About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 107
|
|
Senator Versekeringsmaatskappy Bpk. vs Huisamen (115/84) [1984] ZASCA 107 (24 September 1984)
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(
APPELAFDELING
)
In die appèl van:
SENAT
OR
VERSEKERINGSMAATSKAPPY BEPERK
... appellant
en
GIDEON HUISAMEN
respondent.
Coram:
Rabie Hr, Joubert AR et Galgut Wn. AR
Datum van verhoor
: 27 Augustus
1984.
Datum van uitspraak
: 24 September 1984
UITSPRAAK
GALGUT
Wn. AR:
Op Sondagoggend, 15 Junie 1980, om ongeveer 7.15 vm,
het daar 'n botsing plaasgevind tussen 'n Datsun motorvoertuig bestuur deur
respondent
en 'n Mazda motor-
/ voertuig
2
voertuig bestuur deur ene J G Smith.
Respondent, na wie ek sal verwys as die eiser, het beserings opgedoen in die
botsing. Die Mazda is deur die appellantmaatskappy verseker
ingevolge die
bepalings van Wet 56 van 1972. Eiser het derhalwe sy aksie vir skadevergoeding
teen appellant ingestel. Ek sai na appellant
verwys as die verweerder. Die
partye het voor die verhoor op 'n bedrag van R8 003-31 ooreengekom as synde die
skadevergoeding waarop
eiser geregtig sou wees indien hy sou slaag in die
geding. Eiser het inderdaad in die hof a
guo
geslaag en bovermelde bedrag
met koste is aan hom toegeken. Die
appèl is teen daardie
bevinding.
Die botsing het plaasgevind in die robot-beheerde kruising van
Tafelbaaiboulevard en Oswald Pirowlaan, Kaap-stad. Eiser het van oos
na wes in
Tafelbaaiboulevard gery terwyl Smith van suid na noord beweeg het in Oswald
Pirowlaan. Hy het langs die eiland, wat Oswald
Pirowlaan in twee verdeel,
/ gery
3
gery. Die straatligte het die betrokke tyd nog gebrand, die uitsig was goed
en beide motors se ligte het gebrand.
Eiser het in sy uiteensetting van eis beweer dat die botsing te wyte was aan
die uitsluitlike nalatigheid van Smith. Verskeie gronde
van nalatigheid is
uiteengesit. Die vernaamste daarvan is dat hy versuim het om 'n behoorlike
uitkyk te hou en dat hy nagelaak het
om behoorlik ag te slaan op 'n rooi
verkeerslig wat die kruising waarin die botsing plaasgevind het, beheer.
Verweerder het in sy
pleit ontken dat Smith nalatig was; in die alternakief, en
slegs indien dit bevind sou word dat hy wel nalatig was, het verweerder
ontken
dat sodanige nalatigheid kousaal tot die botsing by-gedra het. In die verdere
alternatief en indien bevind sou word dat Smith
wel nalatig was en dat sodanige
nalatighêid kousaal tot die botsing bygedra het, is gepleit dat die
botsing deels te wyte was
aen die skuld van Smlth and deels te wyte aan
/ die
4
die skuld van eiser. Daar is beweer dat eiser in verskeie opsigte nalatig
was, die vernaamste waarvan was dat hy versuim het om 'n
behoorlike uitkyk te
hou en dat hy nagelaat het om enigsins ag te slaan op 'n rooi verkeerslig wat
die kruising waarin die botsing
plaasgevind het, beheer.
Soos later sal blyk, was. die werklike geskilpunt in die hof a
quo
,
watter een van die twee bestuurders teen die rooi lig die kruising binnegegaan
het. Dit is gemene saak dat die lig nie vir beide
eiser en Smith groen kon
gewees het nie.
Eiser het getuig dat hy die betrokke oggend van plan was om na sy werk by die
poskantoor te gaan nadat hy 'n mej Mouton, 'n passassier
by hom in die motor,
afgelaai het. Voordat hy by die betrokke kruising gekom het, het hy ge-sien die
verkeerslig slaan oor van geel
na rooi en hy het daar stilgehou totdat die lig
weer groen geword het. Hy
/ het
5 het die motor in eerste rat gesit en stadig oorbeweeg en was
reeds by die eiland verby toe sy voertuig aan die linker agterkant
gestamp word.
"Vir 'n fraksie van 'n sekonde" (sy beskrywing) voor die stamp het hy bewus
geword van iets aan sy linkerkant maar
kon niks doen om die botsing te vermy
nie. Hy het ontken dat hy hoegenaamd met Smith gepraat het.
Mev Grobbelaar, wat destyds mej Mouton was en met
wie eiser 'n
liefdesverhouding gehad het, het daardie oggend
as passasier links voor in
eiser se motor gesit. Die liefdes-
verhouding het kort na die botsing tot 'n
einde gekom. Om
redes wat later sal blyk, is dit wenslik orn haar weergawe
op te som deur
aanhalings uit haar getuienis te gee. In
hoofondervraging kom die volgende
voor:
"If you would just tell his Lordship step by step what happened Mrs
Grobbelaar?-- When we got to the lights we stopped. When it turned
green we
carried on again."
"
Mr Scholtz
;
6
"
Mr Sch
oltz: Are those - sorry yes, when you came there they were red
and when they turned green?— Then we moved to cross the inter-section.
Yes?-- When we got halfway to the -you get the isle on the left side; we had
just passed that when I saw this white flash coming up
towards us.
From which side was this flash coming?— On the left side.
From your left side?— That is right. But before I could warn the driver
the car had hit us and I then lost consciousness."
"Was there anything unusual about the manner in which he pulled away from the
traffic lights once they turned green in your favour?—
No sir."
In kruisondervraging kom die volgende voor.
"I take it that prior to the accident you were watching the road ahead of
you?— Yes.
You say that your vehicle came to a stop at the robot?— That is
right.
That was because the lights were red against you?— That is right."
"But one thing is clear, isn't it Mrs Grobbelaar, that these lights were
never, as you approached the intersection, you can't remember
the lights ever
having been green?— No."
/ "Again
7
"Again I want to ask you, there ïs no question Mrs Grobbelaar, that you
approached this intersection and the light was already
green as you approached
the intersection?— No.
You are giving your evidence in English but I take it you can speak
Afrikaans?-- Yes.
Well?— Quite well."
Op 7 Julie 1980, dit is 22 dae na die ongeluk, is mev Grobbelaar uit eie
beweging na die polisie waar sy 'n verklaring onder eed afgelê
het. Haar
getuienis in dié verband lui:
"Sir, the police didn't approach me, I went after the police.
You went off yourself?— That is right.
Didn't they ask you to come in?-- No, I went to find out what the driver's
name was because I wanted to tell him that I was going
to take up the case."
And you have in fact also instituted an action, haven't you, against the
present defendant for your injuries?— That is right."
Die verklaring (bewysstuk B in die hof a
quo
) lui so:
/"Op Sondag
8
"Op Sondag 80/6/15 omstreeks 07hl5 was
ek 'n passassier van motorvoertuig CY 122938
Die voertuig was bestuur deur mnr G Huisamen.
Ons het in 'n Westelike rigting met die Nasionale pad beweeg. Ons het die
verkeers-ligte te h/v Oswald Pirow en die nas pad genáder.
Die
verkeerslig was groen in ons guns.
Ons het toe die kruislng binne beweeg. Ons was feitlik deur die kruising toe ek
ewe skielik 'n wit motor vanuit die linkerkant sien
beweeg.
Ek het toe bestuurder gesê dat die motor baie vinnig beweeg. Ek het toe
net 'n botsing gevoel en toe verloor ek my bewussyn.
Ek het my sleutelbeen en twee ribbes gedurende die ongeluk gebreek en is nog
onder hospitaalbehandeling."
In
kruisondervraging is die inhoud van bewysstuk B aan haar gestel. Haar antwoorde
is veelseggend soos blyk uit die volgende getuienis:
/ "Then
9
"Then it (dit is bewysstuk B) says: 'Ons het die verkeersligte te hoek van
Oswald Pirow en die nas. pad genader'. That is also correct,
not so?—
Yes.
'Die verkeerslig was groen in ons guns' Is that correct?— No, that is
not correct.
'Ons het tce die kruising binnebeweeg'. That is correct?— Yes.
You did at somc stage get into the.... —
Yes.
'Ons was feitlik deur die kruising
toe ek ewe skielik 'n wit motor vanuit die linkerkant sien beweeg' ?-- Ja, dit
is reg.
You had no time to warn the driver?-- I didn't sir, that I swear to.
You didn't warn him?— I didn't get a chance to warn him.
You are quite sure of that?— I am
positive.
I'm just putting this
statement to you Mrs Grobbelaar. 'Ek het toe bestuurder gesê dat die motor
baie vinnig beweeg'. You did
say that to the police, did you not?— I did
say it, because I was - I did think I had said it."
Die teenstrydighede in haar getuienis en in haar verklaring is aan haar
gestel. Wat dit betref lui haar getuienis soos volg:
/ When
10
"When I made that statement I admit I was still very much in shock.
In shock? That is on the 7th July 1980, that is almost four weeks after the
accident?— I know that.
Did you receive any treatment for shock?— I didn't get anything for
shock, no, not from the hospital.
But you went to the hospital?— Yes, I did go.
How long
were you there?— I was there oné day.
Did you get any treatment for this shock that you say you felt?— No, I
didn't get treatment."
Smith het getuig dat hy die more op pad huis toe was nadat hy die hele nag as
opsigter by die parlementsgebou gewerk het. In Oswald
Pirowlaan het hy eers by
'n motorhawe ongeveer 100 meter van die kruising aangegaan. Toe hy wéer
indraai in die laan was die
verkeerslig rooi maar omtrent 65 meter vanaf die
kruising het dit oorgeslaan na groen in sy rigting. Hy het in die regterkantse
baan,
langs die eiland, gery en sy spoed was ongeveer 60 k.p.u. Omdat dit
Sondagoggend was en hy die moontlikheid voorsien het dat mense
deur 'n rooi lig
mag ry, het hy stadiger beweeg en
/ sowat
11
sowat 30 meters van die kruising af regs gekyk, waar sy uitsig onbelemmerd
was, maar niks gesien nie. As eiser se voertuig by die
verkeerslig gestaan het
sou hy dit wel gesien het. Vanweë die f eit dat die lig vir hom groen was,
het hy voor hom gekyk en
die kruising binnegegaan. Die botsing het skielik
gekom. 'n Motor het vinnig van die regterkant gekom en hy het die voertuig aan
die linkerkant getref. Hy het verder getuig dat hy met eiser gepraat het en aan
hom op Engels gevra het: "How can you speed through
a red light like that?",
waarop eiser gesê het, "I saw nothing". Daar was weer 'n gesprek daarna.
Eiser het 'n bruin tassie
met 'n ritssluiter uit sy motor gehaal. Hy kon dit nie
toe kry nie en het vir hom, Smith, gevra om dit vas te hou, wat hy wel gedoen
het, en die ritssluiter is toe toegetrek.
In kruisondervraging het Smith getuig dat hy vir tien jaar nagdiens gedoen
het, dat hy gewoond daaraan was en dat dit hom nie geaffekteer
het nie.
/ Volgens
12
Volgens 'n tabel wat ingehandig is, blyk dit dat as die lig inderdaad
oorgeslaan het toe Smith 65 meter vanaf die kruising was, dit
groen sou gewees
het toe hy die kruising binnegegaan het.
Die geleerde regter a quo het mev Grobbelaar se
getuienis aanvaar. In die
verband het hy in sy uitspraak
gesê (die letters (a), (b), (c), (d) en
(e) is myne):
"Verweerder se advokaat het die getuienls van Grobbelaar aangeval as
onge-loofwaardig omdat die getuie volgens sy betoog afgewyk het
van haar
verklaring aan die polisie. (a) Na die mening van hierdie hof is bewysstuk B nie
'n ondubbelsinnige verklaring nie en sluit
dit nie haar weergawe in hierdie hof
uit nie, naamlik, dat eiser gestop het voordat hy die kruising binnegegaan
het.
(b) Uit ondervinding in hierdie hof blyk
dit dikwels dat die inhoud en
bewoording
van verklarings wat deur polisiebeamptes
opgestel word in
verband met moontlike ver-
volgings afhang van wat enige
betrokke
opsteller as belangrik beskou vir sodanige
vervolging, en word
die verklaring dien-
ooreenkomstig met noukeurigheid en bondig-
heid dikwels in sy eie woorde opgestel.
(c) Vir die opsteller van bewysstuk B mag
die feit dat daar eers gestop
is, voordat die
kruising op 'n groen lig binnegegaan is,
/ nie
13
nie van belang gewees het nie en is die hof nie bereid om Grobbelaar om
hierdie rede as ongeloofwaardig te beskou nie. (d) Sy
het 'n goeie indruk as getuie gemaak
Sy het egter in haar getuienis niks
probeer wegsteek nie en soos reeds genoem, is sy uit eie beweging na die
polisie waár sy 'n verklaring afgelê het."
Verweerder se advokaat (hy het nie in die hof a
quo
opgetree nie) het
in hierdie hof aan die hand gedoen dat die geleerde regter a
quo
die
getuienis van mev Grobbelaar nie moes aanvaar het nie. Myns insiens is hy korrek
en wel
vir die volgende redes. Weliswaar gebeur dit dat polisie-
beamptes Scms verklarings opstel soos in (b) hierbo uiteengesib.
In hierdie geval, soos blyk uit haar getuienis, het mev
Grobbelaar nie aan
die polisiebeampte gesê dat eiser gestop
het nie. Inderdaad het sy nie
eers gesuggereer dat hy nie
neergeskryf het wat sy gesê het nie of dat
hy haar nie
verstaan het nie. Dit volg dat wat in (c) gesê is
nie
geregverdig is nie.
/ Na
14
Na my mening is wat die regter in (a) gesê. het nie gegrond nie. Hoe
meer ek bewysstuk B lees, hoe meer is ek daarvan oortuig
dat mev Grobbelaar ten
tyde van die ver-klaring, 22 dae na die ongeluk toe die feite vars in haar
geheue moes gewees het, uitdruklik
gesê het dat toe hulle die kruising
nader was die lig groen in hulle guns gewees en dat hulle gevolglik die kruising
binnegegaan
het. Sy is self polisie toe om haar eie saak te bevorder. Dib is
derhalwe moeilik denkbaar, as die lig rooi was en as hulle gestop
het, dat sy
dit nie aan die polisie sou gesê het nie.
Alhoewel mev Grobbelaar 'n goeie indruk as getuie
gemaak het, moet onthou
word dat gedrag ("demeanour") in die
getuiebank uiters misleidend kan wees.
Kyk
S v Kelly
,
1980 (3) SA 301
(A) te 308, waar gesê is:
"There is no doubt that demeanour - 'that vague and indefinable factor in
estimating a wit-ness's credibility' (per HORWITZ AJ in
R v Lekaota
,
1947
(4) SA 258
(0) at 263) -
/ can be
15
can be most misleading. The hallmark of a truthful witness is not always a
confi-dent and courteous manner or an appearance
of frankness and candour."
In haar getuienis het mev Grobbelaar met klem gesê (sien haar woorde
"that I swear to") dat sy nie tyd gehad het om enige waarskuwing
aan eiser te
gee nie. In haar verklaring het sy gese dat sy wel aan eiser gesê het dat
die ander motor baie vinnig beweeg.
Toe hierdie teenstrydigheid aan haar gestel
is het sy geantwoord: "I was still in a state of shock". Die verklaring is
afgelê
22 dae na die botsing en in die lig van haar eie getuienis in
verband met die behandeling wat sy gekry het, is hierdie antwoord klaarblyklik
onwaar. Dit volg dat die regter se opmerking in (e) hierbo dus nie gegrond is
nie. Dit volg ook dat mev Grobbelaar se getuienis onaanvaarbaar
is en nie as
stawing vir eiser se getuienis kan dien nie.
Die weergawes van eiser en Smith is lynreg teenstrydig met mekaar. Die regter
het nie bevind dat een van die twee valse getuienis
afgelê het nie.
/ Wat
16
Wat eiser betref, het die regter in sy uitspraak gesê dat eiser 'n man
is wat reeds 'n gevorderde leeftyd bereik het; dat hy
nie die indruk geskep het
van iemand wat on-nodig 'n risiko sou neem nie, veral nie terwyl daar 'n darne
met hom in die voertuig
is met wie hy op daardie tydstip 'n intieme verhouding
gehad het nie, en dat dit on-waarskynlik is dat hy die kruising teen 'n rooi
lig
sou binnegaan nadat hy daar gestop het. Wat Smith betref, het die regter a
q
uo
gesê dat hy die ouderdom van 61 jaar bereik het en nie voorkom
as 'n persoon wat opsetlik deur 'n rooi lig sou gaan nie. In
die regter se redes
vir uitspraak kom die volgende voor:
"Teen hom (Smith) tel egter die feit dat hy die heel nag gewerk het (alhoewel
hy sê dat hy daaraan gewoond is); dat hy spoed
verminder het nadat die lig
vir hom groen geword het om regs te kyk, maar niks gesien het nie en aan-gery
het. Hy het toegegee dat
toe hy regs gekyk het hy karre vanaf die oostekant sou
kon sien op dieselfde distansie vanaf die kruising as wat hy toe was en dat
die
distansie wat hy moes aflê tot waar die botsing plaasgevind het,
/ korter
17
korter was as dié van 'u voertuig wat in sy
gesigsveld sou gewees het toe hy gekyk het.
Dit wil dus voorkom asof sy oplettendheidsver-
moë ietwat gebrekkig was want volgens die
bevinding van hierdie hof moes eiser se voer-
tuig op daardie stadium óf by die kruising
gestaan het óf reeds inbeweeg het. Laasge-
noemde skyn die waarskynlikste te wees."
Die bovermelde beredenering is foutief in die volgende opsigte. Eerstens het
Smith gesê dat hy nie geaffekteer was deur sy nagdiens
nie. Tweedens, as
hy inderdaad gesien het dat die lig na groen oorgeslaan het toe hy 65 meter
vanaf die kruising was, moes dit groen
gewees het toe hy die kruising
binnegegaan het. Daar kan dus geen sprake van gebrekkige
oplettenheidsvermoë wees nie. Derdens,
deur te bevind dat eiser wel gestop
het en daarna in die kruising inbeweeg het, word iets as bewese aangeneem wat
nog bewys moes
word. Smith het gesê dat hy na die oostekant gekyk het en
as eiser se motor daar gestaan het, sou hy dit gesien het. Daar is
geen rede om
eiser se getuienis op hierdie aspek te aanvaar en Smith se getuienis te ver-
/ werp
18
werp nie. Derhalwe is dit 'n foutiewe redenasie om enige
gevolgtrekking
te baseer op 'n bevinding wat nie bewys is
nie, naamlik dat eiser wel by die
lig gestaan het.
Vierdens, die feit dat daar 'n dame in eiser se motor
was,
neem die waarskynlikhede nie verder nie. Laastens vind
ek dit onwaarskynlik dat 'n getuie die relaas van die tassie
en die ritssluiter sou uitdink as dit nie gebeur het nie.
Inderdaad is sy getuienis in hierdie opsig nie aangeveg nie.
Eiser se advokaat (hy het nie in die hof a quo opgetree nie) het aan die hand
gedoen dat al sou hierdie Hof mev Grobbelaar se getuienis
verwerp, die
waarskynlikhede is dat Smith nalatig was en dat sy nalatigheid kousaal by-gedra
het tot die botsing. Hy het betoog dat
die feit dat Smith eiser se voertuig net
voor die botsing eers gesien het, bewys dat hy versuim het om 'n behoorlike
uitkyk te hou.
Hierdie betoog kan nie opgaan nie. Eerstens geld dieselfde '
betoog t.o.v. die eiser. Tweedens is die saak nie op daardie
/ basis
19
basis gevoer nie en is relevante aspekte in daardie opsig nie ondersoek nie.
Die saak is binne 'n beperkte bestek gevoer. Dit kom
voor uit die volgende
aanhaling uit die regter se uitspraak:
"Ondanks die bewerings van nalatigheid in die pleitstukke het die dispuut
tussen die partye soos gesien kan word uit die aangehaalde
getuienis, binne 'n
baie beperkte bestek geval, naamlik, welke een van die twee bestuurders die
betrokke kruising teen 'n rooi verkeerslig
binnege-gaan het. Dit is nie
aangevoer dat die een of ander van die twee bestuurders die botsing kon vermy
het nadat albei voer-tuie
reeds in die kruising was nie. Geeneen van die twee
het die ander blyk-baar betyds gesien om enige stappe te doen om die botsing
te
vermy nie. Dit was ook nie aangevoer nie dat die een reeds in die kruising was
toe die verkeerslig in die guns van die ander na
groen oorgeslaan het. Albei
bestuurders het volgehou dat hulle die kruising binnegegaan het terwyl daar 'n
groen lig in hulle guns
was."
Om op te som: Mev Grobbelaar se getuienis moet buite rekening gelaat word.
Die bewyslas om te bewys dat Smith teen die rooi lig in
beweeg het, het op eiser
gerus.
/ Daar..
20
Daar is 'n lynregte teenstrydigheid in die weergawes
van
eiser en Smith. Daar is geen rede om die een weergawe te
aanvaar teenoor
die ander weergawe nie. Dit kan nie gese
word dat die waarskynlikhede een van
die twee weergawes
steun nie. Dit volg dat die regter a
quo
moes
bevind het
dat die eiser sy saak nie bewys het nie en derhalwe moes
hy 'n
bevel van absolusie van die instansie gemaak het.
Kyk
National Employers'
Mutual General Insurance Association
v Gany
, 1931 AA 187 op
199.
Ingesluit in die oorkonde voor hierdie Hof is
die
verslae van die geneeshere wat getuienis sou
aflê voor die
hof a
quo
. Hulle het nie getuienis afgelê
nie want, soos
alreeds gesê, het die partye voor die verhoor in die hof
a
quo
op die bedrag van skadevergoeding ooreengekom. Dit was
dus
nie nodig om hierdie verslae in die oorkonde in te sluit nie.
Onnodige kennisgewings en hospitaalaantekeninge is ook inge-
sluit. Hierdie onnodige dokumente bevat 58 bladsye, naamlik
bladsye 9 tot
67. Die appellant is nie geregtig op enige
/ koste
21 koste in verband met dié 58 bladsye nie. Die slotsom
is:
(1) Die appèl slaag met koste, behalwe die koste
wat betrekking het op
die voorbereiding en
insluiting van bladsye 9 tot 67 in die oorkonde
voor
hierdie Hof.
(2) Die bevel van die hof a
quo
word tersyde gestel.
Dit word vervang
deur 'n bevel van absolusie
van die instansie met koste.
O GALGUT.