Pahtkki Boerdery (Edms) Bpk en Anders v PJ BOTH NO en Ander (A203/2008) [2010] ZAFSHC 38 (22 April 2010)

45 Reportability
Arbitration Law

Brief Summary

Arbitration — Review of arbitral decision — Applicants sought to review the first respondent's determination of input costs related to maize planted on their property — Dispute arose over the method used by the first respondent to calculate costs, which the applicants claimed was inconsistent with the settlement agreement — Court held that the first respondent acted within the scope of his mandate and that the applicants failed to demonstrate any unreasonable or improper conduct in the determination process — Application for review dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 38
|

|

Pahtkki Boerdery (Edms) Bpk en Anders v PJ BOTH NO en Ander (A203/2008) [2010] ZAFSHC 38 (22 April 2010)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
n
ommer.
: A203/2008
In
die saak tussen:
PAHTIKI
BOERDERY (EDMS) BPK
Eerste Applikant
AKTIEWE
BOERDERY BK
Tweede Applikant
ALETTA
FOURIE
Derde Applikant
en
P
J BOTHA N.O.
Eerste
Respondent
G
P SCHEEPERS
Tweede Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, R
et
EBRAHIM, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
AANGEHOOR
OP:
19
APRIL 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
22 APRIL 2010
[1]
Hierdie
is ‘n aansoek dat ‘n bevinding van die eerste respondent
gedateer 15 September 2008 hersien en tersyde gestel
word. Die
applikante en die tweede respondent is in litigasie betrokke ten
opsigte van mielies wat tweede respondent op die eiendom
van die
eerste applikant geplant het. Die tweede respondent het in die Suid
Gautengse Hoë Hof aansoek gedoen om ‘n
interdik teen die
tweede applikant om die mielies geplant op die twee lande te stroop,
hangende ‘n aksie om ingestel te word
deur tweede respondent
vir ‘n verklarende bevel dat die tweede respondent die eienaar
van die mielies is.
[2] Die partye het
hierdie aansoek geskik, welke skikkingsooreenkoms ‘n hofbevel
gemaak is. Die volgende paragraaf daarvan
is van belang, wat soos
volg lui:

4.
Ten
aansien van die Applikant se insetkoste vir die plant van die mielies
op Ireton en Rona, sal die volgende bepalings geld:-
4.1 die partye sal poog om binne 2
(twee) weke vanaf datum ‘n ooreenkoms te bereik ten aansien van
sodanige insetkoste teen
lewering van dokumentere bewys deur
Applikant;
4.2 indien die partye nie ‘n
ooreenkoms bereik nie, sal die Voorsitter van Nampo versoek word om
‘n deskundige aan te
stel om die werklike insetkoste te bepaal
met verwysing na dokumentere bewys deur Applikant. Die beslissing
van die persoon sodanig
aangestel sal finaal bindend op die partye
wees;”
[3] Die
skikkingsooreenkoms maak verder voorsiening dat die tweede respondent
(applikant in bogemelde aansoek) se insetkoste aan
hom uitbetaal word
ongeag, en voor die aksie wat tweede respondent van voorneme is om
teen die applikante in te stel
,
en wel deur middel van silo sertifikate uitgereik deur Senwes
Koöperasie sodra die opbrengs van die verkoop van die mielies

afkomstig van gemelde lande beskikbaar geword het.
[4] Nadat
die partye nie ‘n ooreenkoms kon bereik nie is die eerste
respondent ooreenkomstig klousule 4.2 aangestel, synde
‘n
landbou ekonoom met ‘n MSc graad in Landbou-Ekonomie en in
diens by Graan Suid-Afrika (voorheen Nampo) as a senior
Landbou
Navorsingskundige. Hy is ook die enigste persoon in diens van Graan
Suid-Afrika wat sulke vasstellings doen.
[5] Mnr
Wepener, namens die applikante, het betoog dat die applikante se
aansoek in wese daarop berus dat die eerste respondent
strydig met
die skikkingsooreenkoms opgetree het deur in plaas van om die
werklike
insetkoste
te bepaal, hy die betrokke berekening gedoen het aan die hand van die
standaard wyse waarop alle boere hulle insetkoste vasstel.
[6] Dit
blyk uit die Opponerende Eedsverklarings van die respondente dat die
tweede respondent nie produksiemiddele vir Ireton en
Rona afsonderlik
gekoop het nie maar het hy dit by wyse van een faktuur gekoop vir al
die plase waarop hy geplant het. Eerste
respondent sê dan ook
dat daar geen manier is waarop daar bevestig kan word watter insette
wáár aangewend is
nie en dat dit onmoontlik is om die
sogenaamde
werklike
insetkoste
te bepaal.
[7] Daar
is in ‘n mate stawing vir die eerste respondent se houding in
hierdie verband in die vorm van ‘n deponent namens
die
applikante naamlik Dr Taljaard wat te kenne gee dat dit nie moontlik
is om die werklike insetkoste van Ireton en Rona te bereken
volgens
huidige beskikbare inligting nie om ‘n verskeidenheid van redes
wat onder andere insluit die feit dat verskeie van
die kostes vervat
in die dokumentasie oorhoofse of vaste kostes is wat nie noodwendig
direk aan die skaal van produksie gekoppel
is nie en wat nie so
geredelik in hulle totaliteit na die spesifieke mielie produksie op
Ireton en Rona toegedeel kan word nie.
[8] In
hierdie verband verwys hy na die elektrisiteitsrekeninge van Eskom
van drie afsonderlike punte terwyl daar nie Eskom aansluitings
is op
gemelde eiendomme; telefoon en selfoonrekeninge waarvan sekere
gedeeltes moontlik ook privaatgebruik mag wees; bankkostes;
uitgawes
aan voertuig; ouditeursfooie; waardevermindering, om net ‘n
paar te noem. Taljaard gee te kenne dat dit wel moontlik
kan wees om
‘n berekende werklike insetkoste vir die twee plase te maak
mits addisionele inligting aangaande die produksieproses
beskikbaar
gemaak word, ‘n aspek waar daar dus ‘n dispuut is tussen
hom en die eerste respondent.
[9] Namens
die applikante het Mnr Wepener met verwysing na
FERREIRA
v PREMIER, FREE STATE AND OTHERS
2000 (1) SA 241
(O) betoog dat die eerste respondent ‘n
wesenlike wanvoorligting begaan het en nie sy diskressie behoorlik
uitgeoefen het
nie deurdat hy geglo het dat sy mandaat was om die
insetkoste te bepaal en nie die “werklike” insetkoste
nie.
1
Verder, met verwysing na
PEPCOR
RETIREMENT FUND v FINANCIAL SERVICES BOARD
2003 (6) SA 38
(HHA) is die betoog dat die eerste respondent ‘n
wesenlike feite dwaling begaan het tot so ‘n mate dat sy
bevindinge
hersienbaar is.
2
[
10] Dit
is egter belangrik om daarop te let dat die regsbeginsels wat van
toepassing is op ‘n funksionaris soos ‘n arbiter
verskil
van dié ten opsigte van ‘n buitestaander wat ‘n
vasstelling moet maak en wat gewoonweg ‘n deskundige
is. In
PERDIKIS
v JAMIESON
2002 (6) SA 356
(W) verklaar Boruchowitz, R op 361, paragraaf [5] die
volgende:

[5] Our law
recognises that the function of an expert who acts as a valuer is
distinct from that of an arbitrator. The valuer's
duty is not to hear
and determine a dispute but to decide the questions submitted to him
by the exercise of his judgment and skill
without a judicial inquiry.
He does not exercise a quasi-judicial function. The valuer is not
required to hear or receive submissions
from either party. All that
is required is that he exercise an honest judgment, the arbitrium
boni viri.”
3
[1
1] Wat
van ‘n derde persoon soos die eerste respondent in die huidige
saak verwag word, blyk ook uit wat Grosskopf, R in
BEKKER
v RSA FACTORS
1983 (4) SA 568
(T) 573E – F verklaar het:

Indien 'n
derde persoon benoem word om 'n koopprys vas te stel of 'n waardasie
te maak, moet hy die oordeel van 'n redelike man
aan die dag lê.
Indien sy oordeel met betrekking tot die prysvasstelling of waardasie
egter so onredelik, onbehoorlik, onreëlmatig
of verkeerd is dat
dit tot 'n ooglopende onbillikheid sal lei, is die persoon wat
daardeur benadeel word, nie daaraan gebonde nie,
maar kan die
vasstelling of waardasie om billikheidsredes reggestel word.”
[1
2] Dit
blyk volgens die berekenings van die eerste respondent dat hy verwys
na Graan Suid-Afrika se begroting vir die 2007/08 produksie
jaar wat
gedurende Augustus 2007 opgestel is. Volgens hom het die
verskillende inset-verskaffers vir hulle streek die algemene

landboupraktyk inligting asook die pryse en hoeveelhede ter sprake
verskaf, welke inligting in ‘n model vervat is om
produksiekoste
per hektaar vir die spesifieke area te bepaal. Die
vaste koste van ‘n tipiese boerdery in die omgewing is
gemoduleer om
‘n realistiese vaste koste per hektaar te
bereken. Weens die brandstofprysverhoging moes die brandstof pryse
ook aangepas
word, wat ‘n verdere verhoging in die insetkoste
weerspieël. Volgens die bogenoemde berekenings beloop die
totale koste
per hektaar R5934,50.
[13]
Aan
die ander kant het die tweede applikant se ouditeur, Mnr Van Zyl,
volledige fakture verwerk en self ‘n berekening gemaak
en kom
sy berekening te staan op ‘n bedrag van R5937.00 dit wil sê
‘n verskil van R2,50 per hektaar.
[14] Op
‘n vraag van die hof aan Mnr Wepener of daar enige onbillikheid
gely is deur die applikante het hy gesê hy weet
nie omdat daar
nie voldoende inligting beskikbaar was om die nodige berekenings te
maak nie. Hy het gesê daar kan sprake
wees van ‘n
vasstelling wat selfs gunstig vir die applikante kon wees maar het hy
volhard met die betoog dat die eerste respondent
‘n verkeerde
metode gebruik het om sy berekeninge te maak.
[15] Wat
die metode betref wat eerste respondent gebruik het, is dit wesenlik
in ooreenstemming met die bepallings van klousule
4.2 van die
skikkingsooreenkoms. Volgens die regspraak is dit ook duidelik dat
‘n aansoekdoener nie alleen ‘n fout
moet aantoon nie,
maar ook dat dit gely het tot ‘n ooglopende onbillikheid.
4
[16] Wat
die nie-nakoming van die
audi
alteram partem
reël betref, blyk dit volgens klousule 2 van die
skikkingsooreenkoms dat dit die eerste respondent se opdrag was om
die insetkoste
te bepaal met verwysing na dokumentêre bewys
deur applikant (tweede respondent in die huidige aansoek). In elk
geval word
dit nie van ‘n deskundige verwag om vertoë van
alle partye aan te hoor nie.
5
[17] In
die lig van die voorgaande is ek nie oortuig dat die applikante
aangetoon het dat die eerste respondent se berekening onredelik,

onbehoorlik, onreëlmatig of verkeerd was nie. Al sou hy ook ‘n
fout begaan het, waarvan ek ook nie oortuig is nie,
is hier nie
sprake van ‘n ooglopende onbillikheid nie.
[18] In
die lig van die slotsom waartoe ek kom is dit nie nodig om te handel
met die ander aspekte wat deur die respondente geopper
is nie.
Bygevolg word die aansoek
van die hand gewys met koste.
______
___________
S.
P. B. HANCKE, R
Ek stem saam.
________________
S.
EBRAHIM,
R
Namens die
appellant: Adv. W.L. Wepener SC
In opdrag van:
Symington & De
Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
eerste respondent: Geen verskyning
Namens tweede
respondent: Adv. J. D. Robbertse
In opdrag van:
Lovius Block
BLOEMFONTEIN
/EM
1
Van Coller, R verklaar op 251J tot
252B: “If, however, there is such a material misdirection of
fact that it is clear that
the functionary has failed to exercise
his discretion, a Court of review is entitled to interfere. I am not
satisfied that the
misdirection in this case is so fundamental that
it vitiated the exercise of a proper discretion by the second
respondent. In
my view, the assumption with regard to the floor area
did not influence the second respondent in the exercise of his
discretion
to such an extent that it can be found that had the
correct assumption been made he would have arrived at a different
conclusion.
There was accordingly
no failure of justice
.”
2
Cloete, A.R. verklaar teenoor
paragraaf [47] die volgende: “[47] In my view, a material
mistake of fact should be a basis
upon which a Court can review an
administrative decision. If legislation has empowered a functionary
to make a decision, in the
public interest, the decision should be
made on the material facts which should have been available for the
decision properly
to be made.”
3
Sien ook
CHELSEA
WEST (PTY) LTD AND ANOTHER v ROODEBLOEM INVESTMENTS (PTY) LTD AND
ANOTHER
1994 (1) SA
837
(K) te 845E-F.
4
BEKKER v RSA FACTORS
(supra)
te 573E – F;
VAN
HEERDEN v BASSON
1998
(1) SA
715
(T) TE 719A – B.
5
PERDIKIS v
JAMIESON
supra
te 361J.