S v Mojoe [2010] ZAFSHC 23 (25 February 2010)

60 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Review of proceedings — Inherent jurisdiction of higher court to intervene — Accused charged with assault with intent to cause grievous bodily harm to estranged wife — Witness testimony given in incorrect language leading to inconsistencies — Court finds irregularity in proceedings due to witness testifying in Sotho instead of Xhosa, resulting in potential injustice — Court orders that proceedings be set aside and retrial before a different magistrate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 23
|

|

S v Mojoe [2010] ZAFSHC 23 (25 February 2010)

VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak
n
ommer.
: 41/2010
In
die aansoek tussen:
DIE
STAAT
en
GEORGE
KHOSANA MOJOE
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE, R
et
JORDAAN, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
HANCKE,
R
GELEWER
OP:
25
FEBRUARIE 2010
[1]
Die
beskuldigde in hierdie saak is aangekla van aanranding met die opset
om ernstig te beseer op sy vervreemde eggenote. Tydens
herverhoor
toe die aanklaer die klaagster uitgevra het oor sekere weersprekings
in haar getuienis, het sy te kenne gegee dat sy
nie ‘n Sotho
persoon is nie maar dat sy Xhosasprekend is en dat sy ook met haar
kinders Xhosa praat.
[2] Aan
die einde van die klaagster se getuienis het die verdediging ook aan
die hand gedoen dat die verrigtinge gestaak word en
dat die saak
de
novo
voor ‘n ander hof moet begin. Die landdros het daarna die
verrigtinge gestaak en die saak na die Hooggeregshof verwys as
‘n
spesiale hersiening involge Artikel 304(4) van Wet 51 van 1977 ten
einde die verrigtinge ter syde te stel.
[3] Na
ontvangs van die hersiening het ek die aangeleentheid verwys na die
Direkteur van Openbare Vervolging vir sy mening hierin
en het Adv.
Chalale van gemelde kantoor aan my ‘n volledige kommentaar
verskaf. Die hof is dankbaar vir sy hulp in hierdie
aangeleentheid
en word hy daarvoor bedank.
[4] ‘n
Hoër Hof, alhoewel traag om die verrigtinge van ‘n laer
hof te hersien voor die afhandeling daarvan, het
die inherente
bevoegdheid in gepaste gevalle om dit wel te doen ten einde ‘n
onreg te vermy.
WAHLHAUS
AND OTHERS v ADDITIONAL MAGISTRATE, JOHANNESBURG AND ANOTHER
1959 (3) SA 113
(A) te 119G;
MOTATA
v NAIR NO AND ANOTHER
2009 (1) SASV 263 (T) te 266F – 267H.
[5] Dit
is in belang van geregtigheid dat ‘n getuie, hetsy vir die
staat of vir die verdediging, sy of haar getuienis aflê
in dié
se moedertaal, of in ‘n taal waarin sy/hy tuis is. Indien dit
nie gebeur, kan dit tot gevolg hê dat
die notule van die
verrigtinge nie ‘n getroue en korrekte weergawe is van dit wat
‘n getuie gepoog het om te getuig
nie, wat ‘n onreg vir
‘n party tot gevolg kan hê. Beide partye, dit wil sê
die staat en die verdediging,
is geregtig op ‘n billike proses.
[6] Alhoewel
die klaagster deur middel van ‘n tolk getuig het, is dit nie
duidelik waarom sy nie van die begin af in Xhosa
getuig het nie,
klaarblyklik omdat die tolk nie Xhosa magtig was nie. Hoe dit ookal
sy die klaagster se getuienis is deurspek
van weersprekings, wat
volgens haar te wyte is aan haar gebrekkige kennis van Sotho. Daar
is geen rede om dit te bevraagteken
nie.
[7] Deur
die aanbied van die klaagster se getuienis in Sotho in die
omstandighede het na my mening ‘n onreëlmatigheid
tot
gevolg gehad wat reeds tot ‘n regskending gelei het. Die
enigste manier om dit reg te stel is om die verrigtinge ter
syde te
stel en te gelas dat die verrigtinge
de
novo
voor ‘n ander landdros moet begin, soos deur die
verhoorlanddros, en Adv. Chalale in die vooruitsig gestel is.
[8] Bygevolg
word gelas dat die verrigtinge ter syde gestel word en dat die
verrigtinge
de
novo
voor ‘n ander landdros moet begin.
______
___________
S.
P. B. HANCKE, R
Ek stem saam.
________________
A. F. JORDAAN, R
/EM