Lenyeta v S (A279/2009) [2010] ZAFSHC 9 (4 February 2010)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Appellant convicted of robbery with aggravating circumstances and sentenced to 10 years' imprisonment — Appellant's youth and status as first offender considered as mitigating factors — Court finds original sentence disproportionate and substitutes it with a 6-year sentence, 2 years suspended on conditions — Appeal upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2010
>>
[2010] ZAFSHC 9
|

|

Lenyeta v S (A279/2009) [2010] ZAFSHC 9 (4 February 2010)

IN
DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak Nr. : A279/2009
In
die saak tussen:
PETRUS
LENYETA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM:
CILLIé,
R
et
MOCUMIE, R
UITSPRAAK:
CILLIé,
R
AANGEHOOR OP:
1
FEBRUARIE 2010
_____________________________________________________
GELEWER OP:
4
FEBRUARIE 2010
[1] Die
appellant in hierdie aangeleentheid is op sy pleit van skuldig
skuldig bevind aan roof met verswarende omstandighede. Vanweë
die bepalings van Artikel 51(2) gelees met Deel 2 van Bylae
2 van Wet
105 van 1997 was die appellant onderhewig aan ‘n minimum vonnis
van 15 jaar gevangenisstraf. Die streeklanddros
het egter bevind dat
daar sogenaamde wesenlike en dwingende omstandighede wat die
oplegging van ‘n mindere vonnis regverdig
teenwoordig is en die
appellant toe tot 10 jaar gevangenisstraf gevonnis. Dit is teen
hierdie vonnis wat die appellant nou in hoër
beroep kom.
[2] In die appellant se
Artikel 112 verklaring word die omstandighede waaronder die misdryf
gepleeg is ongelukkig redelik karig
as volg beskryf:

I am the accused in the matter
and plead guilty to the charges against me. On about 18 September
2007 and in Kroonstad in the Regional
Division of the Free State I
unlawfully and intentionally assaulted Safras Ahmed and there and
then forcefully took the following
items:
1. cash to the value of R1056,90;
2. 1 Nokia cellphone valued at R800;
3. cigarettes to value of R136;
4. airtime to the value R456
the property of or in the lawful
possession of Safras Ahmed.
I did this with Joseph Papa Kokomi and
Josepth Manellwa by frightening him through pointing him with a
firearm, which I unlawfully
possessed, as I did not have a licence.
I understand my actions were wrongful
and punishable.”
[3]
Die
grondslag van Mnr Van Rensburg, namens die appellant se betoog op
appèl, is egter dat die appellant se persoonlike omstandighede

die opgelegde vonnis dermate onvanpas maak dat dit inmenging daarmee
deur hierdie Hof noodsaak. Dit maak dit nodig om in besonderhede
te
handel met die appellant se persoonlike omstandighede.
[4] Die appellant was
tydens die voorval 18-jaar oud (19 tydens die verhoor) en in Graad 11
op skool. Hy is ongetroud en het geen
afhanklikes nie. Self is hy
nog van sy ouers afhanklik. Hy is ‘n algehele eerste
oortreder. Hy is dieselfde dag van die
voorval arresteer en in
hegtenis aangehou tot afhandeling van die verhoor ses maande later.
Hy het skuldig gepleit.
[5] Die streeklanddros se
houding hierteenoor was as volg:

Aan die ander kant is die Hof
van oordeel dat die enigste gepaste vonnis maar die van direkte en
langtermyn gevangenisstraf sal
wees. As die Hof vandag aan u enige
ander vonnis sou oplê sou dit noodwendig tot inhoud hê
dat u persoonlike omstandighede
dan oorbeklemtoon sal word ten koste
van verskeie faktore wat ook ‘n rol by vonnis oplegging behoort
te speel.”
[6] Dit is waar dat
direkte langtermyngevangenisstraf vir die appellant onvermydelik is.
Dit beteken egter nie dat 10 jaar gevangenisstraf
soos die Landdros
opgelê het die enigste gepaste periode van
langtermyngevangenisstraf is nie. Ek sou reken dat inagnemende
die
appellant se jeugdigheid veral en die feit dat hy ‘n eerste
oortreder is langtermyngevangenisstraf waarvan ‘n deel

opgeskort is meer van pas sou wees. Die vonnis wat ek meen gepas is
verskil dermate van die opgelegde vonnis dat dit inmenging
noodsaak.
Ek is nie geneë om soos Mnr Van Rensburg versoek het, ‘n
vonnis in terme van Artikel 276(1)(i) van Wet 51
van 1977 op te lê
nie. Daardie Artikel beperk die periode gevangenisstraf wat opgelê
mag word tot 5 jaar wat na my
mening onvoldoende is. Dit is jammer
dat gemelde artikel nie voorsiening maak vir ‘n langer periode
van gevangenisstraf
nie. Daar is myns insiens ‘n behoefte
daaraan.
In al die omstandighede
slaag die appèl dus en word die opgelegde vonnis ter syde
gestel en vervang met die volgende:
Ses (6) jaar
gevangenisstraf waarvan 2 (twee) jaar opgeskort word vir 5 jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig
bevind word aan roof
of enige ander misdryf waarvan geweld teenoor die persoon van ‘n
ander ‘n element is en waarvoor
onopgeskorte gevangenisstraf
sonder die keuse van ‘n boete opgelê word nie.
____________
C.B. CILLIé, R
Ek
stem saam.
________________
B. C. MOCUMIE, R
/EM