About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 39
|
|
S v Mokwaledi [2010] ZAFSHC 39 (22 April 2010)
VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening Nr. : 80/2010
In
die
hersiening
tussen:
DIE
STAAT
versus
MOLANTOA
MOKWALEDI
CORAM:
HANCKE,
R
et
KRUGER, R
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
22
APRIL 2010
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde in
hierdie saak is skuldig bevind aan roof en gevonnis tot sewe jaar
gevangenisstraf. Toe die aangeleentheid
vir hersiening gestuur is,
het my ampsbroeder Lekale, Waarnemende Regter, ‘n navraag gerig
onder andere ten opsigte van die
toepaslikheid van artikel 4(1) van
die Wet op Gevaarlike Wapens, Nr. 71 van 1968.
[2] In antwoord hierop
het die landdros die volgende verklaar:
“
Artikel 4(1)
van Wet 71 van 1968 bepaal
inter
alia
‘wanneer iemand bo die ouderdom van 18 jaar skuldig bevind word
...’ Soos ek die artikel verstaan en die afgelope 18
jaar hier
in Botshabelo toegepas het, is dat die ouderdom by skuldigbevinding
deurslaggewend is by die toepassing van artikel 4(1).”
[3] Bogemelde
stelling is nie korrek nie. In
S
v TITUS
1969 (3) SA 436
(K) verklaar Diemont, R (waarmee Beyers, RP saamstem)
op 437 B die volgende:
“
Attention
must also be drawn to the fact that it is the age of the accused
at
the date of the commission of the offence
and not at the date of conviction which is critical.”
Sien
ook
R
v RAINERS
1961 (1) SA 460
(A) en
S
v MLONDO
1976 (2) SA 159
(N) te 160 D – 161 B.
[4] Dit
blyk dat die beskuldigde gebore is op 9 November 1991, dit wil sê
hy het op 9 November 2009 18 jaar oud geword. Tydens
die pleging van
die misdryf op 3 Oktober 2009 was hy 17 jaar oud, synde die bepalende
ouderdom en nie sy ouderdom op 9 Desember
2009 toe hy skuldig bevind
is, welke datum deur die landdros as maatstaf geneem is. Die
landdros het dus fouteer om te bevind
dat die Wet op Gevaarlike
Wapens, Wet Nr. 71 van 1968 van toepassing is.
[5] Dit
staan hierdie hof vry om dus die opgelegde vonnis tersyde te stel en
te vervang met ‘n gepaste vonnis. Daar is verskeie
verswarende
faktore teenwoordig, naamlik dat die beskuldigde die klaer met ‘n
mes beseer het as gevolg waarvan die klaer
vry ernstige beserings in
sy gesig en op sy kop opgedoen het. Hy is verder beroof van ‘n
bedrag van R210,00 wat ‘n
relatief groot bedrag geld is in die
arm gemeenskap waarin die klaer hom bevind, welke bedrag nooit
teruggevind is nie. Aan die
ander kant is die beskuldigde ‘n
algehele eerste oortreder en was hy tydens die pleging van die
misdryf slegs 17 jaar oud,
synde dan ook die tersaaklike ouderdom.
Na my mening sal ‘n vonnis van twee jaar gepas wees in die
omstandighede.
[6] Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
1. Die skuldigbevinding
word bekragtig.
2. Die opgelegde vonnis
van sewe jaar gevangenisstraf word tersyde gestel en vervang met ‘n
vonnis van twee jaar gevangenisstraf,
welke vonnis teruggedateer word
na 17 Februarie 2010.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_____________
A.
KRUGER
,
R
/sp