About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 95
|
|
S v Lefafa (478/1982) [1984] ZASCA 95 (7 September 1984)
LL
Saak No. 478/1982
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPèLAFDELING
Insake die appèl van:
CONAN LEFAFA
Appellant
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM
: KOTZé, VAN HEERDEN, ARR, et
VIVIER, WAR
VERHOORDAUM
: 31 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM
: 7 SEPTEMBER
1984
UITSPRAAK
/
VAN HEERDEN, AR
...
2.
VAN HEERDEN, AR
:
Die appellant is op rondgang in die
Oranje Vrystaatse Provinsiale Afdeling skuldig bevind aan moord. Nadat
versagtende omstandighede
bevind is, is hy gevonnis tot 14 jaar gevangenisstraf.
Met die nodige verlof is sy appêl slegs teen die skuldigbevind-ing
gerlg.
Twee persone wat volgens hul weergawes oogge-tuies van die betrokke gebeure
was, het namens dle Staat getuig waarna die appellant
sy saak gesluit het. Hy
het wel ter bewys van versagtlng getuienis gegee maar dlt is nie vir huidige
doeleindes ter sake nie.
/Dit ...
3.
Dit was, en is, gemene saak dat die oorledene, 'n Swart man,
gesterf het as gevolg van 'n meswond wat sy linkerlong getref en bloeding
veroorsaak het. Ene Thekiso het op dieselfde perseel as die oorledene in
Phomolong woonbuurt, Kroonstad, gebly. Hy getuig dat hy
op die betrokke dag
omstreeks 1.30 nm. met die oorledene by die hek van die perseel gesels het. 'n
Ander Swart man (Efraim) het vlr
die oorledene gewag en hulle het toe in die
straat vanaf die perseel weg-beweeg. Nog twee Swart mans het uit die
teenoorge-stelde
rigting aangestap gekom. Een van hulle was die appellant wat
die oorledene met die elmboog gestamp het en gevra het of hy "tevrede"
was. Die
oorledene
/het ...
4.
het geantwoord dat hy nie wou baklei nie. Dle appel-lant het
daarop 'n mes uit sy baadjiesak gehaal en die oorledene in die bors gesteek.
Laasgenoemde het geslinger en op sy rug geval. Die appellant en sy maat het
verby die getuie (wat nog steeds by die hek van die perseel
gestaan het) gestap
en hy het na die oorledene gehardloop. Nadat hy 'n vrou by 'n sekere huis gaan
roep het, het hy na die oorledene
terugge-keer. Laasgenoemde was toe reeds
dood.
Volgens Thekiso het die voorval ongeveer 15 treë van hom
plaasgevind. Hy sê dat hy die appellant
'n geruime tyd voor die noodlottige gebeure reeds geken het, hoewel hy nie
bewus was van die appellant se naam
/nie ...
5.
nie. Laasgenoemde het naamlik by die getuie se skoonfamilie
gekuier en hulle het soms met mekaar ge-sels. Die oggend voor die gebeure
het
die appellant ook by dle perseel verby geloop en na die stekery het die getuie
toe by sy vrou uitgevind wat die naam was van
die persoon wat aldus verby geloop
het. Daarna het hy die appellant se naam aan die polisie verstrek en later het
hy hom op 'n uitkenningsparade
ultgewys.
In die breë staaf Efraim
bogenoemde weergawe. Wat detail betref, is daar egter 'n aantal teenstrydig-hede
in hul weergawes. Die
belangrikste is die volgende:
1) Volgens Efraim het die gebeure ongeveer
/drie ...
6.
drie huise vanaf Thekiso se perseel plaasgevind -vermoedellk
dus 'n hele entjie meer as 15 treë.
2) Efraim sê dat daar geen
stampery was
nle. Die appellant het dle oorledene opsy geroep,
'n mes uit sy linker broeksak gehaal en dit terug geplaas, die mes weer
uitgehaal en toe die oorledene gesteek.
3) Nadat die oorledene geval het, het
Efraim
volgens sy getuienis na Thekiso se perseel gegaan om
hom te vertel
van die aanval op die oorledene. Hy
het Thekiso aan die voorkant van sy huis
aangetref en
gesê dat hy moes gaan kyk wat met die oorledene
ge-
beur het. Theklso het niks gesê nie en na die oor-
ledene
gestap. Hoewel Thekiso vanaf die plek waar
/hy ...
7.
hy gestaan het die voorval sou kon waargeneem het, het Efraim
die indruk gekry dat hy verbaas was toe hy die oorledene sien
lê.
Efraim het nie die appellant geken nie. Namens dle appellant is
egter erken dat beide Theklso en Efraim eersgenoemde op 'n uitkenningsparade
uitgewys het en dat die parade behoorlik opgestel was. Dit dien ook nog vermeld
te word dat volgens beide getuies die appellant die
betrokke dag n grys pak
klere gedra het.
Op grond van bogenoemde weersprekings het die advokaat vir die appellant
betoog dat die verhoorhof misgetas het deur te bevind dat
die getuienis van
Efraim nle twyfel werp op die weergawe van Thekiso nie.
/Aangesien ...
8.
Aangesien die verhoorhof nie uitdruklik die getuienis van
Efraim as vals verwerp het nie, kan dit waar wees, so is voorts betoog,
en as
dit die geval is, kan Thekiso se weergawe nie waar of betroubaar wees nie. Ten
slotte is betoog dat Ephraim se getuienis aan-gaande
die identiteit van die
geweldenaar onvoldoende was om 'n skuldigbevinding te regverdig.
Die
verhoorhof het bevind dat Thekiso 'n goeie getule was en dat hy nie wetens 'n
onwaarheid verkondig het nle. Aan die ander kant
het Efraim nie die hof as
getuie beindruk nie. Weliswaar is nie bevind dat hy leuenagtig was nie, maar
omdat hy 'n swakker ge-tuie
was, het die hof gekonkludeer dat sy getuienis
/nie ......
9.
nie kon dien as 'n grondslag om twyfel op Thekiso se weergawe
te werp nie. By die bereiking van hierdie gevolgtrekking was die hof
klaarblyklik bewus van al die teenstrydighede in die twee getuies se
weergawes.
Namens die appellant is aangevoer dat 'n opweging van teenstrydige
getuienis bloot op grond van die in-drukke wat dle getuies gemaak
het inherent
riskant is. Na my mening is daar egter omstandighede wat dien om die verhoorhof
se beoordeling van Efraim te onderskraag.
In die eerste plek is dit
onwaarskynlik dat die gewelde-naar die oorledene sou gesteek het sonder dat
enigiets vooraf gebeur het
of gesê is. Tweedens is Efraim se getuienis oor
wat onmiddellik na die geweldpleging
/gebeur ...
10.
gebeur het onaanvaarbaar. Hy getuig naamlik dat die oorledene
niks gesê het nie, selfs nie toe hy (Efraim) hom gevra het wat
"hulle aan
hom gedoen" het nie. In-teendeel het hy en die oorledene bloot voort gestap
totdat, soos hy dit stel, die oorledene moeg
geword het. Hierdie stukkie
getuienis dui vir my daarop dat Efraim so geskrik het dat sy waarnemings nie
be-troubaar is nie. (Hy
was waarskynlik in elk geval onder die invloed van
drank.) Derdens, en soos die hof a guo ook aangetoon het, blyk dit nie uit
Efraim
se getuienis nie dat Thekiso na die gebeure vir hom gevra het wat gebeur
het. Dit is 'n sterk aanduiding dat Thekiso inderdaad 'n
ooggetuie was en nie,
soos
/Efraim ...
11.
Efraim dit het, verbaas kon gewees het nie toe hulle saam by
die oorledene aangekom het.
Na my mening het die verhoorhof geen mistasting
begaan nie, en in die lig van bostaande is ek nie oor-tuig nie dat die hof
verkeerdelik
die weergawe van Thekiso aanvaar het. Tereg is nie betoog nie dat
Thekiso se getuienis nie voldoende was om die appellant met die
misdaad te
verbind nie.
Ten slotte is geargumenteer dat nie bo redelike twyfel bewys is dat die
appellant die oorledene opset-lik gedood het nie. Weliswaar
was daar nie
getuienis aangaande die diepte van die wond nie, maar die lem van die mes het
die oorledene in die omgewing van sy hart
/getref ...
12.
getref en die linkerlong deurboor, en by ontstentenis aan 'n
verontskuldigende verduideliking is die enigste redelike afleiding of
dat
direkte opset aanwesig was of dat die appellant die moontlikheid van die dood
van die oorledene voorsien hetenonverskillig teenoor
die intrede van die gevolg
gestaan het. Die appël word afgewys.
H.J.O. VAN HEERDEN, AR
KOTZé AR
STEM SAAM
VIVIER, WAR