About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 101
|
|
S v Gumede (432/83) [1984] ZASCA 101 (14 September 1984)
Saaknommer 432/83 WHN
DAVID GUMEDE
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
, AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
In die saak tussen:
DAVID GUMEDE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: RABIE, HR., JANSEN, JOUBERT, CILLIé et VAN HEERDEN,
ARR.
Verhoor
: 23 Augustus 1984
Gel
ewer
: 14 September 1984
UITSPRAAK
JOUBERT, AR.
/Die
2
Die appellant, 'n 24 jarige Swart man, is in die Rondgang
Plaaslike Afdeling te Springs voor KIRK-COHEN R. en twee assessore op klagte
1
aangekla van moord deurdat hy op Maandag 14 Junie 1982 die oorledene Kitise
William Mangane in die distrik van Delmas vermoor het.
Hy is op klagte 2
aangekla van roof met verswarende omstandighede,deurdat hy die oorledene op
dieselfde datum en plek van ongeveer
R20 beroof het. Op klagte 1 het die
appellant skuldig op gewone aanranding gepleit en het hy erken dat hy die
oorledene aangerand
het. Die Staat het geweier om hierdie pleit te aanvaar. Op
klagte 2 het die appellant onskuldig gepleit. Simon Day Hlope wat beskuldigde
2
sou wees,
/was ...
3
was afwesig omdat hy na bewering uit aanhouding ontsnap het.
Die verhoor is teen die appellant alleen voort= gesit. Hy is op klagte
1 skuldig
bevind aan moord sonder versagtende omstandighede en hy is die doodvonnis
opgelê. Op klagte 2 is hy onskuldig bevind.
Die verhoorregter het die
appellant se aansoek om teen sy
skuldigbevinding aan, moord en die bevinding dat daar
geen versagtende omstandighede was nie te appelleer van die hand gewys.
Met spesiale vergunning appelleer die appellant na hierdie
Hof teen sy skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis.
Lusenga het vir die Staat getuig. Hy was die leier van 'n groep bestuurders
wat ses nuwe
/motorkarre ......
4
motorkarre op Maandag 14 Junie 1982 omstreeks 6.30 nm. vanaf
Silverton, Pretoria, via Delmas na Amanzimtoti in konvooi sou bestuur.
Die
reël was dat 'n sekere bestuurder altyd voor in die konvooi moes ry en dat
die ander voertuie in die konvooi hom nie mag
verbysteek nie maar hulle mag
mekaar in die konvooi wel verbysteek. Die bestuurders moes ook twee karlengtes
van mekaar in die konvooi
ry. Die oorledene het 'n Mazda 323 in die vierde plek
van voor in die konvooi bestuur. Lusenga was die bestuurder van die laaste
voertuig in die konvooi. Nadat die res van die konvooi reeds weg was, het hy
sowat 15 na 20 minute later vertrek. Toe hy ongeveer
15 km uit
/Delmas
5
Delmas op pad na Leslie is, het hy oorledene se voertuig met sy
noodligte wat geflikker het, op die grondstrook aan die linkerkant
van die
teerpad sien staan. Dit was reeds donker. Hy het ondersoek ingestel maar daar
was niemand in die voertuig nie. Die deure
van die voertuig was toe. Hy het die
bestuurder se deur oopgemaak en die sleutel uitgetrek. Ene Rabie het daar gekom
en met behulp
van sy soeklig het hulle die oorledene in die gras langs die
heining sien lê. Dit was omtrent 10 tree vanaf die oorledene se
voertuig.
Die oorledene was reeds dood. Spoedig daarna het die polisie opgedaag.
Speurder-adjudant-offisier Lombard en 'n ander polisiebeampte
het
/die
6
die oorledene se klere uitgetrek en toe sien hy die
oorledene het twee
wonde nl. een aan die linkerkant van sy
bors en een aan die regterkant van sy
bors. Die oorledene
het geen skoene aangehad nie. Hy het teruggegaan na
die
oorledene se voertuig om ondersoek in te stel. Op die
agterste sitplek
het hy die appellant se identiteitsboekie
gevind. Agter die bestuurder se
sitplek het hy los sent=
stukke gesien. Hy het links voor in die voertuig 'n klip
gevind. Die oorledene se skoene was voor in die voertuig.
Op die grond by die agterste linkerwiel het hy die oorledene
se mus opgetel. In die kattebak het hy gevind dat al die
gereedskap (insluitende die slinger van die domkrag)van die voertuig
aanwesig was.
/Speurder- ....
7
Speurder-adjudant-offisier Lombard het vir die Staat getuig. HY
het saam met adjudant-offisier Kumbi by die toneel van die misdaad
gekom en hy
bevestig Lusenga se getuienis met betrekking tot waar die oorledene se lyk
gelê het. By die lyk van die oorledene
het hy 'n polshorlosie opgetel
waarvan die leerbandjie gebreek is. Agter die oorledene se voertuig het hy spore
op die grondstrook
gevind. Ongeveer 4 tree direk agter die voertuig het hy
sleepmerke op die grondstrook gekry wat deur die gras tot by die plek waar
die
oorledene se lyk gelê het, gegaan het. Dit was 'n breë sleepmerk. Aan
die gras het hy bloed gevind tot by die oorledene
se lyk.
/sy
8
Sy indruk was dat die oorledene aan sy arms gesleep is want op
die grondstrook was daar twee sleepmerke wat die oorledene se voete
kon gemaak
het. Bowendien was die oorledene se baadjie oor sy kop gerol en was die baadjie
skoon gewees. In die voertuig het hy by
die voorste passasier se kant 'n klip
toegedraai in 'n sakdoek gevind. Op die agterste sitplek het sentstukke versprei
gelê.
In die kattebak het hy 'n leertassie bevattende klere en 'n kombers
gevind. In 'n plastiese sakkie het hy die gereed= | skap (insluitende
'n slinger
van die domkrag) gevind.
Adjudant-offisier Julius Mgengo het vir die Staat getuig dat hy op 1 Julie
1982 die toneel van die
/misdaad
9
misdaad met die appellant en Hlope besoek het. Hy het toe 'n
leë leerhouer (Bewysstuk 8) in die gras gevind waar die oorledene
se lyk
gelê het. Dit is gemene saak dat in die leerhouer notegeld geplaas kan
word maar nie munt= stukke nie.
Maria Mangane, weduwee van die oorledene, het getuig dat die oorledene 58
jaar oud was en dat hy lank en fris gebou was. Sy het die
oggend van 14 Junie
1982 aan hom 'n Rl0 noot gegee wat hy in sy leerhouer (Bewysstuk 8) gesit het.
Sy het die skoene, die mus en
die horlosie as die oorledene se eiendom herken.
Wat die sakdoek betref, was haar antwoord: „Nee, ek weet nie".
/Volgens
10
Volgens die distriksgeneesheer, dr Sparrius, wat 'n lykskouing
op die lyk van die oorledene gedoen het, is die oorledene dood as gevolg
van
bloedverlies wat deur vyf steekwonde in die borskas en die nek veroorsaak is.
Twee van die steekwonde wat baie bloedverlies veroorsaak
het, het hy as
dodelik bestempel, nl. (I) 'n wond aan die |
linkerkant van die nek wat 'n aar afgesny het en die oorledene onmiddellik
sou verswak het en (2) 'n wond onder die linker= tepel
wat tot in die linkerlong
binnegedring het en bloeding in die borskasholte veroorsaak het. Indien
laasgenoemde bloeding vinnig plaasgevind
het, sou die oorledene binne 1 of 2
minute nie meer in staat gewees het om doeltreffend
/asem
11
asem te haal nie. Die ander drie steekwonde was nie dodelik
nie en hulle sou op sigself nie die dood veroorsaak het nie. In
kruisondervraging
het hy toegegee dat dit moontlik is dat die oorledene 'n
steekwond aan sy regtersy gehad het wat hy nie opgemerk of genotuleer het
nie
ofskoon hy van mening was dat dit nie die geval was nie.
Die staat het verder gesteun op 'n verklaring wat die appellant op 1 Julie
1982 voor 'n landdros te Delmas gemaak het. Hierdie verklaring
is by ooreenkoms
ingehandig as Bewysstuk D. Die relevante gedeelte van hierdie verklaring is soos
volg :
/„Ons
12
„Ons was by kruising en ons het duimgegooi. Toe kom 'n 'garage
voertuig'. Die voertuig het stilgehou by ons. Bestuurder het
gevra waarheen gaan
ons. Gesê ons gaan Brakfontein toe. Ons het toe ingeklim. Ons het gery tot
by Delmas Koolmyn se aansluiting.
Ons het vir bestuurder gesê ons gaan
afklim. Bestuurder het gesê ons moet hom betaal. Hy het gesê ons
moet elkeen
R5 betaal. Toe ons het gesê ons het nie R5 hie maar ons het
elkeen R1. Toe sê oorledene ons mag nie met hom speel nie.
Toe haal die
oorledene 'n yster uit. Toe wou hy my maat slaan. Ek het hom gevang. Toe haal ek
mes uit en hom gesteek, twee
keer. Op linker en op regter sy. Die oorledene het op die gras geval. Toe
haal my maat ook mes uit en die oorledene gesteek. Ons het
die oorledene daar
gelos en geloop. Dit was die slinger van die domkrag waarmee oorledene my maat
wou slaan."
/Nadat
13
Nadat die Staat al hierdie getuienis oor die meriete, d.w.s.
oor die eerste fase van die verhoor, aangebied het, is die verdedigingsaak
gesluit sonder dat enige getuienis oor die meriete vir die verdediging
afgelê is.
Ek moet daarop wys dat die appellant wel by die tweede fase
van die verhoor wat op die aanwesigheid van versagtende omstandighede
al dan nie
betrekking het getuienis afgelê het wat ook op die eerste fase van die
verhoor betrekking het. Die appellant se
advokaat het aanvanklik betoog dat
hierdie Hof by die oorweging van die vraag of die appellant tereg deur die
verhoorhof aan moord
/skuldig
14
skuldig bevind is ook daardie getuienis van die appellant in
ag moes neem wat hy tydens die tweede fase van die verhoor oor die meriete
afgelê het. Toe hy egter besef dat hierdie getuienis van die appellant oor
die meriete tydens die tweede fase van die verhoor
moontlik baie nadeliger vir
die appellant kon wees as die getuienis wat die Staat oor die meriete tydens die
eerste fase van die
verhoor aangebied het, het hy van standpunt verander, nl.
dat hierdie Hof by oorweging van die appèl ten aansien van die
skuldigbevinding
aan moord slegs die getuienis van die eerste fase van die
verhoor in ag moes neem omdat dit die getuienis was aan die hand waarvan
die
appellant
/deur
15
deur die verhoorhof skuldig bevind is. Dit is dan ook die
benadering wat ek gaan volg.
In die onderhawige saak het die appellant deur
sy pleit van skuldig aan aanranding op die oorledene hom op die toneel van die
misdaad
geplaas. Hierbenewens is daar die appellant se verklaring voor die
landdros (Bewys= stuk D) waaruit dit blyk dat hy en 'n vriend
passasiers in die
voertuig van die oorledene was wat hulle opgelaai het. Die appellant se
aanwesigheid in die voertuig word ondersteun
deur die feit dat sy
identiteitsboekie op die agterste sitplek van die voertuig gevind is. Dit blyk
verder uit Bewysstuk D dat daar
'n bakleiery tussen
/die
16
die oorledene aan die eenkant en die appellant en sy
vriend
aan die anderkant oor geld ontstaan het. Volgens die aanvaarbare getuienis was
die oorledene 'n groot frisgeboude man en is
dit 'n redelike afleiding dat hy
homself sou verset het. Daar is egter geen stawing vir die appellant se bewering
in Bewysstuk D
as sou die oorledene gedreig het om die appellant se vriend met
die slinger van 'n domkrag te slaan nie omdat al die gereedskap (insluitende
die
slinger) in die kattebak van die voertuig toegesluit gevind is en geen ander
slinger is buitekant die voertuig op die toneel
van die misdaad gevind nie. Die
feit dat die oorledene se mus op die grondstrook by
/die
17
die linkerkantse agterwiel gevind is asook die spore agter die
voertuig op die grondstrook strook met die plaasvind van 'n bakleiery
buitekant
die voertuig. Hierbenewens is daar die direkte bewering van die appellant in
Bewysstuk D dat hy die oorledene gevang het
en twee keer met sy mes gesteek het.
Weliswaar is sy bewering dat hy die oorledene op sy linkersy en op sy regtersy
gesteek het,
nie in ooreenstemming met die mediese getuienis oor die posisie van
die 5 steekwonde nie. Wat egter van besonder groot belang is,
is die bewering in
Bewysstuk D dat die oorledene op die gras gêval het. Volgens die konteks
waarin hierdie bewering gemaak
word, het dit
/plaasgevind
18
plaasgevind nadat die appellant die oorledene twee steekwonde
toegedien het en voordat die appellant se vriend die oorledene gesteek
het.
Hierdie feit dat die oorledene geval het nadat die appellant hom gesteek het
regverdig die afleiding wat die verhoorhof gemaak
het met inagneming van die
mediese getuienis dat die
appellant een van die twee dodelike steekwonde
toegedien het voordat die oorledene geval het - te meer waar die appellant
nagelaat
het om self tydens die eerste fase van die verhoor te getuig oor die
besonderhede van sy aanranding op die oorledene waarvan hy eerstehandse
kennis
gedra het.
/Vergelyk
19
Vergelyk in hierdie verband die volgende
dictum
van
MALAN AR. in R v Mlambo, 1957(4) SA 727 (A) wat met
goedkeuring deur
hierdie Hof in
S v Rama
, 1966(2) SA 395(A) te
bl. 400 H aangehaal is,
te wete :
"If an assault - using the term in its widest possible acceptation - is
committed upon a person which causes death either instantaneously
or within a
very short time thereafter and no explanation is given of the nature of the
assault by the person within whose knowledge
it solely lies, a court will be
fully justified in dráwing the inference that it was of such an
aggravated nature that the
assailant knew or ought to have known that death
might result."
/Ten
20
Ten spyte van die betoog van die appellant se adyokaat tot die
teendeel is ek van oordeel dat die Staat aan die hand van die getuienis
as
geheel wat tydens die eerste fase van die verhoor voorgelê is daarin
geslaag het om bo redelike twyfel te bewys dat die
appellant die oorledene 'n
dodelike steekwond buitekant die voertuig toegedien het met die opset om hom te
vermoor, soos die verhoorhof
bevind het. In die lig van hierdie bevinding is dit
volgens my mening onnodig om in te gaan op die alternatiewe grond waarop die
verhoorhof die appellant ook skuldig aan moord op die oorledene bevind het, nl.
dat die appellant en sy vriend in uitvoering van
'n gemeen= skaplike doel die
oorledene aangerand het met die opset om hom te vermoor.
21 Ek gaan nou
daartoe oor om die aangeleentheid van versagtende omstandighede te behandel. Die
bewyslas om die bestaan van versagtende
omstandighede op 'n oorwig van
waarskynlikhede vas te stel, rus op die appellant. Om dit te kan doen, moet daar
'n feitebasis vir
die verhoorhof wees waarvan die bestaan van versagtende
omstandighede tentyde van die pleeg van die moord afgelei kan word.
Soos reeds vermeld, het die appellant tydens die tweede fase van die verhoor
getuienis oor versagtende omstandighede afgelê
maar hy het ook getuienis
gegee wat op die eerste fase van die verhoor betrekking het.
Die strekking van die appellant se getuienis
/kan
22
kan in hooftrekke soos volg saamgevat word. Die betrokke aand het die
appellant drie blikkies bier ("longtoms") gedrink voordát
hy en sy vriend
Hlope na 'n kruising is om te ryloop. Toe die oorledene hul 'n rit aangebied
het, het hy en Hlope geen misdadige
planne gehad nie. In kruisondervraging het
hy erken dat hy in die oorledene se voertuig geklim het met 'n oop knipmes in sy
sak omdat
dit donker was en daar in die omgewing van Delmas baie skelms is.
Volgens die verhoorhof se waarneming is die appellant 'n baie groot
fris man.
Die appellant het agter in die voertuig plek ingeneem terwyl Hlope links voor
langs die oorledene gesit het. Die oorledene
het blykbaar langs die teerpad
stilgehou toe sy twee passasiers wou afklim.
/Daar
23
Daar het toe moeilikheid oor geld onstaan omdat die oorledene
R5 van elkeen van hulle as betaling vir die rit wou hê terwyl
hulle elk
slegs Rl gehad het. Die appellant beweer dat dit hom baie kwaad gemaak het. Hy
het ook kwaad geword omdat die oorledene
gedreig het om vir Hlope met 'n slinger
te slaan. Hierdie slinger het die oorledene te voorskyn gebring vanaf 'n plek
naby die handrem
tussen die twee voorste sitplekke. Hierdie slinger was baie dun
en 'n bietjie langer as 'n halwe meter. Hlope het uit die voertuig
geklim. Die
appellant het die oorledene van agteraf om sy skouers gegryp en hom vasgehou. In
kruisondervraging het die appellant
beweer dat dit die laaste geleentheid was
wat hy die slinger gesien het.
/Hy
24
Hy weet nie wat daarna van die slinger geword het nie. Die
oorledene het die appellant nooit met die slinger gedreig nie. Hlope het
die
oorledene vasgegryp aan die kraag van sy baadjie en begin om hom te trek na die
linkerkantse voordeur van die voertuig. Toe die
oorledene halfpad uit die
voertuig getrek is, het die appellant sy mes uitgehaal en met 'n horisontale
beweging die oorledene twee
keer daarmee gesteek. In sy hoofgetuienis het die
appellant beweer dat hy nie presies weet waar hy die oor= ledene gesteek het
nie.
In kruisondervraging het hy erken dat die oorledene toe hulpeloos was. Die
appellant het uit die voertuig geklim. Hy en Hlope het
die oorledene
/by
25
by die linkerkantse voordeur uitgetrek. Terwyl die appellant
die oorledene buitekant die voertuig vasgehou het, het Hlope sy mes uitgehaal
en
die oorledene daarmee gesteek. Die oorledene het kragteloos geword en op sy
knieë gestaan. Hlope het die oorledene 4 tree
agter die motorkar geneem.
Terwyl die oorledene nog geleef het, het hy en Hlope die oorledene na die gras
getrek. Die
oorledene.se
voete het gesleep.
Die appellant kon verskeie dinge nie verklaar nie soos bv. die klip in die
sakdoek, die oorledene se skoene in
die motorkar, die muntstukke en sy
identiteitsboekie agter in die voertuig.
/Wat
26
Wat die appellant se drankinname betref, het hy in sy
hoofgetuienis beweer dat hy kon voel dat hy wel gedrink het. In
kruisondervraging
het hy dit soos volg gestel: „Ek was 'n bietjie dronk
gewees, nie so baie nie". Uit die getuienis as geheel blyk dit egter
nie dat die
drie biere subjektief die oordeelsvermoë en die verantwoordelikheidsin van
die appellant aangetas het nie. Dat die
appellant kwaad geword het omdat die
oorledene R5 van hom gevra het, is verstaanbaar maar dit het in die
omstandighede sy optrede
teenoor die oorledene nie moreel minder laakbaar gemaak
nie. Die appellant het in kruisondervraging toegegee dat die
/oorledene
27
oorledene hom nooit met die slinger gedreig het nie. Die
oorledene sou vir Hlope binne in die voertuig met die slinger gedreig het
maar
Hlope het ongedeerd uit die voertuig geklim. In die omstandighede het niks die
appellant en Hlope verhinder om weg te hardloop
nie. In stede daarvan het die
appellant die inisiatief ge= neem om die oorledene vas te gryp en hom met sy mes
noodlottig te steek
terwyl die oorledene weerloos was en deur Hlope halfpad uit
die voertuig getrek is. Die appellant se verwysing na die slinger wat
die
oorledene in die motorvoertuig te voorskyn sou gebring het, kom as uiters
onwaarskynlik voor in die lig van die volgende feite,
nl.
/1. die
28
1. die laaste geleentheid wat die appellant die
slinger !
by die oorledene gesien het, was onmiddellik voordat
hy die oorledene vasgegryp het;
2.
daarna het die appellant nie
meer die slinger gesien nie en was die oorledene nie meer in staat om die
slinger te hanteer nadat die
appellant hom in die motorvoertuig met sy mes
gesteek het nie;
3.
die slinger moes volgens
die appellant se relaas voor in die voertuig of miskien op die grondstrook by
die linkerkantse voordeur van
die voertuig gewees het maar dit is nooit in die
motorvoertuig
of buitekant die motorvoertuig op die
toneel van die
/misdaad
29
misdaad gevind nier; en 4. die motorvoertuig se slinger was te alle relevante
tye saam met die ander gereedskap in die kattebak van
die motorvoertuig
toegesluit.
Daar is na my mening geen feitebasis waarvolgens die appellant se drankinname
en die sogenaamde provokasie van die oorledene om Hlope
met die slinger te
dreig, hetsy afsonderlik hetsy gesamentlik, as versagtende omstandighede op 'n
oorwig van waarskynlikhede bevind
kan word nie.
Na my oordeel het die verhoorhof in sy bevinding dat daar geen versagtende
omstandighede is
/nie
30
nie geensins 'n mistasting of 'n ander onreëlmatigheid
begaan nie. Bowendien in die lig van al die aanvaar= bare getuienis kan
dit na
my oordeel nie gesê word dat die verhoorhof nie redelikerwyse tot sy
bevinding kon gekom het nie.
Die appèlteen die skuldigbevinding aan moord en die doodvonnis word
afgewys.
C.P. JOUBERT, AR.
RABIE, HR. )
JANSEN, AR. )
Stem saam. CILLIé, AR. )
VAN HEERDEN, AR. )