Docmania Six BK h/a DLB Cleaning and Gardening Services v Segabokeng JV Poloko Trading 514 Gesamentlike Onderneming and Anders (336/2010) [2010] ZAFSHC 14 (5 February 2010)

55 Reportability
Commercial Law

Brief Summary

Execution — Urgent application for preservation of funds — Applicant sought to secure R700,000 held in a bank account pending final adjudication of a dispute regarding payments related to a construction contract — Respondents, including a joint venture and a bank, opposed the application — Court granted interim relief, prohibiting the bank from disbursing funds and preventing the respondents from withdrawing from the account, pending the resolution of the underlying action — Urgency justified the ex parte nature of the application, and the court emphasized the need for prompt judicial intervention to protect the applicant's interests.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 14
|

|

Docmania Six BK h/a DLB Cleaning and Gardening Services v Segabokeng JV Poloko Trading 514 Gesamentlike Onderneming and Anders (336/2010) [2010] ZAFSHC 14 (5 February 2010)

VRYSTAAT HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Aansoeknommer
:
336/2010
In die aansoek tussen:-
DOCMANIA SIX BK h/a
DLB CLEANING
AND
GARDENING SERVICES
Applikant
en
SEGABOKENG
JV POLOKO TRADING 541
GESAMENTLIKE
ONDERNEMING
Eerste
Respondent
SEGABOKENG
KONSTRUKSIE
Tweede
Respondent
POLOKO
TRADING 541 BK
Derde
Respondent
ABSA
BANK BEPERK
Vierde
Respondent
_____________________________________________________
CORAM
:
VAN
ZYL, R
_____________________________________________________
AANGEH
OOR
OP:
28
JANUARIE 2010
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
29
JANUARIE 2010; 5 FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
Hierdie
is
die
heroorweging van ʼn bevel verleen deur my kollega,
Cillié,
R
op
22
Januarie 2010
,
welke bevel op ʼn dringende en
ex
parte
basis verleen is. Die heroorweging geskied op versoek van Derde
Respondent ooreenkomstig ʼn kennisgewing in terme van Hofreël

6(12)(c). Hierdie kennisgewing is op
25
Januarie 2010
geliasseer en is daarin versoek dat die heroorweging geskied op
Donderdag,
28
Januarie 2010
en vermeld die kennisgewing voorts as volg:

Neem kennis
dat Derde Respondent sal toesien dat die volledige hoflêer in
saaknommer
1789/2009
(verwys na in paragraaf 190 van die Applikant se hoofaansoek) voor
die Hof geplaas word.
Neem kennis dat
Derde Respondent sal versoek dat na heroorweging die bevele wat
uitgereik is deur
Cillié,
R
herroep en/of tersyde gestel word en die Applikant gelas word om die
koste van hierdie aansoek om heroorweging te betaal op kosteskaal

soos deur die Hof goed gevind.
Duidelikheidshalwe
word vermeld dat die heroorweging as `n bestrede dringende aansoek
voor my gedien het
op
Donderdagmiddag, 28 Januarie 2010, synde gedurende `n tydperk wat ek
die Regter aan diens was en dus alle dringende aangeleenthede
moes
hanteer. Vanweë die dringendheid van hierdie aangeleentheid,
was ek van mening dat ongeag wat die bevel gaan wees,
dit so gou as
moontlik gegee moes word en het ek gevolglik die bevel hierin op
Vrydag, 29 Januarie 2010, verleen. Vanweë
die aard en inhoud
van die bevel, was ek egter van oordeel dat dit noodsaaklik en
doelmatig is dat die redes vir die bevel in
`n volledige en formeel
getikte uitspraak vervat moet word. Gegewe die tydsbeperkings was ek
egter nie instaat om hierdie uitspraak
gereed te hê op die
stadium wat ek die bevel verleen het nie. Ek het dus aangedui dat
die redes vir die bevel (dus hierdie
uitspraak) voorberei sal word
en beskikbaar gestel sal word aan die partye, die voorbereiding en
finalisering waarvan my ongelukkig
langer geneem het as wat voorsien
is, maar word dit hiermee op 5 Februarie 2010 beskikbaar gestel.
Voormelde
bevel van
Cillié,
R
is verleen nadat Applikant by wyse van ʼn dringende aansoek die
Hof op Vrydag,
22
Januarie 2010
om
11h00
genader het met die doel om sekere geldelike fondse in bewaring te
hou hangende die finale beregting van ʼn aksie tussen
die
tersaaklike partye wat reeds ingestel is onder saaknommer
1763/2009
.
Die regshulp wat gevorder is, was as volg in die Kennisgewing van
Mosie uiteengesit:

1. Dat ʼn
bevel nisi uitger
eik
word wat die Respondente oproep om redes aan te voer, indien enige,
op Donderdag 11 Maart 2010 om 09h30 waarom die volgende
bevele nie
verleen sal word nie:
1.1 Dat die
aangeleentheid as ʼn dringende aansoek aangehoor word en dat die
Applikant se nie-nakoming van die hofreëls
met betrekking tot
tydperk, betekening en proses, verskoon word;
1.2 Dat die Vierde
Respondent gemagtig en gelas word om die bedrag van R700 000.00 (of
soda
nige
ander bedrag) wat deur die Vrystaatse Provinsiale Regering inbetaal
is of inbetaal staan te word as gedeelte van die kontraksprys
vir die
oprigting van die Ithapeleng Sekondêre Skool te Wesselsbron
onder Tender-nommer WRT(T)39/2007 en Kontraknommer D108/13/2,
in ʼn
sekere bankrekening in die naam van
Poloko
Trading 541 BK
(die Derde Respondent), gehou deur die
Absa
Bank Beperk
(die Vierde Respondent) by sy Brandwag Tak te Brandwag Sentrum, hoek
van Nelson Mandelarylaan en Donald Murraylaan, Bloemfontein
onder
rekeningnommer 916 965 5278, sonder verwyl oor te betaal na die
trustrekening van die Applikant se prokureurs van rekord,
gehou te
Nedbank in die naam van Honey Prokureurs onder rekeningnommer 102 475
874 takverwysing 110 234 en lêerverwysing
i16889/NJGD om in
trust op ʼn rentedraende rekening gehou te word hangende die
finale beregting en afhandeling van ʼn aksie
onder saaknommer
1763/2009 wat deur Applikant in bogemelde Hof teen die Eerste, Tweede
en Derde Respondente ingestel is;
1.3 Dat die Eerste,
Tweede en Derde Res
pondente
of die se werknemers verbied word om enige onttrekkings uit die Derde
Respondent se gemelde bankrekening te maak hangende
die uitvoering
van die bevel soos bedoel in bede 1.2 hierbo;
1.4 Dat die koste
van hierdie aansoek koste in die hoofgeding onder saaknommer
1763/2009
sal wees; buiten in die geval van onsuksesvolle opponering, in welke
geval elke Respondent wat die aansoek opponeer, aanspreeklik
gehou
sal word vir die koste van hierdie aansoek, gesamentlik en
afsonderlik met elke ander Respondent wat die aansoek mag teenstaan;
1.5 Dat sodanige verdere en
alternatiewe regshulp aan die Applikant verleen word as wat die Hof
billik mag ag.
2. Dat die bevele
in bedes 1.2 en 1.3 hierbo sal dien as tussentydse regshulp met
onmiddellike effek en regskrag hangende die finale
beregting van
hierdie aansoek en van die finale beregting en afhandeling van die
aksie onder saaknommer 1763/2009;
3. Dat verlof
verleen word aan die Balju van hierdie Hof om die bestaan en inhoud
van hierdie bevele aan die Vierde Respondent bekend
te maak by wyse
van telefoniese oproepe en faksversendings.

Nadat
die aansoek inderdaad op
ex
parte
en dringende basis voor my kollega,
Cillié,
R
gedien het, is die gevorderde regshulp in wese toegestaan, hoewel
bedes 1.2 en 1.3 in gewysigde terme deur die Hof toegestaan
is, en
wel as volg:

1.2 Dat die
Vierde Respondent verbied word om die bedrag van R700 000.00 (of
sodanige ander bedrag) wat deur die Vrystaatse Provinsiale
Regering
inbetaal is of inbetaal staan te word as gedeelte van die
kontraksprys vir die oprigting van die Iphateleng Sekondêre

Skool te Wesselsbron onder Tender-nommer BRT(T)39/2007 en
Kontraknommer D108/13/2, in ʼn sekere bankrekening in die naam
van
Poloko Trading 541 BK (die Derde Respondent) gehou deur Absa Bank
Beperk (die Vierde Respondent) by sy Brandwag Tak te Brandwag

Sentrum, hoek van Nelson Mandelarylaan en Donald Murraylaan,
Bloemfontein onder rekeningnommer 916 965 5278, uit te betaal aan

enige iemand of instansie hangende die finale beregting en
afhandeling van ʼn aksie onder saaknommer 1763/2009 wat deur
Applikant
in bogemelde Hof teen die Eerste, Tweede en Derde
Respondent ingestel is.
1.3 Dat die Eerste,
Tweede en Derde Respondente of die se werknemers verbied word om
enige onttrekkings uit die Derde Respondent
se gemelde bankrekening
te maak hangende die finalisering van voormelde aksie.”
Voorts
het die Hof
mero
motu
ook die volgende by die hofbevel ingesluit:

4. Die
Balju
word gelas om die Respondente te wys op hul reg tot vervroeging van
die keerdatum met 24 uur kennisgewing.”
FEITE VERVAT IN DIE
AANSOEK:
Die
feite agterliggend tot die loods van die aansoek en wat die basis
van die gevorderde regshulp vorm, is op uiters volledige
wyse in die
funderende verklaring
van
58 bladsye uiteengesit, tesame met aanhangsels daartoe, die totale
stukke waarvan 189 bladsye beslaan. Vir doeleindes van
hierdie
uitspraak meen ek dat dit nie nodig is om in soveel detail met
hierdie feite te handel nie en gaan ek dus slegs opsommenderwys

daarna verwys.
Eerste
Respondent is ʼn gesamentlike onderneming waarvan die Tweede en
Derde Respondente die deelnemende vennote is en wat
handeldryf as
boukontrakteurs. Gedurende of omtrent
Junie
2007
het
Eerste Respondent (en derhalwe Tweede Respondent en Derde Respondent
ook) ʼn tender bekom vir die oprigting van ʼn
sekondêre
skool, Iphateleng, te Wesselsbron, die kontraksprys waarvan
R10
295 366.28
beloop en deur die Departement van Openbare Werke, Paaie en Vervoer
van die Vrystaatse Provinsiale Regering (hierinlater van
verwys as
“die Departement van Openbare Werke”) in opdrag van die
Departement van Onderwys van die Vrystaatse Provinsiale
Regering
(hierinlater na verwys as die “Departement van Onderwys”),
aan Eerste Respondent toegeken is. Gedurende
Junie
2007
is mnr.
Booysen
,
synde die Hoof Uitvoerende Beampte van Applikant en ook die deponent
tot die funderende beëdigde verklaring (alle verwysings
hierin
na mnr.
Booysen
moet
dus gelees word as synde handelende namens applikant), genader deur,
onder andere, mnr.
Mokone
van Derde Respondent met ʼn versoek dat die Applikant
R600
000.00
aan die Respondente leen ten einde hulle in staat te stel om die
projek te voltooi, in ruil waarvoor die geld aan die Applikant

terugbetaal sou word en die Applikant ʼn verdere
50%
winsdeling ten aansien van die netto wins op die projek behaal, sou
ontvang. Applikant het wel ʼn aanvanklike bedrag van
R50
000.00
beskikbaar gestel en eventueel ook by die projek betrokke geraak.
Mnr.
Booysen
het gevolglik ook begin om terreinvergaderings by te woon as
gemagtigde verteenwoordiger van die Applikant. Volgens Mnr.
Booysen
was
sy reëling met mnr.
Mokone
dat
Mokone
namens
Derde Respondent die Applikant sou betaal soos en wanneer hy
(
Mokone
)
namens Derde Respondent trekkings ontvang vanaf die Departement van
Openbare Werke, ten einde die Applikant te vergoed vir die
uitgawes
wat die Applikant aangegaan het vir voltooiing van die projek.
Eventueel het Applikant opgetree as subkontrakteur van
die
Respondente uit hoofde van ʼn mondelinge reëling en
ooreenkoms gesluit tussen applikant, die Respondente, die

Departement van Onderwys en die Departement van Openbare Werke.
Vanweë mnr.
Booysen
se bywoning van die terreinvergaderings kon hy bepaal welke bedrae
reeds uitbetaal is aan Respondente, in besonder aan Derde

Respondent, en kontroleer dat Applikant daaruit vergoed word vir
Applikant se direkte uitgawes. Applikant het van tyd tot tyd
geld
beskikbaar gestel en het die uitgawes wat deur Applikant aangegaan
is, eventueel die aanvanklik ooreengekome bedrag van
R600
000.00
oorskry. Daar is wel van tyd tot tyd deur Derde Respondent aan
Applikant betalings gemaak as vergoeding vir die direkte uitgawes

wat deur Applikant aangegaan is vir doeleindes van die projek, en
wel as volg:
9 Oktober 2007 R
450 000.00
19 November
2007 R 500 000.00
12 November
2007 R 200 000.00
14 November
2007 R 150 000.00
11 Februarie
2008 R 200 000.00
TOTAAL R1 500 000.00
Mettertyd
het dit egter volgens mnr.
Booysen
duidelik
geword dat daar onreëlmatighede was met die oorbetaling van die
geld deur Derde Respondent aan Applikant, aangesien
heelwat minder
aan Applikant betaal is as die bedrae wat deur Derde Respondent vanaf
die Departement van Openbare Werke ontvang
is. Volgens mnr.
Booysen
was dit vir hom duidelik dat van hierdie geld of toegeëien of
wanaangewend word. Mnr.
Booysen
het mnr.
Mokone
daaromtrent gekonfronteer en versoek dat hy die betalingsertifikate
wou sien, waarop mnr.
Mokone
gesê het dat hy nie die sertifikate gehou het nie.
Dit
het daartoe gelei dat `n dispuut tussen Applikant en Respondente, in
besonder Derde Respondent, ontstaan het met betrekking
tot die
oorbetaling van geld deur Derde Respondent aan Applikant. ʼn
Volledige uiteensetting van die stappe wat deur mnr.
Booysen
geneem
is ten einde applikant se belange in die verband te beskerm, is deur
mnr.
Booysen
in
die funderende verklaring uiteengesit. Dit het onder andere behels
dat mnr.
Booysen
ʼn
dispuut verklaar het op
20
Februarie 2008
en
`n skriftelike afskrif daarvan voorgelê het aan die argitek,
mnr.
Mazibuko
,
wie opgetree het namens die Departement van Openbare Werke. Mnr.
Booysen
het ook met mnr.
Mokone
,
die argitek (mnr.
Mazibuko
)
en die bourekenaar (me.
Delport
)
`n vergadering belê. Verdere vergaderings het ook gevolg,
onder andere ook met mnr.
Phentela
,
namens Derde Respondent.
Volgens
mnr.
Booysen
was
daar teen ongeveer
Maart
2008
steeds ʼn bedrag van ongeveer
R1,3
miljoen
aan Applikant verskuldig nadat Applikant reeds bovermelde
R1,5
miljoen
ontvang het.
Tydens
ʼn verdere vergadering gehou op
28
Maart 2008
het mnr.
Mazibuko
die houding ingeneem dat die projek eers voltooi moes word, waarna
daar ʼn “sessie-sertifikaat” aan Applikant uitgereik

sou word vir direkte betaling deur die Departement van Onderwys en
die Departement van Openbare Werke. Volgens mnr.
Booysen
het Respondente tot op daardie stadium nog geen bydrae hoegenaamd tot
die konstruksie- of oprigtingsproses gelewer nie. Mnr.
Mokone
het die houding ingeneem dat hy alle geld wat hy vanaf die
staatsdepartemente ontvang het oorbetaal het aan Applikant, wat
volgens
mnr.
Booysen
nie waar was nie. Aangesien mnr.
Booysen
egter die versekering gehad het dat die Applikant direk deur die
staatsdepartemente vergoed sou word vir uitgawes in verband met
die
bouprojek, het Applikant voortgegaan met die voltooiing daarvan. Tot
op daardie stadium het die Respondente egter geweier,
versuim of in
gebreke gebly om enige fakture of betalingsertifikate aan mnr.
Booysen
te voorsien vir doeleindes van ʼn berekening van daardie bedrae
wat aan die Applikant verskuldig is, asook vir doeleindes van
die
berekening van die netto wins ten aansien waarvan die Applikant op
50%
geregtig is. Mnr.
Booysen
het egter die versekering gehad by monde van mnr.
Mazibuko
dat geen verdere uitbetalings aan Respondente gemaak sou word
alvorens daar presies bepaal is welke bedrae geld aan Applikant
verskuldig is en daardie bedrae uitbetaal is nie.
Tydens
ʼn vergadering op
13
Junie 2008
het dit egter geblyk dat daar ʼn vergadering, waarvan mnr.
Booysen
nie kennis gedra het nie, plaasgevind het tussen mnr.
Mazibuko
en mnr.
Mokone
op
7
Junie 2008
waartydens ooreengekom is dat ʼn gedeelte van die retensiegelde
aan die Respondente uitbetaal sou word ten einde die Respondente
te
help met kontantvloei, welke ooreenkoms strydig was met die
ooreenkoms wat tussen Applikant, mnr.
Mazibuko
en mnr.
Mokone
bereik is. Mnr.
Booysen
het op
4
Augustus 2008
namens Applikant skriftelik hierteen beswaar gemaak by mnr.
Mazibuko
,
maar dit het tot geen oplossing gelei nie.
Hieropvolgend
het mnr.
Booysen
besluit
om direk te korrespondeer met ʼn direkteur van die Departement
van Openbare Werke, te wete mnr.
Bernie
Kayter
.
Hierdie stap is gevolg deur veelvuldige korrespondensie,
telefoonoproepe en gesprekke tussen mnr.
Booysen
,
die Applikant se prokureur van eerste instansie en verteenwoordigers
van die Departement van Onderwys en die Departement van Openbare

Werke onderskeidelik. Hierdie verskillende vorme en stadiums van
kommunikasie en onderhandelings is op uiters volledige wyse in

ongeveer 20 bladsye van die funderende verklaring uiteengesit.
Tydens hierdie onderhandelings het dit onder andere geblyk dat
die
restant van die fondse wat die uitstaande balans van die kontraksprys
verteenwoordig, vanaf die Departement van Openbare Werke
oorgedra is
na die Departement van Onderwys. Dit het ook eventueel op
18
Maart 2009
geblyk
dat die Departement van Onderwys bereid was om hulle samewerking te
verskaf aan Applikant met die uitbetaling van bedrae
wat nog aan
Applikant verskuldig mag wees, maar ook aangedui dat die departement
nie enige direkte betaling aan Applikant kan doen
of betaling van
Respondente kan weerhou sonder ʼn hofbevel nie. Die Departement
van Onderwys het wel onderneem dat geen verdere
uitbetalings met
betrekking tot die projek aan die Respondente gedoen sal word tot en
met
15
April 2009
nie. Hierdie onderneming is bevestig deur ʼn skrywe van
Applikant se prokureur van eerste instansie, gedateer
24
Maart 2009
.
Applikant
het derhalwe op of omtrent
7
April 2009
ʼn aksie teen Respondente ingestel onder saaknommer
1763/2009
vir die verhaal van sy kostes, uitgawes, arbeid en winsdeling met
betrekking tot die projek en die lewering van sekere rekeningstate
en
ander dokumentasie vir doeleindes van die debattering van sodanige
rekeningstate. In die besonderhede van vordering en ook
in die
funderende verklaring is beweer dat die bedrag van
R8
643 778.81
reeds ten aansien van die projek uitbetaal is, wat ʼn balans laat
van
R1
615 587.47
,
ten opsigte waarvan Applikant geregtig is op die betaling van
R1
124 606.54
.
ʼn Afskrif van die dagvaarding is aangeheg tot die funderende
verklaring, waaruit dit blyk dat die Departement van Onderwys
en die
Departement van Openbare Werke ook as verweerders daarin gesiteer is.
[7]
Na aanleiding van voormelde feite en omstandighede, is dit deur
mnr.
Booysen
beweer
dat Applikant en sy prokureur van eerste instansie dus alles moontlik
gedoen het om die probleem op te los deur onderhandelinge,
maar nie
daarin kon slaag nie. Daar word dan as volg in paragrawe 189 en 190
van die funderende verklaring beweer:

189. Ons
uiterste en laaste remedie was om die Agbare Hof te na
der
vir ʼn bevel wat ʼn verbod op die Departement van Onderwys
plaas op die uitbetaling van enige verdere gedeelte van die

kontrakprys, tot na afhandeling van die aksie om Lewering en
Debattering van Rekeninge en die daaropvolgende betaling van alle

verskuldigde bedrae aan die Applikant.
190. Sodanige
aansoek is deur die Applikant gebring onder nommer
1789/2009
in die bogemelde Hof, maar is dit van die rol verwyder en nie
toegestaan nie op die basis dat daar ʼn gebrek aan dringendheid

was weens die lang tydsverloop wat die onderhandelinge tussen die
partye beslaggeneem het.”
[8]
Direk
na voormelde word beweer dat Applikant se prokureur van eerste
instansie op
19
Januarie 2010
verneem het dat die Departement van Onderwys voornemens is om ʼn
betaling van ongeveer
R700
000.00
aan Respondente uit te betaal direk in ʼn bankrekening van
Derde Respondent, synde die bankrekening wat ook in die
Kennisgewing
van Mosie vermeld word. Dit is dan voorts beweer dat
op Donderdag,
21
Januarie 2010,
mnr.
Booysen
verneem
het dat die gelde op Vrydag,
22
Januarie 2010
,
uitbetaal gaan word. Na aanleiding van hierdie bewerings is beweer
dat die aangeleentheid uiters dringend is, aangesien Applikant

oortuig is dat Derde Respondent onmiddellik die geld sal onttrek met
die spesifieke doel om die geld vir eie doeleindes aan te
wend met
die uitdruklike oogmerk om die Applikant se hangende regsgeding van
enige effek en regskrag te ontneem en voldoening
aan enige vonnis
onmoontlik te maak.
Verdermeer
is bewerings met betrekking tot Applikant se
prima
facie
reg, die redelike vrees vir nadeel en die oorwig van gerief gemaak,
na aanleiding waarvan dan gesmeek is vir ʼn bevel ooreenkomstig

die Kennisgewing van Mosie.
BASIS
VAN DIE REËL 6(12)(c)
HEROORWEGING:
[9]
Die
Reël 6(12)(c) kennisgewing van Derde Respondent het nie ʼn
beëdigde verklaring daartoe bevat nie. Dit is deur
mnr.
Reinders, namens Derde Respondent, betoog en aan die hand gedoen dat
dit nie ʼn vereiste is dat sodanige kennisgewing
vergesel moet
gaan van ʼn beëdigde verklaring nie.
[10] Soos
blyk uit die betoogshoofde geliasseer namens Derde Respondent en
soos ook herhaal tydens mondelinge argument in die
Hof, berus die
aansoek vir heroorweging eerstens daarop dat daar op ʼn
applikant in
ex
parte
aansoeke `n plig rus om alle relevante feite, insluitende die wat
tot sy nadeel is, aan die Hof te openbaar. Aldus mnr. Reinders
se
betoog het Applikant dit nie in die onderhawige geval gedoen nie,
deurdat Applikant se bewering in paragraaf 190 van die funderende

verklaring dat die aansoek onder saaknommer
1789/2009
van die rol verwyder is, nie korrek is nie, misleidend is en ʼn
ontkenning is van die volledige feite soos blyk uit die volledige

hoflêer onder aansoeknommer
1789/2009
.
Volgens sy betoog is die volledige en korrekte feite, waarmee ek
aanstons sal handel, geensins aan die Hof openbaar nie. In
besonder
is dit nie openbaar dat daardie aansoek “heringestel” is
en steeds hangende is en deur, onder andere, Derde
Respondent
geopponeer word nie. Volgens mnr. Reinders is dit feite wat
Cillié,
R
kon beïnvloed het by sy oorweging van die vraag of die aansoek
toegestaan moet word, aldan nie, en ook of dit enigsins
ex
parte
aangehoor moes word, aldan nie. Aldus mnr. Reinders se betoog sou
dit waarskynlik ʼn invloed gehad het op
Cillié,
R
se oorweging van die dringendheid van die aansoek, in besonder die
vraag of die dringendheid wat mag bestaan, nie deur Applikant
self
geskep is nie. Dit is ook betoog dat indien
Cillié,
R
bewus was dat daar ʼn soortgelyke aansoek hangende is wat deur,
onder andere, Derde Respondent opponeer word,
Cillié,
R
waarskynlik nie die bevel
ex
parte
sou verleen het nie. Verdermeer kon die vraagstuk met betrekking
tot
lis
pendens
ook ʼn invloed op
Cillié,
R
se beregting van die aansoek gehad het. Gevolglik het mnr.
Reinders betoog dat vanweë Applikant se versuim om sy
openbaarmakingsplig
jeens die Hof na te kom, daar bestraffend teen
die Applikant opgetree moet word deurdat die bevel verleen op
22
Januarie 2010
tersyde gestel moet word.
BASIS VAN DIE
OPPONERING VAN DIE HEROORWEGING:
[11]
Mnr.
Ploos van Amstel, namens Applikant, het in sy aanvullende
betoogshoofde en ook in sy mondelinge betoog in die Hof aan die
hand
gedoen dat daar ʼn onderskeid getref moet word tussen Reël
6(12)(c) verrigtinge en die vervroeging van ʼn keerdatum

ooreenkomstig die bepalings van Reël 6(8). Volgens sy betoog
kan daar in die onderhawige verrigtinge waar daar slegs gesteun
word
op die bykomstige hofstukke onder aansoeknommer
1789/2009
en
daar nie ʼn beëdigde verklaring namens Derde Respondent
geliasseer is waarop Applikant die geleentheid het om te
antwoord
nie, nie gesteun word op die beweerde nie-nakoming van die
Applikant se openbaarmakingsplig nie. Gevolglik, aldus sy
betoog,
is Derde Respondent nie geregtig op ʼn “strafprosedure”
teen die Applikant nie.
[11] Mnr.
Ploos van Amstel het voorts daarop gewys dat Applikant wel na
aansoeknommer
1789/2009
in sy funderende beëdigde verklaring verwys het en dat dit
bloot ʼn oorsig was om nie te vermeld dat nadat die
oorspronklike
aansoek onder aansoeknommer
1789/2009
van die rol verwyder is, daar ’n gewysigde Kennisgewing van
Mosie geliasseer is en die aansoek steeds hangende is nie.

Addisioneel hiertoe het mnr. Ploos van Amstel betoog dat daardie
aansoek en die bestaan daarvan in ieder geval akademies geword
het,
aangesien daar in daardie aansoek ʼn bevel gevra word om die
Departement van Onderwys te verbied om die kontraksprys
aan die
huidige Respondente uit te betaal en niks te make het met ʼn
bankrekening by
Absa
Bank
nie, terwyl in die onderhawige aansoek die geld nou reeds deur die
Departement van Onderwys inbetaal is in die tersaaklike bankrekening

by Absa Bank.
[12] Verdermeer
het mnr. Ploos van Amstel betoog dat selfs indien daardie aansoek,
tesame met die opponerende verklaring daartoe,
voor die Hof geplaas
sou gewees het,
Cillié,
R
steeds dieselfde bevel sou verleen het op
22
Januarie 2010
.
In die verband het hy ook aan die hand gedoen dat Respondente se
weergawe in ieder geval wel voor
Cillié,
R
gedien het ten tyde van die aansoek op
22
Januarie 2010,
deurdat Respondente se verweerskrif in die aksie onder saaknommer
1763/2009
waaruit
Respondente se weergawe en verweer blyk, aangeheg was tot die
funderende verklaring. Derhalwe het mnr. Ploos van Amstel
betoog dat
Cillié,
R
dus wel van alle relevante en wesenlike feite, wat insluit die
verweer van Derde Respondent, kennis gedra het toe hy die bevel
op
22
Januarie 2010
uitgereik het.
[13] Mnr.
Ploos van Amstel het ook betoog dat aansoeknommer
1789/2009
nie tussen dieselfde partye is nie en die aangevraagde regshulp nie
dieselfde is nie en daar derhalwe nie sprake kan wees van
lis
pendens
nie.
TERSAAKLIKE
REGSBEGINSELS:
A: Prosedurele
vereistes:
[14]
Die
Engelse weergawe van Reël 6(12)(c) lees as volg:

A person against whom an order
was granted in his absence in an urgent application may by notice set
down the matter for reconsideration
of the order.”
Dit is
dus duidelik dat in die onderhawige geval die bevel van
Cillié,
R
verleen is onder omstandighede wat dit binne die kader van Reël
6(12)(c) bring, deurdat dit op ʼn dringende basis verleen
is en
ook in die afwesigheid van die Respondente, in besonder dan in die
afwesigheid van Derde Respondent.
[15] Wat
die prosedurele vereistes van Reël 6(12)(c) betref, blyk dit na
my mening duidelik uit die bewoording van die artikel
dat dit nie ʼn
vereiste is dat ʼn beëdigde verklaring ter ondersteuning
daarvan by sodanige kennisgewing aangeheg
hoef te word nie. Hierdie
siening word ook as volg verwoord in
Erasmus
Superior Court
PractiCe
,
Farlam
et al
,
op p. B1-56B:

This subrule does not provide
for the words ‘supported by such affidavits as the case may
require’ as in Rule 6(11)
and has been held to mean that the
subrule does not require that the notice referred therein should be
accompanied by affidavits.
This subrule merely provides a method for
setting the matter down for reconsideration of the order ...”
[16]
Dit
is inderdaad so dat daar in sekere regspraak beslis is dat dit
verkieslik is dat ʼn beëdigde verklaring geliasseer
moet
word. In die verband is dit as volg verwoord in
ISDN
Solutions
(Pty) Ltd v CSDN Solutions CC and
Others
1996(4)
SA 484 (W)
op 487 D:

Something need be said about
the procedure. Although no hard and fast rule need be laid down, it
seems desirable that the parties
seeking to invoke the Rule ought in
an affidavit to detail the form of reconsideration required and the
circumstances upon which
it is based.”
Soos
deur mnr. Ploos van Amstel in sy betoog aan my voorgehou, is hierdie
benadering ook ondersteun in
Oosthuizen
v Mijs
2009(6)
SA 266 (W)
op 269 I:

I am of the view that a court
that reconsiders any order should do so with the benefit not only of
argument on behalf of the party
absent during the granting of the
original order but also with the benefit of the facts contained in
affidavits filed in the matter.”
[17]
Dit
is egter duidelik uit voormelde aangehaalde gesag dat dit slegs
sover strek as om te beslis dat dit
wenslik
is dat `n beëdigde verklaring geliasseer word, maar nie ʼn
vereiste is nie.
[18]
In
die onderhawige geval meen ek dat daar geen nodigheid was dat Derde
Respondent dit waarop gesteun word vir die heroorweging,
in ʼn
beëdigde verklaring uiteen hoef te gesit het nie. Die feite en
omstandighede waarop Derde Respondent steun vir
die heroorweging,
blyk duidelik uit ʼn blote nalees van die totale lêerinhoud
onder aansoeknommer
1789/2009
.
[19] Ek
stem egter wel saam met mnr. Ploos van Amstel se betoog dat ek in my
heroorweging van die aansoek nie beperk is tot die
oorspronklike
aansoek sonder die verwysing na enige iets anders dan die argument
namens Derde Respondent nie. In die verband
meen ek dat die
benadering in
Rhino
Hotel and Resort (Pty) Ltd v
Forbes
and Others
2000(1)
SA 1180 (W)
te
1182 E, waar beslis is dat
“where rule 6(12)(c) is utilised, the original application is
reconsidered on its own without reference to anything else
”,
tereg verwerp is in
Oosthuizen
v Mijs
,
supra,
op
267 E en 270 A tot B:

To hold that the Court is
confined only to the original application without reference to
anything else is in conflict with various
decisions on this point.”
En

If a court had to reconsider
the order granted on an urgent basis in the absence of a party, by
limiting the hearing to permitting
a party to supply additional
argument and utilising the record of the original application only, a
court would be closing its eyes
to the facts placed before it that
could have led to a completely different result when the order was
originally granted in the
absence of the one party.”
Voormelde
het egter na my mening steeds nie tot gevolg dat hier
ʼn
verpligting op Derde Respondent gerus het om ʼn beëdigde
verklaring te liasseer nie. Dit het egter wel tot gevolg
dat ek in
die onderhawige heroorweging van die bevel verleen op
22
Januarie 2010
,
die lêerinhoud van aansoeknommer
1789/2009
in oorweging kan neem.
B:
Wyse
van Benadering:
Mnr.
Ploos
van Amstel het sterk gesteun op die benadering wat in
ISDN
Solutions (Pty) Ltd v CSDN Solutions CC and Others
,
supra
,
verwoord is in die volgende terme op 488 I:

Given this, the dominant
purpose of the Rule seems relatively plain. It affords to an
aggrieved party a mechanism designed to redress
imbalances in, and
injustices and oppression flowing from, an order granted as a matter
of urgency in his absence.”
Gebaseer
op hierdie benadering, het mnr. Ploos Van Amstel betoog dat in die
onderhawige geval hier geen sodanige omstandighede is
wat
tersydestelling van die bevel regverdig nie.
Na my
mening is dit ook egter nodig om na die verdere benadering te verwys
wat in laasgenoemde beslissing uiteengesit is op 487
B en verder,
welke benadering met goedkeuring aangehaal is in ander gewysdes:

The framers of the Rule have
not sought to delineate the factors which might legitimately be taken
into reckoning in determining
whether any particular order falls to
be reconsidered. What is plain is that a wide discretion is intended
... These factors
are by no means exhaustive. Each case will turn
on its facts and the peculiarities inherent therein.”
C
: Openbaarmakingsplig:
Dit
is gemeensaak tussen die partye dat die onderhawige aansoek geloods
is as
ʼn
ex
parte
aansoek deurdat, hoewel die Respondente wel gesiteer is, daar nie
aan die Respondente kennis gegee is van die aansoek nie. Sien
Herbstein
& Van Winsen
The
Civil PractiCe of the High Courts of South Africa
,
Cillié
et al, 5de uitgawe, vol. 1
,
op p. 290.
Dit
is geyk dat daar deur ʼn applikant in ʼn
ex
parte
aansoek die hoogste mate van goeie trou aan die dag gelê moet
word deur alle relevante en wesenlike feite en faktore aan
die Hof
te openbaar. Reeds in
In
re The Leydsdorp and Pietersburg (Transvaal) Estates L
td
1903
TS 254
op 257 is beslis dat:

Good faith is a
sine
qua non
in
ex
parte
applications.”
Hierdie
vereiste, sowel as die gevolg
van
die nie-nakoming daarvan, is as volg met verwysing na tersaaklike
gesag opgesom in
Herbstein
& Van Winsen,
The
Civil PractiCe of the High Courts of South Africa
,
supra
,
op p. 441 tot 442 as volg:

...when bringing an
ex
parte
application in which
relief is claimed against another party full disclosure of all the
material facts that might affect the granting
or otherwise of an
order
ex parte
must be made. .... The utmost good faith must be observed by
litigants making
ex parte
applications in placing material facts before the court, so much that
if an order has been made upon an
ex
parte
application and it
appears that material facts have not been disclosed, whether wilfully
and
mala fide
or negligently, which
might
have influenced the decision of the court whether to make an order or
not, the court has a discretion to set the order aside with
costs on
the ground of non-disclosure.”
Soos
op
gewys deur mnr. Reinders, is hierdie vereiste as volg geformuleer in
Schlesinger
v Schlesinger
1979(4)
SA 342 (W)
op 349 A tot B:

It appears quite clearly from
these authorities that:
in
ex
parte
applications all
material facts must be disclosed which
might
influence a Court in coming to a decision;
the non-disclosure or suppression
of facts need not be wilful or
mala
fide
to incur the
penalty of rescission; and
the Court, appraised of the true
facts, has a discretion to set aside the former order or to
preserve it.”
In
laasgenoemde
beslissing is tot die volgende gevolgtrekking gekom op 350 B:

I need go no further. It
appears to me that unless there are very cogent practical reasons why
an order should not be rescinded,
the Court will always frown on an
order obtained
ex parte
on incomplete information and will set it aside even if relief could
be obtained on a subsequent application by the same applicant.”
Mnr.
Reinders
het ook in sy mondelinge betoog sterk gesteun op beginsels wat
neergelê en/of herbevestig is in die uitspraak van
National
Director of Public Prosecutions v Braun and Another
2007(1)
SA 189 (C)
,
welke ook ʼn aansoek vir heroorweging in terme van Reël
6(12)(c) behels het. In daardie aangeleentheid was ʼn
bevel
nisi
ooreenkomstig sekere bepalings van die Wet op Voorkoming van
Georganiseerde Misdaad, Wet 121 van 1998, verleen. Met verwysing
na
Artikel 38 van daardie wet, het
Traverso,
ARP
,
haar as volg op 196 H tot J uitgelaat:

It has become a practice to
approach the Court
ex parte
.
The papers are normally bulky. In the present case the application
ran to some 240 pages. In such circumstances it appears
to me that
it is axiomatic that the need on the part of the deponents to adhere
to the requirements of
uberrima
fides
in respect of
ex
parte
applications is more
pronounced. By the very nature thereof,
ex
parte
applications have to
be decided on a one-sided version of events, and an applicant who
approaches a Court for an application of
this nature has a duty to
disclose each and every fact and circumstance which
might
influence the Court in deciding to grant or withhold the relief.
Die
formulering
van die openbaarmakingsplig waarna ek reeds verwys het soos dit
uiteengesit is in
Schlesinger
v Schlesinger,
is dan ook met goedkeuring aangehaal en is daar voorts op 197 G tot I
op die volgende gewys:

In Powell N.O. and Others v Van
der Merwe N.O. and Others 2005(5) SA 62 (SCA) Southwood AJA recently
expanded the ambit of the dictum
in Schlesinger as follows:

[75] ... In my view, the
approach should apply equally to relief obtained on facts which are
incorrect because they have been misstated
or inaccurately set out in
the application for the order ...
[76] The purpose of rigorously
applying the rule and setting aside the decision to authorise the
warrant is not to punish the director
as was stated by the Court
below. It is to maintain the legality of the process. ...”
Laasgenoemde
beginsels
is na my mening
mutatis
mutandis
op enige
ex
parte
aansoek van toepassing.
D:
Lis
pendens
:
[25]
Lis
pendens
word as volg beskryf i
n
Herbstein
& Van Winsen
The
Civil PractiCe of the High Courts
of
South Africa
,
supra
,
op p. 310:

If an action is already pending
between parties and the plaintiff brings another action against the
same defendant on the same cause
of action and in respect of the same
subject- matter, whether in the same or in a different court, it is
open to the defendant
to take the objection of
lis
pendens
, that is, that
another action respecting the identical subject-matter has already
been instituted.”
Uiteraard
slaan
lis
pendens
nie net op aksies nie, maar ook op aansoeke.
Verdermeer word die
volgende ook op p. 606 vermeld:

A plea of
lis
pendens
does not have the
effect of an absolute bar to the proceedings in which the defence is
raised. The court intervenes to stay one
or other of the
proceedings, because it is
prima
facie
vexatious to bring
two actions in respect of the same subject-matter.”
AARD, INHOUD EN
VERLOOP VAN AANSOEKNOMMER 1789/2009:
Soos
reeds voorheen vermeld, is al wat in die huidige aansoek omtrent
aansoeknommer
1789/2009
vermeld is, dit wat in paragraaf 190 van die funderende verklaring
voorkom en wat ek geriefshalwe hierin herhaal:

Sodanige
aansoek is deur die Applika
nt
gebring onder nommer 1789/2009 in die bogemelde Hof maar is van die
rol verwyder en nie toegestaan nie, op die basis dat daar
ʼn
gebrek aan dringendheid was weens die lang tydsverloop wat die
onderhawige onderhandelinge tussen die partye beslag geneem
het.”
Ek ag
dit nodig om op hierdie stadium aansoeknommer
1789/2009
van naderby in oorweging te neem.
Die
partye tot daardie aansoek was gedeeltelik ander partye as die in
die onderhawige aansoek, deurdat die twee tersaaklike

staatsdepartemente, synde die Departement van Onderwys en die
Departement van Openbare Werke, as eerste en tweede respondente
onderskeidelik gesiteer is. Die huidige Eerste, Tweede en Derde
Respondente is daarin as derde, vierde en vyfde respondente siteer

en was
Absa
Bank
,
synde die huidige Vierde Respondent, nie ʼn party tot daardie
aansoek nie. Die aansoek is op
8
April 2009
uitgereik om aangehoor te word op
16
April 2009
op ʼn dringende basis. Nieteenstaande die beweerde dringendheid
van die aansoek, is daar wel vooraf kennis gegee aan die
respondente
in daardie aansoek, waarop die huidige Eerste, Tweede en Derde
Respondente kennis gegee het van hulle voorneme om
die aansoek te
opponeer. Die wese van die regshulp wat in daardie aansoek gevorder
was, is eerstens kondonasie met betrekking
tot betekening en proses
en dan die uitreiking van ʼn bevel
nisi
met onmiddellike werking hangende die finalisering van daardie
aansoek, en wel in die volgende terme:

2.1
Dat
die Eerste Respondent verbied word om hangende die finale beregting
van ʼn aksie wat Applikant teen Respondente ingestel
het in
bogemelde Hof onder saaknommer 1763/2009, enige gedeelte van die
kontraksprys vir die oprigting van die Iphateleng Sekondêre

Skool te Wesselsbron onder Tendernommer WRT(T)39/2007 en
Kontraknommer D108/13/2 uit te betaal aan die Derde, Vierde of Vyfde
Respondente of enige ander persoon of instansie hoegenaamd;
2.2 Dat die koste van hierdie aansoek
koste in die hoofgeding onder saaknommer 1763/2009 sal wees, buiten
in die geval van onsuksesvolle
opponering, in welke geval elke
Respondent wat die aansoek opponeer, aanspreeklik gehou sal word vir
die koste van hierdie aansoek,
gesamentlik en afsonderlik met elke
Respondent wat die aansoek mag teenstaan.”
[29] Dit
is gemeensaak dat daardie aansoek toe op
16
April 2009
deur
Molemela,
R
van die rol verwyder is as gevolg van ʼn gebrek aan
dringendheid of dan sogenaamde self- geskepte dringendheid. Dit is

die gebeure waarna in paragraaf 190 van die huidige aansoek verwys
word.
[30]
By
nalees van die hoflêer, blyk dit egter dat dit nie, soos wat
die indruk geskep is in die huidige aansoek, die einde van
die
vorige aansoek onder aansoeknommer
1789/2009
was nie.
Op
30
April 2009
het Applikant ʼn gewysigde Kennisgewing van Mosie vir dieselfde
regshulp as wat in bedes 2.1 en 2.2 van die vorige Kennisgewing
van
Mosie vervat was, uitgereik. Al verskil is dat die gewysigde
Kennisgewing van Mosie nou ʼn sogenaamde lang vorm Kennisgewing

van Mosie was en dat die regshulp in die vorm van finale bevele
gevorder is. Dieselfde funderende verklarings wat gedien het
ter
ondersteuning van die aansoek wat van die rol verwyder is, is
gebruik ter ondersteuning van die regshulp gevorder in die
gewysigde
Kennisgewing van Mosie.
Op
12
Mei 2009
is ʼn kennisgewing van opponering namens die huidige Eerste tot
Derde Respondente geliasseer.
Op
5
Junie 2009
is die huidige Eerste tot Derde Respondente se opponerende
verklaring geliasseer. Ek is nie voornemens om met die
gedetaileerde
bewerings daarin gemaak te handel nie. Vir doeleindes
van hierdie uitspraak volstaan ek deur te vermeld dat dit daaruit
blyk
dat Eerste tot Derde Respondente beweer, met gedeeltelik
stawende bewyse, dat meerdere betalings aan Applikant gemaak is as
wat
deur Applikant in sy funderende verklaring beweer word en dat
Eerste tot Derde Respondente beweer dat alle geld waarop Applikant

geregtig was, aan hom oorbetaal is. Verdermeer beweer Eerste tot
Derde Respondente dat Applikant reeds vir ʼn geruime tyd
nie
meer by die projek betrokke is nie, aangesien die projek reeds
voltooi is aan die einde van
2008
.
Daar is egter addisionele werk wat die huidige Derde Respondent
onderneem het om te doen ten opsigte van hierdie projek en
ten
opsigte waarvan betaling nog verskuldig is aan die huidige Derde
Respondent. As gevolg van Applikant se optrede en sy inmenging
met
die kontraktuele verhouding tussen die Departement van Onderwys en
die huidige Derde Respondent, het dit tot gevolg dat betalings
wat
gemaak moet word aan die huidige Derde Respondent nou nog nie
geskied het nie. Die huidige Derde Respondent word ernstig
deur
Applikant se optrede benadeel en is daar ook nog verskeie derdes wat
betaal moet word voortspruitend uit hierdie werk.
Die huidige
Eerste tot Derde Respondente het bygevolg ontken dat Applikant
enige aanspraak het op enige verdere betalings wat
deur die huidige
Respondente (in besonder deur Derde Respondent) vanaf die
tersaaklike staatsdepartemente ontvang word.
Nieteenstaande
die feit dat voormelde opponerende beëdigde verklaring reeds
geliasseer is op
5
Junie 2009
,
het Applikant tot op hede nie daartoe gerepliseer nie.
Daar
is wel ʼn verdere stap in daardie verrigtinge deur Applikant
geneem, maar eers soveel later as op
4
November 2009
toe Applikant ʼn kennisgewing in terme van Reël 35(12)
uitgereik het waarin versoek is dat die huidige Eerste tot Derde

Respondente dokumente waarna die Respondente in hul opponerende
verklaring verwys het, tot Applikant se beskikking stel. ʼn

Soortgelyke kennisgewing in terme van Reël 35(14) is op
dieselfde datum geliasseer.
Op
2
Desember 2009
het Applikant ʼn aansoek uitgereik in terme waarvan gevorder is
dat die huidige Eerste tot Derde Respondente verplig moet
word om
sodanige dokumente te verskaf soos versoek in voormelde twee
kennisgewings.
Op
11
Desember 2009
het die huidige Eerste tot Derde Respondente kennis gegee van hulle
voorneme om laasgenoemde aansoek te opponeer.
Voormelde
interlokutêre aansoek is egter op
11
Desember 2009
deur Applikant van die rol verwyder.
Gevolglik
is die aansoek onder saaknommer
1789/2009
,
sowel as voormelde interlokutêre aansoek daartoe, steeds
hangende tussen die partye.
Wat
wesenlik noodsaaklik is om uit te wys, is dat die funderende
verklaring
(en
aanhangsels) wat in daardie aansoek geliasseer is, feitlik identies
is aan die funderende verklaring (en aanhangsels) in die
onderhawige
aansoek. Die enigste werklike verskil is dat daar in daardie aansoek
beweer word dat die enigste wyse waarop Applikant
se belange beskerm
kan word, is as daar `n verbod geplaas word op die uitbetaling van
die tersaaklike geld deur die staatsdepartemente
aan die huidige
Respondente, terwyl daar in die onderhawige aansoek verwys word na
die feit dat die geld nou wel aan Derde Respondent
in sy
bankrekening betaal is en daar `n verbod op die onttrekking daarvan
geplaas moet word. Origens is die huidige funderende
verklaring `n
spreekwoordelike “cut and paste” identies gekopieërde
weergawe van die funderende verklaring geliasseer
in aansoeknommer
1789/2009.
Desnieteenstaande
is geen enkele woord ten opsigte van die feit dat nadat
daardie
aansoek aanvanklik van die rol verwyder was, dit weer ingestel is en
steeds hangende is, in die onderhawige aansoek gerep
nie.
TOEPASSING
VAN
TERSAAKLIKE
REGSBEGINSELS OP DIE ONDERHAWIGE FEITE:
Ten
eerste meen ek dat
lis
pendens
wel hier ter sprake is. Hoewel die twee staatsdepartemente wat in
aansoek-nommer
1789/2009
gesiteer is, nie in die onderhawige aansoek siteer is nie en
Absa
Bank
nou as addisionele party siteer is deurdat die geld reeds deur die
Departement van Onderwys in die bankrekening van die huidige
Derde
Respondent gehou te
Absa
Bank
uitbetaal is, doen dit na my mening nie afbreek aan die wese van die
feit dat die huidige drie Respondente ook Respondente is
in
aansoeknommer
1789/2009
nie. Dieselfde partye tussen die twee aansoeke is dus wel ter
sprake. Verdermeer, hoewel die geld intussen uitbetaal is deur
die
Departement van Onderwys, is die skuldoorsaak van Applikant in die
onderhawige aansoek identies aan die skuldoorsaak in aansoeknommer
1789/2009
.
Dit is ook steeds presies dieselfde geld wat ter sprake was in
aansoeknommer
1789/2009
wat nou in die onderhawige aansoek ter sprake is.
[40] Die
feit dat aansoek
1789/2009
nog tussen die partye hangende is, is gevolglik na my mening ʼn
wesenlike feit wat gegewe die
ex
parte
aard van die onderhawige aansoek en die verpligting tot hoogste
goeie trou wat op Applikant gerus het, deur die Applikant in
die
hofstukke voor
Cillié,
R
openbaar moes gewees het, deurdat dit
Cillié,
R
kon beïnvloed het met betrekking tot sy besluit of die bevel
nisi
verleen
moet word, aldan nie. Sien
SCHLESINGER
V
SCHLESINGER
,
supra,
op 353 C tot G.
[41]
Selfs
indien die aangeleentheid nie uit die oogpunt van
lis
pendens
benader word nie, is en bly die situasie steeds dat daar by wyse van
aansoeknommer
1789/2009
ʼn soortgelyke aansoek vir soortgelyke regshulp tussen die
huidige partye hangende was (hoé soortgelyk die twee aansoeke

is blyk ook uit die duidelike “cut and paste” kopiëring
van die funderende verklaring in aansoeknommer
1789/2009
in
die daarstelling van die huidige funderende verklaring) wat nie deur
die Applikant aan die Hof openbaar is nie. Inteendeel, na
my mening
strek dit selfs verder deurdat die Hof onder ʼn wanindruk gebring
is en/of mislei is deur die bewering dat aansoeknommer
1789/2009
van die rol verwyder is, asof daardie aansoek geensins meer relevant
is vir doeleindes van die onderhawige aansoek nie, terwyl
die
korrekte feite was dat daardie aansoek wéér daarna
uitgereik is en steeds hangende was. Sien weereens
National
Director of Public Prosecutions v Braun and Another
,
supra,
op 197G – I, soos reeds aangehaal in paragraaf 24 hierbo, met
betrekking tot die verpligting om die korrekte feite
aan die hof te
openbaar. In die verband val dit my ook uiters vreemd op dat
Applikant die aansoek onder aansoeknommer
1789/2009
wel
relevant genoeg geag het om daarna te verwys (hoewel dit slegs na
verwys is tot en met die stadium wat dit van die rol verwyder
is),
maar dit dan nie nodig ag om verder te vermeld dat daardie aansoek
by wyse van die gewysigde Kennisgewing van Mosie heringestel
is en
steeds hangende is nie. Selfs al was Applikant van oordeel of sodanig
geadviseer dat die hangende aansoek onder aansoeknommer
1789/2009
van akademiese waarde geword het omdat die tersaaklike geld reeds
deur die staatsdepartement in die bankrekening van die huidige
Derde
Respondent inbetaal is, regverdig dit nie die verswyging van die
bestaan van die hangende aansoek tussen die partye nie.
Gegewe die
aard van ʼn
ex
parte
aansoek, het Applikant steeds die plig gehad om die bestaan van die
hangende aansoek te openbaar, nieteenstaande Applikant se siening
of
Applikant se regsverteenwoordigers se siening van die beweerde
akademiese status van die aansoek. Sien
SCHLESINGER
v SCHLESINGER
,
supra
,
op 352 A tot D en
DE
JAGER V HEILBRON AND OTHERS
1947(2) SA 415 (W)
op
421 tot 422.
[42] Applikant
het verdermeer geensins in die onderhawige aansoek openbaar dat die
huidige Eerste tot Derde Respondente reeds
deur `n prokureur van
rekord verteenwoordig word in `n soortgelyke hangende aansoek,
synde aansoeknommer
1789/2009
,
nie. Indien die bestaan van die hangende aansoek onder aansoeknommer
1789/2009
openbaar
was, sou dit wél tot
Cillié,
R
se
kennis gekom het, welke inligting na my mening ook `n wesenlike
invloed op
Cillié,
R
se
besluit of die aansoek op `n
ex
parte
wyse
aangehoor kan of behoort te word, kon gehad het. Ook vanweë
hierdie rede het die Applikant dus `n plig gehad om die
bestaan van
die hangende aansoek te openbaar.
ʼn
Verdere rede waarom nie net die bestaan van die hangende aansoek
onder aansoeknommer
1789/2009
aan die Hof openbaar moes gewees het nie, maar ook die verloop
daarvan, is omdat die verloop daarvan, soos hierbo deur my
uiteengesit,
en die tydsverloop wat reeds daardeur in beslag geneem
is, op wesenlike wyse slaan op die vraag na die dringendheid van die
onderhawige
aansoek, in besonder na die vraag of indien daar wel
dringendheid bestaan ten opsigte van die onderhawige aansoek,
sodanige dringendheid
nie moontlik deur Applikant self geskep is
nie. In die verband word in besonder verwys na die feit dat
Applikant tussen
5
Junie 2009
,
synde die datum waarop die opponerende verklaring geliasseer is, tot
en met
14
November 2009
,
synde die datum waarop ʼn kennisgewing in terme van Hofreël
35(12) geliasseer is, geen stappe geneem het om die hangende
aansoek
tot volvoering te bring nie. Selfs nadat die interlokutêre
aansoek van die rol verwyder is, het Applikant steeds
weer geen
poging aangewend om repliserende verklarings te liasseer en daardie
aansoek te finaliseer nie. Hierdie feite kon beslis
Cillié,
R
beïnvloed het by die oorweging van die vraag na die
dringendheid, aldan nie, van die onderhawige aansoek en was derhalwe

wesenlik en het daar ʼn plig op Applikant gerus om dit aan die
Hof te openbaar het. Die maande wat sodoende deur Applikant

verspeel is en nie aan die Hof openbaar is nie, staan na my mening
op soortgelyke voetstuk as die gebeure waarna verwys word
in
National
Director of Public Prosecutions v Braun and Another
,
supra
,
op 200 C tot D, waarna daar tot die volgende gevolgtrekking gekom is
op 200, paragraaf 36:

I have little doubt that had
Goliath J been aware of the true position she may have concluded that
the matter was not urgent and/or
that it would not be appropriate to
hear it
ex parte
.”
Mnr.
Ploos
van Amstel se argument dat gegewe dat die huidige Eerste tot Derde
Respondente se verweerskrif in die hoofaksie aangeheg
was tot die
onderhawige aansoek, bovermelde versuim om die Hof te verwys na die
bestaan van die hangende aansoek en derhalwe
ook die bestaan en
inhoud van die opponerende verklaring daarin geliasseer, ondervang,
gaan na my mening, soos ook deur mnr.
Reinders betoog, glad nie op
nie. Ten eerste is een van die beginsels wat in
National
Director of Public Prosecutions v Braun and Another
,
supra
,
ter sprake gekom het en waarna ek reeds verwys het, ook in hierdie
geval ter sprake, synde dat dit omvangryke stukke is wat
voor
Cillié,
R
gedien het en ten opsigte waarvan die verweerskrif slegs enkele
bladsye daarvan beslaan het. Gegewe die omvangryke aard van
die
stukke, kan daar nie aanvaar en geargumenteer word dat
Cillié,
R
by wyse van die verweerskrif behoorlik kon kennis neem wat Eerste
tot Derde Respondente se weergawe met betrekking tot die bewerings

in die
aansoek
as sulks is nie. Verdermeer spreek dit vanself dat aangesien
aansoekstukke beide die pleitstukke en getuienis daarstel, terwyl

die verweerskrif slegs die pleitstuk daarstel, daar geensins aanvaar
kan word dat deur ʼn blote nalees van die verweerskrif
dit ʼn
behoorlike en volledige beeld aan
Cillié,
R
sou verleen met betrekking tot die aard en inhoud van Eerste tot
Derde Respondente se opponering van die regshulp wat by wyse
van die
onderhawige aansoek en/of die hangende aansoek deur Applikant
gevorder word nie.
In
ieder geval gaan dit in die onderhawige geval nie oor die meriete
van Applikant se aansoek of die meriete van Eerste tot Derde

Respondente se opponering daarvan nie, maar oor die feit dat
Applikant sy verpligting om alle relevante feite wat ʼn invloed

op die Hof kon hê met betrekking tot sy beregting van die
onderhawige aansoek, aan die Hof te openbaar, wat Applikant versuim

het om te doen.
Soos
reeds by wyse van die tersaaklike gesag uitgewys, is
ek
onder sodanige omstandighede geregtig om in die uitoefening van my
diskresie die verleende bevel tersyde te stel. Soos ook
blyk uit die
aangehaalde gesag, kan sodanige tersydestelling volg selfs al was
die versuim bloot nalatig en is opset of
mala
fides
nie
`n vereiste nie. Gegewe die tersaaklike feite van hierdie saak, kan
ek nie anders as om vir doeleindes van die meriete van
hierdie
heroorweging op hierdie stadium te bevind dat ten beste vir
Applikant, sodanige versuim ten minste nalatig was.
M
nr.
Ploos van Amstel het gepoog om op grond van die beweerde nadeel wat
Applikant gaan ly indien die bevel tersyde gestel sou
word, te
betoog dat ek my diskresie ten gunste van Applikant behoort uit te
oefen en nie die bevel tersyde stel nie. Die moontlike
nadeel wat
deur Applikant gely kan word, is egter na my mening nie ʼn
dwingende genoeg rede waarom ek my diskresie ten gunste
van
Applikant in hierdie omstandighede behoort uit te oefen nie. Eerste
tot Derde Respondente, in besonder Derde Respondent,
kan insgelyks
benadeel word indien die bevel nie tersyde gestel word nie. In
ieder geval is die voorgenome tersydestelling van
die bevel bloot ʼn
gevolg van Applikant se versuim, hetsy op advies van sy
regsverteenwoordigers, aldan nie, hetsy op nalatige
of opsetlike
wyse, om sy openbaarmakingsplig teenoor die Hof na te kom en het die
Applikant dus slegs homself daarvoor te blameer.
Gevolglik meen ek
hierdie is ʼn geval wat deur die volgende
dictum
in
Schlesinger
v Schlesinger
,
supra
,
op 350 B tot C getref word:

It appears to me that unless
there are very cogent practical reasons why an order should not be
rescinded, the court will always
frown on an order obtained
ex
parte
on incomplete
information and will set it aside even if relief could be obtained on
a subsequent application by the same applicant.”
KOSTE:
Wat
die koste betref, het Derde Respondent reeds in sy Reël
6(12)(c) kennisgewing versoek dat die bevel tersyde gestel word
met koste op ʼn skaal soos die Hof mag goeddink. Ook in die Hof
het mnr. Reinders aangetoon dat hy die skaal waarop Applikant
koste
moet betaal indien die bevel tersyde gestel word, in my diskresie
laat. Mnr. Ploos van Amstel het betoog en aan die hand
gedoen dat
indien ek sou besluit om die bevel tersyde te stel, dit as sulks nie
gronde daarstel vir ʼn bestraffende kostebevel
nie en indien en
insoverre ek oorweeg om ʼn bestraffende kostebevel te verleen,
daar ʼn gepaste geleentheid gegee moet
word om verduidelikings
en/of submissies aan die Hof daaromtrent voor te hou.
Ek
het reeds vir doeleindes van die meriete van hierdie heroorweging
bevind dat Applikant en/of Applikant se regsverteenwoordigers
se
versuim om applikant se openbaarmakingsplig, of dan sy verpligting
tot
uberrima
fides
,
na te kom, ten minste nalatig was. Sodanige bevinding is voldoende
ten einde die bevel tersyde te stel en daarom ag ek dit onnodig
om
vir doeleindes van die meriete `n verdere bevinding daaromtrent poog
te maak. Vir doeleindes van die oorweging van `n gepaste
kostebevel,
meen ek egter dit is noodsaaklik om die vraag na die graad van
nalatigheid en/of selfs die vraag na opset en/of
mala
fides
van
naderby te oorweeg. Hierdie siening en opmerkings moet egter nie
gesien word as dat ek tans van oordeel is of tot ʼn
gevolgtrekking kom dat sodanige versuim inderdaad opsetlik of
mala
fide
was nie. Dit is nie gepas om `n bevinding hieromtrent te maak
sonder dat Applikant se regsverteenwoordigers die geleentheid
gegun
is om verklarings of submissies hieromtrent aan die Hof voor te hou
nie.
Hoe
dit ookal sy, selfs al h
ét
dit slegs as gevolg van die nalatigheid van Applikant se
regsverteenwoordigers geskied, kan dit steeds voldoende rede

daarstel op grond waarvan die regsverteenwoordigers gelas behoort te
word om die koste
de
bonis propriis
te betaal. Die basis van sodanige bevel is as volg verduidelik in
Waar
v Louw
1977(3)
SA 297 (O) op 304 D:

En die rede
vir so
ʼn
bevel (
de
bonis propriis
)
teen ʼn prokureur is heel duidelik. Die prokureursamp is ʼn
hoë en verantwoordelike amp. Die prokureursberoep is
ʼn
geleerde beroep wat groot vaardigheid van sy lede verg. Foute wat ʼn
prokureur in gedingvoering begaan en wat onnodige
koste tot gevolg
het, moet derhalwe nie ligtelik oorgesien word nie. En ʼn
gedingvoerder behoort nie altyd verplig te word
om self die koste te
betaal wat deur die nalatigheid van sy prokureur veroorsaak is nie.”
Voormelde
beginsels is
uiteraard
insgelyks op ʼn advokaat van toepassing.
Alvorens
ʼn bevel
de
bonis propriis
egter verleen kan word, moet die tersaaklike regsverteenwoordigers,
veral in `n geval soos die onderhawige, die geleentheid gegee
word
om aangehoor te word, onder andere ook om vas te stel wie eintlik
die moontlike verantwoordelike persoon is. Dit is ook
as volg
beslis in
Immelman
v Loubser en ʼn Ander
,
1974(3) SA 816 (AD) op 825 A tot C:

Die Hof het
die applikant se advokaat die vraag gestel of die applikant se
prokureurs nie beveel moet word om self die applikant
se koste te dra
nie vanweë hulle nalatige en gebrekkige optrede. Sy antwoord
was dat die Hof, in die afwesigheid van die
applikant se plaaslike
prokureur, mnr. Briel, en sy Pretoriaanse prokureurs, en sonder dat
hulle geleentheid gehad het om aangehoor
te word, nie so ʼn bevel
sou maak nie.
Indien hierdie Hof
in staat sou gewees het om op die stukke voor hom vas te stel welke
van applikant se prokureurs verantwoordelik
was vir een of meer van
die vele foute wat begaan is en vir die gebreke wat daar in die
aansoeke
was, sou die Hof, na my mening, met regverdiging so ʼn bevel kon
gemaak het, en dit selfs sonder om die betrokke prokureur/s
aan te
hoor.”
Gevolglik
is ek voorneme
ns
om ʼn bevel te maak wat sodanige geleentheid aan die tersaaklike
regsverteenwoordigers verleen en wat dieselfde resultaat
sa hê
as die tipe bevel wat verleen is in
Machumela
v Santam Insurance Company Ltd
1977(1)
SA 660 (A) op 664 A - E:

The application for condonation
was launched on the appellant’s behalf without invoking the
provisions of Rule of court 5(4)(c)
in terms of which the period to
deliver copies of the record to the respondent may, with its written
agreement, be extended. In
this case respondent’s consent
should first have been sought. It would probably have been given,
for respondent did not
oppose the application for condonation. Thus
the costs of the application for condonation were probably
unnecessary incurred and
certainly without first heeding the warning
sounded by this Court in Van Jaarsveld’s case. Regard being
had to the fact
that no blame attaches to the appellant himself in
connection with the failure to comply with the rules of court, that
his attorney
was at fault ..., I consider that justice require that a
special order as to costs be made. The following order is made:
The appeal is dismissed with
costs.
2.(a) The party and party costs of the
said application for condonation shall be paid to respondent by the
Johannesburg attorney
of record for the appellant
de
bonis propriis
.
(b) ...
(c) Leave is granted to appellant’s
said attorney, if so advised, to apply by written application lodged
with the Registrar
of this Court within three weeks after the date of
delivery of this judgment for a variation on good cause shown of the
orders
as to costs in sub-paragraphs (a) and (b) hereof.”
Wat
die skaal van sodanige kostebevel betref, hetsy dit dan deur
Applikant
self of deur Applikant se regsverteenwoordigers betaal moet word,
meen ek dat hierdie ʼn gepaste geval is, selfs
al bevind ek
eventueel steeds dat hier geen erger graad van versuim as
nalatigheid ter sprake is nie, waar koste op `n skaal
soos tussen
prokureur en kliënt gelas behoort te word. In die verband
vereenselwig ek my met die volgende wat voorkom in
Schlesinger
v Schlesinger
,
supra
,
op 354 C tot E:

I am of the view that this is a
proper case where attorney and client costs should be awarded to the
applicant ... The respondent
and her legal advisers, in my opinion,
brought the original application with a reckless disregard for the
full and true facts in
an effort to obtain some tactical advantage
over the applicant or to use the pending action in South Africa
against him in the
matrimonial proceedings in Switzerland. I am not,
however, imputing fraudulent conduct to either respondent or her
attorney, but
a reckless disregard of a litigant’s duty to a
court in making a full and frank disclosure of all known facts which
might
influence the court in reaching a just conclusion.”
Die
vraag of dit dan Applikant is
wat
sodanige prokureur en kliënt koste moet betaal en of dit
Applikant se regsverteen-woordigers is wat sodanige prokureur
en
kliënt koste
de
bonis propriis
moet betaal, sal beslis word in ʼn uitspraak wat sal volg op
hierdie uitspraak nadat die tersaaklike regsverteenwoordigers
die
geleentheid gehad het om voorleggings te maak in hierdie verband.
Wat
betref die vraag na welke regsverteenwoordigers ter sprake is, meen
ek dat op die stukke soos dit tans voor my staan, dit
duidelik blyk
dat Applikant se prokureur van rekord slegs as spreekwoordelike
posbus optree en dat die saak eerder gedryf word
deur Applikant se
prokureur van eerste instansie, synde mnr. L.G.C Lielies van ADW van
den Berg Prokureurs, Theunissen. Hierdie
indruk van my is ook deur
mnr. Ploos van Amstel ten tyde van die aanhoor van die aansoek en in
antwoord op ʼn direkte vraag
hieromtrent deur my aan hom gestel,
bevestig. Gevolglik meen ek dat die moontlike bestraffende
kostebevel teen die regsverteenwoordigers
van Applikant wat in
hierdie geval oorweeg word, van toepassing is op Applikant se
prokureur van eerste instansie, synde voormelde
mnr. Lielies, en
Applikant se advokaat, synde mnr. C. Ploos van Amstel. Geen blaam
van enige aard rus by Applikant se prokureur
van rekord nie.
VERWYSING VAN DIE
AANGELEENTHEID NA DIE TERSAAKLIKE PROFESSIONELE LIGGAME:
Hoewel
ek op hierdie stadium
vir
doeleindes van die meriete hoogstens `n bevinding van nalatigheid
gemaak het, meen ek dat dit ongelukkig in ieder geval nodig
en
vanpas is dat die onderskeie professionele liggame waarvan die twee
regsverteenwoordigers lede is, behoort kennis te neem
van hierdie
verrigtinge ten einde dit na goeddunke te hanteer. Dit sal egter
nie billik wees indien slegs ʼn afskrif van
hierdie uitspraak
aan die tersaaklike professionele liggame verskaf word nie en is ek
gevolglik voornemens om te gelas dat afskrifte
van die voorleggings,
indien enige, wat deur die onderskeie regsverteenwoordigers gemaak
gaan word, sowel as my bevindings in
die uitspraak wat hierop gaan
volg ten opsigte van die finale beregting van die koste, ook aan
sodanige professionele liggame
verskaf behoort te word.
[
57] Gevolglik
word die volgende bevele gemaak:
Die hofbevel verleen
deur Cillié, R op 22 Januarie 2010, word tersyde gestel.
Derde
Respondent se koste van die aansoek, wat insluit die koste van die
heroorweging van die aansoek, moet
de
bonis propriis
op
`n skaal soos tussen prokureur en kliënt deur Applikant se
advokaat en prokureur van eerste instansie, synde Advokaat
C Ploos
van Amstel en Mnr. LGC Lielies verbonde aan ADW van den Berg
Prokureurs, Theunissen, gesamentlik en afsonderlik betaal
word,
betaling deur die een die ander kwytgeskeld te word;
alternatiewelik,
moet
dit deur Applikant op `n skaal soos tussen prokureur en kliënt
betaal word, die bepaling waarvan, synde tussen die twee

alternatiewe, in `n hieropvolgende uitspraak sal geskied.
Vir
doeleindes van die bevel in 2 hierbo verleen, word verlof aan beide
voormelde regsverteenwoordigers verleen om beëdigde
verklarings
en/of skriftelike vertoë te liasseer met betrekking tot waarom
hulle nie die koste
de
bonis propriis
soos hierbo vermeld, moet betaal nie, welke verklarings en/of vertoë
geliasseer moet word voor of op Woensdag, 10 Februarie
2010.
Die
Griffier word versoek om `n afskrif van hierdie uitspraak, sowel as
afskrifte van voormelde verklarings en/of vertoë
en die verdere
uitspraak wat hierin staan gelewer te word met betrekking tot die
finale beregting van die koste, aan die Voorsitters
van die
Balieraad van die Vereniging van Advokate van die Vrystaat en van
die Prokureursorde van die Vrystaat onderskeidelik,
te verskaf.
_____
________
C. VAN ZYL, R
Namens
Applikant: Adv.
C. Ploos van Amstel
In opdrag van:
ADW
van den Berg Prokureurs
c/o Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Derde Respondent: Adv. S.J Reinders
In opdrag van:
Giorgi
& Gerber Prokureurs BLOEMFONTEIN