Molema v S [2010] ZAFSHC 88 (18 March 2010)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal against conviction and sentence — Appellant convicted on multiple charges including illegal possession of firearms and attempted murder — Appellant's defense centered on lack of involvement in the criminal acts — Trial court found sufficient evidence to support convictions based on eyewitness testimony and police accounts — Appeal dismissed, upholding convictions and sentences imposed by the trial court.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 88
|

|

Molema v S [2010] ZAFSHC 88 (18 March 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Appèl Nr. :
A68/2003
In
die appèl tussen:
GOITSEONE
JAMES MOLEMA
........................................
Appellant
en
DIE
STAAT
........................................................................
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
et
MOLOI, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN ZYL, R
GELEWER OP:
18 MAART 2010
[1] Appellant het as
beskuldigde een van twee beskuldigdes in die Streekhof, Bloemfontein,
tereggestaan op nege aanklagte, synde:
1. die onwettige besit
van 2xR4 masjiengewere;
2. die onwettige besit
van ammunisie;
3. poging tot huisbraak
met die opset om te steel en diefstal;
4. poging tot moord op
Tertius Neethling deur hom te skiet;
5. poging tot moord op
Antonie Venter deur hom te skiet;
6. poging tot moord op
Markus Walle deur hom te skiet;
7. poging tot moord op
Wilhelmus Swanepoel deur hom te skiet;
8. poging tot moord op
Dawid Raath deur hom te skiet; en
9. poging tot moord op
Wessels Fouché deur hom te skiet.
[2] Appellant en
beskuldigde 2 het beide regsverteenwoordiging in die hof
a qou
geniet en onskuldig gepleit op al die aanklagte. Appellant het
verkies om geen pleitverduideliking te maak nie, terwyl beskuldigde
2
se pleitverduideliking tot dien effekte was dat hy die betrokke dag
slegs `n saamry geleentheid met die tersaaklike voertuig
gekry het,
waartydens `n skietery plaasgevind het waarvan hy geen kennis dra
waaroor dit gehandel het nie.
[3] Op 26 Mei 2003 het
die hof
a quo
as volg bevind ten opsigte van hul skuld:
1. aanklag 1 –
beide skuldig;
2. aanklagte 2 en 3 –
beide onskuldig en ontslaan;
3. aanklagte 4 en 5 –
appellant onskuldig en ontslaan en beskuldigde 2 op beide aanklagte
skuldig aan die bevoegde uitspraak
van rig van `n vuurwapen; en
4. aanklagte 6, 7, 8 en 9
– beide skuldig.
[4] Appellant is daarop
tot veertien jaar effektiewe gevangenisstraf gevonnis, welke as volg
saamgestel is:
1. aanklag 1 – tien
jaar gevangenisstraf; en
2. aanklagte 6, 7, 8 en 9
– drie jaar gevangenisstraf op elke aanklag, waarvan twee jaar
daarvan op elke aanklag samelopend
uitgedien moet word met die vonnis
opgelê op aanklag 1.
Volledigheidshalwe word
vermeld dat beskuldigde 2 gevonnis is tot agtien jaar effektiewe
gevangenisstraf, welke as volg saamgestel
is:
aanklag 1 – tien
jaar gevangenisstraf;
aanklagte 2 en 3 –
drie jaar gevangenisstraf op beide aanklagte, welke gevangenisstraf
in totaliteit samelopend uitgedien
moet word met die gevangenisstraf
opgelê op aanklag 1; en
2. aanklagte 6, 7, 8 en 9
– ses jaar gevangenisstraf op elke aanklag, waarvan vier jaar
daarvan op elke aanklag samelopend
uitgedien moet word met die vonnis
opgelê op aanklag 1.
[5] Slegs appellant kom
nou in hoër beroep teen al sy skuldigbevindings sowel as die
opgelegde vonnisse.
Die breë trekke en
algemene verloop van die tersaaklike gebeure waaruit die aanklagte
voortspruit, is, met enkele uitsonderings
(waarmee ek later hierin
mee sal handel), nie in dispuut nie. Namens die Staat het vyf
polisiebeamptes getuig, synde sers.
Neethling
, insp.
Venter
,
insp.
Fouché
, insp.
Swanepoel
, insp.
Walle
en insp. Raath. Verder het mnr.
Feng
, wie ten tyde van die
voorval op ʼn plaas te Bloemfontein woonagtig was, ook getuig.
Uit hulle getuienis het die volgende
verhaal ontvou.
Op
5 Augustus 1999
om omstreeks 07h30 het
Neethling
en
Venter
, wie
gestasioneer was te Bainsvlei Speurdiens, om omstreeks 07h30
inligting ontvang voortspruitend uit ʼn telefoniese oproep
vanaf
mnr.
Feng
van ʼn verdagte voertuig wat verskeie kere
vantevore by mnr.
Feng
se plaas was, welke voertuig op die
hoek van die ou Kimberley pad en die Abrahamskraal pad opgemerk is.
Hulle het daarheen vertrek,
maar nie die voertuig daar opgemerk nie.
Hulle het besluit om na mnr.
Feng
se plaas te ry. Oppad
daarheen het ʼn witkleurige Toyota Cressida van voor af gekom.
Hulle het die Cressida gestop en die insittendes
beveel om uit die
voertuig te klim, wat die insittendes gehuiwer het om te doen. Die
bestuurder van die Cressida het daarop eerste
uitgeklim, waarop die
ander persone steeds nie uitgeklim het nie, ten spyte van
herhaaldelike versoeke daartoe. Skielik het ʼn
persoon agter uit
die voertuig by die agterdeur uitgeklim en ʼn vuurwapen op
Neethling
en
Venter
gerig. Die polisiebeamptes het
skuiling gesoek, waarop die Cressida teen ʼn geweldige spoed
vanaf die toneel weggejaag het.
Daarop het die polisiebeamptes gevind
dat hulle voertuig se linkervenster gebreek was, hoewel hulle nie kon
sê wat dit veroorsaak
het nie, aangesien hulle nie enige skote
gehoor het nie. Beide
Neethling
en
Venter
het getuig
dat Appellant die bestuurder was van die Cressida, synde die persoon
wat uitgeklim het, en dat daar vier insittendes
in die voertuig was.
(Hierinlater sal na hierdie insident verwys word as “die eerste
insindent” of “die eerste
toneel”.)
Daarna het hulle
teruggehardloop na hulle voertuig en hulp ontbied. Lede van die
blitspatrollie en die honde-eenheid het daarop
gereageer, synde
Fouché
,
Raath
,
Walle
en
Swanepoel
.
Fouché
, synde ʼn lid van die blitspatrollie, het
die berig ontvang waarop hy en Raath uit die stad vertrek het op die
ou Kimberley
pad in die rigting van Dealesville. Ongeveer twee
kilometer anderkant die Krugersdrifdam afrit het hulle die Toyota
Cressida opgemerk.
Fouché
het onmiddellik die ander
voertuie asook die radiobeheerkamer meegedeel dat hulle die voertuig
opgespoor het. Hy het agter the
Cressida gery, terwyl die Cressida
soms baie vinnig gery het en soms weer veel stadiger gery het. Op ʼn
stadium het die Cressida
ʼn vragmotor verbygegaan en reg voor die
vragmotor gery op ʼn wyse wat dit duidelik was dat die vragmotor
as ʼn buffer
gebruik is. Op ʼn stadium het die Cressida weer
teen ʼn hoë snelheid vooruit beweeg. Een van die Cressida se
deure
het oopgegaan en het
Fouché
gesien dat daar ʼn
swart voorwerp uit die voertuig uitgesteek was.
Fouché
-hulle
was toe ʼn entjie agter die Cressida, ongeveer tussen 150 en 200
meter. Op daardie stadium het daar ʼn polisievoertuig
met blou
ligte van voor af gekom wat sy hoofligte geflikker het. Die Cressida
het op ʼn gruispad regs gedraai. Hulle was ongeveer
30 tot 40
meter agter die Cressida en het
Fouché
gesien dat dit ʼn
vuurwapen was wat uit die voertuig uitgesteek het by die deur. Die
voertuig het steeds voortgery teen ʼn
hoë snelheid, waarna
die voertuig weer afgedraai het by ʼn plaas.
Fouché
-hulle
het toe hulle voertuig tot stilstand gebring en uitgeklim. Hulle het
omgekyk en gesien dat twee polisie lede verbonde aan
die
honde-eenheid reg agter hulle gestop het. Dit was
Swanepoel
en
Walle
. Op daardie stadium het die Cressida omgedraai en reg op
hulle afgery. Die twee agterdeure van die Cressida het oopgegaan en
daar
is vanuit hierdie deure op hulle gevuur. Die polisiebeamptes het
teruggevuur. Die Cressida het amper tot by die polisiebeamptes
gery,
waarop dit toe agteruit beweeg het. Die persoon wat regs agter in die
voertuig gesit het, het uitgeval. Dit was beskuldigde
twee wat op
daardie stadium gewond was. In die voertuig was nog twee persone, wie
dood was. Dit was die bestuurder en die persoon
wat links agter gesit
het. (Hierinlater sal na hierdie gebeure verwys word as “die
tweede insident” of “die tweede
toneel”).
Nadat die toneel beveilig
is, is daar voortgegaan om na die vierde persoon te soek. Ongeveer
tien tot vyftien minute later is ʼn
persoon wat geklee was in ʼn
bruin broek en ʼn groenkleurige T-hemp, soos ʼn weermag
T-hemp, by ʼn soutpan aangetref,
wie hulle meegedeel het dat hy ʼn
tradisionele geneesheer (“toordokter” aldus die
getuienis) is en dat dit blote
toeval is dat hy daar was. Dit was
Appellant. Hulle het hom gearresteer en hom teruggeneem na die toneel
waar hy aan kapt. Kruger
en
Neethling
oorhandig is. In die
voertuig is twee R4 masjiengewere aangetref.
Duidelikheidshalwe moet
vermeld word dat
Swanepoel
en Walle, wie lede was van die
honde-eenheid, getuig het dat hulle die dag van die voorval besig was
met misdaadvoor-komingspatrollies
in Bloemfontein in ʼn gemerkte
polisievoertuig, synde ʼn geel Astra. Hulle het twee patrollie-
springstofhonde op daardie
stadium by hulle gehad. Om ongeveer 07h40
het hulle ʼn berig ontvang dat daar ʼn wit Cressida met
Noordwes registrasienommer
wat op lede van Bainsvlei S.A.P.D. geskiet
het, op die Kimberley pad in die rigting van Dealesville was. Hulle
het gevolglik in
daardie rigting gery, waarop
Raath
en
Fouché
-hulle intussen laat weet het dat ʼn voertuig
met dieselfde beskrywing en registrasienommer voor hulle was. Hulle
het toe vir
Fouché
en
Raath
ingehaal en kon ook
die wit Cressida met Noordwes registrasienommer voor
Fouché
en
Raath
sien. Op daardie stadium was hulle reeds verby die
Krugersdrifdam en gevolglik tussen die Krugersdrifdam en Dealesville.
Hulle
het dan ook getuig rondom die Cressida wat regs gedraai het op
ʼn gruispad, waarop die stof so erg geraak het dat hulle nie
meer
die verdagte voertuig kon sien nie. Ongeveer ʼn kilometer verder
het hulle opgemerk dat
Fouché
en
Raath
stilgehou
het, waarop hulle agter
Raath
-hulle stilgehou het. Die verdere
gebeure soos deur hulle beskryf stem in wese ooreen met die getuienis
van
Fouché
en
Raath
.
Voorts moet vermeld word
dat
Neethling
en
Venter
getuig het dat nadat die
vuurwapen op hulle gerig was te Bainsvlei, soos reeds hierbo beskryf,
het hulle ook eventueel die toneel
bereik anderkant die
Krugersdrifdam, waar hulle een persoon aan die regterkant van die
voertuig aangetref het wat uit die voertuig
geval het, terwyl twee
persone oorlede was in die voertuig, synde die een agter die
stuurwiel en een wat links agter gelê
het. Op ʼn stadium
het die ander polisiebeamptes ook met Appellant opgedaag wat hulle in
die soutpan arresteer het.
Wat mnr.
Feng
se
getuienis betref, was dit, in die algemeen gesien, relatief moeilik
om te volg. In wese kom sy getuienis egter daarop neer dat
hy die
betrokke Cressida voertuig, met Noordwes registrasienommer, al by
vorige geleenthede onder verdagte omstandighede by sy
plaas aangetref
het. Hy het by geleentheid met die bestuurder van die voertuig
gepraat, maar kon hom nie met sekerheid identifiseer
nie. Hy is egter
oortuig dat dit dieselfde voertuig was as wat in die onderhawige
voorval betrokke is, synde die voertuig wat hy
ook opgemerk het die
dag van die voorval toe hy sy kinders die oggend skool toe geneem
het.
Wat Appellant se
getuienis betref, het hy getuig dat die dag van die voorval hy saam
met
Andile
met sy (Appellant se) voertuig na Soutpan gery.
Andile
is die oorledene wat dood agter die stuur van die
voertuig na die voorval aangetref is. Appellant het bevestig dat die
wit Cressida
voertuig met Noordwes registrasienommer wel sy eiendom
is. Volgens Appellant sou hy by die soutpan wortels gaan uitgrawe,
aangesien
hy ʼn tradisionele geneesheer is. Op die stadium wat
Andile
hom by die soutpan afgelaai het, was dit 05h45 die dag
van die voorval. Die reëling was dat
Andile
die motor
sou leen ten einde vir ʼn leerlinglisensie te gaan, waarna
Andile
hom weer sou kom oplaai, aangesien Appellant by die
werk moes rapporteer. Appellant en
Andile
het by dieselfde
kamp van Tempe Weermag gewerk, maar by verskillende departemente.
Terwyl hy besig was met die proses om die
wortels op te grawe, het
hy gemerk dat sy voertuig die werf binnegery het. Hy het ook gemerk
dat daar ʼn polisievoertuig
agter sy voertuig was. Hy het toe
opgemerk dat die polisiebeamptes op die Cressida voertuig gevuur het
en was hy bang dat hulle
ook vir hom sou skiet, aangesien hy ʼn
ooggetuie was. Dit is in besonder omdat hy ʼn
intelligensiekursus destyds ondergaan
het in Bophuthatswana dat hy
sodanig gedink het. Hy het derhalwe besluit om terug te keer na die
plek waar hy die wortels uitgegrawe
het, aangesien niemand hom daar
sou kon sien nie. Hy was nog besig om wortels te grawe toe hy ʼn
stem hoor. Hy het sy kop
opgelig, waarna hy twee polisiebeamptes
opgemerk het wat hom met vuurwapens gerig en hom geroep het. Hy het
hulle meegedeel dat
hy ʼn tradisionele geneesheer was, waarna
die een polisiebeampte aangedui het dat hulle hom moes laat, maar
die ander aangedui
het dat hy saam met hulle moes stap. Hulle het
toe vir hom gesê dat hy moes hardloop, maar hy het geweier,
aangesien hy
bang was dat hulle op hom sou skiet indien hy sou
weghardloop. Hy is teruggeneem na die toneel waar die skietery
plaasgevind
het, waarop hy reguit na sy motorvoertuig gegaan het.
Buite die voertuig was daar ʼn persoon wat op sy maag gelê
het,
terwyl hy ook vir die oorledene,
Andile
, wie die
voertuig bestuur het, gesien het. Hy het toe aan die polisiebeamptes
gevra hoekom hulle sy voertuig so stukkend geskiet
het, waarop hulle
hom nie geantwoord het nie. Hy is toe gearresteer.
Uit voormelde blyk dit
dus duidelik dat dit hoofsaaklik die identiteit van Appellant is wat
in geskil geplaas is. In die verband
was dit mnr. Nkhahle, namens
Appellant, se betoog dat as vertrekpunt dit geag moet word dat die
uitkenning van Appellant op die
eerste toneel nie betroubaar is nie
en dat die tersaaklike polisiebeamptes Appellant in retrospek op die
toneel plaas. Aldus
sy betoog word die onbetroubaarheid van hul
identifisering bevestig deur die feit dat na afloop van die tweede
insident, Appellant
duidelik nie die bestuurder van die voertuig was
nie. Hy het aan die hand gedoen dat dit blyk dat
Neethling
slegs vir Appellant as die bestuurder op die eerste toneel plaas
omdat die voertuig geregistreer is in Appellant se naam. Volgens

mnr. Nkhahle se betoog het
Venter
ook tydens kruisverhoor
toegegee dat ʼn fout gemaak kon word onder die heersende
omstandighede ten tyde van die gebeure wat
afgespeel het op die
eerste toneel.
Addisioneel tot die
betoog met betrekking tot die moontlike foutiewe identifisering van
Appellant, het mnr. Nkhahle ook aan die
hand gedoen dat selfs indien
bevind sou word dat Appellant se identifikasie bo redelike twyfel
bewys is, dit nie bo redelike twyfel
bewys is dat Appellant in die
onwettige besit van enige vuurwapens was nie. In die verband het hy
betoog dat by gebrek aan direkte
getuienis van ʼn sameswering,
dit in ag geneem moet word dat op die eerste toneel Appellant buite
die voertuig was terwyl die
persoon wat in besit was van ʼn
vuurwapen en die tersaaklike polisiebeamptes daarmee gerig het, binne
die voertuig was. Verdermeer,
na afloop van die tweede insident toe
die twee tersaaklike vuurwapens in die voertuig gevind was, was
Appellant ook nie meer in
die voertuig nie.
Mnr. Nkhahle het in die
verdere alternatief betoog dat selfs indien bevind sou word dat
Appellant in die onwettige besit van die
vuurwapens was op die eerste
toneel, dit bevind behoort te word dat Appellant hom gedissosieer het
van die optrede van die ander
persone en dat daar sodoende nie meer
enige gemeenskaplike opset aan die kant van Appellant bestaan het
nie, welke dissosiasie
blyk uit die feit dat daar van bestuurders
verwissel is na die eerste insident en dat Appellant hom verwyder het
vanaf die optrede
deur die ander drie persone met betrekking tot die
poging tot moord aanklagte, deurdat hy duidelik homself uit die
voertuig verwyder
het en weggehardloop het voordat dit plaasgevind
het.
Mnr. Chalale, namens
Respondent, het aan die hand gedoen dat
Venter
en
Neethling
se identifisering van Appellant geag moet word korrek en betroubaar
te wees, veral inaggenome dat hulle onmiddellik na arrestasie
van
Appellant op die tweede toneel, Appellant uitgeken het as die
bestuurder van die voertuig op die eerste toneel.
Met betrekking tot die
sameswering, het mnr. Chalale betoog dat die vooraf sameswering
afgelei kan word uit die persone se besit
van die vuurwapens. Verder
het hy aan die hand gedoen dat inaggenome dat Appellant deel van die
groep was wat vuurwapens besit
het waarmee die polisie gerig is ten
tyde van die eerste insident en daarna steeds as bestuurder weggejaag
het vanaf daardie toneel,
aanduidend is van sy gemeenskaplike opset
met die ander persone en dus ook aanduidend is daarvan dat hy
voorsien het dat die vuurwapens
gebruik gaan word in enige
konfrontasie wat mag volg. Dus, selfs al was hy nie in die voertuig
gewees tydens die skietery nie,
het hy hierdie moontlikheid voorsien
en hom met die gevolg daarvan versoen.
Dit is geyk dat
getuienis met betrekking tot identiteit versigtig benader moet word
en dat nie net die eerlikheid van sodanige
getuie se getuienis
oorweeg moet word nie, maar ook die betroubaarheid daarvan. In die
welbekende saak van
S v MTHETWA
1972(3) SA 766 (A)
op 768 A tot C
is as volg beslis:

Because of
the fallibility of human observation, evidence of identification is
approached by the Courts with some caution. It is
not enough for the
identifying witness to be honest; the reliability of his observation
must also be tested. This depends on various
factors, such as
lighting, visibility, and eyesight; the proximity of the witness; his
opportunity for observation, both as to
time and situation; the
extent of his prior knowledge of the accused; the mobility of the
scene; corroboration; suggestibility;
the accused’s face,
voice, built, gate, and dress; the result of identification parades,
if any; and, of course, the evidence
by or on behalf of the accused.
The list is not exhaustive. These factors, or such of them as are
applicable in a particular case,
are not individually decisive, but
must be weighed one against the other, in the light of the totality
of the evidence, and the
probabilities.”
Sien ook
S v
SITHOLE AND OTHERS
1999(1) SASV 585
(W) op 591 E tot F
Dit is geyk dat ʼn
Hof van Appèl slegs onder beperkte omstandighede met ʼn
Hof
a quo
se geloofwaardigheids-bevindings sal inmeng. Met
betrekking tot die identifisering van Appellant, het die Hof
a
quo
Neethling
en
Venter
se getuienis ontleed, wat
insluit twee weersprekings wat daaruit blyk. Die Hof
a quo
het egter tot die gevolgtrekking gekom dat geen rede is om nie hulle
getuienis te aanvaar nie. Sien Uitspraak, p. 257, reël
3 tot
19.
Aanvullend tot die
getuienis van
Neethling
en
Venter
, het die Hof
a quo
verwys na die getuienis van
Fouché
,
Swanepoel
en
Walle
, wie al drie bevestig het dat hulle ten tyde van die
jaagtog en agtervolging van die Cressida voertuig gesien het dat daar
vier
insittendes in die voertuig was. ʼn Inspeksie
in loco
was ook deur die Hof
a quo
gehou waaruit dit geblyk het dat
die vensters van die Cressida voertuig nie donker of getint was wat ʼn
sigbaarheid ten opsigte
van die hoeveelheid persone daarin, sou
belemmer nie. (Dit was appellant se weergawe dat die vensters wel
aldus getint of donker
was.)
By nalees van
Neethling
se getuienis, blyk dit dat die bestuurder van die Cressida voertuig
ʼn geruime tyd buite die voertuig was waartydens hy deur
Neethling
waargeneem kon word, voordat die ander persoon wat
die vuurwapen op
Neethling
en
Venter
gerig het, uit
die voertuig geklim het. Op die stadium wat hulle die Cressida
voertuig gestop het, het die voertuie ongeveer
15 tot 20 meter
uitmekaar gestop. Nadat die persoon wat
Neethling
beweer
Appellant was, uitgeklim het, het hy ʼn ent vanaf die voertuig
beweeg, ongeveer 2 tot 3 meter. Tydens kruisverhoor
het dit geblyk
dat vandat die bestuurder uitgeklim het totdat die volgende persoon
met die vuurwapen uitgeklim het, ongeveer
ʼn minuut en ʼn
half tot twee minute geduur het. Hoewel daar wel verwys word na “
ʼn
paar sekondes
” soos deur mnr. Nkhahle in sy betoogshoofde
uitgewys, blyk dit na my mening dat daardie paar sekondes verwys na
die tydperk
wat verloop het tussen die stadium wat Appellant uit die
voertuig geklim het en die stadium wat
Neethling
vir die
volgende persoon gesê het hy moet uitklim. As daardie
getuienis (oorkonde, p. 13, reël 4 tot 7) saamgelees
word met
die getuienis dat dit ongeveer ʼn minuut en ʼn half tot twee
minute geneem het vir die tweede persoon om uit
te klim (oorkonde,
p. 11, reël 21 tot 25), meen ek dat dit blyk dat
Neethling
Appellant nie slegs vir ʼn paar sekondes waargeneem het nie,
maar inderdaad vir ʼn langer tydperk. Hoe dit ookal sy,
selfs al
het hy hom net vir ʼn paar sekondes waargeneem, was
Neethling
adamant dat op die tweede toneel hy onmiddellik vir Appellant
uitgeken het aan sy gesig en die feit dat hy ʼn kort, gesette

persoon was.
Volgens
Venter
se
getuienis het hy en
Neethling
ongeveer 20 meter vanaf die
Cressida voertuig tot stilstand gekom. Nadat die bestuurder
uitgeklim het, het hy nader na hulle
toe gestap, ongeveer 4 tot 5
meter. Volgens hom kan hy Appellant volgens sy gesig uitken,
aangesien dit ʼn hele tyd geneem
het vir die ander persoon om
ook uit die voertuig te klim, wat tot gevolg gehad het dat hy ʼn
redelike tydperk gehad het
om na Appellant te kyk. Hy het ook
bevestig dat daar vier persone in die voertuig was.
Met betrekking tot die
gedeelte in kruisverhoor waarna mnr. Nkhahle in sy betoog verwys het
as synde dat
Venter
ʼn toegewing gemaak het dat ʼn
fout gemaak kon word onder die omstandighede waar ʼn persoon met
ʼn vuurwapen gedreig
word, meen ek dat wanneer daardie getuienis
van hom in perspektief gelees word, dit duidelik is dat hy toegee dat
dit menslik is
dat ʼn fout gemaak kon word onder daardie
omstandighede met betrekking tot wat hy gesien het, maar dit blyk nie
dat hy toegee
dat hy inderdaad ʼn fout begaan het nie.
Hierdie weergawes van
die staatsgetuies moet uiteraard ook oorweeg word in samehang met
die getuienis van Appellant. Soos reeds
vermeld, was dit Appellant
se weergawe dat hy ʼn tradisionele geneesheer is wie op daardie
stadium in die soutpan in die
nabyheid van die toneel besig was om
wortels en ander plante uit te grawe vir doeleindes van medikasie,
nadat hy vroeër
die oggend daar afgelaai is deur
Andile
,
synde die oorledene wie na afloop van die tweede insident die
bestuurder van die Cressida voertuig was. Wanneer die stellings
wat
namens Appellant aan van die getuies gemaak is vergelyk word met sy
getuienis in hoof en dan ook wanneer sy getuienis in
hoof weer
vergelyk word met sy getuienis tydens kruisverhoor, blyk dit dat
daar veelvuldige weersprekings en onwaarskynlikhede
in sy getuienis
bestaan. Aangesien die Hof
a quo
volledig daarmee gehandel
het, die inhoud waarvan na my mening heeltemal korrek en tereg
gedoen is, is ek nie voornemens om die
detail daarvan weer hierin te
herhaal nie. Ek vereenselwig my egter met die Hof
a quo
se
evaluering van Appellant se getuienis soos dit voorkom in die
uitspraak op p. 260 reël 21 tot p. 264 reël 19. Na
my
mening het die Hof
a quo
tereg bevind dat Appellant nie ʼn
geloofwaardige getuie was nie.
ʼn Aspek wat wel ook
nog oorweging moet geniet, is die feit dat Appellant volgens die
getuienis van
Neethling
en
Venter
die bestuurder van
die Cressida was, terwyl na afloop van die tweede insident Appellant
slegs in die omgewing aangetref is en
Andile
die bestuurder
van die voertuig was. Na my mening is die waarskynlike
verduideliking hiervoor die feit dat dit duidelik blyk
uit die
getuienis van beide
Neethling
en
Venter
dat na die
eerste insident, hulle sig verloor het van die Cressida voertuig
waarop hulle na ʼn tydperk in kennis gestel is
per radio dat die
lede van blitspatrollie, synde
Fouché
en
Raath
,
die voertuig opgemerk het en besig is om dit te agtervolg.
Venter
het in sy getuienis gedurende kruisverhoor pertinent getuig dat
vanaf die tydperk wat hy en
Neethling
sig van die Cressida
voertuig verloor het totdat hulle per radio in kennis gestel is dat
die Cressida voertuig weer deur ander
polisiebeamptes opgemerk en
agtervolg word, ongeveer agt minute verloop het. Sien oorkonde, p.
27 reël 25 tot p. 28 reël
3. Hierdie feit, tesame met die
feit dat die aanvaarde getuienis deur die Staat tot dien effekte is
dat daar steeds vier persone
in die voertuig was ten tyde van die
jaagtog op die Bloemfontein/Dealesville pad en onmiddellik
voorafgaande die plaasvind van
die tweede insident, dui na my mening
op waarskynlikhede daarop dat tussen die tydperk wat die Cressida
voertuig buite sig van
Neethling
en
Venter
beweeg het
en die tydperk wat dit weer deur die volgende polisiebeamptes
opgemerk en agtervolg is, daar van bestuurder verwissel
is en dat
dit die rede is waarom Appellant nie meer die bestuurder was ten
tyde van die plaasvind van die tweede insident nie.
Die laaste aspek wat dan
nog oorweeg moet word met betrekking tot die identifisering van
Appellant, is die vraagstuk dat indien
aanvaar word dat Appellant
nog in die voertuig was ten tyde van die jaagtog op die
Bloemfontein/ Dealesville pad en ten tyde
van die indraai van die
voertuig op die gruispad, hoe dit verklaarbaar is dat Appellant nie
meer in die voertuig was onmiddellik
na afloop van die tweede
insident nie, maar inderdaad slegs in die omgewing van die tweede
insident aangetref is.
Dit blyk uit die
kruisverhoor van
Fouché
dat hy nie met sekerheid kon
sê of die Cressida voertuig gestop het alvorens dit omgedraai
het en teruggery het in die
rigting van die polisiebeamptes, aldan
nie. Toe daar aan hom gevra is of hy sou kon sien indien daar iemand
uit die voertuig
geklim het, het hy geantwoord deur te sê dat
hy op daardie stadium, na die voertuig omgedraai het, besig was om
terug te
vuur op die persone wat op hulle as polisiebeamptes geskiet
het en terselfdertyd het hy nog dekking gesoek agter sy eie
voertuig.
Hy het ook getuig dat indien die voertuig dwars voor hulle
gedraai het en ʼn persoon daar uitgespring het of uitgerol het,

die moontlikheid bestaan dat hy dit nie sou sien nie. Hy het egter
wel getuig dat sedert die skote begin afgevuur is, totdat
die
voertuig tot stilstand gekom het, niemand uit die voertuig geklim
het nie.
Volgens
Swanepoel
se getuienis was hy en
Walle
nog nie op die toneel die oomblik
wat die voertuig gedraai het nie. Hy het egter getuig dat dit
moontlik is dat toe die voertuig
gedraai het, iemand uitgespring het.
As iemand uitgespring het nadat die voertuig reeds gedraai het, sou
hy dit egter gesien het.
Uit
Walle
se
getuienis blyk dit dat hy van oordeel is dat op die stadium wat die
voertuig omgedraai het, ʼn persoon vermoedelik uit die
voertuig
kon spring.
Raath
het getuig
dat hoewel hy niemand uit die voertuig gesien spring het nie, hy van
mening is dat aangesien die voertuig sy draai gemaak
het met sy
linkerkant weg vanaf die polisiebeamptes, dit moontlik is dat iemand
op daardie stadium kon uitspring sonder dat hulle
as polisiebeamptes
so ʼn persoon sou raaksien.
`n Aspek wat na my
mening ook tot `n mate stawend is van die feit dat `n vierde persoon
waarskynlik in die voertuig was tot onmiddellik
voor die plaasvind
van die tweede insident, is die feit dat na afloop van die tweede
insident daar twee persone op die agtersitplek
van die voertuig was,
maar niemand op die passasiers sitplek nie. Indien iemand onder
“normale” omstandighede die
voertuig sou verlaat, sou
mens verwag dat die twee passasiers wat oorbly, een voor en een
agter sou sit.
Uit die totaliteit van
die getuienis, wat insluit die identifisering van Appellant as die
bestuurder van die voertuig tydens die
eerste insident, die feit dat
die voertuig vir ongeveer agt minute nie deur enige polisiebeamptes
dopgehou is nie, die feit dat
dit blyk dat ʼn persoon wel ten
tyde van die afspeel van die gebeure tydens die tweede insident uit
die voertuig sou kon
spring sonder dat dit waargeneem sou word, die
feit dat niemand op die passasiers sitplek gesit het nie en die feit
dat Appellant
se getuienis deurspek was met weersprekings en
onwaarskynlikhede, is ek van mening dat Appellant se getuienis dat
hy bloot toevallig
op die toneel van die tweede insident was deurdat
hy daar wortels en ander plante bymekaar gemaak het, nie redelik
moontlik waar
kan wees nie en inderdaad vanweë die
onwaarskynlikheid van sy weergawe, as vals verwerp moet word.
Gevolglik het die Hof
a
quo
na my mening nie enigsins fouteer met betrekking tot hierdie
bevinding nie.
Wat betref die vraag of
die Staat hom van sy bewyslas gekwyt het met betrekking tot
Appellant se besit van die vuurwapens, het
die Hof
a quo
weereens volledig met hierdie aspek gehandel met betrekking tot die
gemeenskaplike opset wat tussen die vier persone bestaan
het in sy
uitspraak op p. 267 reël 19 tot p. 270 reël 23. Ek
vereenselwig my met die redenasie daarin gevolg en die

gevolgtrekking waartoe die Hof
a quo
geraak het. Dit blyk uit
die getuienis wat aanvaar is dat Appellant beslis bewus was van die
vuurwapens in die voertuig en dat
dit verdermeer die enigste
redelike afleiding is dat dit die bedoeling van die lede van die
groep was, ingesluit Appellant, om
die vuurwapens te gebruik in die
uitvoering van die misdadige opset wat hulle gehad het. Sien
S
v KHAMBULE
2001(1) SASV 501 (SCA) op 503F tot G.
Gevolglik meen ek dat
die Hof
a quo
Appellant tereg skuldig bevind het op aanklag
1.
Wat verder oorweging
moet geniet en wat deur mnr. Nkhahle betoog is, is die vraag of
Appellant skuldig bevind moes gewees het
op die aanklagte van poging
tot moord gegewe dat Appellant nie op daardie stadium meer in die
voertuig teenwoordig was nie. In
die verband was dit mnr. Nkhahle se
betoog dat Appellant hom self dissosieer het met die optrede van die
ander drie persone.
Hierdie dissosiasie, aldus die betoog, blyk ook
uit die feit dat indien aanvaar word dat Appellant aanvanklik die
bestuurder
was, hy nie meer op daardie stadium die bestuurder was
nie en ook die feit dat hy homself uit die voertuig verwyder het en
weggehardloop
het.
Mnr. Chalale het ten
tyde van sy betoog verwys na die uitspraak in
S v MUSINGADI
AND OTHERS
2005(1) SASV 395 (SCA)
. Die tersaaklike
feite daarvan word as volg in die kopskrif op 395 J tot 396 A
opgesom:

The four
appellants were convicted of murder and robbery with aggravating
circumstances. They were found guilty of killing the deceased
by
assaulting and strangling her to death and attempting to poison her,
whereafter they took cash from the safe from her parents’

house. The third and fourth appellants purported to dissociate
themselves from the murder as they averred that they, after tying
up
and blindfolding the deceased, refused to partake in poisoning her.
They then left the scene while the first and second appellants

attempted to poison the deceased.”
Die volgende tersaaklike
dictum verskyn dan op 407 C en verder:

What had
become clear to them, however, was that the robbery was developing
into a murder which would be facilitated by their own
prior conduct.
It appears to me that by departing the scene, and leaving the
helpless deceased to her probable (and actual) fate,
the appellants
must be taken to have acquiesced in the expansion of the common
purpose unless they took steps effectively to disassociate
themselves
from that development. That our law recognises a defence of
disassociation is clear....In the case of a conspiracy or
common
purpose, Gubbay CJ ventured the following dictum in S v Beahan
1992(1) SACR 307 (ZS) at 324 B to C:

I
respectfully associate myself with what I perceive to be a shared
approach, namely, that it is the actual role of the conspirator
which
should determine the kind of withdrawal necessary to effectively
terminate his liability for the commission of the substantive
crime.
I would venture to state the rule this way: where a person has merely
conspired with others to commit a crime but has not
commenced an
overt act towards the successful completion of that crime, a
withdrawal is effective upon timely and unequivocal notification
to
the conspirators of the decision to abandon the common unlawful
purpose. Where, however, there has been participation in a more

substantial manner something further than a communication to the
co-conspirators of the intention to dissociate is necessary. A

reasonable effort to nullify or frustrate the effect of his
contribution is required.”
Daar is dan tot die
volgende gevolgtrekking gekom op 409 G tot H:

The
aforegoing authorities indicate, in my view, that on a practical
level the courts of several countries, including South Africa,

proceed from this premise: That the greater the accused’s
participation, and the further the commission of the crime have

progressed, then much more will be required of an accused to
constitute an effective disassociation. He may even be required to

take steps to prevent the commission of the crime or its completion.
It is in this sense a matter of degree and in a borderline
case calls
for a sensible and just value judgment.”
In die onderhawige geval
het ek reeds bevind dat Appellant in die voertuig was ten tyde van
die plaasvind van die eerste insident
en dat Appellant bewus was van
die vuurwapens in die voertuig en gemeenskaplike opset ten opsigte
van die besit daarvan gehad
het. Ten tyde van die plaasvind van die
eerste voorval, is dit na my mening duidelik dat Appellant se
deelname geag moet word
aktief te gewees het, deurdat hy sy voertuig
beskikbaar gestel het en hy self ook as bestuurder opgetree het
welwetende dat daar
vuurwapens in die voertuig is. Selfs nadat
hierdie eerste insident plaasgevind het en welwetende dat die
vuurwapens in enige
moontlike konfrontasie gebruik sou word wat die
dood van iemand tot gevolg kon hê, het Appellant nie homself
en/of sy voertuig
vanuit hierdie optrede verwyder nie. Hoewel hy
klaarblyklik nie meer as bestuurder opgetree het daarna nie, was hy
steeds in
die voertuig en is sy voertuig steeds gebruik. Hierdeur
het hy hom na my mening derhalwe steeds versoen met die feit dat die

vuurwapens in enige verdere moontlike konfrontasie gebruik sou word
wat die dood van iemand tot gevolg kon hê,. Die feit
dat hy
onmiddellik voordat daar op die polisie gevuur is ten tyde van die
tweede voorval homself uit die voertuig verwyder het,
veral gegewe
sy graad van deelname aan die gemeenskaplike misdadige bedoeling van
die vier persone tot op daardie stadium, kan
na my mening geensins
geag word aanduidend te wees daarvan dat Appellant hom dissosieer
het van die daaropvolgende vuur van skote
op die polisiebeamptes
nie. Dit blyk veel eerder ʼn geval te wees dat Appellant op
daardie stadium besef het dat hy die risiko
loop om in die
opvolgende geweervuur verwond te word en/of gearresteer te word en
derhalwe gepoog het om dít te ontkom
deur weg te hardloop.
Gevolglik meen ek dat
daar ook geen basis is waarmee met die Hof
a quo
se
skuldigbevindings van Appellant op die aanklagte van poging tot
moord ingemeng kan word nie.
ʼn Aspek wat nie
spesifiek deur enige van die partye geopper is nie, maar
mero
motu
deur die Hof geopper is ten tyde van die aanhoor van die
appèl, is die vraag of die feit dat daar vier aanklagte van
poging
tot moord is nie neerkom op ʼn duplisering van aanklagte
en derhalwe skuldigbevindings nie. Die vraag is of hier nie slegs

sprake is van ʼn enkele opset, hoewel daar meerdere slagoffers
was nie. Dit is geyk dat daar in wese twee praktiese toetse
is wat
toegepas word ten einde vas te stel of daar ʼn duplisering van
aanklagte is. Sien
S v BENJAMIN EN `N ANDER
1980(1)
SA 950 (A) op 956 E tot H.
Dit is die sogenaamde

single intent test
” wat in die onderhawige geval
ter sprake kan wees, synde indien daar twee handelinge is, elk
waarvan ʼn aparte misdryf
daar kan stel, maar met een opset, en
beide hierdie handelinge is nodig ten einde hierdie enkele opset te
laat realiseer, is daar
slegs een oortreding. Mnr. Nkhahle het ook
verwys na die uitspraak in
MANELI v S
[2008] ZASCA 50
;
[2008] 3 ALL
SA 155
(SCA)
waar hierdie toetse ook toegepas is, in besonder op
158 C tot E daarvan.
In die onderhawige geval
is ek van oordeel dat die “
intent
” of opset wat
hier ter sprake is en wat dus die basis van die oorweging vorm, die
opset was om te poog om ieder en elke
polisiebeampte wat teenwoordig
was, dood te skiet. Dit was dus in wese een handeling wat meerdere
gevolge gehad het, maar elk
van daardie gevolge het na my mening
gepaardgegaan met ʼn addisionele of aparte opset om te poog om
dood te skiet. Daar kan
dus na my mening nie sprake wees van slegs ʼn
enkele opset nie en gevolglik ook nie van ʼn duplisering van
aanklagte
nie.
Wat die opgelegde
vonnisse betref, blyk dit uit Appellant se aansoek om verlof om te
appelleer dat Appellant se appèl met
betrekking tot vonnis
hoofsaaklik daarop gebaseer is dat Appellant ʼn eerste oortreder
is, dat hy vyf jaar verhoorafwagtend
was en ook dat die Hof
a quo
die erns van die misdryf en die belange van die gemeenskap
oorbeklemtoon het.
By nalees van die
uitspraak ten opsigte van die vonnis, meen ek egter dat die Hof
a
quo
op ewewigtige wyse al die elemente van strafoplegging
behoorlik oorweeg het. In besonder wat betref die feit dat Appellant
vyf
jaar verhoorafwagtend was, is dit spesifiek deur die Verhoorhof
in ag geneem, deurdat die Verhoorhof bevind het dat ten opsigte
van
aanklag 1 waarvoor ʼn voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien
jaar toepaslik is, die tydperk wat Appellant verhoorafwagtend
was
geag moet word wesenlike en dwingende omstandighede te wees wat die
oplegging van ʼn mindere vonnis dan die voorgeskrewe
minimum
regverdig. Hierdie benadering van die Hof
a quo
was na my
mening heeltemal korrek.
[32] Wat betref die
vonnisse opgelê op die aanklagte van moord, is dit insgelyks
opgelê na ʼn behoorlike inagneming
van alle relevante feite
en omstandighede en in besonder het die Verhoorhof tereg die
kumulatiewe effek daarvan getemper deur te
gelas dat dit gedeeltelik
samelopend met die gevangenisstraf opgelê op aanklag 1,
uitgedien moet word.
Gevolglik is daar na my
mening geen basis waarop met die opgelegde vonnisse ingemeng kan
word nie. Dit is ook deur mnr. Nkhahle
reeds in sy betoogshoofde
toegegee, welke toegewing na my mening op korrekte en
verantwoordelike wyse gemaak is.
[34] Gevolglik word die
appél teen beide die skuldigbevindings en die opgelegde
vonnisse van die hand gewys.
_____________
C. VAN ZYL, R
Ek
stem saam.
_____________
K. J. MOLOI, WNR
Namens
die appellant: Adv. J. Nkhahle
In
opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens
die respondent: Adv. S. Chalale
In
opdrag van:
Direkteur
van Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN