S v Paulus (24/84) [1984] ZASCA 104 (20 September 1984)

62 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Indictment and conviction — Appellant convicted of murder, attempted murder, robbery, and rape following a violent spree in Oshakati — Appellant claimed intoxication and indoctrination as mitigating factors — Trial court found no extenuating circumstances, emphasizing appellant's awareness of his actions — Appeal against conviction and sentence dismissed, with the court affirming that the appellant's mental state did not absolve him of culpability for the murder committed outside a wartime context.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 104
|

|

S v Paulus (24/84) [1984] ZASCA 104 (20 September 1984)

S W A 24/84
JONAS PAULUS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
J J F HEFER,AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen
JONAS PAULUS APPELLANT
en
DIE STAAT RESPONDENT
CORAM; CILLIé , VAN HEERDEN et HEFER, ARR.
AANGEHOOR : 17 SEPTEMBER 1984. GELEWER : 20 SEPTEMBER 1984.
UITSPRAAK
HEFER, AR :
Die appellant en ene Matheus het in die Hoog-geregshof van Suidwes-Afrika
tereg gestaan op 'n aanklag
van 2
2.
van moord en etlike ander aankiagte. Hulle verskyning het
voortgespruit uit 'n reeks voorvaMe waarby hulle be-trokke was by verskeie
krale
in die omgewi ng van Oshakati gedurende die nag van 2-3 ]anuarie 1983. Gewapen
met semi-outomatiese gewere het hulle van kraal
tot kraal beweeg en blindelings
skote afgevuur op mense en geboue waarin daar, tot hulle wete, mense was. Hulle
het ge-roof en geplunder,
by een kraal 'n vrou verkrag en by 'n ander kraal het
d i e appellant 'n ou man doodgeskiet. Dit het aanleiding gegee tot di e
moordklag.
By die verhoor het beide van hulle onskuldig gepleit op laasgenoemde aanklag
maar skuldig op meeste van die ander. Appellant is skuldig
bevind aan moord
sonder 3
3. sonder versagtende omstandighedc, poging tot moord (3
klag-tes), roof met verswarende omstandighede (4 klagtes) en verkragting.
Weens
die moord is hy ter dood veroordeel maar verlof is aan hom verleen om te
appelleer teen die bevinding dat daar geen versagtende
omstandighede was nie en
teen die opgelegde vonnisse op al die aanklagte.
Hoewel dit gemene saak was dat die appellant en Matheus die betrokke nag by
di e oorledene se kraal op-gedaag het, dat hulle by sy
vrou verneem het waar die
eienaar van di e kraal was, dat hulle na die hut is waar-heen sy hulle beduie
het, dat appellant d ie oorledene
daar geskiet het en homself daarna saam met
Matheus uit die voete gemaak het, het nog die appellant nog Matheus
enige 4
4. enige getuienis voor skuldigbevinding aangebied. Ap-pellant se
skuldigbevinding aan moord het onvermydelik gevolg. Matheus is op
daardie
aanklag egter vryge-spreek aangesien die Verhoorhof nie oortuig was dat die
ooriedene gedood is in die uitvoering van 'n
gemeenskap-like doel tussen die
twee beskuldigdes nie.
Na skuldigbevinding het die appeilant getuig (met die
oog op die bewys van versagtende omstandighede) dat hy in Angola gebore is en
daar skoolgegaan het tot standerd toe die skoie in daardie land gedurende 1974
by die beëindiging van die Portugese bewind,
gesluit is. Op 14 jarige
leeftyd het hy by Unita aangesluit en spoedig betrokke geraak by die
burgeroorlog teen die
MPLA 5
5
M P L A en Kubaanse magte. Gedurende 1979 het hy die Suidwes-Afrikaanse grens
oorgesteek en gedurende 1980 lid geword van 'n kontingent
van die
Suid-Afrikaanse en Suidwes-Afrikaanse Polisie genaamd Koevoet. Sedertdien het hy
teen Swapo geveg.
Die gebruik in die eenheid was dat sy lede afwisselend 'n
week aktiewe diens in die operasionele ge-bied gedoen het en dan 'n week
in
Oshakati gerus het. Op 2 Januarie 1983 was appellant weer tydens so 'n
rusperiode op Oshakati. Die betrokke dag het hy saam met
Matheus en andere
gedrink en teen die aand was hy, soos hy dit gestel het, "dronk". Hy en Matheus
het toe besluit om
meisies te gaan soek. Hoe dit gekom het dat hulle ook
begin 6
6.
begin roof het, blyk nie uit sy getuienis nie. Al
wat
appellant daaroor getuig het, was " die drank het
ons oorwin, toe het
ons hierdie ding gaan aanvang". Sy
getuienis oor die voorval by die oorledene
se kraal was
ewe lakoniek. Dit lui soos volg:
"Die getuienis wat gelewer is deur die
Staat het gesê dat jy met 'n
flitslig
geloop het na die ouman se hut om hom
te gaan beroof, is dit
reg? Ja.
Die Staatsgetuies het ook gesê
dat jy met die flits in die ouman
se
hut ingelig het, is dit reg? Ja.
Wat het-jy daarbinne-in die hut ge-
sien? Ek het die ouman daar in die
hut gesien.
Het die ouman gelê, of wat het hy
gedoen? Die ouman het van sy bed
afgespring en na die geweer toe beweeg.
Het hy geloop na die geweer toe,
of gehardloop? --Hy het net geloop
om 7
7.
om sy geweer te gaan vat.
Toe skiet jy hom? Ja.
Hoekom het jy hom geskiet? Ek
het gedink die ouman, soos hy na die ge-weer toe gegaan het, wou hy vir my
ge-skiet het,en ek het toe eerste geskiet."
Hoewel dit hoegenaamd nie in ooreenstemming
was met appellant se bewerings
in sy pleitverduideliking
nie, het die Verhoorhof hierdie getuienis aanvaar. Wat
appellant se beweerde dronkenskap betref, is bevind dat
hy vroeër die betrokke dag "'n groot hoeveelheid"drank
ingeneem het en dat hy "op 'n stadium" onder die in-
vloed van drank moes gewees het, Gesien o a die
redelike lang tydsverloop sedert sy laaste inname van
drank en sy opwagting by die oorledene se kraal, en die
feit dat hy 'n
rasionele relaas van die gebeure die
betrokke 8
8.
betrokke aand kon gee, is egter bevind dat sy vroeëre
beskonkenheid nie 'n beduidende rol gespeel het nie en
nie op sigself 'n
versagtende faktor was nie.
'n Faktor waarop by die verhoor sterk gesteun
is as versagting het voortgespruit uit die getuienis
van Dr Shubitz, 'n
neuroloog-psigiater, wat ten behoewe
van die verdediging getuig het oor 'n
totale geestesver-
andering wat enige persoon kan ondergaan as gevolg van
langdurige en volgehoue indoktrinasie wat daarop toege-
spits i s om sy denkwyse in 'n bepaalde rigting te stuur,
en wat hom in
staat stel tot dade wat hy andersins nooit
sou gepleeg het nie. in appellant se geval, aldus
Dr Shubitz, is hy reeds
sedert sy toetrede tot Unita
geïndoktrineer 9
9. geïndoktrineer met die gedagte van die
uitwissing van die "vyand", en dit is nog dieper by hom ingeskerp toe hy tot die
geledere
van Koevoet toegetree het. Sedert hy 14 jaar oud was, was hy met niks
anders gemoeid as díe praktiese volvoering van daardie
allesoorheersende
gedagte nie; as volwassene het hy geen ander lewe geken nie as die van 'n
vegtende soldaat wat, in situasies waarin
sy eie lewe dikwels op die spel was,
voortdurend toegespits was op die bevegting en uitwissing van die. vyand. Di e
gevolg was dat
hy 'n oorlogsmasjien geword het wat geprogrameer is om dood te
maak; hy het deel geword van 'n wrede oorlog waarin dood en verwoesting
alledaags geword het; hy het sy makkers grusaam sien
sneuwel 10
10. sneuwel en op sy beurt self 'n onbepaalde aantal vyande om
die lewe gebring. Dit alles het van hom 'n gevoellose wese gemaak met
min agting
vir sy eie lewe of dié van andere.
Toe hy gevra is om'n verduideliking vir ap-pellant se optrede teenoor die
oorledene, het Dr Shubitz as volg getuig:
" in the bush, he says, it is
one
against one. He says I have a gun, he has a gun and you do the best you can to
survive and I think that if one were looking for
explanations, that perhaps he
felt that this was a bush experience, that he was exposed to somebody who might
shoot him and I think,
reflexedly and automatically and very rapidly he shot him
first. This is the only explanation one can
offer 11
11.
offer. It would be just a matter
of survival "
Hy het egter toegegee dat
" he is able to distinguish be-
tween
being in the bush and fighting
Swapo guerillas, and going off some-
where
getting drunk and raping and
shooting somebody, he has a clear
ability to
make a distinction. He
is not pscychotic "
Die Verhoorhof het Dr Shubitz se getuienis
grotendeels aanvaar. Die
uitspraak lui soos volg in
hierdie verband:
"Dat 'n toestand soos beskrywe deur Dr Shubitz teweeggebring word op die wyse
soos deur hom uiteengesit moet aan-vaar word en moet,
op al die getuie-nis, na
ons mening ook aanvaar word dat beskuldigde daardeur ook geestelik
beinvloed 12
12.
beinvloed is. Oat dit dus in 'n gepaste geval 'n versagtende
omstandigheid kan wees wat tot gevolg het dat 'n beskul-digde se doodslag
met
minder verwyt be-jeën word is nie te betwyfel nie."
Die geleerde regter het egter, nadat hy verwys het na
Dr Shubitz se
getuienis betreffende die appellant se
vermoë om te onderskei tussen 'n
"oorlogsituasie" en 'n
"situasie waar hy in vreedsame kontak met die gemeen-
skap is", as volg voortgeredeneer:
"Die beskuldigde is dus nie iemand wat sonder diskresie doodmaak wat ookal
voorkom nie. Die vraag ont-staan dus, gesien hierdie onderskei-dingsvermoë
van die beskuldigde, het die feit van sy breinspoeling en in-doktrinasie 'n rol
gespeei by die dood-slag van die oorledene in omstandig-hede
waar die
beskuldigde hom nie in 'n
oorlogsituasie....13
13
oorlogsituasie bevind het nie."
Wat hierdie vraag betref is
in die uitspraak gewys op
appellant en Matheus se opeenvolgende gewelddade by
die
verskillende krale. Die het die Hof genoop tot 'n be-
vinding dat
"Na ons mening het die beskuldigde nie daarin geslaag om op 'n oorwig van
waar-
skynlikhede te bewys dat toe hy die oor-ledene geskiet het sy gemoedstoestand
beïnvloed was deur die indoktrinasie en breinspoeling
wat hy ondergaan het
nie.
Op al die bewese feite en ge-tuienis is ons van mening dat die be-skuldigde
wel deeglik bewus daarvan was dat hy homself nie in 'n
situasie bevind het
soorlgelyk aan 'n oorlog-situasie nie. Hy het oor die oor-deelsvermoë
beskik om te kan onderskei en het
dit inderdaad ook gedoen. Na
ons 14
14.
ons mening toon die getuienis dat die beskuldigde die
betrokke aand daarop uit was om te roof en verkrag en hy het eenvoudig alle
teenstand wat in sy weg gekom het met sy geweer uit die pad gevee."
In hierdie Hof is die bevinding dat appellant
oor die onderskeidingsvermoë beskik het waarna die ge-
leerde regter hier verwys, tereg nie aangeveg nie. Ap-
pellant se advokaat het nogtans aangevoer dat die Ver-
hoorhof fouteer het in sy verdere bevinding dat die
moord nie in verband
gebring kon word met appellant se
geestestoestand, voortgebring deur indoktrinasie, soos
deur Dr Shubitz beskryf nie.. Inteendeel, so het die
betoog gelui, die getuienis dui juis daarop dat sy ge-
Tndoktrineerde geestestoestand waarskynlik die enigste
rede 15
15.
rede vir die moord was.
Ek kan egter nie saamstem nie. Die
indok-trinasie waaroor Dr Shubitz getuig het (en wat in oor-eens terrming was
met appellant se
eie getuienis) het be-trekking gehad op die uitwissing van 'n
vyand in 'n oor-logsituasie; vir sover dit gesê kan word dat
appellant
"geprogrameer"is om dood te maak, het dit betrekking op militêre optrede;
Dr Shubitz het nooit gesuggereer dat appeliant
geindoktrineer is om koelbloedig
moord te pleeg nie. Nog minder kan die toneel wat hom die betrokke nag in die
oorledene se hut afgespeel
het(vol-gens appellant se getuienis), vergelyk word
met 'n toneel êrens in die bos waar appellant te staan mag gekom het
voor 16
16. voor 'n teenstander wat na 'n wapen gryp. So 'n verge-sogte
vergelyking sou, volgens Dr Shubitz, selfs die appellant nie gemaak
het nie - al
sy indoktrinasie en grusame ondervindings op die slagveld ten spyt.
Wat wel,
meen ek, 'n moontlikheid is, is dat appellant se opleiding en ondervinding in
guerilla-oorlogvoering onwillekeurig die oorhand
gekry het toe hy gemerk het dat
die oorledene na 'n vuurwapen beweeg het, in die sin dat hy homself bedreig
gevoel het en daarop
instinktief die roetine gevolg het wat hy onge-twyfeld
meermale in die verlede moes gevolg het naamlik om te sorg dat hy die eerste
skoot inkry. Maar aleer hierdie moontlikheid die appellant tot voordeel kan
strek......17
17.
strek moet dit verhef kan word tot
waarskynlikheid bo
ander moontlikhede wat hulleself voordoen. En daar-
van
is daar etlike ooglopendes. Die Verhoorhof was
tevrede dat appellant "aile
teenstand wat in sy weg
gekom het met sy geweer uit die pad" wou vee en sy
ad-
vokaat het geen poging aangewend om hierdie Hof te pro-
beer oortuig
dat dit nie minstens 'n ewe sterk moontlikheid
is nie. Trouens, te oordeel aan appellant se roeke-
lose hantering van sy wapen vroeër die aand by ander
krale, die feit
dat hy dit o a doelbewus gebruik het
om doodsdreigemente teenoor weerlose
vroue wat hy be-
roof het te versterk, en om 'n vrou wat van hom wegge-
vlug het ten einde verkragting te voorkom koelbloedig
te 18
18.
te verwond, kan daar min twyfel bestaan oor die,
juist-
heid van daardie siening.
Wat die inname van drank betref, het
appel-lant se advokaat in die Verhoorhof sowel as in hierdie Hof toegegee dat
dit geen noemenswaardige
roi kon gespeel het, hetsy in samehang met sy
indoktrinasie en oorlogs-ervaring, of as selfstandige faktor nie.
Myns
insiens was die Verhoorhof derhalwe korrek in sy bevinding dat geen versagtende
omstandig-hede bewys is nie.
Wat betref die ander aanklagte waarop ap-pellant
skuldig bevind is, het ek vantevore aangedui dat verlof aan hom verleen is om
teen
die opgelegde
vonnisse 19
19. vonnisse te appelleer. Sy advokaat het egter toegegee dat hy nie kon
aanvoer dat die vonnisse onvanpas was
nie. En ek stem met hom saam.
Die appèl word afgewys.
J J F
HEFER,AR.
CILLIé, AR. )
STEM SAAM. VAN HEERDEN, AR. )