Pienaar and Another v Meester van die Vrystaat Hooggeregshof, Bloemfontein and Anders (365/2010) [2010] ZAFSHC 41 (22 April 2010)

Brief Summary

Maintenance — Claim against estate — Applicants sought a declaratory order to dismiss the second respondent's medical claim against the estate of the deceased, F J du Toit — The second respondent, divorced from the deceased, submitted a claim for future medical costs, which was acknowledged by the executor — The first respondent, the Master of the High Court, stated he lacked authority to determine which claims should be allowed against the estate — The court held that the second respondent had a valid claim for maintenance against the estate, as the agreement made during the divorce included provisions for ongoing medical coverage, and the executor was required to include this claim in the estate's liquidation and distribution account.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 41
|

|

Pienaar and Another v Meester van die Vrystaat Hooggeregshof, Bloemfontein and Anders (365/2010) [2010] ZAFSHC 41 (22 April 2010)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Aansoeknommer:
365/2010
In die
saak tussen:
NELRI
PIENAAR
1ste Applikant
CHRISMARI
STEVEN
2de Applikant
en
MEESTER VAN DIE
VRYSTAAT HOOGGEREGSHOF,
BLOEMFONTEIN
1ste Respondent
CYNTHIA
MERLE DU TOIT
2de Respondent
SUZETTE
MALHERBE
3de Respondent
(as genomineerde van
SANLAM TRUST BK,
die eksekuteur in die
boedel wyle F J DU TOIT,
NR 8466/2007)
DERICK
DU TOIT
4de Respondent
_____________________________________________________
UITSPRAAK
: KRUGER,
R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
25 MAART 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP
: 22
APRIL 2010
_____________________________________________________
[1]
Applikante
vra ‘n verklarende bevel dat tweede respondent se mediese eis
teen die Boedel van haar oorlede man deur die 1ste
en 3de respondente
van die hand gewys word. Die twee applikante is die dogters van F J
du Toit (die oorledene) wat op 30 Junie
2007 gesterf het. Die
eerste respondent is die Meester van die Vrystaatse Hooggeregshof,
die tweede respondent was met oorlede
getroud tot 19 Oktober 2006.
Die derde respondent is die eksekuteur van die oorledene se boedel.
Die vierde respondent is oorledene
se seun gebore 17 Januarie 1992
(dus nou 18 jaar oud).
2. Toe
tweede respondent en oorledene geskei het, het die Akte van Dading,
wat ‘n bevel van die Hof gemaak is, bepaal:

Die verweerder sal toesien dat
die eiseres en die minderjarige seun op sy mediese fonds aanbly as
begunstigdes.”

oorledene se dood het
tweede
respondent ‘n eis vir haar toekomstige mediese koste by die
eksekuteur ingedien. Volgens haar advokaat het die eksekuteur
toe
‘n waarde geplaas op mediese fonds betalings deur die tweede
respondent vir haar lewensverwagting welke bedrag aktuariëel

bevestig is, en die eksekuteur het daardie bedrag as ‘n eis
teen die boedel toegeken. In die eerste en finale likwidasie
en
distribusierekening van die oorledene se boedel word die item soos
volg beskryf:

Onderhoudseis vir Cynthia du
Toit: Medies R470 617,00”
[4] Applikante
vra dat verklaar word dat die eksekuteur, derde respondent nie
daardie eis moet toelaat nie. Die derde respondent
berus by die
uitspraak van die hof mits geen kostebevel teen hom gevra word, wat
die geval is. Die meester, eerste respondent,
het ook nie toegetree
nie, maar het wel ‘n verslag ingedien en hy berus by die Hof se
beslissing. In sy verslag sê
die meester dat hy nie regtens
bevoeg is om te bepaal welke eise teen ‘n boedel toegelaat moet
word en welke nie. Dit is
die eksekuteur se plig om te besluit welke
eise teen ‘n boedel toegelaat of afgewys word, sê die
meester met verwysing
na artikels 29, 31, 32 en 33 van die Boedelwet
66 van 1965.
[5] Die
tweede responent het nie ‘n opponerende eedsverklaring
geliasseer nie, maar vra dat ‘n respunt soos bedoel in

eenvormige Hofreël 6(5)(d)(iii) beslis word:

1. Dat
Tweede Respondente regtens ‘n mediese eis verwerf het teen die
boedel van die oorledene en dat die Meester van die
Vrystaat Hoë
Hof korrek beslis het om nie haar eis vir mediese kostes van die hand
te wys nie en korrek gelas het dat die
Derde Respondent die Tweede
Respondente se mediese eis in die Likwidasie- en Distribusierekening
moet inslui
t.”
Waar
‘n regspunt ingevolge reël 6(5)(d)(iii) geneem word en
daar dus geen Antwordende Eedsverklaring is nie, aanvaar
die hof die
bewerings in die Funderende Eedsverklaring as bewese –
BOXER
SUPERSTORES MTHATHA AND ANOTHER v MBENYA
2007 (5) SA 450
(HHA) par [4].
[6] By
die aanvang van die aanhoor van hierdie Aansoek het Mnr Daffue,
namens applikante gevra vir bevele in ooreenstemming met
‘n
konsep wat hy ingehandig het. Mnr De Wet, wat namens tweede
respondent verskyn het, het geen beswaar gehad dat die vraag
soos in
die konsep geformuleer oorweeg word nie:

1.
Derde
respondent word gelas om tweede respondent se onderhoudseis ten
opsigte van haar medies in die bedrag van
R470
617.00
nie as ‘n eis teen die boedel van wyle FJ du Toit in aanmerking
te neem nie en om die eerste en finale likwidasie- en
distribusierekening
dienooreenkomstig te wysig;
2. Die koste van
die aansoek is betaalbaar deur die boedel van wyle F J du Toit.”
[7] Namens
applikante betoog Mnr Daffue dat volgens ons gemene reg die algemene
beginsel is dat selfs weduwees wat as behoeftig
beskou is, geen eis
teen boedels van hul oorlede eggenote het nie. Geen eggennot is
sonder meer geregtig op onderhoud na egskeiding
nie (
STRAUSS
v STRAUSS
1974 (3) SA 79
(A). Mnr Daffue voer aan dat indien die partye wou hê
dat die onderhoudsverpligting voortduur na die oorledene se dood,
moes dit in die akte van dading vervat gewees het.
[8] Daar
is twee wetsbepalings wat relevant is by onderhoud: artikel 7(1) en
artikel 7(2) van die Wet op Egskeiding, Wet 70 van
1979. Artikel
7(1) handel met gevalle waar daar ‘n Akte van Dading is; dan
kan die hof die ooreenkoms ‘n bevel van
die hof maak. Die Akte
is ‘n gewone ooreenkoms, en die partye kan daarin bepaal wat
hulle wil; die hof het ‘n diskressie
of dit ‘n hofbevel
gemaak word. Artikel 7(2) handel met gevalle waar daar nie ‘n
ooreenkoms is nie. Dan maak die
hof ‘n bevel met inagneming
van die oorwegings in artikel 7(2) genoem.
[9] Die
bepalings betreffende onderhoud was voorheen vervat in artikels
10(1)(a) en 10(1)(b) van die Wet op Huweliksgoedere 37 van
1953.
Professor Hahlo handel in
The
South African Law of Husband and Wife
,
4de Uitgawe, 1975 op bladsy 453 met artikels 10(1)(a) en 10(1)(b):

Whether the
obligation ceases if the guilty spouse dies before the innocent one
is an open question. It is arguable that, as the
Act does not
mention this event as a cause of termination, the obligation
continues and has to be met out of the estate of the
guilty spouse,
and this was the view adopted in
Copelowitz.
On the other hand since a surviving wife cannot claim maintenance
out of her deceased husband’s estate, it appears absurd
that a
divorced wife should be albe to do so.
Where the maintenance order was made
in terms of an agreement between the parties, under s 10(1)(b), it
depends upon the terms of
the agreement whether the obligation
continues after the death of the debtor, but in the absence of clear
indications of a contrary
intention our courts are inclined to favour
continuation.”
Die
tweede paragraaf van die aanhaling handel met die geval waar daar ‘n
Akte
van Dading was wat ‘n bevel van die Hof gemaak is, soos hier.
As gesag vir die stelling in die laaste sin dat die howe
voortsetting
van die onderhoudsverpligting aanvaar tensy daar duidelike
aanduidings tot die teendeel is, verwys die geleerde skrywer
na ‘n
aantal sake:
HUGHES
NO v THE MASTER
1960 (4) SA 936
(K).
Die
akte van dading het bepaal:

3. The plaintiff shall pay to
the defendant the sum of fifty pounds (£50) per month for her
maintenance until her death or
re-marriage.”
Die
hof bevind dat hierdie verpligting
van
die verweerder op sy boedel oorgegaan het by sy dood.
(ii)
MILNE
v ESTATE MILNE
1967 (3) SA 362
(K).
Die Akte van dading het
gelees:

1. Defendant
undertakes to pay maintenance to plaintiff at the rate of R150 per
month until such time as she re-married or dies,
whichever is the
earlier
.
...
Defendant
undertakes and argees that the obligation which he has undertaken in
terms of the agreement shall be binding on his
heirs, executors, or
assigns.”
Die hof bevind dat
so ‘n onderneming bly voortbestaan na die dood van die
verweerder, en dat die bevel ook na sy dood deur
die hof gewysig kan
word.
A F PHILIP &
CO (PvT) LTD AND OTHERS v ADIE NO AND OTHERS
1970 (4) SA 251
(R).
Die ooreengekome feite was:

(1) When
t
he
ex-wife and the deceased to whom she had been maried without
community of property were divorced they entered into a consent
paper
whereby
inter
alia
she was to be paid $70 per month as maintenance for herself until her
death or remarriage;”
Die voormalige Rhodesiese
hof bevind dat die vrou ‘n eis het teen haar oorlede man se
boedel.
(v)
OWENS
v STOFFBERG NO AND ANOTHER
1946 CPD 226.
Die partye se ooreenkoms
is in die hofbevel beliggaam:

It is
ordered that a de
gree
of divorce be and is hereby granted as prayed;
plaintiff
undertaking to pay defendant the sum of £4
per
mensem
as maintenance pending her re-marriage or death.”
Die hof vind dat die
weduwee ‘n eis teen die boedel het.
In al bogemelde sake het
die ooreenkoms uitdruklik bepaal dat onderhdoud lewenslank aan die
vrou betaal sal word.
(vi)
GRAAFF
v EXECUTORS ESTATE GRAAFF AND OTHERS
1957 (1) PH B1 (K).
Die
Akte het in besonderhede gehandel met onderhoud vir ‘n kind, in
klousule 3, en die vrou in klousule 5. Daar was ook
voorsiening vir
vermindering van onderhoud as die oorledene se inkomste sou daal in
klousule 5(b). Klousule 5(a) lees:

Plaintiff
shall pay to the defendant, f
or
and during her lifetime, the sum of £60 (sixty pounds)
per
mensum
which shall be reduced by three-fourths if and when she re-mavries.”
Regter Herbstein vind dat
die onderhoudsverpligting nie die boedel bind nie (bl. 4).
In
GLAZER
V GLAZER NO
1963 (4) SA 694
(A) het die hof beslis dat ‘n weduwee nie ‘n
eis teen die man se boedel vir onderhoud het nie. Sien ook
COPELOWITZ
v COPELOWITZ AND OTHERS NO
1969 (4) SA 64
(K) 70 A – D, en professor Hahlo se komentaar op
daardie saak onder die opskrif “Premium on Divorce” SALJ
86
(1969) 385 – 391 op 390.
[11]
Artikel
7(2) van die Wet op Egskeiding 70 van 1979 handel met gevalle waar
daar nie ‘n Akte van Dading is nie, dan kan die
hof in
onderhoudsbevel maak. Artikel 7(2) bevat die bepalings wat artikel
10(1)(a) van die Wet op Huweliksgoedere 37 van 1953
voorheen gehad
het. Artikel 7(1) van Wet 70 van 1979 handel met die geval maar daar
‘n akte van dading is, vergelykbaar
met artikel 10(1)(b) van
Wet 37 van 1953. Die hof kan die betalende party se boedel belas met
‘n onderhoudsbevel –
COPELOWITZ
supra
71 A – G. In sy artikel sê professor Hahlo die volgende:

The question whether the
obligation to pay maintenance continues after the debtor spouse’s
death was clearly one the legislature
should have dealt with but
failed to deal with when the Matrimonial Affairs Act was passed. In
consequence it was left wide open.
It is not suggested for a minute
that Mr. Justice Van Zijl’s ruling is wrong, only that the
opposite conclusion could equally
well have been arrived at and would
have yielded in some cases more satisfactory results.
In the light of
Copelowitz’s
case, attorneys drafting maintenance agreements in favour of a
divirced wife will have to ask themselves whether it will not be

advisable to insert in future one or other of the following clauses
in such agreements: a clause spelling out in so many words
whether
the obligation is to cease or continue if the debtor spouse
predeceases the creditor spouse; a devaluation clause of the
kind not
infrequently found in construction and other long-term contracts; and
in those not uncommon cases where provision is made
for the payment
of maintenance by the innocent to the quilty spouse, a clause
providing for variation by the court on good cause
shown. What
should be a simple and straightforward agreement will thus become an
intricate contract, full of ‘its’
and ‘whereases’.”
[12]
‘n
Akte van Dading beliggaam ‘n ooreenkoms tussen die party.
Partye het groot vryheid by die aangaan van die ooreenkoms.
Hulle
kan ooreenkom dat die verpligting op die boedel oorgaan. Professor
Hahlo sê dat
COLLEY
en OWEN
se sake (hierbo) te geredelik ‘n afleiding uit die bewoording
van die ooreenkoms gemaak het dat die onderhoudsverpligting
voortduur
na die dood van die belanghebbende eggenoot

Surely, if
it be true that the debtor spouse can undertake by agreement to pay
maintenance in such a way that it has to be met after
his death out
of his estate, the only question in giving effect to an order under
section 10(1)(b): What was the intention of
the parties? And it may
well be that in ascertaining this intention of the parties? And it
may well be that in ascertaining this
intention, a more conservative
approach than was adopted in
Colly’s
and
Owens’s
cases is called for. But even if the colly and Owens approach
continues to be followed in respect of agreements, it does not follow

in court, in the absence of an agreement, has power under section
10(1)(a) to order that the obligation is to continue after the
guilty
spouse’s death.”
(p. 390).
[13] Die
partye kan hulself verbind tot onderhoudsbetalings selfs tot na die
dood van die betaler.
ODGERS
v DE GERSIGNY
2007 (2) SA 305
(HHA) par [7], [8]. In
Odgers
was daar ‘n ooreenkoms om vir 24 maande onderhoud te betaal.
Daardie verpligting het bly voortbestaan ten spyte van die
respondent
se hertroue, en sou ook voortduur as die appelant gesterf het (par
[10]).
[14]
In
HODGES
v COUBROUGH NO
1991 (3) SA 58
(D & CLD) het die hof te make gehad met ‘n
geval waar daar nie ‘n Akte van Dading soos bedoel in artikel
7(1) was
nie, en die bevel is deur die hof gemaak ingevolge artikel
7(2). Didcott R wys daarop dat die kontraktereg verskil van ‘n

geval waar die hof ‘n Hofbevel gemaak onder artikel 7(2) moet
uitlê. Enigeen kan sy boedel verbind tot die betaling
van
onderhoud as hy dit wil doen (66 C- D). Dit hang van die betrokke
ooreenkoms af of ‘n onderhoudsverpligting daarin vervat
is of
nie.
[15]
Die
eerste rede om te aanvaar dat die Akte van Dading in die onderhawige
geval nie ‘n onderhoudsverpligting bevat wat die
dood van die
oorledene sou oorleef nie, is omdat dit nie so bepaal nie, en omdat
gemeenregtelik die oorlewende eggenote nie ‘n
onderhoudseis
teen die boedel het nie. In so ‘n geval is die Wet op
Onderhoud van Eggenoot van toepassing. Hierdie eis
is nie onder
daardie Wet nie.
[16]
Die
tweede rede is omdat die bewoording van die bevel en die onderhawige
geval nie ‘n reg tot tweede respondent se dood verleen
nie. In
al die sake hierbo bespreek met verwysing na die klousules in die
Aktes van Dading, moes uitdruklik bepaal dat onderhoud
voortduur tot
die eiseres se dood.
[17]
Die
klousule waarop tweede respondent steun handel slegs met lidmaatskap
van ‘n mediese fonds. Dit sê nie eens dat
alle mediese
kostes gedek moet word nie.
[18]
Synde
‘n gestelde saak, moet die feite soos deur applikante beweer,
aanvaar word. Die Funderende Eedsverklaring meld:

8.
8.1 Die Akte van Dading meld baie
duidelik dat die Tweede Respondent slegs op wyle F J du Toit se
mediese fonds sou aanbly as begunstigde.
Mnr. Du Toit is egter nou
oorlede en is sy lidmaatskap tot ‘n mediese fonds dus beëindig
by afsterwe en volg dit vanselfsprekend
dat die Tweede Respondent se
aanspraak om op sy fonds aan te bly, daarmee saam verval het, waar
daar nie meer ‘n hooflid
is nie.”
[1
9] Die
applikante se aansoek moet gehandhaaf word. Bedes 1 en 2 van die
konsep bedes voorgelê deur Mnr Daffue word toegestaan.
_____
__________
A
.
KRUGER, R
Namens die
applikant: Adv. J. P. Daffue SC
In opdrag van:
Fourie-Myburgh’s
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens tweede
respondent: Adv. P. J. T. de Wet
In opdrag van:
McIntyre & Van
der Post
BLOEMFONTEIN
Namens eerste, derde en
vierde
respondente: Geen verskyning
/em