About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 16
|
|
Dzanibe and Another v S (A96/2009) [2010] ZAFSHC 16 (11 February 2010)
VRYSTAAT
SE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Appélnommer :
A96/2009
In
die
appél
van:-
MXOLISI
DZANIBE
Eerste
Appellant
KHOMO
MOTLATSI
Tweede
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
HANCKE,
R
et
VAN ZYL, R
AANGEHOOR
OP:
8
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
HANCKE,
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
11
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
[1] Die
appellante is in ‘n landdroshof te Welkom skuldig
bevind aan aanklag 1, oortreding van artikel 143(3) van Wet 20 van
1967 (soos gewysig) besit van edelmetale en aanklag 2, diefstal.
Beide klagtes is saamgeneem vir doeleindes van vonnis en is hulle elk
3 (drie) jaar gevangenisstraf opgelê.
[2] Die
Staat het die getuienis van vier persone aangebied, waarvan drie van
hulle naamlik, Pienaar, Prinsloo en Labuschagne,
batebeskermingsbeamptes
by Free State Gold Excaliber Harmony goudmyn
was, terwyl mnr. Gouws die onmiddellike hoof van die appellante was.
Prinsloo het
getuig dat hy en Pienaar op 1 Junie 2007 om 20h00 aan
diens was en dat hulle ‘n roetinebesoek aan die nommer 1
goudaanleg
by Harmonie goudmyn gedoen het. Hulle het daarna in
verskillende rigtings beweeg waarna Prinsloo twee persone langs die
vervoerband
by ‘n sekere silo opgemerk het. Prinsloo was op
daardie stadium op ‘n hoër vlak as die twee persone en het
van
bo na onder na hulle gekyk. Hy het die eerste appellant van die
sykant waargeneem, terwyl die gesig van die tweede appellant na
hom
gedraai was. Dit blyk dat die area goed belig was en het die eerste
appellant ‘n veiligheidshoed in sy hand gehad met
‘n
swart-gryskleurige stof binne-in. Die hoed se oopkant was na bo
gedraai en het hy dit heen en weer beweeg. Langs hulle
het ‘n
stoel met ‘n blou bak op gestaan. Binne die bak was water
bevattende ‘n klein hoeveelheid goudkonsentraat.
Op die toneel
was ook ‘n tuinslang met lopende water asook fyngewasde
goudstof op die grond.
[3] Prinsloo
getuig dat gegewe sy 17 jaar ondervinding verbonde aan die
goudaanlegte, voormelde wyse van doen ‘n onwettige
manier is
waarop goudstof gewas en gealmalgameer word.
Hy getuig dat tweede appellant hom gesien het, waarna hulle
weggehardloop het. Hy het eerste appellant gevolg en vir Pienaar
geskree om hom voor te keer, wat hy gedoen het. Die appellant het ‘n
naam van ‘n persoon wat saam met hom sou wees
genoem, waarna
tweede appellant gevind is. Hulle is teruggeneem na die toneel
waarna Labuschagne gekontak is, wie op voormelde
goedere beslaggelê
en die vermoedelike goudstof in ‘n sak verseël het.
[4] Prinsloo
het verder getuig dat hy voldoende tyd gehad het vir observasie en
dat hy oortuig was van die identiteit van die persone
wat hy gesien
het, asook die persone wat gearresteer is. Hy het die korrektheid
van sekere foto’s bevestig. Pienaar bevestig
in breë
trekke die weergawe van Prinsloo. Pienaar getuig verder dat die
omstandighede wat die goud gewas is, soos aangedui
op die foto’s,
nie normale werksomstandighede vir die appellante was nie. Voormelde
gebeure word ook bevestig deur die getuienis
van Labuschagne.
[5] Die landdros het as
gemene saak bevind dat die persone wat Prinsloo na verwys het, besig
was met onwettige goudwassery in die
omgewing van nommer 5 silo, soos
uitgebeeld op die foto’s; dat die persone nie toegelaat was om
daardie goudstof te verwerk
of te mag besit of vir hulleself toe te
eien nie en dat die stof waarop beslaggelê was, wel onbewerkte
edelmetaal was en
dat die betrokkenes wel in die omgewing van die
toneel op die tersaaklike tyd en datum was.
[6] Die landdros het
bevind dat beide Prinsloo en Pienaar geloofwaardige getuies was; dat
hulle voldoende tyd vir observasie gehad
het en dat daar behoorlike
beligting op die toneel was.
[7] Mnr.
Pretorius, wat namens die verdediging volledige hoofde liasseer het,
het egter toegegee, na my mening korrek, dat hy nie
kan steun op
enige wanvoorligting aan die kant van die landdros ten opsigte van
aanklag 1, synde die besit van die gouddraende
stof nie. Ten opsigte
van aanklag 2, is dit egter sy betoog dat die appellante se optrede
nie as ‘n uitvoeringshandeling
getipeer kan word nie en dat die
gouddraende stof, na sy mening, steeds onder die effektiewe beheer
van Harmonie goudmyn was.
Gevolglik is diefstal, volgens hierdie
betoog, nie bo redelike twyfel bewys nie, maar hoogstens poging tot
diefstal.
[8] In
die saak van
S
v TAU
1996 (2) SASV 97 (T) verklaar Stafford R op 102 h – j die
volgende:
“
By die
selfbedieningswinkel-gevalle bestaan daar dan altyd die risiko dat 'n
voornemende dief wat 'n artikel byvoorbeeld onder sy
klere sou
versteek, met die handeling sal wegkom en so die versteekte item
suksesvol sou kon steel. In hierdie verband stem ek
saam met Snyman
(
op
cit
op 503) waar hy die volgende sê:
' . . . Na my mening word egter slegs
poging tot diefstal gepleeg as X betrap is binne-in 'n winkel of
besigheid waar die veiligheidsmaatreëls
so waterdig is dat dit
prakties gesproke onmoontlik is vir X om die winkel te verlaat sonder
dat hy uitgevang word, want in so
'n geval behou die eienaar nog
deurgaans beheer oor alles wat in die winkel is, al het X die item
tydelike in sy broeksak gesteek.
. . . '
[9] In
die saak van
S
v JOSEPHUS
1991 (2) SASV 347 (K) verklaar Rose-Innes R die volgende te 348 f –
g:
“
In the decided cases a
distinction is drawn between acts of preparation, which do not amount
to an attempt to commit an offence,
and acts of execution or
consummation of the offence, which do constitute an attempt.”
Sien ook C.R. Snyman,
Strafreg
,
4de Uitgawe, p. 492 en verder.
[10]
In
die lig van die feite van die huidige saak is ek van mening dat
alhoewel die voltooide misdaad van diefstal nie bo redelike twyfel
bewys is nie, daar voldoende uitvoerende optrede was om poging daar
te stel. Wat die tweede appellant betref, alhoewel hy nie
formeel
voor die hof is nie, is ek van mening dat dit in belang van
geregtigheid is dat hierdie hof gebruik maak van sy
hersieningsbevoegdheid
om die skuldigbevinding reg te stel.
[11] Wat
vonnis betref, is dit so dat ‘n termyn van 3 (drie) jaar
gevangenisstraf ‘n swaar vonnis is. Inaggenome die
feit dat
die appellant 46 jaar oud was, getroud is met sewe kinders, dat hy
geruime tyd geskors was hangende die uitslag van die
saak en dat die
myn nie skade gely het deurdat die goudstof teruggevind is. Die
appellant is ook ‘n eerste oortreder.
Daar is egter verskeie
verswarende faktore naamlik die aard en erns van die misdrywe, die
algemene voorkoms daarvan, die feit dat
hulle van hulle werkgewers
gesteel het en dat die misdryf uit gierigheid gepleeg is. Verder is
die waarde daarvan meer as R60
000,00 en het die appellante ook geen
berou getoon deur te volhard in hulle onskuld. Insgelyks is ek nie
oortuig dat die landdros
enige wanvoorligting begaan het of dat die
vonnis skokkend of treffend onvanpas is nie.
[12] Bygevolg slaag die
appèl slegs tot die mate dat die skuldigbevinding ten opsigte
van aanklag 2 aan diefstal gewysig
word na poging tot diefstal.
Origens word die verrigtinge bekragtig.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
_____________
C. VAN ZYL, R
Namens die
appellant: Mnr. K. Pretorius
In opdrag van:
Regssentrum
BLOEMFONTEIN
Namens die
respondent: Adv. M. Strauss
In opdrag van:
Direkteur van
Openbare Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp