About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 103
|
|
S v Tsotetsi en 'n Ander (36/83) [1984] ZASCA 103 (20 September 1984)
Saaknommer: 36/83
WHN
LUKAS TSOTETS
I Eerste Appellant
en
DANIEL NK
W
ANE
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(APPÉLAFDELING)
In die saak tussen:
LUKAS TSOTETSI
. .... Eerste Appellant
en
DANIEL NKWANE
Tweede Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JOUBERT, BOTHA et VAN HEERDEN ARR.
Verhoordatum
: 7
September 1984
Leweringsdatum
: 20 September 1984
UITSPRAAK
JOUBERT
, AR :
/Appellante .....
2
Appellante 1 en 2 is in die streekhof te Pretoria as
beskuldigdes 1 en 2 saam met twee ander beskuldigdes op drie aanklagte aangekla.
Aanklag 1 is dat hulle op of omtrent Vrydag 24 Julíe 1981 ten aansien van
'n winkel van ene Lurie te Pretoria huisbraak gepleeg
het met die opset om te
steel en aldaar ongeveer Rl 500 kontant, 'n pistool en ammunisie gesteel het.
Aanklag 2 is dat hulle wederregtelik
in besit van ammunisie was terwyl aanklag 3
is dat hulle wederregtelik in besit van 'n pistool was. Appellant 1 het skuldig
gepleit
op aanklag 3 maar onskuldig op die ander aanklagte. Appellant 2 en die
ander twee beskuldigdes het op al drie aanklagte
/onskuldig
3
onskuldig gepleit. Hulle is verhoor en aan die einde van die
verhoor is beskuldigde 4 op al die aanklagte vrygespreek. Op 27 Mei 1982
is
appellant 1 skuldig bevind op al drie aanklagte. Op aanklag 1 is hy gevonnis tot
4 jaar gevangenisstraf waarvan 1 jaar gevangenisstraf
voorwaardelik vir 5 jaar
opgeskort is. Aanklagte 2 en 3 is as een geneem vir doeleindes van vonnis en
daarop is hy 'n vonnis van
1 jaar gevangenisstraf opgelê. Appellant 2 is
skuldig bevind op aanklag 1 maar onskuldig op aanklagte 2 en 3. Hy is op aanklag
l 'n vonnis van 5 jaar gevangenis= straf opgelê waarvan 1 jaar
gevangenisstraf voorwaardelik vir 5 jaar opgeskort is. Beskuldigde
3 is ook
skuldig bevind op aanklag 1 en onskuldig op aanklagte 2 en 3.
/Appellante
4
Appellante 1 en 2 asook beskuldigde 3 het na die Transvaalse Provinsiale
Afdeling teen hul skuldig= bevindings en vonnisse geappelleer.
Beskuldigde 3 se
appèl teen sy skuldigbevinding op aanklag l en sy vonnis is
gehandhaaf. Die appelle van appellante 1 en 2 is afgewys. Die aansoek
van
appellante 1 en 2 om na hierdie Hof teen hul skuldigbevindings en vonnisse te
appelleer is deur die Transvaalse Provisiale Afdeling
afgewys. Met spesiale
verlof kom die appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof teen hul
skuldigbevindings en vonnisse.
Op 27 Augustus 1981 het luitenant Loock vir appellant 2 by sy huis in
Mamelodi gearresteer. Speurder
/adjudant
5.
adjudant-offisier Viljoen was teenwoordig. Hulle is daarvandaan na
Johannesburg. Uiteindelik het luitenant Loock vir appellant 1 in
Cleveland
gearresteer waar hy gewerk het. Appellant 1 het hulle na sy huis in Natalspruit
geneem waar hy 'n vuurwapen (Bewysstuk
1) met ammunisie uit 'n nuwe stoof gehaal
het en dit aan Viljoen oorhandig het. In 'n kas in die kombuis het appellant 1
'n sak uitgehaal
waarin 'n hoekslyper, lemme, handskoene en twee bankboekies
was. Namens die appellante is in hierdie Hof kritiek uitgeoefen en beswaar
gemaak teen beweerde erkennings wat die appellante na hul arres= tasies teenoor
luitenant Loock en viljoen sou gemaak het
/waardeur ....
6
waardeur hulle betrek sou word by die pleging van die misdaad waarop aanklag
1 betrekking het. Vir doeleindes van hierdie appèl
is ek nie voornemens
om hierdie be= weerde erkennings in ag te neem by die opweeg van die totaliteit
van die getuienis nie. Dit doen
ek sonder om in te gaan op die vraag of die
kritiek teen die be= weerde erkennings gegrond is of nie en derhalwe sonder om
te beslis
of die beweerde erkennings teen die appellante as getuienis
toelaatbaar is al dan nie.
Lurie is die besturende direkteur van 'n groothandelbesigheid wat sake doen
in die verskaffing van
/boute
7
boute, moere en gereedskap in 'n winkel, bekend as "The Screw
Man". Hierdie winkel is geleë op die hoek van van der Walt- en
Strubenstrate te Pretoria. Toe hy Vrydag 24 Julie 1981 om 6 nm. die besigheids=
perseel verlaat het, was al die deure gesluit en
die vensters toe. Sondag 26
Julie 1981 om 10 vm. het hy die winkel besoek. In die kantoor het hy bemerk dat
'n groot liasseerkas
verskuif is en voor die brandkluis geplaas is.
Laasgenoemde
se deur was oopgesny. Hy het deur
die winkel gestap en gevind dat die agterdeur oop was en dat die hangslotte
daarvan verwyder is.
Hy het ook gesien dat die dubbele diefwering van 'n
hoë
/venster
8
venster agter in die winkel oopgebreek is. Toe hy buite die gebou loop, het
hy aan die agterkant daarvan gevind dat leë kartonhouers
op mekaar gestapel
is om vanaf die grond 'n trap te vorm na die hoë venster wat oopgebreek is.
Hy het die polisie ontbied en
toe het hy ontdek dat ongeveer Rl 200 kontant, 'n
.22 pistool en ammunisie uit die brandkluis vermis word benewens 'n hoeveelheid
gereedskap uit die winkel. Hy het Bewysstuk 1 uitgeken as die vermiste pistool
wat in die brandkluis was. Ek sal straks verwys na
Lurie se getuienis oor die
kartonhouers.
/Speurder-
9
Speurder-konstabel Lubbe van die Suid-Afrikaanse Kriminele Buro
is 'n vingerafdrukdeskundige. Hy het Maandagoggend 27 Julie 1981 „The
ScrewMan" besoek. Hy het aan die kant van die groot liasseerkas wat voor die
brandkluis geskuif was deur middel van foelien palmafdrukke
afgehaal. Hy het
later op 27 Augustus 1981 van speurder-sersant Munro, die ondersoekbeampte 'n
stel vinger- en palmafdrukke van appellant
1 ontvang. Toe hy hulle vergelyk met
die palmafdrukke wat hy afgehaal het, het hy gevind dat hulle identies was.
Hierdie getuienis
is ook nie namens appellant 1 betwis nie. Lubbe het ook beslag
gelê op die twee boonste kartondose wat heel bo op die stapel
kartondose
onder die agterste venster gelê het.
10
Toe hy hierdie kartondose met silwernitraat behandel, het
vingerafdrukke wat baie vars was daarop te voorskyn gekom. Hy het later
op 27
Augustus 1981 van Munro 'n stel vinger- en palmafdrukke van appellant 2 ontvang.
Toe hy hierdie vinger- en palmafdrukke vergelyk
met die vingerafdrukke op die
bwee kartondose het hy gevind dat hulle identies was. Hierdie getuienis is nie
namens appellant 2 betwis
nie. Ek sal straks na verdere aspekte van Lubbe se
getuienis oor die kartondose en die vingerafdrukke daarop verwys.
Die strekking en aard van die getuienis waarop die Staat steun om appellant 1
te verbind met aanklagte 1, 2 en 3 is die volgende :
/1. die ....
11
1.
die pistool (Bewysstuk 1) en
die ammunisie (Bewys= stuk 2) wat appellant 1 in sy huis te Natalspruit aan die
polisie oorhandig het,
2.
die vingerafdrukke
van appellant 1 op die kant van die groot liasseerkas in die kantoor van "The
Screw Man", en
3.
appellant 1 in sy getuienis
ter verdediging plaas homself op die toneel van die misdaad op Saterdag 25 Julie
1981.
Appellant 1 het in sy getuienis die volgende
verduideliking gegee hoe sy vingerafdrukke op die kant van die groot liasseerkas
sou
gekom het en hoe dit gebeur
/het
12
het dat hy homself op die toneel van die misdaad op Saterdag
25 Julie 1981 bevind het. Hy is 'n drywer en 'n werktuigkundige. Saterdagoggend
25 Julie 1981 het sy neef, beskuldigde 3, saam met ene Bennie by sy huis
opgedaag. 'n Hoekslyper is toe aan Bennie oorhandig. Laasgenoemde
het aan
appellant 1 ver= duidelik dat hy die hoekslyper op 'n voertuig in Pretoria wou
gebruik. Hy het met Bennie ooreengekom om
laasgenoemde na Pretoria te vervoer
teen betaling van R30. Beskuldigde 3 het agtergebly terwyl appellant 1 vir
Bennie na Pretoria
geneem het. So tussen 12 vm. en 1 nm. het hy Bennie met die
hoekslyper by 'n straat in Pretoria afgelaai terwyl
/hy
13
hy in die motorkar vir Bennie gewag het. Bennie het by 'n
gangebjie na sy werksplek ingegaan. Na 'n rukkie het appellant 1 dors geword.
Hy
het besluit om na Bennie te gaan om water te kry. By die ingang van die
werksplek het hy drie persone aangetref wat besig was
om kartondose eenkant te
pak. Hulle het Bennie vir hom ontbied en Bennie het hom agter in die werksplek
geneem waar Bennie aan hom
water in n beker gegee het. Daar was in die omgewing
rakke met goedere daarop. In sy hoofgetuienis het hy soos volg getuig oor die
kwessie van sy vingerafdrukke wat op die groot liasseerkas gevind is:
/„Jy
14
„Jy het gehoor dat die polisie getuig het dat jou vingerafdrukke gevind
is op 'n kabinet - - (onhoorbaar) ? - - Ek weet nie
op watter plekke ek kon
geraak het nie, want ek het daar binne-in gegaan om water te gaan drink."
In kruisondervraging was sy getuienis oor hierdie aange=
leentheid soos volg:
„Het jy aan enige kaste gevat daar op die perseel ? - - Nee, ek het
nie. Is jy seker daarvan ? - - Ek is seker. Kaste waar ?
Op daardie perseel waar Bennie gesê het waar sy werksplek is ? - - Nee.
U was net haastig om by die toilet uit te kom om water
te kry en weer te loop.
Is dit reg ? - - Ja.
U het nie daar rondgestaan en aan die goed gevat nie ? - - Ek is nie seker of
ek aan iets geraak het of nie. Ek is nie seker nie.
Ek het nie geweet wat daar
aangegaan het nie.
/Jy....
15
Jy het nou-nou vir die Hof gesê jy is seker jy het nie
aan 'n staalkas of enige kas gevat nie ? - - Miskien as ek water drink
kon ek
toevallig aan iets raak (Getuie demonstreer met sy hand). Waar het jy water
gedrink ? - - Dit is agter, maar binne.
Daar waar iy gedrink het, is daar enige staalkaste ? - - Daar is rakke en
goedere is gepak op die rakke.
HOF
: Die vraag is of daar staalkaste is ?
- - Ek het nie opgelet nie.
AANKLAER
: Het u aan enige staalkas gevat of net aan rakke ? - - Aan
die rakke. Nie aan 'n staalkas nie ? - - Ek weet nie. Hoekom het u
vróeër
vir die Hof gesê u is seker u het nie aan 'n kas gevat
nie ?
- - Die rede is dat ek nie mooi na die plek
gekyk het waar ek gestap het
nie."
In herondervraging het appellant 1 op 'n leidende vraag
van sy advokaat bevestigend geantwoord:
/„Is
16
„Is dit moontlik dat jy aan 'n staalkas kon geraak het ?
- - Ja."
Bennie het aan hom gesê om gou te maak omdat hulle besig
was om
voorraad op te neem. Bennie het ook beweer dat die
blankes met hom sou raas
indien hulle appellant 1 in die
gebou sien. Nadat hy water gedrink het, is
appellant 1
terug na sy motorkar. Sowat l½ uur later het Bennie
met
die hoekslyper en 'n klein doos teruggekeer na die motor=
kar. Bennie
het aan hom verduidelik dat hy nie die
hoekslyper gebruik het nie omdat die
persoon op wie se
voertuig hy dit sou gebruik het van diens af was. Hy
het
Bennie na Germiston se stasie geneem. Daardie aand
/het
17
het Bennie hom gebel en meegedeel dat hy die klein doos waarin
daar 'n vuurwapen was in appellant se motorkar vergeet het. Appellant
1 het dit
toe in sy huis gebêre waar hy dit drie weke later aan die polisie
oorhandig het.
Die polisie kon Bennie wat oorkant beskuldigde 3 se huis in Soweto woon nie
opspoor nie . Hy het blykbaar verdwyn. Bennie was gevolglik
nie beskikbaar om by
die verhoor te getuig nie.
In hierdie Hof is namens appellant 1 aangevoer dat sy weergawe oor hoe sy
vingerafdrukke op die kant van
/die
18
die groot liasseerkas gekom het en hoe hy in besit van die
vuurwapen en die ammunisie gekom het redelik moontlik waar is en nie bo
redelike
twyfel as vals verwerp kan word nie. Na my mening is appellant 1 se
verduideliking nie redelik moontlik waar nie en moet
dit bo redelike twyfel as
vals verwerp word weens die volgende redes. Toe Lurie die perseel van „The
Screw Man" Vrydagmiddag
24 Julie 1981 verlaat het, was al die deure gesluit en
die vensters toe. Met sy terugkeer Sondagoggend 26 Julie 1981 het hy toegang
verkry deur 'n deur (voordeur) oop te sluit wat klaarblyklik ongeskonde na die
inbraak was. Volgens Lurie se getuienis is dit duidelik
dat appellant 1 toegang
tot die gebou slegs
/deur
18
die groot liasseerkas gekom het en hoe hy in besit van die
vuurwapen en die ammunisie gekom het redelik moontlik waar is en nie bo
redelike
twyfel as vals verwerp kan word nie. Na my mening is appellant 1 se
verduideliking nie redelik moontlik waar nie en moet
dit bo rédelike
twýfel as vals verwerp word weens die volgende redes. Toe Lurie die
perseel van „The Screw Man"
Vrydagmiddag 24 J'ulie 1981 verlaat het, was
al die deure gesluit en die vensters toe. Met sy terugkeer Sondagoggend 26 Julie
1981
het hy toegang verkry deur 'n deur (voordeur) oop te sluit wat klaarblyklik
ongeskonde na die inbraak was. Volgens Lurie se getuienis
is dit duidelik dat
appellant 1 toegang tot die gebou slegs
/deur
20
voorwerpe hy met sy hand aangeraak het. Hy het eers
ontken dat hy aan kaste gevat het. Later het hy bewéer
dat hy rakke
aangeraak het. Hy het ook gesê dat hy nie
seker was of hy aan 'n staalkas gevat het nie. Dit
klink vals. Wat meer is
die betrokke groot liasseerkas
was nie agter in die gebou nie maar voor
in
'n kantoor
waar dit vanaf 'n muur verskuif is tot voor die
brandkluis
waarvan die deur tydens die inbraak oopgesny is. In
die
omstandighede is die enigste redelike afleiding dat
appellant 1 se
vingerafdrukke aan die kant van die groot
liasseerkas aangebring is toe laasgenoemde tydens die
inbraak van die muur tot voor die brandkluis geskuif is.
/Appellant
21
Appellant 1 se verduideliking moet derhalwe bo redelike twyfel
as vals verwerp word en hy is tereg deur die streeklanddros skuldig
bevind op
klagte 1, 2 en 3 (op laasgenoemde het hy skuldig 'gepleit).
Die Staat steun op die aanwesigheid van appellant 2 se vingerafdrukke op die
twee kartondose om hom direk met die pleging van die
inbraak te verbind.
Appellant 2 het die volgende verduideliking. gegee oor hoe sy vingerafdrukke
moontlik op die kartondose gekom het. Hy is 'n taxiryer.
Op die hoek van van der
Walt en Strubenstrate is daar 'n staanplek vir taxi's waar hy dikwels sy
motorkar parkeer. Dit is naby „The
/Screw
22
Screw Man" en dit is gemene saak dat daar 'n kafee langs
of
naby „The Screw Man " is. Hy het nooit die perseel
van „The Screw
Man" betree nie. Dit was sy gewoonte
om vis en skyfies by die kafee te koop
en dan by die
randsteen van die sypaadjie te sit om dit te eet. Hy
het
verwys in sy getuienis na 'n geleentheid toe soldate
kartondose by „The
Screw Man" op die sypaadjie afgelaai
het. Hy het op 'n bondel platgedrukte
kartondose
gesit en eet. Op 'n vraag van die verhoorhof het hy
gesê
dat dit die enigste geleentheid was wat hy aldus
op kártondose gesit
en eet het. Op 'n verdere vraag
van die verhoorhof het hy gesê dat dit
was gedurende die
/week
23
week wat hy gearresteer is. Namens hom is voor hierdie Hof
betoog dat appellant 2 moontlik 'n fout
gemaak het om die geleentheid te
verbind met die week waarin hy gearresteer is. Soos reeds vermeld, is appellant
2 op 27 Augustus
1981 gearresteer.
In hierdie verband moet die getuienis van Lurie wat vir die Staat getuig het,
in ag geneem word. Volgens Lurie was die kartondose
nuut wat ten tyde van die
inbraak opmekaar gestapel is om 'n trap na die agterste venster te vorm. Hy het
hulle 6 maande voor die
inbraak bestel en hulle is ongeveer 3 maande voor die
inbraak afgelewer. Toe hulle afgelewer is, is hulle
/deur
24
deur sy personeel op die sypaadjie voor „The Screw Man"
geplaas en hulle is dieselfde middag na die agterplaas van die perseel
geneem.
Daar is ook aspekte van Lubbe se getuienis wat in hierdie verband relevant
is. Volgens Lubbe was die twee boonste kartondose waarop
hy beslag gelê
het skoon afgesien van stofmerke en skoenmerke. In kruisondervraging het hy
beweer dat daar geen vetmerke op
hulle was nie. Indien daar vetmerke op hulle
was, sou dit die vingerafdrukke 'n geruime tyd gepreserveer het en sou hy die
vingerafdrukke
kon afgeneem het sonder
/om
25
om die kartondose met silwernitraat te behandel. Soos
reeds vermeld, was die vingerafdrukke volgens hom baie
vars. Onder vars
bedoel hy dat die vingerafdrukke nog
nie verhard het nie. In kruisondervraging het hy erken dat hy
nie presies
kan sê hoe oud 'n vingerafdruk is nie maar
hy kan ongeveer sê hoe
oud 'n vingerafdruk is. Daar is
immers 'n verskil tussen 'n vingerafdruk van 3 maande en
een van 2 dae.
Omdat die vingerafdrukke so goed en
so duidelik ontwikkel het, het hy die mening uitgespreek
dat hulle nie
ouer as 48 uur was nie. Hy het ook
vasgestel volgens die posisie waarin die
twee kartondose
/was
26
was voordat hy hulle verwyder het dat die vingerafdrukke in
die rigting van die agterste venster gewys het.
Indien appellant 2 se verduideliking in samehang met hierdie getuienis van
Lurie en Lubbe as onpartydige getuies beskou word dan is
dit bo redelike twyfel
duidelik dat dit onmoontlik is dat appellant 2 se vingerafdrukke op die twee
kartondose kon gekom het terwyl
hy daarop sou gesit en eet het soos hy
verduidelik het. Appellant 2 se verduideliking moet derhalwe bo redelike twyfel
as vals verwerp
word en hy is tereg deur die streeklanddros op aanklag 1 skuldig
bevind.
/Wat
27
Wat die vonnisse van die appellante betref, kan hierdie Hof
nie ingryp nie tensý die streeklanddros sy goeddunke nie regterlik
uitgeoefen het nie, d.w.s. tensy die vonnisse aangetas is deur
onreëlmatigheid, mistasting of so swaar is dat daar 'n treffende
wan=
verhouding is tussen die opgelegde vonnisse en dié wat
hierdie Hof in
die omstandighede sou opgelê het. Die
streeklanddros het by die oorweging van die vonnisse wel
rekening gehou met die relevante feite wat betrekking het
op die persoonlike omstandighede van die appellante, die
omstandighede van die pleging van die inbraak waaraan
hulle skuldig bevind is en die belange van die gemeenskap.
/Die
28
Die appellant se advokate het in hierdie Hof betoog dat die
vonnisse onvanpas swaar is en dat 'n groter gedeelte daarvan opgeskort
moes
gewees het. Wat appellant 1 betref, het die streeklanddros wel aanklagte 2 en 3
saamgeneem vir doeleindes van vonnis. Hy het
ook die kumulatiewe effek van
appellant 1 se vonnisse in aanmerking geneem. Ek is van oordeel dat daar wat
appellant 1 se vonnisse
betref geen grond aanwesig is vir hierdie Hof om met die
opgelegde vonnisse in te meng nie. Wat appellant 2 betref, is daar na my
mening
geen grond aanwesig vir hierdie Hof om met die opgelegde vonnis in te meng
nie.
/nie
29
Die resultaat is dan soos volg: Die appèlle word
afgewys.
C. P. JOUBERT, AR.
BOTHA, AR.)
VAN HEERDEN, AR.) Stem saam.