About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 98
|
|
Munisipaliteit van Ashton v Broers (310/1982) [1984] ZASCA 98 (13 September 1984)
LL
Saak No. 310/1982
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
DIE MUNISIPALITEIT VAN
ASHTON
Appellant
teen
ROSSOUW BROERS
Respondent
CORAM
: RABIE, HR, JANSEN, VAN HEERDEN,
HEFER, ARR et SMALBERGER, WAR
VERHOORDATUM
: 30 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM
: 13 SEPTEMBER 1984
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN, AR
...
2.
VAN HEERDEN, AR
:
Hierdie appèl is gerig teen
'n uitspraak van Vivier, R, in die Kaapse Provinsiale Afdeling waar-volgens die
appellant se vordering
teen die respondent ('n vennootskap van twee ROSSOUW
broers) met koste af-gewys is, en laasgenoemde se teenvordering met koste
toegestaan
is.
Vanweë 'n ooreenkoms wat die partye tydens 'n
samespreking ingevolge
Hofreël 37 bereik het, kan die inhoud van die pleitstukke in 'n
vereenvoudigde vorm weergegee word. Ooreenkomstig
'n boukontrak wat die partye
in 1976 aangegaan het, moes die respondent 11 huise vir werknemers van 'n sekere
maatskappy bou en
/moes ...
3.
moes die appellant 'n totale bedrag van R53 185 aan die
respondent betaal. Laasgenoemde het op 1 Maart 1977 'n aanvang met die bouwerk
gemaak maar dit vyf maande later voor voltooiing van die projek gestaak. Die
appellant het beweer dat die respondent onregmatig-lik
versuim het om sy
verpligtinge na te kom en dat die appellant toe ingevolge die bepalings van die
boukon-trak die werk laat voltooi
het teen betaling van R15 820,37. Voorts is
beweer dat die appellant in totaal R48 875 aan dle respondent betaal het en is
der-halwe
betaling van die som van R11 510,37 (R48 87 5 + R15 820,37 - R53 185)
gevorder.
In die verweerskrif, gelees met die teeneis, is
/ontken ...
4.
ontken dat die bedrag van R48 875 aan die respondent
betaal
is, en is beweer dat die totale betalings slegs
R17 500 beloop het. Voorts is
aangevoer dat die
respondent geregtig was om die bouwerk te staak omdat
op
daardie stadium die som van R37 229,50 ingevolge
die bepalings van die
boukontrak betaalbaar was en 'n
balans van R19 729,50 onbetaald gebly het. In
die
teeneis is dan ook betaling van laasgenoemde bedrag
gevorder.
Die reedsgenoemde ooreenkoms lui soos volg:
"1. Dat die wesenlike geskilspunt tussen die partye is of die bedrag van R31
375,00, dit wil sê die verskil tussen R48 875,00
(wat deur Eiser beweer
word aan Verweerder betaal is) en R17 500,00 (as betaling deur Ver-weerder
erken) deur Eiser aan Verweerder
/betaal ...
5. betaal is.
2.
Indien die Hof bevind dat
die bedrag van R48 875,00 deur Eiser aan Verweer-der betaal is, sal die Hof
uitspraak ten gunste van Eiser
gee in die bedrag van R11 510,70 tesame met die
toepas-like rente daarop.
3.
Indien die Hof
bevind dat die bedrag van R17 500,00 deur Eiser aan Verweer-der betaal is, sal
die Hof vonnis gee ten gunste van Verweerder
in die bedrag van R19 865,00,
tesame met rente."
By die verhoor was dit gemene
saak dat die appel-
lant in 1977 agt tjeks ten gunste van die
respondent
getrek het. Die respondent het erken dat twee van
die tjeks,
een gedateer 26 April 1977 vir R13 500 en
'n ander gedateer 3 Junie 1977 vir
R4 000, reëlmatige
betalings ingevolge die boukontrak was, maar
ontken
/dat ...
6.
dat die ander ses tjeks deur die respondent aangevra of
ontvang is. Hierdie ses tjeks is volgens die getuienis deur óf Kotze,
die
destydse stadsklerk van die appellant, óf sy broer by die munisipale
kantore in ontvangs geneem.
Kotze was ook die besturende direkteur van Ashton
Vrugteondernemings (Edms) Bpk (waarna ek as AVO verwys) wat 'n vrugte- en
garagebesigheid
bedryf het. Kotze se broer was 'n werknemer van dle maat-skappy.
Dit was ook gemene saak dat AVO en die res-pondent in die eerste
helfte van 1976
'n mondelinge ooreenkoms aangegaan het. Daarvolgens sou boumaterlaal benodig vir
boukontrakte gesluit in naam van
Rossouw
/Broers ...
7. Broers, as bouer, deur AVO aangekoop word, alle be-talings
in die bankrekening van AVO gestort word, en die administratiewe werk
en
boekhouding verbonde aan die bouery deur AVO behartig word. Dit was die
appellant se saak dat die ooreenkoms inderdaad 'n ven-nootskapsooreenkoms
was
tussen die twee Rossouw broers en AVO, dat die boukontrak met die appellant deur
hier-die vennootskap as bouer aangegaan is,
en dat die ses tjeks deur Kotze
namens die vennootskap aangevra en ontvang is. Kotze het dan ook getuig dat
ingevolge die ooreenkoms
die wins en verlies gelykop tussen die drie vennote
verdeel sou word. Volgens Koos Rossouw (hierna Rossouw genoem) was daar egter
nooit sprake van
/'n ...
8.
'n vennootskap of van 'n verdeling van wins of verlies nie.
Inteendeel is slegs ooreengekom dat AVO as vergoeding vir die fasiliteite
wat
dit beskikbaar sou stel en die dienste wat dit sou lewer 5% van alle
kontrakspryse sou ontvang.
Aanvanklik is betalings vir bouwerk asook ander
bedrae wat AVO toegekom het in een rekening betaal. Op 1 Maart 1977 is 'n aparte
rekening
(AVO no 2 rekening) geopen waarln slegs sodanige betalings gestort is.
Al agt bogenoemde tjeks is dan ook in hierdie rekening be-taal.
Slegs die twee
tjeks gedateer 26 April en 3 Junie 1977 is voor inbetaling op die rugkant deur
Rossouw geteken.
/In ...
9.
In Julie 1977 is AVO gelikwideer. Voor
lik-widasie is van tyd tot tyd bedrae van die maatskappy se no 2 rekening na die
no 1 rekening
oorgeplaas. Die omgekeerde het ook gebeur. Volgens Kotze het
oorplasings geskied wanneer die een of die ander rekening fondse benodig
het.
Die getuienis dui daarop dat by ontstentenis aan oorplasings die no 2 rekening
ten tyde van likwidasie 'n substansiële
kre-dietbalans sou getoon
het.
Op 12 Junie 1977 is Kotze deur. die appellant uit sy diens geskors. Min
of meer terselfdertyd is die ooreenkoms tussen die respondent
en AVO
beëindig.
Rossouw het getuig dat, anders as wat Kotze
/beweer ...
10.
beweer het, hy nie bewus was dat die ses tjeks in ge-skil
aangevra of in die genoemde no 2 rekening betaal is nie alvorens hy en Kotze
se
broer omstreeks begin Junie 1977 saam na AVO sê boeke gekyk het. Die tjeks
was gedateer 29 Maart, 7 April, 15 April, 29
April, 12 Mei en 27 Mei 1977 en
elke tjek is op die datum van uitreiking soos voornoemd inbetaal. Toe die laaste
van die agt tjeks
op 3 Junie 1977 deur Rossouw ontvang is, was die totale bedrag
van die uit-gereikte tjeks R4 8 875,wat veel meer was as die be-drag
waarop,
volgens Rossouw, die respondent op daar-die stadium ingevolge die bepalings van
die boukontrak geregtig was. Rossouw het
ook getuig dat ten opsigte
/van ...
11.
van alle ander boukontrakte waarop die ooreenkoms tus-sen AVO
en die respondent van toepassing was slegs hy betalings aangevra en
ontvang het.
Na ontvangs het hy die betrokke tjeks aan Kotze se broer oorhandig vir
inbetaling in AVO no 2 rekening, soos hy ook
gedoen het met die twee tjeks van
die appellant wat op die rugkant deur hom geteken is.
Nadat Rossouw bewus
geword het van die uitreik-ing van die ander ses tjeks deur die appellant het
hy, aldus sy getuienis, met Kotze
daaroor gaan praat. Laasgenoemde het egter 'n
bombastiêse houding ingeneem en wou nié die aangeleentheid bespreek
nie.
Nadat die ooreenkoms tussen AVO en die respondent beëindig
/is ...
12.
is, het Rossouw 'n prokureur geraadpleeg en op 22 Junie en 6
September 1977 het die prokureur skrywes aan die appellant gerig. Rossouw
het
self op 12 Julie 1977 aan die appellant geskryf. In die briewe van 12 Julie en 6
September is pertinent ontken dat Kotze magtiging
gehad het om betalings namens
die res-pondent aan te vra of te ontvang en in laasgenoemde skrywe is voorts
gemeld dat die respondent
nie met die bouwerk sou voortgaan nie alvorens die
verskil tussen dié gedeelte van die kontraksprys wat toe betaalbaar was
en die som van R17 500 wat wel betaal is, ontvang is.
Die verhoorhof het die weergawe van Rossouw,
/ten ...
13.
ten dele gestaaf deur ander getuies, aanvaar en die
teenstrydige getuienis van Kotze verwerp. In be-sonder is bevind dat daar nooit
'n vennootskapsooreen-koms tussen AVO en die respondent bestaan het nie, dat
Kotze uit eie beweging en sonder die kennis van Rossouw
(of sy broer) die ses
tjeks in geskil aangevra en in AVO no 2 rekening betaal of laat betaal het, en
dat Kotze nie volmag van die
respondent gehad het om sulks te doen nie. Die
onvermydellke afleiding uit hierdie bevindings is dat Kotze die tjeks
primêr
vir die voordeel van AVO aangevra het sodat fondse uit die no 2 na
die no 1 rekening oorgeplaas kon word. Bogenoemde bevindings is
nie op
appèl aangeveg
/nie ...
14.
nie. In eerste instansie is egter betoog dat Rossouw namens
die respondent Kotze se optrede geratifiseer het. Hierdie argument is
ook by die
verhoor geopper en deur die hof a
quo
op twee gronde verwerp, nl 1) dat
Kotze nie namens die respondent nie, maar wel in eie belang, opgetree het en dat
sy ongemagtigde
optrede dus nie geratifiseer kon word nie, en 2) dat Rossouw in
elk geval nooit die bedoeling gehad het om dié op-trede te
ratifiseer
nie.
Ratifikasie as grondslag vir die toerekening
van die ses betalings in
geskil aan die respohdent is
nie in die pleitstukke geopper nie. In die
besonderhede van die appellant se vordering is slegs
/beweer ...
15.
beweer dat die totale bedrag van R48 875 aan die res-pondent betaal is. Gevra
wie namens die respondent opgetree het by die ontvangs
van elke betaling, is in
die appellant se níadere besonderhede geantwoord dat die appellant nie
weet "wie die tjeks namens
die Ver-weerder [d.i. die respondent] ontvang het
nie." In die respondent se versoek om nadere besonderhede vir verhoordoeleindes
is die appellant toe gevra om, in-dien betaling nie aan 'n gemagtigde
verteenwoordiger van die respondent geskied het nie, te meld
op welke grond
beweer is dat betaling wel aan die respondent geskied het. Die antwoord was:
"Die gevraagde besonderhede is tans nie
/tot ...
16.
tot Eiser se beskikking nie. Dit blyk nie uit Eiser se
lêers nie. Die amptenaar van Eiser wat destyds die skema administreer
het
en oor die gevraagde besonderhede beskik is nie meer in Eiser se diens nie en
Eiser was nog nie in staat om die inligting van
hom te bekom nie. Die
besonderhede sal aan Ver-weerder beskikbaar gestel word sodra Eiser dit
bekom."
Geen sodanige besonderhede is ooit "beskikbaar" gestel nie.
Die las om
ratifikasie te bewys, rus op die party wat daarop steun:
Reid and Others v
Warner
1907 TS 961/
971. Vanselfsprekend moet sodanige party in sy
toepaslike pleitstuk ratifikasie deur die ander party beweer, net soos 'n party
wat
op verteen-woordiging steun vir die gebondenheid van 'n prinsipaal
/daardie ...
17.
daardie grondslag yan aanspreeklikheid moet pleit (vgl
Erasmus v Venter
1953 (3) SA 828
(O) 834).
In casu
het die
respondent se advokaat hom beroep op die appellant se versuim om ratifikasie as
grondslag vir toerekening van die ses betalings
aan die respon-dent in sy
pleitstukke te opper. Die vraag of die respondent Kotze se handelinge
geratifiseer het, kan dus ter sprake
kom slegs indien "the point was fully
canvassed in evidence" in die sin "that the Court was expected to pronounce upon
it as an issue":
South British Insurance Company Ltd v Unicorn Shipping Lines
Ltd
1976 (1) SA 708
(A) 714, en
Director of Hospital Services v
Mistry
1979 (1) SA626 (A) 636.
/En ...
18.
En na my mening is die kwessie van ratifikasie hoege-naamd
nie ten volle by die verhoor deurgrond nie. In eerste instansie het die
respondent nie getuienis gelei wat bewustelik daarop gerig was om 'n bewering of
selfs suggestie van bekragtiging van Kótze
se ongemagtigde handelinge te
weerlê nie. Tweedens is nooit aan Rossouw gestel nie dat hy inderdaad
be-doelde handelinge goedgekeur
of genoeë daarmee geneem het. Derdens is
die versuim van die respondent se prokureur om reeds in sy skrywe van 22 Junie
1977
Kotze se optrede te repudieer, en waarop die appellant se advokaat in sy
betoogshoofde sterk gesteun het, nie by die verhoor uitgepluis
nie.
/Ek ...
19.
Ek meen dus nie dat die appellant op die aan-gevraagde
ratifikasie kan steun nie. Ek mag egter meld dat die skamele getuienis wat
wel
met dié aspek in verband gebring kan word nie dui op 'n bedoeling aan die
kant van Rossouw om Kotze se meermaal genoemde
ongemagtigde optrede te bekragtig
nie.
Die appellant se advokaat het voorts op die feit dat die ses tjeks gekruis
was en op die bepalings van art. 79 van die Wisselwet (Wet
34 van 1969) gesteun
ter fundering van 'n betoog dat betaling van die ses tjeks in AVO se no 2
rekening regtens betaling aan die
respondent gekonstitueer het. Nie net is
hier-die punte nie gepleit nie en ook nie tydens die verhoor
/geopper ...
20.
geopper nie, maar daar is nie bewustelik enige ge-tuienis met betrekking
daartoe gelei nie. Derhalwe kan die appellant nie nou daarop
steun nie. In die
lig van die getuienis wat wel gelei is, kom dit in elk geval nie voor dat daar
enige pit in die be-toog steek nie.
Die appèl word met koste afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
RABIE, HR
JANSEN, AR
STEM SAAM
HEFER, AR
SMALBERGER, WAR