Cilliers v S (20/2010) [2010] ZAFSHC 43 (29 April 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against sentence — Appellant convicted on multiple counts of sexual offences against minors and sentenced to 8½ years imprisonment — Appellant contended that the sentences were excessively harsh — Court held that the trial court had properly considered the gravity of the offences and the impact on the victims — Sentences confirmed but ordered to run concurrently, resulting in an effective sentence of 7½ years imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 43
|

|

Cilliers v S (20/2010) [2010] ZAFSHC 43 (29 April 2010)

IN DIE VRYSTAATSE
HOë HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN SUID
AFRIKA
Appèl
Nr. 20/2010
In die saak tussen:
JD
CILLIERS
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
______________________________________________________________
CORAM
:
CILLIé,
R
et
BOONZAAIER, WND R
UITSPRAAK:
BOONZAAIER,
WND R
AANGEHOOR OP:
19
APRIL 2010
GELEWER OP:
29
APRIL 2010
Boonzaaier
W
nd
R
[1]
Hierdie
appèl het ‘n ongelukkige aanloop wat dit nodig maak om
uiteen te sit, alvorens met die meriete van die appèl
gehandel
word. Die appellant is na sy vroeëre skuldigbevindings aan die
klagtes waarmee hierin later meer volledig gehandel
sal word op 17
September 2007 gevonnis tot termyne van gevangenisstraf. Sy aansoek
om verlof tot appèl is op dieselfde
datum deur die
streeklanddros aangehoor. Dit was deels suksesvol deurdat verlof om
teen die opgelegde vonnis te appelleer aan
hom verleen is. Verlof om
teen die skuldigbevindings te appelleer is egter geweier. Borg is
aan die appellant toegestaan hangende
die appèl teen vonnis.
Die appellant se appèl teen die opgelegde vonnis was ter rolle
geplaas vir verhoor op 25
Augustus 2008. Intussen het die appellant
egter ‘n petisie ingevolge Artikel 309(C) van Wet 51 van 1977
na hierdie hof gerig
vir verlof om ook teen die skuldigbevindings te
appelleer. Daardie petisie is op 12 Augustus 2008 geweier. By
ooreenkoms tussen
die staat en die appellant is die appèl wat
vir 25 Augustus 2008 ter rolle geplaas was per kennisgewing aan die
griffier
gedateer 20 Augustus 2008 van die rol verwyder. Wat die
rede daarvoor was, is nie aan die hof bekend gemaak nie. Daarna is
die
appèl weer ter rolle geplaas vir aanhoring op 22 Februarie
2010. ‘n Skynbaar informele reëling tussen die appellant

en die staat het daartoe gelei dat die Regters wat die appèl
sou aanhoor op 15 Februarie 2010 mondeling meegedeel is dat
die appèl
uitgestel sou word.
Die
appellant en die staat is toe in kennis gestel deur die voorsittende
Regter dat betoog voorgelê moet word waarom die
appèl
weer eens uitgestel moes word. Die appellant het daarop ‘n
formele aansoek om uitstel liasseer ondersteun deur
‘n
eedsverklaring. Daarin is aangedui dat die appellant ‘n
aansoek om heropening van die saak oorweeg gebaseer op
inligting dat
die klaagsters onlangs te kenne sou gegee het dat hulle tydens die
verhoor valse getuienis teen die appellant afgelê
het. Die
appèl is met die oog hierop toe uitgestel na 19 April 2010
nadat spesiale reëlings getref is dat die appèl
uit die
gewone volgorde van appèlle aangehoor kan word.
[2] Tydens
die aanhoor van die appèl op 19 April 2010 het niks van
hierdie beoogde aansoek om heropening te berde gekom nie.
Dit alles
hou in dat ‘n doodgewone appèl teen ‘n vonnis wat
al op 17 September 2007 opgelê was meer as
2½ jaar later
eers op appèl oorweeg kon word. Dit is onbevredigend. Die
appellant was weliswaar intussen op borg.
Die breë publiek en
veral die klaagsters het egter ook ‘n belang in die
finalisering van die hele aangeleentheid.
Diesulkes begryp nie hoe
dit moontlik is dat gevonnisde misdadigers jare na vonnisoplegging
steeds vry in die samelewing rondbeweeg
nie. Die staat en
regspraktisyns het beide ‘n verantwoordelikheid om mee te werk
tot die spoedige afhandeling van strafsake,
appèlle ingesluit.
Niks ondermyn die vertroue van die algemene publiek in die
effektiwiteit van die regspleging meer as
‘n gesloer in die
finalisering van strafsake nie.
[
3] Met
hierdie inleiding word daar nou oorgegaan tot oorweging van die appèl
teen die vonnis self.
Die
Appellant, ’n 37 jarige man, het in die Streekhof, Welkom
tereggestaan op 12 klagtes van oortredings van Wet 23 van 1957
(die
ou Ontugwet).
[4] Hy
is as volg skuldig bevind en gevonnis op agt klagtes:
Aanklag
2:
Klaagster
Mariëtte
(14
jaar) 2003:
Onsedelike
aanranding:
borste betas: vyftien maande gevangenissstraf;
Aanklag
3
:
Klaagster
Mariëtte
(14 jaar) 2003:
Onsedelike
aanranding: kyk in damesbroekie na privaatdele: vyftien maande
gevangenisstraf.
Aanklag 5:
Klaagster
Mariëtte
(14
jaar) 2004:
Artikel
14(1)(b) Wet 23 van 1957 (pleging van onsedelike daad met meisie
onder die ouderdom van 16 jaar): druk vinger in privaatdeel,
vryf
buitekant van privaatdeel en smeer baba-olie oor boude: twaalf
maande gevangenisstraf.
A
anklag
6 :
Klaagster
Suretha
(13
jaar) 1997:
Artikel
14 (1)(c)
Wet
23e van 1957 (meisie onder ouderdom van 16 jaar uitlok om `n
onsedelike daad te pleeg): haar aansê om haar klere uit te
trek
en na haar naakte liggaam te kyk: agt maande gevangenisstraf.
Aanklag 7:
Klaagster
Surertha
(14
jaar) 1998:
Artikel
14(1)(a) Wet 23 van 1957 (gemeenskap met meisie onder die ouderdom
van 16 jaar):
twee en veertig maande gevangenisstraf waarvan twaalf maande
opgeskort .
Aanklag 8:
K
laagster
Suretha
(14 jaar ) 1998:
Artikel
14(1)(a) Wet 23 van 1957 (gemeenskap met meisie onder 16 jaar): twee
en veertig maande gevangenisstraf waarvan twaalf maande opgeskort.
Aanklag 9:
Klaagster
Suretha
(14
jaar) 1998/99: Artikel 14(1)(a) Wet 23 van 1957(gemeenskap met meisie
onder 16 jaar): twee en veertig maande gevangenisstraf
waarvan twaalf
maande opgeskort.
Aanklag
10
:
Klaagster
Suretha
(14
jaar) 1998
:
Artik
el
14 (1)(b) Wet 23 van 1957 (onsedelike daad met meisie onder die
ouderdom van 16 jaar): borste betas: twaalf maande gevangenisstraf.
Die
streeklan
ddros
het gelas dat die onopgeskorte gedeeltes van die vonnisse ten aansien
van klagtes 7, 8 en 9 opgelê met die ander vonnisse
opgelê
sal saamloop sodat die effektiewe vonnis, in totaal een van agt en
‘n half (8½) jaar gevangenisstraf
is.
[
5] Appellant
het op al die klagtes teen hom onskuldig gepleit, en was sy verweer
dié van ‘n algehele ontkenning.
[
6] Die
beginsels wat ‘n hof van appèl in ag moet neem by ‘n
appèl teen vonnis is as volg omskryf in
S
v KIBIDO
1998(2) SASV 213 (SCA) op 216 g – j:

Now, it is
trite law that the determination of a sentence in a criminal
matter is pre-eminently a matter for the discretion of the trial
court. In the exercise of this function the trial court has a
wide
discretion in (a) deciding which factors should be allowed to
influence the court in determining the measure of punishment
and (b)
in determining the value to attach to each factor taken into account.
A failure to take certain factors into account,
or an improper
determination of the value of such factors amounts to a misdirection,
but only when the dictates of justice carry
clear conviction that an
error has been committed in this regard. Futhermore, a mere
misdirection as not by itself sufficient
to entitle a Court of Appeal
to interfere with the sentence, it must be of such a nature, degree
or seriousness that it shows,
directly or inferentially, that the
Court did not exercise its discretion at all or exercise it
improperly or unreasonably.”
[
7] Appellant
se gronde van appèl berus uitsluitlik daarop dat die vonnisse
opgelê onvanpas swaar in die omstandighede
was. Daar is nie op
enige beweerde mistasting gesteun nie.
[
8] In
betoog het die advokaat vir die appellant aan die hof voorgehou dat:
8
.1. die
gebeure met die klaagsters se toestemmings geskied het;
8
.2 die
klaagsters ten tyde van die voorvalle nie onskuldige tienermeisies
was nie. (Inaggenome hul rook, drink en saamslaapgewoontes);
8
.3 appellant
nooit aggressief teenoor die klaagsters opgetree het nie.
Op
hierdie basis is dan betoog dat die opgelegde vonnisse skokkend swaar
en onvanpas was dermate dat dit ingryping noodsaak.
[
9]
9
.1
Daar is by blaamwaardigheid ‘n verskil tussen situasies waar
vrye toestemming gegee is en waar “gemanipuleerde toestemming”

verkry is.
9
.2 Uit
die getuienis is dit duidelik dat die appellant as hul stiefvader in
‘n vertrouensverhouding met die klaagsters was.
Hulle was
tienermeisies wat in hul puberteit en seksuele ontluiking blootgestel
was aan ‘n stiefpa wat hulle slinks gemanipuleer
het. Dit blyk
uit die getuienis dat hulle oor ‘n lang tydperk hom met
“seksuele gunsies” moes vergoed wanneer
hulle toestemming
wou hê as hulle met hul maats en kêrels wou uitgaan. Die
laakbaarheid hiervan kan nouliks oorbeklemtoon
word.
[1
0] By
die oorweging van ‘n gepaste vonnis het die Verhoorhof hom laat
lei deur die vereistes by vonnisoplegging naamlik dat:
dit
die
misdadiger sowel as die misdryf moet pas;
dit
regverdig
teenoor die gemeenskap moet wees;
c) die
omstandighede van die misdryf inaggeneem moet word; en
d)
die
vonnis met ‘n mate van genade getemper moet word.
Die
vraag is of die verhoorlanddros ‘n balans gevind het ten
aansien van die gewig wat hy verleen het aan elkeen van die

onderskeie elemente. Alhoewel hierdie vonnis as afskrikking moet
dien, blyk dit uit die uitspraak dat die verhoorlanddros
nie die erns
van die misdryf oorbeklemtoon het nie.
[
11]
Daar is nie fout te vind met die verhoorlanddros se siening dat in
sekere gevalle gevangenisstraf vir eerste oortreders die
enigste
gepaste straf is nie. Die verhoorlanddros het hier tereg ‘n
onderskeid getref tussen ‘n eerste oortreder wat
‘n
enkele misdaad pleeg en “die tweede soort eerste oortreder”
te wete ‘n persoon wat herhaaldelik ‘n
misdryf pleeg en
dan vir die eerste keer betrap word.
[1
2] Die
verhoorlanddros het die feit dat die appellant nie berou het nie en
volhard het met sy ontkenning inaggeneem. Die vraag
is ook ondersoek
of korrektiewe toesig nie ‘n gepaste vonnisopsie sou wees nie.
Namens appellant is dit ook in betoog so
bepleit.
[1
3] Korrektiewe
toesig in terme van Artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977 blyk
volgens die strafbepaling in artikel 22 van die Wet
op Seksuele
misdrywe No. 23 van 1957 ten opsigte van artikel 14(1) misdrywe nie
toelaatbaar te wees nie. Gemelde artikel bepaal
naamlik dat vir
oortredings in Artikel 14(1) vermeld, gevangenisstraf vir ‘n
tydperk van hoogstens ses jaar met of sonder
‘n boete opgelê
moet
word.
[1
4]
Hierdie tipe oortredings het juis aanleiding gegee daartoe dat die
Wet op Seksuele Misdrywe No. 32 van 2007 hedendaags veel
swaarder
strawwe voorskryf. Die nuwe wet het ten doel om veral kinders en
vrouens wat besonder kwesbaar is te beskerm. Die kritiek
was juis
dat die vorige wetgewing in hierdie verband onvoldoende was. Dit dui
daarop hoe ernstig die Wetgewer hierdie tipe misdrywe
hedendaags
beskou.
[1
5] Verswarend
moet gemeld word soos namens die staat betoog dat die klaagsters in
dié geval se emosionele trauma nog nie
opgehou het nie. Nie
net is hulle deur hul puberteitsjare ontneem van die vertroue en
koestering van hul biologiese moeder nie,
maar duur die wantroue en
seer tot vandag toe voort. Die klaagster, Suretha is nou
getroud. Sy maak egter in haar getuienis
melding van haar
maagdelikheid wat deur appellant, haar ontneem was, en hoe haar man
haar emosioneel moet bystaan wanneer
sy, sy toenadering
verwerp.
[
16] Mnr.
Loubser namens die appellant het my, alles in aggenome, nie oortuig
dat die appellant te swaar gestraf is nie. Die bevel
tot
samelopendheid soos beveel deur die landdros is egter moeilik
verstaanbaar. Dit sou tog verwag word dat die mindere vonnisse
se
tydperke gelas sou word om samelopend uitgedien te word met die
langer tydperke van gevangenisstraf. Die versuim hierin is
‘n
mistasting. In die geval vind ek dit dan doelmatig om wel die vonnis
te verander, sodat dit so uitgedien sal word. Die
vonnistydperke is
in orde, maar daar behoort gelas te word dat die gevangenisstraf
opgelê vir klagtes 2,3,5,6 en 10 samelopend
uitgedien kan word
met die gevangenisstraf op klagtes 7, 8 en 9 opgelê. Die
appellant sal dan effektief sewe en ‘n
half (7½) jaar
gevangenissstraf uitdien.
[
17] Bygevolg
word die opgelegde vonnisse bekragtig maar dit word gelas dat die
vonnisse opgelê op klagtes 2,3,5,6,en 10 samelopend
uitgedien
kan word met die vonnisse opgelê op klagtes 7,8,en 9, sodat
die appellant effektief sewe en ‘n half (7½)
jaar
gevangenisstraf moet uitdien.
_______________________
S.
BOONZAAIER,WND R
Ek stem saam.
____________
C.
B. CILLIé