Protea Assuransiemaatskappy Bpk. v Oosthuizen (61/83) [1984] ZASCA 99 (14 September 1984)

58 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Causation — Respondent's deceased husband was struck by a vehicle driven by a third party while walking on a public road after leaving a dance event; the trial court found the driver negligent. Appellant, the insurer, appealed the finding of negligence and causation, arguing insufficient evidence of the deceased's movements prior to the collision. The court upheld the trial court's decision, concluding that the driver failed to exercise proper care, and that her negligence was causally linked to the deceased's death. Appeal dismissed with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 99
|

|

Protea Assuransiemaatskappy Bpk. v Oosthuizen (61/83) [1984] ZASCA 99 (14 September 1984)

SAAK No. 61/83
/ccc
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA (APPèeLAFDELING)
In die saak tussen:
PROTEA ASSURANSIEMAATSKAPPY BEPERK
APPELLANT
en
MAGDALENA PHILLIPINA
OOSTHUIZEN
RESPONDENT
Coram: JANSEN, AR et GALGUT, ELOFF Wnde
ARR
Verhoor: 4 SEPTEMBER 1984
GELEWER: 14 SEPTEMBER 1984
U I T S P R A A K
ELOFF, Wnd AR
/
2.
ELOFF, Wnd AR
:
Op die aand van
Saterdag 30 Augustus 1980 het die respondente en haar sinds gestorwe eggenoot
(hierna "die oorledene" genoem) gaan
dans by 'n hotel te Melkbosstrand. Die
oorledene het die aand 'n hele paar drankies geneem, maar volgens getuienis wat
die respondente
gelewer het in die geding waarna ek netnou sal verwys, en wat
deur die verhoorhof aanvaar was, het dit hom nie erg affekteer nie
-"Hy het
normaal geloop en hy het normaal met my gepraat". Sy het bygevoeg dat persone
wat die oorledene nie ken nie, nie sou besef
het dat hy "gedrink" was nie. Teen
ongeveer 11 n.m., het die egpaar onenigheid gehad
vanweë/
3. vanweë die
feit
dat die
oorledene 'n groot deel van die aand in die dameskroeg in die hotel deurgebring
het, i p v in die geselskap van die appellant.
Hy het hom vervies, en het haar
gesê dat hy dan en daar huis toe gaan stap. Hy het die daad by die woord
gevoeg, en is daar
weg. Hulle het ongeveer 20 km vandaar, in die rigting van
Kaapstad gewoon.
Toe die dans later die nag ge-eindig het, het die mense wat
dit bygewoon het, vertrek. Onder hulle was 'n sekere mev Ascott. Sy het,
vergesel van haar skoonsuster en 'n vriendin, in 'n Renault motorkar huiswaarts
gery. Dit moet terloops genoem word dat dié
motorkar deur die appellant
in hierdie geding kragtens
die/
4. die Wet op Verpligte Motorvoertuigversekering, 56 van 1972,
verseker was. Die pad waarop mev Ascott huis toe gery het, was die
weg wat die
oorledene moes gebruik om tuis te kom. Dit het 'n teervlak met 'n wydte van 7
meter gehad, met 'n gruisstrook van ongeveer
2 meter aan mev Ascott se
linkerkant. Dit was gemeen-saak dat mev Ascott by 'n punt ongeveer 7 km vanaf
Melkbosstrand die oorledene
ingehaal het, en dat haar motorkar met hom gebots
het. Die oorledene het weens beserings wat hy in die botsing opgedoen het,
beswyk.
In die daaropvolgende aksie wat die respondente teen die appellant in terme
van Wet 56 van 1972 in die Kaapse Afdeling van die Hooggeregshof
ingestel/
5. ingestel het, het Williamson R. bevind dat die botsing deur
mev Ascott se nalatigheid veroorsaak was. Appellant kom nou in hoër
beroep
teen daardie beslissing.
Die eerste gedeelte van die be-toog wat namens
appellant voorgedra was, was gerig teen die Verhoorregter se konklusie dat die
oorledene
ten tye van die botsing waarskynlik op mev Ascott se linker-kant van
die teergedeelte van die pad geloop het. Die Advokaat het ter
oorweging gegee
dat dit nie minder waarskynlik is nie, dat die oorledene net vóór
die botsing, op die gruisgedeelte
langs die teervlak, of dalk in die bossies
langs die gruis, was, en dat hy
onverwags/
6. onverwags op die teervlak voor mev Ascott se aankomende
motorkar ingeloop het. Tereg is deur die Advokaat daarop gewys dat geeneen
van
die getuies by die verhoor gesê het dat hulle die oorledene voor die
botsing gesien het nie.
Mev Ascott het getuig dat toe sy die ongelukstoneel
genader het, met haar ligte op dof, en teen 'n snelheid van ongeveer 60 k p u,
sy bewus was van 'n Mini motorkar wat 'n paar karlengtes voor haar in die-selfde
rigting beweeg het. Daarbenewens het sy net 'n paar
voetgangers wat saam op die
gruisvlak aan haar linkerkant geloop het, gesien. Toe sy by die voet-gangers
verby gegaan het, het sy
'n slag gehoor. Ons
weet/ ......
7. weet nou dat sy toe met die linkervoorkant van haar
motorkar die oorledene getref het. 5y het hom egter op geen tydstip voor die
botsing gesien nie.
Die enigste ander getuie ten aansien van die betrokke
gebeure was ene Van der Merwe, 'n meganiese ingenieur. Hy was die aand ook by
die dans, en het daar-van weggegaan net na mev Ascott. Hy het vir 'n hele tyd
agter haar gery, en toe hy die ongelukstoneel nader
was hy net van plan om haar
kar verby te steek. Vir dié doel het hy effens na regs beweeg, maar nie
verder as die middellyn
van die teervlak nie. Mev Ascott het redelik naby haar
linkerkant van die teervlak gery. Van der Merwe sien toe die voetgangers wat
mev
Ascott
waargeneem/
8. waargeneem het; hy kon hulle eien as 3 kleurlingmans. Net
toe sien hy 'n voorwerp wat gelyk het of dit uit mev Ascott se voertuig
val. Ons
weet nou dat dit die liggaam van die oorledene was, wat deur mev Ascott se
motorkar getref en in die lug geslinger was.
Mev Ascott het nog steeds aangery
hoewel sy haar pas effens vertraag het. Van der Merwe het by haar verbygery en
vir haar 'n teken
gegee om te stop, want hy het besef dat iets gebeur het. Beide
van hulle het na die ongelukstoneel teruggery, en die oorledene aangetref
waar
hy op die gruisvlak gelê het met sy kop ná aan die teervlak. Hy was
reeds dood. Hy was geklee in 'n pak wat Van
der Merwe beskrywe het as "taamlik
helderblou".
Appellant/
9.
Appellant se Advokaat het aangevoer dat in die
afwesigheid van enige getuienis aangaande die oorledene se bewegings net voor
die botsing,
mens slegs kan spekuleer oor wat hy gedoen het.
Ek meen dat die
moontlikheid -soos genoem deur appellant se Advokaat - dat die oorledene voor
die botsing vanaf die gruisstraat na
die teervlak beweeg het, op 'n ewewig van
waarskynlikhede uitgeskakel is. Van der Merwe - wat deur die Hof a
quo
as
'n be-troubare en indrukwekkende getuie bestempel was - het gesê dat hy
behalwe die drie kleurlinge niemand in hulle omgewing
op die gruisarea gesien
het nie. Ek meen dat sy getuienis en die van mev Ascott daarop dui dat die
botsing/
10. botsing in die omgewing waar die kleurlinge was,
plaasgevind het. In die lig van die feit dat van der Merwe die kleurlinge so
goed kon sien dat hy hulle getalle en kleredrag kon waarneem, volg dit dat
indien die oorledene in hulle omgewing op die gruisstrook
was, hy hom sou gesien
het. Die afstand tussen sy voertuig en dié van mev Ascott - hy het dit
geraam op ongeveer 20 meter
- was sulks dat haar motorkar nie sy uitsig na die
betrokke gedeelte sou versper het nie.
Hoewel mev Ascott nooit die oor-ledene
gesien het nie ( en daarom was dit deur die Hof a quo bevind dat sy nie
behoorlik gekyk het
nie) is dit, m i, waarskynlik dat indien die oorledene net
voor die
botsing/
11.
botsing 'n sydelingse beweging aan haar
linkerkant
na die teervlak sou gemaak het, sy dit sou waargeneem
het.
Die feit dat die oorledene ten tye van die botsing, na ongeveer 1 en
'n half uur se stap reeds nagenoeg 7 km afgelê het, dui
volgens my oordeel
daarop dat hy redelik flink en bestendig aangestap het. Die suggestie dat hy
meteens 'n dwars beweging vanaf die
gruis na die teervlak sou gedoen het, kom my
vêrgesog voor.
Appellant se Advokaat het betoog dat dit onwaarskynlik
is dat die oorledene op die teervlak sou loop met sy rug na aankomende verkeer.
Seer sekerlik sou dit, volgens my mening, riskant gewees het. Dit
sou/
12. sou egter minder van 'n waagstuk gewees het as die bykans
selfmoord-handeling wat deur appellant se Advokaat as 'n moontlikheid
voorgehou
word.
Ek dink nie dat enige fout gevind kan word met die Hof a
quo
se
beslissing dat die oorledene vóór die botsing suidwaarts
waarskynlik op die teervlak geloop het nie. Appellant se
Advokaat het toegegee
-m i tereg - dat dit inhou dat mev Ascott nalatig was deur-dat sy nie behoorlik
opgelet het nie. Hy het egter
aangevoer dat dit nie in voldoende mate bewys was
dat haar nalate kousaal verband gehou het met die botsing nie. In die verband
het
hy klem gelê op die beweging en posisie van die Mini motorkar waarna
ek reeds verwys het. Die
Verhoorregter/
13. Verhoorregter het, hoewel hy nie deur mev Ascott as
getuie beïndruk was nie, aanvaar dat daar wel 'n Mini motorkar voor haar
was. Ek meen dat dié benadering korrek was; dit is onwaarskynlik dat sy
so iets sou verdig. Die Advokaat se argument was dan
dat, aangesien mev Ascott
getuig het dat die Mini ongeveer 3 karlengtes voor haar was, en redelik
ná aan die linkerkant van
die teervlak beweeg het, dit waarskynlik die
oorledene sou verberg het. Daarna, as mev Ascott hom sou gesien het, sou sy te
min tyd
gehad het om 'n botsing te vermy.
Ek meen dat aanvaarding van mev
Ascott se getuienis dat daar 'n Mini voor haar was, nie meebring dat haar
skatting van die afstand
voor haar en die posisie van die Mini op die pad as
betroubaar beskou
moet/
14.
moet word nie. Ek deel die mening van die
Verhoorregter dat mev Ascott besonder vaag was. Ek dink ook dat die getuienis
van Van der
Merwe in hierdie verband van belang is. Dit moet onthou word dat hy
net ná die botsing mev Ascott se motorkar verbygesteek
het. Dit is
onwaarskynlik dat hy dit sou gedoen het indien die afstand tussen die Mini en
mev Ascott se motorkar nie aansienlik was
nie. In die lig van dié
omstandigheid volg dit dat vanaf die tydstip wat die Mini by die oorledene
verbygegaan het, mev Ascott
voldoende tyd gehad het om na regs pad te gee. Ek
stem met die Hof a
quo
saam dat 'n relatief geringe be-weging deur haar
na regs voldoende sou gewees het om 'n botsing met die oorledene te vermy. Dit
is
ook tersake
dat/
15. dat dit redelikerwys van mev Ascott verwag kon word om, toe sy
die voetgangers aan haar linkerkant van die pad gesien het, besonder
noulettend
te wees. Volgens my oordeel misluk die aanval op die Hof a
quo
se
be-vinding aangaande kousaliteit.
Ek dink dat die verhoorhof se slot-som dat
mev Ascott nalatiglik die dood van die oorledene veroorsaak het, gegrond is.
Die appèl word afgewys met koste.
ELOFF,
Wnde AR
JANSEN, AR )
) STEM SAAM GALGUT, Wnde AR)