S v Heydenreich (119/84) [1984] ZASCA 112 (25 September 1984)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Appeal — Condonation — Late filing of heads of argument — Appellant convicted of fraud and sentenced to seven years' imprisonment — Appeal postponed due to withdrawal of appellant's attorney — Appellant failed to notify authorities of address change, resulting in non-receipt of notice for filing heads of argument — Application for condonation for late filing subsequently dismissed by court — Court found appellant had not made a proper case for condonation — Appeal court held that the appellant's failure was not serious or intentional, and granted condonation for late filing of heads of argument.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 112
|

|

S v Heydenreich (119/84) [1984] ZASCA 112 (25 September 1984)

J
OHAN WILHELM HEYDENREIC
H Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPÉLAFDELING
) In
die saak tussen:
J
OHAN WILHELM HEYDENR
EICH Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: KOTZÉ, VILJOEN, ARR., GALGUT, ELOFF et SMALBERGER,Wn.
ARR.
Verho
or: 20 September 1984
Gelewer
: 25 September 1984
UITSPRAAK KOTZÉ, AR
.:
Dit is 'n appèl hierdie teen die afwysing deur die Transvaalse
Provinsiale Afdeling (NICHOLAS en ACKERMANN, RR.) van die appellant
se aansoek
om kondonasie vir die
laat /2
-2-laat indiening van hoofde van betoog en die daaropvolgende
verwydering van die sakelys van sy appèl in 'n strafsaak.
Reël 47bis(a) van die Reëls waarby die verrigtinge van die
Transvaalse Provinsiale Afdeling gereël word, bepaal as
volg:
"Wanneer die prokureur-generaal, kragtens subreël (1) van reël
een-en-vyftig van die reëls waarby die verrigtinge van
die verskillende
provinsiale en plaaslike afdelings van die Hooggeregshof van Suid-Afrika
gereël word en afge-kondig by Goewermentskennisgewing
No. R. 48 van 12
Januarie 1965, kennis gee van die terrolleplasing van 'n strafappel kan hy na
goeddunke die appellant kennis gee
dat hoofde van betoog nodig is wanneer die
appèl
aangehoor /3
-3-
aangehoor word. Manneer sodanige kennis gegee word, moet die appellant
minstens een maand voor die dienende dag van die appèl
of, indien kort
kennis vir die aanhoring van die appèl gegee word, so spoedig moontlik,
'n bondige en saaklike opgawe van
die hoofpunte wat hy op appèl wil
aanvoer, aan die prokureur-generaal en twee afskrifte daarvan aan die griffier
aflewer.
Naas hierdie reël geld ondervermelde reël van die praktyk soos deur
COLMAN, R in
S. v Basi
, 1976(4) S.A. 799 (T) op 800 A-B
neergelê:
"In future there will be a more stringent approach to matters of this kind.
The notice of set down of a criminal appeal in which heads
of argument are
called for will specify the date
by /4
-4-
by which those heads must be filed so that there can be no misunderstand-ing
or excusable error in the deter-mination of that date.
Furthermore, with the
approval of the JUDGE PRESIDENT the following rule of practice is now laid down:
It is only in exceptional
circumstances that the late filing of heads of
argument will be condoned, and the error or oversight of a legal practitioner or
his
employee will rare-ly, if ever, be treated as a ground for condonation."
Die relevante feite van die onderhawige appèl
kan kort gestel word. Nadat 'n vonnis van sewe jaar
ge-vangenisstraf (waarvan drie jaar opgeskort is) aan hom op sewe klagte van
bedrog
deur 'n streeklanddros opgelê is, het die appellant hom by wyse van
hoër beroep tot die Transvaalse Provinsiale Afdeling
gewend. Die
appèl is
op /5
-5-op 24 Mei 1982 ter rolle geplaas maar is op gemelde datum op
versoek van die appellant persoonlik
sine die
uitgestel vanweë die
onttrekking van die appellant se prokureur weens die appellant se onvermoë
om die prokureur se gelde
te dek. Ofskoon hoofde van betoog reeds voor 26 April
1982 ingedien moes gewees het, het dit weens gemelde onttrekking nie gebeur
nie.
Na 24 Mei het die appellant van adres verander maar die prokureur-generaal en
griffier nie daarvan verwittig nie. Die polisie,
by wie die appellant gereeld
ingevolge sy borgvoorwaardes moes aanmeld, was bewus van sy nuwe adres en hy
het, soos hy in sy aansoek
verklaar, "foutiewelik gedink" dat hulle dit by die
regte oord sou aanmeld. Die appellant het om en by 19 Augustus 1982 aan sy nuwe
prokureur opdrag gegee om voort te gaan met
die /6
-6-
die appèl . Die appèl was
intussen, sonder dat hy bewus was daarvan, reeds ter rolle herplaas en wel op 2
September
1982. Weens die adresverandering het die appellant nie die
proku-reur-generaal se kennisgewing van terrolleplasing ontvang nie. Gemelde
kennisgewing het, ingevolge die reël neerge-lê in
Basi
se
saak, bepaal dat hoofde van betoog teen 2 Aug-ustus 1982 ingedien moes word. Die
appellant se nuwe prokureur het kort na hy die
opdrag, soos hierbo vermeld,
ontvang het, vasgestel dat die kennisgewing van terrolleplasing na die ou adres
gestuur is en nie afgelewer
is nie en dat die prokureur-generaal na 2 Augustus
'n aansoek ingedien het dat die appèl van die rol verwyder word weens
versuim
om die hoofde van betoog in te dien. Die appellant het op
25 Augustus /7
-7-25 Augustus aansoek om kondonasie vir die laat indiening
van sy hoofde van betoog ingelewer en het terselfdertyd hoofde van betoog
beteken aan die griffier. En op 2 Sep-tember 1982 het die Provinsiale Afdeling
die aansoek om kondonasie soos aan die begin van hierdie
uitspraak vermeld,
afgewys. NICHOLAS, R. het die grond van sy uitspraak sonder omslagtigheid
gestel:
"This application is opposed by the Attorney-General who points out that the
matter was previously before the Court on 24th May 1982
when it was postponed at
the instance of the appellant. Since then the appellant has done nothing. He has
simply ignored the pending
proceedings. In those circumstances it seems to us
that the appellant has not made out a proper case for condonation ..."
Hierdie /8
-8-
Hierdie appèl geskied sonder verlof
ingevolge art. 21(1) van die Wet op die Hooggeregshof, 59 van 1959. (
S v
Tsedi
, 1984(1) S.A. 565 (A) op 570 A-C).
In 'n aansoek om kondonasie is die vooruitsigte op
appèl in die reël 'n belangrike
oorweging: waar die kanse op sukses rooskleurig is, mag dit wel 'n ernstige
nie-nakoming
van die hofreëls oorskadu. Of aan die ander kant waar daar
geen vooruitsigte op sukses, of selfs karige vooruit-sigte is, sou
dit sinloos
wees om kondonasie te verleen selfs waar die graad en erns van die versuim om
hofreëls na te kom nie ernstig is
nie en bevredigend verduidelik word -
Me
lane v Santam Insurance Co Ltd
, 1962(4) S.A. 531 (A) op 532 C-E. In
die onderhawige geval het die
Hof---/9
-9-
Hof
a quo
dit nie nodig gevind om die
vooruitsigte te oorweeg nie ofskoon die aansoek redes aanvoer op grond waar-van
hy "onskuldig bevind
moes word". Voor hierdie Hof het die Staat sigself beperk
tot 'n vereenselwiging met die benadering van NICHOLAS, R. In hierdie verband
is
dit dus paslik dat hierdie Hof die houding inneem dat hoe minder gesê word
hoe beter. Dit geld soveel te meer omdat die
notule van die verhoor in 'n swak
toestand is en dit, weens gebreke daarin, moontlik is dat die meriete van die
appèl
teen skuldigbevinding sowel as vonnis nie regverdig beoordeel
kan word nie. Ek gaan dus terstond oor tot oorweging van die oorblywende
vraag
nl of die graad en erns van die appellant se versuim
hom /10
-10-hom die voorreg van kondonasie ontneem.
Deur die aansoek te benader op die grondslag dat die appellant sedert 24 Mei
niks gedoen het nie en "simply ignored the pending proceedings",
het die Hof
a quo
'n dwaling begaan. Die appellant het wel iets gedoen: hy het sy
onvermoë om regshulp te bekom te bowe gekom binne die redelike
kort bestek
van drie maande na die uitstel
sine die
, opnuut reëlings met 'n
ander prokureur getref en hom spoedig opdrag gegee om met die appèl voort
te gaan. Binne 'n week,
en 'n week voor die appèl weer aangehoor sou
word, het gemelde prokureur 'n aansoek om kondonasie en hoofde van betoog
ingedien.
Weliswaar het, vanweë die versuim van die appellant om sy nuwe
adres aan die prokureur-generaal te
verskaf /11
-11-
verskaf, die kennisgewing van herplasing en die
oproep om voor 2 Augustus hoofde van betoog in te lewer die appellant, nie
bereik
nie. Dit was egter geen ernstige of opsetlike versuim nie. Dat hy onbewus
was dat hy sy nuwe adres ook by die prokureur-generaal
moes aanmeld behoort nie
in 'n te ernstige lig beskou te word nie aangesien die leek immers nie in die
normale loop van sake op hoogte
is van die tegniese vereistes van hofreëls
en nog minder van die howe se reëls van praktyk nie. Na my oordeel kan die
appellant
ook nie te ernstig verkwalik word omdat hy geglo het dat dit voldoende
is dat die polisie te alle tye bewus was van sy verblyfplek
nie. Ek vind dit
moeilik om die appellant se versuim, in die lig van al die bovermelde
omstandighede /12
-12-
omstandighede, as ernstig of laakbaar aan te merk en is die mening
toegedaan dat kondonasie aan hom verleen behoort te word.
Soos reeds vermeld is die notule van die verhoor in 'n swak toestand en kan
dit moontlik aanleiding gee tot probleme by die aanhoor
van die appel. Ofskoon
die notule aan die einde daarvan op bladsy 102 'n sertifikaat deur die
kontrakteurs se oorskryfster bevat
dat "voorafgaande 'n ware en juiste oorkonde
is van die verrigtinge" word dit geken-merk deur talle weglatings,
onsamehangendhede
en die nie-byvoeging van minstens een bewysstuk - die verslag
van 'n psigiater. Graag spreek ek die vertroue uit dat beide die landdros
en die
prokureur-generaal hul goedgunstige
dienste /13
-13-dienste sal aanbied om 'n poging aan te wend om die saakstuk-ke reg te
stel.
Die appél slaag. Die laat-indiening van die appellant se hoofde van
betoog word gekondoneer.
APPËLREGTER
VILJOEN AR.)
GALGUT Wn. AR.) ELOFF Wn. AR.) stem saam
SMALBERGER, Wn. AR.)