnecessary. A cession contrary to such an
agreement is of no force and effect … as the nature
of the
right is such that it is not transferable.”
Gegewe die datum van
sluiting van die huweliks-voorwaardekontrak en die bewoording van
klousule 4 daarvan, meen ek dat dit duidelik
is dat dit wat in terme
daarvan geskenk is deur die sedering daarvan, die lewenslange
bewoningsreg is wat eiser in terme van
die eerste
lewensregooreenkoms bekom het en die enigste bewoningsreg is waaroor
hy op daardie stadium beskik het. In die verband
is die bewoording
van die huweliksvoorwaardekontrak duidelik dat dit telkens verwys na
ʼn lewensreg bekom in terme van “
ʼn ooreenkoms”
en is die lewensreg ook beskryf as synde “
ʼn
lewensreg verkry (het) op ʼn eenheid om daarin
te woon
tot by sy afsterwe”
. (Eie beklemtoning) Die terme
en voorwaardes van die eerste lewensregooreenkoms is dus in hierdie
geval ter sprake (hoewel die
tersaaklike term dieselfde is as in die
tweede lewensregooreenkoms). Die tersaaklike klousule is in besonder
klousule 2.7, wat
as volg lees:
“
The Occupier
shall not be entitled to make over, cede, assign or sub-let his
rights to occupy the Unit in any way whatsoever or
permit any other
person to occupy the Unit without the prior written approval of the
Society.”
Mnr. Zietsman het betoog
en aan die hand gedoen dat bogemelde bepaling wel onder sekere
omstandighede ʼn
pactum de non cedendo
daar kan stel,
maar indien die bedoeling van die partye met die aangaan van die
klousule in die huweliksvoorwaardekontrak beoordeel
word, dit nie in
hierdie geval so ʼn beperking daarstel nie. Ter ondersteuning
van hierdie argument het mnr. Zietsman gesteun
op die uitspraak in
MTK SAAGMEULE (PTY) LTD v KILLYMAN ESTATES (PTY) LTD
1980(3)
SA 1 (A).
Mnr. Zietsman het betoog
dat dit klaarblyklik die bedoeling van die partye was dat in
konsiderasie van die voorgenome huwelik, eiser
sal sorg of toesien
dat verweerderes sodanige lewensreg op okkupasie of okkupasiereg op
daardie eiendom het, in die sin van verkry,
en ook sal toesien dat hy
dan in die proses afstand doen van sy eie sodanige reg, welke
bedoeling slaan op ʼn potensiële
toekomstige egskeiding. Hy
het gevolglik aan die hand gedoen dat dit die bedoeling was dat na
huweliksluiting beide partye daar
sou bly, maar indien daar ʼn
egskeiding sou volg, eiser dan sou toesien dat daardie reg van
okkupasie verweerderes sal toekom.
Hy het voorts betoog dat dit ʼn
bepaling is wat nog nie uitgevoer is nie en dat dit steeds uitgevoer
kan word, gegewe mnr.
Webster se getuienis dat wanneer verweerderes ʼn
mede-okkupant is, soos tans die geval is, daar nie ʼn verbod is
daarop
dat eiser bloot van sy gedeelte van sy reg op okkupasie kan
afstand doen nie, in welke geval die totaliteit van die okkupasie van
die eenheid verweerderes sal toeval.
Mnr. Zietsman het egter
wel toegegee dat indien die bedoeling van die partye nie as sodanig
geïnterpreteer kan word nie, die
bepaling in die eerste
lewensregooreenkoms wel geag moet word `n
pactum de non cedendo
te wees en dat die skenking in klousule 4 dan strydig daarmee was.
By nalees van die
beslissing in
MTK SAAGMEULE (PTY) LTD v KILLYMAN ESTATES (PTY)
LTD
,
supra
, blyk daar na my mening ʼn wesenlike
onderskeid te wees tussen die feite ten opsigte van die tersaaklike
ooreenkoms wat in
daardie geval gesluit is in vergelyking met die
onderhawige geval. Daar is op 12 A – D beslis dat twee
klousules van die
beweerde verbode sessie-ooreenkoms mekaar
weerspreek en dit derhalwe onduidelik en dubbelsinnig maak. Vanweë
dáárdie
rede het die Hof die bedoeling van die partye
probeer vasstel uit die ander bepalings van die kontrak en het die
Hof ook afleidings
gemaak van bewese feite wat aangetoon het hoe die
partye self die kontrak vertolk het, ook deur hul latere gedrag, ten
einde
die werklike bedoeling van die partye vas te stel (op 12 F -
G).
In die
onderhawige geval meen ek dat die bewoording van klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak geensins dubbelsinnig of onduidelik
is nie.
Uit die bewoording van die kontrak self is daar nie sprake van ʼn
moontlike bedoeling dat die afstanddoening bedoel
was om eers plaas
te vind in geval van ʼn egskeiding nie. Die bedoeling blyk te
wees, aldus die
bewoording
gebruik, en anders as in voormelde uitspraak (op
13 B - D daarvan), dat dit juis die bedoeling was dat daar
(onmiddellik) ʼn
oordrag of dan sessie sou plaasvind wat
verweerderes as die houer van `n lewenslange reg op okkupasie van die
eenheid in die plek
van eiser sou laat tree
vis-à-vis
Hibiscus. Daar is geen aanduiding in die
bewoording as sulks dat dit die bedoeling was om op die toekoms te
slaan nie – of
ten minste is daar nie `n dubbelsinnigheid of
teenstrydigheid wat blyk uit die bewoording as sulks nie. (Wat na my
mening volgens
die
getuienis
die werklike bedoeling van die partye was, sal
hierinlater weer deur my aangespreek word.)
By gebrek aan enige
dubbelsinnigheid in die bewoording van die huweliksvoorwaardekontrak
self, kan ek nie verweerders se getuienis
ten opsigte van die
bedoeling van die partye, in ag neem nie:
“
The reason
why rectification is necessary before the true version of the
contract can be enforced is that, while the written contract
stands
unrectified, it excludes evidence to prove the true version, by the
combined effect of the parol evidence rule and the rule
that no
evidence may be given to alter the clear and unambiguous meaning of a
written contract.”
Sien
THE LAW OF
CONTRACT IN SOUTH AFRICA
, R.H.
Christie, 5de uitgawe, op
p. 330.
E: Gevolgtrekkings:
Die sessie-ooreenkoms in
klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak bots dus na my mening
lynreg met die
pactum de non cedendo
vervat in klousule 2.7
van die eerste lewensregooreenkoms. Gevolglik is klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak
ab initio
nietig en onafdwingbaar.
Voormelde bevinding het
tot gevolg dat dit ook nie op enige wyse geratifiseer kan word deur
Hibiscus nie en die daaropvolgende
registrasie daarvan het ook nie
geldigheid daaraan verleen nie. In
WILLE’S PRINCIPLES OF
SOUTH AFRICAN LAW
, Du Bois, 9de uitgawe, op p. 738 word dit as
volg gestel:
“
In such
cases the agreement confers no legal rights on either party. It
follows that there is no contract; it cannot be ratified
subsequently
by one or even by both of the parties, and the fact that it has been
registered cannot validate it. No order of court
is required to set
the agreement aside for it is worthless and non-existent; but if the
agreement has actually been registered,
for example, an antenuptial
contract, it is safer for the person who does not wish to be bound by
the agreement to have the registration
set aside by the court. While
a void contract confers no right of action on either of the parties,
if one of them has actually
made performance in pursuance of the
agreement the court will in certain circumstances grant him redress
by way of restoration
of property or of compensation in money.”
Vanweë voormelde
bevinding, is dit na my mening gevolglik onnodig om enigsins die
vraagstuk rondom die wysiging, aldan nie,
van klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak, te beslis, aangesien daar uiteraard nie
sprake kan wees van die wysiging van
ʼn nietige kontrak nie. Net
so, inaggenome mnr. Reinders se betoog waarna ek vroeër verwys
het, hoef ek ook nie oorweging
te skenk aan die vraag wat die gevolg
is van die feit dat die tweede lewensregooreenkoms gesluit is en die
eerste lewensregooreenkoms
gekanselleer is vóór
huweliksluiting en dat dit wat in die huweliksvoorwaardekontrak
sedeer was, dus nie meer bestaan
het ten tyde van óf
huweliksluiting óf registrasie van die
huweliksvoorwaardekontrak nie.
F: Alternatiewe
vorderings met betrekking tot klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak:
Vanweë die
bevindings reeds hierbo gemaak, het dit tot gevolg dat die
alternatiewe vorderings van verweerderes soos uiteengesit
in
paragrawe 6.4 en 6.5 van verweerderes se teeneis, regtens nie
gefundeerd is onder hierdie omstandighede nie en dus ook nie
kan
slaag nie. In ieder geval ondersteun die getuienis na my mening nie
enige bewerings van opsetlike of bedrieglike gedrag deur
eiser nie
(ek sal hierinlater weer terugkeer na my interpretasie van die
bedoeling van die partye).
VORDERING TEN
OPSIGTE VAN DIE POLIS SOOS UITEENGESIT IN KLOUSULE 3 VAN DIE
HUWELIKSVOOR-WAARDEKONTRAK:
My bevinding dat
klousule 4 van die huweliksvoorwaarde-kontrak nietig is, het geen
effek op die geldigheid van klousules 1, 2
en 3 van die
huweliksvoorwaardekontrak nie. Dit was ook nie te enige tyd eiser se
saak nie. Gevolglik is daar na my mening regtens
geen beletsel teen
die verlening van ʼn bevel ter nakoming van klousule 3 van die
huweliksvoorwaardekontrak nie.
Wat die feitelike
situasie betref, het mnr. Zietsman tereg in sy argument uitgewys dat
in eiser se opsomming van maandelikse inkomste
en uitgawes wat as
bewysstuk “E” ingehandig is, duidelik aangedui word dat
hy ʼn uitgawe het ten opsigte van
ʼn lewenspolis wat beskryf
word as “Disc Life”. Ook in eiser se opponerende
verklaring in die Reël 43 aansoek
onder aansoeknommer 773/08
het eiser op p. 28 van die gepagineerde stukke, par. 21.7, aangedui
dat hy ʼn maandelikse uitgawe
ten opsigte van ʼn Discovery
lewenspolis het. Op die getuienis voor my en by gebrek aan getuienis
tot die teendeel, aanvaar
ek dus dat voormelde inderdaad verwys na
die Discovery polis waarvan die opbrengs in terme van klousule 3 van
die huweliksvoorwaardekontrak
aan verweerderes sedeer is en dat
daardie polis dus nog
in esse
is.
Derhalwe is verweerderes
geregtig op `n bevel ter nakoming en uitvoering van die skenking
vervat in klousule 3 van die huweliksvoorwaardekontrak.
REG OP EN OMVANG
VAN ONDERHOUD:
A: Tersaaklike
regsbeginsels:
Verweerderes het in
paragraaf 4 van haar teeneis R6 800.00 per maand onderhoud gevorder,
betaalbaar tot haar dood of hertroue,
gebaseer op die volgende:
“
4.1 die duur
van die huwelik;
4.2 die huidige en verwagte inkomste
van die partye;
4.3 die onderskeie verdienvermoë
van die partye;
4.4 die lewenstandaard wat die partye
gehandhaaf het tydens die bestaan van die huwelik;
4.5 die nadelige finansiële
gevolge wat die verweerderes gely het as gevolg van die huwelik;
4.6 die gedrag van die eiser wat
aanleiding gegee het tot die verbrokkeling van die huwelik.”
Soos ter aanvang deur
mnr. Reinders in sy betoog uitgewys, is dit ʼn neergelegde
beginsel dat geen party ʼn reg op onderhoud
na egskeiding het
nie. Sien
STRAUSS v STRAUSS
1974(3) SA 79 (A) en
BOTHA v
BOTHA
2009(3) SA 89 (W) op 95 D. Die betaling van onderhoud aan
ʼn gade by egskeiding is deur wetgewing geskep. In die verband
bepaal Artikel 7(2) van die Wet op Egskeiding, 70 van 1979, as volg:
“
7(2) By
ontstenis van ʼn bevel gegee kragtens sub-artikel (1) met
betrekking tot die betaling van onderhoud deur die een party
aan die
ander kan die hof, met inagneming van die bestaande of verwagte
vermoëns van elk van die partye, hulle onderskeie
verdienvermoëns, finansiële behoeftes en verpligtinge, die
ouderdom van elk van die partye, die duur van die huwelik,
die
lewenspeil van die partye voor die egskeiding, hulle gedrag vir sover
dit op die verbrokkeling van die huwelik betrekking het,
ʼn bevel
ingevolge sub-artikel (3) en enige ander faktor wat na die oordeel
van die hof in aanmerking geneem behoort te word,
ʼn bevel gee
wat die hof billik ag met betrekking tot die betaling van onderhoud
deur die een party aan die ander vir enige
tydperk tot die dood of
hertroue van die party ten gunste van wie die bevel gegee is, na
gelang die een of die ander eerste plaasvind.”
Terselfdertyd, soos deur
mnr. Reinders ten tyde van sy argument versoek, moet die vraagstuk
oorweeg word, veral in hierdie bepaalde
geval waar daar nie kinders
gebore is uit die huwelik nie, sonder dat daar enige diskriminasie
teen enige van die partye plaasvind
op basis van hul ouderdom en/of
hul geslag. Dit blyk egter dat die gemeenregtelike beginsels ten
opsigte van onderhoud, sowel as
die beginsels vervat in Artikel 7(2)
van die wet, juis nie strydig is met voormelde grondwetlike beginsels
waarna mnr. Reinders
verwys het nie. Sien
BOTHA v BOTHA
,
supra
, op 96 F - G.
Die woord “kan”
wat in Artikel 7(2) van die wet gebruik word, is ook aanduidend
daarvan dat dit ʼn judisiële
diskresie is wat uitgeoefen
moet word by die oorweging van die vraag of onderhoud toegestaan
moet word aldan nie, en die omvang
daarvan, en dat geen party ʼn
reg daartoe het nie. Sien
BOTHA v BOTHA
,
supra
, op 95
H - I. Hoewel daar dus ʼn behoorlike saak vir die vordering van
onderhoud op ʼn oorwig van waarskynlikhede uitgemaak
moet word
(sien
BOTHA v BOTHA
,
supra
, op 97 C - D en
PORTINHO
v PORTINHO
1981(2) SA 595 (T)) het die Hof ʼn wye diskresie
hieromtrent. Sien
ZWIEGELAAR v ZWIEGELAAR
2001(1) SA 1208
(SCA) op 1211 F - G.
Wat betref bogemelde
aangehaalde bewoording van die wet wat verwys na ʼn bevel wat
die Hof “billik” ag, word dit
in die Engelse weergawe
van die wet omskryf as ʼn bevel wat die Hof ag “just”
te wees. Met betrekking tot die
vraagstuk van wat `n Hof as “billik”
of “just” beskou, meen ek dat die tersaaklike beginsels
baie treffend
uiteengesit is in
BOTHA v BOTHA
,
supra
,
op 97 D - 98 F, waarmee ek my met eerbied vereenselwig:
“
[42] In
exercising its wide discretion a divorce court may or may not make an
order granting maintenance. Where maintenance is granted
this may be
for ‘any period’, whether a specified period of time or
until the happening of an event.
[43] The purpose of the court’s
enquiry in terms of S 7(2) is to determine what award would be
‘just’. The enquiry
is necessarily directed towards the
interests of both spouses and the impact which the order will have on
each. Justice must therefore
be measured as between Mr and Mrs Botha.
[44] Few reported judgments on
application of the Divorce Act have addressed themselves to the
meaning to be given to the goal of
achieving what is ‘just’.
In Zwiegelaar v Zwiegelaar 2001(1) SA 1208 (SCA) the court commented
that it would be just
to recognise accommodation requirements as part
of maintenance needs, while Buttner v Buttner 2006(3) SA 23 (SCA)
stated that the
court is enjoined to ‘effect justice as between
the parties’.
[45] What is ‘just’ has
been considered in the context of insolvency and liquidation. In
Pienaar v Thusano Foundation
and Another 1992(2) SA 552 (B), Friedman
AJP said the following:
‘
By their
very nature the words “just and equitable” are incapable
of an all-embracing and exhaustive definition, and
it is not
surprising that the Courts have been unable to define them in an
all-encompassing manner.
In its plain, grammatical meaning,
“just” means
inter alia
correct, appropriate
fair-minded, sound, deserved, fitting, reasonable, justified and
“equitable” means
inter alia
even-handed, fair,
honest, reasonable, right.
This in effect connotes and signifies
that, if the Court, in exercising its discretion judicially, comes to
the conclusion that
it is correct and appropriate and fair and
reasonable to wind-up a company it will do so.
To put it another way, in its process
of reasoning the Court is guided by “broad conclusions of law,
justice and equity”,
and in doing so it must take into account
competing interests and determine them on the basis of a judicial
discretion of which
“justice and equity” are an integral
part. The Court has to balance the respective interests and tensions
and counterbalance
the competing forces and resolve and determine
them in a fair, proper and reasonable manner.’
[46] What is thought to be a ‘just’
order in the context of the Divorce Act must contain a moral
component of what is
thought to be ‘right’ and ‘fair’.
Fairness envisages that the order is ‘appropriate’ as
between
the parties, and when measured against all the factors
specified in s 7(2) and those others which a court decides should
also be
taken into account. What is ‘appropriate’ deems
one back full circle to the moral consideration that the order must
be ‘deserved’. Of course, any ‘just’ order
must be ‘well-founded’ on fact and reflect relevant
and
proper legal principles.
[47] The considerations to which a
court must have regard as specified in s 7(2), as well as ‘any
other factor’, encompass
the enquiries as to whether or not an
award of maintenance should be granted and, if so, in what amount,
for what period and on
what conditions. There is obviously much
overlap in the import of these considerations. Most of the specified
factors seem to guide
the court as to both entitlement to and quantum
of maintenance.”
Tesame met bogemelde
blyk dit dat gegewe die feit dat ʼn hof in terme van Artikel
7(2) van die wet geregtig is om “enige
ander faktor wat na die
oordeel van die hof in aanmerking geneem behoort te word”, mag
oorweeg, aanduidend is daarvan dat
die Hof se diskresie in die
verband absoluut is. Sien
GRASSO v GRASSO
1987(1) SA 48 (C).
Terselfdertyd behoort geen van die faktore wat die Hof in ag neem,
egter geag word dominant te wees nie. Sien
S v SWART
1980(4)
SA 364 (O) op 376.
B: Betoë:
Mnr. Zietsman het betoog
dat met inagneming van die feite, omstandighede en relevante faktore
soos blyk uit die getuienis, dit
verweerderes geregtig maak op
onderhoud in terme van Artikel 7(2) van die wet. Hierteenoor het
mnr. Reinders betoog dat die enigste
bevel met betrekking tot
onderhoud wat toegestaan behoort te word, is ʼn bevel soos
uiteengesit in die tender ooreenkomstig
Reël 34, synde
oorbruggingsonderhoud in die bedrag van R5 000.00 per maand vir ʼn
periode van twaalf maande, maar, het
mnr. Reinders betoog, dat
anders as in die tender aangebied (en gegewe dat die tender nie
aanvaar was nie), die twaalf maande
nie bereken moet word vanaf
datum van egskeiding nie, maar wel vanaf datum van die tender, synde
2 Junie 2009. Mnr. Reinders
se betoog was voorts dat verweerderes op
54 jaar oud vir die derde keer getroud is en dat daar geen basis is
waarop eiser, as
pensionaris, nadat hy slegs relatief kort met haar
getroud was, vir die res van sy lewe met verweerderes se onderhoud
belas behoort
te word nie. Sy betoog was dat verweerderes skaars weg
was vanaf eiser, toe het sy weer ʼn betrekking bekom.
Daarteenoor
is daar egter, aldus sy betoog, nie weer ʼn kans dat
eiser ʼn betrekking sal bekom nie. Hy het voorts betoog dat
verweerderes
in effek in dieselfde posisie tans is as wat sy voor
huweliksluiting was, deurdat sy die R300 000.00 het wat uit die
verkoping
van haar huis beskikbaar geraak het, dat sy weer ʼn
haarsalon kan open, veral inaggenome die onderhoud wat sy intussen
pendente lite
ontvang het en wat sy behoort te gebruik het om
sodanige haarsalon weer op die been te gebring het. Hierteenoor,
aldus mnr. Reinders
se verdere argument, is dit duidelik dat eiser
se belegging van R1 2000 000.00 gekrimp het tot R900 000.00,
aangesien eiser intussen
kapitale onttrekkings moes maak.
C: Tersaaklike
faktore:
C1: Partye se
omstandighede voor sluiting van die huwelik:
Ek het reeds die
agtergrond omstandighede met betrekking tot die partye se
huweliksluiting, met insluiting van hul eerste huweliksluiting,
in
paragrawe 11.1 en 13 hierbo uiteengesit, welke ek weer hierby in ag
neem. Uit daardie feite en getuienis blyk dit dat op die
stadium toe
die partye die tweede keer in die huwelik bevestig is, verweerderes
oor haar eie woning en oor haar eie haarsalon
beskik het. Sy was
selfonderhoudend op daardie stadium. Ten tyde van kruisverhoor is
daar aan haar gevra dat indien die salon
so baie geld gemaak het,
waar die geld was op daardie stadium. Sy het verduidelik dat dit
maandeliks gebruik is vir lewensonkostes,
betaling van haar
huisverband, voorraad, haar kinders wat sy moes versorg en dies
meer. Met verwysing na haar lewensonkoste op
daardie stadium was
daar ʼn pertinente vraag aan haar gestel met die volgende
antwoord:
“
Hoeveel is
dit per maand? ... Op daardie stadium was dit seker so R8 000.00 per
maand.”
Ten tyde van die
kruisverhoor van mnr. Jooste, synde die boekhouer van eiser, het hy
op ʼn vraag van mnr. Reinders of hy ook
die boekhouer van
verweerderes was, getuig dat hy nie persoonlik was nie, maar dat die
kantoor waar hy werksaam is, wel was. Op
ʼn verdere vraag het dit
geblyk dat hy wel finansiële state ten opsigte van verweerderes
se haarsalon vir die finansiële
jare geëindig 2004 en 2005,
onderskeidelik, saamgebring het Hof toe. Hierdie finansiële
state is toe as bewysstukke “F1”
en “F2”
onderskeidelik ingehandig. Daarvolgens het dit geblyk dat haar netto
wins vir die jaar 2004 R29 627.45 was
en vir die jaar 2005 R31
146.05. Na aanleiding van hierdie “getuienis” het mnr.
Reinders betoog dat verweerderes se
vroeëre getuienis dat sy
lewensonkoste van R8 000.00 per maand uit die haarsalon kon betaal
het, ʼn blatante oneerlikheid
is.
Ek meen egter dat dit nie
bloot so geargumenteer kan word nie. Die feit van die saak is dat
sonder noodwendige inagneming van die
syfer daaraan verbonde, is dit
verweerderes se onbetwiste getuienis dat dit wat sy uit die haarsalon
verdien het, voldoende was
om ten volle haarself en haar kinders te
onderhou, veral inaggenome haar verdere getuienis dat sy slegs vir ʼn
jaar na haar
eerste egskeiding R2 000.00 onderhoud vanaf eiser
ontvang het. Daar is geen getuienis dat sy enige ander bron van
inkomste gehad
het nie en dus moet aanvaar word dat sy voldoende
fondse uit die haarsalon verkry het vir haar (en haar kinders) se
onderhoud.
Verdermeer was dit pertinent mnr. Jooste se getuienis (in
herverhoor) dat hy nie verweerderes se boekhouer was nie en dat die
finansiële
state, bewysstukke “F1” en “F2”,
nie deur hom opgestel is nie, maar deur ene mnr. Claassen van hul
kantoor.
Dit, saam met die feit dat verweerderes self op geen stadium
met hierdie syfers gekonfronteer is om sodoende die betroubaarheid
daarvan of die ongeloofwaardigheid van die verweerderes ten opsigte
daarvan, ten toon te stel nie, het na my mening tot gevolg
dat
bewysstukke “F1” en “F2” hoorsê
getuienis daarstel en hoewel daar nie daarteen beswaar gemaak
is nie,
is die getuieniswaarde wat ek daaraan kan heg, na my mening dus
uiters minimaal, indien enige iets. Dit kan ook nie geargumenteer
word dat eiser nie die geleentheid gehad het om verweerderes omtrent
die syfers te kruisverhoor nie, want nie net kon verweerderes
vir
daardie doel teruggeroep word na die getuie bank nie, maar was eiser
nog deurentyd in besit van beweerde finansiële state
ten opsigte
van die salon vir die jaar 2006, soos blyk uit verweerder se
opponerende verklaring in die Reël 43 aansoek onder
aansoeknommer 773/2008, p.22, paragraaf 12.1, saamgelees met
aanhangsel “A” daartoe. Desnieteenstaande is verweerderes
op geen stadium met hierdie inligting in kruisverhoor gekonfronteer
nie.
Dit blyk voorts uit
verweerderes se getuienis dat sy voorafgaande die sluiting van die
huwelik oor haar eie mediese fonds beskik
het – ʼn
volledige mediese fonds en nie net ʼn hospitaalplan nie. Verder
het sy ook uitkeerpolisse gehad. Na huweliksluiting
het eiser haar
egter meegedeel dat hierdie fonds en polisse nie meer nodig is nie,
aangesien hy vir haar sou sorg. Sy het gevolglik
haar mediese fonds
gekanselleer en die ander polisse is afgekoop. Die fondse wat sy
hieruit verkry het, het ongeveer die bedrag
van R60 000.00 tot R70
000.00 beloop, welke geld sy saam met die opbrengs van haar huis,
waarna ek hierinlater weer sal verwys,
belê het en tans nog op
belegging het. Die R20 000.00 wat sy gebruik het ten einde haar
aandeel in terme van die tweede
lewensregooreenkoms te betaal, het
ook uit hierdie geld wat vanuit die polisse bekom is, gekom.
Ek aanvaar dus op die
getuienis voor my dat verweerderes ten volle self-onderhoudend was
voor die sluiting van die huwelik, wat
insluit dat sy oor `n
woonhuis van haar eie en `n mediese fonds beskik het.
Wat eiser betref, moet
daar tot die grootste mate gespekuleer word oor wat sy finansiële
posisie was voordat hy weer met
verweerderes in die huwelik getree
het, aangesien hy klaarblyklik nie sy weg oopgesien het om die Hof
in sy vertroue te neem
en self daaromtrent te getuig nie. Behalwe om
af te lei dat eiser onmiddellik voor die huweliksluiting reeds ʼn
pensionaris
was en dit vasstaan dat hy op daardie stadium reeds oor
die lewensreg ten opsigte van okkupasie te Hibiscus beskik het
ooreenkomstig
die eerste lewensregooreenkoms, is verdere stellings
wat in die verband namens eiser gemaak is, uiteraard nie getuienis
nie.
C2: Die huwelik en
veranderinge teweeggebring deur die huwelik:
Ek het reeds vroeër
in hierdie uitspraak gehandel met die situasie dat die
huweliksluiting teweeggebring het dat verweerderes
haar woonhuis
verkoop het en haar haarsalon (wat vanaf die woonhuis bedryf was in
`n aparte woonstel in die erf) se deure gesluit
het. Ek neem
weereens daardie getuienis in ag vir doeleindes van die oorweging
van hierdie faktor ter beregting van die onderhoudsaspek.
Inteendeel, dit blyk ook dat eiser verweerderes onder geweldige druk
geplaas het om haar huis te verkoop en die haarsalon tot
niet te
maak. Op p. 207 van die getikte oorkonde het sy weereens ten tyde
van kruisverhoor getuig dat sy eiser by verskeie geleenthede
gevra
het dat sy aangaan met die salon vir die volgende vyf na tien jaar
toe, dat sy aanhou om te werk. Die eiser wou egter niks
daarvan hoor
nie en wou nie in Hoopstad bly nie.
Hoewel verweerderes dus
die opbrengs van die huis, synde ongeveer R300 000.00, tans op
belegging het, het die huweliksluiting
tot gevolg gehad dat sy die
fisiese woonhuis van haar eie “verloor” het, sowel as
die bron van haar inkomste sedert
1983 (met uitsluiting van die
ongeveer twee jaar toe sy die eerste keer met eiser getroud was),
synde die haarsalon.
Voorts blyk dit uit
paragraaf 40 hierbo, dat die huweliksluiting ook tot gevolg gehad het
dat sy haar mediese fonds en haar polisse
tot niet gemaak het, hoewel
ek wel insgelyks in ag neem dat sy ongeveer R70 000.00 voortspruitend
uit die afkoop van die polisse,
op belegging het waaruit sy tans
steeds `n maandelikse rente-inkomste verdien.
Hoewel mnr. Reinders ten
tyde van die kruisverhoor gepoog het om grond van sy instruksies
vanaf eiser verweerderes sover te kry
as om toe te gee dat sy op
doktersadvies nie kon voortgaan met die bedryf van haar salon nie,
meen ek dat die kruisverhoor nie
suksesvol was daarmee nie. Wanneer
haar getuienis in die verband beoordeel word, blyk dit duidelik dat
verweerderes se getuienis
tot dien effekte is dat die dokter wel
gediagnoseer het dat daar spasmas in haar skouers ontwikkel het,
maar dat dit nie onherstelbaar
was nie en het die dokter nie by wyse
van werklike advies aangedui dat sy haar werksverrigtinge moes staak
nie. Haar getuienis
is duidelik dat die dokter spottenderwys vermeld
het dat sy eerder moet ophou werk en in Margate gaan bly. Geen
getuienis is
deur eiser ter weerspreking hiervan aangebied nie en is
die stellings in die verband weereens nie getuienis nie. Verdermeer
is
die onbetwiste getuienis ook dat verweerderes in ieder geval toe
steeds daarna vir tien maande lank haar haarsalon bedryf het,
synde
tot einde 2005. Met voormelde inaggenome, meen ek nie dat dit
enigsins vir verweerderes nodig was om die dokter se getuienis
ter
ondersteuning van haar getuienis aan te bied, soos deur mnr.
Reinders betoog was nie. Na my mening is daar dus nie getuienis
op
grond waarvan ek kan bevind dat dit vir ander redes, soos
byvoorbeeld mediese redes, is dat verweerderes die bedryf van haar
haarsalon gestaak het anders as dat eiser daarop aangedring het
voortspruitend uit die huweliksluiting nie.
Ek het reeds vroeër
hierin gehandel met klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak
gesluit tussen die partye en dat dit
vir die redes bevind, nietig
is. Ten spyte van hierdie regstegniese nietigheid, meen ek dat die
partye se bedoeling met die sluiting
daarvan, steeds ʼn faktor
is wat ek in ag behoort te neem by die oorweging van die vraag of
verweerderes ʼn behoorlike
saak ten opsigte van haar vordering
vir onderhoud, uitgemaak het. Hoewel dit ook onder die huidige
bespreking relevant is, ag
ek dit doelmatig om eerder later volledig
na hierdie aspek terug te keer.
Dit moet ook vermeld
word dat in kruisverhoor op `n stelling van mnr. Reinders dat indien
verweerderes nie getrou het nie en met
die haarsalon sou voortgaan,
sy vandag in dieselfde finansiële posisie sou gewees het as wat
sy huidiglik is, het sy as
volg geantwoord op p. 208 van die getikte
oorkonde:
“
Ek sou
vandag beslis in `n beter situasie gewees het, want my kinders was
uit die huis op daardie stadium. Die jaar toe ek met Jan
getroud is,
het my dogter klaar studeer en dit was my derde kind wat ek klaar
gehad het, so ek sou vir die eerste keer dan vir
myself sonder dat ek
kinders hoef te onderhou of te versorg of te laat leer of wat ook al,
sou ek tot vandag toe in `n baie beter
situasie gewees het.”
Daar is na my mening geen
rede of basis waarom ek nie hierdie getuienis van verweerderes moet
aanvaar nie. Ek moet ook op die getuienis
aanvaar, anders as deur
mnr. Reinders gestel en later betoog, dat die huweliksluiting
verweerderes se finansiële posisie en
posisie van finansiële
onafhanklikheid en selfstandigheid, nadelig beïnvloed het.
Dit is wel so dat die
huweliksluiting ook die positiewe gevolg gehad het dat verweerderes
toe eventueel saam met eiser in die
eenheid te Hibiscus gaan woon
het en dat sy die belegging gehad het waaruit sy ʼn
rente-inkomste verdien het en tans steeds
verdien. Haar onbetwiste
getuienis is egter ook dat toe sy ten tyde van die bestaan van die
huwelik te Hibiscus genader is om
behulpsaam te wees in die
plaaslike haarsalon in die kompleks, wat sy met ander woorde kon
gebruik om haar inkomste aan te vul,
eiser haar glad nie wou toelaat
om dit te doen nie.
Weereens is daar geen
getuienis deur eiser aangebied wat daarop dui dat sy finansiële
posisie enigsins versleg het of benadeel
is deur of as gevolg van
die huweliksluiting nie.
C3: Die lewenspeil of
lewensstandaard van die partye ten tyde van die huwelik:
Volgens verweerderes se
getuienis was daar geen finansiële tekort tydens die bestaan
van die huwelik nie. Aldus haar was
daar teoreties ook nie ʼn
finansiële probleem om aktiwiteite te doen soos uiteet en
vakansiehou nie, hoewel eiser, aldus
haar getuienis, byvoorbeeld
nooit voorgestel het dat hulle gaan uiteet nie. Hierdie getuienis
word by gebrek aan enige getuienis
tot die teendeel deur eiser,
aanvaar.
C4: Finansiële
vermoëns van die partye en hul onderskeie verdien-vermoëns:
Ek aanvaar die getuienis
dat verweerderes tans oor ʼn belegging van R370 000.00 beskik,
waaruit sy ʼn maandelikse rente-inkomste
van ongeveer R2 700.00
verdien. Aldus haar getuienis, wat nie weerspreek is nie en ook
aanvaar word, is hierdie belegging vir
ʼn vaste termyn van vyf
jaar gedoen. Soos blyk uit haar getuienis, gelees met p. 52 van
bewysstuk “C”, synde
verweerderes se bewysstukbundel, is
die belegging ten opsigte van die R300 000.00-gedeelte op 23
Augustus 2007 gedoen, terwyl
die belegging ten opsigte van die R70
000.00-gedeelte op 9 Mei 2007 geprosesseer is.
Ten tyde van die verhoor
en uiteraard tans steeds, het verweerderes ook in terme van die Reël
43 hofbevel onder aansoeknommer
773/08 onderhoud
pendente lite
ten bedrae van R5 000.00 per maand ontvang sedert 6 Maart 2008.
Hierdie
pendente lite
onderhoud sal uiteraard verval by
lewering van die onderhawige uitspraak.
Ten tyde van die verhoor
het verweerderes ook `n tydelike pos as onderwyseres beklee by die
Modderfontein Laerskool sedert Maart
2009, waarvoor sy ʼn netto
salaris van R6 900.00 ontvang. Hierdie pos is egter nie ʼn
permanente pos nie. Ek keer later
weer hierna terug.
Verweerderes het matriek
geslaag en het in 1972 ʼn Hoër Onderwys Diploma verwerf. Op
ʼn vraag van myself het sy verduidelik
dat dit haar kwalifiseer
om skool te hou vir Graad 3, 4, 5, 6 en 7, maar nie vir Grondslag
Fase, met ander woorde Graad 1, 2
en 3 nie. Dit kwalifiseer haar ook
nie vir hoërskool onderwys nie. Sang en musiek was haar
hoofvakke waarvoor sy opgelei
is. Volgens haar onbetwiste getuienis,
wat ek dus aanvaar, het sang- en musiekposte in die hedendaagse tyd
tot ʼn groot mate
verval en is daar weinig van dit beskikbaar.
Nadat sy gekwalifiseer
het, het sy onderwys gegee tot 1977 en nie weer daarna tot en met
Oktober 2008, nadat sy en eiser reeds verwyderd
van mekaar was nie.
Verweerderes se
onbetwiste getuienis is ook dat sy slegs drie jaar opleiding het,
terwyl dit hedendaags verpligtend is dat alle
onderwysers wat in
permanente poste aangestel word, vier jaar opleiding moet hê.
Derhalwe is sy maand tot maand afhanklik
van die huidige onderhoud
van eiser en is sy geensins verseker van `n onderwyspos in die
toekoms nie. Voorts is dit haar onbetwiste
getuienis dat sy in ieder
geval nie op haar ouderdom, nadat sy dertig jaar terug uit die
onderwys uit is, weer ʼn permanente
pos sal kan bekom nie.
[53] Verweerderes is
voorts ook nie gekwalifiseer as ʼn haarkapster nie en het sy haar
in haar getuienis as ʼn “selfgemaakte”
haarkapster
beskryf. Soos voorheen hierin vermeld, het sy, aldus haar getuienis,
haar eie haarsalon te Hoopstad begin bedryf gedurende
1983 tot en met
1997, toe sy en eiser die eerste keer getroud is, en na hul eerste
egskeiding in Februarie 1999, het sy weer ʼn
haarsalon geopen te
Hoopstad, welke sy bedryf het tot en met Desember 2005, toe sy dit
gestaak het, aldus haar aanvaarde weergawe,
op eiser se aandrang. Ek
het reeds in paragraaf 38 hierbo gehandel met haar getuienis wat
betref die inkomste wat sy uit hierdie
haarsalon ontvang het en tot
welke mate sy haarself en haar drie kinders daaruit onderhou het.
[54] Verweerderes het
getuig dat nadat sy en eiser uitmekaar is op 1 Januarie 2008, sy
aansoek gedoen het om verskeie poste. Omdat
sy graag in Hoopstad of
in die omgewing wou werk bekom, het sy onder andere aansoek gedoen te
Bloemhof skool, maar sonder sukses.
Sy het ook by Grey te
Bloemfontein aansoek gedoen om `n matrone pos, maar ook sonder
sukses. Sy het ook aansoek gedoen by `n haarsalon,
maar omdat sy geen
kwalifikasies daarvoor het nie, was sy ook daarmee onsuksesvol.
Gedurende Oktober 2008
het sy haar suster besoek vir haar verjaarsdag en terwyl sy daar was,
is sy ʼn aflospos as onderwyseres
aangebied by die die skool waar
haar suster skoolhou, in die plek van ʼn onderwyseres wat op
kraamverlof was. Dus het sy tussen
Oktober 2008 en Februarie 2009
hierdie pos beklee. Na aanleiding van hierdie pos, is sy deur ʼn
ander skool, Modderfontein
Laerskool te Westonarea genader nadat die
skool te veel kinders gehad het vir twee klasse en hulle ʼn derde
klas moes maak.
Dit is ʼn tydelike pos en beklee sy dit sedert
Maart 2009.
[55] Na my mening blyk
dit dus dat verweerderes se omstandighede gedeeltelik vergelyk kan
word met die omstandighede wat geheers
het in die geval van
WEINER
v WEINER
(appèlnommer 995/2004), ʼn ongerapporteerde
uitspraak gelewer in die Kaapse Provinsiale Afdeling deur ʼn
Volbank
op 11 Februarie 2005, en na welke uitspraak ook in
BOTHA v
BOTHA
,
supra
, verwys is. In die onderhawige geval is
verweerderes net nog ouer, wat haar kanse op gereelde tydelike poste
nog minder maak as
in daardie geval. Hierdie omstandighede het, soos
in
WEINER v WEINER
,
supra
, paragraaf 10 daarvan, tot
gevolg dat ek genoodsaak is om te aanvaar dat verweerderes se
omstandighede met betrekking tot ʼn
onderwyspos sodanig is dat sy
noodwendigerwys vir onbepaalde tydperke nie `n tydelike pos sal kan
bekom nie en hoe ouer sy word,
hoe slegter gaan haar kanse om enige
tydelike pos te bekom, word. `n Berekening hieromtrent, op `n
soortgelyke wyse as wat gedoen
is in
WEINER v WEINER
,
supra
,
sal tegelegenertyd hierin deur my gedoen word.
Mnr. Reinders het
stellings aan verweerderes gemaak en ook by afsluiting van die
verhoor daaromtrent betoog dat dit verweerderes
vrystaan om terug te
keer na Hoopstad en weer ʼn haarsalon te begin bedryf. Sy het
egter getuig dat sy nie op haar huidige
gevorderde ouderdom kans
sien om weer ʼn derde keer van voor af te begin om ʼn salon
op te bou, in besonder nadat daar
soveel ander salonne intussen
oopgemaak het nie. Ek meen dat dit onrealisties en vergesog is om
van verweerderes te verwag om
van meet af weer ʼn salon in
Hoopstad te begin. Buiten dat ek haar getuienis aanvaar dat daar
intussen ander haarsalonne
oopgemaak het wat nie voorheen daar
bestaan het nie, moet ook in ag geneem word dat sy reeds teen einde
2005 Hoopstad verlaat
het en derhalwe nie meer geag kan word
alombekend te wees daar nie. (Toe sy die haarsalon opnuut begin het
na haar eerste egskeiding
met eiser, was sy ten minste deurentyd in
Hoopstad distrik woonagtig en derhalwe steeds daar bekend, wat tans
nie die situasie
is nie.) Daar is ook geen getuienis dat sy enige
van die toerusting wat nodig is om ʼn haarsalon te bedryf steeds
tot haar
beskikking het nie. Verdermeer is verweerderes ook meer as
10 jaar ouer as toe sy die vorige keer die haarsalon opnuut begin
het.
Selfs gebaseer op mnr.
Reinders se argument met betrekking tot die opening van `n nuwe
haarsalon, gaan sy nie fondse beskikbaar
hê om dit te doen, `n
deposito op `n huis te betaal, weer `n huisverband te betaal, haar
lewensonkoste te dek en toerusting
vir die haarsalon te koop wanneer
sy geen onderhoud of selfs een jaar se oorbruggings-onderhoud sou
ontvang nie. Sy kan ook nie
die kapitaal wat sy tans op vaste
belegging het, daarvoor gebruik nie, aangesien dit aldus die
onbetwiste getuienis eers teen 2012
beskikbaar sal wees. In ieder
geval blyk dit dat op waarskynlikhede, gegewe die tersaaklike feite,
dit onwaarskynlik is dat sy
weer ʼn suksesvolle haarsalon op die
been sal kan bring op hierdie stadium van haar lewe.
Wat eiser betref,
weereens gegewe dat hy besluit het om nie die Hof in sy vertroue te
neem deur getuienis aan te bied rondom sy
persoonlik omstandighede
en finansiële posisie nie, is daar wel sekere inligting
beskikbaar wat uiteraard, insoverre dit
betroubare getuienis blyk te
wees, deur my in ag geneem gaan word, maar sal eiser slegs homself
te blameer hê indien daar
ander getuienis beskikbaar is wat in
sy guns kon tel, maar welke nie aan my voorgehou is nie. Eiser blyk
met verweerderes te
getrou het toe hy 64 jaar oud is en is hy tans
68 jaar oud. Hy is ʼn pensionaris. Toe verweerderes eiser
ontmoet het voorafgaande
hulle eerste huwelik, was hy ʼn boer in
Hoopstad distrik. Volgens verweerderes se getuienis was hy op
daardie stadium ʼn
baie welgestelde boer met beeste, plase, ens.
Sy is egter wel bewus daarvan dat nadat hulle die eerste keer geskei
is, hy sy
plase en sy beeste verkoop het, maar dra sy geensins
persoonlike kennis oor sy finansiële vermoëns nie. Toe
hulle die
tweede maal getroud is, het sy kennis geneem dat, aldus
haar volgens dit wat eiser haar meegedeel het, eiser oor ʼn
meenthuis
in Bloemfontein beskik het en tans steeds beskik, sowel as
die bewoningsreg te Hibiscus. Sy is ook bewus daarvan dat hy drie of
vier miljoen rand aan sy een seun geleen het waarmee ʼn plaas,
Hanging Stone, gekoop is. Volgens wat eiser haar op daardie
stadium
meegedeel het, het hy R12 000.00 per maand opbrengs uit ʼn
Investec belegging ontvang sowel as R5 000.00 of R6 000.00
vanuit
annuïteite. Ten tyde van haar getuienis in hoof is sy deur mnr.
Zietsman na sekere finansiële state van eiser
verwys, maar kon
sy nie uit eie kennis enige lig op die gedetaileerde inskrywings
werp nie, aangesien sy nie persoonlik daarvan
kennis dra nie.
Mnr. Jooste het getuig
dat hy die boekhouer van eiser is en ook die boekhouer van die Genis
Vroue Trust. Dit moet vermeld word
dat op vrae van myself dit geblyk
het dat mnr. Jooste ʼn gekwalifiseerde laerskool onderwyser is.
Hy het geen kwalifikasies
as ouditeur of boekhouer nie, maar hy is
wel al dertig jaar by die tersaaklike firma betrokke met die opstel
van finansiële
state. Hy is deur mnr. Zietsman verwys na die
feit dat in bewysstuk “C” daar twee stelle finansiële
state ten
opsigte van die eiser voorkom vir die jaar geëindig
29 Februarie 2008, synde die finansiële state op bladsy 59 van
die bundel en die finansiële state op bladsy 66 van die bundel,
welke van mekaar verskil. Mnr. Jooste het getuig dat die een
op
bladsy 59 die korrekte een is, aangesien die een op bladsy 66 slegs
ʼn voorlopige staat was en hy nog nie gedetaileerde
inligting
met betrekking tot sekere inskrywings gehad het nie, wat tot gevolg
gehad het dat inskrywings daarop gereflekteer is
wat nie korrek was
nie. So het dit geblyk dat daar onder andere kapitale uitbetalings
vanuit die Investec belegging gemaak is,
wat mnr. Jooste aanvanklik
foutiewelik gemeen het rente uitbetalings was.
Wat mnr. Jooste se
verdere getuienis met betrekking tot die finansiële state en
balansstaat soos dit voorkom op bladsy 59
betref, is daar, om die
minste te sê, aangeleenthede wat na my mening uiters vaag
voorkom, en wat waarskynlik deur getuienis
van die eiser self
opgeklaar sou kon gewees het indien hyself getuig het. Mnr. Jooste
het egter wel verduidelik en verwys na
die feit van ʼn lening
wat gemaak is deur die eiser aan sy een seun in die klaarblyklike
bedrag van R1 450 000.00, waarvan
ʼn gedeelte daarvan synde R228
947-37 as slegte skuld afgeskryf moes word. Daar word dan ook vir
die jaar trekkings aangedui
in die bedrag van R370 108.19, maar
volgens mnr. Jooste se getuienis is dit bloot ʼn
balanseringsyfer. Hy het egter terselfdertyd
aangedui dat dit uit
die bankstate verkry is en dat dit die verskil reflekteer tussen die
bedrag geld wat eiser ingekry het en
dit wat hy uitgekry het, met
ander woorde “
wat hy van gelewe het”
.
Mnr. Jooste het ook
getuig dat hy die oggend van sy getuienisaflegging eiser se
bankstate deurgegaan het ten einde vas te stel
wat sy inkomste per
maand is. Die inkomste wat hy as pensioen ontvang vanaf Sanlam en
Old Mutual beloop steeds dieselfde bedrag
as op voormelde finansiële
state aangedui, synde R72 687.48 per jaar. Wat die Investec
belegging betref het hy verduidelik
dat dit oorgegaan het na `n
Allan Gray belegging, maar omdat die belegging besig was om te
krimp, is dit onttrek en is dit by
RSA Beleggings belê, welke
bedrag tans R900 000.00 beloop. Alles saam geneem, beloop sy
maandelikse inkomste ongeveer R14
000.00. Ek aanvaar hierdie syfer
vir doeleindes van die beregting van hierdie aangeleentheid as synde
eiser se vaste en definitiewe
maandelikse inkomste. Ek kom
hierinlater terug na die belasting aspek ten opsigte van hierdie
inkomste.
Gegewe egter die vae
getuienis van mnr. Jooste met betrekking tot sekere bates wat op die
finansiële state aangedui word,
en eiser se versuim om
daaromtrent te kom getuig, laat in my gemoed werklik ʼn
vraagteken oor sy werklike finansiële
posisie wat bates betref.
Verweerderes se getuienis op p. 259 van die getikte oorkonde dat
eiser soms vir sy skoonseun werk deur
saam beeste aan te koop,
hoewel sy nie weet of hy `n inkomste daaruit verdien nie, en die
feit dat dit nie deur eiser, soos talle
ander aspekte, by wyse van
getuienis opgeklaar is nie, dra nie by tot die opheldering van eiser
se werklike finansiële posisie
nie, veral ook gegewe die
getuienis waarna ek vroeër verwys het wat betref eiser se
jaarlikse trekkings vir 2008 in die
bedrag van R370 108.19.
Daarteenoor blyk dit
onteenseglik uit die getuienis dat verweerderes slegs oor haar
motorvoertuig en huishoudelike meubels/toebehore
beskik,
laasgenoemde waarvan op hierdie stadium steeds in die Hibiscus
wooneenheid is. Stellings in kruisverhoor deur mnr. Reinders
aan
haar met die strekking dat sy wel addisionele fondse in haar
bankrekening beskikbaar het, sal hieronder mee gehandel word.
Met die voormelde feite
en omstandighede in gedagte, kan ek nie anders as om tot die
gevolgtrekking te kom dat ten spyte daarvan
dat eiser reeds `n
pensionaris is en ongeveer 10 jaar ouer as verweerderes is, eiser se
finansiële vermoëns beter is
as dié van
verweerderes en eiser oor `n beter en meer standvastige
verdienvermoë as verweerderes beskik.
C5: Die partye se
finansiële behoeftes en verpligtinge:
Verweerderes is tans by
haar getroude suster, wie in ʼn toringblok woonstelle woon,
woonagtig, waar sy ʼn kamer huur teen
die bedrag van R2 500.00
per maand. Addisioneel hiertoe maak sy ook ʼn bydrae wat kos en
elektrisiteit betref. Sy betaal
ook die huishulp, aangesien sy
voltyds werksaam is en dus die hulp van `n huishulp benodig. Hierdie
woonstel is in Westonarea,
synde in die omgewing waar sy tans oor ʼn
tydelike onderwyspos beskik.
Toe sy in getuienis in
hoof moes getuig rondom haar uiteengesette uitgawes soos dit voorkom
in die nadere besonderhede in die pleitstukke,
p. 47 tot 48, in die
totale bedrag van R19 682.00, het sy verduidelik dat daardie uitgawes
bereken is op die basis as sy haar eie
blyplek sou bekom en haar
redelike en noodsaaklike uitgawes wat sy waarskynlik dan voortaan sal
hê. Hiertydens het sy emosioneel
geraak en getuig “
Ek
kan nie vir die res van my lewe in ʼn kamer bly by ander mense
nie, ek swerf nou vir ʼn jaar en ʼn half rond en ek
het gaan
uitvind wat ʼn woonstel my sal kos”
. Sy het
ook getuig dat dit vir haar totaal onmoontlik is om by enige van haar
kinders te gaan bly. Haar dogter is op 19 Januarie
2008 getroud en
beskou sy dit as onmoontlik om by jonggetroude mense te gaan bly. Dit
is dan ook die rede dat sy kort na haar dogter
se troue na haar seun
te Hoopstad is. Dit is egter vir haar ook ʼn saak van
onmoontlikheid om daar te woon, aangesien haar
seun op ʼn plaas
bly, welke nie net onveilig is nie, maar is die plaas nie sy eiendom
nie en bewoon hy daar ʼn huis wat
deur sy werkgewers aan hom
verskaf word. Daar is ook nog ander mense wat in die huis bly wat ook
werknemers van die werkgewer is.
Haar ander seun is in Londen
woonagtig en kan sy gevolglik ook nie by hom gaan bly nie. Dit is na
aanleiding hiervan dat sy ʼn
toekomstige uitgawe van R3 500.00
ten opsigte van huurgeld op p. 47 van die pleitstukke in die nadere
besonderhede aangetoon het.
[65] Sy het voorts getuig
dat indien sy die eenheid te Hibiscus betrek, sal haar lewensonkoste
baie minder wees. Daar sal dan nie
huurgeld en baie van die ander
uitgawes ter sprake wees nie. Dit is die rede waarom sy die bedrag
van R6 800.00 onderhoud vorder
in haar teeneis, met ander woorde dit
is gebaseer op die basis dat sy die eenheid te Hibiscus kan gaan
woon.
Mnr. Reinders het na
aanleiding van sy kruisverhoor van verweerderes ten opsigte van haar
getuienis wat betref haar redelike en
noodsaaklike maandelikse
uitgawes betoog dat ek behoort te bevind dat verweerderes ʼn
onbetroubare getuie was. Hy het betoog
dat sy verskillende weergawes
aan die Hof voorgehou het met betrekking tot haar behoeftes in die
verband. Ek het haar getuienis
en haar kruisverhoor hieromtrent weer
deeglik bestudeer en blyk die volgende na my mening:
Soos reeds in paragraaf
64 hierbo vermeld, het sy getuig dat die ongeveer R19 000.00 per
maand uitgawes waarna sy in haar nadere
besonderhede verwys het,
slaan op dit wat haar uitgawes sal wees indien sy ʼn blyplek
van haar eie sal moet bekom. Mnr.
Reinders het haar hieromtrent
gekonfronteer en haar gevra wat sy sou sê gemiddeld haar
lewenskoste op die oomblik per
maand behels. Sy het getuig dat dit
sekerlik nie minder as R10 000.00 tot R12 000.00 per maand sal wees
nie. Hoewel sy toe
aanvanklik getuig het dat sy nie ʼn
sommetjie hieromtrent gemaak het nie, het sy egter daarna wel
getuig dat sy wel ʼn
berekening gemaak het van wat haar
uitgawes redelikerwys is waar sy tans woon. Verweerderes is toe
gekonfronteer met aanhangsel
“A” aangeheg tot eiser se
opponerende verklaring in die Reël 43(6) aansoek wat ʼn
berekening reflekteer
vanaf Februarie 2008 tot en met Januarie 2009
wat betref die maandelikse inbetalings en die maandelikse
onttrekkings wat via
verweerderes se bankrekening gedoen is.
Daarvolgens was die gemiddelde inbetaling per maand R10 829.85 en
die gemiddelde onttrekking
per maand R8 788.86. Na aanleiding
daarvan het mnr. Reinders haar konfronteer tot dien effekte dat
haar getuienis oor R19 000.00
se maandelikse uitgawes bloot ʼn
raaiskoot is. Sy het egter na my mening ʼn baie goed
gefundeerde en behoorlike verduideliking
vir die verskil in die
syfers aangevoer. Sy het daarop gewys dat sy sedert Oktober 2008 by
haar suster in die kamer woonagtig
is, waarna ek reeds hierbo gewys
het. Indien daar op voormelde aanhangsel “A” gelet
word, blyk dit dat vir die
maande Oktober 2008 tot Desember 2008
haar onttrekkings gemiddeld ongeveer R10 500.00 per maand beloop
het. Vir Januarie 2009,
het dit ongeveer R12 800.00 beloop. Nie net
is dit dus in ooreenstemming met haar getuienis ietwat vroeër
dat haar gemiddelde
uitgawes huidiglik ongeveer R10 000.00 tot R12
000.00 per maand beloop nie, maar het sy ook verduidelik dat haar
huidige uitgawes
uiteraard minder is as wanneer sy haar eie
woonstel sou huur en ten volle alle redelike en noodsaaklike
daaglikse uitgawes
sal moet betaal. In die verband het sy pertinent
getuig oor sekere uitgawes wat sy sal hê wanneer sy haar eie
woning
en huishouding bekom, wat sy op hierdie stadium, terwyl sy
by haar suster woonagtig is, nie het nie. Mnr. Reinders se poging
om derhalwe die betroubaarheid van haar getuienis of haar
geloofwaardigheid by wyse hiervan af te kraak, was na my mening nie
suksesvol nie. Inteendeel, toe sy deur mnr. Reinders verder
gekonfronteer is met betrekking tot die verskil tussen haar
voorsiene uitgawes uiteengesit in die nadere besonderhede teenoor
haar huidige uitgawes, en sy item vir item vir hom moes aandui
hoe
die twee van mekaar verskil, het ek ten tyde van haar getuienis ʼn
berekening daarvan gemaak en op rekord geplaas dat
dit neerkom
daarop dat haar huidige uitgawes ongeveer R13 150.00 per maand
beloop. Dit bevestig na my mening juis haar geloofwaardigheid
en
die betroubaarheid van haar getuienis, inaggenome dat voormelde
aanhangsel “A” aangedui het dat teen Januarie
2009 haar
maandelikse uitgawes R12 816.77 beloop het. Dit moet in gedagte
gehou word dat op die stadium wat sy getuienis aangebied
het, dit
reeds Junie 2009 was wat ʼn ietwat verhoging in haar
lewenskoste aan die een kant verduidelik, maar wat in ieder
geval
binne ʼn aanvaarbare fluktuering van die R12 816.77 van
Januarie 2009 val.
Mnr. Reinders het
verweerderes voorts gekonfronteer met die totaal van haar uitgawes
wat destyds in die Reël 43 aansoek
onder aansoeknommer
773/2008 uiteengesit is en wat die bedrag van R9 628.00 beloop het.
Ten eerste moet ek op my eie waarneming
vermeld dat daardie
beëdigde verklaring gedurende Februarie 2008 opgestel is,
terwyl haar getuienis, soos reeds vermeld,
gedurende Junie 2009
afgelê is, weereens met ʼn natuurlike gepaardgaande
vermeerdering van koste. Verdermeer het
sy verduidelik dat daardie
berekening gedoen is op ʼn stadium toe sy nog by haar dogter
woonagtig was en voorsien het dat
sy te Bloemfontein sou gaan woon.
Die uitgawes waarvan die somtotaal ongeveer R19 000.00 beloop, is
haar beraamde uitgawes
indien sy in die Westonarea omgewing sou
tuisgaan, waarvan die algemene lewenskoste baie hoër is as in
Bloemfontein. Ook
hierdie verduideliking van verweerderes is na my
mening ʼn redelike verduideliking.
[67] Daar is gevolglik na
my mening geen basis waarop geargumenteer kan word dat verweerderes
se getuienis met betrekking tot haar
finansiële behoeftes en
verpligtinge nie betroubaar is nie.
[68] Verweerderes het
gevolglik getuig dat sy dit glad nie sal kan bekostig om haarself uit
eie fondse te onderhoud nie, veral omdat
sy nie verseker is van ʼn
werk nie.
[69] Wat betref eiser se
uitgawes, bestaan daar weereens die leemte dat eiser besluit het om
nie persoonlik daaromtrent te getuig
nie. Hierdie getuienis is op ʼn
ietwat ongehoorde wyse aan die Hof voorgelê deurdat ʼn
opsomming van beweerde inkomste
en uitgawes van eiser opgestel is en
aan verweerderes voorgelê is vir haar kommentaar, waarna dit as
bewysstuk ingehandig
is, synde bewysstuk “E”. Uit hierdie
dokument blyk eiser se beweerde totale maandelikse uitgawes die
bedrag van R11
825.87 te beloop. Uit die kommentaar wat verweerderes
wel gelewer het, het dit geblyk dat die hospitaalplan voorsiening
maak vir
beide eiser en verweerderes en dat dit dus ʼn mindere
bedrag sal beloop indien verweerderes nie meer as ʼn begunstigde
in terme daarvan geregistreer sou wees nie. Voorts het sy daarop
gewys dat sy nie seker is van die maandelikse fooi ten opsigte
van
Hibiscus ten bedrae van R2 175.00 nie, maar dat dit in ieder geval
reeds ten minste een ete per dag insluit, wat mnr. Reinders
in
reaksie bevestig het. Sy het ook die brandstofuitgawe ten bedrae van
R700.00 bevraagteken, deurdat eiser van die bus kan gebruik
maak wat
by Hibiscus beskikbaar is en wat by die maandelikse fooi ingesluit
is. Verder het sy ook vermeld dat hy nie koerante en
tydskrifte lees
nie en dat die bedrag van R150.00 ten opsigte daarvan onnodig is.
Origens het sy in kruisverhoor bevestig dat die
uitgawes wat daarop
aangedui word, in haar opinie, redelik is. Gedurende herverhoor het
sy gesê dat sy haar nie werklik kan
uitlaat oor die redelikheid
van die kruidenierware ten bedrae van R1 600.00 nie, gegewe dat daar
reeds ʼn middagete ingesluit
is by die maandelikse heffing. Sy
het ook laat blyk dat elektrisiteit ingesluit is by die maandelikse
heffing. Wat betref die Multichoice
fooi van R513.00, het sy getuig
dat die DSTV te Hibiscus aan haar behoort.
[70] Terwyl ek met
bewysstuk “C” handel, meen ek dat hier ook `n ander aspek
daaromtrent aangespreek moet word, synde
die voorsiening vir
belasting wat daarop gemaak en afgetrek word. Hierdie aftrekking is
nie deur verweerderes in haar getuienis
erken nie en kón sy
dit ook nie erken nie, aangesien sy oor geen kennis daarvan sal
beskik nie. Verder is daar nie `n tittel
of jota getuienis
daaromtrent aangebied of in kruisverhoor by wyse van `n erkenning
deur enige getuie verkry nie. Inteendeel, toe
mnr. Jooste getuig het
rondom die ongeveer R14 000.00 maandelikse inkomste van eiser, het hy
geen melding gemaak van `n belasting
aftrekking nie. Die balansstaat
van eiser vir die jaar 2008, soos dit voorkom op p. 59 van bewysstuk
“C”, maak ook
geen voorsiening vir die betaling van
belasting nie. Gevolglik is daar na my mening geen basis waarop ek
hierdie voorsiening vir
belasting kan aanvaar as `n bewese en
verpligte aftrekking van eiser nie. Dit het tot gevolg dat ek hierdie
aangeleentheid bereg
op die basis dat eiser maandeliks R14 000.00
beskikbaar het om sy bewese of aanvaarde uitgawes te betaal.
[71] Dit moet ook
aangespreek word dat mnr. Reinders vir verweerderes in kruisverhoor
gekonfronteer het vanweë die feit dat
sy in die Reël 43
aansoek ʼn bydrae tot regskoste gevorder het terwyl sy, aldus
haar bankstaat soos dit voorkom op p.
42 van bewysstuk “B”,
teen 12 Februarie 2008, synde min of meer die datum wat die Reël
43 aansoek opgestel en
geliasseer is, ongeveer R10 000.00 in haar
bankrekening beskikbaar gehad het, wat nie aan die Hof openbaar wass
nie. Sy is op soortgelyke
wyse gekonfronteer op die basis dat sy
waarskynlik ook fondse in haar bankrekening beskikbaar gehad het op
die stadium wat die
Reël 43(6) aansoek vir ʼn verdere bydrae
tot regskoste gebring is. Hoewel sy dit erken het, het sy getuig dat
sy op geen
stadium probeer het om die Hof daardeur te mislei nie. Sy
het verduidelik dat sy R36 000.00 by haar kinders geleen het ten
einde
mediese koste te betaal, ten opsigte waarvan die ooreenkoms was
dat sy dit so gou as moontlik sal terugbetaal. Sy het wel al R14
000.00 ten opsigte daarvan terugbetaal, maar skuld nog R22 000.00. Sy
was gevolglik van mening dat die geld wat in haar bankrekening
beskikbaar is, eerstens aangewend moes word om die skuld aan haar
kinders terug te betaal as om aangewend te word vir regskoste.
Verder
het sy ten tyde van die Reël 43 aansoek ook nog nie oor die
aflos onderwysbetrekking beskik nie en was sy van mening
dat die geld
wat sy wel nog op daardie stadium tot haar beskikking gehad het,
indien sy dit nie onmiddellik aan haar kinders sou
terugbetaal nie,
sy sou gebruik ten einde haarself intussen te probeer onderhou.
Ek meen gevolglik dat ook
ten opsigte hiervan daar nie enige nadelige afleiding jeens die
geloofwaardigheid van verweerderes of
die betroubaarheid van haar
getuienis gemaak kan word nie. Gegewe haar verduideliking, kan ek nie
bevind dat sy opsetlik of enigsins
gepoog het om die Hof te mislei
nie.
C6: Die ouderdom van
die partye:
[72] Die onderskeie
ouderdomme van die partye is reeds volledig mee gehandel in die
besprekings hierbo uiteengesit en is dit ineengevleg
met al die ander
faktore ter sprake by die oorweging van die onderhouds aspek. Ek
volstaan dus met die inagneming daarvan op die
wyse soos blyk uit die
totaliteit van die faktore wat deur my oorweeg word.
C7: Die duur van die
huwelik:
[73] Dit is tereg deur
mnr. Reinders uitgewys dat die huidige huwelik van die partye nie
uitermatig lank was nie, synde vanaf 24
Maart 2005 tot op datum,
nadat die partye op 1 Januarie 2008 uitmekaar is. Hierdie aspek moet
egter na my mening insgelyks nie
in isolasie beoordeel word nie,
maar, soos deur mnr. Zietsman betoog, eerder gesien word teen die
agtergrond dat dit die partye
se tweede huwelik met mekaar is, die
grondslag waarop die huwelik gesluit is en die finansiële en
ander gevolge wat die huweliksluiting
vir die partye tot gevolg gehad
het. Hierdie aspekte is reeds hierin aangespreek en/of word hieronder
mee gehandel en neem ek dus
die duur van die huwelik in ag in
samehang met hierdie ander faktore.
C8: Die partye se
gedrag insoverre dit op die verbrokkeling van die huwelik betrekking
het:
Dit is geyk dat die
huidige sisteem van egskeiding op ʼn “no-fault”
basis berus. Desnieteenstaande is dit egter
welbekend dat die
wangedrag van ʼn party in oorweging geneem kan word by die
oorweging van ʼn bevel in terme van Artikel
7(3) van die wet.
Wat Artikel 7(2) van die wet betref, is dit, soos uit die reeds
aangehaalde artikel blyk, spesifiek een van
die faktore wat deur die
wetgewing gelys word wat in oorweging geneem kan word by oorweging
van wat die Hof billik ag met betrekking
tot die vraagstuk of
onderhoud betaalbaar is, aldan nie, en die aard en omvang daarvan.
Die benadering wat egter hieromtrent
gevolg moet word, is as volg in
BUTTNER v BUTTNER
2006(3) SA 23 (SCA) op 37 A tot G
uiteengesit:
“
However, in
the words of Botha JA in the Beaumont case, the Court should adopt ‘a
conservative approach in assessing a party’s
misconduct as a
relevant factor’.
‘
In our
legislation, as I have pointed out, the feature of overriding
importance is that the Court will grant such order, in respect
of
both ss (2) and (3), as it considers to be just. In many, probably
most, cases, both parties will be to blame, in the sense
of having
contributed to the breakdown of the marriage…In such cases,
where there is no conspicuous disparity between the
conduct of the
one party and that of the other, our Courts will not indulgence in an
exercise to apportion the fault of the parties,
and thus nullify the
advantages of the “no-fault” system of divorce.’
In the same case Botha JA also held
that the directive in s 25(2)(g) of the English statute dealing with
this subject, to the effect
that the Courts are to consider ‘the
conduct of each of the parties, if that conduct is such that it would
in the opinion
of the Court be inequitable to disregard it’,
was in accordance with the pattern of our legislation.
In the English Court of Appeal case of
Kyte v Kyte, Purchas LJ stated the following in relation to s
25(2)(g) of the English Statute:
‘
The Court is
entitled, in my judgment, to look at the whole of the picture,
including the conduct of the parties … which
may or may not
have contributed to the breakdown of the marriage or which in some
other way
makes
it inequitable to ignore the conduct of each of
the parties. A clear example of
such a case is where the parties may each not have been blameless
(almost inevitably in a normal
marriage) but where the imbalance of
conduct one way or the other would make it inequitable to ignore the
comparative conduct of
the parties
.’
I agree with this approach. …
In essence, the misconduct of one or both of the parties must only be
allowed to influence
the outcome of the case where to disregard it
would unjust.”
Wat die
verbrokkelingsgronde betref, het verweerderes die volgende redes vir
die verbrokkeling van die partye se huwelik in paragraaf
3 van haar
teeneis uiteengesit:
“
3.1 Die
eiser lok voortdurend rusies uit oor onbenullighede;
3.2 Die eiser maak verkleinerende
aanmerkings ten aansien van die verweerderes en verneder haar voor
derdes;
3.3 Die eiser vloek en skel op
verweerderes;
3.4 Die eiser het verweerderes feitlik
gevange gehou in die gemeenskaplike woning en haar nie toegelaat om
te sosialiseer met vriende
of mede-inwoners van die oord waar die
partye woonagtig was nie;
3.5 Die eiser het ʼn
buite-egtelike verhouding met Madeleine Henning en weier om daarvan
af te sien;
3.6 Die eiser versuim om die
verweerderes behoorlik te versorg en in haar noodsaaklike behoeftes
te voldoen, terwyl hy onder andere
vir operasies betaal wat deur
gemelde Henning ondergaan is;
3.7 Die eiser het die verweerderes
verbied om na die partye se gemeenskaplike huishouding terug te keer
nadat die partye daarvan
weg was met vakansie;
3.8 Die eiser het die verweerderes by
verskeie geleenthede uit die gemeenskaplike huishouding gejaag;
3.9 Die eiser het die verweerderes by
meerdere geleenthede aangerand.”
In eiser se verweerskrif
tot die teeneis het eiser al die verbrokkelingsgronde soos deur
verweerderes gepleit, ontken, en voorts
gepleit dat die huwelik
onherstelbaar verbrokkel het vanweë die redes soos uiteengesit
in die besonderhede van vordering.
Hoewel daar reeds op die hoofeis
absolusie van die instansie toegestaan is, is ek steeds genoodsaak om
op die verbrokkelingsgronde
te let soos gepleit in die besonderhede
van vordering, aangesien dit op hierdie wyse by die pleit tot die
teeneis geïnkorporeer
is. Hierdie gronde is as volg in paragraaf
6 van eiser se besonderhede van vordering gepleit:
“
6.1 Die
verweerderes toelaat dat haar kinders voortdurend inmeng in die
huwelik;
6.2 Daar voortdurende rusies en
argumente tussen die partye bestaan;
6.3 Daar geen sinvolle kommunikasie
tussen die partye bestaan nie;
6.4 Die verweerderes die gesamentlike
huishouding verlaat het en die eiser meegedeel het dat sy nie
belangstel in die voortsetting
van die huweliksverhouding nie.”
Mnr. Zietsman het betoog
dat gegewe verweerderes se getuienis en inaggenome dat daar nie
getuienis tot die teendeel is nie, ek
behoort te bevind dat eiser
hom aan growwe wangedrag skuldig gemaak het met betrekking tot die
redes vir die verbrokkeling van
die huwelik. Hy het betoog dat dit
duidelik is dat verweerderes telkemale aangerand is, dat sy
emosioneel afgekraak is, dat sy
op walglike wyse van tyd tot tyd
sleggesê is en dat sy ingekort was in haar lewensbestaan,
deurdat sy nêrens heen
mag gegaan het nie. Hy het versoek dat
ek behoort te bevind dat dit die grondslag is waarom en waarop die
huwelik onherstelbaar
verbrokkel het.
Hierteenoor het mnr.
Reinders betoog dat ten opsigte van die redes vir die verbrokkeling,
verweerderes ʼn onbetroubare getuie
was, deurdat sy telkemale in
haar getuienis die situasie probeer aandik en vererger het, sonder om
die ware feite weer te gee.
Aldus sy betoog het verweerderes egter by
meerdere geleenthede toegegee dat haar gedrag ook nie aanvaarbaar was
nie. Hy het aan
die hand gedoen dat verweerderes aanvanklik gepoog
het om ʼn baie slegter prentjie te probeer skets met betrekking
tot die
redes vir die verbrokkeling as wat werklik die geval was. Hy
het veral klem gelê op die feit dat sy tydens kruisverhoor
toegegee
het dat hulle beide maar eintlik foute gehad het.
Hierdie verskillende
betoë noodsaak my om die getuienis van naderby te oorweeg.
By die aanvang van
verweerderes se getuienis toe sy gevra is wat die probleme was wat
in die huwelik ontstaan het, het haar “inleidende”
antwoord as volg gelui soos dit voorkom op p. 123 van die getikte
oorkonde:
“
Die probleme
het ontstaan weens die feit dat mnr. Genis my ingeperk het en uiters
swak behandel het. Hy het my aangerand, hy het
my emosioneel
afgetakel, hy het my sleg gesê. As ek klavier gespeel het, dan
het hy vir my gesê ek show af. Ek is belet
om enigiets te doen
en het hy my fisies aangerand, nie eers te praat van emosioneel en sy
slegsê nie.”
Sy het verduidelik dat
die aanrandings en sy voormelde gedrag jeens haar begin het nadat
hulle te Hibiscus begin bly het, dit wil
sê teen begin 2006. Hy
het toe begin met sy aanrandings en hy het ook geweldig gedrink.
Volgens haar het hy haar aangerand
deur haar met die vuis te slaan,
hoewel dit aanvanklik nie in haar gesig was nie. Wanneer hy haar
sodanig aangerand het, het sy
maar net stilgebly en haar onttrek,
aangesien dit vir haar sleg gewees het om daaroor te praat. Hy het
haar dan telkens weer genader
en gesê hy is jammer en dat hy
dit nie weer sou doen nie, waarop sy hom maar weer vergewe het en
aangegaan het, maar het
dit telkens weer gebeur.
Ten tyde van kruisverhoor
het sy bevestig dat hierdie aanrandings gereeld plaasgevind het, op ʼn
weeklikse basis. Daar is toe
aan haar gestel dat eiser sê hy
het nooit verweerderes met die vuis geslaan nie. Hierdie stelling het
tot gevolg gehad dat
verweerderes emosioneel geraak het, waarop ons
haar die geleentheid gegee het om haar trane eers weer te bedwang.
Daar is toe verder
aan haar gestel dat daar nooit foto’s
daarvan was dat sy aangerand is nie en dat daar ook geen mediese
getuienis tot daardie
effek is nie. Verweerderes se antwoord hierop
was dat hoewel daar geen mediese getuienis is nie, haar suster vir
haar ʼn selfoon
gegee het wat foto’s kon neem en waarmee sy
foto`s geneem en opnames gemaak het van die aanranding- en slegsê
voorvalle.
Eiser het dit egter alles uitgevee. Hierdie bewerings is
weereens net in ʼn stelling namens eiser ontken, waarop
verweerderes
weer bevestig het dat eiser dit wel gedoen het. Steeds
is geen getuienis tot die teendeel aangebied nie.
[78] Sy het getuig dat
toe hulle na Hibiscus verhuis het, sy haar motor aan haar dogter
gegee het op aandrang van eiser, aangesien
eiser se redenasie was dat
daar nie ʼn motorhuis vir die motor beskikbaar was nie. Daar was
egter motorhuise wat ʼn persoon
kon huur. Sy was gevolglik
afhanklik van sy voertuig. Sy was egter nooit toegelaat om sy
voertuig te bestuur nie. Hy het haar nie
toegelaat om na enige plekke
toe te gaan nie. Sy was ingeperk. Sy kon nie eers op haar eie
haarsalon afsprake bywoon nie. Eiser
sou haar daar gaan aflaai, in
die motor voor die deur vir haar sit en wag, haar weer oplaai en dan
huis toe neem. Hy het die kruideniersware
gaan koop. Sy kon nêrens
heen ry nie – sy moes alles saam met hom doen en hy het haar
gaan aflaai orals waar sy moes
wees. Die bewering in die pleitstukke
dat sy nie die voertuig kon bestuur nie omdat sy uiters swak sig
gehad het, het sy ontken.
In die verband het sy getuig dat sy wel
goed genoeg was om eiser te versorg en die voertuig te bestuur ten
tyde van hulle huwelik
nadat eiser by twee geleenthede `n
heupvervangingsoperasie gehad het, waartydens sy hom ten volle
versorg het, wat ingesluit het
om die motor te bestuur op stadiums na
die operasie wat eiser weer per motor vervoer mag geword het.
Toe daar aan haar gestel
is in kruisverhoor dat dit baie gaaf van die eiser was om haar so te
gaan op- en aflaai, het sy getuig
dat dit glad nie oor gaafheid of
goedheid gegaan het nie. Dit het bloot daaroor gegaan dat eiser haar
nie toegelaat het om op haar
eie met die voertuig êrens heen te
ry of enigsins met die voertuig te ry nie.
Sy het wel erken dat
eiser haar by geleentheid toegelaat het om drie weke Londen toe te
gaan nadat haar kleinkind gebore is. Sy
het egter ontken dat dit drie
maande was soos dit aan haar gestel was en het ook ontken dat eiser
haar finansieel daartoe gehelp
het.
Verweerderes het ook
verduidelik dat eiser gedurig argumente uitgelok het en haar
sleggesê het en wanneer sy dan sou terugtrek
in haar self deur
stil te bly, het hy haar aangeval. Hoewel sy nie mediese behandeling
daarvoor ontvang het nie, was daar dikwels
blou kolle gewees en
wanneer sy dit aan hom getoon het, was sy reaksie “
jy
bring dit oor jouself”
.
Ten tyde van
kruisverhoor is daar aan verweerderes gestel dat daar ʼn bus is
wat twee keer ʼn dag heen en weer tussen
Hibiscus en ʼn
nabygeleë inkopiesentrum en ander plekke ry, welke diens die
inwoners kan gebruik, wat verweerderes bevestig
het. Mnr. Reinders
het toe aan haar gestel dat sy ook van tyd tot tyd van hierdie diens
gebruik gemaak het, wat verweerderes
ontken het. Sy het getuig dat
eiser haar nooit toegelaat het om dit te doen nie. Sy het toe
bygevoeg dat hy haar nie eers toegelaat
het om na die swembad in die
kompleks te loop nie.
In dieselfde asem is daar
ook aan haar gestel dat volgens eiser se instruksies eiser en
verweerderes pluimbal gespeel het. Verweerderes
het dit bevestig,
maar het voorts getuig dat sy dit nooit sonder hom mag gedoen het
nie. Indien hy byvoorbeeld sou gaan rus of
iets anders doen, mag sy
nie voor die tyd geloop het nie – sy moes wag totdat hy gereed
is om saam te gaan.
Met betrekking tot haar
getuienis wat betref haar klavierspel, het dit uit kruisverhoor
geblyk dat die klavier in ʼn gemeenskaplike
sitkamer was van die
gang van die kompleks waar hulle woonagtig was. Sy het verduidelik
dat sy baie lief is vir klavier speel
en wanneer sy wel klavier
gespeel het, het die mense aangekom en kom luister en saam gesing.
Eiser het egter nie daarvan gehou
nie en haar beskuldig dat sy “
af
show”
. Dit is toe aan haar gestel dat hoekom
eiser nie daarvan gehou het nie, is omdat verweerderes wou gehad het
hy moes kom sit en
luister, terwyl hy nie van klaviermusiek gehou
het nie. Verweerderes het duidelik hierdie stelling as verregaande
beskou en geantwoord
“
ag asseblief”
.
Toe die stelling aan haar herhaal is en ek haar gevra het om daarop
te antwoord, het sy duidelik geantwoord dat die klaviermusiek
as
sulks nie eiser se probleem was nie, maar wel die feit dat sý
die klavier bespeel het.
Op `n stelling in
kruisverhoor dat verweerderes `n paar keer saam met `n vriendin
Marga na Shelley Beach is om inkopies te doen
en hulle hare te laat
doen, het verweerderes dit ten sterkste ontken. Sy het getuig dat
Marga `n ouer dame is wat katarak verwyderings
gehad het en het
verweerderes haar met haar (Marga se) motor dokter toe en terug
geneem het. Toe sy haar die tweede keer geneem
het vir die ander oog
se operasie, het eiser haar `n “straat leêr”
genoem.
Op `n verdere stelling
in kruisverhoor rondom die sleutel van die eenheid, het verweerderes
ontken dat sy toegang tot `n sleutel
vir die eenheid gehad het. Sy
het getuig dat die enigste sleutel een was wat eiser aan sy
motorsleutels gehad het. Sy het hom
vir `n sleutel gevra, maar hy
het geweier om een aan haar te verskaf. Wanneer hy haar aangerand
het, het hy die deur gesluit
en was die enigste sleutel steeds aan
sy motorsleutel. Volgens haar getuienis
“(was) sy
grootste vrees dat ek in die motor gaan klim en wegry”.
Een van die ernstigste
insidente ten tyde van die bestaan van die huwelik waaroor
verweerderes getuig het, het plaasgevind gedurende
Maart 2006 ten
tyde van verweerderes se nefie se troue te Brits. Hulle was almal
saam by ʼn vakansieoord waar die troue sou
plaasvind, die aand
voor die troue. Hulle het as familie en vriende buite die rondawels
gesit en vleis gebraai. ʼn Vorige
vriend van verweerderes, wie
as seremoniemeester op die troue sou optree, het opgedaag. Sy het
hom gegroet. Daarop het eiser
opgestaan en na hulle rondawel wat
naby die braaivleisvuur was geloop en verweerderes daarheen geroep.
Toe sy daar aankom, het
hy vir haar gesê “
O, dit
is die rede waaroor jy jou haartjies gedoen het en jou naeltjies”
en daarop het ʼn argument gevolg. Hy het toe begin
om haar fisies aan te rand deur haar met vuiste te slaan. Sy het om
hulp
geskree, “
want hy druk mens vas in ʼn hoek en
dan het jy nie uitkomkans nie”
. Haar suster het
ingestorm en haar gehelp en ʼn ander getuie, mnr. Johan
Hattingh, het ook daarop afgekom. Verweerderes se
suster het haar
toe na haar (die suster se) rondawel geneem. Daar het verweerderes
se suster ʼn foto van verweerderes geneem,
ongeveer twintig
minute nadat sy aangerand is, wat reflekteer hoe die klere van
verweerderes se lyf afgeruk en geskeur is. Hierdie
foto is
ingehandig as bewysstuk “D”. Dit kan vermeld word dat by
beskouing van bewysstuk “D”, blyk die
datum elektronies
op die foto gereflekteer te wees as 10 Maart 2006 en die tyd 18h34.
Die verweerderes word gereflekteer in ʼn
blou rok met bandjies
oor haar skouers, waarvan die een bandjie afgeruk is en dit blyk
verweerderes se onderklere ten toon te
stel. Hoewel daar nie enige
merke of bloukolle aan verweerderes sigbaar is op die foto nie, het
sy getuig op p.251 van die oorkonde
dat daar wel later merke en
bloukolle sigbaar geword het, welke eiser van weet en gesien het
nadat sy saam met hom terug is na
Margate.
Die gaste wat buitekant
gesit het, het almal die petalje aanskou. Mnr. Dirk Steyn, synde
verweerderes se suster se man, het eiser
gevra om die perseel te
verlaat. Eiser is toe terug Margate toe. Verweerderes het by haar
ma-hulle agtergebly, wie ook op die troue
was, en is sy saam met
hulle van daar af terug Odendaalsrus toe.
Na ongeveer ʼn week
het eiser verweerderes geskakel en gesê hy is jammer en dat hy
besig is om sy lewe reg te kry en dat
hy haar graag wil terughê.
Sy het hom geantwoord dat sy op sekere voorwaardes sou teruggaan,
synde dat hy moes ophou drink,
haar meer vryheid toelaat en dat hy
die geld wat hy by haar geleen het voortspruitend uit die verkoop van
haar huis, terugbetaal
of meer konkrete bewyse van die transaksie aan
haar verskaf. Hy het toe die betrokke Vrydag in Odendaalsrus aangekom
en die Saterdag
het hulle na ʼn makelaar gegaan, op welke stadium
die verskuldigde geld in die vorm van aandele aan haar teruggegee is.
Daar
is aan haar gevra hoekom haar ouers toegelaat het dat sy
teruggaan Margate toe onder die omstandighede. Verweerderes het
aanvanklik
nie daarop geantwoord nie, maar toe verduidelik dat hulle
oud is, synde 80 en 86 jaar, onderskeidelik.
Sy is toe saam met eiser
terug Margate toe. Daar het sy onder andere gevind dat eiser intussen
haar aktetas wat te Hibiscus was,
oopgemaak het en die tjek en
dokument wat as haar bewys gedien het dat sy die geld aan eiser
voorgeskiet het, opgeskeur het. Dit
is egter nou gemeensaak dat die
geld wel by wyse van aandele terugbetaal is.
Sy het getuig dat dit toe
in een opsig beter gegaan het met die huwelik, deurdat eiser nie meer
gedrink het nie. Eiser het haar
egter nog steeds aangerand en haar
verbaal vreeslik sleggesê.
Met betrekking tot
voormelde voorval, is daar aan verweerderes gestel dat eiser die
indruk gekry het dat sy al haar moeite met
betrekking tot die troue
en haar voorkoms gedoen het ter wille van hierdie vorige vriend van
haar. Sy het bevestig dat eiser
beslis onder daardie indruk verkeer
het, maar dat dit nie die geval was nie. Daar is toe voorts aan haar
gestel dat eiser se
weergawe is dat toe hy dit vir haar gesê
het, sy hom wat eiser is gevloek het en verweerderes toe omgedraai
het om te loop,
waarop eiser haar aan die skouer gegryp het en dat
dit toe is wat haar klere geskeur het. Sy het hierdie stelling ten
sterkste
ontken en getuig dat dit nie die waarheid is nie. Sy het
ook ten sterkste ontken dat sy hom gevloek het.
Die volgende ernstige
voorval en wat ook aanleiding gegee het tot die opbreek van die
partye, het plaasgevind einde Desember 2007/1
Januarie 2008. Die
partye was oppad tussen Odendaalsrus en Hoopstad nadat eiser na ʼn
homeopaat toe was vir ʼn inspuiting
in sy rug. Op daardie
stadium het hulle by verweerders se seun op ʼn plaas in Hoopstad
gekuier, aangesien hy vroeër
in Desember 2007 teruggekom het
van twee jaar wat hy in Amerika was en het hulle hom gehelp trek en
hom help vestig in die huis
van sy werkgewer waar hy toe woonagtig
sou wees. Terwyl hulle oppad was, het haar seun se werkgewer se
vrou, Elisma van Deventer,
geskakel en gevra dat hulle asseblief
brood en ʼn bossie wortels moes saambring, aangesien hulle in
ieder geval in die dorp
was. Verweerderes het daarop vir eiser gevra
dat hulle dit gou moes gaan koop, waarop sy reaksie was dat hy nie
geld het nie
en dat hy nie goed koop as hy by sý kinders is
nie. Sy het daarop gereageer deur vir hom te sê hy het geld om
vir
“
die hoer”
Madeleine Henning te
gee, maar hy het nie geld om brood en melk te koop nie. Eiser het
haar daarop geklap. Hy het haar toe in
die uiterste kru taal ʼn
belediging toegesnou (die woorde is op ongemaklike wyse deur
verweerderes in die hof herhaal, maar
meen ek nie dit is nodig om
die presiese woorde hierin te herhaal nie). In reaksie hierop het
verweerderes vir eiser gesê
dat dit die laaste keer was wat hy
haar sou slegsê. Sy het daarop haar dogter te Bloemfontein
geskakel en versoek dat sy
haar moes kom haal op die plaas.
Verweerderes se dogter het toe verweerderes se seun, wie op daardie
stadium in Bloemhof was,
geskakel. Verweerderes se seun het
verweerderes geskakel en versoek dat sy haar selfoon op luidspreker
moes sit, wat sy gedoen
het. Haar seun het toe met eiser gepraat en
gevra wat aangaan. Daar was ʼn woordewisseling tussen eiser en
verweerderes se
seun, waarop verweerderes se seun vir eiser gesê
het “
Oom Jan, jy moet jou goed van daardie plaas gaan
vat en gaan, dit is nie tien jaar terug wat jy ons van die plaas af
weggejaag
het nie, jy moet jou goed vat en gaan, jy is nie langer
welkom in ons huis nie
.”
Toe hulle by die huis
kom, was dit net sy en eiser en het eiser by die kas gaan staan en
die deur van verweerderes se kas oopgemaak.
Sy het vir eiser gevra
wat hy in haar kas maak. Hy het daarop vir verweerderes ʼn stamp
gegee en geklap dat sy oor die bed
getrek het. Eiser is toe daar weg.
Dit was 1 Januarie 2008. Die volgende wat sy omtrent eiser gehoor
het, is toe die Balju haar
geskakel het en versoek het dat die
dagvaarding deur haar in ontvangs geneem moes word op 22 Januarie
2008. Vanaf haar seun is
sy na haar dogter, wie op 19 Januarie 2008
getroud is, ten einde haar by te staan met haar troue.
Met betrekking tot
Madeleine Henning, het verweerderes verduidelik dat eiser haar van
Madeleine vertel het, aangesien dit ʼn
verhouding was wat hy
begin het na of tydens die huwelik met sy vorige vrou. Toe eiser na
verweerderes in Hoopstad gegaan het wat
aanleiding gegee het tot
hulle huidige huwelik, het sy spesifiek van eiser gevra wat van
Madeleine, waarop eiser haar meegedeel
het dat hy niks weet van haar
nie en dat hy heeltemal kontak met haar verbreek het. Dit was egter
nie die geval nie, omdat hulle
wel steeds mekaar gekontak het. Die
laaste keer wat verweerderes van weet wat kontak plaasgevind het, was
op 29 Desember 2007 toe
hulle op die plaas was. Eiser het geslaap en
verweerderes het die telefoon geantwoord. Madeleine het verweerderes
gevra om aan
eiser te sê dit is Kersfees, sy het nie geld nie,
die geld wat hy vir haar gegee het, is op en dat sy nog geld verlang.
Verweerderes
het eiser toe hiermee gekonfronteer, waarop eiser erken
het dat hy vir haar van tyd tot tyd geld voorsien. Hy het ook erken
dat
hy vir ʼn operasie of hospitalisasie van Madeleine betaal
het. Eiser het ook aan haar gesê en erken dat Madeleine ʼn
prostituut was wat in ʼn bordeel werksaam was, waar hy haar
uitgehaal het en haar met ʼn woonstel voorsien en vir haar
gesorg
het. Verweerderes het verduidelik dat dít is waarom sy op 1
Januarie 2008 na Madeleine as “die hoer”
verwys het.
Ten tyde van
kruisverhoor het mnr. Reinders verweerderes gevra of sy nie ook ten
tyde van die huwelik vir eiser uitgelok het tot
rusies nie. Haar
antwoord hierop was ontkennend. Daar is toe aan haar gevra of
bogemelde voorval toe verweerderes aan eiser sou
gesê het dat
hy sê hy het nie geld nie, maar hy het geld om vir ʼn hoer
te gee, nie vir eiser uitgelok het om
kwaad te word nie en of sy
dink dat dit reg was van haar. Haar getuienis hieromtrent was dat sy
van mening is dat dit reg was
van haar, aangesien haar beskuldiging
geregverdigd was, veral gesien in die lig daarvan dat slegs enkele
dae tevore Madeleine
juis gebel het om eiser weer vir geld te vra.
In latere kruisverhoor
toe daar weer teruggekeer is na die voorval, is daar aan verweerderes
gevra of sy nie daartydens op ʼn
stadium eiser se selfoon by die
voertuig uitgegooi het terwyl hulle gestry het nie. Verweerderes het
dit pertinent ontken. Daar
is toe voorts aan haar gestel dat dit
eiser se instruksies is dat Madeleine ʼn dame was met wie hy
betrokke was nadat die partye
die eerste keer geskei is en voordat
die partye weer bymekaar gekom het en dat sy kanker gehad het, ten
opsigte waarvan hy op ʼn
stadium vir haar geld daarvoor gegee.
Hierop het verweerderes geantwoord dat sy nie daarvan weet dat
Madeleine kanker gehad het
nie; sy weet net dat eiser erken het dat
hy haar mediese onkostes betaal het, soos sy ook reeds vroeër
getuig het. Daar is
toe verder aan haar gestel dat in die tydperk wat
die partye getroud was tot en met daardie voorval, eiser niks met
Madeleine te
doen gehad het nie. Dit was vir hom dus ontstellend dat
verweerderes hom nou weer beskuldig het met betrekking tot Madeleine
en
boonop haar nog ʼn hoer ook genoem het. Hierop het
verweerderes geantwoord dat Madeleine konstant elke maand vir eiser
gebel
het, dat hulle gereeld met mekaar in aanraking was en dat die
gesprek wat sy met Madeleine gehad het op 29 Desember 2007 juis
bevestigend
is daarvan. Daar is toe ook aan haar gestel dat eiser
sekerlik nie ʼn verhouding met iemand in Bloemfontein kon gehad
het,
terwyl die partye in Margate woonagtig was nie. Verweerderes het
gantwoord dat dit beslis moontlik was, verval gegewe dat hulle
so
gereeld kontak gehad het.
Tydens verdere
kruisverhoor en met verwysing daarna dat verweerderes ten tyde van
die voorval gedurende Januarie 2008 vir eiser
gesê het dat dit
die laaste keer was dat hy haar so beledig het, het mnr. Reinders aan
haar gestel dat eiser daardeur eintlik
verstaan het dat verweerderes
nie met die huwelik wil voortgaan nie en was hy ook tevrede daarmee
dat die huwelik nie moet voortgaan
nie en dat dit die rede is waarom
hy voortspruitend daaruit, die dagvaarding laat uitreik het. Haar
antwoord hierop, ook saamgelees
met getuienis wat sy in hoof
aangebied het, was tot dien effekte dat sy nie werklik van die
huwelik se beëindiging of van
skei gepraat het nie, maar dat sy
net wou teruggaan Margate toe en haar eie lewe wou lei. In haar
getuienis in hoof, toe daar vir
haar gevra is wat eiser se reaksie
daarop was, het sy as volg getuig soos dit voorkom op p. 146 van die
getikte oorkonde:
“
Toe sê
hy hy sal nie dit toelaat nie, ek sal nie daar bly nie. Hy het vir my
vele kere uit daardie woonstel uit daar in Margate
weggejaag wetende
dat ek niemand het wat my kan kom help nie, dat my kinders oorsee is
en dat ek al my goed verkoop het, my laaste
besittings, alles wat ek
besit het, my werk, my besigheid, my huis verkoop het en dat ek
afhanklik was om daar te bly, het hy my
weggejaag en ek het nooit
gegaan nie en ek het vir hom tot op die laaste gesê ek sal
teruggaan, ek gaan terug en hy het vir
my gesê hy gaan die plek
verkoop, dit was sy woorde, ek gaan die plek verkoop, jy sal nie daar
gaan bly nie. Dit was 1 Januarie
wat hy dit vir my gesê het.”
Voortspruitend uit
bogemelde voorval, het verweerderes op 22 Januarie 2008 ʼn
gesinsgeweld interdik teen eiser bekom, die
dokumentasie ten opsigte
waarvan voorkom in bewysstuk “C”, p. 18 tot 27. In haar
verklaring ter ondersteuning daarvan,
het verweerderes daarna verwys
dat eiser hom gereeld aan verbale en fisiese aanrandings op haar
skuldig gemaak het, welke laaste
voorval op 1 Januarie 2008
plaasgevind het. Sy het ook daarna verwys dat eiser haar vloek,
skel, verneder en emosioneel afkraak.
Voorts het sy beweer dat sy
vrees vir haar lewe aangesien eiser in besit is van ʼn
ongelisensieerde vuurwapen en dat sy vrees
dat hy haar sal opspoor
en weereens aanrand of dalk sal skiet. Daar was ook bevestigende
beëdigde verklarings aangeheg deur
verweerderes se suster en
die se man met betrekking tot die voorval wat op 10 Maart 2006 te
Brits plaasgevind het. Haar getuienis
in hoof hieromtrent was dat sy
ʼn heilige vrees vir eiser gehad het, “
want hy sal
vir my doodmaak en hy het my ook gekontak met ʼn ‘no
number’ en vir my gesê hy gaan my doodmaak,
hy gaan my
kry”
. Dit was nadat sy die egskeidingsdagvaarding
ontvang het. Sy het voorts getuig dat die vuurwapen waarna sy in die
verklaring
verwys het, ʼn “Magrietjie” was, synde ʼn
semi-outomatiese masjiengeweer wat hy in ʼn tassie weggesteek
het, aangesien dit ʼn ongelisensieerde wapen was. Ten tyde van
kruisverhoor is daar namens eiser ontken dat die tersaaklike
vuurwapen ongelisensieerd was, dit is gestel dat die vuurwapen aan ʼn
vuurwapenwinkel verkoop is en is dit ontken dat eiser
verweerderes
by wyse van telefoonoproepe gedreig het. Verweerderes het egter
volhard met haar weergawe.
By die aanvang van die
kruisverhoor was daar aan verweerderes gevra of daar nie ook goeie
tye tussen hulle was nie. Sy het spontaan
dit onmiddellik toegegee
met ʼn antwoord “
daar was beslis ook goeie tye”
.
Toe sy daarop gevra is daarop of dit net eiser se skuld was dat die
huwelik verbrokkel het, het sy dit bevestig. Daar is toe
verdere
vrae aan haar gestel en is daar aan haar gestel dat sy ook maar
foute gehad het in die huwelik, waarop sy geantwoord
het “
ʼn
Mens is nie foutloos nie, ja dit is reg”
. Daarop
het mnr. Reinders die volgende vraag weer herhaal:
“
En ek wil
ook seker maak dat dit so is op die rekord soos wat u sê. U
aanvaar dat die huwelik het maar verbrokkel vanweë
die foute aan
weerskante? Hy het sy foute gehad, ek glo nie alles wat hy vir my sê
nie, maar ek is doodseker u aanvaar u
het ook foute gehad? ...
Korrek.”
Twee verdere stellings is
ook aan haar gemaak tot die effek dat die partye uitmekaar gedryf het
omdat hulle nie meer regtig met
mekaar sinvol kon kommunikeer nie en
wanneer hulle wel gekommunikeer het, het daar rusies ontstaan. Sy het
beide hierdie stellings
erken.
Na oorweging van
voormelde getuienis, met insluiting van die kruisverhoor, is ek van
oordeel dat die kruisverhoor geensins die
geloofwaardigheid van
verweerderes se weergawe aangetas of afgekraak het nie. Haar
getuienis staan verdermeer ook onaangeveg
deur getuienis tot die
teendeel. Blote stellings, behalwe in soverre sy toegegee het
daarop, stel, soos al voorheen hierin vermeld,
nie getuienis daar
nie. Wat betref haar toegewing dat beide partye foute in die huwelik
begaan het wat aanleiding gegee het tot
die verbrokkeling van die
huwelik, dat daar nie sinvolle kommunikasie was nie en wanneer daar
kommunikasie was, dit in rusies
ontaard het, doen nie afbreek aan
die totaal onaanvaarbare wyse waarop eiser verweerderes behandel het
ten tyde van die bestaan
van die huwelik nie. Dit moet aanvaar word
dat op waarskynlikhede, dit eiser se gedrag was wat die wesenlike
oorsaak van die
verbrokkeling van die huwelik was, soos ook reeds
volledig in verweerderes se teeneis gepleit was, welke bewerings
ooreenstem
met die getuienis deur haar aangebied. Hierdie situasie
val dus na my mening vierkantig binne die toets aanvaar deur die
Hoogte
Hof van Appèl in
BUTTNER v
BUTTNER
,
supra
,
op 37 E – F, “
where the parties may each not have
been blameless but where the imbalance of conduct one way or the
other would make it inequitable
to ignore the comparative conduct of
the parties”
.
Na my mening sal dit
totaal onbillik wees om eiser se gedrag te ignoreer in hierdie
situasie. Sy growwe, ernstige onaanvaarbare
gedrag in die huwelik is
beslis ʼn faktor wat in oorweging geneem moet word in die
uitoefening van my diskresie met betrekking
tot die vraagstuk van
onderhoud.
C9: Die nietige
klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak:
Ek het reeds in die
eerste gedeelte van hierdie uitspraak volledig met hierdie aspek
gehandel, beide wat die getuinis betref en
my redes waarom ek bevind
het dat die ooreenkoms in klousule 4 nietig en onafdwingbaar is.Ten
tyde van betoogstadium het mnr.
Zietsman betoog en aan die hand
gedoen dat indien ek sou bevind dat klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak nietig is vanweë
die feit dat dit
strydig is met die
pactum de non cedendo
vervat in klousule
2.7 van die eerste lewensregooreenkoms, soos ek inderdaad bevind
het, dan het dit tot gevolg dat die tweede
lewensregooreenkoms tans
nog
in esse
is. Laasgenoemde feit was juis mnr. Reinders se
betoog (weliswaar gebaseer op ʼn ander argument as dié
van mnr. Zietsman)
en meen ek dat dit gevolglik tans geag moet word
gemeensaak tussen die partye te wees.
Mnr. Reinders het
betoog, soos vroeër ook al vermeld, dat die bedoeling van die
partye met die sluiting van die tweede lewensregooreenkoms,
nadat
hulle kort voor dit op klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak
ooreengekom het, uitgelê moet word ooreenkomstig
hoe die
partye die kontrak in praktyk uitgevoer het. In die verband het hy
verwys na die getuienis van verweerderes op bladsy
223 en verder,
welke getuienis ek tot die grootste mate reeds aangehaal het in
paragraaf 17 van hierdie uitspraak. Na aanleiding
daarvan het hy aan
die hand gedoen dat gegewe haar getuienis dat hulle nie beoog het om
te skei op die stadium toe die huweliksvoorwaardekontrak
aangegaan
is nie, dit op geen stadium die bedoeling was dat eendag as die
partye skei, eiser nie meer te Hibiscus sal mag woon
nie. Na die
sluiting van die huweliksvoorwaardekontrak is die partye deur
Hibiscus geadviseer dat die enigste manier waarop verweerderes
ook ʼn
verblyfreg daar kon kry, was indien ʼn nuwe ooreenkoms gesluit
word waartoe sy ook ʼn party is en in terme
waarvan beide van
hulle genomineer word as okkupeerders. Dit is presies wat toe gedoen
is by wyse van die tweede lewensregooreenkoms,
aldus die argument.
Gevolglik het mnr. Reinders betoog dat dit deurentyd die bedoeling
was dat hulle altwee daar mag bly, dat
dit is hoe die tweede
lewensregooreenkoms ook lees en dat verweerderes derhalwe tans
steeds die reg het om daar te gaan woon
saam met eiser, vandaar ook
die aanbod daaromtrent uiteengesit in die Reël 34 tender. Die
feit dat dit nooit verweerderes
se bedoeling was dat sy op enige
stadium die enigste okkupeerder moet word nie, blyk ook uit die
feit, aldus mnr. Reinders se
argument, dat toe sy ʼn
gesinsgeweld interdik aangevra het teen eiser, sy die plaas te
Hoopstad aangedui het as haar huis
waar eiser haar nie mag lastig
val nie en nie die eenheid te Hibiscus nie.
Hoewel die inhoud en
regsgevolge van die tweede lewensregooreenkoms beslis duidelik
vasstaan, kan ek nie met mnr. Reinders se
argument met betrekking
tot die bedoeling van die partye, saamstem nie. Verweerderes se
getuienis is uiters duidelik met betrekking
tot die houding wat sy
gehad het voorafgaande die sluiting van die
huweliksvoorwaardekontrak en die huwelik. Vir haar was dit
essensieel dat sy nie weer, soos na die egskeiding van haar eerste
man en veral na haar daaropvolgende eerste egskeiding van
eiser, met
niks sit en van vooraf moet begin nie. Hoewel ek reeds haar
getuienis in paragrawe 15 en 17 hierbo aangehaal het,
meen ek dit is
nodig en doelmatig om sekere gedeeltes daarvan hier te herhaal. Sy
het getuig dat:
“
....ek gaan
nie weer in ʼn huwelik in wat ek uit alles uit is en ek het geen
vastigheid onder my voete nie...”
en
“
Ek het die
dag vir mnr. Gustav le Grange ook daar gesê voor mnr. Genis dat
ek gaan nie weer alles van my los...en dan beland
ek weer in daardie
situasie nie, so daar moet voorsiening vir my gemaak word vir...wat
ookal kan gebeur”
en
“
...ek het
gesê ek gaan nie weer trou as ek alles moet los en prysgee en
weer op straat sit nie.”
en
“
Mnr. Genis
het daardie dag daar gesê, glad nie aanwas nie, want hy het
genoeg van aanwas egskeidings gehad en dit is waaroor
die klousule
ingebring is van gemeenskap van goedere en ek het daarop net
eenvoudig gereageer dat ek nie gaan trou indien daar
nie voorsiening
vir my gemaak is vir die res van my lewe nie.”
en
“
Ek sou nie
my werk en my huis en my alles gaan verkoop het en gelos het nie en
dit was die uitdruklike rede en die uitdruklike ooreenkoms
wat hy
aangegaan het om dit te doen, om vir my te sorg sodat ek my huis kan
verkoop, sodat ek daar kan gaan bly. Ek sou nie met
mnr. Genis getrou
het indien ek nie versekering daarvan gehad het nie ...al wat ek sê
is ek sou dit nie gedoen het nie. Die
huwelikskontrak is opgestel
deur sy prokureur. Ek het baie seker gemaak dat ek seker is en hy het
my die versekering ook gegee,
mnr. Genis dat ek versorg sal wees vir
die res van my lewe. Na die eerste huwelik sou ek nie weer in so ʼn
penarie wou beland
nie.”
en
“
...
ek
nie met Jan sal trou as ek nie verseker is van my lewe verder aan
nie.”
en
“
Ek het nie
eers daaraan gedink nie, ek wou net geweet het in die lig van my
vorige huwelik het ek gesê ek gaan nie, ek gaan
nie weer alles
van my opoffer, trou en bly sonder dat ek versekering het dat ek
versorg is nie.”
Hoewel sy getuig het dat
egskeiding nie spesifiek in haar gedagtes was nie, meen ek die
totaliteit van die getuienis kan nie anders
geïnterpreteer word
as dat waarop sy aangedring het en waartoe eiser toegestem het, was
dat sy reeds
vóór
huweliksluiting die versekering wou gehad het dat “
wat
ookal gebeur”
, sy
”nie op straat sit
nie”
en
“versorg sal wees vir die res
van haar lewe”
, met ander woorde, by eiser se dood
of by egskeiding.
Daarom het die partye reeds in
die huweliksvoorwaardekontrak, met ander woorde voor sluiting van die
huwelik en as basis vir en
grondslag van die sluiting van die
huwelik, ooreengekom, of dan bedoel om ooreen te kom, dat
verweerderes met onmiddellike effek
die reghebbende ten opsigte van
die reg op okkupasie van die Hibiscus eenheid word tot en met haar
afsterwe in plaas van en in
die plek van eiser, maar nié ter
uitsluiting van eiser (ten tyde van die bestaan van die huwelik nie).
Hierdie bedoeling
soos deur verweerderes se getuienis geverbaliseer,
word dan júís bevestig deur en is vereenselwigbaar met
die bewoording
en inhoud van klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak. Ongelukkig was die partye nie behoorlik
geadviseer op daardie stadium
nie, deurdat, soos reeds bevind,
klousule 4 strydig met die
pactum de non
cedendo
vervat in die eerste
lewensregooreenkoms was. Verdermeer was hulle duidelik ook onbewus
van twee verdere wesenlike feite, synde
dat verweerderes nie `n
okkupeerder kon word by wyse van die beding in die
huweliksvoorwaardekontrak sonder die sluiting van `n
nuwe
lewensregooreenkoms met Hibiscus nie en tweedens, dat selfs indien
verweerderes wel deur die beding in die huweliksvoorwaardekontrak
die
reghebbende met betrekking tot die okkupasie kon word, dit nie tot
gevolg het dat eiser saam met haar die eenheid kon okkupeer
sonder
die sluiting van die tweede lewensregooreenkoms nie. Laasgenoemde
feite het duidelik eers enkele dae na sluiting van die
huweliksvoorwaardekontrak geblyk toe die partye die tersaaklike
persoon by Hibiscus genader het ten einde uiting te gee aan hulle
voormelde gemeenskaplike bedoeling.
Dáárom
was die partye genoodsaak om die tweede
lewensregooreenkoms te sluit, met die gepaardgaande kansellasie van
die eerste lewensregooreenkoms,
maar duidelik met die bedoeling en
onder die indruk, hoewel verkeerdelik, dat deur sluiting van die
tweede lewensregooreenkoms,
daar juis sodoende uitvoering gegee word
aan hul aanvanklike gemeenskaplike bedoeling met klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak.
Die partye het nie op daardie stadium
geweet dat die beding in die huweliksvoorwaardekontrak nietig is nie.
Hulle het, op waarskynlikhede,
insgelyks ook nie besef dat deur die
kansellasie van die eerste lewensregooreenkoms, dít wat in die
huweliksvoorwaardekontrak
aan verweerders sedeer, beëindig is
nie. Dit blyk vir my duidelik uit die getuienis dat, op
waarskynlikhede, selfs na die
sluiting van die tweede
lewensregooreenkoms, die partye steeds onder die indruk was dat
voortspruitend uit die beding in klousule
4 van die
huweliksvoorwaardekontrak, verweerderes steeds die reghebbende met
betrekking tot die reg op lewenslange okkupasie sal
wees ingeval “wat
ookal gebeur”, soos byvoorbeeld in geval van `n egskeiding,
maar dat eiser intussen ook saam met
haar daar sou woon. Die feit dat
die partye bedoel het om deur die sluiting van die tweede
lewensregooreenkoms uiting te gee aan
wat hulle aanvanklike bedoeling
met die sluiting van klousule 4 van die huweliksvoorwaardekontrak
was, blyk op p. 223 van die getikte
oorkonde waar dit juis gestel is
aan verweerderes dat “
daar word vir u gesê al
manier waarop
dit
kan gebeur is, julle moet hierdie ooreenkoms
aangaan”
, wat verweerderes bevestig het. Wat die
“dit” is, in die totaliteit van die getuienis beoordeel,
is duidelik verweerderes
se reg om die eenheid te bewoon, weliswaar
saam met eiser ten tyde van die bestaan van die huwelik, maar sonder
enige bedoeling
om afstand te gedoen het van die reg wat sy vir haar
beding het of dan gedink het sy vir haarself beding het, synde dat as
iets
sou gebeur, sy die enigste reghebbende tot die verblyfreg van
Hibiscus sal wees nie.
Aangesien die voormelde
gemeenskaplike bedoeling waarmee die partye klousule 4 van die
huweliksvoorwaardekontrak gesluit het,
die grondslag gevorm het
waarop hierdie huwelik gesluit is, is ek van oordeel dat hierdie
faktor ook deur my in oorweging geneem
moet word by die bepaling of
verweerderes geregtig is op onderhoud, aldan nie, en die omvang
daarvan.
D: Gevolgtrekking
met betrekking tot verweerderes se reg op onderhoud:
Wanneer al die bogemelde
faktore en die gevolgtrekkings telkens daaromtrent gemaak, op
ewewigtige wyse beoordeel word, is ek op
ʼn oorwig van
waarskynlikhede oortuig dat verweerderes ʼn behoorlike saak
uitgemaak het dat sy onderhoud nodig het, dat
eiser dit kan bekostig
om onderhoud aan verweerderes te betaal en dat verweerderes derhalwe
daarop geregtig is.
Selfs indien ek fouteer
het met betrekking tot my bevindings in C9, paragrawe 92 tot 95
hierbo, hetsy wat my gevolgtrekking met
betrekking tot die bedoeling
van die partye betref, hetsy wat betref die blote feit dat ek
daardie aspek as `n faktor in ag geneem
het by die oorweging van
onderhoud, en dit dus buite rekening gelaat word, kom ek steeds tot
dieselfde gevolgtrekking wat betref
verweerders se reg op onderhoud
vanaf eiser.
E: Aard en omvang
van onderhoud:
[98] Ter aanvang moet ek
die aspek van oorbruggings- onderhoud oorweeg, gegewe dat dit is wat
namens eiser aangebied word. Ek het
reeds bevind dat dit onhaalbaar
en onhoudbaar is om van verweerderes te verwag om weer `n haarsalon
te Hoopstad te gaan open. Ek
het ook reeds bevind dat vanweë
verweerderes se ouderdom, haar kanse om in die toekoms weer tydelike
poste as onderwyseres
te verkry, al hoe minder word.
Oorbruggings-onderhoud word normaalweg gelas in omstandighede waar
dit gebruik kan word deur `n
party tot tyd en wyl sodanige party
finansieël weer op sy of haar voete gekom het. Laasgenoemde moet
dus `n realistiese verwagting
wees wat teenwoordig moet wees. In die
onderhawige geval geld die teendeel – daar is objektief
gesproke geen verwagting dat
verweerderes se finansiële posisie
gaan verbeter nie, tot die teendeel vanweë haar ouderdom.
Oorbruggings-onderhoud sal
dus geen doel dien nie en by verre te kort
skiet om te voldoen aan die onderhoudsbehoefte waarvoor verweerderes
`n saak uitgemaak
het.
Mnr. Zietsman het betoog
dat dit billik of dan “just” sal wees indien gelas word
dat as deel van eiser se onderhoudsplig
teenoor verweerderes,
verweerderes geregtig sal wees op die uitsluitlike bewoningsreg van
die eenheid te Hibiscus, gegewe die
volgende omstandighede en
faktore:
1. Op eiser se weergawe
het hy nie fondse beskikbaar om aan verweerderes onderhoud te betaal
nie en as sodanige onderhoud nog vir
die betaling van behuising ook
moet voorsiening maak, gaan eiser dit nog minder kan bekostig;
2. Daar behoort sover
moontlik gepoog word om ʼn sogenaamde “clean break”
situasie tussen die partye te bewerkstellig;
3. Dit moet aanvaar word
dat die partye nie kan voortgaan om gesamentlike bewoningsreg van die
Hibiscus eenheid uit te oefen nie.
4. Ooreenkomstig die
getuie Webster se getuienis is dit moontlik en uitvoerbaar dat eiser
afstand doen van sy huidige bewoningsreg
en kan verweerderes derhalwe
sodoende uitsluitlike bewoningsreg van die eenheid te Hibiscus
verkry.
Voormelde argument het
mnr. Zietsman baseer op die uitspraak van die Hoogste Hof van Appèl
in
ZWIEGELAAR v ZWIEGELAAR
,
supra
. Sy argument was dat
hoewel die gevorderde regshulp nie sodanig ingeklee is nie, ek in die
uitoefening van my diskresie dit aldus
kan gelas op die basis dat dit
is wat “billik” is onder die omstandighede en dat die
aspekte rondom hierdie verblyfreg,
tesame met die kwessie van
onderhoud, in elk geval behoorlik gedek is deur die getuienis en die
kruisverhoor.
In die welbekende
beslissing van
ROBINSON v RANDFONTEIN ESTATES GM COMPANY LTD
1925 AD 173
is as volg op 198 beslis:
“
The object
of pleading is to define the issues; and parties will be kept
strictly to their pleas where any departure would cause
prejudice or
prevent full enquiry. But within those limits the Court has a wide
discretion. For pleadings are made for the Court,
not the Court for
pleadings. And where a party has had every facility to place all the
facts before the trial Court and the investigation
into all the
circumstances has been as thorough and as patient as in this
instance, there is no justification for interference
by an appellate
tribunal, merely because the pleading of the opponent has not been as
explicit as it might have been.”
In
MIDDLETON v CARR
1949(2) SA 374 (A) is die volgende op 385 tot 386 beslis:
“
I now turn
to ground (b), under which the appellant claims that failing proof of
the express contract for remuneration at the rate
of £30 per
month he is nevertheless entitled to payment at a fair or reasonable
rate for the services which he rendered.
The learned Judge refused to
make such an order in the appellant’s favour because there was
in the declaration no claim alternative
to that based on the express
contract and because even if there had been such a claim the evidence
was insufficient to warrant
a judgment for remuneration at any
particular rate. The two points are not unconnected because, as has
often been pointed out,
where there has been full investigation of a
matter, that is, where there is no reasonable ground for thinking
that further examination
of the facts might lead to a difference
conclusion, the Court is entitled to, and generally should, treat the
issue as if it had
been expressly and timeously raised. But unless
the court is satisfied that the investigation has been full, in the
above sense,
injustice may easily be done if the issue is treated as
being before the Court. Generally speaking the issues in civil cases
should
be raised on the pleadings and if an issue arises which does
not appear from the pleadings in their original form an appropriate
amendment should be sought. Parties should not be unduly encouraged
to rely, in the hope, perhaps, of obtaining some tactical advance
or
of avoiding a special order as to costs, on the court’s
readiness at the argument stage or an appeal to treat unpleaded
issues as having been fully investigated.”
In
BOTHA v BOTHA
,
supra
, het ook ʼn situasie opgeduik dat dit wat ten
opsigte van onderhoud gevorder is en dit waarvoor betoog is,
verskillend was,
sonder enige formele wysiging. Daarin is as volg op
92 D tot H beslis:
“
[7] I have
been addressed by Mr Botha’s counsel on the need for and
absence of compliance with the rules of court. Firstly,
Mrs Botha
claimed one amount as permanent maintenance and then, without formal
notice of amendment of her counterclaim, simply
proceeded to trial on
a different quantum. Secondly, Mrs Botha claimed only permanent
maintenance the first time; rehabilitive
maintenance was mentioned in
argument at the end of the trial. It was argued that Mr Botha had
only to meet the case as pleaded
by Mrs Botha and that he could not
be expected to address in his evidence the issues necessarily ensuing
from her rehabilitive-maintenance
claim of which she had no knowledge
and in respect of which Mrs Botha had herself given no evidence.
[8] Of course, these complaints have
merit. I appreciate that Mr Botha should not be prejudiced by the
failure of Mrs Botha to file
appropriate pleadings or to lead on her
ultimate claim. I do, however, believe that a court should be astute
to make every attempt
to assure that the issues essential for a
‘just’ decision are properly ventilated and considered in
matrimonial matters
which involve highly personal, emotional and
intimate issues. Pleadings can be amended at the latest stage where
prejudice can
be avoided.
[9] I do not consider the absence of
the usual catch-all prayer for ‘further or alternative relief’
to be a fatal bar
to Mrs Botha at least now seeking the relief she
now claims.”
In die onderhawige geval
is dit wel so dat verweerderes se vorderings nie so ingeklee is dat
die verblyfreg te Hibiscus as deel
van haar onderhoudsvordering
gevorder is nie. Met bogemelde gesag inaggenome, stel dit egter nie
`n absolute beletsel daar dat
sodanige vordering nie in ieder geval
oorweeg kan word nie, mits dit volledig deur die getuienis gedek is
en eiser nie deur sodanige
oorweging daarvan benadeel word nie. In
die onderhawige geval het verweerderes wél die “catch-all”
vordering
van “sodanige verdere en/of alternatiewe regshulp as
wat die Agbare Hof mag verleen” in haar teeneis ingesluit.
Eiser het verkies om nie
enige getuienis ter ondersteuning van sy verweer aan te bied nie.
Ten tyde van betoogstadium het mnr.
Reinders vermeld dat die rede
waarom eiser nie getuig het nie, is vanweë die feit dat ek
bloot twee regsvrae moet beslis:
“D
ie een is, wat staan
in die kontrak en wat is die regsgevolge van die feit dat hulle `n
latere kontrak op 22 Maart aangegaan het”
. Net
daarna is die volgende ook deur mnr. Reinders vermeld: “
Dit
lyk vir my dit is maar ʼn regsvraag wat Edele sal moet beslis,
dit lyk nie vir my of die getuienis van die eiser eintlik
vreeslik
daartoe kon bydra om daardie probleem werklik op te los nie veral in
die lig van die verweerderes se getuienis waarna
ek u nou gaan
verwys”
.
Die feit bly egter staan
dat verweerderes van meet af aan onderhoud gevorder het en
desnieteenstaande het eiser die berekende besluit
geneem om geen
getuienis ten opsigte van sy verweer wat betref die relevante faktore
wat in oorweging geneem moet en kan word by
beregting van hierdie
aspek, aan te bied nie. Addisioneel hiertoe meen ek in ieder geval
dat dit duidelik uit die getuienis blyk
dat die aspek van die
lewensreg/verblyfreg en die bedoeling van die partye ten opsigte
daarvan, tesame met en ineengevleg met die
(ander) faktore relevant
ten opsigte van die beregting van die onderhoudsaspek, wel volledig
gedek is deur die getuienis voor die
Hof en dus insgelyks deur
volledig kruisverhoor deur mnr. Reinders gedek is. Soos blyk uit
vroeëre gedeeltes van die uitspraak,
het verweerderes volledige
getuienis aangebied oor die bedoeling van die partye wat betref die
hele kwessie rondom die verblyfreg
en is sy juis volledig daaromtrent
gekruisverhoor. Die feit dat eiser klaarblyklik die inhoud en
betroubaarheid van verweerderes
se getuienis anders evalueer het as
wat ek reeds hierin gedoen het, soos blyk uit Mnr. Reinders se
voormelde opmerking en betoog
rondom verweerderes se getuienis, en
dít moontlik bygedra het tot sy besluit om nie te getuig nie,
was `n besluit wat eiser
op eie risiko geneem het en wat nie in
hierdie omstandighede kan dien as `n basis om te bevind dat die aspek
nie volledig deur
getuienis en kruisverhoor gedek was nie.
[103] Daar kan dus na my
mening geen benadeling vir eiser wees indien ek wel die vraag oorweeg
of die verblyfreg te Hibiscus aan
verweerderes toegewys moet word as
deel van haar onderhoudsbehoefte, aldan nie. By gebrek aan sodanige
benadeling meen ek dat ek
genoodsaak is om wel hierdie aspek te
oorweeg, aangesien ek in die uitoefening van my diskresie die
totaliteit van die getuienis
moet oorweeg met betrekking tot die
vraag welke onderhoud “billik” onder die omstandighede
sal wees.
Wat Mnr. Zietsman se
steun op
ZWIEGELAAR V ZWIEGELAAR
,
supra,
betref, is
die inderdaad so dat die Hoogste Hof van Appèl daarin bevind
het dat ʼn party se akkommodasie of behuisingsbehoeftes
in
gepaste omstandighede erken moet word as sodanige party se redelike
onderhoudsbehoefte. In die verband is as volg op 1212
F tot I
beslis:
“
[13] It was
not submitted,
nor
indeed could it be argued, that the term ‘maintenance’
should be narrowly construed. Sinclair in The Law of Marriage,
Volume
1 at 443 correctly refers to maintenance in the matrimonial context
as a reciprocal duty of support which
‘
entails the
provision of accommodation, food, clothing, medical and dental
attention, and whatever else the spouses reasonably require’.
[14] Upon dissolution of the marriage,
the word cannot attract a different meaning. Where a Court is
satisfied that one spouse is
entitled to maintenance and the
jurisdictional requirements as laid down in s 7(2) of the Act have
been met, then it is entitled
to make an order which is ‘just’.
‘Just’ in the context of s 7(2), entails a recognition in
an appropriate
case that the accommodation requirements of the one
spouse have to be met as part of such spouse’s reasonable
maintenance
needs. To hold otherwise would be to render nugatory the
clear requirement that the maintenance award be ‘just’.
[15] It is implicit in the judgment of
the trial Court that, notwithstanding the imprecise formulation of
the order, the learned
Judge intended to award appellant a sum of
money as part of her maintenance requirements for the purchase by her
of household necessities
in order to establish a home – she
having been ordered out of the common home. This sum was awarded not
in lieu of, but in
addition to, what she reasonably required for her
monthly maintenance needs.”
Dit blyk duidelik
uit
die getuienis dat verweerderes tans geen heenkome van haar eie het
nie. Daarteenoor is die getuienis duidelik dat eiser wel
ʼn
alternatiewe heenkome het, synde die meenthuis te Kellnerstraat te
Bloemfontein. Hoewel ek aanvaar dat hierdie meenthuis
in die naam
van die Genis Vroue Trust geregistreer is en eiser se dogter
moontlik tans daar woonagtig is, blyk dit duidelik dat
eiser tot op
hede wel by verskeie geleenthede daar woonagtig was, soveel so dat
eiser die meenthuis in sy dagvaarding en besonderhede
van vordering
dit as sy woonadres aangedui het. Toe verweerderes in haar Reël
43 aansoek dit insgelyks as eiser se woonadres
aangedui het, het
eiser dit ook aldus in sy opponerende verklaring erken. Uit die
getuienis van mnr. Jooste blyk dit dat daar
geen verband oor die
meenthuis meer is nie, aangesien dit afbetaal is uit `n ander
eiendom wat die trust verkoop het (oorkonde,
p. 300, reël 20 –
24). Dit blyk na my mening, soos deur mnr. Zietsman betoog, ook uit
die getuienis van mnr. Jooste
dat die trust eintlik maar die alter
ego van eiser is en dat die bate derhalwe in ag geneem kan word by
die oorweging van die
vraag welke onderhoudsbevel billik sal wees.
Sien
JORDAAN v JORDAAN
2001
(3) SA 288
(C) op 299 G – 301 D en
BADENHORST
v BADENHORST
2006 (2) SA 255
(SCA).
(Hoewel dit in daardie beslissings gehandel het oor die beoordeling
van ʼn herverdelingsbevel ingevolge die bepalings
van Artikel
7(3) van die Wet, is die beginsels
mutatis
mutandis
van toepassing by die
oorweging van ʼn gepaste onderhoudsbevel). Gegewe dat daar geen
verband meer oor die eiendom bestaan
nie, is daar ook geen rede
waarom eiser nie die meenthuis kosteloos kan bewoon nie.
Alternatiewelik en indien die meenthuis deur
eiser se dogter of
iemand anders bewoon word, kan die huur-inkomste wat daaruit verkry
word, deur eiser gebruik word om vir hom
alternatiewe huisvesting te
huur.
Waar daar dus in die
onderhawige geval aan die kant van beide partye beperkte finansiële
fondse is en dit op die aanvaarde
getuienis duidelik is dat
verweerderes ‘n behoefte aan behuising as deel van haar
onderhoudsbehoeftes uitgemaak het, terwyl
eiser die meenthuis tot sy
beskikking het wat hy gratis kan bewoon (of voormelde voorgestelde
alternatief met die huur-inkomste
daarvan kan uitvoer), meen ek dat
dit billik is onder die omstandighede dat die uitsluitlike
verblyfreg te Hibiscus aan verweerderes
toegeken word.
Hoewel die verblyfreg
wat die partye in terme van die tweede lewensregooreenkoms bekom
het, met inagneming van die bepalings van
klousule 13.1 van die
ooreenkoms teoreties lewenslank kan wees, meen ek dat dit
onreëlmatig sal wees indien ek dit aldus
aan verweerderes
toeken onder omstandighede waar ek dit in die onderhawige geval as
deel van haar onderhoud toeken. In die verband
moet in gedagte gehou
word dat artikel 7(2) van die wet die toekenning van onderhoud
beperk tot die dood of hertroue van `n party,
na gelang van welke
eerste plaasvind. Gevolglik is ek van oordeel dat ek voormelde
veblyfreg ook slegs onderhewig aan daardie
beperkings, kan toeken.
Soos tereg spontaan
toegegee deur mnr. Zietsman, het voormelde beslissing ʼn groot
impak op die bedrag, indien enige, wat
andersins aan verweerderes
toegeken behoort te word. In beginsel is daar geen beletsel dat daar
‘n bedrag onderhoud addisioneel
tot voormelde verblyfreg
toegewys kan word nie, deurdat daar spesifiek in
ZWIEGELAAR v
ZWIEGELAAR
beslis is dat die voldoening aan die
behuisingsbehoeftes van ʼn party as deel van daardie party se
onderhoudsbehoeftes, addisioneel
tot enige ander onderhoudsbevel is.
Verweerderes se
lewenskoste sal drasties verminder inaggenome bovermelde bevel in
vergelyking met die ongeveer R19 000.00 indien
sy in Westonarea op
haar eie moet gaan bly. Daarteenoor moet egter ook in gedagte gehou
word dat verweerderes R6 800.00 in haar
teeneis vorder, welke reeds
gebaseer was daarop dat sy wel te Hibiscus sou woon. Dit blyk
duidelik uit die getuienis, in besonder
die stellings wat aan mnr.
Webster gemaak is, dat die maandelikse heffing by Hibiscus ten
opsigte van ʼn enkelpersoon tans
ongeveer R1 100-00 beloop.
Daarbenewens is ʼn bedrag van R700-00 per maand betaalbaar ten
opsigte van middagetes wat ingesluit
word. Wat elektrisiteit betref
(of water en elektrisiteit die geuitenis is ietwat onduidelik) is
die syfers van R32-00 en R115-00
genoem. Afgerond blyk dit dat wat
vir ʼn enkelpersoon ter sprake sal wees ten opsigte van die
maandelikse heffing, ongeveer
die bedrag van R2 000-00 beloop.
Indien eiser dus gelas sou word om ten minste ʼn bedrag van R2
000-00 onderhoud per maand
aan verweerderes te betaal, beteken dit
dat daar aan haar basiese behoeftes ten opsigte van behuising, een
goeie maaltyd per
dag en noodsaaklike vervoer by wyse van die bus
waaroor getuienis aangebied is, voldoen is.
Bogemelde oorweging van
R2 000.00 onderhoud geskied teen die agtergrond dat wanneer
verweerderes haar te Hibiscus gaan vestig, sy
ten minste ‘n
maandelikse inkomste van R2 700-00 uit haar belegging tot haar
beskikking gaan hê. Voorts en gegewe dat
daar wel nog die
moontlikheid bestaan dat sy van tyd tot tyd `n tydelike of aflos
onderwys pos sal kan bekom, meen ek dat soos
in
WEINER v WEINER,
supra
, gedoen is, dit billik is as ek `n bedrag in my
berekenings toelaat om voorsiening te maak vir die moontlikheid van
die verkryging
van sodanige poste deur verweerderes in die toekoms.
Ek meen egter ook dat ek in ag moet neem dat verweerderes se kanse om
so `n
pos te bekom in die omgewing waar sy nou gaan woon, waarskynlik
minder gaan wees as waar sy haar tans bevind. Gegewe haar huidige
netto inkomste ten opsigte van so `n tydelike pos, synde R6 900.00
per maand, meen ek dat `n berekening gebaseer daarop dat verweerderes
gemiddeld moontlik vir drie maande per jaar `n betrekking sal kan
beklee teen `n soortgelyke salaris, `n billike berekening is
onder
die omstandighede. Dit het tot gevolg dat dit geag moet word dat
verweerderes oor `n jaar tydperk, gemiddeld R1 725.00 per
maand tot
haar beskikking sal hê voortspruitend uit sodanige betrekking.
Hierdie bedrag, tesame met haar rente-inkomste,
laat dus aan haar die
totaal van R4 425.00 per maand ter betaling van haar ander
maandelikse verpligtinge.
Wanneer eiser se
situasie vergelykenderwys dienooreenkomstig beskou word, soos blyk
uit bewysstuk “E”, en dit word
in ag geneem dat hy
gratis te die meenthuis te Bloemfontein (of te `n ander meenthuis
met die huur-inkomste) woonagtig gaan wees,
blyk die volgende:
1. Die aftreeoordfooie
van R2 175.00 val weg vanaf sy uitgawes.
2. Dit moet in ag geneem
word dat hy nou moontlik ʼn uitgawe ten opsigte van water en
elektrisiteit gaan hê, wat op ongeveer
R500.00 bereken kan
word.
3. Hoewel verweerderes
dit bevraagteken het indien eiser te Hibiscus sou gaan woon, moet sy
uitgawe ten opsigte van kruideniersware
nou wel in ag geneem word,
aangesien eiser nie meer die voordeel van een goeie maaltyd per dag
te Hibiscus gaan hê nie.
Alwaar verweerderes die
voordeel van die busdiens gaan hê, moet die uitgawe ten
opsigte van brandstof in die bedrag van
R700.00 in ag geneem word.
Wanneer daar dus voldoen
is aan eiser se voormelde basiese behoeftes ten opsigte van verblyf,
een goeie maaltyd per dag en vervoer,
in die totale bedrag van R2
800.00 (afgerond R3 000.00) per maand, verreken teen `n maandelikse
inkomste van R14 000.00, en eiser
het ook R2 000.00 onderhoud aan
verweerderes betaal om aan haar soortgelyke basiese behoeftes te
voldoen, het eiser nog die bedrag
van R9 000.00 per maand beskikbaar
ter delging van sy ander maandelikse uitgawes (teenoor die R4 425.00
van verweerderes).
Wanneer al eiser se
beweerde maandelikse uitgawes soos uiteengesit op bewysstuk “E”
sonder enige aanpassing in ag geneem
word (maar met uitsluiting van
die Hibiscus heffing, die kruideniersware en die brandstof, omdat dit
reeds hierbo verreken is),
laat dit eiser met verdere maandelikse
uitgawes van R7 350.87, wat dan steeds vir eiser `n maandelikse
oorskot van R1 649.13 laat.
Gegewe die vergelykende
situasies van die partye, meen ek dat verweerderes ʼn behoorlike
saak uitgemaak het dat sy ten minste
R2 000.00 onderhoud per maand,
addidioneel tot die verblyfreg, benodig, dat eiser dit kan bekostig
en dat dit billik is om dit
aldus te gelas.
Die enigste addisionele
aspek wat oorweeg moet word, is die vordering van verweerderes met
betrekking tot die betaling van haar
redelike en billike mediese
koste. Mnr. Zietsman het betoog dat gegewe die getuienis ten opsigte
van die geweldige konflik tussen
die partye met betrekking tot die
aangaan en betaling van mediese koste, ek, indien ek wel van oordeel
is dat eiser gelas behoort
te word om verweerderes se mediese koste
te betaal, eerder ʼn addisionele kontantbedrag aan haar behoort
beskikbaar te stel
as deel van haar onderhoud ten einde haar in ʼn
posisie te plaas om haar eie mediese fonds of hospitaalplan te bekom
in plaas
daarvan om eiser te gelas om haar mediese koste te betaal.
Ek is nie voornemens om
in detail te handel met die getuienis ten opsigte van die dispute
wat betref die mediese onkoste aangegaan
deur verweerderes en die
betaling daarvan deur eiser nie. Ek volstaan met die bevinding dat
dit onteenseglik uit die getuienis
blyk dat dit ʼn onverkwikbare
situasie is wat tussen die partye hieromtrent heers, gekenmerk deur
voortdurende briefwisseling
tussen die partye se prokureurs as
gevolg van die dispute en twispunte daaromtrent, en selfs ook al
gelei het tot die uitreiking
van lasbriewe. Hoewel daar in hierdie
geval nie in totaliteit ʼn “clean break” tussen die
partye bewerkstellig
kan word nie, meen ek dat wat hierdie behoefte
van verweerderes betref, daar sover as moontlik ʼn weg ingeslaan
moet word
wat toekomstige dispute hieromtrent totaal uitsluit.
Gegewe die vergelykende finansiële posisies van die partye,
waarna
ek reeds hierbo verwys het, die feit dat dit gemeensaak is
dat eiser die wel die voordeel van ʼn hospitaalplan het, waarvan
die uitgawe reeds hierbo verreken is, en die feit dat verweerderes
`n mediese fonds van haar eie voor huweliksluiting gehad het
wat sy
op eiser se aandrang opgesê het, is ek van oordeel dat
verweerderes ook ʼn behoorlike saak uitgemaak het ten
opsigte
van haar behoefte aan onderhoud wat betref haar mediese uitgawes. Ek
meen insgelyks dat eiser dit kan bekostig onder
die omstandighede om
dit te betaal of ten minste daartoe by te dra. Dit sal meer as
billik wees onder die omstandighede. Gevolglik
is ek van oordeel dat
verweerderes ten minste geregtig is op die bedrag van R1 000.00 per
maand addisionele onderhoud as bydrae
deur eiser aan verweerderes
ten einde haar in staat te stel om ten minste ʼn hospitaalplan
van haar eie te bekom, of dan
`n mediese fonds indien sy so sou
verkies.
[114] Die laaste aspek
wat oorweeg moet word ten opsigte van die onderhoud, insluitende die
verblyfreg, is die praktiese uitvoering
daarvan. In die verband is ek
van oordeel dat gegewe dat my voorgenome bevele daarop neerkom dat
eiser, insoverre hy tans die eenheid
te Hibiscus bewoon, daardie
huisvesting moet ontruim en die meenthuis te Bloemfontein moet
betrek, en verweerderes terselfdertyd
ook haar reëlings moet
tref ten einde te verhuis na Hibiscus, dit nie billik is en
waarskynlik ook nie prakties moontlik is
dat dit alles by wyse van
spreke, oornag moet geskied nie. Daarom meen ek dat `n tydperk van
ongeveer twee (2) maande redelik en
billik is ten einde al die partye
instaat te stel om hul reëlings dienooreenkomstig te tref.
Dit het egter insgelyks
`n invloed op die partye se onderskeie finansiële posisies in
die
interim
tot tyd en wyl die onderskeie verhuisings
plaasgevind het. Daarom meen ek dat dit gepas en billik is onder die
omstandighede om
die betaling van onderhoud en mediese koste soos dit
tans is voortspruitend uit die Reël 43 aansoek, te gelas
hangende die
tydperk van finalisering van die ontruiming van die
eenheid te Hibiscus deur verweerder en die toekenning daarvan aan
verweerderes.
KOSTE:
Wat die koste betref,
het eiser in sy Reël 34 tender aangebied om die koste tot op
datum van daardie tender te betaal. Verweerderes
het nie daardie
tender aanvaar nie. Gegewe die bevele wat ek voornemens is om te
maak, kan daar geen argument daarteen wees dat
verweerderes
substansieel suksesvol is met haar teeneis nie, welke terselfdertyd
substansieel meer regshulp is as wat eiser in
sy tender aangebied
het. By gebrek aan enige besondere omstandighede, is daar gevolglik
na my mening geen rede waarom die gebruiklike
bevel tot dien effekte
dat koste die uitslag volg, nie verleen moet word nie.
Laastens moet daarop
gewys word dat, soos blyk uit paragrawe 7 en 8 van hierdie
uitspraak, die (moontlike) verspilde koste op
2 Junie 2009
voortspruitend uit die liassering van die Reël 43(6) aansoek,
oorgestaan het vir latere beregting. Ten opsigte
van die Reël
43(6) aansoek as sulks, het ek gelas dat koste, koste in die geding
is. Vanweë oorsig, het ek nie op daardie
stadium `n spesifieke
bevel ten opsigte van voormelde moontlike verspilde koste gemaak
nie. Na my mening kan geen ander bevel
gepas wees as dat insoverre
daar wel verspilde koste was, dit in ieder geval dan ook koste in
die geding moet wees nie. Ek is
dus voornemens om dit
duidelikheidshalwe aldus te gelas.
[117] Gevolglik word die
volgende bevele verleen:
Die huweliksband tussen
die partye word ontbind.
Dit word gelas dat die
bepalings van klousule 3 van die huweliksvoorwaardekontrak gesluit
tussen die partye op 17 Maart 2005 en
geregistreer op 19 April 2005,
nagekom word.
Ter uitvoering van
laasgenoemde bevel:
word eiser gelas om
binne 1(een) maand na datum van hierdie bevel toe te sien dat die
fonds en skema wat die Discovery Life
Polis met nommer 1071618290,
waaarvan die opbrengs deur eiser aan verweerderes geskenk en sedeer
is, beheer, `n aantekening
in hul rekords maak dat die opbrengs van
die polis by die afsterwe van eiser aan verweerderes betaalbaar is
ooreenkomstig die
bepalings van klousule 3 van die
huweliksvoorwaardekontrak; en
word eiser gelas om
onverwyld daarna skriftelike bewys van sy nakoming van die bevel in
3.1 hierbo aan verweerderes se prokureur
van rekord te verskaf.
Eiser word gelas om
onderhoud aan verweerderes te betaal en te verskaf op die volgende
wyse en terme:
Eiser word gelas om
onderhoud aan verweerderes te betaal ten opsigte van die maande
Junie 2010 en Julie 2010 in die bedrag van
R5000.00 per maand,
welke bedrag betaalbaar sal wees voor of op 7 Junie 2010 en weer
daarna voor of op 7 Julie 2010.
Eiser word gelas om
verweerderes se redelike mediese-, tandheelkundige-, oogkundige-,
hospitalisasie- en aptekerskoste aangegaan
en/of opgedoen deur
verweerderes sedert die datum van hierdie bevel tot en met einde
Julie 2010, te betaal, waarna hierdie
verpligting van eiser verval.
Eiser word gelas om na
afloop van Julie 2010, onderhoud aan verweerderes te betaal in die
bedrag van R3000.00 per maand, die
eerste betaling waarvan moet
geskied voor of op 5 Augustus 2010 en daarna voor of op die 5de dag
van elke daaropvolgende maand,
welke onderhoudsverpligting sal
voortduur tot verweerderes se dood of hertroue, welke ookal eerste
mag plaasvind, waarna die
verpligting verval.
Eiser word gelas om toe
te sien dat die uitsluitlike reg van okkupasie van die eenheid
bekend as Hibiscus Heights 412, in die
kompleks bekend as Village
of Happiness, geleë te Margate, verweerderes toekom voor of op
1 Augustus 2010, welke sodanige
uitsluitlike reg op okkupasie
hiermee aan verweerderes toegeken word met ingang vanaf 1 Augustus
2010 tot en met haar dood
of hertroue, welke ookal eerste mag
plaasvind.
Ter nakoming en
uitvoering van die bevel in 4.4 hierbo, word die volgende beveel:
Eiser word gelas om
die nodige dokumentasie, soortgelyk aan die dokument aangeheg tot
bewysstuk “G” voor die hof,
getiteld “Cottage or
Flat Relinquishment Agreement”, soos gewysig indien nodig,
te onderteken ten einde voor
1 Augustus 2010 afstand te doen van
sy reg op okkupasie van voormelde eenheid voortspruitend uit die
lewensregooreenkoms
gesluit tussen die partye en Hibiscus
Retirement Villages op 22 Maart 2005, en wel op `n wyse wat aan
verweerderes die uitsluitlike
okkupasie van die eenheid sal
verleen tot haar dood of hertroue, welke ookal eerste mag
plaasvind.
Verweerderes word
gelas om by haar hertroue, indien enige, onverwyld die nodige
dokumentasie te onderteken ten einde afstand
te doen van haar reg
op okkupasie van voormelde eenheid ooreenkomstig die bepalings van
klousule 13.1.3 van die lewensregooreenkoms
gesluit tussen die
partye en Hibiscus Retirement Villages.
Indien enige van die
partye sou versuim om voormelde dokumentasie te onderteken, word
die Griffier van hierdie Hof gemagtig
en gelas om dit aldus namens
sodanige party of partye te onderteken.
Eiser word gelas om die
koste van die geding te betaal, wat insluit die oorgestane verspilde
koste, indien enige, van 2 Junie
2009 voortspruitend uit die
liassering van die Reël 43(6) aansoek onder aansoeknommer
2750/09.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die Eiser: Adv.
S.J. Reinders
In opdrag van:
Mnr. R.J Britz
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens die Verweerderes:
Adv. P. Zietsman SC
In opdrag van:
Mnr. J.H. Conradie
Rossouws Prokureurs
BLOEMFONTEIN