About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 21
|
|
Du Plessis and Another v Changing Tides 14 (Edms) Bpk NO and Another [2010] ZAFSHC 21 (18 February 2010)
VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Aansoeknommer : 4511/09
In
die
saak
tussen:-
JAN-NEL
DU PLESSIS
Eerste
Applikant
CHRISTINA
MAGDALENA DU PLESSIS
Tweede
Applikant
en
CHANGING
TIDES 14 (EDMS) BPK N.O.
Eerste
Respondent
DIE
BALJU VAN DIE HOOGGEREGSHOF
Tweede
Respondent
BLOEMFONTEIN
WES
AANGEHOOR
OP:
11
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
18
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
aansoek van die applikante om ‘n bevel met die volgende
bepalings:
“1. Dat
kondonasie aan die Applikante verleen word vir die laat-liassering
van hierdie aansoek, indien nodig;
2. Dat
die verstekvonnis teen Applikante verleen onder saaknommer 2149/2007
tersyde gestel word;
3. Dat verlof aan die Applikante
verleen word om die aksie onder saaknommer 2149/2007 te verdedig;
4. Dat eerste
respondent gelas word om die koste van hierdie aansoek te betaal.”
[2] Die eerste respondent
is ‘n trustee van S A Home Loans Guarantee Trust wat ‘n
verband ten opsigte van die applikante
se eiendom geregistreer het.
[3] Die tweede respondent
is die Balju van die Hooggeregshof, Bloemfontein Wes, teen wie geen
regshulp gevorder word.
[
4] Dit
blyk volgens die stukke dat die applikant op 15 Mei 2007 agterstallig
was in die bedrag R24 704.90. Op 16 Mei 2007 het die
eerste
respondent dagvaarding uitgereik teen die applikant vir die betaling
van R553 887.13, synde die totale uitstaande bedrag
tesame met
bykomende regshulp.
[5
] Daarna
het die applikante die volgende betalings gemaak:
R14 000.00 op 14 Mei
2007;
R5 353.00 op 1 Junie
2007;
R7 000.00 op 7 Junie
2007; en
R5 400.00 op 3 Julie
2007
d.w.s.
‘n totaal van R31 753.00. Die agterstallig bedrag waarop
eerste respondent se skuldoorsaak gebaseer was en wat aanleiding
gegee het tot die inwerkingstelling van die versnellingsbeding, was
gevolglik op 3 Julie 2007 vereffen. Hierbenewens het die applikante
voortgegaan om hulle paaiemente aan die eerste respondent te betaal
tot en met Maart 2008 toe dit weer finansieel sleg met hulle
gegaan
het en hulle weer agterstallig geraak het met hulle
verbandpaaiemente.
[6] Aangesien
die oorspronklike dagvaarding verlê was, is ‘n
gesertifiseerde afskrif daarvan bekom, wat weer beteken
is op 2 April
2009 by wyse van aanhegting, waarna daar op 13 Mei 2009 verstekvonnis
teen applikante verleen is. Dit is applikante
se saak dat aangesien
hulle nie meer by die betekeningsadres woonagtig was nie, hulle
derhalwe onbewus was van voormelde betekening.
Gedurende Maart 2009
het ‘n skuldberader in die prentjie gekom en is ‘n
afskrif van die dagvaarding en relaas aan
die betrokke skuldberader
voorsien gedateer 9 Maart 2009.
[7
] Dit
is die applikante se saak, eerstens, dat die agterstallige bedrag
reeds gedurende Julie 2007 vereffen is en dat die eerste
respondent
van sy reg om die volle bedrag as opeisbaar en betaalbaar te beskou,
afstand gedoen het. Tweedens, dat die respondent
‘n
kennisgewing in terme van artikel 129 van die Nasionale Kredietwet,
Nr. 34 van 2005, aan applikante moes voorsien en,
derdens, dat die
applikante onder skuldberading geplaas was en dat eerste respondent
gevolglik nie met regstappe kon voortgaan
alvorens daar ‘n
kennisgewing ingevolge artikel 86(10) van die Nasionale Kredietwet
aan die applikante versend was nie.
[8] Die
vraag ontstaan of eerste respondent, op grond van dieselfde
dagvaarding, die applikante kon aanspreek vir die volle uitstaande
bedrag toe hulle ‘n tweede keer agterstallig geraak het met
hulle paaiemente. Dit is belangrik om daarop te let dat die
aanvanklike skuldoorsaak gebaseer was op die feit dat die applikante
agterstallig geraak het met die voormelde bedrag van R24 704.90,
welke bedrag hulle in vier paaiemente ten volle vereffen het. Daarna
het die eerste respondent hulle toegelaat om betalings te
maak tot en
met Maart 2008, d.w.s oor ‘n tydperk van agt maande.
[9] Die
eerste respondent het nie alleen hierdie betalings aanvaar nie, maar
het ook in gebreke gebly, na uitreiking van die dagvaarding,
om op
daardie stadium vonnis teen die applikante te neem. Die voor die
hand liggende afleiding is dat die eerste respondent afstand
gedoen
het van sy regte in hierdie verband. Anders gestel, is hierdie
optrede van die eerste respondent teenstrydig met die voortbestaan
van ‘n reg tot uitoefening van ‘n versnellingsbeding.
Eerste respondent het, met die wete dat hy vonnis teen applikante
kon
bekom op grond van die bedrae wat hulle agterstallig was, paaiemente
aanvaar wat die agterstallige bedrag uitgewis het. Deur
die
aanvaarding van daardie betalings het eerste respondent afstand
gedoen van sy reg om op die dagvaarding in 2007 uitgereik,
vonnis te
kry.
LAWS
v RUTHERFURD
1924 AD 261
op 263;
SPANGENBERG EN ANDERE
1974 (3) SA 695
(A);
IMPALA
DISTRIBUTORS v TAUNUS CHEMICAL MANUFACTURING CO (PTY) LTD
1975 (3) SA 273
(T) te 277 – 278.
[10]
Uit
die voorgaande is dit dus duidelik dat die betrokke vonnis
verkeerdelik aangevra en verkeerdelik gegee is. Gevolglik is dit
nie
nodig om met die ander aspekte te handel wat deur die applikante
geopper is nie.
[11] Wat
kondonasie betref, blyk dit dat daar nie sprake is van ‘n
growwe nie-nakoming van die hofreëls en is die versuim,
na my
mening, bevredigend verduidelik, naamlik dat die dagvaarding nie tot
hulle kennis gekom het, aangesien hulle nie meer by
dié
betrokke adres woonagtig was nie.
[12] Wat
koste betref, is dit duidelik dat die vonnis t.o.v. die huidige
skuldoorsaak nooit aangevra moes gewees het op grond van
dieselfde
dagvaarding nie. Aan die ander kant is daar egter morele
verwytbaarheid aan die kant van die applikante, byvoorbeeld
hulle het
alreeds op 3 Junie 2009 bewus geword van die vonnis teen hulle, maar
het eers op 13 Augustus 2009 aansoek 4024/09 laat
uitreik, ‘n
vertraging van ongeveer twee maande en tien dae. Verder vra die
applikante ook ‘n tegemoetkoming van die
hof ten opsigte van
die aansoek om kondonasie. Na my mening sal die verwytbaarheid eers
behoorlik evalueer kan word wanneer die
aangeleentheid op verhoor
gaan; gevolglik is dit reg en billik dat koste oorstaan om dan beslis
te word.
[13] Bygevolg
word
A. ‘n
bevel ingevolge bedes 1, 2 en 3 van die Kennisgewing van Mosie
verleen; en
B. gelas dat koste
oorstaan om later besleg te word.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
die
applikante: Adv.
J. Els
In opdrag van:
Rosendorff
Reitz Barry
BLOEMFONTEIN
Namens
eerste respondent: Adv. B. Knoetze SC
In opdrag van:
Bezuidenhout Ing.
BLOEMFONTEIN
/sp