S v Lingeveld (116/84) [1984] ZASCA 108 (24 September 1984)

58 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Dolus eventualis — Appellant pleaded guilty to rape of a minor and was convicted of murder after the victim was strangled during the commission of the crime — Appellant argued absence of intent to kill and sought to establish mitigating circumstances — Court found that the appellant was aware that strangulation could lead to death, thus establishing dolus eventualis — Appeal dismissed as the court upheld the finding that mitigating circumstances were not proven and the death sentence was appropriate.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 108
|

|

S v Lingeveld (116/84) [1984] ZASCA 108 (24 September 1984)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die appèl van:
JAN LINGEVELD appellant
teen
DIE STAAT respondent
Coram
: Wessels ek Van
Heerden ARR, et Galgut Wn AR.
Datum van verhoor
: 21 Augustus 1984
Datum van uitspraak
: 24 September 1984.
UITSPRAAK
GALGUT
Wr AR.
Appellant, 'n 39-jarige Kleurlingman, na wie ek hierná verwys as die
beskuldigde, het in die Provinsiale Afdeling Kaap die
Goeie Hoop voor 'n regter
en twee assessore
2
tereggestaan op aanklagte van verkragting en moord. Die Staat se saak
was eerstens dat die beskuidigde op 29 Desember 1982 geslagsgemeenskap
met
Katrien Bruintjies, 'n Kleurling-dogter, gehad het terwyl sy onder die ouderdom
van toestemming te wete 10 jaar oud, was; tweedens,
dat hy gedurende of kort na
die verkragting die dogtertjie opsetlik doodgemaak het deur haar te verwurg
en/of te verdrink. Op die
eerste aanklag het hy skuldig gepleit. Hy is skuldig
bevind en is tot tien jaar gevangenisstraf gevonnis. Op die tweede aanklag het
hy aan strafbare manslag skuldig gepleit. Hy is aan moord skuldig bevind deurdat
hy, terwyl hy besig was om die meisie te verkrag,
haar keel toegedruk het, as
gevolg waarvan sy beswyk het. Die hof a
quo
het bevind dat die
beskuldigde nie bewys het dat daar versagtende omstandighede aanwesig was nie.
Ooreenkomstig die bevinding het
die geleerde regter a
quo
die doodvonnis
opgelê.
/ Die.
3
Die beskuldigde kom nou, met verlof van die regter a
quo
, in hoër
beroep teen die bevinding dat versagtende omstandighede nie bewys is nie en teen
die daaropvolgende doodvonnis.
Op 30 Desember 1982 het die beskuldigde 'n verklaring
voor 'n landdros afgele. Die relevante deel lees:
"Gistermiddag die 29ste Desember is ek en my vrou saam na my skoonma se huis
toe. Van my skoonma se huis af is ek na Hendrik Vy toe.
Toe ek daar by Hendrik
Vy sit, toe kom haal my vrou die donkiekar waarmee. ons ry en ry daarmee in die
pad af. Ek het toe agterna
geloop. Ek loop toe tot op Doringkloof, daar kry ek
'n meisie. Ek vat toe die meisie aan haar hand en loop met haar tot by 'n dam.
Daar by die dam het ek eenkeer met haar gemeenskap gehou. Ek was toe bang dat sy
sal praat toe vat ek haar en sit haar in die water
by die dam. Ek druk toe haar
kop onder die water en toe los ek haar daar in die water en toe gaan ek huis
toe. Dit is al."
Die distriksgeneesheer
het 'n lykskouing uitgevoer
op die liggaam van die oorledene. Dit blyk uit sy ge-
tuienis dat haar vagina geskeur was tot by die perineum;
dat daar kneusings was aan beide kante van die nek; dat
die oorsaak van dood verwurging was.
/ Al....
4
Al getuienis wat deur die Staat gelei is, is dié van die geneesheer,
die beskuldigde se verklaring en die polisiegetuienis
aangaande plekke uitgewys
deur die beskui-digde en waar die oorledene gevind is.
Die beskuldigde het getuienis afgelê. Hy het getuig dat nadat sy vrou
met die donkiekar weg is, en toe dit reeds donker was,
hy per pad huis toe
geloop het; dat hy langs die pad die oorledene, wat aan hom bekend was, ontmoet
het; dat hy toe (soos hy dit
gestel het) gemeenskap met haar langs die sloot
gedryf het (daar is digte gras en bome langs die sloot); dat, toe sy begin skree
het, hy haar keel met sy regterhand toegedruk het sodat sy nie hard kon skree
nie; dat hy slegs ongeveer vyf minute en nie die hele
tyd nie sy hand op haar
nek gehou het; dat hy haar keel gelos het voordat hy klaar gemeenskap met haar
gehad het; dat ná hy
klaar gemeenskap met haar gehad het, hy haar in die
sloot gegooi het sodat die mense haar nie moes sien nie; dat hy toe reeds geweet
het dat sy dood was
/ dat
5. dat hy nie bedoel het dat sy moes sterf nie. Hy het verder
bygevoeg dat hy nie geweet het hoe lank 'n mens iemand se keel moet
toedruk
voordat die dood intree nie. Onder kruisverhoor het die beskuldigde erken dat hy
ten tyde van die voorval geweet het dat
'n mens deur verwurging gedood kan word.
Alhoewel die beskuidigde deurgaans onder kruisverhoor verklaar het dat hy nie
daaraan gedink
het dat die oorledene sou sterf weens die drukking wat hy op haar
nek tcegepas het nie, het hy egter ook getuig dat hy waargeneem
het dat sy
swakker word nadat hy haar aan die nek begin wurg het. Op die pertinente vraag
wat hy daarvan gedink het, was sy antwoord
dat hy nie daaraan gedink het nie en
dat hy nie sy gedagtes laat gaan het oor die feit dat sy swakker begin word het
nie. Verder
het hy, in antwoord op die vraag waarom hy die oorledene nie gelos
het toe sy swakker geword het nie, gesê dat toe hy haar
gelos het sy reeds
stil gelê het.
Die hof a
quo
het tot die gevolgtrekking gekom dat
/ die
9
die beskuldigdé nie as 'n geloofwaardige getuie aanvaar kan word nie.
Die beskuldigde het dikwels tersaaklike vrae probeer
ontwyk, meermale lank
gedink voordat hy 'n vraag beantwoord het en ook teenstrydige antwoorde op
belangrike aspekte gegee. Die bevinding
van ongeloofwaardigheid i.s, tereg, nie
in hierdie Hof, aangeval nie. Dit is nie in hierdie hof betwis dat die
beskuldigde se optrede
deur haar aan baar keel te wurg die oorsaak van die
meisie se dood was nie. Die hof a
quo
moes die beskuldigde se
geestestoestand be-oordeel volgens sy relaas van die gebeure en het bevind dat
beskuldigde se eie gekuienis
die afleiding regverdig dat hy besef het dat sy
verwurging van die oorledene haar dood tot gevolg kon hê maar dat hy
nietemin
voortgegaan het daar-mee, ongeag die gevolge daarvan. Die hof a
quo
het verder bevind dat 'n persoon wat met hierdie wete volhou met
verwurging ten minste 'n opset by moontlikheidsbewussyn het. In
sy uitspraak het
die geleerde regter gesê:
/ "Ons
10
"Ons is nie tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat
beskul-digde in die stadium toe hy nog met haar gemeenskap gehad
het, haar dood
gewil het
nie
Ons is tevrede dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die beskuldigde
opset by moontlikheidsbewussyn gehad het en vind hom
skuldig aan moord soos
aangekla."
Soos alreeds gesê, die appél is gerig teen die bevinding dat
versagtende omstandighede nie bewys is nie en die daaropvolgende
doodvonnis. Die
advokaat het in hierdie hof, asook in die hof a
quo
, aan die hand gedoen
dat die volgende faktore 'n bevinding van versagtende omstandig-hede regverdig,
veral as die kumulatiewe effek
daarvan in ag geneem word:
(a)
dat direkte opset om te
dood afwesig was;
(b) dat gedurende die pleging van die verkragting, die beskuldigde onderhewig
moes gewees het aan emosionele en fisiese opwellings
wat met die seksuele daad
gepaard gegaan het;
/ (c)dat......
11
(c) dat die opwellings sy gemoedstoestand en gees-
tesvermoëns moes beinvloed het en daartoe gelei het dat hy groter druk op
die keel van die oorledene toegepas het en hierdie
druk ook langer volgehou het
as wat nodig was om haar stil te hou;
(d) dat die bogenoemde omstandighede noodwendig
daartoe moes gelei het dat
die moontlikheid van
dood ver verwyder was van die subjektiewe gedagbe
van
die beskuldigde.
Aangaande (b) en (c) hierbo
:
Dit mag wel wees dat beskuldigde se seksuele drifte tot 'n mate sy oordeel
beïnvloed het. Nietemin blyk dit uit die getuienis
dat hy in staat was om
te begryp dat daar moeilikheid kon kom as mense die oorledene se geskree sou
hoor. Hy het berekend opgetree
om dit te verhoed. Hy was besig om 'n
wederregtelike daad te pleeg en sy motief toe hy die oorledene se keel
toegedruk
/ het
12
het terwyl hy besig was om haar te verkrag, was om te voorkom dat mense hom
steur.
Aangaande (d) hierbo
: Beskuldigde het geweet dat 'n persoon kan sterf
van verwurging. Hy het nietemin vir vyf minute aangehou met die verwurging. Die
hof a
qu
o het. bevind dat beskuldigde se eie getuienis "die afleiding
regverdig dat hy besef het dat sy verwurging van die oor-ledene haar
dood tot
gevolg kon hê, maar nietemin (het hy) voortgegaan daarmee, ongeag die
gevolge daarvan". Dit volg uit wat hierbo gesê
is dat die betoë in
(b), (c) en (d) nie kan slaag nie.
Aangaande (a) hierbo
: Die moontlikheid van dood was nie ver verwyder
van die beskuldigde se gedagtes nie. Hy het bewus geword dat sy swakker word
maar
nietemin het hy aangehou met die verwurging. Dit is dus nie 'n geval waar
die bevinding van
dolus eventualis
kan dien as 'n versagtende
omstandigheid nie.
/ Die
13
Die hof a
quo
het die betoë in (a), (b), (c) en (d) oorweeg
en het besluit dat selfs die kumulatiewe effek daarvan nie 'n bevinding van
versagtende
omstandighede regverdig nie. Ek is nie oortuig dat die hof a
quo
gefouteer het nie.
Die appèl word van die hand gewys.
O
GALGUT.