About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 46
|
|
Du Plessis v Du Plessis (1531/2010) [2010] ZAFSHC 46 (6 May 2010)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: 1531/2010
In
die saak tussen:
ROELIEN
DU PLESSIS
Applikante
en
PETRUS
JOHANNES DU PLESSIS
Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER, R
AANGEHOOR OP:
29 APRIL 2010
GELEWER OP:
6 MEI 2010
[1]
Hierdie
is ‘n Reël 43 aansoek. Applikante wat ook eiseres in die
egskeidingsgeding is het ‘n Reël 43 aansoek
geloods op 17
Maart 2010. Die respondent is die eerste verweerder in die
egskeidingsgeding is. Die respondent neem ‘n punt
in
limine
in sy opponerende eedsverklaring waarin hy sê dat die
egskeidingsaksie in geheel op 11 Mei 2009 geskik is en heg ‘n
skikkingsakte aan. Hy voer aan dat die applikante die
onderhoudsbepaling in die skikkingsakte in die onderhoudshof te
Sasolburg
‘n bevel van die Hof gemaak het en heg daardie bevel
van die Landdroshof Sasolburg aan. Die respondent sê in sy
opponerende
verklaring dat die applikante die egskeidingsaksie op die
ongeopponeerde rol moes plaas maar sy het dit nie gedoen nie. Die
respondent
voer dus aan dat die egskeidingsaksie in die geheel geskik
is en dat daar nie ruimte is vir ‘n Reël 43 aansoek nie.
[2] Die kronologie in
hierdie aangeleentheid is soos volg.
1. Egskeidingsdagvaarding
uitgereik April 2008;
2. Mei
2009 Skikkingsakte onderteken;
3. 17
November 2009 eerste verweerder se pleit op in die egskeidingsgeding.
4.
Op
5 Februarie 2010, eiseres se kennisgewing van wysiging van haar
besonderhede van eis in die egskeidingsgeding.
5.
7
Februarie 2010: Eiseres se pleit op eerste verweerder se teeneis.
6.
Op
17 Maart 2010, eiseres liasseer haar Reël 43 aansoek waarin sy
gladnie verwys na die skikkingsakte nie;
7. 27
Maart 2010: Kennisgewing van Toetrede van eiseres se huidige
prokureurs van rekord, Mnre Naudes.
[3] In
haar betoog namens eerste respondent voer Me Vermaak-Hay aan dat
hierdie hele geding geskik is en dat daar nie ruimte is
vir ‘n
Reël 43 aansoek nie. Op ‘n vraag waarom die
respondent/verweerder nie in sy verweerskrif na die skikkingsakte
verwys nie sê sy dat hy daarin die bedes herhaal soos in die
skikkingsakte vervat. Sy verweerskrif op die teeneis is geliasseer
op 17 November 2009, maande nadat die egskeidingsgeding reeds na
bewering geskik is, maar hy verwys nie daarna nie. Sy sê
dit
is nie nodig om daarna te verwys nie want die bedes wat hy vra is
soos per die skikkingsakte.
[4] Namens
applikante/eiseres voer Mnr Gilliland aan dat daar ‘n dispuut
is betreffende die skikking. Die respondent het
die skikking laat
vaar in sy pleit op die egskeiding se besonderhede van eis. Die
applikante is nie gebonde aan daardie skikking
nie. Die respondent
verwys nooit daarna nie. Nou opeens in hierdie geding haal hy die
haas uit die hoed.
[5] Vir
my is die optrede van beide partye in hierdie aangeleentheid vreemd.
Ek sou verwag het dat die applikante die hof se verlof
sou versoek
het om ‘n verdere eedsverklaring te liasseer waarin sy
uiteensit waarom sy nie aan die skikkingsakte gebonde
is nie en
waarin sy die feite en gronde uiteen sou sit op grond waarvan sy dit
onder ‘n wanvoorstelling of druk of wat die
rede ookal mag wees
sou geteken het en waarom sy nie daaraan gebonde is nie. Sy het niks
gedoen nie en al wat tans voor die hof
is is die respondent se
eedsverklaring waarin hy na die skikkingsakte verwys.
[6] Eweneens
sou ek van die respondent verwag het dat hy in die pleitstukke en
veral dan in sy pleit op die besonderhede van vordering
sou verwys
het na die skikkingsakte en gesê het dat daar geen rede vir hom
is om te pleit want die geding is geskik. Respondent
se pleit dui
daarop dat daar inderdaad geen skikking was nie.
[7] Die
applikante/eiseres se Kennisgewing van Wysiging en haar pleit op die
teeneis laat in 2009/2010 dui daarop dat die geding
tussen die partye
nog steeds lewendig is.
[8] Op
hierdie stukke kan ek nie bepaal of die skikking inderdaad aangegaan
is en of dit van krag is of nie.
[9] Die
aangewese remedie is om ingevolge reël 43 (5) verlof aan die
applikante te verleen om ‘n verdere eedsverklaring
te liasseer
waarin sy die gronde uiteensit waarom sy beweer dat die skikkingsakte
nie geldig is en nie bindend op haar is nie.
Sy moet ook sê
waarom sy die inhoud van die Skikkingsakte by die Sasolburg
Landdroshof geregistreer het. Sy moet sê
wanneer sy besluit
het dat sy nie aan die Skikkingsooreenkoms gebonde is nie. Verlof
moet ook aan die respondent verleen word
om in antwoord daarop ‘n
eedsverklaring te liasseer waarin hy uiteensit waarom hy meen dat die
geding wel geskik is. Hy
moet daarin verduidelik waarom die
pleitstukke in die egskeidingsgeding gewoon voortgaan.
[10] Nadat
daardie eedsverklarings geliasseer is kan die aangeleentheid weer
geplaas word en ‘n hof sal dan op daardie stadium
beslis of die
Reël 43 aansoek aangehoor kan word al dan nie.
[11] Die
bevel wat ek verleen is:
1. Die
Reël 43 aansoek word
sine
die
uitgestel.
2. Die
applikante word
ingevolge Reël 43 (5) verlof verleen om ‘n verdere
eedsverklaring te liasseer waarin sy die gronde uiteensit waarom
sy
nie gebonde is aan die skikkingsakte aangeheg by respondent se
antwoord in die eedsverklaring in die Reël 43 aansoek nie.
3. Die
respondent word insgelyks verlof verleen om ‘n eedsverklaring
te liasseer waarin hy feite uiteensit op grond waarvan
hy beweer dat
applikante wel gebonde is aan die skikkingsakte.
4
. Die
applikante word verlof verleen om weer die aangeleentheid vir verhoor
te plaas wanneer die eedsverklarings geliasseer is.
5
. Indien
die applikante begerig is om voort te gaan met hierdie Reël 43
Aansoek, moet sy haar eedsverklaring liasseer voor
of op 31 Mei 2010
en die respondent moet sy eedsverklaring liasseer binne 10 (tien) dae
nadat die applikante se eedsverklaring
op sy prokureurs beteken is.
Daarna sal die applikante geregtig wees om die aangeleentheid vir
verhoor ter rolle te plaas.
6. Die koste van die
verhoor op 29 April 2010 word voorbehou.
________________
A. KRUGER, R
Namens
die applikant
e: Adv.
J. G. Gilliland
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Me I. Vermaak-Hay
In opdrag van:
Lovius
Block
BLOEMFONTEIN
/EM