S v Sibande (252/83) [1984] ZASCA 94; 1984 (4) SA 708 (A) (6 September 1984)

78 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Mental incapacity — Appeal against conviction of culpable homicide — Appellant contended he was mentally unfit at the time of the offence — Evidence presented by psychiatrists indicating appellant's mental state — Court of Appeal found that the appellant was not criminally responsible due to mental illness at the time of the act — Original conviction and sentence set aside and replaced with a finding of not guilty by reason of mental illness, with a directive for detention in a psychiatric facility or prison pending presidential disposition.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 94
|

|

S v Sibande (252/83) [1984] ZASCA 94; 1984 (4) SA 708 (A) (6 September 1984)

SANNIE ROBERT SIBANDE
EN
DIE STAAT
252/83/ACV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
SANNIE ROBERT SIBANDE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: Wessels,Jansen,Kotzé, Viljoen, ARR
et Vivier, Wn AR
VERHOOR
: 17 Augustus 1984
GELEWER
: 6
September 1984
UITSPRAAK
WESSELS, AR
Appellant is op 27 Februarie 1980 gedurende
'n sit-ting van die Oostelike Rondgang van die Hooggeregshof te
Nelspruit
2
Nelspruit deur regter F S Steyn aan strafbare
manslag
skuldig bevind. Hy is gevonnis tot 'n boete van R50
of ses maande
gevangenisstraf en 'n verdere periode van 3
jaar gevangenisstraf wat voorwaardelik opgeskort is.
Na aanleiding van verlof daartoe verleen deur
die
voorsittende regter van die hof a
quo
,
kom appellant na
hierdie hof in hoër beroep teen die skuldigbevinding
en
vonnis op grond daarvan dat hy ten tye van die pleging van
die misdryf deur geestesongesteldheid aangetas was en nie
die
ongeoorloofdheid van sy handeling besef het nie. Dit
blyk uit die oorkonde dat die voormelde verlof om te appel-
leer toegestaan is na aanleiding van psigiatriese getuienis
wat dr. J P
Verster in latere verrigtinge teen die appellant
afgelê
het
3 het waartydens hy ook 'n eenparige psigiatriese verslag
van homself en dr. P H Henning oor appellant se geestesvermoens ingehandig
het.
Die hof a
quo
was nie bevoeg om die skuldigbevinding en die vonnis tot
niet te doen nie, en het derhalwe aan appellant verlof verleen om na hierdie
hof
te appelleer. Dit is namens appellant betoog, tereg na my mening, dat die
bogenoemde psigiatriese getuienis verdere getuienis
is soos bedoel in art.
316(4) van die Strafproseswet, Nr 51 van 1977.
Die advokate wat in hierdie
hof namens die partye opgetree het, is dit eens dat die skuldigbevinding en
vonnis van die hof a
quo
tot niet gedoen moet word en dat die saak
ooreenkomstig die bepalings van art. 78(6) van die Straf-
proseswet
4
proseswet afgehandel moet word. Die enigste twis tussen
hulle betref
die vraag of hierdie hof die bevoegdheid het
om die geval af te handel en of
dit na die hof a
quo
vir
afhandeling terug verwys moet word.
Namens die Staat is verwys na art. 158 van
die
Strafproseswet wat soos volg lui:
"Behalwe waar hierdie Wet of 'n ander wet uitdruklik anders bepaal, vind alle
strafregtelike verrigtingein die aanwesigheid van die
beskuldigde plaas."
Dit is betoog dat hierdie wetsbepaling gebiedend is. Daar
is ook verwys na
die uitspraak in
S
v
Eyden
, 1982(4) SA
141(T). Die feite van
die geval blyk uit die uittreksel wat bo die uitspraak verskyn. Dit lui soos
volg:
"Toe
5
"Toe die beskuldigde voor die landdros verskyn het, het die Staatsaanklaer
vermoed dat die beskuldigde geestes-ongesteld of -gebrekkig
was en hy het sekere
getuienis voor die hof gelê. Die beskuldigde is nie gevra om te pleit nie.
Die gevolg was dat die hof
ingevolge art 78(2) van Wet 51 van 1977 gelas het dat
die aangeleentheid ooreenkomstig art 79 ondersoek moes word en dat verslag
gedoen moes word. Die beskuldigde is na 'n hospitaal vir sielsiekes verwys. Op 9
September 1981 is 'n verslag oor die beskuldigde
se geestestoestand beskik-baar
gestel en daarln is die mening uit-gespreek dat die beskuldigde nie in staat was
om hofverrigtinge
te begryp nie. Die saak het weer voor die hof gedien op 22
September. Die verslag is by dié ge-leentheid voor die hof gelê.
Die beskul-digde was nie voor die hof nie en die hof het 'n bevel uitgereik in
terme van art 77(6) van Wet 51 van 1977, nl 'dat dit
bevind word dat die
beskuldigde nie oor die vermoë beskik om die verrigtinge
dermate
6
dermate te begryp dat hy na behore sy verdediging kan voer nie en gelas dat
die beskuldigde in 'n hospitaal vir sielsiekes of 'n gevangenis
aangehou word
hangende die beskikking van die Staats-president'. Op hersiening,
Beslis
,
dat die hofsitting op 22 September 'n strafregtelike verrigting' was en
onderworpe was aan die vereistes van art 158 van Wet 51
van 1977, wat gebiedend
was, dws die verrigtinge moes in die aanwesig-heid van die beskuldigde
plaasgevind het.
Beslis
, gevolglik dat die bevel 'ingevolge art 77(6)'
tersyde gestel moes word en die saak na die landdros terugverwys moes word."
In die onderhawige geval blyk dit egter dat die
ge-
tuienis betreffende sy geestesvermoëns in
die hof a
quo
in
latere verrigtinge afgelê is in die aanwesigheid van sowel
die
appellant as sy advokaat. Die getuienis is egter deel
van
7 van die notule wat in hoer beroep aan hierdie hof voorgelê
is. Die verligting wat aangevra word is nie daarop gerig om die
skuldigbevinding
en vonnis nietig te verklaar en die saak na die hof a quo terug te verwys ten
einde ver-dere getuienis aan te bied
nie. Inderdaad word hierdie hof gevra om
die skuldigbevinding en vonnis van die hof a
quo
tot niet te doen sodat
'n bevel ooreenkomstig die be-palings van art 78(6) van die Strafproseswet
uitgereik kan word.
In
S v Thomas and Another
, 1978(1) 329 A is beslis dat die begrip
"strafregtelike verrigtinge" in art 158 ook slaan op verrigtinge in hoër
beroep. Na
my mening, egter,
gesien
8 gesien die spesiale omstandighede van die
onderhawige geval, is ek van mening dat die appèl deur hierdie hof
afgehandel kan
word ooreenkomstig die bevoegdheid verleen by art 322(1)(c) van
die Strafproseswet.
Uit die oorkonde blyk dat die oorwig van waarskyn-likhede
daarop dui dat toe appellant die handeling verrig het wat daartoe gelei
het dat
hy weens moord aangekla is, hy vanweë geestesongesteldheid nie
strafregtelik toereken-baar was toe hy die betrokke handeling
verrig het nie.
Dit volg dus dat die skuldigbevinding en vonnis wat deur regter S P Steyn
uitgespreek en gevel is tot niet verklaar
moet word en dat dit vervang word met
'n bevinding ooreenkomstig die bepalings van art 78(6) van die Strafproseswet
dat appellant
vanweë
9 van geestesongesteldheid onskuldig aan die ten
laste gelegde misdryf is. Voorts word beveel dat appellant in 'n hospitaal vir
sielsiekes
of 'n gevangenis afhangende die beskikking van die Staatspresident
aangehou word.
P J WESSELS, AR
JANSEN, AR
KOTZÉ, AR
VILJOEN, AR Stem saam
VIVIER, WNAR