About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2011
>>
[2011] ZANCHC 25
|
|
S v Mothomme and Another (K/S 7/2011) [2011] ZANCHC 25 (1 September 2011)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë Hof, Kimberley)
Saak
No: K/S 7/2011
Datum
gelewer: /09/2011
In
die saak tussen:
Die
Staat
en
O D
Mothomme
.....................................................
1ste
Beskuldigde
B A
Mohale
.............................................................
2de
Beskuldigde
UITSPRAAK
Olivier
R:
Die
twee beskuldigdes, mnre Obakeng Donald Mothomme en Boitumelo Anthony
Mohale, is skuldig bevind op twee aanklagte. Aanklag
1 is dié
van die moord op mnr Derrick Daniël Reid. Aanklag 2 is een van
poging tot moord, op die klaer mnr Adam Pampier.
Die betrokke
misdade is gedurende die nag van 19 tot 20 November 2010 in
Galeshewe gepleeg.
Mnr
Mothomme was tydens die pleging van die misdade 19 jaar oud. Hy het
in Mei 2010 19 jaar oud geword en die misdade is, soos
reeds gemeld,
in November 2010 gepleeg. Mnr Mohale was tydens die pleging van die
misdade 21 jaar oud en is tans 22 jaar oud.
Nie
een van hulle het ‘n vorige veroordeling van moord nie. Dit
beteken dat beide van hulle vir die moord blootstaan aan
‘n
voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf, ingevolge Wet 105
van 1997.
Die
Hof sal slegs van hierdie voorgeskrewe vonnis kan afwyk, wat betref
die moord, indien daar bevind sou kon word dat daar wesenlike
en
dwingende omstandighede is wat so ‘n afwyking sou regverdig.
Dit sal egter nie ligtelik gebeur nie, en die bedoeling
van die
Wetgewer is dat as ‘n reël die voorgeskrewe vonnis opgelê
sal word.
Sou
daar bevind word dat daar geen wesenlike en dwingende omstandighede
is wat ‘n afwyking regverdig nie, sal niks natuurlik
in die
Hof se pad staan om ‘n swaarder vonnis op te lê as die
voorgeskrewe vonnis van 15 jaar gevangenisstraf nie.
In
die ondersoek na die bestaan van sulke wesenlike en dwingende
omstandighede, en ook ten aansien van die oorweging van die vonnisse
op die gemelde klagtes in die algemeen, kyk die Hof na die erns en
omstandighede van die misdade, na die beskuldigdes se persoonlike
omstandighede en na die belange van die gemeenskap. By die oorweging
van hierdie faktore hou die Hof deurentyd die oogmerke van
vonnis,
naamlik afskrikking, rehabilitasie, voorkoming en vergelding voor
oë.
Ek
handel eers met die omstandighede van die moord. Die oorledene was
ten tye van sy dood ‘n 25-jarige student in sy finale
jaar van
‘n kursus in ingenieurswese aan die Moremogolo Kollege hier in
Kimberley. Hy was ongetroud en het gelukkig geen
afhanklikes gehad
nie. Dit blyk uit die getuienis van sy moeder dat sy dood vir haar
‘n geweldige verlies was. Dit is duidelik
uit haar emosionele
toestand selfs nou nog wanneer sy oor hom praat. Hy sou egter
finansieel ook vir haar bygestaan het, en ook
vir sy ouma, en
hierdie vooruitsig het hulle ook verloor. Hy het alreeds ‘n
werksaanbod gehad ten tye van sy dood, en blykbaar
ook ander
moontlikhede van werk elders.
Die
oorledene is nie minder nie as 14 steekwonde toegedien. Vier van
hulle was in die rug van die oorledene, drie in sy nek en
sewe in sy
buik. Dit beteken dat van die steekwonde duidelik ook van agter
toegedien moes gewees het. ‘n Mens weet egter
nie hoe die
oorledene se liggaam op daardie stadium was nie. Hy mag gebukkend
gewees het of selfs gelê het. Die oorledene
het verder
kneusings van sy brein opgedoen tydens die voorval. Die getuienis
was dat hy tot so ‘n mate onder die invloed
van drank was, dat
hy homself nie sou kon verdedig het nie.
Wat
betref die poging tot moord, is die klaer mnr Pampier 25 jaar oud.
Hy is ongetroud, maar het ‘n 4-jarige dogter.
Die
beskuldigdes het mnr Papier in die omgewing van 50 steek- en
snywonde toegedien. In die proses is sy lugpyp oopgesny. Hy het
ook
stompgeweldbeserings opgedoen, waaronder ‘n ingedrewe
skedefraktuur. Net hoe ernstig mnr Pampier se beserings was,
blyk
uit die feit dat hy vir ‘n periode van 3 weke bewusteloos was,
en ‘n volle maand in die hospitaal deurgebring
het.
Mnr
Pampier het ten tye van die voorval gewerk, en het ‘n inkomste
van R500,00 per week verdien. Daarmee het hy bygedra
tot die
onderhoud van sy kind. Die gevolg van die aanval is dat hy glad nie
meer swaar arbeid kan verrig nie, en tans werkloos
is. Hy ontvang
inteendeel ‘n ongeskiktheids-pensioen, waarmee hy nou maar tot
sy kind se onderhoud moet bydra.
Dit
blyk dat ‘n woordewisseling tussen die beskuldigdes, of dan
meer spesifiek mnr Mohale, en die oorledene gelei het tot
hierdie
uiters ernstige aanvalle op die oorledene en op mnr Pampier. Dit
blyk dat die oorledene teenoor die twee beskuldigdes
opgemerk het
dat hy weet of gesien het wat hulle gedoen het. Beskuldigde 2 is die
een wat reageer het en met die oorledene in
die woordewisseling
betrokke geraak het, maar die oorledene se opmerking was
klaarblyklik aan altwee van hulle gerig.
Dit
spreek vanself – en dit is ook so aan die hand gedoen deur me
Mabaso namens die vervolging - dat ‘n beskaafde
gemeenskap
daarop geregtig is om beskerm te word teen aanvalle en geweldpleging
soos hierdie. Dit is ook hierdie Hof se plig
om, in die vonnisse wat
vir sulke optrede opgelê word, ‘n boodskap uit te stuur
aan voornemende oortreders dat dit
nie geduld sal word nie.
Mnr
Mothomme was nog relatief jeugdig ten tye van die voorval. Ek is
voorsien van ‘n proefbeampteverslag ten aansien van
mnr
Mothomme. Nêrens daarin word die opinie uitgespreek dat mnr
Mothomme tydens die misdade nog onvolwasse was, of dat
sy ouderdom
‘n rol gespeel het in die misdade, nie. Dit is egter so dat hy
nog in graad 10 op skool was. Hy sou, soos wat
mnr Schreuder ook
namens hom aan die hand gedoen het, daagliks in die geselskap en
omgewing gewees het van ander, moontlik jonger,
graad 10 skoliere.
Mnr
Mothomme is ‘n algehele eerste oortreder. Hy is die tweede van
3 kinders, en kom oënskynlik uit ‘n stabiele
huishouding,
waar sy vader werk en sy moeder ‘n huisvrou is. Sy
skoolloopbaan is in graad 10 onderbreek deur sy arrestasie
op
hierdie aanklagte. Hy is ongetroud en het geen afhanklikes nie.
Mnr
Mothomme het teenoor die proefbeampte, wat die Hof voorsien het van
‘n verslag ten aansien van hom met die oog op vonnis,
aangevoer dat hy berou het vir die misdade en daarvoor
verantwoordelikheid aanvaar. Dit moet ook gesien word teen die
agtergrond
daarvan dat mnr Mothomme op die aanklagte skuldig gepleit
het. Hy het egter aangevoer het dat hy in selfverdediging opgetree
het toe die oorledene aangeval is en ontken dat hy die opset gehad
het om enige van die oorledene of die klaer te dood. Pleite
van
onskuldig is toe vir hom aangeteken. Mnr Schreuder het egter
aangevoer dat dit wys dat mnr Mothomme op daardie stadium, en
by
gebreke aan regskennis, gevoel het, en erken het, dat hy skuldig was
aan hierdie misdade. Dit mag op die oog af na ‘n
geldige
submissie lyk. Hierteenoor moet egter opgeweeg word die feit dat dit
uit die getuienis geblyk dat mnr Mothomme duidelik
gepoog het om sy
aandeel in die misdade te verbloem, deur sy bebloede skoene te was
en hulle daarna vir iemand te gee om weg
te neem. Hy het ook nie,
soos wat mnr Mohale in sy pleitverduideliking gedoen het en vir
sover hy dan op selfverdediging wou
steun, erken dat hy die perke
daarvan oorskry het en dat hy wel die opset om te dood gehad het
nie.
Daar
is ‘n verskil tussen ware berou oor wat ‘n mens gedoen
het, aan die een kant, en berou bloot omdat ‘n mens
nou in die
moeilikheid is daaroor. Ek verwys in hierdie verband na
S v
Matyityi
[2010] 2 All SA 424
(SCA) para [13]. Dat hy nou bereid
is om, soos wat die proefbeampte dit stel, verantwoordelikheid te
aanvaar vir hierdie misdade,
mag egter tog aanduidend wees van ‘n
laat ontstaan van opregte berou.
Mnr
Mothomme het ook teenoor die proefbeampte aangevoer dat hy ten tye
van die voorval onder die invloed van drank was. Die inhoud
van die
verslag was gemenesaak tussen die partye. Ook dit sal ek dus in sy
guns aanvaar, alhoewel daar natuurlik geen ander getuienis
tot
hierdie effek was nie. Tot watter mate hy sodanig onder die invloed
was, en presies watter rol dit dus behoort te speel by
die oorweging
van sy vonnisse, is egter onseker.
Beskuldigde
2, mnr Mohale, het wel vorige veroordelings. Hy is in 2006 skuldig
bevind aan huisbraak met die opset om te steel
en diefstal. In 2008
is hy skuldig bevind aan ‘n dwelmoortreding, klaarblyklik die
besit van dagga. Beide hierdie vorige
veroordelings is onverwant aan
dit waaraan hy nou skuldig bevind is. Hulle het ook geen geweld
behels nie. Ek neem verder in
ag dat mnr Mohale ten tye van daardie
misdade nog maar jonk moes gewees het. Die feit is egter dat hy
duidelik nie ‘n eerste
kennismaker met die gereg is nie.
Wat
betref die kwessie van berou, is dit so dat mnr Mohale skuldig
gepleit het. Hy het ook in sy pleitverklaring gesê dat
hy
berou het. Hy het die voorval aan sy moeder rapporteer, wat dit weer
aan die polisie rapporteer het. Dit blyk dat mnr Mohale
te alle tye
met die polisie saamgewerk het, en onder andere ‘n bekentenis
afgelê het.
Dit
is so dat die feitelike inhoud van sy verklaring ingevolge art 112
(2) van die Strafproseswet nie deur die aanklaer aanvaar
is nie. Dit
is ook in sekere opsigte deur die getuienis wat ek aanvaar het,
weerspreek. Daardie weersprekings het hoofsaaklik
gehandel oor die
vraag of die twee beskuldigdes alleen die aanvallers op die
oorledene en mnr Pampier was, en of daar inderdaad
ook nog ander
persone by hulle was en saam met hulle deelgeneem het daaraan, oor
die vraag of die oorledene en mnr Pampier met
bottels gewapen was en
oor die vraag of die oorledene vir mnr Mothomme met ‘n bottel
gekap het. Dit doen egter nie noodwendig
afbreuk daaraan dat mnr
Mohale, anders as mnr Mothomme, van meet af aan erken het dat hy by
die aanvalle betrokke was, dat sy
handelinge wederregtelik was en
dat hy die opset gehad het om die oorledene en mnr Pampier te dood
nie.
Mnr
Mohale het ook in sy pleitverklaring gesê dat hy ten tye van
die voorval onder die invloed van drank was. Dit is nooit
in
getuienis weerspreek nie en ek sal dit dus in sy guns in ag neem.
Wat
betref die aanklag van moord, het ek na baie versigtige oorweging,
en ten spyte van die ooglopende wrede en volgehoue aanval
waaraan
die oorledene onderwerp is, besluit dat daar tog wesenlike en
dwingende omstandighede bestaan wat ‘n afwyking van
die
voorgeskrewe vonnis sou regverdig, en wat moontlik die voorgeskrewe
vonnis tog tot ‘n mate buite verhouding met die
misdaad sou
maak. Na my oordeel is daardie omstandighede geleë in die
invloed van drank, die provokasie wat die voorafgaande
woordewisseling daar moes gestel het, moontlik meer so in die geval
van mnr Mohale die berou aan die kant van die beskuldigdes,
en dan
weer veral aan die kant van mnr Mohale, mnr Mothomme se relatiewe
jeugdigheid ten tye van die pleging van die misdaad
en veral die
feit dat hy nog op skool was, die feit dat mnr Mothomme ‘n
algehele eerste oortreder is en, laastens, die
feit dat beide die
beskuldigdes nou alreeds 9 maande verhoorafwagtend in hegtenis
verkeer.
Geen
ander vonnis as direkte gevangenisstraf sal ten aansien van enige
van die twee beskuldigdes, of ten aansien van enige van
die twee
misdade, gepas wees nie, en dit is ook namens hulle toegegee nie.
Die
vraag is vervolgens of daar, by die oorweging van die termyne van
sodanige gevangenisstraf, ‘n onderskeid getref behoort
te word
tussen mnre Mothomme en Mohale. Daar is geen getuienis dat hulle nie
gelyke aandele in die misdade gehad het nie. Die
ouderdomme van die
twee beskuldigdes is redelik naby aanmekaar en daar bestaan, op die
getuienis voor my, maar weinig rede om
op hierdie basis tussen hulle
te onderskei nie. Dit is so dat mnr Mohale die een is wat sekere
vorige veroordelings het, maar
aan die ander kant is hy weer die een
wat reg van die begin af berou getoon het en wat direk betrokke was
in die woordewisseling
met die oorledene. Na my oordeel is daar geen
basis vir die tref van ‘n onderskeid tussen die twee
beskuldigdes wanneer
dit kom by die oorweging van die termyne van
gevangenisstraf nie.
Ek
sal sover regtens moontlik genadig wees teenoor die twee
beskuldigdes, maar ek mag steeds nie die belange van die gemeenskap
in stewige vonnisse vir misdade soos hierdie uit die oog verloor
nie.
Ek
is van voorneme om die kumulatiewe effek van die vonnisse op die
twee aanklagte in die geval van beide die beskuldigdes aan
te spreek
deur te gelas dat hulle gedeeltelik saam uitgedien word. Inaggenome
die termyne van gevangenisstraf wat ek van voorneme
is om op te lê,
sou dit geen doel hoegenaamd dien om enige gedeelte daarvan op te
skort nie.
Geeneen
van die twee beskuldigdes beskik oor enige permit om ‘n
vuurwapen of ammunisie te besit nie, of oor enige vuurwapen
of
ammunisie nie. Daar is nie ten aansien van enige van hulle enige
redes aan my voorgehou waarom hulle nie onbevoeg behoort
te wees om
vuurwapens of ammunisie te besit nie. Die outomatiese gevolg van
hulle skuldigbevindings en vonnisse is dat hulle
in elk geval geag
word sodanig onbevoeg te wees, en ek is dus nie van voorneme om
enige bevel tot die teendeel te maak nie.
Beide
mnre Mothomme en Mohale word soos volg gevonnis:
Op
die aanklag van moord, aanklag 1, word u gevonnis tot 14 jaar
gevangenisstraf.
Op
aanklag twee, dié poging tot moord, word u gevonnis tot 12
jaar gevangenisstraf.
Dit
word gelas dat ses jaar van die vonnis van 12 jaar gevangenisstraf
op die aanklag van poging tot moord samelopend uitgedien
sal word
met die vonnis van 14 jaar gevangenisstraf op die aanklag van
moord, wat beteken dat u beide gevonnis word tot ‘n
effektiewe gevangenisstraf termyn van 20 jaar.
_____________________
C J
OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms die Staat:
Adv J Mabaso
Namens: Direkteur
van Openbare Vervolgings, Kimberley
Nms Beskuldigde
1: Adv J Schreuder
Nms Beskuldigde
2: Mnr P Fourie
Namens:
Regshulpsentrum, Kimberley