S v Molotsi (449/82) [1984] ZASCA 86 (3 September 1984)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Theft — Sentencing — Appellant convicted of theft for stealing clothing and shoes from two stores — Sentenced to four months' imprisonment on each count — Appellant contended that her actions were driven by legitimate need for her children — Court considered personal circumstances but emphasized the prevalence of theft in the area as a significant factor in sentencing — Appeal dismissed, court finding that the sentence was appropriate given the circumstances and the need for deterrence against rising theft rates.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 86
|

|

S v Molotsi (449/82) [1984] ZASCA 86 (3 September 1984)

MCB
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
MARGARET MOLOTSI
Appellante
en
DIE STAAT
Respondent
CORAM : VILJOEN, BOTHA, ARR et SMALBERGER, WAR
VERHOORDATUM
: 24 AUGUSTUS 1984
LEWERINGSDATUM
: 3 SEPTEMBER
1984
UITSPRAAK VILJOEN
, AR
Die appellante het voor 'n addisionele
landdros van Randburg tereggestaan op twee aanklagte van diefstal. Sy het
skuldig gepleit en
op elkeen van die twee aanklagte
is 'n/
2.
is 'n vonnis opgelê van vier maande gevangenisstraf. Teen hierdie
vonnis het sy geappelleer na die Transvaalse Provinsiale Afdeling
van die
Hooggeregshof. Haar appèl is verkeerdelik op die rol geplaas op 'n datum
waarvan haar regsverteenwoordigers geen kennis
ontvang het nie. Daar was
gevolglik geen verskyning namens haar op daardie dag nie. Die hof van
appèl , soos saamgestel vir daardie dag, het nietemin die
appèl oorweeg en het beslis dat omdat daar, volgens die oordeel van
die hof, geen meriete in die appèl is nie dit 'n
verkwisting van tyd sou
wees om dit van die rol te laat verwyder sodat dit later weer op die rol geplaas
kon word en het die appèl
summier afgewys. Met verlof van daardie hof kom
die appellante nou in hoër beroep.
Behalwe/
3.
Behalwe om te benadruk dat die optrede van die hof
uiters onreëlmatig was, is dit nie nodig om verder
iets te sê oor die prosedure wat gevolg is nie.
Die appèl is op die meriete afgewys en die huidige
appel is 'n appèl op die meriete.
Die appellante is daarvan aangekla dat sy van
Woolworths klere ter waarde
van R25,30 gesteel het en
op dieselfde dag van die O K Bazaars twee paar
skoene,
een paar waarvan tennisskoene was, ter waarde van
R14,98 gesteel
het. Op vrae wat aan haar gestel is
deur die landdros ingevolge a 112(1) (b)
van Wet 51 van
1977 nadat sy skuldig gepleit het, het sy verklaar dat
sy by Woolworths
twee kinderbroekies, twee onderhemde,
twee onderbroeke en twee kinderhoedjies
in die self-
bedienings/
4.
bedieningswinkel geneem het, dit in haar drasak geplaas het en die
winkel verlaat het sonder om die prys van R25,30 daarvoor te betaal.
Die klere
was vir haar kinders bedoel. Sy is daarvandaan na die O K Bazaars, ook 'n
selfbedieningswinkel, waar sy die twee paar skoene,
waarvan die prys Rl4,98 was,
geneem, dit in haár drasak geplaas en die winkel daarmee verlaat het
sonder om daarvoor te betaal.
Buite die winkel is sy voorgekeer en daar het die
diefstal wat sy by Woolworths gepleeg het, ook aan die lig gekom. Die hof was
oortuig
dat sy skuldig was aan beide aanklagte en het haar skuldig
bevind.
Die aanklaer het die hof meegedeel dat die beskuldigde geen vorige
veroordelings het nie en die
appellante,/
5.
appellante, wat nie verteenwoordig was nie, het niks
te sê gehad ter versagting van vonnis nie. Op vrae
van die hof het sy die volgende antwoorde, soos genotuleer,
verskaf: "Ek werk te Mexican Restaurant Bryanston.
Ek verdien R80,00 per maand. Ongetroud, twee kinders.
My kinders is in Zeerust".
In sy redes waarom hy 'n vonnis van vier maande
op elke aanklag opgelê het, het die landdros gemeld dat hy al die
persoonlike
omstandighede van die beskuldigde in aanmerking geneem het naamlik
dat sy 27 jaar oud en 'n eerste oortreder is, dat sy ongetroud
is maar twee
kinders het, dat sy 'n vaste betrekking het en R80,00 per maand verdien en dat
haar kinders in Zeerust is. Die feit
dat appellante twee kinders het en hul
moet
onderhou/
6. onderhou, het baie swaar by die hof geweeg, sê
die landdros, maar, meen hy, hulle sal nie haweloos
wees indien sy tronk
toe sou gaan nie want die kinders
is te Zeerust. Die feit dat sy 'n eerste oortreder is,
is wel deeglik deur hom in ag geneem,sê hy, maar hy
was van mening
dat daar wel omstandighede bestaan wat
summiere gevangenisstraf regverdig. Hy
redeneer soos volg:
"7. Appellant is skuldig bevind aan diefstal. Diefstal is die gemeenregtelike
misdaad wat die meeste in hierdie distrik voorkom. Hierdie
misdaad is ook aan
die toeneem. Om tussen 6 tot 10 diefstalsake vir een dag op die rol te hê,
is niks ongewoons nie. Dit is
veral die sogenaamde winkeldiefstalle wat kommer
wek. Ongeag ernstige waar-skuwings dat eerste oortreders summiere
gevangenisstraf
opgelê sal word in gepaste gevalle, neem die misdaad nie
af nie, inteendeel elke dag hoor die hof van nuwe metodes, wat gevolg
word. In
die geval van klein winkeldiefstalle word boetes, wat binne die vermoë van
die beskuldigde is, opgelê."
Die/....
7.
Die landdros meld dan dat die hof bewus is
van die Staat teen Pillay 1968(3) SA 21 (N) en gaan voort:
"8. Die feit dat 'n misdaad baie in die distrik voorkom moet ook nie
oorbeklemtoon word nie. Hierdie aspek moet saam met al die ander
omstandighede
beoordeel word. Die vraag of veelvuldigheid 'n verswarende faktor is, hang
uitsluitend af van die soort misdaad en
van die omstandighede -S vs Seegers
1970(2) SA 506(A) op 511C.
9. Dát versoeking 'n rol speel by winkeldiefstal is ook al meermale
bevind - Staat vs Adams 1968(2) PH H 239.
10. Appellant het goedere ter waarde van R14,98
by O K Bazaars Randburg gesteel. Hier eindig haar optrede nie, dieselfde dag
gaan sy na Woolworths Randburg en steel goedere ter waarde
van R25,30. In die
Pillaysaak supra, word na die klein winkeldiefstalle verwys. In sulke sake is
die waarde gewoonlik min, maar dit
is nie van toepassing in appellant se saak
nie. Appellant se optrede is 'n aspek wat in aanmerking geneem moet word by
vonnisoplegging.
Die hof verwys na die
saak/
8.
saak van R. vs. Motlagomang 1958(1) SA 626(T) waar die geleerde regter die
volgende gesê het: "The court is entitled to take
into account the degree
of deliberation
shown by the offender the fundamental
rule of criminal judicature is that the measure of punishment should be in
proportion to the malignity appearing in the intention
of the offender."
Die feit dat appellant moontlik in 'n ver-soeking was in die winkels is ook deur
die hof in aanmerking geneem. Die feit dat sy egter
van een winkel na 'n ander
gestap het is duidelik dat sy daarop uit was om te steel. Hierdie tipe van
optrede kom meer en meer voor.
11. Die feit dat appellant in 'n vertrouens-
posisie was, is ook deur die hof
oorweeg
- Staat teen Muvanga 1975(2) SA bls 83
(S w A) Die hof tref nogtans 'n onderskeid tussen hierdie tipe van
vertrouensposisie en die geval van die werkgewer en werknemer
posisie.
Laasgenoemde geval is meer verswarend as eersgenoemde.
12. Dat
selfbedieningswinkels groot bedrae
skade/
9.
skade ly as gevolg van winkeldiefstalle is bekend. Dit is dan ook in
openbare belang dat die howe streng moet optree teen sodanige
oortreders. Die
hof wil ook verwys na die beslissing van Staat vs. Alfred Malatje T.P.D. N CA 12
gedateer 6 Maart 1978 - ongerapporteer.
Alhoewel in hierdie saak 'n motor
gesteel is en dit op sigself 'n ernstige misdaad is, is die opmerkings. van die
regter nogtans
van toe-passing sover dit vonnis aangaan en is dit deur hierdie
hof oorweeg. Die geleerde regter merk soos volg op: "Now a period
of four years
imprisonment represents a very severe sentence, but the theft of motor cars has
reached such pro-portions, and is in
a sense of such gravity, that the time has
come to deter it by heavy sentences. That was the approach of the magistrate in
the court
below, and we cannot say that he was wrong. The sentence is a severe
one, as I have indicated, but it is certainly not so out of
line with the
sentence that this court would have deemed appropriate as to justify us in
interfering in any way with the exercise
by the magistrate of his
discretion."
13. Die/
10.
13. Die oplegging van 'n boetestraf en 'n opgeskorte vonnis was deur die hof
oorweeg maar weens bogenoemde rede het die hof besluit
dat summiere
gevangenis-straf in die omstandighede 'n gepaste vonnis is. Laastens wil die hof
net opmerk dat al appellant se persoonlike
omstandig-hede ernstig in oorweging
geneem was."
Addisionele gronde van appèl is later bygevoeg
wat deur die
landdros uiteengesit is en waarmee hy soos
volg gehandel het:
"2. Paragraaf 1:
"That the Learned Magistrate erred by not giving due consideration to the
fact that the motive for the Appellant's actions
in casu
was not "base
dishonesty" but rather legitimate material need." Appellant het die hof
meegedeel dat sy die kinderklere vir haar kinders
gesteel het. Die skoene het sy
vir haarself geneem. Al-hoewel die hof die babaklere as noodsaaklike middele kan
beskou, kan dieselfde
nie gesê word van die twee paar skoene nie. Twee
paar skoene vir dieselfde persoon kan nie
as/
11.
as noodsaaklik beskou word nie. Voordat die hof vonnis gevel het, was
die hof bewus van die feit dat sy twee kinders het en dat sy
die klere vir hul
gesteel het. Appellant verdien R80,00 per maand. Inag-nemend wat die gemiddelde
swarte wat daagliks voor die hof
verskyn, verdien, is dit 'n redelike salaris en
kon sy vir die goedere dalk betaal het. Die feit dat sy by twee winkels gesteel
het,
is reeds mee afgehandel. Sedert die hof sy redes vir vonnis verskaf het,
het die redes in die saak van S V. Dieter Gross 1982(1)
SA bls 593 tot die hof
se kennis gekom. 'n Persoon kan in 'n oomblik van swakheid iets uit 'n winkel
neem en verder kan hierdie swakheid
veroorsaak gewees het as gevolg van die
aanloklike wyse van uitstalling van verkoopsgoedere. In die saak tans onder
bespreking, het
die appellant van een winkel na 'n ander gegaan. Sy het tog
sekerlik besef dat sy besig is om te steel en kon tot besinning gekom
het
voordat sy by die tweede winkel gaan steel het. Haar optrede word as oneerlik
deur hierdie hof beskou. Dit was geensins nodig
vir haar om twee paar skoene te
steel nie.
3. Paragraaf 2/
12.
3. Paragraaf 2;
"That the Learned Magistrate misdirected himself in attaching too much weight to
the apparently high incidence of this type of crime
in that area and too little
weight to the personal circumstances of the Appellant, to such a degree that the
disparity is startlingly
inappropriate."
Die hof het die veelvuldigheid van die misdaad in die distrik en die persoonlike
omstandig-hede van die appellant oorweeg. Die hof
het nie een van hierdie
aspekte oorbeklemtoon nie. Hierdie tipe van misdaad neem egter sulke afmetings
aan, dat die hof in die toekoms
gevangenisstraf sonder die keuse van 'n boete
selfs vir persone wat by een winkel steel, sal moet oorweeg. Soos reeds gemeld
was
sodanige vonnis al voorheen deur die Transvaalse Afdeling van die
Hooggeregs-hof op appèl bekragtig.
4. . Paragraaf 3;
"That the Learned Magistrate overlooked the fact that "there is no rule that
states that the type of theft categorized as "shoplifting"
should be punished
more severely than other forms of theft." Alhoewel die hof na winkeldiefstal
verwys en spesifiek met die tipe
van diefstal
handel/
13.
handel, het die hof nooit uit die oog verloor dat dit steeds diefstal is nie.
Winkeldiefstal word nie deur die hof uitgelig bokant
ander tipes van diefstal
nie, maar as daar gekyk word na die optredes van persone wat uit winkels steel,
behels dit elemente wat
nie by ander soorte van diefstalle voorkom nie. Die hof
behandel elke diefstalsaak op sy eie meriete.
5. Die hof is steeds van mening dat die vonnis gepas en redelik is in die
omstandighede."
Ondanks die oorwegings in paragrawe 8 en 9 van
sy eerste stel.redes
waarteen die landdros homself gewaar-
sku het naamlik dat 'n hoë
voorkoms-insidensie van 'n
besondere soort misdaad in 'n bepaalde omgewing
nie oor-
beklemtoon moet word nie en dat versoeking by winkeldief-
stalle
'n rol speel, lê hy tog in paragraaf 7 klem daarop
dat diefstal die
gemeenregtelike misdaad is wat die meeste
in die distrik voorkom en verwys hy
na die getal diefstal-
sake/.....
14.
sake wat op een dag op die rol verskyn waaronder hy die sogenaamde
winkeldiefstalle uitsonder as oor-tredings wat besonder kommer
wek.
Om slegs
die toename in aanmerking te neem sonder om dit in perspektief te sien met ander
faktore soos die toename van die bevolking
in die gebied en ander omstandighede
soos hoë inflasie-koste, onvoldoende be-soldiging om in noodsaaklike
lewensbehoeftes te
voorsien, werkloosheid, ens., is 'n eensydige siening van
sake. Daar mag nuwe metodes aangewend word deur vindingryke diewe maar
om daarna
te verwys in die omstandighede van die appellante se geval is na my oordeel nie
geregverdig nie. Sy het nog maar die ou
metode toegepas om die gesteelde goed in
haar drasak weg te steek. Waarom die
landdros/
15.
landdros na die geval van Malatje verwys, begryp ek nie.
As die landdros daarmee wou te kenne gee dat waar die
pleging van 'n misdaad sodanige afmetings aanneem en so
ernstig is dat voornemende oortreders alleen afgeskrik
sal word deur gevangesetting sonder enige ander keuse,
dan moes die landdros na gesag gesoek het wat oor 'n meer
vergelykbare oortreding as motordiefstal handel. Daar
is talle gewysdes waarin die oorwegings wat geld in gevalle
van diefstalle
uit winkels en selfbedieningswinkels
spesifiek uiteengesit is waaronder sake soos
5 v Gool,
1972(1) SA 455(N);
S v Moraka
, 1973(3) SA 658(K);
S v
Sakabula
, 1975(3) SA 784(K);
S v Zungu
, 1981(1)SA 904(N)
genoem
kan word wat hy skynbaar nie oorweeg het nie.
Die passasie wat die landdros
aanhaal uit
Motlagomang
se saak is ook nie van toepassing op die
onderhawige
saak nie. Dit het in daardie saak gegaan om die uittarting
van/
16.
van gesag deur 'n aantal vroue wat opsetlik en kwaad-
willig hulle bewysboeke verbrand het. Die appel
was teen die boete wat opgelê is en die
dictum
waarna die landdros verwys, is in daardie samehang
gebesig wat terloops daarop dui dat dit nie alleen
gevangenisstraf is wat die vereistes van afskrikking en
vergelding bevredig nie maar dat ander strawwe dit ook
kan doen, soos ingesien is deur Snyman R in S v
Fitswana,
1974(1) SA 479 (T) waar hy op 480 D, verwysende na 'n
dictum
in
R v Karg
,
1961 (1) SA 231(A)
dat die natuurlike
verontwaardiging van
belanghebbende persone erken moet
word, gesê het:
"It does not say that such recognition requires prison sentences, it deals
with the severity of sentences - not the type of sentence".
Die/
17.
Die ondersteuning wat die landdros gevind het in Dieter Gross en
Marvi
s Ma
s
eko
se sake waar gevangenis-straf wat vir eerste
oortreders opgelê was, op appèl bekragtig is, het ook gedeeltelik
weggeval
toe die
appèl in Diete
r Gross
se saak in hierdie hof
geslaag het, soos blyk uit die verslag daarvan in 1982(1) SA 593.
Dat daar 'n
mate van voorbedagtheid bestaan het by die appellante en dat sy ook 'n tweede
winkel ingestap het en haar dieftige optrede
daar herhaal het, is onbe-twisbaar.
Die versoeking om by 'n selfbedieningswinkel te steel kan egter ook voortspruit
uit die stelsel
self. Dit sou meer versagtend wees as 'n voornemende koper,
terwyl hy of sy in die winkel is, oorval word deur 'n
skielike/
18.
skielike versoeking maar selfbedieningswinkels is 'n algemene
verskynsel vandag en die stelsel wat in sodanige winkels geld, (wat
goed bekend
is aan die publiek), kan op sigself versoeking in die hand werk. Sukses by een
winkel kan die versoeking verskerp om
ook by 'n ander winkel te probeer. Daar is
na my mening te veel klem deur die landdros op die beplanningsaspek en die
herhaling van
die diefstal by 'n tweede winkel gelê. Die landdros het ook
gewag gemaak van die vertrouens-posisie waarin die appellante verkeer
het. Hy
bedoel vermoedelik die geleentheid wat 'n klant het om self, sonder tussenkoms,
hulp of toesig van 'n winkelassistent, goedere
uit te kies en te neem om dan
daarvoor by 'n betaalpunt te betaal. Tereg het die landdros hierdie
verhouding/
19.
verhouding onderskei van die vertrouensposisie waarin 'n werknemer wat
in beheer gestel word van die werk-gewer se goedere, verkeer.
Die sogenoemde
vertrouens-posisie wat geld by 'n selfbedieningswinkel hang egter saam met die
hele stelsel van handeldryf wat by
'n selfbedieningswinkel geld en om dit as 'n
afsonderlike faktor te oorweeg is om onnodig klem daarop te lê.
Waar die landdros die verswaringselemente waarna
ek hierbo verwys het,
beklemtoon het, en na my oordeel
oorbeklemtoon het, het hy die persoonlike
omstandighede
na my oordeel óf onderbeklemtoon óf tot
gevolgtrekkings
geraak wat nie geregverdig was op grond van die
karige
gegewens wat hy ingewin het deur 'n gebrekkige ondersoek
nie.
Die/
20.
Die appellante was nie verteenwoordig nie en hoewel, soos blyk uit die
notule van die verrigtinge, die landdros self ondersoek ingestel
het na die
persoonlike omstandighede van die appellante, was dit 'n uiters oppervlakkige
ondersoek. Die landdros het vasgestel dat
sy R80,00 verdien maar geen ondersoek
is ingestel na haar geldelike verpligtinge nie byvoorbeeld of aan haar
huisvesting voorsien
word dan wel of sy vir huisvesting moet betaal nie. Die
landdros meen in sy addisionele redes dat R80,00 'n redelike salaris is "en
kon
sy dalk vir die goedere betaal het". Op grond waarvan het die landdros bevind
dat dit 'n redelike salaris is? Dit kom vir my
voor 'n uiters karige salaris te
wees in hierdie tyd van inflasie en hoë lewensduurte. Die
gebruik/.....
21 . gebruik van die woord "dalk" dui aan dat die landdros
self nie seker was of sy wel in die vermoë was om vir
die goedere te betaal nie. Hy het ook bevind dat die
kinders nie haweloos sal wees solank die appellante
gevangenisstraf moet uitdien nie. Die omstandighede
waaronder die kinders
op Zeerust verkeer is glad nie
deur die landdros ondersoek nie. Dit is
moontlik en
selfs waarskynlik dat, soos dikwels die geval is, die
kinders deur 'n
familielid in die Swart gebied versorg
word terwyl die moeder in die stad
werk om in haar en
die kinders se materiële behoeftes te voorsien.
Die
feit dat sy klere vir die kinders in die winkel geneem
het bewys dat
sy ten minste in die kinders se klere-
behoeftes voorsien het. As 'n
behoorlike ondersoek ingestel
is, kon/
22.
is, kon dit blyk dat sy ook geld moes gestuur het
aan die persoon wat die kinders versorg het. Ek wil
my in hierdie verband
vereenselwig met wat r Van den
Heever in die saak van
S v Seru
mala
1978(4) SA 811 (NK)
op 815 A-B gesê het:
"Dit is miskien nodig om hier te beklemtoon dat die bepalings van art 112 (1)
(b) van Wet 51 van 1977 bedoel is om getuienis (en daardeur
onnodige koste) uit
te skakel. Die bedoeling is sekerlik nie om van 'n verhoor 'n blote formaliteit
te maak waar 'n aangeklaagde
skuldig pleit nie. Die voorsittende regterlike
amptenaar moet nog steeds - nou miskien meer en veral in gevalle waar swaar
vonnisse
moontlik is - sorg dra dat voldoende inligting aan hom voorgelê
word om hom in staat te stel om behoorlik te doen wat tereg
beskryf is as-"the
extremely difficult task of attempting to let the punishment fit the crime and
the criminal and to serve the interests
of society in such a manner as to
achieve an approximation to the desirable harmonisation of the deterrent,
preventive, reformative
and retributive objects
of/
23.
of punishment
(
Shangase
se saak supra op 422)."
Kyk ook
S v Moraka
1973(3) SA 658(K) 660 D-G.
Uit hoofde van die misvattings waarna hierbo
verwys is, kan hierdie hof ingryp en die vonnis tersyde
stel. Die vraag ontstaan of onder hierdie omstandighede
hierdie hof self 'n ander vonnis moet oplê of die saak
moet
terugverwys na die landdros vir 'n behoorlike
ondersoek na die persoonlike
omstandighede van die
appellante en die oplegging van 'n gepaste vonnis.
Met
die oog op die belangrikste grond waarop hierdie appel
geslaag het
naamlik die gebrekkige ondersoek wat deur
die landdros ingestel is na haar
persoonlike omstandighede
sou dit miskien wenslik wees om die saak terug
te
verwys om die landdros in staat te stel om 'n behoorlike
ondersoek/
24.
ondersoek te doen.. Vanweë die lang tyd wat reeds verloop het,
egter, en die spanning en koste wat noodwendig gepaard sal gaan
met nog 'n
verdere proses waar die saak al reeds deur drie howe gegaan het, is dit
onwenslik om die saak terug te stuur. Die vraag
bly egter wat 'n gepaste vonnis
is indien hierdie hof self 'n ander vonnis sou oplê. 'n Algehele
opgeskorte vonnis van gevangenisstraf
sou nie die gewenste
afskrikkings-uitwerking hê nie. 'n Voor-die-handliggende alternatief is 'n
boetevonnis met 'n termyn van
gevangenisstraf daaraan toegevoeg wat sy dan by
wanbetaling sou moet uitdien plus 'n verdere termyn opgeskort op sekere
voorwaardes.
Hierdie hof weet egter nie wat haar vermoë is om 'n boete te
kan betaal nie en 'n aanvaarding dat sy wel 'n
boete/
25.
boete kan betaal, sou onbestaanbaar wees met 'n veronderstelling dat
sy uit geldnood die goedere in die winkels geneem het. Dit is
egter nie
onmoontlik dat sy geldelik gehelp kan word deur iemand wat vir haar die geld sal
voorskiet nie en die oplegging van 'n
boete sal haar in elk geval, hoewel
miskien 'n ontbering, tog die geleentheid bied om uit die gevangenis te bly en
terselfdertyd as
afskrikking dien vir haar en andere. (Kyk
R v Motlagomang
and others,
1958(1) SA 626(T) 630 A-B).
Na deeglike oorweging van al die
omstandighede sal, na my oordeel, die volgende vonnis 'n gepaste wees naamlik,
op elke aanklag 'n
boete van R40,00 of 1 maand gevangenisstraf plus 3 maande
gevangenisstraf opgeskort
vir/
26.
vir vyf jaar vanaf die datum van vonnisoplegging
in die landdroshof tw 30 November 1981 op voorwaarde
dat in daardie tydperk die appellante nie 'n oortreding
begaan van diefstal of bedrog waaraan sy skuldig
bevind word nie.
Die appèl slaag dus en dit word gelas dat
in die plek van die vonnis deur die landdros opgelê
die volgende
vonnis gestel word:
"Op elke aanklag 'n boete van R40,00 of 1 maand gevangenisstraf plus 3 maande
gevangenisstraf opgeskort vir 'n tydperk van vyf jaar
vanaf 30 November 1981 op
voorwaarde dat die beskuldigde nie in hierdie tydperk 'n oortreding begaan van
diefstal of bedrog waaraan
sy skuldig bevind word nie."
APPèLREGTER
Botha AR)
- Stem saam Smalberger WAR)