S v Moqoishi [2010] ZAFSHC 20 (18 February 2010)

50 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of two counts of shoplifting and sentenced to 18 months imprisonment — Accused's personal circumstances and previous convictions considered — Sentence deemed excessively harsh in light of the nature of the offences and the value of the stolen items — Original sentence set aside and replaced with 12 months imprisonment, 6 months of which suspended for 4 years on condition of no further theft convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 20
|

|

S v Moqoishi [2010] ZAFSHC 20 (18 February 2010)

VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Hersiening
Nr. :
652/09
In die
hersiening
tussen:-
DIE STAAT
versus
MANTWA LIESBETH
MOQOISHI
_____________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
et
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
18
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
[1] Die
beskuldigde, ‘n 36-jarige vrou
,
is skuldig bevind aan twee klagtes van winkeldiefstal. Die twee
klagtes is saamgeneem vir vonnisdoeleindes en sy is gevonnis
tot 18
(agtien) maande gevangenisstraf.
[2] Dit
blyk dat die beskuldigde standerd 6 op skool geslaag het en werkloos
is. Sy ontvang tans toelae vir vyf van haar kinders
teen R240,00 per
kind per maand en beloop dit ‘n bedrag van ongeveer R1 200,00
per maand, wat haar enigste inkomste is.
Al ses van haar kinders,
waarvan die ouderdom wissel vanaf 2 tot 17 jaar, het verskillende
vaders. Indien sy gevangenisstraf ondergaan,
sal dit tot gevolg hê
dat die 17-jarige dogter na die ander kinders moet omsien.
[3] Die beskuldigde het
skuldig gepleit en daardeur ‘n mate van berou getoon.
[4] Sy het egter ‘n
relatiewe groot aantal vorige veroordelings wat soos volg deur die
landdros opgesom is:

Op 2
September 2004 is u in Botshabelo skuldig bevind aan diefstal en
gevonnis tot R400 of 100 dae gevangenisstraf wat voorwaardelik
vir
vier jaar opgeskort was op voorwaarde dat u nie weer skuldig bevind
word aan diefstal of poging daartoe nie. Op 11 Januarie
2005 is u te
Selosesha skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot R200
of twee maande gevangenisstraf. Op 1 Julie 2005 is u in Botshabelo
in A Hof skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot R130 of
60 dae
gevangenisstraf. Op 24 Maart 2006 is u weer in Botshabelo in B Hof
skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot R500 of
100 dae
gevangenisstraf wat opgeskort was op voorwaarde u verrig
gemeenskapsdiens by die plaaslike landdroskantoor.
Op 30 Augustus 2006 is u weer in
Botshabelo skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot R400 of 50 dae
gevangenisstraf wat voorwaardelik
vir vier jaar opgeskort is op
voorwaarde dat u nie weer skuldig bevind word aan diefstal of poging
daartoe gepleeg in die tydperk
van opskorting nie. Nou waar u die
afgelope drie jaar was weet ek nie, maar daar het so ‘n tydperk
van drie jaar verloop
wat u nie weer in die hof verskyn het nie. Dit
is heel duidelik uit u lys van vorige veroordelings dat u ‘n
geneigdheid
het om te steel en dit al klaarblyklik in ‘n siekte
ontwikkel het. Heeltyd wat u in die howe verskyn het is u deur die
vonnisopleggers
in watte toegedraai en glo ek nie ek is verkeerd as
ek sê dat by elke keer wat u gevonnis is, was dit sonder dat
die staat
die vorige veroordelings bewys het.”
Daar is geen bewys dat
die landdros korrek was om die afleiding te maak wat in die laaste
sin gemaak is nie.
[5] Dit blyk egter dat al
haar vorige veroordelings nie direkte gevangenisstraf sonder keuse
van ‘n boete ingesluit het nie
of onderhewig was aan opskorting
nie.
[6] Dit
blyk ook dat die items wat gesteel was relatief nietig was. Ten
opsigte van die eerste klag was die bedrag van R125,13
ter sprake vir
seep, tandepasta, politoer en parfuum en ten opsigte van die tweede
klag was ‘n bedrag van R107,94 ter sprake
ten opsigte van kaas,
parfuum en ander voedsel.
[7] Ek meen dat die
landdros se vonnis heeltemal te drasties was in die lig van die
oortredings wat hier ter sprake was en alhoewel
hy korrek was om nou
direkte gevangenisstraf op te lê, die vonnis wat opgelê
is inderdaad skokkend onvanpas is.
[8] Bygevolg word die
skuldigbevindings bekragtig, maar die vonnis tersyde gestel en
vervang met die volgende vonnis ten opsigte
van beide klagtes:
12 (twaalf) maande
gevangenisstraf waarvan 6 (ses) maande vir ‘n periode van 4
(vier) jaar opgeskort word onderhewig daaraan
dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word aan diefstal of poging daartoe gepleeg in die
tydperk van opskorting nie.
Die
vo
nnis
moet geag word opgelê te gewees het op 9 November 2009.
______________
G.F. WRIGHT, R
Ek stem saam.
_
_______________
S.P.B.
HANCKE
,
R
/sp