About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 106
|
|
Le Roux en Andere v Basson (278/1982) [1984] ZASCA 106 (21 September 1984)
LL
Saak No. 278/1982
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
JOHANNES ZACHARIAS LE ROUX
Eerate Appellant
ANDRIES STEPHANUS LE
ROUX
Tweede Appellant
GABRIEL STEPHANUS PETRUS LE ROUX
Derde
Appellant
teen
WILHELM JOHANNES BASSON
Respondent
CO
RAM
: WESSELS, VILJOEN, VAN HEERDEN, ARR
et
ELOFF, SMALBERGER, WARR
VERHOORDATUM
: 28 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM
: 21 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN, AR
...
2.
VAN HEERDEN, AR
:
Op 28 April 1978 het die partye 'n
skriftelike koopkontrak aangegaan. Daarvolgens het die appellante 'n gedeelte
van hul plaas in
die distrik van Worcester aan die respondent verkoop teen 'n
koopsom van R275 000. Ingevolge klousule 1 van die kontrak moes die
respondent
die som van R100 000 op 1 September 1978 aan die appel-lante betaal, terwyl 'n
verdere R100 000 teen registrasie van transport
van die verkoopte eiendom in
naam van die respondent betaalbaar was. Wat die balans van R75 000 betref, sou
'n tweede verband ten
gunste van die appellante geregistreer word. Op hierdie
stadium hoef voorts slegs na paragraaf 11 van die koopkontrak verwys te word.
Dit
/lui.......
3.
lui soos volg:
"Die Verkopers verskaf geen Waarborg omtrent die toestand van enige
verbeterings op die verkoopte eiendom nie; sulke verbeterings
word verkoop in
die toestand waarin dit is ten tye van die voltooiing van hierdie ver-koping en
wel onderhewig aan enige defekte
daarin of sulke defekte ook sigbaar of
on-sigbaar mag wees.
Die Verkopers verskaf ook geen waarborg oor die hoeveelheid of toestand van
enige aan-plantings wat op die eiendom mag wees nie."
Die respondent het begin Mei 1978 besit van
die verkoopte eiendom geneem
en dit omstreeks April
1979 ontruim. Op 1 Junie 1979 het die appellante
toe
die eiendom, bekend as Kanaan, aan ene Duvenhage verkoop
vir R168 000.
In dieselfde jaar het laasgenoemde die
suidelike gedeelte van Kanaán
(genaamd die Eiland) aan
/ene ...
4.
ene Botha verkoop. In 1980 is die oorblywende deel van Kanaan
aan ene De Swardt verkoop.
Voor die verkoop van Kanaán aan die
respondent was die appellante se plaas bekend as Groenvlei. In hierdie uitspraak
sal na
die gedeelte wat behou is, ver-wys word as Groenvlei restant (of bloot
die restant) nieteenstaande die feit dat dit later in 1979
tussen die tweede en
derde appellante verdeel is.
In Februarie 1980 het die respondent 'n aksie
teen die appellante in die Kaapse Provinsiale Afdeling aanhangig gemaak. In die
besonderhede
van die vor-dering, soos later gewysig, is beweer dat voor en ten
tyde van die aangaan van die koopkontrak tussen die
/partye ...
5.
partye die appellante teenoor die respondent gewaarborg het
dat die wyndruif-oes van Kanaán gedurende 1976-1978 gemiddeld minstens
700 ton per jaar was; dat die oes in 1979 minstens 700 ton sou wees en 'n bruto
inkomste van minstens R84 000 sou lewer, en dat daar
minstens 400 000
wyndruifstokke op die plaas was. Voorts is beweer dat in stryd met die partye se
bedoeling die waarborge as gevolg
van 'n gemeenskaplike fout nie in die
koopkontrak beliggaam is nie, en dat die appellante die waarborge verbreek het
aangesien die
oes gedurende 1976-1978 aansienlik minder as 700 ton was, die oes
in 1979 slegs 312 ton (met 'n bruto inkomste van R38 268,20) opgelewer
het, en
daar nie meer as 260 000 wyndruifstokke
/op ...
6
op Kanaän was nie. In die alternatief het die
res-pondent gesteun op voorstellings dat die oes gedurende 1976-1978 gemiddeld
minstens 700 ton per jaar was en dat daar minstens 400 000 wyndruifstokke op die
plaas was. Hierdie voorstellings, so is beweer,
is gemaak deur die appellante
voor en ten tyde van die aangaan van die koopkontrak, was wesentlik en vals tot
die kennis van die
appellante, en het diê respondent be-weeg om die
koopkontrak te sluit. Ten slotte is beweer dat 'n totale bedrag van R66 728,30
ten opsigte van die koopprys van Kanaán aan die appellante betaal is, dat
die respondent omstreeks 9 April 1979 die koop-kontrak
gekanselleer het, soos hy
geregtig was om te
/doen ...
7
doen, en dat as gevolg van die appellante se
kontrak-
breuk die respondent skade ten bedrae van R34 445,34
gely het.
(Hierdie bedrag is saamgestel uit die
som van R31 397,27 wat gevorder is ten
opsigte van
die beweerde verbreking van die waarborg dat die 1979
oes
minstens 700 ton sou beloop en die som van
R3 048,07 synde onkoste verbonde
aan verhuising van-
af Kanaan en instandhouding van die plaas na kansel-
lasie van die koopkontrak.) Die respondent het
derhalwe teenoor die
appellante aanspraak gemaak op
rektifikasie van paragraaf 11 van die
koopkontrak, be-
taling van die som van R101 173,64 (R66 728,30 plus
R34 445,34) met rente,
en gedingskoste. In die al-
ternatief is betaling van die som van R69
776,37
/(saamgestel ...
8
(saamgestel uit die genoemde
bedrae van R66 728,30 en R3 048,07) met rente en koste gevorder.
In hul
verweerskrif het die appellante die aangaan van die koopkontrak en betaling van
die som van R50 000 ten opsigte van die koopprys
erken. Aangaande die balans van
R15 652,29 wat ook volgens die respondent betaal is, is beweer dat betaling
geskied het aan die appellante
se prokureurs wat onderneem het om dit in trust
te hou hangende die uitslag van die geskil tussen die partye. Al die ander
bewerings
in die besonder-hede van die vordering is ontken. In besonder is die
bewerings met betrekking tot die waarborge en wanvoor-stellings
in geskil
geplaas en ontken dat die respondent
/geregtig ...
9
geregtig was om uit die koopkontrak terug te tree. Voorts het
die appellante beweer dat hulle die kontrak in Mei 1979 gekansel.leer
het
vanweë die respondent se weiering of versuim om sy verpligtinge na te
kom.
In hul teeneis het die appellante skadever-goeding gevorder vanweë die
respondent se kontrakbreuk en hul gevolglike kansellasie
van die koopkontrak.
Die kernbewering was dat die hoogste prys wat hulle na kansellasie vir
Kanaán kon verkry veel minder
was as die koopsom van R275 000 wat die
respondent aan hulle moes betaal het.
By die verhoor was dib gemene saak dat
die appellante voor die aangaan van die koopkontrak vir
/die ...
10.
die respondent meegedeel het dat die oes van Kanaán in
1978 ongeveer 700 ton beloop het en dat daar onge-veer 400 000 druiwestokke
op
die plaas was. Die vernaamste geskilpunte was of enige waarborge gegee is, of
die 1976 en 1977 oessyfers ooit ter sprake was,
of die 1979 oes aanduidend van
die ware potensiaal van Kanaán was, of die oeste in 1976, 1977 en 1978
ge-middeld nagenoeg
700 ton was, en welke getal stokke in Kanaán se
wingerde was. Die verhoorhof (Van Heerden, R) het die getuienis wat deur en
ten
be-hoewe van die respondent gegee is, aanvaar en ten opsigte van al bogenoemde
geskilpunte in die guns van die respondent bevind.
In besonder is bevind dat
die
/beweerde ...
11.
beweerde waarborge inderdaad gegee is en verbreek is
aangesien Kanaán nóg in die tydperk 1976-1978 nóg in 1979
'n oes van naastenby 700 ton opgelewer het, en daar veel minder as 400 000
druiwestokke op die plaas was. In die veronderstelling
'dat hierdie be-vindings
gemaak sou word, was dit blykens die uit-spraak uiteindelik nie in geskil nie
dat paragraaf 11 van die koopkontrak
gerektifiseer moes word, en dat die
respondent geregtig was op terugbetaling van die som van R66 728,30 en op
skadevergoeding van
R34 445,34, 'n totaal dus van R101 173,64. Gevolglik is die
teen-eis met koste afgewys, is vonnis vir laasgenoemde be-drag met rente
en
koste ten gunste van die eiser gegee,
/en ...
12.
en is die inhoud van klousule 11 van die koopkontrak
met die volgende vervang:
"Die verkopers waarborg dat die wyndruif= oes op die eiendom gedurende die
jare 1976 tot 1978 gemiddeld minstens 700 ton per jaar
was en dat behalwe in die
geval van rampspoed die wyndruif-oes van 1979 min-stens 700 ton met 'n bruto
inkomste van R84 000,00 sal
wees. Die verkopers waarborg verder dat daar
nagenoeg 400 000 wyndruif-stokke op die datum van die ver-koping op die gemelde
eiendom
is."
Die onderhawige appèl is teen die heleuit-
spraak van die verhoorhof gerig. Namens die appel-
lante is dan ook al bogenoemde bevindings aangeveg.
Hoewel die getuienis rakende bepaalde geskilpunte nie
in isolasie beoordeel kan word nie, is dit gerieflik
om eers die onderskeie weergawes met betrekking tob
/die ...
13.
die beweerde waarborge in oënskou te neem.
In April 1978 het die
appellante vir Kanaan geadverteer as 'n wyn- en veeplaas van 514 hektaar met
ongeveer 400 000 wyndruifstokke
"waarvan meeste jonk is". Ook is genoem dat die
plaas "tans" 700 ton gepars het, en dat 'n KWV kwota van 1 500 ton daar-op van
toepassing
was. Die respondent getuig dat nadat hy die advertensie gelees het,
die tweede appel-lant (hierna Andries genoem) hom die plaas gewys
het. Hy het
gemerk dat die wingerde heelwat haasbek= gedeeltes gehad het maar Andries het
bevestig dat daar ongeveer 400 000 stokke
op die plaas was. Andries het ook
,genoem dat Kanaán die afgelope drie
/seisoene ...
14
siesoene (d w s in 1976 tot 1978) gemiddeld 700 ton druiwe opgelewer
het. Toe Andries hom. die Eiland gewys het, het eersgenoemde
gesê dat daar
100 000 Raisin Blanc-stokke, 3 tot 4 jaar oud, in die betrokke wlngerde was wat
in die pas afgelope parsseisoen
(Februarie - Maart) 60 ton opgelewer het.
Aangesien die wingerde nog jonk was, sou na Andries se verwagting in 1979
minstens 200
ton van hulle gepars kon word.
Daarna het die respondent, aldus
sy getuienis, oor die koopprys van Kanaán met al drie appellante
on-derhandel. Op dié
geleentheid het die respondent gevra hoeveel stokke
daar op Kanaan was. Die appel-lante het die reedsgenoemde getal van nagenoeg
400
000
/bevestig ...
15
bevestig en ook gesê dat hulle dit op skrif het dat die plaas die
afgelope drie seisoene gemiddeld 700 ton per jaar geproduseer
het. Omstreeks die
middel van April het die respondent toe 'n skriftelike opsie verkry waarvolgens
hy Kanaán op sekere voorwaardes
teen R275 000 kon aankoop.
Die
respondent het daarop sy prokureur, Van Wyk, geraadpleeg en op 27 April het
hulle met die ap-pellante op Groenvlei onderhandel.
Veral ter sprake was die
respondent se vermoë om die koopprys en rente op die beoogde verbande te
betaal. Van Wyk het in groter
besonderhede as die respondent oor hierdie
samespreking getuig. Hy sê dat hy eers die volgende
/inligting ...
16.
inligting wat hy reeds van die respondent verkry het aan die appellante
gestel het, en dat hulle dit toe bevestig het: die koopprys
sou R275 000 wees;
die appellante was bereid om 'n tweede verband vir 5 jaar teen 'n rentekoers van
12% ter gedeeltelike betaling
van die koopprys te neem; Groenvlei moes nog
onder-verdeel word sodat Kanaán 'n aparte entiteit sou wees; die
appellante sou
reël dat 'n KWV kwota van 1 500 ton' op Kanaán van
toepassing sou wees; die appellante het die versekering gegee dat
daar 400 000
produserende wingerdstokke, oorwegend jonk en meestal onder besproei- ' ing, op
Kanaán was; hulle het oor 'n
tydperk van 3 jaar sorgvuldig boekgehou van
die blok vir blok produksie
/van ...
17.
van Kanaan wat in totaal gemiddeld 700 ton per jaar beloop
het, en die respondent kon op 1 Mei besit van die plaas neem. Van Wyk het
toe
verduidelik dat die respondent gehoop het om sy eie plaas vir R100 000 te
verkoop en om 'n lening vir 'n verdere R100 000 op
eerste verband by die
Landbank te verkry, en dat die omvang van die tweede verband dus R75 000 sou
moes beloop. Daarvoor was die
appellante te vihde. Die volgende aspek wat
bespreek is, was of die respondent uit die inkomste van die boerdery genoegsaam
sou kon
spaar om die rente op, en uiteindelik die kapitale bedrae van, die
verbande te delg. Die appellante het gesê dat die Badsberg
Kelder (hierna
Badsberg genoem) die pas
/afgelope ...
18.
afgelope seisoen R120 per ton wyndruiwe betaal het en nadat 'n maalsom gemaak
is, het almal saamgestem dat die respondent 'n bruto
inkomste van minstens R84
000 uit wyndruiwe kon verwag. Van Wyk het daarop gesê dat hy nie oortuig
was dat diê inkomste
voldoende sou wees nie. Die appellante se reaksie was
dat die 400 000 stokke op die plaas oorwegend jonk was, en hulle het veral
klem
gelê op die jong stokke op die Eiland wat uit die Breërivier besproei
kon word. Hulle het dan ook die versekering
gegee dat Kanaán uiteindelik
1 500 ton druiwe sou kon oplewer. Na verdere bespreking oor moontlike
addisionele inkomste uit
groente en bees-boerdery, "het ons teruggekom by die
punt, met die
/duidelike ...
19.
duidelike vraag aan Verweerders [d i die appellante]
maar hoe kon ons dan
nou seker wees van die 700 ton
en die 400 000 stokke." Van Wyk getulg
voorts:
"Oor die 700 ton, Edelagbare, het hulle by herhaling bevestig dat hulle het vir
drie jaar sorgvuldig apart boekgehou, dat hulle daarvan
- dat hulle die syfers
tot hulle beskikking het en dat hulle dit kan waarborg. Dieselfde, Edelag-bare,
het ons gevra oor die stokke
ook ... Edelagbare, met hierdie besprek-ing soos
dit nou gevoer was, het ons al-mal saamgestem, was ons almal tevrede dat die
huidige
gewaarborgde inkomste van R84 000, die gewaarborgde stokgetalle van 400
000, en die potensiaal wat die plaas het sonder verdere kapitale
uitgawes, dat
die Eiser [d i die respondent] wel die plaas sal kan bekostig
..."
In hoofverhoor het Van Wyk nie
pertinent van
'n waarborg met betrekking tot die verwagte 1979 oes
/melding ...
20.
melding gemaak nie. Gedurende krulsverhoor getuig hy egter
dat die appellante uitdruklik gewaarborg het dat die respondent se oes
in 1979
minstens 700 ton sou be-loop.
Nadat verdere aspekte bespreek is, aldus Van
Wyk, is onder andere ooreengekom dát die som van R100 000 betaalbaar sou
wees
op 1 September 1978; dat wat die tweede verband betref helfte van dle som
van R7 5000 na 5 jaar en die ander helfte na 8 jaar gedelg
moes word; en dat die
koopkontrak onderhewig sou wees aan die ver-kryging van die beoogde
Landbanklening. Daarna "het ek toe vir
die voordeel van hoe ver ons gevorder het
net weer mooi saamgevat waaroor ons almal nou ooreengekom
/het ...
21 .
het en weer benadruk dat die koper, die Eiser, sal nie in
die eiendom belang stel as daardie 700 ton nie ge-waarborg is nie, dat die
getal
stokke nie daar is nie
Die respondent staaf in breé" trekke Van Wyk se weergawe. Hy sê
dat op 27 April die appellante her-haal het dat hulle
aantekeninge gemaak het
van die produksiesyfers vir 1976-1978 en dat Kanaan in diê tydperk
gemiddeld 700 ton per jaar opgelewer
het. Volgens sy getuienis het die
appellante die produksie en die aantal stokke op die plaas (ongeveer 400 000)
gewáarborg.
Aangaande die 1979 oes getuig hy in hoofverhoor dat die
appellante gewaarborg het dat hy
/niks ...
22.
niks minder as 700 ton behoort te pars nie. . Op sy weergawe
gedurende kruisverhoor kom ek later terug.
Alhoewel Van Wyk en die respondent
konsekwent verwys het na mededelings wat
die appellante
gemaak het, is
dit duidelik dat hulle nie wou voorgee nie dat wat een appellant gesê het
deurgaans deur die ander twee beaam
is. Volgens die respondent het die eerste
ap-pellant (hierna Johnnie genoem) die praatwerk gedoen maar het Andries ook aan
die onderhandelinge
deelgeneem. Die derde appellant (Gaffie) het egter maar min
gesê.
Dit is gemene saak dat die appellante die koopkontrak deur hulle prokureur,
Krige, wou laat op-stel en dat een van hulle net nadat
finaliteit op 27
/April ...
23.
April bereik is vlr Krige getelefoneer het. Dit het
meegebring dat Van Wyk en die partye vir Krige omstreeks 12 vm. langs die
Cerespad
ontmoet het. Volgens Van Wyk het Krige gesê dat hy klaar laat was
vir 'n ete= afspraak in Ceres en dat daar vinnig gepraat
moes word. Krige het
toe 'n stuk papier uitgehaal en op die enjin-kap van 'n motor aantekeninge
gemaak van die essensiele punte waarop
ooreengekom is en wat deur "almal" aan
hom opgenoem is. Toe Krige sê dat die kontrak die vol-gende dag opgestel
kon word, het
Van Wyk gemeld dat hy nie beskikbaar sou wees nie. Hy het voorts
genoem dat die inligting wat aan Krige verstrek was maar net die
"buitelyne"
was, dat daar serwltute geskep moes word,
/en ...
24.
en dat Krige dus volledige instruksies van die partye moes
neem. Hy het Krige ook versoek om na die respon-dent se belange om te sien.
Ten
slotte is afgespreek . dat, indien nodig, Krige vir hom sou skakel. Onder
kruisverhoor noem Van Wyk vir die eerste
keer dat hy ook teenoor Krige melding gemaak het van waarborge wat by die
kontrak ingelyf moes word. Daaroor later meer.
Die respondent het hom nie uitgelaat oor die inligting wat aan Krige verskaf
is nie. Hy sê dat hy eenkant gestaan het en dat
die appellante en Van Wyk
die praatwerk gedoen het. Hy beaam dat Krige haastig was.
/Die ...
25.
Die volgende middag het die respondent, aldus sy getuienis, saam met die
appellante na Krige se kan-toor in Worcester gery. Op pad
het hy gevra, "manne,
julle waarborg vir my dat die plaas 700 ton pars die afgelope drie jaar, dat ek
dit vanjaar weer pars en julle
het dit op wit en swart..." Al drie appellante
het bevestlgend geantwoord. By Krige aangekom, was die koopkontrak reeds
opgestel.
Die respondent en elk van die appellante het 'n afskrif van die
getikte oor-spronklike gekry en Krige het hardop klousule na klousule
voorgelees. Toe klousule 11 aan die beurt kom, het die respondent geskrik want
hy het besef dat die inhoud daarvan lynreg in stryd
was met die waar-
/borge ...
26.
borge wat gegee en pas vantevore herhaal is. Hy het
sy bedenkinge gelug maar Krige het hom gerusgestel.
Daarop het die
respondent vir die appellante gevra "met
ander woorde, julle waarborg nog
steeds dat my plaas
400 000 wyndruifstokke het en dat my plaas vir die af-
gelope drie jaar
700 ton gepars het en dat hy vir die
volgende jaar ten minste weer 700 ton
sal pars". Toe
die appellante bevestigend antwoord, was die respondent
tevrede en was hy bereid om die koopkontrak te teken.
Klousule 14 van die konsepkontrak het soos
volg
gelees:
"Die Koper sal reëlings tref om binne 'n periode van 15 (vyftien) maande
vanaf datum van die Koopbrief 'n Verbandlening te
verkry
/van ...
27.
van R100 000 (EEN HONDERD DUISEND RAND). Die Verkopers gee egter hier te kenne
dat indien die Koper nie so 'n verband kan kry binne
'n periode van 15 (vyftien)
maande nie, sal hulle toegeeflik wees om uitstel te verleen aan die Koper vir 'n
redelike tydperk om
genoemde bedrag op verband te
verkry."
Dit is gemene saak dat voor ondertekening
van die koopkontrak Krige telefonies met Van Wyk gepraat het. Net daarna het die
respondent
ook met Van Wyk gepraat. Hy getuig dat Van Wyk hom bloot gevra het of
hy tevrede was, waarop hy bevestigend geantwoord het. Krige
het toe klousule 14
deurgehaal en die partye het die kontrak onderteken.
Van Wyk getuig dat hy die oggend van 28 April 1978 in sy kantoor 'n lang
konsultasie met kliënte oor
/'n ...
28.
'n bestrede saak gevoer het. Krige se sekretaresse het hom geskakel en gemeld
dat Krige met hom wou praat. Hy het gesê dat hy
besig was maar dat, indien
dit 'n dringende aangeleentheid was, hy vinnig met Krige sou praat. Laasgenoemde
het hom toe meegedeel
dat die respondent gereed was om die kontrak te onderteken
maar dat hy (Krige) net vir Van Wyk wou raadpleeg oor die bewoording van
die
klousule aangaande die verkryging van 'n verbandlening. Daarop het Krige
klousule 14 voor-gelees. Van Wyk se reaksie was dat,
soos voorheen ooreengekom,.
die klousule pertinent op 'n Landbanklening betrekking moes hê en dat die
bewoording van die klou-sule
in elk geval te vaag was. Krige hét
verduidelik
/dat ...
29.
dat, indien nodig, die appellante moontlik self 'n addi-
sionele verbandlening aan die respondent sou toestaan. Van Wyk se antwoord
was
dat soos klousule 14 toe bewoord was dit die respondent se vooruitsig op 'n
Landbanklening sou belemmer. In die haastigheid is
toe ooreengekom dat die
klousule geskrap sou word en dat Krige dadelik 'n addendum sou opstel. Daarin
moes die feit dat die koopkontrak
onderhewig was aan die verkryging van 'n
Landbanklening "en moontlike alternatiewes sou dit mis-luk" volledig uiteengesit
word. Die
addendum moes dan saam met die koopkontrak onderteken word.
Van Wyk
getuig voorts dat die respondent se eggenote hierna 'n afskrif van die
koopkontrak by sy
/kantoor ...
30.
kantoor afgelewer het. Hy het toe gemerk dat die plan wat die
verkoopte eiendom moes identifiseer nie by die afskrif aangeheg was
nie. Hy het
kloúsule 14 be-hoorlik met 'n swart pen deurgehaal maar nie die kontrak
gelees nie en was dus nie bewus van die
inhoud van klousule 11 waarvolgens geen
waarborge aan die respondent gegee is nie. Eers teen Augustus het hy gemerk dat
die addendum
waaroor hy en Krige gepraat het ook nie by die kontrak aangeheg was
nie. Daarna het hy op 4 Augustus
'n skrywe aan Krige gerig waarin 'n
telefoniese gesprek van dieselfde dag bevestig is. Volgens die brief het die
vraag of die addendum
opgestel was tydens die ge-sprek ter sprake gekom en het
Krige aangedui dat dit
/ongelukkig ...
31.
ongelukkig vergete gebly het, maar dat die aangeleent-heid later in die maand
reggestel sou word.
Dit is nie in
geskil
nie dat
die respondent inmiddels 'n dokument by Johnnie gekry het waarin die stokgetalle
op Kanaan per variëteit uiteengesit
is. Daarvolgens was die totale getal
stokke 415 000. Dié dokument is deur die respondent aan Van Wyk besorg en
laasgenoemde
het van die informasie gebruik gemaak by die opstel van die
respondent se aansoek om 'n Landbank-lening.
Die respondent getuig dat toe hy
einde Augus-tus of begin September 1978 kunsmis op Kanaan wou toe-dien hy
besonderhede van die oessyfers
vir die tydperk
/1976-1978 ...
32.
1976-1978 benodig het. Daarom het hy vir Andries ge-vra vir die blok vir blok
oessyfers (klaarblyklik ver-wysende na die skriftelike
besonderhede waaroor die
appellante volgens hul versekerings in April beskik het). Andries het gesê
dat die dokumente by Gaffie
was. Die volgende dag het die respondent by Gaffie
navraag gedoen en laasgenoemde het geantwoord dat hy in April die besonderhede
in die kantoor in Andries se huis gelaat het. Die respondent is terug na Andries
wat toe 3 velle papier aan hom oorhandig het, Andries
het gesê dat hy
diê in sy lessenaar se boonste laai ge-vind het. Die drie velle het op die
oog af besonder-hede van oessyfers
vir verskillende blokke wingerde op
/Kanaan ...
33.
Kanaan bevat, en indien 'n optelfout buite rekening ge-laat
word, was die totale vir die betrokke drie sei-soene soos volg: 716,774
ton
(1976), 683,551 ton (1977) en 711,416 ton (1978), dus 'n gemiddelde opbrengs van
nagenoeg 704 ton per jaar. In navolging van
die uitspraak van die verhoorhof
verwys ek na die dokumente as bewysstuk E en na dle inligting daarop as Gaffie
se syfers.
Ek keer terug na Van Wyk se weergawe. Hy sê dat selfs toe hy besef het
dat die addendum nie aangeheg was nie by die afskrif
van die koopkontrak in sy
beslt hy nie die inhoud van die kontrak gelees het nie. Eers later in Augustus
toe dit geblyk het dat
/die ...
34.
die respondent probleme sou ondervind om te voldoen
aan
die bepaling waarvolgens die som van R100 000 op
1 September betaalbaar was, het hy die inhoud bestu-
deer. Hy het toe vir
die eerste keer bewus geword
van die bepalings van klousule 11 en van die
feit dat
sekere aspekte waarop op 27 April ooreengekom is nie
in die kontrak bellggaam was nie, asook dat dle kontrak
in sekere opsigte bedinge in stryd met die partye se
mondelinge ooreenkoms
bevat het. Om redes waarop
nie ingegaan hoef te word nie, was meeste van die
ge-
breke in die koopkontrak na sy oordeel egter nie meer
aktueel nie. Wat
die kwessie van die waarborge be-
tref, was hy op daardie stadium in besit van die dokument
/met ...
35.
met Johnnie se stokgetalle asook bewysstuk E. Die in-
ligting daarin vervat het hom gerusgestel want dit
het ooreengestem met
die inhoud van die waarborge wat
verstrek is. En toe die gee van die
waarborge nie op
ondergenoemde byeenkoms betwis is nie, het hy besluit
om nie "krapperig" te wees nie. Dit sou verklaar
waarom hy nooit teenoor óf die appellante of Krige te
kenne gegee het dat klousule 11 nie in die koopkontrak
vervat moes gewees het nie daar dit reëlreg in stryd
was met wat mondeling ooreengekom is.
Dle respondent se onvermoë om die som van R100 000 op 1 September te
betaal, het gelei tot 'n
samespreking op 25 September 1978. Teenwoordig was
/Van Wyk ...
36.
Van Wyk, Krige en die partye. Eersgenoemde getuig
dat hy
ter aanvang gemeld het dat hy bekommerd was om-
dat die Landbank op daardie stadium nog nie uitsluitsel
oor die respondent
se aansoek gegee het nie. Hy het
toe "maar weer die leiding geneem" en gesê dat hulle
moes besluit of
die aansoek suksesvol sou wees, en dat
hy veral graag Krige se mening wou
hoor. Hy het
verduidelik dat hy Johnnie se stokgetalle by die
Land-
bankaansoek ingesluit het en dat "ons die gewaarborgde
700 ton aan die Landbankwaardeerder bevestig het".
Almal het toe
saamgestem dat met so 'n beeld van Kanaan
die aansoek sou slaag indien fondse beskikbaar was.
Nadat Van Wyk gemeld
het dat die respondent tussen
/R50 000 ...
37.
R50 000 en R60 000 aan die appellante sou kon betaal sodra
transport van sy Wellington plaas geskied, is bespreek hoe die balans van
die
R100 000 betaal sou kon word. Van Wyk het daarop gewys "dat die gewaarborgde 700
ton produksie daar moet wees" en het voorgestel
dat ter betaling van die balans
die respon-dent twee sessies aan die appellante moes gee ten op-sigte van die
oesinkomste wat in
1979 en 1980 deur Badsberg aan hom (die respondent)
betaalbaar sou word. Die voorstel is aanvaar en later is skriftelike sessies
deur die respondent onderteken. Tydens die samesprekings het niemand, aldus Van
Wyk, ontken dat waarborge gegee was nie.
/Om ...
38.
Om redes wat nie duidelik is nie, is die respondent
nóg in hoofverhoor nóg in kruisverhoor gevra na die inhoud van die
onderhandellnge wat op 25 Septem-ber gevoer is. Van Wyk se getuienis dat hy op
dié geleentheld na 'n gewaarborgde oes verwys
het, word dus nie deur die
respondent gestaaf nie.
Van Wyk getuig voorts dat die respondent hom na die
aanvang van die parsseisoen in Februarie 1979 gespreek het. Die respondent het
Van Wyk mee-gedeel dat hy feitlik klaar gepars het en dat volgehs sy beraming sy
oes niks meer as 400 ton sou wees nie. Die getuie
het onmiddelllk besef dat so
'n oes nie oor-eenkomstig die appellante se waarborge sou wees nie,
/en ...
39.
en het dit sy plig geag om "op daardie stadium
volledlg
uit te spel teenoor Verweerders [d i die appellante]
se prokureurs wat die situasie is". Gevolglik het hy
op 24 Februarie 'n
skrywe aan Krige gerig. Daarin het
hy na die respondent se oesskatting verwys
en o a die
volgende gesê:
"3. Wat die aankoop van die betrokke eiendom deur my kliënt betref, maak
hy die vol-gende beweringe, naamlik:
3.1 Sy aandag was op die plaas vir die heel eerste keer gevestig deur 'n
advertensie wat u kliënte in Die Burger geplaas het. Volgens hier-die
advertensie het u kliënte voor-nemende kopers uitgenooi
op die grond-slag
dat die minimum druiwe-opbrengs van die nagenoeg 400 000 wingerdstokke minstens
700 ton is.
/3.2 ...
40.
3.2
Toe qns
onderskeie kliënte die koop-prys en die koopvoorwaardes bespreek en bepaal
het, het u kliënte nadruk-lik gewaarborg
dat die eiendom niks minder as 700
ton sal oplewer nie, want dit is wat hulle in daardie jaar aldaar gepars
het.
3.3
Teen hierdle waarborg en nadat my.
kliënt gesê het dat hy absoluut daar-op peil trek, het hy ingewillig
om die bepaalde
koopsom te betaal."
Verder is in die
brief genoem dat volgens die
respondent hy alles moontlik gedoen het "om die
gewaar-
borgde 700 ton te handhaaf". Van Wyk het ten slotte
gemeld dat die
respondent op daardie stadlum nie 'n
finale standpunt wou inneem nie, en het die appellante
versoek om
kommentaar oor die inhoud van die brief te
lewer.
/Dit ...
41.
Dit is gemene saak dat Krige die skrywe ontvang
het en dat
die verdere korrespondensie wat hieronder
vermeld word tussen die prokureurs
gevoer is. Toe
Krige nie gereageer het nie, het Van Wyk verdere skrywes
aan hom gerig. In 'n brief van 9 Maart het Van Wyk
gemeld dat volgens alle
aanduidings die respondent se
totale oes niks meer as 350 ton sou wees nie, en is
Krige by herhaling
versoek om te handel met die inhoud
van en versoeke vervat in die skrywe van 22 Februarie.
Op 10 Maart het laasgenoemde geantwoord. In die ter-
saaklike gedeelte van die brief is slegs gesê:
"Die bewerings aangaande wanvoorstelle (sic!) word deur Mnre. le Roux broers
ontken. As daar enige kleiner oes op die plaas verkry
/word ...
42.
word is dit slegs veroorsaak deur die manier waarop Mnr. Basson die plaas
geboer het van-af hy besit geneem het. Ons kliënte
het genoegsame
informasie om die bewering te staaf."
Op 12 Maart het Krige in 'n verdere brief weer
net gesê dat die
"bewerings van wanvoorstelle gemaak
deur u kliënt is volgens ons
kliënte se berekening
heeltemal ongegrond", en voorts gemeld dat die
appel-
lante daarop aandring dat onmiddellik voortgegaan word
met die oordrag van
Kanaán aan die respondent. Op
15 Maart het Van Wyk geantwoord en o a geskryf:
"My klient het beslis peil getrek op die advertensie waarvolgens dit aangedui
was dat 700 ton gepars word. In die same-sprekinge wat
tot die siuiting van die
koopkontrak gelei het, het u kliënte die
/700 ...
43.
700 ton by herhaling gewaarborg ..." Op 22 Maart het die
partye, Van Wyk en Krige in een van die appellante se huis op Groenvlei restant
by-mekaar gekom. Van Wyk getuig dat hy daarop gewys het dat van meet af die
appellante die stokgetalle en oes-produksie gewaarborg
het. Dié
appellante het nie per-tinent ontken dat hulle waarborge gegee het nie maar wel
betwis dat hulle wanvoorstellings
gemaak het. Hulle het gesê dat die
voorstellings wat hulle gemaak het juis was, maar dat die respondent swak geboer
het. Hulle
het twee redes gegee, nl dat die respondent nie be-hoorlik die kweek
in die wingerde bekamp het nie en dat hy nie genoegsaam besproei
het nie. Krige
het 'n
/dokument ...
44.
dokument by hom gehad en gesê dat die appellante die
syfers van elektriese kragverbruik deur die respondent vir die tydperk
Desember
1978 tot Februarie 1979 en deur die appellante vir die ooreenstemmende tydperk
in 1977-1978 van Evkom verkry het. Van Wyk
het daarna gekyk en, soos hy
sê, hom boeglam geskrik, want vol-gens die syfers moes die respondent op
die oog af nie behoorlik
besproei het nie. Later het die respondent egter vir
hom genoem dat hy (die respondent) reeds in November 1978 intensief begin
besproei
het en dat hy oortuig was dat indien daardie maand in aanmerking geneem
sou word, sy kragverbruik nie ongunstig met dié van
die appellante
gedurende die tydperk November
/1977 ...
45.
1977 - Februarie 1978 sou vergelyk nie.
Hierna het die
appellante vir Van Wyk genooi om saam met hulle die wingerde te inspekteer sodat
hulle tekens van verdroging en die
stand van die kweek aan hom kon uitwys. Van
Wyk het na aanvanklike teen-stribbeling teensinniglik ingestem en almal
teenwoordig het
toe met 'n bakkle op Kanaan rondgery. Van Wyk se oorheersende
indruk was dat die wingerde baie haasbek-gedeeltes gehad het en hy
het tot die
oortuiging gekom dat daar nie naastenby 400 000 wingerdstokke op Kanaan was nie.
Na afloop van die samespreking, waarop
die geskille tussen die partye nie uit
die weg geruim kon word nie, het Van Wyk vir die respondent gevra om
/so ...
46.
so spoedig moontlik volledige syfers van Evkom te ver-kry. Hy
het ook vir die respondent genoem dat na sy mening die appellant nie
gedurende
1976-1978 gemiddeld 700 ton per jaar op Kanaan gepars het nie en dat die sy-fers
oor die stokgetalle uit die lug gegryp
was. Daar-op het hulle afgespreek om
deskundige hulp in te roep.
Op 3 April het Van Wyk vir Krige geskakel en
toestemming gevra om die appellante se oessyfers vir bogenoemde drie seisoene
van Badsberg
te verkry. Krige was heeltemal gewillig om die gevraagde
toestem-ming te gee maar wou weet waarna Van Wyk besig was om te mik.
Laasgenoemde
het geantwoord "ons is besig om te kontroleer daardie syfers oor
die produksie
/van ...
47.
van die afgelope drie jaar wat gewaarborg is en waar-voor die
Verweerders aan Eiser skriftelike syfers gegee het". Krige se reaksie
was dat hy
nie kon verstaan hoe die appellante kon gesê het dat hullé oor 'n
tyd-perk van drie jaar sorgvuldig boekgehou
het nie aange-sien hulle net in een
seisoen aantekeninge van Kanaan se oesopbrengs gemaak het.
Die respondent het
ook oor die byeenkoms op 22 Maart getuig. Hy het egter nie in hoofverhoor
ge-meld dat enigiets oor waarborge gesê
is nie, en is ook nie deur die
kruisverhoorder uitgevra oor die tersaak-like gedeelte van Van Wyk se getuienis
nie.
Nadat ene Kotze, 'n deskundige aangaande Landbou=
/ekonomie ...
48.
ekonomie, Kanaan besoek het, het die respondent volgens
eersgenoemde se voorskrifte sekere opmetings in die wingerde gemaak en ook
die
aantal stokke in sekere rye getel of laat tel. Op grond daarvan het Kotze die
aantal stokke op Kanaan bereken. Op 9 April 1979
het Van Wyk in 'n brief aan
Krige geskryf "dat voor en tydens die sluiting van die ooreenkoms het u
kliënte geadverteer, bevestig
en herbevestig en gewaarborg dat ... 700
metrieke ton wyndruiwe op die verkoopte ge-deelte ... gepars is ... [en dat]
daar sowat
400 000 wingerdstokke op die gedeelte is." Hy het voorts ge-meld:
1) dat toe die respondent die appellante
/teen ...
49
teen ongeveer Julie 1978 genader het
om inligting vir die voltooiing van die verslag van die Landbankwaar-deerder die
appellante volgens
hul waarborge herbeves-tig het dat daar sowat 400 000
wingerdstokke op Kanaán was en dat die produksie in 1976-1978 gemiddeld
700 ton per jaar was;
2) dat die appellante teen Oktober 1978
gespesifiseerde state aan die
respondent verstrek het
waarin die blok vir blok produksie van die
wingerde
apart weergegee is en waarvolgens die drie oeste
"716, 683 en 722 ton vir die jare 1976 tot 1978" was.
3) dat die respondent Krige se bewering dat die
/appellante ...
50.
appellante slegs In 1978 van Kanaan se oessyfers apart; boekgehou het vreemd
gevind het, en aan die hand van syfers verkry van Badsberg
tot dle
gevolgtrekking ge-kom het dat daar 'n groot skroef los was met die appel-lante
se waarborge en syfers; en
4) dat dit vir die respondent duidelik was dat die
waarborge aangaande 'n produksle van 700 ton en 400 000 stokke op 'n bedriegllke
wyse verskaf is.
Ter motivering van die beweerde bedrog, kom die
volgende in die brief van
9 April voor:
"10.1 Daar is nie 400 000 stokke nie, maar slegs sowat 260 000 stokke. Dit
alleen maak hom op kansellasie weens bedrieglike voorstellings
geregtig.
10.2 In die alternatlef sê my kllent dat
/die ...
51.
die produksievermoë in die jare 1976/ 1978 van die
betrokke stokke nie 700 ton kon gewees het nie en dit ook nie was nie."
Sover Krlge se antwoord van 20 April ter sake is, word slegs gesê dat
die appellante alle bewerings teen hulle ontken.
In 'n verdere skrywe,
gedateer 26 April 1979, yerwys Van Wyk na die samespreklngs wat op 27 April 1978
ge-voer is en beweer hy dat
ten elnde die nodige bereken-inge van diê
respondent se verwagte inkomste te maak "het u kliënte by herhaling
bevestig
en gewaarborg dat daar minstens 400 000 wingerdstokke is en dat
minstens 700 ton gepars word". Van Wyk meld verder dat die respondent
se
bewering, uiteengesit in sy skrywe van
/22 ...
52
22 Februarie, "dat 700 ton gewaarborg
was" nie in Krige se antwoord ontken is nie. Voorts noem hy dat die waarborg
tydens die samesprekings
op 22 Maart 1979 pertinent ter sprake gebring was en
nie deur die appel-lante ontken is nie. Hierdie skrywe is nooit deur Krige
beantwóord
nie.
Die appellante getuig dat hulle kort voor die 1978
parsseisoen besluit het om Kanaan te verkoop en Groenvlei restant dan tussen
Andries
en Gaffie te ver-deel. Met hierdie doeleindes voor oë is besluit om
die produksie van die verskillende blokke wingerde op Groenvlei
te boek te stel.
Soos vragte druiwe ver-voer is na Badsberg het Gaffie agter op die kelder se
/skaalkaartjies ...
53. skaalkaartjies aangeteken vanaf welke blok 'n vrag of vragte afkomstig
was. Hy het elke oggend die vorige dag se skaalkaartjies
aan Johnnie gegee wat
dan die gegewens in 'n boek neergeskryf het. Sodoende het die appellante
vasgestel dat net meer as 700 ton
druiwe in 1978 op Kanaan gepars is. Dit was
die eerste keer dat aldus boekgehou is, want voorheen was daar geen rede om
sulks te
doen nie. Hulle ontken dan ook dat hulle
ooit aan die respondent of
Van Wyk te kenne gegee het
dat hulle oor 'n tydperk van drie jaar van die
oesopbrengs van Kanaan boekgehou het. Hulle erken egter dat hulle gemeld het dat
daar
ongeveer 400 000 stokke op Kanaan was en dat die 1978 oes nagenoeg 700 ton
beloop het.
/Die ...
54.
Die appellante betwis dat hulle enige waarborge verstrek het.
In hoofverhoor sê Johnnie weliswaar dat die 1978 oes gewaarborg
is, maar
in kruisverhoor verduidelik hy dat hy hom verspreek het en te kenne wou gee dat
die appellante dlê oessyfer kon gewaarborg
het aangesien hulle oor die
nodige inligting beskik het. Dle appellante sê voorts dat hulle op 27
April aan die respondent
genoem het hy in die komende seisoen 700 ton behoort te
oes.
Krige getuig dat hy op 28 April na Tulbagh op pad was maar nie so
haastig was dat hy nie behoorlike instruksies oor die opstel van
die koopkontrak
kon neem nie. Hy het 'n afskrif van die reedsgenoemde
/opsle ...
55.
opsie by hom gehad en het op die agterkant daarvan kort notas
gemaak van wat aan hom meegedeel is. Van Wyk het die praatwerk gedoen
en genoem
waaroor monde-lings ooreengekom is. Nadat Van Wyk klaar was, het hy (Krige) met
behulp van sy notas punt vir punt die meegedeelde
terme herhaal. Hoewel hy,nie
in soveel woorde so sê nie, is dit duidelik dat volgens hom hy noolt vir
Van Wyk onderbreek het
deur te sê dat hy moes gaan nie. Krige sê ook
dat as daar sprake van waar-borge was hy in sy notas daarvan melding sou
gemaak
het.
Op hierdie stadium dien gemeld te word dat die betrokke opsiedokument as
bewysstuk by die verhoor
/ingedien ...
56.
ingedien is en dat die notas in Krige se handskrif in-derdaad
niks van waarborge rep nie.
Krige getuig voorts dat die partye die volgende dag die koopkontrak wou teken
en dat hy gesê het dat hy sy bes sou doen om die
kontrak gereed te
hê vir ondertekening. Wat die inhoud van die koopkontrak betref, getuig hy
dat hy dit opgestel het met behulp
van sy notas en van sy geheue aangaande wat
hom mee-gedeel is. Sommige van die bepalings wat in die kon-trak voorkom, is
egter nie
te herlei na wat Van Wyk hom op 27 April meegedeel het nie. Twee
bepalings het hy uit die opsiedokument oorgeneem terwyl hy ook 'n
aantal
sogenaamde standaardklousules- d i klousules
/wat ...
57.
wat hy normaalweg by koopkontrakte van grond insluit -ingelyf
het by die onderhawige koopkontrak. Klousule 11 waarvolgens die appellante
geen
waarborge verstrek het nie is 'n voorbeeld van 'n toepassing van 'n
standaard-klousule.
Die koopkontrak was op 28 April gereed en dle partye het
dit die middag in Krige se kantoor onderteken. Krlge ontken dat daar enige
sprake van waarborgein sy kantoor was en sê dat die respondent nie beswaar
gemaak het teen, of probleme gelug het in verband
met, klousule 11 nie. Hy sou
ook nie sy kliënte "toegelaat" het om 'n waarborg ten aansien van die 1979
oes te gee nie want
"enige iemand wat 'n waarborg gaan uitreik omtrent 'n
oes
/wat ...
58.
wat iemand anderste moet inwin, hy moet sy verstand laat
nagaan."
Volgens Krige het die respondent aan hom 'n bood-skap gegee dat hy
vir Van Wyk moes skakel. (Dit is deur die respondent beaam.) Die
telefoniese
gesprek het gegaan oor die voorwaarde in verband met die ver-kryging van 'n
verbandlening. Krige kon nie onthou of hy
klousule 14 aan Van Wyk voorgelees het
of slegs 'n opsomming van die inhoud daarvan gegee het nie. Van Wyk het hom
egter versoek
om die klousule deur te haal omdat dit die respondent se
vooruitslgte om 'n Landbank-lening te verkry in die wiele sou kon ry. Op
daar-dle stadium was daar nie sprake van 'n addendum wat
/opgestel ...
59.
opgestel moes word nie. Indien daar op 'n addendum
ooreengekom was, sou hy nie die partye die kontrak laat onderteken het nie
alvorens
hy nie die addendum opgestel het nie. Later in die jaar het Van Wyk hom
wel versoek om 'n addendum op te stel waarvolgens die koopkontrak
onderhewig sou
wees aan die verkryging van 'n Landbankverband. Hy het onderneem om sulks te
doen maar dit het vergete gebly. In klousule
14 het hy nie spesifiek na 'n
Landbanklening verwys nie want volgens sy notas en geheue is op 27 April bloot
van 'n verband - in
teenstelling tot 'n Landbankverband -vir R100 000
gepraat.
Die appellante staaf in breë trekke Krige se
/weergawe ...
60
weergawe van die gebeure op 27 en 28 April. Gaffie sê dat hy nie
juis notisie geneem het van wat by Krige se motor gesê
is nie, maar
Johnnie en Andries getuig dat die woord "waarborge" nie gebruik is nie. Gaffie
en Andries sê dat die respondent
nie in Krige se kan-toor 'n beswaar met
betrekking tot enige van die be-palings van die koopkontrak geopper het nie en
dat daar nie
van waarborge gepraat is nie. Hoewel Johnnie eers gesê het
dat hy nie kan onthou dat die kwessie van waarborge op daardie geleentheid
geopper is nie, was hy later seker dat dit nie gebeur het nie.
Wat betref die byeenkoms op 25 September 1978, ontken Krige dat Van Wyk enige
melding van waarborge
/gemaak ...
61. gemaak het. Hy word gestaaf deur Andries terwyl Gaffie
sê dat hy nie seker is presies wat Van Wyk gesê het nie en
nie die
moontlikheid kan uitsluit dat laasgenoemde van 'n waarborg kon gepraat het nie.
As Van Wyk dit wel gedoen het, sou hy net
verstaan het dat eersgenoemde verwys
na die 700 ton wat volgens die appellante se vorige mededelings in 1978 geoes
is. Johnnie is
glad nie gevra na die betrokke gedeelte van Van Wyk se getuienis
nie.
Weer eens om redes wat nie duidelik is nie, is nóg Krige nog die
appellante in hoof- of kruisverhoor ondervra in verband met
Van Wyk se weergawe
dat hy tydens die byeenkoms van 22 Maart 1979 gemeld het dat
/die ...
62.
die appellante van meet af die stokgetalle en produksie
gewaarborg het.
Soos blyk uit bostaande uiteensetting van die korrespondensie
tussen die prokureurs, het Krige nooit Van Wyk se bewerings aangaande
die gee
van waarborge deur die appellante ontken nie, Sy verduideliking was dat
vanweë die samehang waarin die bewerings gemaak
is hy die indruk gekry het
dat Van Wyk na voorstellings, in teenstelling tot kontraktuele waarborge,
verwys. Aangesien sekere voorstellings
wel deur die appellante gemaak is, het hy
dus slegs ontken dat die voorstel-lings onwaar was.
Die verhoorhof het bevind dat die respondent en
/Van Wyk ...
63.
Van Wyk goeie en eerlike, en die appellante swak, ge-tuies
was. Wat geloofwaardigheid betref, is trouens gesê dat die appellante
in
'n baie swak lig voorgekom het. Meer in besonder is daarop gewys dat die
appel-lante oor 'n tydperk van jare in opgawes aan die
KWV die getal stokke op
Groenvlei opsetlik aangedik het ten einde 'n groter KWV-kwota te verkry, en dat
in hul aan-soeke om Landbanklenings
- nadat Kanaan verkoop en Groenvlei restant
tussen huile verdeel is - Gaffie en Andries hoer stokgetalle as die werklike
getalle
op elk se deel vermeld het ten einde 'n rooskleuriger skyn aan hul
aansoeke te gee. Derhalwe is gekonklu-deer dat die appellante
nie geskroom het
om te bedrieg
/wanneer ...
64. wanneer dit tot hul voordeel gestrek het nie.
Die
verhoorhof het nie pertinent bevind dat Krige 'n leuenagtige getuie was nie. Wel
is gesê dat hy as getuie baie vaag en onseker
oor 'n hele aan-, tal
aspekte was. Insoverre sy getuienis in stryd met diê van die respondent en
Van Wyk was, is dit dan ook
verwerp. Gevolglik is bevind dat die appellante wel
die beweerde waarborge verstrek het en dat die res-pondent geregtig was op
rektifikasie
van klousule 11 van die koopkontrak.
Die verhoorhof se kritiek op die getuienis van die appellante het hoofsaaklik
verband gehou met ander aspekte as die kwessie van die
waarborge, en met
enkele
/uitsonderings....
65.
uitsonderings is nóg die respondent nog Van Wyk
se
getuienis aangaande die waarborge in die lig van die
waarskynlikhede
beoordeel. Wat die kwaliteit van
Van Wyk se getuienis betref, is slegs die
volgende
gesê:
"Kritiek is geopper in verband met 'n paar aspekte van sy getuienis,
byvoorbeeld waar hy nie onmiddellik verduidelikings kon gee vir
wat hy gedoen
het of nagelaat het om te doen nie op bloot teoretiese en spekulatiewe vrae of
waar hy in teenstelling met eiser en
verweerders getuig het van 400 000
'produ-serende' wyndruifstokke."
Aangaande laasgenoemde punt was die hof van oor-
deel dat Van Wyk nie as 'n leuenaar bestempel kon word
nie bloot omdat hy, reg of verkeerd,onder die indruk was
dat die appellante se versekerings en waarborge op
/"produserende" ...
66.
"produserende" stokke van toepassing was en die
ander getuies van hom verskil het.
Die appellante se advokaat het betoog dat
die verhoorhof in 'n hele aantal opsigte misgetas het in sy beoordeling van die
getuienis
aangaande die beweerde waarborge, en ek meen dat hy gelyk gegee moet
word. Dit blyk naamlik nie uit die uitspraak dat die volgende
oor-wegings
enigsins in ag geneem is nie:
1) In die oorspronklike besonderhede van die vordering is geen melding van 'n
waarborg oor die 1979 oes gemaak nie. Ook in hoofverhoor
het Van Wyk nie na
sodanige waarborg verwys nie, en het dit eers gedurende sy kruisverhoor ter
sprake gekom. Daarna is die
/besonderhede ...
67.
besonderhede van die vordering gewysig om by sy getuie-nis
aan te pas. Geen verduideliking vir die leemte, indien dit een was, in
die
oorspronklike pleitstuk is ooit gegee nie. Voorts het Van Wyk ook slegs in sy
skrywe van 22 Februarie 1979 sodanige waarborg
vermeld. In sy latere skrywes
waarin hy in groter besonderhede die onderhandelinge tussen die partye
uiteengesit het, word, sover
dit oeste aangaan, slegs verwys na 'n waar-borg oor
die aantal ton wat in 1976-1978 gepars is. Spesifiek wat sy skrywe van 9 April
1979 betref, kon Van Wyk geen verduideliking gee waarom hy nie melding van die
waarborg onder bespreking gemaak het nie.
Dit is in elk geval inherent onwaarskynlik dat '
/die ...
68.
die appellante 'n waarborg oor 'n toekomstige oes sou gegee
het. Afgesien van die moontlikheid van natuur-rampe, waarna hieronder
verwys
word, sou die appellante immers nie beheer kon uitoefen oor die wyse waarop die
respondent boer nie, en die omvang van sy
1979 oes sou klaarblyklik
beïnvloed kon word deur 'n gebrek aan on-kruidbestryding en besproeiing, 'n
onvoldoende werknemers-tal,
ensomeer. Selfs geringe afwykings van die normale
weerpatroon, soos ontydige ryp of reën, sou 'n rol kon speel.
2) Volgens Van Wyk het die appellante op 27 April 1978 aanvanklik gesê
dat die respondent in 1979 700 ton behoort te kon oes.
Maar omdat die
respondent
/'n ...
69.
'n "versekerde" inkomste benodig het, is "die
behoort ... uiteindelik herlei tot 'n waarborg". Dié waar-borg was dat
"buiten
rampspoede" die respondent 700 ton in 1979 sou pars. Gevra waarom
hierdie kwalifi-kasie nie in sy brief van 22 Februarie genoem is
nie, is Van Wyk
se enigste verduideliking dat dit "deel van ons reg" is en dat hy nie in
bedoelde skrywe finaal standpunt ingeneem
het nie.
3) In hoofverhoor getuig die respondent dat die appellante gewaarborg het dat
in die komende seisoen "
behoort
ek niks minder as 700 ton te pars nie".
(My onderstreping.) Net daarna getuig hy dat die appel-lante gewaarborg het dat
Kanaán
in die volgende seisoen
/"700 ...
70.
"700 ton
behoort
op te lewer." (Weer eens
my onder-streping.) Gedurende kruisverhoor sê die respondent egter dat hy
hom verspreek het en dat
die woord "be-hoort" nie gebruik is nie. Gevra vir 'n
verduideliking waarom hy hom verspreek het, antwoord die respondent slegs "as
iemand vir my sê jy behoort 700 ton te pars daar en hy sê vir my jy
kan 700 ton pars daar, dit is vir my basies dieselfde."
4) Onder kruisverhoor
meld die respondent vir die eerste keer dat hy op 28 April op pad na Krige se
kantoor vir die appellante gevra
het of hulle die stokgetalle en oessyfers
waarborg. Waarom hy dit nodig geag het om dié vraag te stel nadat,
volgens sy
/en ...
71
en Van Wyk se getuienis, die appellante die vorige dag in
teenwoordigheid van Van Wyk by herhaling sodanige waarborge gegee het, val
nie
maklik om te begryp nie.
5) Onthou sal word dat volgens Van Wyk almal teenwoordig vir Krige
besonderhede gegee het van die essensiële punte waarop ooreengekom
is toe
hulle hom op 27 April 1978 langs die pad ontmoet het, terwyl vol-gens Krige die
praatwerk deur Van Wyk gedoen is. Laasgenoemde
se weergawe kom vir my
aanneemliker voor aangesien Van Wyk getuig dat hy op elke ander geleent-heid die
leiding geneem het. (In die
verbygaan dien gemeld te word dat in die uitspraak
van die verhoorhof
/verkeerdelik ...
71
verkeerdelik vermeld is dat volgens Krige hy vir
Van Wyk
ondervra
het in verband met die ooreengekome voorwaardes.) Van
Wyk getuig ook dat Krige so haastig was dat hy op 'n stadium, en nog voordat
alle terme aan hom meegedeel is, gesê het dat hy moes gaan. Op daardie
stadium, aldus Van Wyk, was nog geen meld-ing van die
waarborge gemaak nie. In
hoofverhoor meld Van Wyk trouens nie dat hy gedurende die gesprek enigsins na
waarborge verwys nie. Inteendeel
sê hy slegs dat hy aan Krige genoem het
dat die inligting wat wel aan laasgenoemde gegee is slegs die "buitélyne"
van
die ooreenkoms was, dat daar serwitute geskep moes word en dat Krige
gevolglik volledige instruksies van
/die ...
73.
die partye moes neem. Eers toe hy onder
kruisverhoor .
gevra is waarom hy nie enige melding van so 'n belang-
rike
kwessie as die waarborge gemaak het nie, sê hy
dat hy ter afsluiting
van dié gesprek aan Krige genoem
het "dat hy moet voorsiening maak vir
al die voorwaardés
en waarborge", en ook dat "hy moet behoorlike
instruk-
sies kry oor al die waarborge wab ingebou moet word."
Ek vind hierdie gedeelte van Van Wyk se getuienis onaanneemlik. In eerste
instansie moes die koopkon-trak slegs een serwituut beliggaam
het, nl die
respon-dent se reg om van 'n bestaande pad oor Groenvlei restant gebruik te
maak. Krige se kriptiese notas bevat egter
die volgende: "Bestaande pad.
Serwituut wydte ten
/minste ...
74.
minste bestaande oppervlakte". Daaronder verskyn
nog notas ten aansien van vier verdere terme wat in die koopkontrak beliggaam is
en wat op 27 April ver-meld moes gewees het. Dit kan dus nie wees nie dat, soos
Van Wyk dit het, Krige die ges.prek beëindig
het alvorens van die serwituut
melding gemaak is.
Tweedens was die kwessie van die waarborge volgens Van
Wyk, en ook die respondent, baie belangrik -inderdaad so belangrik dat die
respondent glad nie sou gekoop het indien die waarborge nie verstrek was nie.
Tog vind 'n mens dat volgens Krige se notas besonderhede
aan hom verstrek is
aangaande relatief onbelangrike terme soos dié wat betrekking het op die
betaling van
/transportkoste ...
75
transportkoste en opmetingskoste,
terwyl selfs volgens Van Wyk nie 'n woord oor
die inhoud
van die beweerde
waarborge gesê is nie. Al was Krige hoe haastig, kon Van Wyk dit in enkele
sinne aan hom meegedeel het.
Derdens dien daarop gelet te word dat volgens
Van Wyk die appellante ook gewaarborg het dat 'n KWV= kwota van 1 500 ton op
Kanaan
van toepassing sou wees. Krige se notas bevat wel 'n verwysing na
sodanige kwota en klousule 5 van die koopkontrak bepaal dat dit
by die koop
ingesluit is. Dit is dus duidelik dat inligting aangaande die mondelinge
afspraak oor die kwota wel aan Krige oorgedra
is toe die partye en Van Wyk hom
langs die pad ontmoet het. 'n Mens sou verwag dat toe dié
/afspraak ...
76.
afspraak genoem is Van Wyk terselfdertyd ook van
die ander beweerde waarborge melding sou gemaak het.
Vierdens is dit moeilik
denkbaar dat indien. Krige bewus was dat slegs die "buitelyne" aan hom meegedeel
is en dat hy nog instruksies
moes neem van ander bepalings, insluitende terme
aangaande waarborge, hy die koopkontrak sou opgestel het voordat hy weer met die
partye in aanraking was. Die appellante getuig al drie dat Krige gesê het
dat hulle die vol-gende dag die kontrak kon onderteken,
en uit die res-pondent
se getuienis is dit duidelikdatook hy nie verwag het dat daar nog verdere
samesprekings sou wees nie. Dit
dui daarop dat Krige en die partye gemeen
/het ...
77
het dat alle nodige inligting op 27 April aan hom ver-skaf
is.
6) Soos reeds aangedui, getuig die respondent dat hy in Krige se kantoor
op 28 April 1978 na aanlêid-ing van klousule 11 van
die koopkontrak gevra
het "kêrels, hoekom staan dit dan hierin, julle het dan nou net
gewaarborg". Dit val nie maklik om te
aan-vaar nie dat Krige toe, aldus die
respondent, bloot geantwoord het "ag man, dit is maar net om te sorg dat jy nie
die wingerd
laat doodgaan en dan vir ons kom sê die wingerd is dood nie".
Dit is eweneens nie maklik om te aanvaar nie dat nadat die appellante
toe,
volgens die respondent,' bevestigend geantwoord het op
/sy ...
78.
sy vraag of hulle dan nog steeds die
aanwesigheid van 400 000 stokke en 'n oes van 700 ton oor die afgelope drie jaar
waarborg, Krige
glad nie gereageer het nie, die inligting wat geblyk het uit die
respondent se vraag en die appellante se antwoord daarop geïgnoreer
het, en
klousule 11 onveranderd gelaat het. Die moontlikheid, geopper deur die
verhoorhof, dat Krige nie "baie aandag sou gegee het
aan die gesprek bussen die
eiser en verweerders oor die waarborge in sy kan-toor nie", kan buite rekening
gelaat word aangesien Krige,
volgens die respondent, juis gereageer het toe
laasgenoemde vir die eerste keer van waarborge melding gemaak het.
79.
7) Klousule 11 was volgens die respondent
die
enigste paragraaf van die koopkontrak wat vir hom
probleme geskep het. Toe hy
kort nadat die klousule
volgens hom ter sprake was telefonies met Van Wyk
uit
Krige se kantoor gepraat het en Van Wyk vir hom gevra
het of hy
tevrede was, het hy die ideale geleentheid
gehad om vir Van Wyk te vra of die
bewoording van die
klousule nie in stryd met die partye se mondelinge
oor-
eenkoms was nie, maar het dit nie gedoen nie.
8) Indien Krige nog
verdere inligting van
die partye moes verkry oor belangrike aspekte soos
die
kwessie van waarborge, sou 'n mens verwag dat Van Wyk
tydens sy
telefoongesprek met Krige vir
laasgenoemde
/sou ...
80.
sou gevra het om die tersaaklike bepalings van
die koopkontrak aan hom voor te lees. Onthou sal egter word dat Van Wyk volgens
sy
getuienis die oggend van 25 April met 'n belangrike konsultasie besig was en
nie gesteur wou word nie. Daarom het hy dan ook aan
Krige se sekretaresse,
tóe sy hom geskakel het, gesê dat hy slegs kortliks met Krige kon
praat indien die aangeleentheid
dringend was. Dit sou moontlik ver-duidelik
waarom Van Wyk geensins navraag na die belig-gaming van bogenoemde aspekte
gedoen het
nie. Nou blyk dit egter dat selfs volgens die respondent, en ook
volgens Krige en die appellante, die telefoongesprek gedurende die
middag van 28
April plaasgevind het terwyl
/Van Wyk ...
81.
Van Wyk sê dat hy slegs gedurende die
oggend met sy kliënte gekonsulteer het. Voorts staaf die respondent Krige
se weergawe
dat hy nie uit eie beweging vir Van Wyk getelefoneer het soos
laasgenoemde dit het nie. Die respondent getuig naamlik dat toe hy
die oggend
van 28 April by Van Wyk aangedoen het laasgenoemde ver-soek het dat Krige hom
moes skakel aangesien hy met Krige oor die
bepaling aangaande die verbandlening
wou praat, en dat die respondent die boodskap aan Krige oorgedra het. Dit kan
dus nie wees nie
dat Krige uit die bloute vir Van Wyk getelefoneer het en dat
laasgenoemde te kenne gegee het dat hy slegs kon praat indien die aangeleentheid
dringend was.
/9)...
82
9) Soos reeds genoem, sê Van Wyk dat nadat
die respondent se eggenote 'n afskrif van die koopkon-trak by sy kantoor besorg
het,
hy gemerk het dat 'n plan wat die verkoopte eiendom moes identifiseer nie
aangeheg was nie en daarom navraag daarna gedoen het. Hy
het wel na klousule 14
gekyk en die inhoud daarvan. met 'n dik penpunt deurgehaal maar het nie die
ander bepalings van die kontrak
gelees nie. Dit sou dan verklaar waarom hy nie
gem'erk het nie dat klousule 11 in stryd was met die mondelinge afsprake
aangaande
waarborge, en waarom hy nie vir Krige (of die appel-lante) meegedeel
het dat die koopkontrak gebrekkig was nie. Indien Van Wyk egter
nie tydens
bogenoemde
/telefoongesprek ....
83.
telefoongesprek die geleentheid gehad het nie om
na-vraag te doen na die bepalings waaroor Krige nog instruksies moes verkry het,
sou ek verwag dat hy kort na ontvangs van die afskrif van die kontrak dit.
sorgvuldigsou bestudeer het. Hy sou immers wou vas-stel
of belangrike punte
waarop ooreengekom is - volgens Van Wyk benewens die waarborge nog 'n rits ander
aspekte-behoorlik aan Krige
oorgedra en deur
laasgenoemde
ge-formuleer is. Tog vind 'n mens
dat volgens sy getuie-nis hy eers maande later die afskrif gelees het. Die rede
verstrek deur Van
Wyk waarom hy dit nie by of kort na ontvangs van die afskrif
gedoen het nie, laat
na om indruk te maak. Hy sê naamlik dat hy nie
/spesifiek ...
84
spesifiek opdrag gehad het om die kontrak deur te gaan nie en dus "geen
rede gehad het om ... te moet belang stel nie".
10) Selfs nadat Van Wyk,
volgens sy getuienis, in Augustus die afskrif gelees het en bewus geword het van
die gebreke in die kontrak
het hy nie met of die appellante of Krige in
verbinding getree nie. Een van sy hoofoorwegings om nie "krapperig" te wees nie
was
dat hy toe reeds in besit was van Gaffie se syfers wat ooreengekom het met
die gewaarborgde oessyfers vir 1976-1978. Afgesien van
die feit dat daardie
syfers nie kon dien ter stawing van 'n bewering dat ook die 1979 oes gewaarborg
was nie, blyk dit uit die respondent
/se ...
85.
se getuienis dat hy eers op 25 September 1978
vir Van
Wyk genoem het dat hy bewysstuk E ontvang het en die
besonderhede
daarop aan Van Wyk oorgedra het. (Hier-
die stukkie getuienis van die
respondent pas in by !
Gaffie en Andries se weergawes dat bewysstuk E om-
streeks middel September aan die respondent gegee is,
en by Van Wyk se skrywe van 9 April 1979 waarin hy ge-
meld het dat die
bewysstuk teen Oktober 1978 aan die
respondent oorhandig is.) Van Wyk se versuim om te
reageer toe hy die afskrif van die kontrak in Augustus
gelees het kan dus nie aan besit, of kennis van die
inhoud, van bewysstuk E toegeskryf word nie.
11) Van Wyk se getuienis is ook onbevredigend
/ten ...
86.
ten aansien van 'n ander aspek waarop volgens
hom monde-
ling ooreengekom is. Klousule 17 van die koopkontrak
bepaal o a dat in geval van terugtrede deur die ap-
pellante vanweë
die respondent se kontrakbreuk reeds-
betaalde bedrae verbeur word. Van Wyk
getuig egter
dat op 27 April 1978 op Groenvlei "het ons vir mekaar
baie
uitdruklik gesê dak indien die transaksie sou
skeef loop, om watter rede ookal, ... dan sou dit
[die R100 000 wat op 1/9/78 betaalbaar was] nie gelik-
wideerde skade wees of 'n strafbedrag of 'n verbeurings-
bedrag nie." . Hy gaan voort:
"Wat ons vir mekaar gesê het en ooreengekom
het, Edelagbare, is dat as die kontrak ge-
kanselleer moet word weens die wanprestasie
/van ...
87.
van Eiser, dan sal die normale voorwaarde geld dat
Verweerders geregtig is op skade-vergoeding namate hulle volgens wet
skade-vergoeding
kan bewys."
As ervare prokureur moes Van Wyk geweet het
dat tensy 'n koopkontrak 'n
verbeuringsbeding bevat,
reedsbetaalde gedeeltes van die koopprys by
kansellasie
van die kontrak terugbetaalbaar is. Ek vind dit
dus nie maklik
om te begryp nie waarom hy namens die
respondent met drie leke uitdruklik sou
wou beding om
dit te bereik wat in elk geval sou geld by ontstente-
nis
van 'n andersluidende afspraak. En aangenome dat
Van Wyk se weergawe juis is,
kom sy versuim om enigsins
te reageer toe hy gemerk het dat klousule 17 in stryd
was met die partye
se mondelinge afspraak beslis vreemd
/voor ...
88.
voor. Volgens Van
Wyk
se
weergawe het immers niks gebeur wat meegebring het dat die
verbeuringsbeding in die koopkontrak nie meer aktueel was nie.
12) Alhoewel
Van Wyk by herhaling in sy briewe aan Krige van waarborge melding gemaak het,
het hy nooit te kenne gegee dat klousule
11 nie in die koopkontrak beliggaam
moes gewees het nie, of dat die respondent op verbetering van die skriftelike
stuk aanspraak
kon maak nie. Uiteindelik het hy dan ook namens die respondent
die kontrak op grond van be-drieglike wanvoorstellings gekanselleer.
Dit laat
die vraag ontstaan of, indien die woord "waarborg" wel deur die appellante
gebruik was, Van Wyk ooit verstaan
/het ...
89.
het dat die appellante hul kontraktueel wou verbind.
Soos uit bostaande
blyk, het die verhoorhof 'n hele aantal oorwegings en waarskynlikhede glad nie
in aanmerking geneem by beoordeling
van die vraag of die appellante wel
waarborge verstrek het nie. Nieteen-staande die verhoorhof se sterk
geloofwaardigheidsbe-vindinge
staan dit dus hierdie hof vry om opnuut oor die
vraag te besin. Aan die ander kant van die skaal dien egter ook die volgende
oorweeg
te word.
Eerstens is daar die belangrike feit dat Krige nooit namens die appellante
ontken het dat waarborge gegee was nie. Sy verduideliking
dat hy weens die
samehang waarin Van Wyk bewerings oor waarborge gemaak
/het ...
90
het, verstaan het dat na voorstellings verwys is, is nie geredelik
aanvaarbaar nie. In sy skrywe van 22 Februarie 1979 het Van Wyk
immers
gesê dat die appel-lante "nadruklik gewaarborg" het dat Kanaan niks
min-der as 700 ton sou oplewer nie; in die brief
van 15 Maart is gemeld dat die
appellante "die 700 ton by herhaling gewaarborg" het; op 9 April het hy geskryf
dat die appellante
"geadverteer, bevestig, herbevestig en gewaarborg" het dat
700 ton gepars is eh dat daar sowat 400 000 stokke op die plaas was, en
in sy
skrywe van 26 April het hy dit weer gehad oor waarborge wat by herhaling verleen
is. In laasgenoemde skrywe is Krige se aandag
pertinent gevestig op die feit
dát
/die ...
91.
die bewering aangaande 'n waarborg oor die
omvang van die oes in die brief van 22 Februarie nie deur die appellante ontken
is nie.
Ook is gemeld dat die waarborg aangaande 700 ton tydens die
samesprekinge van 22 Maart ter sprake gebring en nie ontken is nie. Hierdie
gedeelte van die brief staaf Van Wyk se bewering dat hy wel op 22 Maart na 'n
waarborg ver-wys het en, soos reeds gesê, het
nog Krige nog die appellante
pertinent dié bewering ontken.
Tweedens kom Krige se getuienis dat nie
op 27 April 1978 aan hom genoem is nie dat die koopkontrak onderworpe was aan
die verkryging
van 'n Landbanklening -in teenstelling tot 'n lening uit enige
bron - onwaar-
/skynlik ...
92
skynlik voor. Dit is duidelik dat Van Wyk en die respondent peil getrek
het op 'n Landbanklening met 'n relatief lae rentekoers en
'n mens sou dus
verwag dat dié feit aan Krige genoem sou gewees het. Dit laat twyfel
ontstaan oor die akkuraatheid van Krige
se notas wat dit slegs het oor "verband
R100 000".
Derdens is dit nie aanneemlik nie dat Van Wyk tydens die telefoongesprek op
28, April 1978 sou toe-gestem het dat klousule 14 van
die koopkontrak geskrap
moes word sonder dat enige bepaling oor die verkryging van 'n lening in die plek
daarvan gestel word. Dit
is dus vir my waarskynlik dat die kwessie van 'n
addendum wel geopper is, hoewel moontlik nie gesê is dat dit
/onmiddellik ...
93.
onmiddellik opgestel moes word nie. En as dit so
is, is daar rede om die betroubaarheid van Krige se geheue oor die gebeure op
27 en 28 April in twyfel te trek.
Vierdens dra Krige se weergawe dat hy
geskok sou gewees het indien Van Wyk tydens die samesprekings op 25 September
van waarborge
gepraat het, weinig oor-tuiging in die lig van die feit dat hy
klaarblyklik nie geskok was nie - en derhalwe nie gereageer het nie
-toe Van Wyk
in 1979 in sy briewe herhaaldelik na waar-borge verwys het.
Vyfdens, en soos reeds genoem, getuig Johnnie in hoofverhoor dat die
appellante wel gewaarborg het
/dat ...
94
dat 700 ton in 1978 geoes was. Later het hy egter gesê
dat hy hom verspreek het en dat hy te kenne wou gee dat hulle daardie
syfer kon
gewaarborg het, indien hulle gevra was om dit te doen, omdat hulle oor die
nodige inligting beskik het. Ook Gaffie het
in die trant getuig. Dit kom vreemd
voor in die lig van Andries se getuienis dat nog voordat die respondent op die
toneel verskyn
het hy en Johnnie afgespreek het om geen waarborge hoegenaamd aan
voornemende kopers te verstrek nie.
Sesdens, en soos ook reeds genoem, getuig Gaffie dat hy nie kan ontken dat
Van Wyk op 25 September 1978 van 'n waarborg melding kon
gemaak het nie,
/maar ...
95.
maar dat indien ditgebeur het hy dit bloot as 'n
ver-wysing na die appellante se mededelings oor die 1978 oes sou vertolk het.
Tog
sien hy sy weg oop om te betwis dat waarborge op 27 April hoegenaamd ter
sprake was.
In die lig van al bogenoemde oorwegings, en met inagneming van die feit dat
die appellante oor ander aspekte in geskil onbevredigende
getuies was en
inderdaad, soos bevind deur die verhoorhof, nie ge-skroom het om die KWV en die
Landbank te bedrieg nie, vind ek dit
onmoontlik om te beslis welke van die
botsende weergawes oor die waarborge juis is.
Ek kan dus nie bevind nie dat die respondent
/hom ...
96.
hom gekwyt het van die las om te bewys dat die appel-lante
die beweerde waarborge verstrek het. Gevolglik moes die respondente se
vorderings gerig op vebetering van paragraaf 11 van die koopkontrak en die
verhaal van skadevergoeding weens waarborgbreuk nie toegestaan
ge-wees het
nie.
Die verhoorhof het in die alternatief bevind dat die appellante voor die
aangaan van die koopkontrak op-setlik valse en wesentlike
voorstelllngs aan die
res-pondent gemaak het ten einde hom te oorreed om te kon-trakteer, nl dat die
oes in 1976-1978 gemiddeld 700
ton per jaar beloop het en dat daar ongeveer 400
000 druiwestokke op dle plaas was, en dat die respondent
/ook .......
97.
ook vanweë hierdie wanvoorstellings geregtig was om uit
die kontrak terug te tree. Omdat die voorstellings oor die getal stokke
en die
omvang van die 1978 oes nie in geskil is nie, is die volgende vraag dan of
laas-genoemde voorstelling ook op die 1976 en 1977
oeste be-trekking gehad het.
Aangesien hierdie vraag verband hou met die oorsprong van bewysstuk E is dlt
nodig om eers daarby stil
te staan.
Onthou sal word dat volgens die
respondent hy omstreeks September 1978 vir Andries gevra het om beson-derhede
van die oessyfers in
die 1976, 1977 en 1978 seisoene. Andries het hom na Gaffie
verwys wat hom weer na Andries terugverwys het. Laasgenoemde het toe
/bewysstuk E ...
98.
bewysstuk E aan die respondent oorhandig en gesê dat hy
dit in 'n laai van sy lessenaar gevind het.
Andries en Gaffie vertel 'n ander
storie. Eers-genoemde sê dat hy, Gaffie en die respondent omstreeks middel
September 1978
tydens 'n verjaarsdagpartytjie van Gaffie se seun staan en gesels
het. Die respon-dent het toe gevra of Andries nie vir hom kon help
"aan die
laaste drie jaar se syfers wat ons gepars het, blok vir blok nie". Andries het
geantwoord dat die enigste syfers waaroor
die appellante beskik het dié
was waar-van Johnnie in die 1978 seisoen boekgehou het. Toe die respondent
sê dat die
kunsmisagente drie jaar se syfers wou hê, het Gaffie
genoem dat hy 'n boekie gehad
/het ...
99.
het waarin hy gedurende oestyd van dag tot dag aan-tekenlnge
van vragte druiwe gemaak het sodat die appel-lante nie meer as hulle
daaglikse
kwota aan Badsberg sou lewer nie. Op die respondent se versoek het Gaffie
ingestem om aan die hand van die inligting in
sy boekie die produksie van
Kanaán se blokke wingerd gedurende 1976-1978 te probeer uitwerk. Die
vol-gende dag, Vrydag, het
Gaffie bewysstuk E vir Andries gebring aangesien hy
vir die naweek na Onrus sou gaan. Dle daaropvolgende Maandag het Gaffie en die
respondent saam by Andries opgedaag. Een van hulle het vir Andries om die
oessyfers gevra. Hy het die bewysstuk gaan haal en vir
die respondent gegee met
dle woorde
/"ek ...
100.
"ek hoop dit kan jou help, maar onthou dit is nie korrek of akkuraat
nie".
Gaffie staaf in hoofsaak Andries se weergawe en dit sou dan verklaar
waarom die respondent in besit gestel is van dokumente wat oenskynlik
besonderhede van die produksie (tot drie desimale syfers)van Kanaán se
wingerde in 1976-1978 bevat hoewel die appellante nooit
'n voorstelling oor dle
1976 en 1977 oeste gemaak het nie.
Gaffie verduidelik dat hy vanaf 1976 in
beheer van die wingerde was en dat hy elke jaar volgens Bads-berg se
skaalkaartjies in 'n
boekie aantekeninge gemaak het van vragte druiwe wat na die
kelder gery is. Hy
/het ...
101.
het egter nie aangeteken op welke soort druif elke kaartjie betrekking gehad
het nie. Wit druiwe is by die kelder in 'n A-poel en
swart druiwe in 'n C-poel
geklassifiseer, en Gaffie het dus in sy boekie elke dag teenoor die massas
volgens dle skaalkaartjies net
die betrokke poel ingevul. Tensy nadruiwe so
skoon was dat dit in 'n poel geklassifiseer is, het hy dit as N/A aangeteken.
Hanepoot
is weer in sy boekie as E geidentifiseer. Bogenoemde besonderhede sou
dus nie in sigself kon aandui vanaf welke blok op Groen-vlei
'n bepaalde vrag
afkomstig was nie. Gaffie het egter in sy boekie ook siektes ens in die wingerde
aangeteken. So byvoorbeeld sou
'n nota "Blok 1
/Sedgwick .......
102.
Sedgwick kalanders" aangetoon het dat daar kalanders
in die betrokke blok wingerd was. Met behulp van
sodanige notas kon hy min of meer bepaal op welke
blokke sy aantekeninge
van die vragte druiwe van toe-
passing was. Aan die hand van hierdie
inligting
het hy bewysstuk E opgestel. Plek-plek moes hy egter
raai want
hy het nie elke dag notas oor die toestand
van die wingerde gemaak nie. Sy
taak is nietemin ver-
gemaklik weens die feit dat St. Emilion al wit
varië-
teit was wat na Cinsaut ('n swart kultivar) gepars
is.
Gewoonlik is daarna Hanepoot, en heel laaste Raisin Blanc, gepars.
Gaffie sê dat hy die boekie omstreeks begin 1979
/tot ...
103.
tot niet gemaak het. Dit was vol en die inligting daarin was nie meer van
belang nie.
Die verhoorhof het bevind dat Gaffie en Andries se weergawes
aangaande die gesprekke met betrekking tot, en aangaande die herkoms
van,
bewysstuk E versin-sels was en het die respondent se desbetreffende ge-tuienis
aanvaar. Hierdie bevinding, asook die be-vinding
dat dle appellante
voorstellings oor Kanaan se 1976 en 1977 oeste gemaak het, is op appèl
aangeveg.
Die verhoorhof het klem gelê op dle feit dat die respondent in
diê gedeelte van die Landbank se waar-deerdersverslag wat
deur hom ingevul
is, gemeld het dat in elk van die 1976, 1977 en 1978 seisoene Kanaan
/se ...
104. se opbrengs 700 ton beloop het. Dit was vir die hof
aanduidend dat die appellante wel die beweerde voor-stelling oor die 1976-1978
oeste gemaak het. (Die verslag is opgestel alvorens die respondent bewysstuk E
bekom het.) Namens die appellante is aangevoer dat
die ingevulde syfers op die
teenoorgestelde dui, nl dat die respondent by ontstentenis aan inligting "merely
furnished figures by
way of extrapolation which were expedient for his purpose
and which also appeared to answer the question asked". (Ek haal aan uit
die
advokaat se betoogshoofde.) Ek kan nie akkoord gaan nie. Indien, soos die
respondent ge-tuig, sy enigste inligting op daardie
stadium voortge-spruit het
uit die appellante se mededeling dat die
/oeste ...
105.
oeste gemiddeld 700 ton per jaar oor drie jaar
beloop het, sou ek juis verwag dat hy die gegewens sou ver-strek het wat in die
verslag
verskyn. En indien hy geen inligting aangaande die 1976 en 1977 oeste
gehad het nie, sou hy waarskynlik getrag het om die betrokke
oessyfers van die
appellante te verkry. Hulle - of altans Andries en Gaffie - was immers maklik
bereikbaar en, soos later sal blyk,
het die appellante nooit aan die respondent
te kenne gegee dat hulle oor geen syfers met betrekking tot die 1976 en 1977
oeste beskik
het nie.
Die appellante se advokaat het ook betoog dat aangesien die appellante eers
betreklik kort voor die.
/1978 ...
106.
1978 oesseisoen besluit het om 'n deel van Groenvlei te
verkoop en die restant tussen Gaffie en Andries te ver-deel, dit onwaarskynlik
is dat hulle reeds in 1976 en 1977 die opbrengste van die verskillende blokke
wlngerd sou aangeteken het. En indien hulle dit nie
gedoen het nie, so het die
betoog voortgegaan, is dit onaan-neemlik dat die appellante vir die respondent,
en later vir hom en Van
Wyk, sou gesê het dat hulle oor die betrokke
syfers beskik het want hulle kon dan te eniger tyd versoek gewees het om die
syfers
vir insae beskikbaar te stel. Na my mening is dit egter hoe-genaamd nle
onwaarskynlik nie dat dle appellante reeds voordat hulle
bogenoemde beslult
genoem het die produksie
/van ...
107.
van die blokke wingerd sou aangeteken het. Geoordéel na Gaffie se
getuienis sou dit vir hom weinig moeite gewees het om elke
dag in sy boekie aan
te dui vanaf welke blok 'n vrag druiwe afkomstig was. Die inligting sou ook
geensins nutteloos gewees het nie;
trouens dit sou vir 'n druiweboer van belang
gewees het om die syfers beskikbaar te hê. Aan die hand daarvan sou immers
in
toekomstige jare bepaal kon word of die op-brengs van elke blok 'n stygende
of dalende tendens toon, en dus ook of die wingerde in
bepaalde blokke. weens
dalende oessyfers nie vervang moes word nie.
Voorts is daarop gewys dat Krige
volgens Van Wyk vir laasgenoemde reeds in April 1979 telefonies
/meegedeel ...
108. meegedeel het dat dié appellante van slegs die
1978 . oes boekgehou het. 'n Afleiding wat hieruit ten gunste van die appellante
gemaak sou k.on word, word egter geneutraliseer deur die feit dat Krige
gereageer het op Van Wyk se stelling dat die appellante die
oes-syfers van die
1976-1978 seisoene gewaarborg het, en dat Van Wyk op sy beurt op Krige se
mededeling gereageer het deur te sê
dat die appellante 'n leuen sou vertel
as hulle sou sê dat hulle geen melding van die omvang van die 1976 en 1977
oeste gemaak
het nie.
Namens die appellante is klem gelê op die feit dat Van Wyk vir die
eerste keer in sy brief van 9 April skriftelik beweer het
dat die appellante
bevestig en
/gewaarborg ...
109,
gewaarborg het dat dle prodnksie van Kanaan gedurende
1976-1978 gemiddeld 700 ton per jaar was. Die feite-stelling is korrek, maar
ek
kan nie veel gewig daaraan heg dat Van Wyk in sy vorige skrywes slegs van 'n
waar-borg met betrekking tot die 1979 seisoen melding
gemaak het nie. Indien
sodanlge waarborg wel gegee is - en ek kan nie 'n positlewe bevinding maak dat
dit nie gebeur het nie - was
die beweerde verbreking daarvan natuurlik aktueel,
kon die respondent hom bloot daarop beroep het, en was waarborge of
voorstelllngs
aangaande die 1976 tot 1978 oeste van ondergeskikte belang.
Die
appellante se advokaat het ook betoog dat Gaffie verreweg die beste getuie by
die verhoor was.
/Dit ...
110.
Dit was natuurlik nie die indruk wat die verhoorhof ge-vorm
het nie, en geoordeel volgens die kwaliteit van Gaffie se getuienis kan
nie
gesê word dat dié indruk verkeerd was nie, Inteendeel, en soos blyk
uit die volgende oorwegings, spreek die waarskynlikhede
teen die weergawe van
die appellante - en dus ook van Gaffie - rakende die geskille onder
bespreking.
1) Die getuienis toon aan dat dit vir 'n voornemende koper van 'n
druiweplaas van belang is om soveel moontlik inligting in te win
oor die
hoeveelhede wat in die verlede op die betrokke plaas gepars is. Dusdanige
inligting kan byvoorbeeld 'n stygende of dalende
tendens aantoon, en
vanselfsprekend sal so 'n koper op sy
/hoede ...
111.
hoede wees as die omvang van die oeste jaar na jaar
verminder het. Die verhoorhof het dit dan ook tereg as onwaarskynlik beskou dat
die respondent, later byge-staan deur sy prokureur wat ook 'n druiweboer was,
nie sou gepoog het om besonderhede oor oeste vroeër
as dié van 1978
te verkry nie. Volgens die appellante het dit egter nie gebeur nie en was die
1976 en 1977 oeste trouens nooit
ter sprake nie.
2)
Soos blyk uit wat hierbo
gesê is, het die verhoorhof tereg gewig geheg aan die feit dat die
respon-dent in die reedsgenoemde
Landbankvorm gemeld het dat die drie oeste elk
700 ton beloop het.
3)
Andries se weergawe
(wat nie deur Gaffie
/weerspreek ...
112.
weerspreek is nie) van die gesprek in September 1978 toe die
respondent navraag na dle wingerde se produksie gedoen het, is besonder
insiggewend. Hy sê naamlik dat die respondent vir hom gevra het "of ek hom
nie kan help aan die laaste drie jaar se syfers
wat ons gepars het, blok vir
blok nie". Dit toon aan dat die respon-dent onder die indruk was dat sodanige
syfers wel be-skikbaar
was en versterk Van Wyk en die respondent se getuienls
waarvolgens die appellante voor en op 27 April 1977 gemeld het dat hulle die
opbrengste van die ver-skillende blokke wingerde in die 1976-1978 seisoene te
boek gestel het.
4) Die respondent sê dat toe Gaffie hom terug-
/verwys ...
113.
verwys het na Andries oor bewysstuk E
laasgenoemde ge-meld het dat hy die dokumente in sy boonste iaai gevind het.
Indien Andries,
soos die respondent dit het, eers gesê het dat die
dokument by Gaffie was, is dit verstaanbaar dat toe hy later die bewysstuk
aan
dle res-pondent oorhandig het hy sou gemeld het waar hy dit ge-vind het. Indien
Andries se weergawe juis is en hy nie vir die
respondent na Gaffie verwys het
nie, sou die respondent geweet het dat Gaffie die dokumente aan Andries besorg
het toe hy en Gaffie
die Maandagoggend by Andries opgedaag het. Daar sou dan nie
vir Andries enige rede gewees het om na sy lessenaar te verwys nie. Tog
vind 'n
mens dat Andries, wat na die respondent getuig
/het ...
114.
het, sê dat hy wel bewysstuk E in sy lessenaar se boonste laai
gebêre het. Hoe die respondent dit sou geweet het, blyk
nog uit Andries
nog uit Gaffie se getuienis.
5) Volgens Andries het Gaffie tydens die
verjaardagpartytjie vir die respondent gesê dat hy uit sy boekie die
oessyfers van
die verskillende blokke sou probeer rekonstrueer maar dat die
syfers nie akkuraat sou wees nle. Andries getuig dat toe Gaffie dle
Vry-dag vir
hom bewysstuk E gegee het laasgenoemde hom ver-soek het om vir die respondent te
sê dat die inligting nie akkuraat
was nie. Hy getulg voorts dat toe Gaffie
en die respondent dle Maandagoggend by hom opgedaag en
/hy ...
115.
hy die bewysstuk aan die respondent oorhandig het, hy vir
laasgenoemde gesê het "ek hoop dit kan jou help, maar onthou dit is
nie
korrek of akkuraat nie". Gaffie maak geen melding van enige mededeling oor die
al of nie akkuraatheid van die syfers nie, en
na my mening het die verhoorhof
dit tereg as onwaarskynlik bevind dat Andries die Maandagoggend by herhaling na
die onak-kuraatheid
van die inligting vervat in bewysstuk E sou verwys het. Hoe
dit ook al sy, as die respondent bewus was van die onbetroubaarheid,
of
moontlike onbetroubaar-held, van die syfers, sou hy tog seker vir doeleindes van
vergelyking navraag gedoen het na Johnnie se
boekie waarin, aldus die
appellante, die 1978 syfers wel
/akkuraat ...
116.
akkuraat aangeteken was. Tog het die respondent vol-gens die
appellante dit nooit gedoen nie.
6)
Die uiteindelike lotgevalle
van die boekie, wat nie by die verhoor beskikbaar was nie, is nie bevre-digend
deur die appellante verklaar
nie. Johnnie het eers getulg dat hy op 'n stadium
alle dokumente wat nie meer van belang was nie tot niet gemaak het, maar later
het hy getuig dat toe hy in 1978 na Worcester verhuis het hy alle boeke en
dokumente rakende Groenvlei na die kantoor in Andries
se huis geneem
het.
7)
Spesifiek wat die 1978 oes betref, sou
ek verwag dat Gaffie vir sy eie doelelndes die
opbrengste
van die blokke wingerd op Groenvlei
restant sou aangeteken.
/het ...
117.
het, want die grond moes nog tussen hom en
Andries ver-deel word. Soos reeds aangedui, sou dit vir hom maklik gewees het om
in sy
boekie akkurate notas oor bedoelde opbrengste te maak, en ook na die
verdeling van die res-tant sou die syfers nog vir hom van belang
gewees het ten
einde die tendense van toekomstige oeste op sy deel te bepaal. Maar volgens sy
getuienis het hy selfs ge-durende die
1978 oesseisoen nie akkurate aantekeninge
van die opbrengste op enige deel van Groenvlei gemaak nie, en dit aan Johnnie
oorgelaat
om die syfers te boek te stel.
8) Onthou sal word dat volgens
bewysstuk E die gemiddelde opbrengs van Kanaan gedurende 1976-1978 nagenoeg 704
ton beloop het. Dié
syfers pas dus baie
/goed ...
118.
goed in by die mededelings wat die appellante volgens
die
respondent en Van Wyk oor die drie oeste gemaak
het, nl dat hulle die
opbrengste van die verskillende
blokke aangeteken het en dat die gemiddelde
oes oor die
drie jaar ongeveer 700 ton was. Volgens Gaffie het
hy egter
geen benul gehad wat die 1976 en 1977 opbrengste
van Kanaan beloop het nie
alvorens hy bewysstuk E saam-
geflans het, en hy kon dan ook geen verklaring
gee waar-
om, indien dit nie akkuraat is nie, die bewysstuk toon
dat ook
dle 1976 en 1977 oeste ongeveer 700 ton was.
Al wat Gaffie in die verband kon
sê, is die volgende:
"Dit is soos dit ultgekom het, ek kan nie verstaan hoekom ek daarby uitgekom
het nie, dit is maar soos ek geskat het soos ek die
/vragte ...
119.
vragte ingedeel het by die verskillende blokke na my
mening,"
Die verhoorhof het nie enige wesentllke mistasting
begaan betreffende sy
evaluering van die getuienis oor
die onderhawige geskilpunte nie, en in die
lig van bo-
staande oorwegings is daar na my mening geen fout te
vind nie
met die bevindings dat die appellante wel die
beweerde voorstelling oor die
omvang van die 1976-1978
oeste gemaak het, en dat bewysstuk E aan die
respondent
besorg is onder die omstandighede wat uit sy getuienis
blyk en
as 'n akkurate beliggaming van die syfers daarin
vervat. Hierdie
gevolgtrekking bereik ek met volle
inagneming van kritiek wat namens die appellante geopper
is op ander aspekte van dle respondent en Van Myk se
/getuienis ...
120.
getuienis en waarop, soos hieronder blyk, ek
nie hoef in te gaan nie.
Die volgende vraag is of die voorstellings on-waar
was. 'n Aansienlike gedeelte van die getuienis wat by die verhoor gelei is, het
verband gehou met die vraag of die oes van 312 ton wat die respondent in 1979
gepars het aanduidend was van die potensiaal van Kanaan
en dus ook van die
onjuistheid van die appellante se voorstelling oor die 1976-1978 oeste. Veral
ter sprake was die respondent se
beweerde versuim om die wingerde behoorllk te
besproei en om kweek daarin onder bedwang te hou. Benewens die partye, Krige en
Van
Wyk, het 'n hele aantal persone oor hierdie geskille getuig. Die
/indrukke ...
121.
indrukke wat die verskillende getuies volgens
hul weer-gawes gekry het van die toestand van die wingerde aan die begin van
1979 kan
nie met mekaar versoen word nie, maar die appellante se getuies het nie
die verhoorhof beindruk nie en die hof het dan ook bevind
dat die res-pondent
wel behoorlik geboer het.
Volgens die respondent se eie getuienis het hy
sekere van die Sedgwick blokke op Kanaan nie behoorlik besproei nie, en het hy
die
sogenaamde Belieland en 'n nat kol in die wingerde voor die huis nie bewerk
nie. Dit kan dus nie gesê word dat die 312 ton
wat hy wel in 1979 gepars
het 'n getroue weerspieëling van die potensiaal van Kanaan was nie. Om
redes wat sal blyk,
/vind ...
122.
vind ek dit egter onnodig om na te gaan of
bedoelde oes enigsins aanduidend is van die omvang van die appellante se oeste
op Kanaán
in 1976-1978. Derhalwe vind ek dit onnodig om verder op
bogenoemde geskilpunte in te gaan, en veronderstel ek ten gunste van die
appellante dat die respondent tot 'n groter mate as wat hy erken, versuim het om
die wingerde behoorlik te bewerk en te besproei.
Dit dien egter gemeld te word
dat ek al die ander argu-mente wat namens die appellante rakende diê
geskilpunte geopper is,
oorweeg het en nie meen dat hulle afding aan die
algemene geloofwaardigheid van die respondent en Van Wyk nie.
Dit was, en is, nie in geskil nie dat Gaffie se
/syfers ...
123.
syfers nie korrek kan wees nie. Die oessyfers
van Badsberg toon naamlik aan dat die appellante in die tydperk 1976-1978
onderskeidelik
1279,443, 1167,913 en 1138,217 ton druiwe op die heie Groenvlei
gepars het. (Gerleflikheidshalwe ignoreer ek voortaan gedeeltes van
'n ton.)
Indien die appellante se oes op Kanaan korrek in bewysstuk E weergegee word, was
die oeste op Groenvlei restant gedurende
diê tydperk dus onderskeidelik
562, 484 en 426 ton. In 1979 was Andries en Gaffie se gesamentlike oes op
Groenvlel restant
egter 648 ton. Let 'n mens op die produksie per
drulfvariëteit, blyk dit dat die Steenproduksie van die hele Groenvlei 290
ton
in 1976, 201 ton in
/1977 ...
124.
1977 en 282 ton in 1978 beloop het, terwyl
volgens be-wysstuk E Kanaan se oeste 331, 312 en 305 ton was; heelwat meer dus
as die totale
Steenproduksie van Groen-vlei. Dit bring mee dat die
Steenproduksie van Groen-vlei restant' in die genoemde tydperk minus 41, minus
110 en minus 22 ton beloop het, wat natuurlik onmoontlik is.
Die verhoorhof
het tereg daarop gewys dat die onjuistheid van Gaffie se syfers ook blyk indien
gelet word op die produksie van wit
druiwe wat volgens 'n ver-gelyking van
bewysstuk E met die Badsberg oessyfers in bogenoemde drie seisoene op beide
Kanaan en Groenvlei
geoes is, nl Steen, Raisin Blanc, Frans en St Emilion.
Volgens die Badsberg oessyfers was die totale produksie
/van ...
125.
van hierdie variëteite op Groenvlei
naamlik 564 ton in 1976, 474 ton in 1977 en 577 ton in 1978, terwyl die
produksie op Kanaan
volgens bewysstuk E 542, 519 en 547 ton was. Dit bring mee
dat die produksie van Groenvlei restant 22 -45 en 30 ton was, en Gaffle
moes
toegee dat selfs die twee positiewe syfers veels te laag was. Indien die oeste
verkry van St Emillon druiwestokke, wat inderdaad
net op Kanaan aangeplant was,
buite rekening gelaat word, was die produksie van die oorblywende drie
variëteite op Groenvlei
restant volgens die Badsberg oessyfers, gelees met
bewysstuk E, in 1976-1978 onderskeidelik 13, -45 en 30 ton.. In 1979 was die
gesamentlike
opbrengs van diê drie
/variëteite ...
126.
variëteite op die restant egter nagenoeg
228 ton.
Die feit dat die appellante ten onregte ontken het dat hulle enige
voorstellings oor die 1976 en 1977 oeste van Kanaan gemaak het,
en dat Andries
en Gaffie probeer voorgee het dat dle respondent van meet af be-wus was van die
moontlike onakkuraatheid van Gaffie
se syfers, is natuurlik in sigself 'n
aanduiding dat hul voorstellings waarskynlik onjuis was. Die verdere felt dat op
Groenvlei
restant heelwat meer wit druiwe (van laasgenoemde drie
variëteite) gepars moes gewees het as wat hierbo aangedui is - en dat
Kanaan dus heel-wat minder sodanige druiwe moes opgelewer het as wat uit
bewysstuk E blyk - dien ter versterking van dié
/aanduiding ...
127.
aanduiding. Die appellante se advokaat het egter betoog dat
Gaffie foute kon gemaak het of toe hy oor-spronklik notas in sy boekie
gemaak
het of toe hy bewysstuk E aan die hand daarvan opgestel het. Meer in besonder is
betoog dat ander wit druiwe soos Belies (waarvan
slegs 6 ton en ook net in 1978
op Kanaan ge-pars is) ook in die A-poel geval het; dat Gaffie 'n gedeelte van
die Belieproduksie van
Groenvlei restant kon ingesluit het by die A-poel druiwe
wat hy aan Kanaan toegeskryf het, en dat hy dan vir te min Cinsaut ('n swart
druifsoort) vir Kanaan voorsiening gemaak het. Dit sou dan verklaar waarom
Groenvlei restant se pro-duksie van bogenoemde drie variëteite
in
1976-1978, wat
/blyk ...
128.
blyk wanneer Gaffle se toepaslike syfers van
die Bads-berg oessyfers vir die hele Groenvlei afgetrek word, ooglopend te min
is en
in 1977 selfs 'n minussyfer toon.
Dat Gaffie foute kon gemaak het, kan
toegegee word. Inderdaad, en soos aangetoon deur die appellante se advokaat,
blyk dit dat hy
in bewysstuk E die 1976 produksie van St Emilion stokke op
Kanaán as 42,983 ton in plaas van, 52,162 ton vermeld het. Aangesien
hier-die druifsoort net op Kanaan verbou is, kan aanvaar word dat Gaffie 'n
eerlike fout begaan het deúr die 1976 pro-dúksie
laer te stel as
wat dit in werklikheid was. (Die verskil verteenwoordig nagenoeg 2 vragte
druiwe.) Dit is egter vir my heeltemal
onwaarskynlik dat 'n soortgelyke
/fout ...
129.
fout die rede was waarom Gaffie in bewysstuk E
die produksie van die genoemde drie variëteite op Kanaán ver te hoog
aangeslaan
het, en ook nie net wat 'n enkele oesjaar betref nie maar vir elk van
drie seisoene. Voorts is dit vir my ook onwaarskynlik dat,
soos betoog is,
Gaffie in bewysstuk E 'n te lae Cinsautoes aan Kanaan toegeskryf het. Indien dit
gebeur het, moes die werklike Cinsautproduksie
van Groenvlei restant natuurlik
ooreenstemmend laer gewees het as wat uit 'n vergelyking van die bewysstuk met
die Badsberg oessyfers
blyk. Word Gaffie se syfers vir Kanaan van die totale
produksie van Groenvlei afgetrek, is daar in 1976-1978
onderskeidelik 204, 142 en 119 ton Cinsaut op Groenvlel
/restant ...
130
restant gepars. Dit kan met veiligheid aanvaar word dat die produksie
van die meermaal genoemde drie varië-teite op Groenvlei
restant wat uit
bedoelde vergelyklng blyk minstens 100 ton per seisoen te laag was. (Indien die
produksie met 100 ton verhoog word,
is 112 ton in 1976, 56 ton in 1977 en 130
ton in 1978 gepars, verge-leke met 228 ton in 1979.) Indien Gaffie die
aange-voerde fout
begaan het, volg dit dan dat die Cinsaut-produksie van
Groenvlei restant met minstens 100 ton per jaar verminder moet word en dat
die
drie oeste on-derskeidelik nie meer as hoogstens 104, 42 en 19 ton beloop het
nie. In 1979 was Groenvlei restant se Cinsautproduksie
egter 135 ton wat buite
alle verhouding
/met ...
131
met laasgenoemde twee syfers staan. Hier dien
ge-meld te word dat die totale produksie van die hele Groenvlei vanaf 1976 tot
1978
'n dalende tendens toon en dat indien Kanaan se oes in 1978 ongeveer 700
ton beloop het, Groenvlei restant se totale oes nagenoeg
438 ton was. In 1979
was die restant se totale oes 648 ton, 'n toename dus van ongeveer 50%.
Aangenome dat die 1978 Cinsautproduksie
van die restant 19 ton was, het die 1979
produksie dan egter met iets soos 700% gestyg.
Daar is nog verdere oorwegings
wat vir my daarop dui dat Kanaan se oeste in 1976-1978 substansieel minder as
700 ton per jaar was.
Eerstens blyk uit die
/getuienis ...
132.
getuienis geen verklaring waarom net die
restant se oeste sou gedaal het nie. Die totale produksie van Groenvlei was
naamlik 1 279
ton in 1976, 1 167 ton in 1977 en 1 138 ton in 1978. Indien Kanaan
se pro-duksie elke jaar nágenoeg 700 ton was (volgens Gaffie
se syfers
trouens hoër in 1978 as in 1977) moes die restant se produksie vanaf 1976
tot 1977 gedaal het vanaf 579 tot 467 ton,
en vanaf 1977 tot 1978 verder gedaal
het vanaf 467 tot 438 ton (maar in 1979 gestyg het tot 648 ton).
Tweedens
volg dit vanselfsprekend dat indien, soos betoog is, Gaffie Kanaan se
Cinsautproduksie in bewysstuk E te laag gestel het,
die syfer van 140 ton
/in ...
133.
in 1978 wat uit die bewysstuk blyk aansienlik hoër moes gewees het. Die
respondent se Cinsautproduksie in 1979 was egter slegs
70 ton en dit is
insiggewend dat die appellante weinlg krltiek op die respondent se bewerking en
besproeling van die betrokke wingerde
gehad het en dat volgens hul getuie,
Flippies, die druiwe in hierdie wingerde "mooi" was.
Derdens blyk uit Gaffie
se syfers dat Kanaan se Cinsautproduksie in 1976, 1977 en 1978 meer as 7, en
selfs meer as 8, ton per hektaar
moes beloop het. In-dien die meermaal genoemde
betoog gegrond is, moes die syfers natuurlik veel hoër gewees het. Maar toe
Gaffie
gevra is of die wingerde op Groenvlei voor die
/1979 ...
134.
1979 seisoen 7 ton per hektaar kon produseer het, het hy
ontkennend geantwoord en gesê dat die appellante se wingerde "nooit
baie
hoog geproduseer" het nie.
In verband met die produksie per hektaar moet ook
daarop gelet word dat daar in die 1978 seisoen op Kanaan 100 hektaar wingerd
onder
besproeiing was. Op die droëlande is volgens die appellante 60 ton
Raisin Blanc en 6 ton Belies geoes. Indien die totale opbrengs
van Kanaan 700
ton was, is dus op die 100 hektaar 634 ton gepars. Dit verteenwoordig 'n
opbrengs van 6,34 ton per hektaar; nie veel
minder as die opbrengs wat Gaffie
onaanneemlik gevind het nie.
Vierdens kom dit onwaarskynlik voor dat die
/produksie ...
135.
produksie van Groenvlei restant na die aangaan van,die
koopkontrak so dranaties kon gestyg het. Soos reeds genoem, was die opbrengs
in
1979 648 ton teenoor die 438 ton wat in 1978 gepars moes gewees het indlen
Kanaan se opbrengs ongeveer 700 ton was. (Mits Gaffie
se syfer vir Kanaan se
totale produksie in 1978 reg is, was die restant se opbrengs nog laer, nl 426
ton.) Die appellante noem wellswaar
'n hele aantal redes waarom die 1979
produksie so hoog was, o a intensiewer besproeling en doeltreffender
kweekbestryding, maar die
algemene stelling van die respondent se deskundige,
Kotze, dat hy behalwe in geval van 'n misoes nooit van-tevore van 'n 50% styging
in produksie van een seisoen
/na ...
136
na 'n ander gehoor het nie, is onbeantwoord gelaat.
Wat
die styging des te merkwaardiger maak, is die
feit dat indien Kanaan ook in
1976 en 1977 nagenoeg
700 ton opgelewer het Groenvlei restant se
produksie
in die tydperk 1976-1978 'n sterk dalende tendens ge-
toon het. (Ek kom
later terug op die restant se
produksie in 1980 en 1981.)
Die appellante
se advokaat het egter betoog dat indien op Kanaan se produksie in 1981 gelet
word, dit heeltemal aanvaarbaar is dat
die produksle in 1978 on-geveer 700 ton
kon gewees het, en dat die respondent 'n oes van so 'n omvang in 1979 kon gepars
het indien
hy behoorlik geboer het. Die betoog het soos volg gelui:
/In ...
137.
In 1981 is op Kanaan nagenoeg 411 ton gepars.
Dit het gebeur ondanks die feit dat nie minder as 100 000 produserende stokke
(saamgestel
uit die Raisin Blanc op die Eiland en die sogenaamde "ou sleg Steen"
in dié Sedgwick blokke) voorheen uitgekap was en derhalwe
nie tot die
1981 oes bygedra het nie. Volgens die respondent was daar in 1979 slegs ongeveer
250 000 drulwestokke op Kanaan, en was
daar dus in die 1981 seisoen slegs sowat
150 000 stokke. Indlen bogenoemde 100 000 stokke nie uitgekap was nie, sou die
1981 oes
dus 685 ton gewees het (411 ton vennenigvuldig met 250 000 en gedeel
deur 150 000). Weens oorvloedige reën in Januarie was die
1981 oes minder
as wat dit
/moes ...
138
moes gewees het, en sou onder
normale omstandighede dus nog meer as 685 ton gepars gewees het.
Om verskeie
redes, waarvan ek slegs 'n paar noem, kom die betoog vir my onrealisties voor.
In eerste instansie veronderstel die betoog
dat die uitgekapte stokke dieselfde
potensiaal as die oorblywende stokke gehad het, terwyl die blote felt dat hulle
uitgekap is juis
op die teendeel dui. In tweede instansie is dit veel nuttiger
om van die 1981 produksie terug te werk na die 1978 produksie. 'n Mens
weet dat
die 1981 oes 411 ton beloop het en dat volgens die appellante die Eiland in 1978
60 ton opgelewer het. (Die res-pondent
het in 1979 'n totale Raisin Blanc
produksie van
/slegs ...
139.
slegs 42 ton gehad nieteenstaande die feit dat
anders as die appellante hy die Eiland besproei het.) Dit blyk nie wat die
opbrengs
van die ou Steen in 1978 was nie, maar uit die oorblywende Steen is in
1981 102 ton gepars. Die oppervlakte van die ou Steen was
na-genoeg 'n helfte
van die totale oppervlakte van al die Steenblokke. Indien dan ten gunste van die
appel-lante veronderstel word
dat die ou Steen se produksie per hektaar
dieselfde was as dié van die oorblywende Steen, en dat, afgesien van die
oorvloedige
reën, die 1981 oes van Kanaan aanduidend van die plaas se ware
potensiaal in 1978 was, moes die ou Steen in 1978 on-geveer 102
ton opgelewer
het. Indien hierdie syfer,
/asook ...
140
asook die voornoemde 60 ton, by die 1981 oes van 411 ton getel word,
is die totaal 573 ton wat aanduidend is van dle totale produksie
van Kanaan in
1978. In die lig van die waarskynlikhede word die feit dat die 1981 oes deur
weersomstandighede geaffekteer was ge-neutraliseer
deur die gunstige
veronderstelling dat die ou Steen in 1978 dieselfde produksie per hektaar as die
oorblywende Steen gehad het. Voorts
moet in gedagte gehou word dat volgens die
appellante se mededelings aan die respondent en Van Wyk daar heelwat jong stokke
op Kanaan
was wat nog in volle produksie moes kom; soséer dat op
Kanaán uiteindelik 1 500. ton gepars sou kon word. Die appellante
word
dus waarskynlik ook
/bevoordeel ...
141.
bevoordeel deur die aanname dat die 1981 oes aanduidend is van die
oorblywende stokke se produksie in 1978. Laastens kan nie uit die
oog verloor
word nie dat ander persone as die respondent in 1980 slegs 356 ton op Kanaan
gepars het, en dat die stokke op die Eiland,
en moontlik ook die ou Steen, eers
daarna uitgekap is. Die Raisin Blanc-produksie van Kanaan in 1980 was trouens
slegs 44 ton; dus
ongeveer 2 ton meer as die respondent se oes in
1979.
Namens die appellante is betoog dat uit 'n doku-ment wat teen die
middel van 1979 deur ene De Kock, 'n eiendomsagent, opgestel is,
'n afleidlng
gemaak kan word dat Kanaan se oes in 1978 wel ongeveer 700 ton
/was ...
142.
was. Diê dokument het betrekking op
Andries se ge-
deelte van Groenvlei restant en is deur De Kock opge-
stel uit inllgting wat Andries telefonies verstrek het
met die oog op die
verkryging van 'n koper vir laasge-
noemde se grond. Die tersaaklike gedeelte
van die
dokument lees soos volg:
"In 1978 was oes 420 tonne en in 1979 -300 tonne; verwag meer as 400 tonne in
1979 weens jong wingerd wat in drag kom."
Indien die oes op Andries se deel in 1978 420
ton beloop het, kon die appellante klaarblyklik nie
sowat 700 ton op Kanaán gepars het nie, want dan sou
die hele
Groenvlei restant (insluitende Gaffie se deel)
slegs sowat 438 ton opgelewer het. Dit is egter
/duidelik ...
143.
duidelik dat die aangehaalde gedeelte nie 'n
getroue weergawe kan wees van wat Andries aan De Kock gesê het nie.
Eerstens word
dle jaartal 1979 twee keer vermeld terwyl ongetwyfeld beoog is om
na twee ver-skillende oesseisoene te verwys. Tweedens is dit onaanneemlik
dat,
sonder om enige verduideliking te gee, Andries mededelings sou gemaak het
waarvolgens die 1979 oes op sy gedeelte soveel laer
as die 1978 oes was. Die
verhoorhof het dan ook nie 'n ongunstige afleiding teen die appellante uit die
bewoording van die dokument
gemaak nie. Op grond van wat Andries in herverhoor
gesê het, is egter betoog dat die inligting wat hy inderdaad aan De Kock
gegee het ten gunste van
/die ...
144.
die appellant strek. Andries het naamlik getuig
dat hy aan De Kock gesê het of dat op sy en Gaffle se dele gesamentlik (d
w
s Groenvlei restant) in 1978 420 ton gepars is, óf dat die oes op sy
deel in daardie jaar 240 ton beloop het. Enige van hierdie
twee mede-delings sou
volgens die appellante se advokaat geensins strydig wees nie met die appellante
se voorstelling dat op Kanaan
in 1978 nagenoeg 700 ton (en op die restant dus
438 ton) gepars is.
Na my mening was bogenoemde getuienis van Andries egter
'n stukkie suiwer rasionalisasie. Toe hy in krulsverhoor gevra is hoeveel
druiwe
in 1978 op sy deel gepars is, was sy antwoord:
/"Ek ...
145.
"Ek het geweet die gesamentlike tonnemaat van
die restant, maar ek het nie geweet wat op elke deel gepars is nie. Ek sal vir u
sê
dat ons het op my deel, my deel was kleiner aan grond, sal u sien, maar
daar was baie meer geboue op en daarvoor moes ek toegee vir
Gaffie vir meer
grond en vir meer wingerd."
Deur die hof gevra of dit nie nogtans vir hom
belangrik was om dle aparte
oeste van die twee dele
te bepaal nie, sê Andries dat hy "nie die
syfers gehad"
het nie. Kort hierna getulg hy dat hy 'n honderd per-
sent
seker is dat hy nie die omvang van die 1978 pro-
duksie aan De Kock vermeld
het nie: Ten slotte is die
volgende genotuleerde vraag en antwoord heeltemal
in
stryd met sy getuienls in herverhoor:
/"Mnr. ...
146.
"Mnr. le Roux, wil u nou werklikwaar vir ons
sê u het nog nooit eers probeer dink hoeveel daar op u gedeelte gepars is
en hoeveel
daar op Gaffie se gedeelte gepars
is nie? Nee, ons het gesien die
stokke en ons het gesien daar is meer jong stokke op Gaffie se deel en so het
ons hom verdeel."
Andries se suggestie dat hy moontlik vir De
Kock kon genoem het wat sy en
Gaffie se gesamentlike
produksle in 1978 was, verdien nie ernstige
oorweging
nie. Slegs sy gedeelte van Groenvlei restant sou
te koop aangebied word, en daar was geen rede waarom
om De Kock sou wou
weet, of Andries vir laasgenoemde
sou wou inlig, wat op die hele restant gepars is nie.
Dit volg dus dat die deel van De Kock se dokument wat
hierbo aangehaal is, volkome neutraal is en nie die
/appellante ...
147.
appellante se weergawe begunstig nie.
Die
gewigtigste argument geopper deur die appellante se advokaat is dat die
vermeerdering van die restant se totale produksie van
ongeveer 438 ton in 1978
tot 648 ton in 1979 glad nie onwaarskynlik is nie in die lig van die feit dat
die 1980 en 1981 oeste volgens
die Badsberg oessyfers onderskeidelik 1 292 en 1
081 ton beloop het. Die 1980 oes was derhalwe feit-lik dubbeld die 1979 oes,
terwyl
laasgenoemde oes 'n
styging van slegs sowat 50% op die 1978 oes verteenwoor-dig het (aangenome
dat in 1978 op Kanaan 700 ton gepars is). Vir Kotze was
'n 100% oesstyging
vanselfsprekend nog minder aanvaarbaar as 'n 50% styging, en hy het
gesê
/dat ...
148.
dat in sy ervaring as landboudeskundige hy so
iets nog nooit teengekom het nie. Die appellante het nie betwis dat 'n 100%
oesstyging
van een seisoen na 'n ander feitlik ongehoord is nie, maar het, soos
reeds gesê, die abnormale styging ten opsigte van die
restant gewyt aan 'n
aantal faktore en veral die intensiewe wyse waar-op Andries en Gaffie vanaf Mei
1978 geboer het. Hoewel daar
geen getuienis is dat daar 'n geknoei met die 1980
en 1981 oeslewerings was nie, dien tog daarop gewys te word dat dit nie vir die
appellante onmoontlik sou ge-wees het om toe te sien dat die Badsberg syfers van
die betrokke oeste 'n valse beeld weerspieël
nie. Hulle sou slegs met 'n
medelid, of medelede, van Badsberg hoef
/te ...
149.
te gereël het om 'n gedeelte van sy of hulle oeste op Gaffie of Andries
se naam by die kelder in te lewer. Aangesien die onderhawige
geding reeds in
Februarie 1980 aanhangig gemaak is en die appellante toe reeds geweet het dat
die respon-dent die Badsberg oessyfers
vir die 1976-1978 seisoene bekom het, sou
'n aansporing tot sodanige optrede nie ontbreek het nie. Indien die appellante
wel in 1978
heelwat meer druiwe as 438 ton op Groen-vlei restant gepars het, sou
hulle immers geweet het dat die 1979 oessyfers van die restaht
'n abnor-male
styging sou toon en sou hulle dus moes toesien
/dat ...
150.
dat die 1980 en 1981 opbrengste eweneens
abnormale stygings daarstel.
Nietemin moet die argument onder bespreking
sekerlik ten gunste van die appellante oorweeg word. In die lig van al die ander
faktore
en oorwegings waar-na reeds verwys is, is ek egter nie oortuig nie dat
die verhoorhof verkeerdelik bevind het dat die appel-lante
se voorstellings oor
Kanaan se 1976-1978 oeste onjuis was. Trouens, indien ek die aangeleent-heid de
novo sou moes beoordeel, sou
ek tot dieselfde bevinding kom. Die presiese omvang
van die werklike oeste kan natuurlik nie bepaal word nie, maar die kumulatiewe
effek van al die waarskynlikhede dui daarop
/dat ...
151 .
dat in nie een van die drie seisoene meer as
550 ton gepars is nie.
Dat dié wanvoorstellings wesentlik was, behoef
geen betoog nie. Dit is duidelik dat die respondent die koopkontrak aangegaan
het omdat hy gereken het op
'n minimumoes van 700 ton - en hopelik heelwat
meer -ten einde sy verpligtinge na te kom. Indien hy ge-weet het dat die
appellante
in die vorlge drie seisoene substansieel minder as 700 ton geoes het,
sou hy seker-lik nie gekoop het nie. Dit is ook duidelik dat
die voorstellings
gemaak is met die oogmerk om dle respon-dent tot kontraksluiting te oorreed.
Sover dit die oeste aangaan, is die
enigste oorblywende vraag dan of,
/soos ...
152.
soos beweer in die besonderhede van die
vordering en bevind deur die verhoorhof, die wanvoorstellings op-setlik gemaak
is. In die
lig van die feite dat die appellante valslik betwls het dat hulle
enige voorstelling oor die 1976 en 1977 oeste gemaak het; dat hulle
probeer
voorgee het dat bewysstuk E uit on-volledige gegewens saamgeflans is en dat die
respondent daarvan bewus was; dat die drie
oeste elk heelwat minder was as 700
ton, en dat Gaffie nouliks eerlike foute van substansiële omvang met
betrekking tot drie
oesjare kon gemaak het, kom die gevolgtrekklng dat die
voorstellings tot die wete van die appellante onwaar was feitlik onafwendbaar
voor. Die appellante se
/advokaat ...
153.
advokaat het egter betoog dat aangesien hul
wanvoor-stellings gedurende die 1979 oesseisoen aan die lig sou kom, Gaffie en
Andries
nie uit die omgewing sou wegtrek nie en trouens die respondent se bure
sou wees, en die appellante geweet het dat die respondent
nie sy verpligtinge -
ook teenoor hulle - sou kon nakom in-dien Kanaan 'n swak opbrengs sou hê
nie, dit onwaarskyn-lik is dat
die appellante die wanvoorstellings opset-lik
gemaak het. Hierdie betoog sou 'n mate van gewig gedra het indien die respondent
se
1979 oes die ware potensiaal van Kanaan verteenwoordig het. Dit was egter
juis die appellante se saak dat dit nie die geval was nie
en dat die swak oes
aan die respóndent
/se ...
154.
se boerderypraktyke, of gebrek daaraan, te wyte was. Ek het
reeds daarop gewys dat volgens die appellante se mededelings in April
1978
heelwat jong wingerde op Kanaan nog in volle produksie moes kom. Indien die
appellante dus in die verlede 550 ton op Kanaan
gepars het, kon hulle gehoop het
dat die 1979 oes nie te ver van 700 ton sou kortskiet nie, en dat die feit dat
hul onjuiste voorstellings
oor die vorige oeste gemaak het dan nie vir die
respondent opsigtelik sou wees nie. Afgesien hiervan, is dit sekerlik nie
onbekend
nie dat 'n wanvoorstelling gemaak word sonder dat die dader die
moontlike konsekwensies daarvan behoorlik deurdink.
/Die ...
155.
Die appellante se advokaat het ook betoog dat
indien Gaffie geweet het dat die appellante nie in 1976-1978 op Kanaan 700 ton
gepars
het nie hy sou toegesien het dat sy syfers nie negatlewe syfers vir die
restant aantoon indien bewysstuk E met die Bads-berg oessyfers
vergelyk word
nie. Hy sou inteendeel, so het die betoog voortgegaan, die Badsberg syfers
be-kom het alvorens hy die bewysstuk opgestel
het. Hoe-wel nie sonder pit nie,
het hierdie betoog beperkte oorredingskrag. Eerstens sou Gaffie geen vermoede
gehad het dat die
respondent ooit insae in die Badsberg syfers sou verkry nie
indien, soos hierbo aan die hand gedoen, die appellante juis vertrou
het dat die
omvang
/van ...
156.
van die 1979 oes nie vlr die respondent 'n opsigtelike bron van agterdog sou
wees nie. Tweedens het dit moontlik vir Gaffie nooit
opgeval dat sy syfers vir
Kanaan ten opsigte van enkele variëtelte op negatlewe syfers vir die
restant kon dui nie.
Voorts is betoog dat die appellante se be-reidwilllgheld
om aan die respondent verlof tot insae in dle Badsbergsyfers te verleen,
spreek
teen bewus-syn van skuldige optrede aan hulle kant. Ek kan nie akkoord gaan nie.
Krige het klaarblyklik vir die appellante
geadviseer om die nodige toestemming
te verleen en hy sou geweet het dat 'n weiering juis sou dui op 'n motief om
iets te verberg.
/Na...
157.
Na my mening ding die argumente geopper namens die appellante nie af aan die
oortuigingskrag van die
oorwegings wat ek reeds genoem het nie, en het die ver-hoorhof dus tereg
bevind dat die wanvoorstelling onder bespreking opsetlik
deur die appellante
gemaak is. Dit volg dat die respondent geregtig was om uit die koopkontrak terug
te tree. In die lig van hierdie
gevolgtrekking is dit onnodig om in te gaan op
die vrae of die respondent nie in elk geval geregtig was nie om die kontrak te
kanselleer
op grond van 'n wan-voorstelling aangaande die getal stokke op
Kanaan, of al sou die voorstelling oor die oeste 'n onskuldige een
gewees het.
Ek mag egter noem dat die getuienis
/daarop ...
158.
daarop dui dat daar aanslenlik minder as 400 000 druiwestokke op die plaas
was.
In die verondersbelling dat die respondent nie die beweerde waarborge
bewys het nie maar geregtig was om uit die koopkontrak terug
te tree, was dit
ge-mene saak dat sy vorderings gerig op verbetering van klousule 11 van die
koopkontrak en op betaling van skadevergoedlng
weens waarborgbreuk nie moes
geslaag het nie. Dit was ook gemene saak dat hy wel aan-spraak kon maak op die
negatiewe interesse ten
bedrae van R3 048,07 asook die som van R66 728,30 (synde
die totale afbetaling op die koopprys) met rente wat deur die verhoorhof
aan hom
toegeken is, en dat die hof
/tereg ...
159.
tereg 'n kostebevel in sy guns gemaak en eweneens tereg die
teeneis met koste afgewys het. Die appellante se advokaat het aangevoer
dat
hulle op die koste van die appèl geregtig is en die teendeel is nie deur
die respondent se advokaat betoog nie.
Derhalwe slaag die appêl met
koste tot die mate dat die bevele van die verhoorhof deur die vol-gende vervang
word:
1) Die hoofeis slaag met koste en die verweerders word gelas om die som van R69
776,37 aan die eiser te betaal, asook rente teen
11% per jaar op die bedrae van
R50 000 vanaf 1 Mei 1979, R8 443,93 vanaf 16 Julie 1979, R4 178,36
vanaf
/17 Oktober ...
160.
17 Oktober 1979, R1 076,01 vanaf 23 September 1980 en R3 030
vanaf 7 Oktober 1980.
2)
Die teeneis word met koste
afgewys.
3)
Rente teen 11% per jaar sal op die
koste be-taalbaar wees vanaf datum van taksasie tot datum van betaling
daarvan.
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
WESSELS, AR
VILJOEN, AR
STEM SAAM
ELOFF, WAR
SMALBERGER, WAR