S v Mlati (449/1983) [1984] ZASCA 88; [1984] 2 All SA 528 (A) ; 1984 (4) SA 629 (A) (3 September 1984)

81 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Rape — Identification evidence — Appellant convicted of rape and assault with intent to cause grievous bodily harm — Victim identified appellant as one of her attackers during identification parade — Appellant claimed alibi and denied involvement — Court assessed reliability of victim's identification — Holding that victim's identification was credible and supported by circumstances of the case, thus upholding conviction.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 88
|

|

S v Mlati (449/1983) [1984] ZASCA 88; [1984] 2 All SA 528 (A) ; 1984 (4) SA 629 (A) (3 September 1984)

LL
Saak No. 449/1983
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA APPèLAFDELING
In die saak tussen:
JAMES MLATI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM: CILLIê, HOEXTER et BOTHA ARR
VERHOORDATUM
: 15 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM
: 3 SEPTEMBER
1984
UITSPRAAK
/
BOTHA AR
...
BOTHA AR
:-
Die appellant is in die Witwatersrandse Plaas-
like
Afdeling skuldig bevind aan verkragting en ter dood
veroordeel. Hy is ook
skuldig bevind aan aanranding
met die opset om ernstig te beseer, ten opsigte
waarvan
hy 'n vonnis van 3 jaar gevangenisstraf opgelê is. Na-
dat
die Verhoorregter (F S STEYN Wh R) verlof om te
appelleer geweier het, het
die appellant 'n versoekskrif
aan die Hoofregter gerig, wat daartoe gelei het
dat aan |
die appellant die nodige verlof toegestaan is om na hier-die Hof in
hoër beroep te kom teen sy skuldigbevindings en die vonnisse
wat hom
opgelê is.
Die saak teen die appellant het voortgespruit uit
/gebeurtenisse ...
3.
gebeurtenisse wat plaasgevlnd het gedurende die aand van 21
Januarie 1983 by die President-spoorwegstasie in Germiston. 'n Jong dame
en haar
metgesel is deur 'n bende van 4 mans aangeval en onderwerp aan 'n langdurige en
wreedaardige aanranding. Die jong dame was
destyds 21 jaar oud. Die appellant se
skuldigbevinding aan verkragting het op haar betrekking, en ek sal na haar
verwys as die klaagster.
Die skuldigbevinding aan aanranding met die opset om
ernstig te beseer het be-trekking op haar metgesel; ek sal na hom verwys as
die
klaer. Die klaer was nie as 'n getuie by die appellant se verhoor beskikbaar
nie, aangesien hy die land intussen verlaat het.
Die enigste getuienis
/voor ...
4.
voor die Verhoorhof oor wat op die betrokke aand gebeur het, was dié
van die klaagster.
In hooftrekke is die klaagster se relaas van die gebeure
soos volg. Sy en die klaer het na die stasie gegaan met die doel om 'n trein
na
Johannesburg te haal. Om die regte platform te bereik, het hulle met 'n
voet-gangersbrug oor die trelnspore geloop. Terwyl hulle
besig was om die trappe
van die brug af te klim, het twee Swart mans opgeloop gekom en by hulle
verbygegaan. Net daarna het nog twee
Swart mans ook van voor af aan-gekom. Een
van dlê twee het die klaagster aan haar keel vasgegryp en die ander het
die klaer
vasgegryp. Die twee mans wat verbygeloop het, het omgedraai en
/teruggekom ...
5.
teruggekom. Een van hulle, soos deur die klaagster in die Hof
aangedui is, was die appellant. Hy het die klaagster se handsak gegryp
en haar
aan haar arm vasgegryp. Die ander een het die klaer gegryp. Aldus het twee van
die mans die klaagster vasgehou (die een nog
steeds met sy hand aan haar keel)
en twee het die klaer vasgehou. Die klaagster en die klaer is gedwing om die
trappe af te loop
en oor die platform na 'n damestoilet. Hulle is in die toilet
gedwing. Binne-in die toilet het die appellant 'n mes in sy hand gehad.
Nadat
die klaagster se rok opgetrek is, het die appellant herhaaldelik met die mes
teen haar bobene gedruk; haar bene was besig om
te vervel as gevolg van
/sonbrand ...
6.
sonbrand en die appellant wou weet waarom haar bene so gelyk
het. Intussen was die ander twee mans besig om die klaer aan te rand.
Beide die
klaagster en die klaer is toe uit die toilet geneem en gedwing om met die
platform langs te stap. Op 'n stadium het daar
'n trein by die stasie aangekom,
stilgehou, en weer gery, en vir 'n wyle het die aanranders en hulle slag-offers
stilgestaan, op
so 'n wyse dat die slagoffers nie maklik vanuit die trein
sigbaar sou wees nie. Daarna is die klaagster en die klaer gedwing om verder
te
loop tot by die einde van die platform, en vandaar nog verder tot by 'n plek in
die veld waar daar bosse en lang gras was en waar
dit donker was. Daar is
dle
/klaagster ...
7.
klaagster om die beurt en herhaaldelik deur elk van die vier
mans verkrag. Dit is onnodig om besonder-hede te verstrek van die langdurige,
wreedaardige en erg vernederende mishandeling wat die klaagster verduur het.
Mettertyd het die klaagster gemerk dat al vier die aanranders
in die donkerte
verdwyn het. Sy het opgestaan en gesien dat dle klaer 'n entjie daarvandaan
agter 'n bostevoorskyn gekom het; skynbaar
was hy daar om die beurt deur sommige
van dle mans aangehou terwyl van die ander met die klaagster besig was. Die
klaag-ster het
gesien dat die klaer in sy bors gesteek was en dat hy besig was
om te bloei. Die twee van hulle het in die rigting van die stasie
gestap en op
pad
/daarheen ...
8.
daarheen 'n polisieman teengekom. Hy het hulle hospi-taal toe
geneem. Die klaagster is medies ondersoek, maar dit is nie nodig om
die
resultate van die onder-soek weer te gee nie, aangesien dit nie in geskil is dat
die klaagster verkrag is op die wyse deur haar
be-skryf nie. Die enlgste vraag
is net of die appellant een van die mlsdadigers was.
Die appellant is 5 dae
na die voorval, op 26 Januarie 1983, in hegtenis geneem. Dit blyk uit die
getuienis van die ondersoekbeampte
in die saak, speurder= sersant Du Plessis,
dat die appellant aanvanklik nie in hegtenis geneem is as 'n verdagte in verband
met die
oor-tredings wat teen die klaagster en die klaer in die
/huidige ...
9.
huidige saak gepleeg is nle, maar wel vanweë beweerde
ander misdrywe waarvan hy verdink was. Dit blyk ver-der uit Du Plessis
se
getuienis dat die appellant saam met 3 ander Swart mans gearresteer is. Volgens
Du Plessis het hy ná die arrestasie gereël
dat die 4 aan-gehoudenes
moes deelneem aan 'n uitkenningsparade in ver-band met die huidige saak, soos hy
sê, "omdat hulle
vier persone was en omdat hulle beskrywing min of meer
dieselfde was"; vermoedelik het hy bedoel dieselfde as wat geblyk het uit
die
verklaring wat hy vroeër van die klaagster geneem het (en moontlik ook
dié van die klaer). So 'n parade is toe inderdaad
gehou op dieselfde dag,
26 Januarie 1983. Op daardie parade is die appellant
/deur ...
10.
deur die klaagster uitgeken as een van die mans wat haar
aangeval, aangerand en verkrag het. Ek sal later verwys na die wyse waarop
die
klaagster die appellant op die parade uitgewys het. Op dieselfde parade was die
klaer nie in staat om enige persoon uit te ken
nie.
Die appellant het by die
verhoor getuienis afgelê en ontken dat hy enigsins betrokke was by die
aanranding op die klaagster
en die klaer. Hy het ook 'n alibl op-gewerp. Dit
dien vermeld te word dat die appellant reeds op die dag van sy arrestasie
besonderhede
van sy aiibi aan die ondersoekbeampte verstrek het. Volgens die
appellant was hy op die aand van die voorval by 'n sekere nagklub
in Soweto. Hy
het aan speurder-sersant
/bu Plessis ...
11.
Du Plessis, volgens laasgenoemde se getuienis, gegewens
verstrek van nie minder nie as 7 persone wat hom op die betrokke aand by of
in
die omgewing van die nagklub ge-slen het. Die gegewens het Du Plessis opgeteken
in 'n verklaring wat hy van die appellant geneem
het. Met die oog daarop het die
Staat sekere getuienis aangevoer ter weerlegging van die appellant se alibi. Die
appel-lant het nietemin
in sy getuienis met sy alibi volhard. Op sy getuienis en
die Staat se poging om die alibi te weerlê sal ek later terugkom.
Uit die voorgaande kort oorsig van die getuienis is dit duidelik dat die
vraag vir beslissing voor die Verhoorhof was of die klaagsber
se uitkenning van
die
/appellant ...
12. appellant as een van die bende wat haar aangeval en
verkrag het, bo redelike twyfel betroubaar en korrek was. Die Verhoorhof het
die
vraag bevestigend beant-woord en ook bevind dat die appellant se ontkenning dat
hy een van die bende was, asook sy getuienis
oor sy alibi, verwerplik was en nie
redelik moontlik waar kon wees nie. Die vraag voor hierdie Hof is tans of daar
gronde bestaan
om van hierdie bevindings van die Ver-hoorhof te
verskil
. Dit is die deurslaggewende vraag in hierdie
appel, want dit is enkel en alleen die klaag-ster se uitwysing van die appellant
as
een van haar aanranders wat hom met die misdaad verbind; daar is geen ander
getuienis wat enigsins dui op sy aandadigheid
/nie ...
13.
nie.
Die Verhoorhof het bevind dat die klaagster 'n besondere eerlike en
billike getuie was. Daar is geen rede hoegenaamd om van hierdie
hoë aanslag
van die klaagster as 'n getuie te verskil nie. Inteendeel spreek die oorkonde
duidelik van 'n indrukwekkende eer-likheid
en van 'n opregte poging tot
objektiwitelt en billikheid van dle kant van die klaagster in dle af-legging van
haar getuienis. Daarby
was die klaagster baie beslis en seker van die
korrektheid van haar uit-kenning van die appellant as een van dle persone wat
haar
aangerand en verkrag het. Juis die klaagster se ooglopende eerlikheid en
haar eie vaste oortuiglng
/van ...
14
van die korrektheid van haar uitkenning maan 'n mens egter
tot groot versigtigheid by oorweging van die vraag of haar uitkenning met
veiligheid as betroubaar aanvaar kan word, want in 'n saak soos die huidige mag
die klaagster se eerlikheid en eie oortuiging nooit
toegelaat word om die
afsonderlike ondersoek na die be-troubaarheid van haar uitkenning te vertroebel
nie. Waar die Staat se saak
teen 'n beskuldigde in sy kern uitsluitlik berus op
die uitkenning deur 'n enkele getuie van die beskuldigde as die misdadiger,

die gevaar van 'n verkeerde skuldigbevinding juis opgesluit in die
al-toos aanwesige moontlikheid dat die getuie 'n eerlike fout
begaan in die
identifikasie van die beskuldigde as
/die ...
15.
die misdadiger. Hierdie gevaar, in die samehang van
die teenstelling tussen eerlikheid en betroubaarheid,
is al telkemale in die regspraak uitgewys, maar die om-
standighede van die huidige saak verg dat dit weer eens
beklemtoon moet word. Om die rede haal ek by wyse
van voorbeeld
uittreksels aan uit twee beslissings van
hierdie Hof. In die eerste,
R v Masemang
1950 (2) SA
488
(A) op 493
het VAN DEN HEEVER AR gesê:
"The positive assurance with which an honest witness will sometimes swear to
the identity of an accused person is in itself no guarantee
of the correctness
of that evidence .... In Wills on
Principles of Circumstantial Evidence
(7th edit. p. 193) the learned author cites a number of cases in which
persons have been wrongly convicted (and even executed) on
this type of
evidence, which fills one with appre-hension."
/In ...
16.
In die ander saak,
R v T
1958 (2) SA 676
(A) op
681
het OGILVIE THOMPSON Wn AR gesê:
"Again, undue weight cannot be attached to the circumstance that complainant
readily picked out appellant at the identification parade.
Her honesty is
undoubted: the vital question is whether the firm belief of this young girl can
be implicitly relied upon."
In verband met die betroubaarheid van die klaag-
ster se uitkenning van die appellant is daar twee aan-
vanklike
betoogpunte deur die appellant se advokaat
aangevoer wat kortliks afgehandel
kan word. Die eerste
punt was dat die klaagster se geleentheid om haar
aan-
randers waar te neem beperk was, omdat die voorval om
half-elf in die aand
plaasgevind het en die beligting
/in ...
17.
in die omgewing nie goed was nie. Hierdie punt het niks om
die lyf nie. Dit blyk uit die getuienis wat die Staat voorgelê het,
sowei
van die klaagster self as van polisiebeamptes (op die besonderhede waarvan ek
nie van voorneme is om in te gaan nie) dat die
beligting inderdaad goed was by
die trappe waar die klaagster eers aangeval is, en op die platform vanaf die
trappe tot by die damestoilet
('n afstand wat die Verhoorhof bepaal het op
minstens 15 na 20 meter), ook in die toilet self, en weer op die platform van
die toilet
af tot aan die einde daarvan (wat volgens die bevinding van die
Verhoorhof 'n afstand van ongeveer 200 meter is). Weliswaar was daar
geen
beligting op die plek waar die klaagster verkrag
/is ...
18.
is nie, maar sy het getuig dat elkeen van die vier mans wat
haar en die klaer weggevoer het haar om die beurt en herhaaldellk verkrag
het.
Sy het ook verklaar dat sy weet dat die appellant in die besonder een van
diê was wat haar verkrag het; op hierdie deel
van haar getuienis sal ek
later terugkom. Vir die huidige is dit genoeg om te sê, soos die
Verhoorhof ook tereg be-vind het,
dat die klaagster op die trappe, in die
toilet, en op die platform, voldoende geleentheid gehad het, wat tydsduur en
beligting betref,
om haar aanranders waar te neem.
Die tweede punt was dat
die klaagster se vermoë om haar aanranders goed waar te neem beperk was,
vanweë
/die ...
19.
die skok en vrees wat die aanval by haar veroorsaak
het.
Dat die klaagster geskok en vreesbevange was,
is gewis - sy het dit self geredelik toegegee. Maar I
dat haar
waarnemingsvermoë nie daardeur wesenlik be-
lemmer is nie, blyk uit die feit dat sy in staat was om
'n heldere en
gedetailleerde beskrywing te gee van alles
wat gebeur het. Sy kon byvoorbeeld
presies vertel hoe
sy by die twee mans wat haar vasgegryp en vasgehou het,
gepleit het om
haar los te laat, en wat sy alles gesê
het om hulle te probeer oorreed
om dit te doen, en hoe
hulle daarop gereageer het deur haar uit te skel,
te
beledig en te dreig. Die Verhoorhof het bevind dat
haar optrede daarvan
getuig dat sy by haar volle positiewe
/was ...
20.
was, dat sy redelik kon dink en goed kon waarneem. Daardie
bevinding is onaanvegbaar. Ook in hierdie punt steek daar dus niks nie.
Die
probleme in verband met uitkenning in die huidige saak lê nie in die
geleentheid of die vermoë van die klaagster om
waar te neem nie.
Die
probleme in verband met die uitkenning van die appellant in die huidige saak
spruit voort uit die feit dat die appellant die eienaar
was van 'n swart
leer-baadjie.
Uit die klaagster se getuienis blyk dit duidelik dat sy akuut bewus en baie
seker daarvan was dat een van haar aanranders 'n leerbaadjie
aangehad het
tydens
/die ...
21 .
die voorval. Dit was die man wat op die trappe van agter af
gekom het en die klaagster se handsak gegryp het en haar aan die arm vasgegryp
en vasgehou het, en wat in die toilet 'n mes teen haar bene gedruk het. Dit blyk
verder dat die klaagster aan die ondersoekbeampte
gemeld het dat een van haar
aanvallers 'n leerbaadjie gedra het en dat daardie feit opgeteken is in die
ver-klaring wat Du Plessis
van haar geneem het. Toe die appellant in hegtenis
geneem is, het hy 'n swart leer-baadjie aangehad. Du Plessis was bewus van die
belang-rikheid van die leerbaadjie as 'n onderskeidende kenmerk van een van die
aanranders, maar nadat hy besluit het dat 'n uitkenningsparade
gehou moes word
en stappe dien-
/ooreenkomstig ...
22.
ooreenkomstig in werking gestel het, het hy, soos dit hom as
ondersoekbeampte betaam het, niks verder met die werklike reelings van
die
parade te doen gehad nie en dit aan ander lede van die polisiemag oorgelaat. Die
lid in bevel van die parade was speurder-sersant
Aucamp. Volgens sy getuienis
was hy heeltemal onbewus daarvan dat 'n leerbaadjie enige roi in die uitkenning
van enige van die verdagtes
sou kon speel. So het dit dan gebeur dat die
appellant op die parade gaan staan het met sy leerbaadjie aan. Daar was altesaam
11
mans op die parade. Verskeie kleurfoto's van die parade is as bewysstukke by
die Verhoorhof ingedien. Uit 'n bestudering daarvan
blyk dit dat geeneen van die
ander
/10 ...
23.
10 persone op die parade 'n bolyf-kledingstuk aangehad
het
wat beskryf sou kon word as op enige wyse redelik
vergelykbaar in voorkoms te
wees met die swart leer-
baadjie van die appellant nie.
Op grond van die voorgaande is die gevolgtrek-
king na my mening
onvermydelik dat die uitkenningsparade
mank gegaan het aan 'n wesenlike
gebrek. In
Kola v Rex
1949 (1) PH, H 100, het SCHREINER AR die volgende gesê:
"But an identification parade though it ought to be a most important aid to
the admlnistra-tion of justice may become a grave source
of danger if it creates
an impression which is false as to the capacity of the witness to identify the
accused without the aid of
his compromising position in the dock.
Unsatis-factory as it maybe to rely upon the evidence of identification given by
a witness
not well
/acquainted ...
24.
acquaintéd with the accused, if that witness has not
been tested by means of a parade, it is worse to rely upon a witness whose
evidence carries with it the hall-mark of such a test if in fact the hall-mark
is spurious. Of course an identification parade is
not neces-sarily useless
because it is imperfect. In some respects the quality of the parade must
necessarily be a question of degree."
In daardie geval was die getuienis aangaande dle wyse
waarop die parade
gehou is gebrekkig in 'n opsig wat nie
in die huidige saak ter sake is nie, maar die benadering
wat
weerspieël word in die aangehaalde passasie is nie-
temin hler van toepassing. Wanneer 'n besondere item
van aldagse kleredrag
'n prominente rol speel in die
beskrywing van 'n misdadiger se voorkoms wat
deur 'n ge-
tuie aan die polisie verstrek word, en daar word dan 'n
/parade ...
25.
parage gehou waarop slegs een van die persone aanwesig so 'n
stuk kleredrag dra terwyl die ander aanwesige per-sone se kleredrag nie
redelikerwys daarmee vergelykbaar is nie, dan is daar ±n die algemeen, en
behoudens be-sondere omstandighede wat in 'n ander
rigting mag dui, 'n wesenlike
gevaar dat die uitwysing deur die getuie van die betrokke persoon as die
misdadiger 'n skyn van betroubaarheid
aan die uitkenningsvermoë van die
getuie kan verleen wat vals is, omdat dit maklik kan gebeur dat die uitkenning
slegs op die
kleredrag gebaseer word en 'n uitkenning op sodanige basis geen
werklike oor-redingskrag bevat ten opsigte van die vraag of die per-soon
wat
uitgewys is in der waarheid die misdadiger is
/nie ...
26.
nie. Dit is na my mening 'n juiste samevatting, in abstrakte
terme, van die beredenerlng van VAN DEN HEEVER AR in
R v Masemang
supra
op 490 - 494. In daardie saak was die feite, wat betref die kleredrag van die
verdagte op parade, in alle wesenlike opsigte
vergelykbaar met die posisie in
die huidige saak. In daardie saak was daar 'n bykomende omstandigheid aan-wesig,
naamlik dat die
klaagster voordat sy die parade bygewoon het deur die polisie
onder die indruk gebring is dat die misdadiger wel op die parade aanwesig
was,
wat nie in die huidige geval die posisie is nie. Ten spyte van die verskil
tussen daardie saak en die huidige meen ek dat die
gevolgtrekking van VAN DEN
HEEVER AR op
/493-4 ...
27.
493-4 ook op die huidige saak van toepassing is:
"The probative value of personal identi-fication wiil of course depend upon all
the surrounding circumstances and each case wlll
have to be decided on its
merits. But where such identification rests upon the testimony of a single
wit-ness and the accused was
identified at a parade which was admittedly
conducted in a manner which did not guarantee the standard of fairness observed
in the
recognised procedure, but was calculated to prejudice the accused, such
evidence standing alone can have little weight."
Die
uitdrukklng "calculated to prejudice the accused"
sinspeel natuurlik nie op
'n doelbewuste beplanning van
die polisiebeamptes om die beskuldigde te
benadeel nie;
dit verwys na die bestaan van feite wat,
objektief
beoordeel, tot gevolg het dat die beskuldigde blootgestel
/is ...
28.
is aan benadeling, hoe ook al daardie feite tot stand gekom
het. In hierdie verband moet ek dit duidelik stel, om regverdig te wees
teenoor
die polisiebeamptes wat betrokke is by die huidige saak, dat daar geen sprake is
van enige onbehoorlike optrede van hulle
kant met betrekking tot die
uitkenningsparade en die wyse waarop dit gereël en gehou is nie. Uit die
verloop van die gebeure
soos ek dit vroeër geskets het, is dit duidelik dat
die gebrek wat aan hierdie parade vasge-kleef het, die gevolg was van 'n
ongelukkige sameloop van omstandighede en dat nog Du Plessis nog Aucamp van
onbehoorlike of onreëlmatige optrede verwyt kan
word. Dat dit so is, doen
egter nog geen afbreuk nie aan die
/feit ...
29.
feit dat in die resuitaat die parade tog nie voldoen het aan
die vereistes van billikheid teenoor die appel-lant waaraan daar voldoen
behoort
te gewees het nie. Vervolgens is dit nodig om aandag te skenk aan twee verdere
aspekte van die getuienis aangaande die parade
in hierdie saak, wat, so is daar
namens die Staat betoog, hierdie saak onderskei van
Masemang
se saak,
supra
. Die eerste is die getuienis van Aucamp dat hy, nadat die parade
opgestel is, die verdagtes gevra het of huiie tevrede is met die
parade en of
hulie enige versoek te rig, gehad het. Volgens Aucamp het al die aanwesiges
geantwoord dat huile tevrede was met die
parade en was daar geen versoeke nie.
Op grond hiervan is daar namens
/die ...
30.
die Staat betoog dat die appellant die geleentheid ge- I
had het om sy leerbaadjie uit te trek as hy dit wou
doen, dat hy die geleentheid nie benut het nie, en
dat hy hom dus nie kan bekla daaroor dat die parade ge-
brekkig was nie.
Met hierdie betoog kan ek nie saam-
stem nie. Dit blyk wel uit Du Plessis se getuienis
dat die appellant reeds
op die dag van sy inhegtenis-
neming, as gevolg van 'n gesprek wat daar
tussen hom
en Du Plessis plaasgevind het (die besonderhede daarvan
sal ek later behandel), bewus moes gewees het van die
belangrikheid van
die leerbaadjie wat hy gedra het as
'n moontlike aanduiding dat hy een van
die misdadigers
was wat betrokke was by die voorval wat Du Plessis besig
/was ...
31.
was om te ondersoek, maar dit is nie duidelik uit die
getuienis of die betrokke gesprek plaasgevind het voor of nadat die parade gehou
is nie. Die parade is om ongeveer half-drie die middag gehou, terwyl Du Plessis
in een stadium van sy getuienis gesê het dat
hy om ses-uur die aand met
die appellant gepraat het. As die kwessie van die leerbaadjie toe vir die eerste
keer ter sprake gekom
het, en die appellant is onskuldig, dan sou hy natuurlik
geen rede hoegenaamd gehad het om op die parade daaraan te dink om sy baadjie
uit te trek nie. Uit 'n ander deel van Du Plessis se getuienis blyk dit egter
dat hy om tienuur die oggend die appel-lant gearresteer
het, en dit is moontlik
dat die kwessie
/van ...
32. van die leerbaadjie toe reeds bespreek is. Maar selfs as dit
veronderstel word die geval te wees, kan dit nie die posisie verander
nie. Of
die parade aan die ver-eiste maatstaf van billikheid voldoen het, moet na my
mening beoordeel word slegs aan die hand van
die objek-tiewe feite. As dit
daaruit blyk dat die parade mank gegaan het aan 'n gebrek, dan is daar 'n leemte
in die Staat se saak,
die uitwerking waarvan in 'n saak soos die huidige nie
ongedaan gemaak kan word bloot op grond van die feit dat dit binne die appellant
se vermoe was om die gebrek uit die weg te ruim en hy versuim het om dit te doen
nie. Daar het geen plig gerus op die appellant om
mee te werk tot die
bewerkstelliging van 'n regverdige parade
/nie ...
33.
nie, en die Staat kan geen voordeel trek uit sy versuim
om
dlt te doen nie. |
Die tweede stuk getulenis waarop die Staat
steun, is
'n gedeelte van die klaagster se getuienis, wat noulettende aandag vereis. Onder
kruisondervraging het sy erken dat sy op
die parade gesien het dat die appellant
'n leerbaadjie dra, maar sy het getuig dat dit nie die rede was waarom sy hom
uitgewys het
nie; sy sê dat sy hom herken het aan sy gesig, asook sy
liggaams-bou, sy lengte, en sy algemene voorkoms, afgesien van die
leerbaadjie,
en dat sy hom sou uitgeken het selfs al was al dle persone op die parade op
dieselfde manier gekleed. Die klaagster
was uitgesproke in haar getuienis
/dat ...
34.
dat, alhoewel sy gesien het die appellant dra 'n
leer-
baadjie, daardie feit nie 'n rol gespeel het in haar
uitkenning nie,
aangesien sy dadelik die appellant her-
ken het aan sy gesig. Die Staat se
betoog was dat !
hierdie sterk getuienis, afkomstig van 'n
klaarblyklik
geloofwaardige getuie, voldoende was om die gebrek wat
aan
die parade vasgekleef het vanweë die feit dat slegs
die appellant iets
soos 'n leerbaadjie aangehad het, van
enige uitwerking te beroof. Op die oog
af lyk hierdie
betoog oortuigend, maar na my oordeel kan dit nie aan-
vaar
word nie, om die redes wat volg.
Vroeër is gemeld dat die klaagster
akuut bewus was daarvan dat een van haar aanranders tydens die voorval
/'n ...
35.
'n leerbaadjie aangehad het. Dlt is nou nodig om iet-wat
verder hieroor uit te brei. By 'n nalees van die klaagster se getuienis blyk
dit
onteenseglik dat hier-die leerbaadjie wat een van haar aanranders gedra het,
'n geweldige sterk indruk op haar gemaak en nagelaat het. Die aard en omvang
van hierdle indruk kan ten beste aan-getoon word deur
twee uittreksels uit haar
getulenis aan te haal. In haar hoofgetuienis het sy, alhoewel sy die appellant
in die beskuldlgdebank aangedui
het as een van haar aanranders, geen melding
gemaak van die feit dat hy 'n leerbaadjie aangehad het nie, maar reeds vroeg in
haar
getuienis onder kruisondervraging kom die volgende voor:
/"Now ...
36.
"Now when you were walking down the stairs towards the platform itself, when
was the first time that you noticed the two black men
who later came walking up
the stairs?
As we turned the stalrs they were walk-
ing up the stairs and I saw them as soon as I turned the corner.
How were those two black men dressed?
The ones that were coming up the stairs?
That is correct? The one was the tall
one with the suit.
What kind of suit? It was a three-piece
suit, I thlnk it was beige.
Yes? And he had a shirt and tie on as
well, he was very smartly dressed.
Did he have a hat on? No.
Now the other black man walking up the stairs?
What clothes did he have on? I can't re-
member what he had on because as we walked down the stairs the tall one
grabbed my throat
/and ...
37.
and the other one with the leather jacket on, which was the accused, came from
behind and the younger one and No. 3, I dldn't really
notice what they were
wearing.
COURT
: You say accused with the leather
jacket on? Yes, that is right. I
could actually smell the leather. I knew it wasn't plastic, it was leather.
MR. LANDMAN
: Did you get the impression that it was a new leather jacket?
Or fairly
new? Yes, it was a nice dark coloured
leather jacket, I can't say whether it was dark brown or black. But it had a
strong leather smell."
Tydens verdere
krulsondervraglng het dit geblyk dat die
klaagster nie in staat was om enige
ander item van die
kleredrag van die persoon met die leerbaadjie te
beskryf
nie, klaarblyklik omdat dit nie deur haarwaargeneem of
onthou is
nie. Van die persoon se kleredrag is dit
/slegs ...
38.
slegs die leerbaadjie wat ingeprent was in haar geheue
as iets wat haar skerp opgeval het. Daarvan het die
reuk klaarblyklik die grootste indruk gemaak, want sy
kon nie sê of
die baadjie donkerbruin of swart was nie,
en sy kon ook nie sê of dle
baadjie toegemaak of oop
was nie. Sy het daarbenewens ook geen
onderskeidende
flslese eienskappe van hierdie persoon se gelaatstrekke
of
andersins vermeld nie. Later in die kruisonder-
vraging kom daar dan die
volgende voor:
"So it is correct that the one thing that stands out in your mind is the
leather
jacket which the accused wore? Yes,
I can remember the strong smell of leather in my face all the time. I remember
thinking why are these people doing this to us if
they are so well dressed, if
they can afford three piece suits and
leather
/jackets ...
40.
geen onderskeidende gelaatstrekke was waaraan sy hom uitgeken
het nie. Sy kan nie hieroor verwyt word nie; 'n helder kleúrfoto
van die
appellant se gesig, wat op die parade geneem is en as n bewysstuk in die
oorkonde opgeneem is, toon aan dat sy geslg inderdaad
geen beson-dere
kenmerkende eienskappe het nie. As ek, met die foto voor my, sy gesig moet
probeer beskryf, sou ek niks beter kon
doen as om te sê dat hy 'n
ronderige ge-sig het met effense dik lippe en ietwat van 'n plat neus nie. Maar
dit is juis die
afwesigheid van enige onderskeidende kenmerke van sy gesig wat
dit uiters gevaarlik maak om peil te trek op die klaagster se stelling
dat sy
hom aan sy gesig uitgeken het en nie
/aan ...
39.
jackets."
Die trefkrag van hierdie getuienis hoef
nou-liks uitgespel te word: in die klaagster se waarneming en herinnering van
hierdie aanvaller
van haar het die enkele feit van die leerbaadjie wat hy
aangehad het klaarblyklik die alles-oorheersende rol gespeel. Daar-mee moet
nou
gekontrasteer word die klaagster se onver-moë, tydens verdere
kruisondervraging, om enige be-sondere gelaatstrekke van die
appellant aan te
dui waarvolgens sy hom op die parade aan sy gesig kon geëien het. Sy is
herhaaldelik gevra waaraan sy sy gesig
herken het; telkens kon sy slegs antwoord
"it was just his face as a whole", en moes sy toegee dat daar
/geen ...
41.
aan die leerbaadjie wat so 'n groot indruk op haar ge-moed
gemaak het nie. Dit wil natuurlik nie sê dat die klaagster doelbewus
vals
getuig het nie. Waaroor dit gaan, is of die aanskoue van die leerbaadjie, en bes
moontlik ook die reuk daarvan toe sy direk
teenoor die appellant te staan gekom
het, nie die klaagster onbewustelik kon laat glo het dat sy die appellant se
gesig herken het
nie, terwyl dit in werklikheid net die leerbaadjie is wat haar
herinnering geprikkel het.
Om aan te sluit by dle voorgaande is daar 'n
verdere brokkie van die klaagster se getuienis wat ek as insiggewend beskou. Sy
het getuig
dat die man met die netjiese pak klere eerste haar verkrag het,
/en ...
42.
en die appellant tweede. Daarna het die ander twee
gevolg.
Met die volgende ronde van verkragtings was
die volgorde dieselfde. Daar sal
onthou word dat die
verkragtings plaasgevind het waar dit donker was.
In
herverhoor kcm die volgende in die klaagster se getule-
nis voor:
"Now when the accused was having inter-
course, was he on top of you? Yes, he
was.
Could you see his face? I must have
seen his face because I knew exactly in which order they
went."
Die klaagster se stelling dat sy die
appellant se gesig
moes gesien het, is klaarblyklik blote
rekonstruksie
van haar kant. Dit is biaie waarskynliker, meen ek, dat
/sy ...
43.
sy die tweede verkragter in die donker geëien het aan
die skerp reuk van die leerbaadjie, waarvan sy so be-wus was. (Uit die
uitspraak
van die Verhoorregter kan afgelei word dat die Verhoorhof dieselfde mening
toegedaan was.) Op dieselfde wyse sou dit dan
hoe-genaamd nie verbasend wees nie
as die klaagster op dle parade in haar onderbewussyn die trefkrag van die
aan-skoue van die appellant
se baadjie by wyse van rekon-struksie laat verskuif
het tot 'n eerlike, maar bes moontlik verkeerde, oortuiging dat sy die geslg
van
die appellant herken het.
In dieselfde verband is dit van belang om te let op die getuienls oor die
tydstip waarop die klaagster
/die ...
44.
die appellant op die parade geëien het. Die gekuie-nis
van die klaagster en van Aucamp op hierdle punt stem nie ooreen nie, alhoewel
hulle weergawes nie noodwendig onversoenbaar met mekaar is nie. Die klaagster
sê dat sy onmiddellik toe sy die kamer waar die
mans op parade gestaan
het, binnegegaan het, die appellant geëien het, en dat sy hom op daardie
tydstip aan sy gesig herken
het. Ek vind hierdie getulenis van die klaagster
moeilik om te aanvaar. As sy inder-daad die appellant uitgeken het, onder die 11
mans op parade, onmiddellik toe sy die vertrek binnegegaan het, dan is dit
inherent baie waarskynlik dat sy hom aan sy kleredrag
sou uitgeken het, eerder
as aan sy gesig,
/want ...
45.
want om met die eerste blik 'n gesig sonder
onderskei-
dende kenmerke uit 11 gesigte langs mekaar te onderskei
sou 'n heel merkwaardige prestasie gewees het, in ag ge-
nome dat sy hom
slegs een keer tevore gesien het, terwyl
die aanwesigheid van een swart
leerbaadjie onder die 11
mans veel geredeliker opvallend moes gewees het.
Daar-
teenoor is Aucamp se getuienis dat die klaagster stadig
voor die
mans op parade verby gestap het en "'n duidelike
skok" gekry het toe sy by die appellant kom, wat sy toe
sonder aarseling uitgewys het. Volgens hom het dit haar
ongeveer 7 sekondes gevat om die appellant uit te wys.
Die Verhoorhof se waardebepaling van hierdie getuienis
blyk uit die volgende uittreksel uit die Verhoorregter se
uitspraak:
/"Dan ...
46.
"Dan gaan die Hof se aandag na die identi-fikasie parade self en die Hof is
getref deur die getuienis dat die klaagster be-skuldigde
uitgewys het eerstens
onmiddel-lik toe sy voor hom kom en tweedens dat die offisier in bevel van die
uitkennings-parade sê
dat die klaagster duidelike skok openbaar het toe sy
die beskuldigde sien en teruggedeins het. Die skrik van afsku toe sy haar
aanrander
weer sien is die sterkste denkbare getuienis dat sy die regte man
sien."
Hierdie benadering van die Verhoorhof
openbaar, met eer-
bied gesê, 'n ernstige mistasting. Die feit dat
die
klaagster 'n reaksie van skok getoon het toe sy voor die
appellant gekom het, wys niks meer nie as dat sy geglo
het die appellant
was een van haar aanranders; haar
reaksie bevat geen waarborg dat wat sy
geglo het, die
waarheid is nie. In
R v Masemang supra
op 492 het
/VAN DEN ...
47.
VAN DEN HEEVER die volgende gesê, wat ook in
hierdie
saak van toepassing is:
"It was suggested on behalf of the Crown that complainant's nervous reaction at
the parade strengthens her evidence in this regard.
I do not think it does.
Owing to the harrowing experience to which she had been subjected the mere
similarity of appellant's dress
to that of her assailant may well have induced a
sense of shock and that sense would have been as vivid if she genuinely thought
she was in the presence of her assailant as it would have been if she actually
was."
Aucamp se getuienis oor die uitwysing bevorder
dus ook
nie die Staat se saak nie.
Om die voorgaande redes is my gevolgtrekking
dat die
gebrek wat daar by die hou van die parade aanwesig
/was ...
48.
was, naamlik dat slegs die appellant 'n onderskeidende
leerbaadjie gedra het, nie uit die weg geruim word deur die klaagster se
getuienis
dat sy hom nie as gevolg van die leerbaadjie uitgeken het nie. Die
gebrek in die parade het groter ruimte gelaat vir 'n eerlike fout
van die
klaagster in haar uitkenning van die appellant as wat andersins die geval sou
gewees het, en dit skep 'n leemte in die Staat
se saak teen die appellant.
Die uitwerking van die genoemde leemte moet vervolgens bepaal word aan die
hand van die getuienis wat deur die appellant afgelê
is. Soos vroeër
ver-meld, het die Verhoorhof bevind dat die appellant se getuienis nie redelik
moontlik waar kon wees nie.
/Hierdie ...
49.
Hierdie bevinding van die Verhoorhof moes egter nood-wendig
saamgehang het met die Verhoorhof se beoordeling van die betroubaarheid
van die
klaagster se uitkenning van die appellant, want dle vraag of die appellant se
aandadigheid aan die misdaad bo redelike twyfel
bewys is, kan alleenlik
beantwoord word op grondslag van al die getuienis as 'n geheel wat voor die Hof
was. In die uitspraak van
die Verhoorregter is daar geen blyke te vind dat die
Verhoorhof enige aandag geskenk het aan, of selfs bewus was van, die gebrek
in
die parade wat hierbo bespreek is nie, en bowendien het dle Verhoor-hof 'n
mistasting begaan in verband met sy beoordeling van
die klaagster se reaksie toe
sy voor die appellant
/te ...
50.
te staan gekom het op die parade, soos hierbo aangedui is.
Dit is gevolglik vir hierdie Hof nodig om opnuut die appellant se getuienis
in
oenskou te neem en te be-paal watter waarde daaraan geheg kan word in dle
op-weglng daarvan teen die Staat se gebuienis, met inag-neming
van die leemte in
laasgenoemde waarna ek verwys het.
Die appellant se getuienis aangaande sy
alibi was in sommige opsigte onbevredigend. Hy het homself byvoorbeeld
weerspreek ten opsigte
van sommige van die gegewens van die 7 persone wat hom op
die betrokke aand by die nagklub sou gesien het. Ek ag dit egter nie nodig
om op
die besonderhede van die getuienis in hierdie
/verband ...
51 .
verband in te gaan nie. Die Staat se weerleggende getuienis
aangaande die alibi is ook vatbaar vir kri-tiek. Waar daar gegewens verstrek
word van so baie as 7 mense wat die alibi sou kon staaf, bemoeilik dit natuurlik
die taak van die polisie om volledige weer-leggende
getuienis te bekom, maar ten
spyte daarvan het ek bedenkings of die ondersoek van die polisie in die huidige
geval deeglik genoeg
gedoen was. Ten aan-sien van 'n paar van die name van die
mense wat die appellant aan Du Plessis verstrek het, blyk dit uit
laasgenoemde
se getuienis slegs dat hulle nie
opgespoor kon word nie, sonder dat besonderhede in getuienis aan-gebied is van
watter pogings inderdaad
aangewend is om
/hulle ...
52.
hulle op te spoor. Dit blyk ook nie op bevredigende wyse uit
Du Plessis se getuienis dat aan die appellant self 'n volle geleentheid
gegun is
om saam met die polisie te gaan in 'n poging om moontlike getuies op te spoor
nie. Daarteenoor is daar bepaalde gevaile
waar die appellant wel die polisie
vergesel het en nie in staat was om sy beweerde getuies uit te wys waar hy
gesê het hulle
aan-getref sou kon word nie. Die geheelbeeld van die
getuienls aangaande die alibi laat by my 'n gevoel van onsekerheid of daar
bevind
kan word dat die Staat die appellant se alibi doeltreffend weerlê
het. Dit is egter nie nodig om verder hlerop in te gaan nie,
vanwee een bepaalde
gedeelte van die appellant se getuienis,
/waarna ...
53.
waarna ek nou sal verwys.
Reeds op die dag van sy
inhegtenisneming het die appellant aan Du Plessis verklaar dat hy op die dag van
die voorval, 21 Januarie
1983, sy leerbaadjie uit-geleen het aan ene Norman, en
dat hy dus nie die baadjie op daardie aand gedra het nie. Dit blyk uit Du
Plessis se getuienis. Du Plessis het nie verduidelik hoe die leerbaadjie in sy
ondervraging van die appellant ter sprake gekom het
nie, maar vermoedelik sou Du
Plessis aan hom gestel het dat een van die verkragters van die klaagster 'n
leerbaadjie soos diê
van die appellant aan-gehad het. Hoe dit ook al sy,
Du Plessis sê in sy getuienis dat die appellant aan hom vertel het dat
sy
/moeder ...
54.
moeder op die aand van 21 Januarie 1983, toe hy van sy
ouerhuis vertrek het om na die nagklub te gaan, hom gevra het waar sy
leerbaadjie
was en dat hy toe 'n ver-duideliking aan haar gegee het. Op daardie
inllgting, sê Du Plessis, het hy na die appellant se ouerhuis
ge-gaan -
dit was nog steeds op die dag van die appellant se arrestasie - en het hy die
appellant se moeder ondervra, terwyl die
appellant nie teenwoordig was nie. Du
Plessis se getuienis lui dan verder dat die appellant se moeder "'n rapport" aan
hom gemaak
het. Wat daar-die "rapport" was, is nooit geopenbaar nie. Die
appellant se moeder is nie deur die Staat as 'n getuie geroep nie.
Daar bestaan
geen rede om te dink dat
/die ...
55.
die appellant se moeder nie die appellant se weergawe
bevestig het dat hy sy baadjie op 21 Januarie 1983 uit-geleen het en dit nie
self gedra het nie.
Vervolgens het Du Plessis getuig dat die appellant twee
dae na sy arrestasle, dit wil sê op 28 Januarie 1983, aan hom 'n persoon
uitgewys het as synde Norman, aan wie hy sy baadjie op 21 Januarie 1983 sou
geleen het. Op 'n vraag van die Verhoorregter het Du
Plessis getuig dat hierdie
persoon wel bevestig het dat hy op 21 Januarie 1983 die appellant se baadjie
geleen het. Voigens Du Plessis
was hierdie persoon se regte naam Sydney van Wyk,
en het hy en die appel-lant mekaar vir die eerste keer ontmoet op die oggend
/van ...
56. van 21 Januarie 1983. Du Plessis sê dat die appellant .
hom geen verduideiiking kon gee oor hoekom hy sy baadjie aan hierdie
persoon sou
geleen het nie. Sydney van Wyk (of Norman) was nie by die verhoor aanwesig nie;
vol-gens Du Plessis was die polisie nie
in staat om hom later weer op te spoor
nie.
Die appellant het in sy getuienis bevestig dat hy op 21 Januarie 1983 sy
baadjie aan "sy vriend", Norman, geleen het. Hy sê
dat Norman die baadjie
wou gehad het om te dra wanneer hy dië aand na die bioskoop toe sou gaan.
Hy sou die baadjie die volgende
dag weer aan die appellant terugbesorg "iewers
in die stad" as hulle mekaar weer raakloop. Inderdaad het hy Norman
/eers ...
57.
eers weer op 24 Januarie 1983 in die stad raakgeloop en toe
is die baadjie aan hom teruggegee.
Die Verhoorhof het bevind dat die
appellant se getuienis oor die uitleen van die baadjie aan Norman onwaarskynlik
was. Verder sê
die Verhoorregter in sy
uitspraak die volgende:
"Hoe dit ookal sy, die versuim om Norman te roep as getuie of om te verduidelik
waarom Norman nie geroep word nie kan sekerlik nie
aan die Staat gewyt word nie
en die Hof maak n nadelige afleiding teen die beskuldigde omdat Norman nie
ge-roep is nie omdat die
Hof tot die gevolg-trekking moet kom dat die geleerde
advo-kaat vir beskuidigde gevind het dat dit nie raadsaam is om Norman te roep
of 'n verduideliking te gee waarom hy nie geroep word
nie."
Na my mening is hierdie benadering van die
Verhoorhof
/ongegrond ...
58. ongegrond en kom dit neer op 'n mistasting. Daar is
niks in die oorkonde wat aandui dat Norman as 'n getuie vir die appellant
beskikbaar was of dat sy advokaat gemeen het dat dit nie raadsaam sou wees om
hom te roep as 'n getule nie. Daar was gevolglik geen
ruimte vir 'n nadelige
afleidlng teen die appellant nie.
Uit die voorgaande blyk dus, by wyse van
same-vatting, dat die appellant bykans onmiddellik na sy inhegtenisneming
verklaar het dat
hy op die dag van die misdaad sy baadjie uitgeleen het en dit
nie self gedra het nie, dat sy verklaring twee dae later bevestig is
deur die
man aan wie hy die baadjie sou geleen het, in omstandighede wat die moontlikheid
van 'n sameswering
/tussen ...
59.
tussen die twee uiters onwaarskynllk maak, en dat die Staat
geen getuienis gelei het om diê verklaring van die appellant te
weerspreek
nie. Sy getuienis in hierdie verband staan dus onbetwis.
Dit is waar dat die
appellant se relaas oor die uitleen van die baadjie in sommige opsigte
onwaar-skynlik is, en, soos ek reeds aangedui
het, was die appellant ook in
sommige opsigte nie 'n
bevredigende
getule
nle. Die kernvraag is egter of sy getuienls in hierdie besondere opsig, gekoppel
aan sy ontkenning dat hy aandadig was aan
die misdade wat hom ten laste
gelê is, redelikerwyse moontlik waar kan wees. By dle be-antwoording van
hierdie vraag moet in
die weegskaal
/geplaas ...
60. geplaas word die gebrekkige uitkenningsparade wat die
leemte in die Staatsaak veroorsaak, soos vroeër bespreek is, en die
gevolglike verhoogde gevaar van 'n verkeerde uitkenning van die appellant deur
die klaagster. Op die geheelbeeld van die getuienis
is my gevolgtrekking dat die
genoemde vraag bevestigend ten gunste van die appellant beantwoord moet word.
Gevolglik is dit nie bo
redelike twyfel bewys dat die appellant skuldig is aan
die misdade wat hom ten laste gelê is nie.
Die appèl slaag. Die
appellant se skuldig-bevindings en vonnisse word tersyde gestel.
A.S. BOTHA AR
CILLIé AR
STEM SAAM
HOEXTER AR