Vrystaat Kooperasie Bpk v Wessels (728/05) [2010] ZAFSHC 19 (18 February 2010)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Prescription — Special plea of prescription — Defendant raising prescription in response to plaintiff's claim for payment of debt arising from a credit agreement — Plaintiff's claim based on sales and insurance premiums from 2002 to 2005 — Defendant contending that debt became due in 1999, thus exceeding the three-year prescription period by the time of summons in 2005 — Court finding that acknowledgment of debt by defendant in 2003 reset the prescription period, allowing plaintiff's claim to proceed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 19
|

|

Vrystaat Kooperasie Bpk v Wessels (728/05) [2010] ZAFSHC 19 (18 February 2010)

VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saak
nommer:
728/05
In die
saak
tussen:-
VRYSTAAT
KOÖPERASIE BEPERK
Eiser
en
WESSEL
GEORGE PRINCE WESSELS
Verweerder
_____________________________________________________
CORAM
:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR
:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
18
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
Hierdie
is die beregting van
ʼn
spesiale pleit van verjaring wat deur verweerder geopper is.
DIE
PLEITSTUKKE:
Eiser
het
verweerder
gedagvaar by wyse van ʼn enkelvoudige dagvaarding, in terme van
welke dagvaarding, die volgende regshulp vanaf
verweerder gevorder
is:

Betaling van
die bedrag van R206 489.11 (TWEEHONDERD EN SESDUISEND VIERHONDERD
NEGE EN TAGTIG RAND ELF SENT) ten opsigte van produksiemiddele
deur
eiser aan verweerder verkoop en gelewer op die verweerder se spesiale
aandrang en versoek asook kredietlewensversekeringspremies
deur eiser
namens en ten behoewe van die verweerder betaal, op die verweerder se
spesiale aandrang en versoek, gedurende of omtrent
die tydperk 2002
tot 2005, welke bedrag tans betaalbaar en opeisbaar is en welke
bedrag die verweerder, aanmaning ten spyt, weier
en/of versuim om aan
eiser se betaal.

Tesame met voormelde, is
daar ook rente op voormelde bedrag en koste van die geding gevorder.
[2] Die
enkelvoudige dagvaarding is op
4
Maart 2005
persoonlik op verweerder beteken. Verweerder het kennis gegee van
sy voorneme om die aksie te verdedig, waarna eiser se deklarasie
op
10
Mei 2006
geliasseer is (hierinlater na verwys as “
die
oorspronklike deklarasie
”).
Uit hierdie deklarasie blyk dit dat eiser se vordering voortspruit
uit ʼn kredietverleningsooreenkoms in terme
waarvan
kredietfasiliteite by eiser aan verweerder verleen is en is ʼn
afskrif van die kredietverleningsooreenkoms aangeheg
tot die
oorspronklike deklarasie as aanhangsel “A”. Die
essensiële terme van die kredietooreenkoms is ook in
die
oorspronklike deklarasie uiteengesit en is daar onder andere in
paragraaf 2.1 van die oorspronklike deklarasie beweer dat:

Dit is ʼn
term van die voormelde kredietooreenkoms dat die kredietfasiliteit
aan die verweerder toegestaan is ten einde hom
in staat te stel om
aankope van goedere of dienste by of deur bemiddeling van die eiser
te maak.”
Daar
is dan voorts deur eiser in paragraaf 3.1 van die oorspronklike
deklarasie beweer
dat:

Na
aanleiding van die voormelde kredietooreenkoms het eiser op
verweerder se spesiale mondelinge aandrang en versoek gedurende die

tydperk 2002 tot 2005 produksiemiddele aan verweerder verkoop en
gelewer en kredietlewensversekerings-premies vir en namens verweerder

betaal ten bedrae van R206 489.11.”
Die
oorspronklike deklarasie sluit af met die vordering van dieselfde
bedrag as in die enkelvoudige dagvaarding, naamlik
R206
489.11
,
tesame met rente
a
tempora morae
daarop en koste van die geding.
In
verweerder se
verweerskrif
in antwoord op die oorspronklike deklarasie, welke verweerskrif op
13
Junie 2006
geliasseer is, is die volgende spesiale pleit (hierinlater na verwys
as “
die
oorspronklike spesiale pleit
”)
geopper:

1. Die
verweerder pleit dat hy aankope by die eiser gedoen het op krediet
tot en met
1999
.
2. Die
verweerder se kredietfasiliteite is opgeskort deur die eiser nie
later as
31
Januarie 1999
.
3. Die eiser se
volle skuld het derhalwe opeisbaar en betaalbaar geword nie later as
31
Januarie 1999
nie.
4. Die eiser se
dagvaarding is beteken op verweerder op
7
Maart 2005
.
5. Daar het
gevolglik in terme van die bepalings van die Verjaringswet ʼn
periode van meer as drie (3) jaar verloop vanaf datum
waarop die
eiser se eis opeisbaar en betaalbaar geword het tot en met datum van
betekening van dagvaarding.”
[4]
In
antwoord op die oorspronklike spesiale pleit, het eiser ʼn
replikasie geliasseer waarin as volg op die oorspronklike spesiale

pleit gerepliseer is:

1.1 Eiser
erken dat verweerder aankope by eiser op krediet gedoen het gedurende
1999
,
en dat eiser se dagvaarding op verweerder beteken is op
7
Maart 2005
.
1.2 Eiser pleit dat:
1.2.1 Verweerder
aan eiser op
7
Julie 1998
te Vrede ʼn skriftelike skulderkenning gegee het, welke
skulderkenning hierby aangeheg word as aanhangsel “VKB1”.
1.2.2 Op
28
April 1999
het verweerder skriftelik aansoek gedoen by eiser vir
kredietfasiliteite vir die 1999/2000-seisoen soos blyk uit aanhangsel
“VKB2”.
1.2.3 Gemelde
aansoek vir kredietfasiliteite in die bedrag van R160 000,00 is deur
eiser skriftelik goedgekeur op
23
Junie 1999
soos blyk uit aanhangsel “VKB3”.
1.2.4 Op
26
Maart 2001
het verweerder die eiser skriftelik versoek om die aksie wat teen hom
geloods is te staak ten einde verweerder die geleentheid
te gee om
implemente te verkoop ten einde verweerder se rekening onder beheer
te bring soos blyk uit aanhangsel “VKB4”.
1.2.5 Op
17
Januarie 2002
oorhandig verweerder aan eiser se verteenwoordiger, advokaat Leon
Lombard, 2 000 Dollar met die versoek dat dit in eiser se kluis
gehou
word tot
einde
Februarie 2002
met ʼn belofte dat die rekening betaal sal word.
1.2.6 Op
15
Julie 2002
betaal verweerder R10 000.00 af op die bedrag verskuldig aan die
eiser soos blyk uit die kwitansie hierby aangeheg gemerk aanhangsel

“VKB5”.
1.2.7 Op
27
Julie 2003
(
sic
)
onderneem die verweerder teenoor eiser om vee te verkoop en R50
000.00 uit die opbrengs af te betaal op die bedrag verskuldig
aan die
eiser voor of op
7
April 2003
.
1.2.8 Op
15
Mei 2003
onderneem die verweerder teenoor die eiser om die bedrag van R50
000.00 voormeld op die rekening af te betaal voor of op
31
Mei 2003
.
1.2.9 Op
24
Oktober 2003
skryf verweerder aan eiser en deel eiser mee dat hy gelde by Standard
Bank gaan leen om eiser se rekening deur hom verskuldig te
delg. Uit
verweerder se balansstaat aangeheg by die voormelde skrywe blyk dit
dat verweerder erken dat hy op die stadium en datum
aan eiser
verskuldig was R167 000.00 soos blyk uit aanhangsels “VKB6”
en “VKB7” respektiewelik.
1.3 Die eiser
ontken derhalwe dat verweerder se skuld verjaar het op of voor
7
Maart 2005
toe eiser se dagvaarding op verweerder beteken is en stel eiser tot
die bewys daarvan.

Op
26
Augustus 2008
is
eiser se oorspronklike deklarasie gewysig deur die aflewering van
gewysigde bladsye (hierinlater na verwys as “
die
gewysigde deklarasie
”).
Die relevante wysiging vir doeleindes van die beregting van die
spesiale pleit, het die wysiging van paragraaf 3.1
van die
oorspronklike deklarasie behels om nou te lees:

Na
aanleiding van die voormelde kredietooreenkoms het eiser op
verweerder se spesiale mondelinge aandrang en versoek
kredietleweringsversekeringspremies
vir en namens die verweerder
betaal en tot en met
November
2000
goedere aan verweerder verkoop en gelewer en dienste aan verweerder
verskaf en beloop die bedrag deur verweerder aan eiser verskuldig

soos op
31
Januarie 2005
die bedrag van R206 489.11.”
Die
wese van hierdie wysiging is dus daarin geleë dat alwaar daar
in die enkelvoudige dagvaarding beweer is dat “
produksiemiddele

aan verweerder verkoop en gelewer is en ʼn soortgelyke bewering
ook in die oorspronklike deklarasie gemaak is, dit
nou gewysig is om
te beweer dat “
goedere

aan verweerder verkoop en gelewer is en “
dienste

aan verweerder verskaf is. Die enkelvoudige dagvaarding is nie ook
aldus gewysig nie. Die bewering ten opsigte van die
tydperk van die
verkope is ook gewysig, maar soos later hierin sal blyk is dit nie
`n aspek waarop verweerder steun vir doeleindes
van sy spesiale
pleit nie.
Na
aanleiding van die gewysigde deklarasie, het verweerder die
bewerings ten opsigte van die spesiale pleit van verjaring ook

gewysig en is die gewysigde bladsye van die gewysigde pleit
insgelyks op
26
Augustus 2008
geliasseer
(hierinlater na verwys as “
die
gewysigde spesiale pleit
”).
Dit lees nou as volg:

1. Die
verweerder pleit dat hy aankope by die eiser gedoen het op krediet
tot en met
2000
.
2. Die verweerder
se kredietfasiliteite is opgeskort deur die eiser nie later as
30
Junie 2000
en verweerder het geen verdere kredietaankope daarna gedoen nie.
3. Die eiser se
volle skulde het derhalwe opeisbaar en betaalbaar geword nie later as
31
Julie 2000
.
4. Die eiser se
dagvaarding is beteken op verweerder op
4
Maart 2005
en die eiser se wysiging van sy besonderhede van vordering word
aangebring op
26
Augustus 2008
.
Die eiser se wysiging voer ʼn nuwe skuldoorsaak in.
5. Daar het
gevolglik in terme van die bepalings van die Verjaringwet ʼn
periode van meer as drie (3) jaar verloop vanaf datum
waarop die
eiser se eis, soos gewysig, opeisbaar en betaalbaar geword het tot en
met datum van betekening van dagvaarding, alternatiewelik
aanbring
van die wysiging.”
Op
die
op
die eerste dag van die verhoor is ooreengekom dat die saak uitgestel
word na die volgende dag, die eiser om die verspilde koste

teweeggebring deur die uitstel te betaal.
DIE GETUIENIS:
By
die aanvang van die verhoor die volgende dag, is ek by ooreenkoms
tussen die partye versoek dat, soos ook reeds ooreengekom
was tydens
die Reël 37 samesprekings, die spesiale pleit van verjaring
afsonderlik bereg word, welke ek in terme van Hofreël
33(4)
inderdaad gelas het. Die partye was dit voorts eens dat die
verweerder die beginlas en die bewyslas dra met betrekking
tot die
beregting van die spesiale pleit en het mnr. Gilliland, namens
verweerder, verweerder as getuie geroep ten opsigte hiervan.
Voordat
die verweerder begin het om sy getuienis aan te bied, het mnr.
Gilliland aangedui dat die insidente waarop eiser steun
in sy
replikasie as synde insidente wat die aanvang van verjaring
uitgestel of verjaring gestuit het, soos reeds aangehaal in

paragraaf 4 hierbo, deur verweerder erken word, met die gevolg en
resultaat dat die partye dit eens is dat verjaring vir doeleindes

van die beregting van hierdie geding, ʼn aanvang geneem het op
25
Oktober 2003
.
ʼn
Bewysstukbundel van verweerder is ingehandig as bewysstuk “A”,
terwyl twee bewysstukbundels van eiser ingehandig
is as bewysstuk
“B1” en “B2” onderskeidelik. Ek is egter
daarop gewys dat die bewysstukbundels ook dokumentasie
bevat wat op
die meriete van die saak slaan en nie tersaaklik is vir doeleindes
van die beregting van die spesiale pleit nie
en dat ek slegs na die
relevante dokumentasie verwys sal word.
Die
verweerder het getuig dat hy op ʼn plaas in die distrik van
Vrede woonagtig is waar hy met beeste spekuleer. Hy het gedurende
1996
ʼn lid geword van die eiser by wyse van sy ondertekening op
11
Julie 1996
van die kredietooreenkoms wat aangeheg is tot die oorspronklike
sowel as die gewysigde deklarasie as aanhangsel “A”.

Voortspruitend hieruit het hy kredietfasiliteite by eiser verkry,
welke die rekening is wat die onderwerp van die onderhawige

verrigtinge vorm. Hy het kredietaankope op hierdie rekening gedoen,
die laaste waarvan gedurende
Junie
2000
was.
Dit het tot gevolg dat in terme van die kredietooreenkoms, sodanige
aankope betaalbaar sou wees teen
31
Julie 2000
.
Hy het bevestig dat dit die enigste rekening is wat hy by eiser
gehad het.
Die
eiser is gedurende sy getuienis verwys na ʼn rekonsiliasiestaat
soos dit voorkom op p. 91 tot 97 van die pleitstukke, welke

rekonsiliasiestaat aangeheg is tot die eiser se antwoorde op
verweerder se Reël 37(4) vraelys, waarin verweerder, onder
andere,
gevra het wat die kapitale bedrag was wat na bewering deur
verweerder aan eiser verskuldig is. Meer spesifiek is verweerder
tydens
sy getuienis in hoof na p. 92 verwys waarop die datum
31
Julie 2000
voorkom. Teenoor hierdie datum word verskillende bedrae in
verskillende kolomme gereflekteer. Onder die kolom “
Maand

het die bedrag van
R29.78
voorgekom. Verweerder het verduidelik dat aankope van los, klein
goedere onder “
Maand

voorkom. Onder die kolom “
Winter

het die bedrag van
R46
330.89
voorgekom en het verweerder verduidelik dat dit insetkoste of
produksiemiddele is wat aangekoop is met die oog op ʼn winter

oes. Onder die kolom “
Somer

het die bedrag van
R57
914.37
voorgekom, wat verweerder verduidelik het insgelyks die insetkoste
of produksiemiddele is wat aangekoop is met die oog op ʼn

someroes. Onder die kolom “
Totaal

het die bedrag van
R104
275.04
voorgekom, terwyl onder die kolom “
Ledefondse
”,
die bedrag van
R54
995.10
voorgekom het. Onder die kolom “
Rente

het ʼn nul-bedrag voorgekom. Die verweerder is gevra om ʼn
verduideliking te verskaf met betrekking tot die ledefondse,
welke ek
meen nie relevant is vir doeleindes van hierdie beslissing nie.
Verweerder is ook verwys na die skrywe van
24
Oktober 2003
,
soos dit voorkom op p. 50 van die pleitstukke, welke die skrywe is
waarna eiser in sy replikasie verwys het as synde die laaste
insident
wat die aanvang van verjaring uitgestel het of verjaring gestuit het.
Hierin het verweerder aan eiser meegedeel dat hy
fondse by
Standard
Bank
gaan bekom ten einde sy rekening by eiser se delg. Hy het ook
versoek dat sy ledefondse aangewend word ter gedeeltelike delging
van
sy skuld aan eiser.
Verweerder
is gedurende sy hoofgetuienis voorts verwys na die dokumente wat
voorkom op p. 38 tot 47 van bewysstuk “A”.
Dit is
sogenaamde inkomste en uitgawe opgawestatistiek van die eiser wat
aantoon wat die verweerder ten opsigte van ʼn bepaalde
finansiële
jaar by die eiser aangekoop het. Mnr. Gilliland het die verweerder na
die beskrywing van veelvuldige items verwys
wat daarop voorkom en aan
die verweerder gevra hoe hy daardie artikels sou klassifiseer of
beskryf. Ek is nie voornemens om item
vir item met hierdie
inskrywings te handel nie. Ek meen dit is voldoende om dit op te som
tot dien effekte dat aldus die verweerder
se getuienis, sommige van
daardie items deur hom as produksiemiddele beskou word, terwyl die
ander goedere wat beskryf is, nie
produksiemiddele is nie en bloot as
goedere geklassifiseer kan word. Voorts is daar ook sekere van die
items wat hy as dienste
beskryf of geklassifiseer het.
Mnr.
Gilliland
het daarop die verweerder verwys na p. 48 van bewysstuk “A”,
synde ʼn rekeningstaat van verweerder se rekening
gedateer
31
Mei 2000
.
Vanweë die feit dat die fotostatiese afdruk van hierdie
rekeningstaat wat in bewysstuk “A” voorkom, sekere
relevante
inligting ontbreek wat tydens die fotostatering daarvan
vanaf die oorspronklike “
afgesny

is, is die oorspronklike sodanige rekeningstaat ingehandig as
bewysstuk “C”. Volgens die verweerder is dit ʼn

rekeningstaat wat hy vanaf die eiser ontvang het met betrekking tot
sy kredietfasiliteite by die eiser. Dit blyk uit hierdie
rekeningstaat
dat daar sekere balanse ter aanvang oorgebring is, wat
onder vier afdelings verdeel is, synde ʼn “
Maandrekening
”,
ʼn “
Diereproduksierekening
”,
ʼn “
Someroesrekening”
en ʼn “
Winteroesrekening
”.
Die verweerder het getuig dat dit wat op die maandrekening voorkom,
is goedere wat gedurende die maand aangekoop is wat
nie onder die
ander drie afdelings resorteer nie. Wat betref die ander drie
afdelings, slaan dit op produksiemiddele wat ten opsigte
daarvan
aangekoop is. Na voormelde balanse verskyn daar ʼn item per item
beskrywing van artikels wat deur verweerder aangekoop
is gedurende
die maand
Mei
2000
.
Weereens sonder dat ek in detail met elke item te handel, het
verweerder verduidelik dat sekere van daardie aankope wel as
produksiemiddele
geklassifiseer kan word, maar die andere goedere,
wat ek vir doeleindes hiervan sou beskryf as kruideniersware, volgens
hom nie
produksiemiddele is nie en slegs as “
goedere

beskou moet word. Die verweerder het getuig dat hy soortgelyke
rekeningstate ontvang het vir elke maand gedurende die tydperk
wat hy
aankope by die eiser gedoen het.
In
aansluiting by laasgenoemde getuienis, het mnr. Gilliland die
verweerder weereens verwys na die rekonsiliasie van verweerder
se
rekening soos dit voorkom as aanhangsel tot eiser se antwoorde op
verweerder se Reël 37(4) vrae en meer spesifiek het
hy verwys na
p. 91 van die pleitstukke. Hierop verskyn faktuurnommers wat verwys
na aankope wat verweerder gedurende
Mei
2000
gedoen het, wat gevolglik dieselfde transaksies is as waarna op die
rekeningstaat, bewysstuk “C”, verwys is. Weereens
is
daardie aankope onder die verskillende kolomme van “
Maand
”,

Winter
”,

Somer

en “
Diere

geklassifiseer. Die verweerder is terselfdertyd verwys na die
aanmaningskrywe van eiser se prokureur van rekord gedateer
12
Maart 2001
,
gerig aan verweerder, soos dit voorkom in bewysstuk “B2”,
p. 281. Verweerder het bevestig dat hy daardie aanmaning
ontvang het,
die relevante gedeelte waarvan as volg lees:

Ons het opdrag om van u te eis,
soos ons hiermee doen, betaling van die bedrag van R114 603.44 ...
tesame met rente daarop bereken
teen 19,75% per jaar vanaf 1 Maart
2001 tot datum van betaling, welke rente bereken word ... ten opsigte
van goedere verkoop en
gelewer en/of dienste gelewer in verband
daarmee asook kredietlewensversekeringspremies deur ons kliënt
namens en ten behoewe
van u betaal.”
Volgens
sy getuienis kan “
goedere

slegs slaan op dit wat onder die “
Maand

opskrif op die rekonsiliasie en die rekeningstate voorkom, terwyl
produksiemiddele dit is wat onder die “
Winter

of “
Somer

of “
Diere

kolomme voorkom.
Die
verweerder het sy siening van produksiemiddele verduidelik. Hy het
eerstens daarop gewys dat indien ʼn persoon geregistreer
is vir
BTW, BTW nie op insetkoste betaal word nie. Hy het voorts as volg
getuig met betrekking tot sy siening van produksiemiddele:

Produksiemiddele
sien ek, ek is nou nie
ʼn
ekspert nie, maar ek sal sê dit is saad, kunsmis, brandstof,
onkruiddoders, goedere wat jy nodig het, produksiemiddele
wat jy
nodig het om ʼn oes te genereer sal ek sê. ... As jy ʼn
veeboer is ... is produksiemiddele ... jy moet jou
diere onderhou so
jy moet vir hulle lekke gee. Jy moet jou diere doseer jy moet dit
aanwend om by die, om ʼn produk te genereer
of dit nou vleis is
of kalwers is of jy moet jou beeste gesond hou om ʼn bul te kan
vat.”
Hy het
voorts verduidelik dat produksiemiddele van belasting afgetrek kan
word, terwyl die ander goedere wat hy by eiser aangekoop
het, synde
die goedere wat ek vroeër hierin as sogenaamde kruideniersware
beskryf
het, nie van belasting afgetrek kan word nie.
Gedurende
kruisverhoor het
mnr.
De Wet die verweerder weereens verwys na die rekonsiliasie wat
aangeheg is tot eiser se antwoord op verweerder se Reël
37(4)
vrae, in besonder soos dit voorkom op p. 96 van die pleitstukke,
waar dit aangetoon is dat op
31
Januarie 2005
die totaal van verweerder se verskuldigheid aan eiser die bedrag van
R206
489.11
beloop het. Verweerder het bevestig dat dit dieselfde bedrag is as
waarvoor hy gedagvaar is, soos blyk uit die enkelvoudige
dagvaarding
op p. 4 van die pleitstukke, alwaar dit, soos reeds uitgewys, beweer
is dat dit ten opsigte van produksiemiddele
en
kredietlewensversekeringspremies is.
Verwee
rder
is voorts deur mnr. De Wet verwys na die aanmaningskrywe, waarna
reeds in sy getuienis in hoof verwys is, gedateer
12
Maart 2001
,
en waarin die bedrag van
R114
603.44
,
tesame met rente daarop vanaf
1
Maart 2001
,
gevorder is. Hierdie bedrag het die verweerder dan voorts bevestig is
in ooreenstemming met die rekonsiliasie soos dit voorkom
op p. 92 van
die pleitstukke, waar dit aangetoon is dat die totale verskuldigheid
op
28
Februarie 2001
die bedrag van
R114
603.44
beloop het.
Daarop
is die volgende vrae en antwoorde tussen mnr. De Wet en die
verweerder verwissel:

Nou sal u
met my saamstem dat dit voorkom dat ons deurgaans met hierdie selfde
verskuldigde bedrag van u te make het, toe die aanmaning
gestuur is
op 12 Maart 2001 vir R114 603.44, was dit die saldo wat u geskuld het
volgens VKB en toe u later gedagvaar is, toe was
dit die saldo wat op
daardie datum verskuldig was op dieselfde rekening plus nou verdere
rentes en so meer wat bygekom het? ...
As ʼn mens na die state
kyk, is hierdie state reflekteer my rekening by VKB.
Ja, dit bly maar
een en dieselfde ding, maar
u
sien nou ... of in die dagvaarding is daar een keer produksiemiddele
genoem en dan is hy genoem goedere verkoop en gelewer, is
dit so, dit
is wat jou saak eintlik sal uitkom ... Ja.
Maar ons het maar
met dieselfde ding te make, hoe sê hulle `n roos ruik dieselfde
dit maak nie saak wat se naam jy hom noem
nie, is dit nie so nie?
... Ja, dit moet seker so wees.
Ja, nou kyk u sal
tog seker ook saamstem, u sê nou u is nie ʼn ekspert nie,
maar u sal tog seker met my saamstem dat produksiemiddele
is ook maar
goedere. ... Nee, daar stem ek nie 100% saam nie.
Is diesel nie goedere nie? Wat is
hulle? Wat is kunsmis? Wat is saad en so meer? ...
Produksiemiddele.
Dit is nie ook nie
goedere nie? ... Ek sal sê dit is miskien landbougoedere.”
(
sic)
Mnr.
De Wet
het daarop die verweerder verwys na die erkenning deur verweerder
van die bewerings wat deur eiser in sy replikasie uiteengesit
is met
betrekking tot die gebeure wat die aanvang van verjaring uitgestel
of verjaring gestuit het. Daarop het mnr. De Wet verweerder
op
gedetaileerde wyse deur elk van hierdie insidente geneem en ook
verwys na dokumentasie wat in die bewysstukbundels voorkom
wat
hierdie bewerings, wat in ieder geval deur verweerder erken word,
staaf. Ek is nie voornemens om met die detail van hierdie

kruisverhoor te handel nie. Die relevansie daarvan het egter uit
hierdie kruisverhoor geblyk, synde dat verweerder aan mnr. De
Wet
bevestig het dat hy op geen stadium sy verskuldigheid aan eiser
betwis het en/of die aard en omvang van daardie verskuldigheid

betwis het nie.
Ten
tyde van herondervraging is verweerder weereens verwys na die
rekonsiliasie soos dit voorkom op p. 92 van die pleitstukke,
met
betrekking tot die totale verskuldigde bedrag op 31 Julie 2000, wat
daar gereflekteer word as
R104
275.04
,
welke bedrag, soos dit op hierdie rekonsiliasie gereflekteer word,
rente ingesluit het wat voor daardie datum gedebiteer is.
Verder
het verweerder ook bevestig dat die totale verskuldigde bedrag wat
gereflekteer word ten opsigte van
31
Januarie 2005
,
soos dit voorkom op p. 96 van die pleitstukke, en wat aangetoon word
as
R206
489.11
,
ook reeds rente insluit wat voor daardie datum daarteen gedebiteer
is. Teenoor die datum van
31
Januarie 2005
word aangedui dat die totale rentebedrag op daardie datum
R95
495.09
beloop het.
Dit
het verweerder se getuienis ten opsigte van die spesiale pleit
voltooi. Daarop het mnr. De Wet, namens eiser, aangedui dat
eiser
nie voornemens is om enige getuienis ten opsigte van die beregting
van die spesiale pleit aan te bied nie.
REGSBEGINSELS:
Ooreenkomstig
die bepalings van die Verjaringswet, Wet 68 van 1969, is die
tersaaklike verjaringstermyn hierin ter sprake drie
jaar.
Hoewel
die vordering in hierdie geval reeds op ʼn vroeër datum
opeisbaar en betaalbaar geword het, is die partye dit
eens dat hier
in terme van Artikel 14 van die Verjaringswet stuiting van verjaring
plaasgevind het as gevolg van die feite en
omstandighede gepleit in
die eiser se replikasie en dat verjaring in hierdie geval dus geag
moet word ʼn aanvang te geneem
het op
25
Oktober 2003
.
Artikel 15(1) van die Verjaringswet bepaal as volg met betrekking
tot geregtelike stuiting van skuldverjaring:

Behoudens die bepalings van
sub-artikel (2), word die loop van verjaring gestuit deur die
betekening aan die skuldenaar van ʼn
prosesstuk waarin die
skuldeiser betaling van die skuld vorder.”
[18] Dit
is belangrik om daarop te let, soos tereg deur mnr. De Wet uitgewys,
dat die term wat gebruik word die woord “
skuld

is, wat in die Engelse weergawe van die Verjaringswet as “
debt

beskryf word.
Die
vraag wat dus hier beslis moet word is of die betekening van die
enkelvoudige dagvaarding verjaring gestuit het met betrekking
tot
dit wat gevorder word in die gewysigde deklarasie. Dit blyk dat die
antwoord tot hierdie vraag gevind moet gevind word deur
te beslis of
dit wat in die gewysigde deklarasie gevorder word, bestaanbaar en
versoenbaar is met of dieselfde of wesenlik dieselfde
is as dit wat
in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is.
Mnr.
Gilliland
het tereg daarop gewys dat die beginsel soos, onder andere, verwoord
in
GRINDROD
(PTY) LTD V SEAMAN
1998(2) SA 347 (C), waar dit met verwysing na die beslissing op 351
E tot F as volg opgesom word, hierin toepassing vind:

... where an amendment into a
summons introduces a new right of action, the summons will not have
interrupted prescription in respect
of that right of action.”
H
ierdie
dictum het gevolg het op ʼn onderskeiding tussen “
right
of action

en “
cause
of action

en `n daaropvolgende keuse van “
right
of action”
.
In
navolging van voormelde, was beide mnre. De Wet en Gilliland dit
eens dat die werklike toets is of dit wat in die gewysigde

deklarasie gevorder word, dieselfde of wesenlik dieselfde “
skuld

is as wat in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is. In die
verband het mnr. Gilliland op die beslissing in
ASSOCIATED
PAINT AND CHEMICAL INDUSTRIES (PTY) LTD t/a ALBESTRA PAINT AND
LACQUERS v SMIT
2000(2) SA 789 (SCA) gesteun waar daar as volg op 794 C beslis is:

As a general rule a plaintiff
is not precluded by prescription from amending his claim, provided
the debt which is claimed in the
amendment is the same or
substantially the same debt as originally claimed,
and
provided of course that prescription of the debt originally claimed
has been duly interrupted
.”
(Eie beklemtoning, die relevansie waarvan hieronder aangedui sal
word.)
Een
van die redes waarom
mnr.
Gilliland op hierdie beslissing gesteun het, is dat hy klem gelê
het op die passasie wat voorkom op 796 E tot F:
“…
service of a
declaration cannot interrupt prescription in terms of s 15(1) of the
1969 Act for the simple reason that the declaration
is not a
“process” as described in s 15(6) of the 1969 Act. …
the declaration … is therefore of no consequence
in the
absence of a proper amendment of the summons.”
Mnr.
Gilliland
het hierop gesteun, aangesien in die onderhawige geval ook slegs die
deklarasie gewysig is, maar nie die enkelvoudige dagvaarding
nie.
Die
feite in daardie geval is egter na my mening onderskeibaar van die
onderhawige. Met verwysing na die feite in daardie geval,
het die hof
as volg op 796 B tot C beslis:

In the present case a summons
was served on the defendant whereby the plaintiff claimed payment of
the debt. It subsequently transpired
that the plaintiff was not the
defendant’s creditor. In an affidavit in support of the
plaintiff’s application for
the amendment his Germiston
attorney conceded that the wrong company had been cited as the
plaintiff in the summons and that the
defendant at no time concluded
any contract or had any dealings with the plaintiff. It is common
cause therefore that a debtor-creditor
relationship between the
defendant and the plaintiff never existed. Consequently the summons
did not constitute the process whereby
the
creditor
claimed payment of
debt. The running of prescription in respect of the debt was
accordingly not interrupted by service of the
summons on the
defendant.”
In die
onderhawige geval is die partye dit eens dat die enkelvoudige
dagvaarding wel die skuld wat
daarin
gevorder word, verjaring gestuit het. Die enigste vraag is dus of die
skuld wat in die gewysigde deklarasie gevorder word, dieselfde
of
substansieel dieselfde skuld is as wat in die enkelvoudige
dagvaarding gevorder word.
Die
gewysde waarop
mnr.
De Wet gesteun het ter ondersteuning van sy argument dat daar na die
skuld as sulks gekyk moet word en nie soseer na die
skuldoorsaak
nie, se feite is na my mening meer in ooreenstemming met die
onderhawige feite (mnr. Gilliland het wel ook na hierdie
beslissing
verwys vir doeleindes van die algemene beginsels daarvan). Dit is
die uitspraak in
STANDARD
BANK OF SOUTH AFRICA LTD v ONEANATE INVESTMENTS (PTY) LTD (IN
LIQUIDATION)
1998(1) SA 811 (SCA). Die beslissing moet saamgelees word met die
gerapporteerde beslissing van die Hof
a
quo
,
welke deur die Hoogste Hof van Appèl omvergewerp is. Die
beslissing in die Hof
a
quo
is gerapporteer as
STANDARD
BANK OF SOUTH AFRICA LTD v ONEANATE INVESTMENTS (PTY) LTD
1995(4) SA 510 (CPD). Dit blyk dat in daardie geval ʼn
enkelvoudige dagvaarding uitgereik is waar onder andere gevorder
is

payment
of the sum of R1 011 010.65, being the amount due and payable to
plaintiff by defendant in respect of monies lent and
advanced to the
defendant at its special instance and request
...
”.
Nadat verdediging aangeteken is, is daar aanvanklik ʼn
deklarasie geliasseer waarin gesteun is op ʼn mondelinge

ooreenkoms gesluit op
5
Februarie 1988

in
terms whereof plaintiff undertook to lend and advance and amount of
R1 200 000.00 to defendant as the short term bridging finance
loan
by way of an overdraft at plaintiff’s branch
...
”.
Daarna is kennis van ʼn voorgenome wysiging van die deklarasie
gegee in terme waarvan twee verdere bedrae geld op
9
Februarie 1988
en
10
Februarie 1988
onderskeidelik na bewering aan verweerder geleen en voorgeskiet is.
Met ʼn nog verdere wysiging is daar beweer dat nie net
die
aanvanklike bedrag van
R1
200 000-00
aan die verweerder geleen en voorgeskiet is nie, maar ook drie
verdere bedrae op
25
Januarie 1989
,
29
Maart 1990
en
26
April 1990
.
Die Hof
a
quo
het daarop op 556 B tot C van die uitspraak in die Hof
a
quo
as volg bevind:

In the result I find that, upon
a proper construction of the summons as qualified by the original
declaration delivered on 30 April
1991, plaintiff claimed repayment
of the debt arising out of the loan agreement for R1 200 000.00
concluded on 5 February 1988.
The further loans which were debited
on 25 January 1989, 29 March 1990 and 26 April 1990 are each separate
debts repayable on
demand. Prescription commenced to run in respect
of each of these debts from the date of the respective advance. The
running
of the prescription was not interrupted in respect of these
debts by the service of any process …”
Op
appèl is laasgenoemde bevinding egter omvergewerp en is daar
onder andere as volg op 825 F en verder in die uitspraak
op appél
beslis:

A simple summons stands on its
own feet. … There can be now doubt that the simple summons in
this instant matter sets out
a “cause of action”. This
“cause of action” is based upon a claim for the amount
due and payable by the
defendant to the plaintiff in respect of
monies lent and advanced to the defendant by way of overdraft at the
former’s special
instance and request. This is sufficient
particularity to enable the defendant to be aware of what was being
claimed from it and
is sufficiently clear to have enabled a court to
have decided whether to have granted judgment on it.
In any event and as pointed out by
Eksteen JA in Sentrachem Ltd v Prinsloo 1997(2) SA 1 (A) at 15 H to
16 B, it is not even necessary
for the purposes of interrupting
prescription that a summons, in terms of which a creditor seeks to
obtain payment of a debt, sets
out a ‘cause of action’.
Even a summons which does not set out a ‘cause of action’
can nevertheless serve
to interrupt prescription of the debt claimed.
The only qualification is that the summons must not be so defective
that it amounts
to a nullity.
At the heart of the finding of the
Court
a quo
in regard to the question of prescription was the view that it took
that the amendment envisaged to the plaintiff’s declaration
in
June 1993 introduced a ‘cause of action’ or ‘causes
of action’ not set out or at least foreshadowed
or embraced, in
the simple summons served in November 1990 read with the original
declaration.
Coleman J pointed out in Mazibuko v
Singer 1979(3) SA 258 (W) at 265 D to G that the expression ‘cause
of action’ can
be misleading. It is a technical term relating
to pleading, and in that sense it carries a connotation which is
inapposite when
one is looking to see whether or not the running of
prescription has been interrupted. His following remarks are also
particularly
apposite when considering the question of interruption
of prescription:
‘That the test in relation to
an interruption of prescription cannot be based on an identity
between the cause of action
(in the narrow sense) which was
previously relied on by the plaintiff and the cause of action which
he now seeks to rely upon,
is perhaps best illustrated by the cases
in which it was held that the summons may interrupt the running of
prescription even
if it discloses no cause of action …
The effect of those cases, as I
understand them, was that in deciding whether prescription was
interrupted, in relation to a
particular claim, by prior process
served during the prescriptive period, one looks to see whether in
the earlier process the
same
claim
was preferred, not whether the same cause of action (or any cause
of action) was made out in the earlier process. As pointed
out in
one of the cases, it is inaction, not legal ineptitude, which the
Prescription Act is designed to penalise.’

The real question which
arises is whether the subsequent pleading is inconsistent with the
claimed proffered in the initiating summons.
In the instant case I
can see no inconsistency between what is averred in the plaintiff’s
amended declaration of June 1993
and what is averred in its simple
summons. The plaintiff’s declaration as finally amended
indicate that the plaintiff was
seeking to enforce the same debt
referred to in its simple summons or a debt which is cognisable in
the simple summons.
The
amendment merely clarified or added details which do not appear in
the simple summons
.”
(Own emphasis.)
Daar
is dan ook op 8
27
B tot C met goedkeuring verwys na die volgende opmerkings in
EVINS
v SHIELD INSURANCE COMPANY LTD
1980(2) SA 814 (AD) op 836 D tot E:

Where the plaintiff seeks by
way of amendment to augment his claim for damages, he will be
precluded from doing so by prescription
if a new claim is based upon
a new cause of action and the relevant prescriptive period has run,
but not if it was part and parcel
of the original cause of action and
merely represents a fresh quantification of the original claim or the
addition of a further
item of damages.”
Ek
meen, hoewel ek nie spesifiek daarna verwys is nie, dat die
uitspraak in
WAVECREST
SEA ENTERPRISES (PTY) LTD v ELLIOT
1995(4) SA 596 (SE) ook in oorweging geneem moet word vir doeleindes
van die onderhawige uitspraak. In daardie geval het die
eiser op
10
April 1992
dagvaarding uitgereik om ʼn skuld te vorder wat na bewering
ontstaan het uit ʼn ooreenkoms gesluit in
1989
tussen die eiser en die verweerder. Die besonderhede van vordering
is daarop gewysig tot dien effekte dat die ooreenkoms inderdaad

gesluit is tussen die verweerder en ʼn derde party, welke derde
party daaropvolgend sy regte sedeer het aan die eiser. Aanvanklik

is die wysiging as sulks teengestaan op die basis dat die verweerder
dan ontneem sal word van sy reg om verjaring te pleit.
Die Hof het
egter die wysiging toegestaan op die basis dat die weiering daarvan
die eiser die reg kan ontneem om op die stuiting
van verjaring staat
te maak. In ʼn spesiale pleit wat daarop gevolg het, het die
verweerder beweer dat die eiser se gewysigde
besonderhede van
vordering ʼn nuwe skuldoorsaak daarstel wat verjaar het.
Gevolglik moes die Hof slegs beslis of die betekening
van die
dagvaarding verjaring gestuit het met betrekking tot die gewysigde
besonderhede van vordering. Die Hof het as volg op
600 H tot 601 B
en 602 C tot D beslis:

The fact that there are
differences between the facta probanda necessary to prove the
original cause of action and those necessary
to prove the amended
claim does not invariably lead to the conclusion that the original
summons did not interrupt prescription.
The question is whether the
right that is sought to be enforced and the relief claimed in the
amended claim is the same or substantially
the same as the right of
action and the relief in the original claim. … In Imprefred
(Pty) Ltd v National Transport Commission
1990(3) SA 324 (T), Botha J
said the following at 329 C to D:
‘It can depend on the
circumstances of a particular case whether a cause of action has
been sufficiently delineated in
the original summons so as to be a
bar to a possible plea of prescription when an amendment is sought …
Where a party has consistently relied
on a particular claim but has set it out imperfectly, an attempt to
clarify it properly
will not be regarded as the introduction of a
new of action.’

In Neon & Cold Cathode
Illuminations (Pty) Ltd v Ephron 1978(1) SA 463 (A) Trollip JA
pointed out that in deciding whether prescription
was interrupted by
legal process the action must be one to enforce either the same right
which would otherwise be rendered unenforceable
by lapse of time or,
he emphasised, substantially the same right.
He
added that the substance rather than the form of the previous action
must be considered in determining whether or not it interrupted

prescription.

I have carefully reconsidered
this matter in the light of the arguments before me by both counsel.
I have difficulty in accepting
a submission by the defendant’s
counsel that a debt, which is allegedly owing to the plaintiff in
terms of the amendment
is a different debt from that claimed in the
original particulars of claim. The debt that the plaintiff now seeks
to enforce arises
out of a contract entered into between ISA and the
defendant due to the latter’s failure to perform. The debt is
allegedly
owed to the plaintiff as cessionary from ISA. The fact
that in the original particulars of claim it was alleged that the
plaintiff
was owed the debt because it was a party to the contract
does not affect the nature of the debt, which is the same, or
substantially
the same, as that originally claimed.”
Ten
laaste het
mnr.
De Wet baie sterk gesteun op die uitspraak in
CGU
INSURANCE LTD v RUMDEL CONSTRUCTION (PTY) LTD
2004(2) SA 622 (SCA). In daardie geval het die eiser dagvaarding
uitgereik teen die verweerder vir die betaling van sekere bedrae

geld vir verlies wat veroorsaak is deur stormskade wat plaasgevind
het gedurende
13
Maart tot 15 Maart 1996
en
22
Februarie tot 26 Februarie 1997
onderskeidelik. Daar is beweer dat die bedrae opeisbaar en
betaalbaar is in terme van ʼn enkele versekeringskontrak, welke

kontrak aangeheg is tot die besonderhede van vordering. Daarop is
kennis gegee van ʼn voorneme om te wysig, in terme van
welke
wysiging beweer is dat die kontrak waarna reeds verwys is in die
aanvanklike besonderhede van vordering, die basis is van
die
aanspreeklikheid vir die skade opgedoen gedurende
Februarie
1997
,
maar dat daar ʼn ander verdere kontrak is wat die basis is van
die aanspreeklikheid vir die skade opgedoen gedurende
1996
.
Hierdie wysiging is toegestaan en is dit waarteen geappelleer is.
Die volgende dictum en bevindings verskyn op 627 B en verder:

The defendant’s argument
is that by introducing a new contract, the plaintiff has introduced a
new cause of action. But it
does not follow that by curing a
defective cause of action by introducing the contract upon which it
really relies, the plaintiff’s
summons necessarily claims a
different debt. Indeed, it is settled law that a summons which sets
out an excipiable cause of action
can interrupt the running of
prescription provided that the debt is cognisable in the summons and
is identifiable as substantially
the same debt as the debt in the
subsequent amendment. … For this reason ‘debt’ in
the context of Section 15(1)
must be a ‘wide and general
meaning’. It does not have the technical meaning given to the
phrase ‘cause of action’
when used in the context of
pleadings. …
I accept that the amendment introduces
a new insurance contract as a basis for the claim for the loss which
occurred in March 1996.
But an objective comparison between the
original particulars of claim and the particulars of claim as amended
leaves me no doubt
that although part of the cause of action is now a
different contract, the debt is the same debt in the broad sense of
the meaning
of that word. … I can find no grounds for
concluding in this case that a change in the contract relied upon
means that
a different debt was claimed.”
TOEPASSING VAN
VOORMELDE BEGINSELS OP DIE ONDERHAWIGE FEITE:
Dit
is inderdaad so, soos ook in argument deur
mnr.
Gilliland geopper, in besonder na aanleiding van ʼn opmerking
deur myself tot daardie effek, dat “
produksiemiddele
”,
synde die term wat gebruik is in die enkelvoudige dagvaarding, ʼn
nouer of enger begrip is as die term “
goedere

verkoop en gelewer en “
dienste

verskaf. Hoewel dit uit voormelde uitspraak op appél in
STANDARD
BANK OF SOUTH AFRICA v ONEANATE INVESTMENTS (IN LIQUIDATION)
,
supra
,
op 824 J tot 825 A blyk dat die enkelvoudige dagvaarding nie met die
oorspronklike deklarasie gelees kan word om die skuld te

identifiseer nie, meen ek dat dit nie beteken dat die
totaliteit
van die gewysigde deklarasie, in teenstelling met bloot die gedeelte
wat gewysig is as sulks, nie saamgelees kan word met die

enkelvoudige dagvaarding vir doeleindes van die identifisering van
die skuld nie. Indien dit gedoen word, blyk dit uit paragraaf
2 van
die gewysigde deklarasie dat ʼn kredietverleningsooreenkoms
tussen eiser en verweerder gesluit is met sekere terme,
soos
uiteengesit in aanhangsel “A” tot die gewysigde
deklarasie. Verdermeer is dit in paragraaf 2.1 van die gewysigde

deklarasie beweer dat die kredietooreenkoms kredietfasiliteite aan
die verweerder toegestaan het ten einde hom in staat te stel
om

aankope
van goedere of dienste by of deur bemiddeling van die eiser te
maak
”.
Daaropvolgend word in paragraaf 3.1 van die gewysigde deklarasie dan
beweer dat “
goedere
aan verweerder verkoop en gelewer en dienste aan verweerder verskaf”
is. As daardie bewerings dan vergelyk word met die bewerings in die
enkelvoudige dagvaarding dat “
produksiemiddele
deur eiser aan verweerder verkoop en gelewer (is) op die verweerder
se spesiale aandrang en versoek

meen ek dat dit duidelik blyk dat dit steeds dieselfde of wesenlik
dieselfde skuld is waarna eiser in sy deklarasie verwys.
Die term

produksiemiddele

is bloot ʼn foutiewe beskrywing van dit wat deur eiser aan
verweerder gelewer is en waarvoor verweerder ʼn sekere
bedrag
geld aan eiser verskuldig is. Daardie gebrekkige of foutiewe
beskrywing van dit wat gelewer is, word derhalwe nou bloot

reggestel. Dit is soortgelyk aan wat beskryf is in
SENTRACHEM
LTD v PRINSLOO
1997(2) SA 1 (A) op 15 J tot 16 B waar as volg beslis is:

Die eintlike
toets is om te bepaal of die eiser nog steeds dieselfde, of wesenlik
dieselfde skuld probeer afdwing. Die skuld
of
vorderingsreg moet minstens uit die oorspronklike dagvaarding kenbaar
wees, sodat ʼn daaropvolgende wysiging eintlik sou
neerkom op die
opklaring van ʼn gebrekkige of onvolkome pleitstuk waarin die
vorderingsreg, waarop daar deurgaans gesteun is,
uiteengesit word.”
Reeds
op die basis van voormelde interpretasie, is ek van mening dat die
skuld w
at
in die gewysigde deklarasie gevorder word, vereenselwigbaar is met
die skuld wat in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is.
Addisioneel
tot voormelde, en wat in die onderhawige geval anders is dan in die
aangehaalde gesag, is dat die verweerder in die
onderhawige geval
verkies het om getuienis aan te bied ter ondersteuning van sy pleit
van verjaring. Aan die een kant kan ek
verstaan dat verweerder
hierdie keuse uitgeoefen het, omdat hy duidelik gepoog het om by
wyse van sy getuienis aan te toon dat
wat sy rekening by die eiser
voortspruitend uit die krediet-ooreenkoms betref, daar ʼn
duidelike onderskeid is tussen produksiemiddele
en ander goedere. Sy
getuienis het egter, na my oordeel, ook ʼn verdere resultaat.
Dít is dat dit duidelik uit sy
getuienis blyk, in besonder
ook uit die kruisverhoor, dat die skuld wat in die enkelvoudige
dagvaarding gevorder is, ongeag die
feit dat dit foutief beskryf is,
nie net wesenlik dieselfde skuld is as wat in die gewysigde
deklarasie gevorder word nie, maar
daadwerklik dieselfde skuld is.
Ek meen dat daar geen beletsel is dat ek die getuienis vir
doeleindes van die beregting van
die pleit van verjaring in
aanmerking kan neem nie, aangesien die blote feit dat verweerder
verkies het om getuienis aan te bied,
juis aanduidend daarvan is dat
hierdie getuienis in aanmerking gebring moet word. Hoewel die
regsbeginsels uiteraard ook toegepas
moet word by die vraag wat
hierin ter sprake is, is en bly die vraagstuk na my mening steeds ʼn
feitelike vraag wat met inagneming
van die getuienis bereg kan word.
(Sien
STANDARD
BANK OF SOUTH AFRICA LTD v ONEANATE INVESTMENTS (IN LIQUIDATION)
,
supra
,
op 824 B tot C.
D
ie
inagneming van die getuienis deur die verweerder aangebied, versterk
na my mening die bevinding waartoe ek in ieder geval reeds
met blote
inagneming van die tersaaklike pleitstukke as sulks, in paragraaf 26
hierbo geraak het.
Laastens
meen ek dit is volledigheidshalwe nodig om met enkele verdere
aspekte wat deur mnr. Gilliland ten tyde van argument geopper
is, te
handel.
Die
eerste hiervan is die vraag na wat die effek daarvan is dat die
deklarasie gewysig is, maar nie die enkelvoudige dagvaarding
nie. In
die onderhawige geval, anders as in die geval van
ASSOCIATED
PAINT AND CHEMICAL INDUSTRIES (PTY) LTD v SMIT
,
supra
,
waarna ek reeds in paragraaf 21 hierbo verwys het, is dit nie in
dispuut dat verjaring van die skuld wat in die enkelvoudige

dagvaarding gevorder is, by wyse van die betekening van die
enkelvoudige dagvaarding ten opsigte van daardie skuld gestuit is

nie. Alwaar ek nou reeds bevind het dat die skuld wat in die
gewysigde deklarasie gevorder word, in wese dieselfde skuld is
as
wat in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is, het die feit dat
die enkelvoudige dagvaarding nie gewysig is nie, na my mening
geen
konsekwensies op die eiser se vordering nie – die enkelvoudige
dagvaarding het steeds verjaring van die skuld gestuit.
Dit
is van meet af aan, en heeltemal korrek so, deur mnr. Gilliland
toegegee dat die vordering ten opsigte van
kredietlewensversekeringspremies
nie kon verjaar het nie, gegewe dat
dit juis pertinent reeds in die enkelvoudige dagvaarding gevorder
is. Gevolglik meen ek dat
dit nie nodig is om my verder hieromtrent
uit te laat nie. Dit sal weer aandag geniet tydens die verhoor op
die meriete van eiser
se vordering.
M
nr.
Gilliland het aan die hand gedoen het dat ek attent moet wees daarop
dat alle ander goedere, uitgesluit produksiemiddele aangesien
dit in
die enkelvoudige dagvaarding gevorder is, opeisbaar en betaalbaar
geraak het aan die einde van die maand opvolgend in
die maand waarin
dit op krediet aan die verweerder verkoop en gelewer is en dat dit
tot gevolg kan hê dat sekere van daardie
vorderings reeds
verjaar het. Ek is egter van oordeel dat gegewe die toegewing dat
die aanvang van verjaring uitgestel is tot
24 Oktober 2003 en
daaropvolgend gegewe my bevinding dat die skuld wat by wyse van die
gewysigde deklarasie gevorder word wesenlik
dieselfde skuld is as
wat in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is, hierdie punt nie
meer relevant is nie.
Wat
betref die wysiging van die datum waarbinne die aankope plaasgevind
het soos dit aanvanklik in die enkelvoudige dagvaarding
voorgekom
het teenoor hoe dit in die gewysigde deklarasie voorkom, het mnr.
Gilliland toegegee dat veral in die lig van die getuienis
van die
verweerder, dit geen rol kan speel in die beregting van die spesiale
pleit nie. Mnr. De Wet was dit ook eens en meen
ek dat die
toegewing deur mnr. Gilliland korrek gemaak is. Ek meen dat dit
gevolglik nie nodig is om verder hiermee te handel
nie.
Die
laaste aspek wat deur mnr. Gilliland geopper is, is die feit dat dit
duidelik uit die getuienis blyk dat die bedrag wat deur
eiser in
beide die enkelvoudige dagvaarding en die gewysigde deklarasie
gevorder word, ʼn substansiële komponent van
rente insluit.
Dit is deur mnr. Gilliland betoog dat nêrens in hetsy die
enkelvoudige dagvaarding of die gewysigde deklarasie
beweer is dat
die gevorderde bedrag tot op datum daarvan rente insluit nie en waar
dit nie as sodanig gevorder is nie, moet onteenseglik
aanvaar word
dat die beweerde skuld ten opsigte van rente (wat opgeloop het tot
en met die datum waarop die gevorderde bedrag
saamgestel is) verjaar
het.
Ek het
reeds bevind, ook na inagneming van die getuienis van verweerder, dat
die skuld wat in die gewysigde deklarasie gevorder
word, dieselfde
skuld is as wat in die enkelvoudige dagvaarding gevorder is. Dit het,
na my mening, na aanleiding van die getuienis
outomaties tot gevolg
dat dit die rente-komponent van die skuld insluit, wat tot gevolg het
dat ek nie kan bevind dat die rente-komponent
daarvan verjaar het
nie. Wat egter wel so is, is dat die omskrywing van die vordering
soos dit tans in die gewysigde deklarasie
lees, nie op
ondubbelsinnige wyse ʼn rente-komponent insluit nie. Dit moet
egter onmiddellik vermeld word dat die gewysigde
deklarasie wel ʼn
verwysing na die kredietverleningsooreenkoms insluit, en ʼn kopie
daarvan daartoe aangeheg is, welke
wel voorsiening maak vir die
vordering van die rente-komponent. Hierdie omstandighede het egter na
my mening tot gevolg dat ek
aan die een kant nie kan bevind dat die
rente-komponent van die skuld verjaar het nie, maar aan die ander
kant sal dit steeds die
verweerder vrystaan om wanneer getuienis
aangebied word met betrekking tot die aard, omvang en samestelling
van die gevorderde
skuld, beswaar te maak teen die aanbied van
getuienis met betrekking tot die rente-komponent daarvan. Dit kan ʼn
invloed hê
op die quantum van die eiser se vordering,
afhangende hoe die pleitstukke deur die Hof op daardie stadium
geïnterpreteer sou
word.
Bygevolg is ek van
oordeel dat die spesiale pleit van verjaring nie gehandhaaf kan word
nie.
Wat
die koste betref, is daar geen rede waarom die koste nie die uitslag
van die spesiale pleit moet volg nie.
Gevolglik word die
volgende bevel gemaak:
Die spesiale pleit
ten opsigte van verjaring word van die hand gewys, met koste.
_____
________
C. VAN ZYL, R
Namens
die
Eiser: Adv.
P.J.T. de Wet
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
die Verweerder: Adv. J.G. Gilliland
In opdrag van:
Schoeman
Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN