S v Kotze (6/2008) [2010] ZAFSHC 86 (1 March 2010)

65 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Appeal — Application for leave to appeal against sentence — State applying for leave to appeal against sentences imposed on respondent for multiple sexual offenses, including child pornography — Court finding reasonable possibility that another court may reach a different conclusion regarding the appropriateness of the sentences — Leave to appeal granted.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 86
|

|

S v Kotze (6/2008) [2010] ZAFSHC 86 (1 March 2010)

VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 6/2008
In
die aansoek tussen:-
DIE
STAAT
.....................................................
Applikant/Staat
en
ANDRÉ
JACQUES KOTZE
............................
Respondent/Beskuldigde
_____________________________________________________
CORAM:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
1 MAART 2010
_____________________________________________________
[1] Hierdie is `n aansoek
om verlof om te appelleer wat die staat as applikant gebring het teen
die vonnisse wat respondent deur
my opgelê is op 2 Februarie
2009. Doelmatigheidshalwe is ek voornemens om na die partye te verwys
as die die staat en die
beskuldigde onderskeidelik.
[2] Beskuldigde het op
die volgende aanklagte tereggestaan:
1. Aanklagte 1 tot 3 –
verkragting
2. Aanklagte 4 tot 36 –
onsedelike aanranding
3. Aanklagte 37 tot 132 –
vervaardiging van kinderpornografie
4. Aanklag 133 –
besit van kinderpornografie
5. Aanklag 134 -
onwettige besit van ammunisie
[3] Beskuligde het op
sekere van die aanklagte skuldig gepleit en op sekeres op mindere
aanklagte skuldig gepleit, welke pleite
nie almal deur die staat
aanvaar is nie. Die detail hiervan blyk volledig uit my uitspraak en
gaan ek dit nie hierin herhaal nie.
Ek volstaan deur te vermeld dat
ek as volg op 25 Februarie 2008 met betrekking tot beskuldigde se
skuld bevind het:
1. Aanklagte 1 tot 3 –
skuldig aan onsedelike aanranding op elke aanklag
2. Aanklagte 4 tot 36 –
skuldig aan onsedelike aanranding op elke aanklag
3. Aanklagte 37 tot 132 –
skuldig aan die onwettige vervaardiging van kinderpornografie op elke
aanklag
4. Aanklag 133 –
skuldig aan die onwettige besit van kinderpornografie
5. Aanklag 134 –
onskuldig en ontslaan
[4] Beskuldigde is daarop
op 2 Februarie 2009 deur my gevonnis. Aanklagte 1 tot 36 is
saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is
beskuldigde tot 36 maande
korrektiewe toesig onder bepaalde voorwaardes gevonnis, sowel as `n
verdere 5 jaar gevangenisstraf wat
in totaliteit vir 5 jaar opgeskort
is. Aanklagte 37 tot 133 is ook saamgeneem vir doeleindes van vonnis
en is beskuldigde gevonnis
tot `n boete van R30 000.00 (dertig
duisend rand) of by wanbetaling 1 (een) jaar gevangenisstraf, sowel
as `n verdere 2 (twee)
jaar gevangenisstraf wat in geheel opgeskort
is vir 5 (vyf) jaar.
Vanweë die
omvangryke aard van die gedetailleerde vonnisse, word dit nie hierin
herhaal nie, maar word `n uittreksel uit die
oorkonde wat dit
reflekteer doelmatigheidshalwe hierby aangeheg en gemerk “X”.
[5] Onmiddellik na
vonnisoplegging het Juf. Bester, namens die staat, `n skriftelike
aansoek om verlof om te appelleer teen die
opgelegde vonnisse
geliasseer, waarin uiteengesit is dat die aansoek op die volgende
gronde berus:

1. dat die
Hof `n skokkende en onvanpaste en/of treffend ontoereikende vonnis
opgelê het;
2. dat die Hof die gemeenskapsbelang
onderbeklemtoon het ten gunste van die Respondent se persoonlike
omstandighede;
3. dat die Hof nie die aard en erns
van die misdryf behoorlik in ag geneem het nie;
4. dat die Hof te veel klem gelê
het op rehabilitasie;
5. dat die Hof rehabilitasie ten koste
van die ander beginsels van straftoemeting oorbeklemtoon het;
6. dat die Hof die sielkundiges se
getuienis nie op `n gebalanseerde wyse ge-evalueer het nie.”
Mnr. Combrink, namens
beskuldigde, het aangetoon dat die aansoek opponeer word, maar
versoek dat die aangeleentheid uitgestel word
ten einde die
verdediging die geleentheid te gee om die uitspraak op die vonnis
behoorlik te oorweeg en behoorlik te kan voorberei
vir die
argumentering en beregting van die aansoek. Sodanige uitstel is
verleen en is beskuldigde se borg verleng hangende die
finalisering
van die aansoek om verlof om te appelleer.
[6] Ten tyde van die
argumentering van die aansoek, het Juf. Bester betoog dat ek in
besonder beskuldigde se persoonlike omstandighede
en sy rehabilitasie
oorbeklemtoon het ten koste van die gemeenskapsbelang.
Sy het tydens haar betoog
onder andere verwys na Me. Vorster, synde die klaagster se ouma, se
getuienis en betoog dat ek nie genoeg
waarde geheg het aan haar
getuienis met betrekking tot die forserende gedrag van beskuldigde
jeens haar as synde aanduidend daarvan
dat dit vir beskuldigde net
oor sy eie belang gaan en hy geensins insig het met betrekking tot
wat hy aan die klaagster gedoen
het nie. Dit word, aldus haar
betooog, ook bevestig deur die feit dat beskuldigde destyds geweet
het hy het `n pedofilie probleem
jeens die klaagster, maar ten spyte
daarvan het hy steeds met die klaagster se moeder in die huwlik
getree.
Juf. Bester het ook
verwys na die getuienis van Mev. Ina Theron, `n voorligtingsbeampte,
en aan die hand gedoen dat ek `n mistasting
rondom my evaluering van
haar getuienis begaan het, deurdat ek dit as neutraal beskou het in
plaas daarvan om dit in ag te neem
as aanduidend van die rimpel-effek
wat beskuldigde se optrede op sy gesin gehad het.
Aldus Juf. Bester se
verdere betoog was die kritiek wat ek op Mnr. Jordaan, synde `n
sielkundige, en Mnr. Van der Merwe, synde `n
geregistreerde
maatskaplike werker met 17 jaar ondervinding, se getuienis
uitgespreek het en daarteenoor my aanvaarding van Prof.
Louw en mnr.
Naudé se getuienis ten gunste van die rehabilitasie potensiaal
van die beskuldigde, ook aanduidend van my oorbeklemtoning
van die
rehabilitasie van beskuldigde sonder inagneming van die
gemeenskapsbelang.
[7] Mnr. Combrink het
daarteenoor betoog dat die aansoek om verlof om te appelleer `n
ondeurdagte aansoek is en aan die hand gedoen
dat ek op `n ewewigtige
wyse die getuienis evalueer het en dat dit duidelik uit my uitspraak
blyk dat ek die gemeenskapsbelang
wel deeglik in ag geneem het.
Volgens sy betoog was daar ook geen mistasting deur my begaan nie. Hy
het versoek dat die aansoek
van die hand gewys word.
[8] Ek het my deeglik
vergewis van die onderskeie regsverteenwoordigers se betoë en
ook weer my uitspraak op vonnis bestudeer.
Hoewel ek steeds van
oordeel is dat ek wel die getuienis op behoorlike wyse evalueer het
en al die elemente en oogmerke van strafoplegging
op ewewigtige wyse
in ag geneem het, met insluiting van die korrelasie tussen
beskuldigde se rehabiltasie en die belang wat die
gemeenskap juis ook
daarin het, is dit egter nie die toets nie. Ek meen dat by die
toepassing van die geykte toets in `n aansoek
om verlof om te
appelleer ter sprake, ek nie kan bevind dat daar nie `n redelike
moontlikheid bestaan dat `n ander hof tot `n ander
gevolgtrekking kan
kom met betrekking tot die opgelegde vonnisse nie, in besonder
moontlik op die basis dat die opgelegde vonnisse
skokkend lig en
onvanpas is. Gevolglik is ek van oordeel dat die verlof soos versoek
deur die staat, toegestaan behoort te word.
[9] Wat betref na welke
forum sodanige verlof om te appelleer toegestaan moet word, het Juf.
Bester in haar aansoek aangedui dat
verlof gevra word om na die
Volbank van hierdie afdeling te appelleer. Ten tyde van die aanhoor
van die aansoek, was almal dit
eens dat indien verlof verleen sou
word, dit aldus verleen moet word. Voordat hierdie uitspraak egter
gefinaliseer is, het Juf.
Bester deur middel van my sekretaris my
aandag laat vestig op die uitspraak in
S V
MNGOMA
2009(2) SASV 447 (ECD)
waaruit
dit duidelik blyk dat by nalees van artikel 316B van die
Strafproseswet, wet 51 van 1977, synde die tersaaklike artikel
wat
handel met appélle deur die Staat teen opgelegde vonnisse,
daar in sodanige gevalle na die Hoogste Hof van Appél

geappelleer moet word. Ek is Juf. Bester dank verskuldig dat sy my
tydig hierop attent laat maak het.
[10] Laastens wens ek te
vermeld dat bewysstuk “A”, synde die foto album
bevattende die fotos waarop die klaagster reflekteer
word, sowel as
die twee kompakskywe wat as bewysstukke 1 en 2 ingehandig is, welke
ook die klaagster reflekteer, sedert dit as
bewysstukke ingehandig
is, deur my in veilige bewaring gehou is ten einde te verhoed dat dit
geneem of besigtig word gedurende
die stadiums wat die hofleêr
in die administratiewe sisteem opgeneem en hanteer is. Vir dieselfde
redes is ek is voornemens
om dit sodanig by my te behou tot tyd en
wyl dit benodig word vir doeleindes van die samestelling van die
rekord, op welke stadium
die tersaaklike verantwoordelike persoon of
instansie dit vanaf my sekretaris kan verkry.
[11] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
Verlof word aan die
staat verleen om teen die totaliteit van die opgelegde vonnisse na
die Hoogste Hof van Appél te appelleer.
Beskuldigde se borg word
verleng op dieselfde voorwaardes hangende die finalisering van
voormelde appél.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens applikant/staat:
Adv. A. Bester
In opdrag van:
Direkteur Openbare
Vervolgings BLOEMFONTEIN
Namens
respondent/beskuldigde: Adv. D.J. Combrink
In opdrag van:
Mnr. J. Ellis
Jan Ellis Prokureurs
Potchefstroom