About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2011
>>
[2011] ZANCHC 11
|
|
Kammies v S (CA&R 98/10) [2011] ZANCHC 11 (1 July 2011)
Rapporteerbaar
YES / NO
Sirkuleer aan Regters YES / NO
Sirkuleer aan
Landdroste: YES / NO
Sirkuleer aan Streeklanddroste: YES / NO
IN DIE HOË
HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saakno: CA&R 98/10
Datum verhoor: 13 Junie 2011
Datum gelewer: 01 Julie 2011
STEVEN KAMMIES
….............................................
APPELLANT
en
DIE STAAT
….......................................................
RESPONDENT
CORAM
: OLIVIER R
et HENRIQUES WNR
UITSPRAAK
HENRIQUES WnR
Die appellant is op 23 Junie 2010 skuldig bevind op die
volgende twee aanklagte:
‘
n Oortreding van artikel
65(2)(a) van Wet 93 van 1996 (‘
die
Wet
’)
deurdat hy ‘n motorvoertuig bestuur het op 30 Oktober 2009
terwyl die konsentrasie alkohol in sy bloed 0.17 g/100 ml
was;
‘
n Oortreding van artikel
65(1)(a) van die Wet deurdat hy op 26 Februarie 2010 ‘n
motorvoertuig bestuur het terwyl hy onder
die invloed van sterk
drank was.
Vir doeleindes van vonnis is altwee klagtes saamgeneem
en is die appellant gevonnis tot ‘n boete van R50 000,00
of
sestig maande gevangenisstraf waarvan R25 000,00 of dertig
maande gevangenisstraf voorwaardelik opgeskort is.
Verlof tot appel is deur hierdie hof aan die appellant
verleen op 26 Oktober 2010 om teen sy opgelegde vonnis te appelleer
nadat
sy aansoek deur die verhoorhof van die hand gewys is op 12
Augustus 2010.
Die appellant het skuldig gepleit op beide die
aanklagte. Volgens sy pleitverduideliking het hy die volgende
feitebasis voor die
Hof geplaas wat deur die aanklaer aanvaar is:
“
Ek,
die ondergetekende, STEVEN KAMMIES verklaar hiermee onder eed as
volg:
1. ......
2. ......
3. Ten opsigte van klagte 1
verklaar ek dat ek op of ongeveer 30 Oktober 2009 geld getrek het by
Standard Bank te Petrusville om
‘n boete by die SAPD stasie te
betaal.
4. Toe ek by die SAPD stasie
kom, het lede van die SAPD aan my gesê dat ek onder die invloed
van drank is en my bloed is getrek.
Ek het vroeër dié dag
twee rums en twee Heinekens by ‘n vriend in Philipstown
gedrink.
5. Ek erken dat die bloed binne
twee ure getrek was en dat die inhoud van die artikel 212 verklaring
waar en korrek is en dat ek
insae daarin gehad het en erken die
uitslag daarvan.
6. Ek erken dat ek skuldig is
aan die misdryf van oortreding van bepalings van artikel 65(2)(a)
gelees met artikels 1, 65(3), 65(4),
65(8), 65(9), 69(1), 73 en 89
van die Nasionale Padverkeerswet.
7. Ek erken dat ek op of omtrent
30 Oktober 2009 en te of naby Visagiestraat, Petrusville, op ‘n
openbare pad, te wete Visagiestraat,
in die distrik van Philipstown,
‘n voertuig, te wete ‘n Nissan Skyline met
registrasienommer BLR486NC bestuur het terwyl
die konsentrasie
alkohol in enige monster van bloed nie minder as 0,05 g/100 ml
bloed was nie, te wete 0,17 g/100 ml
bloed. Ek erken dat ek
geweet het dat ek nie ‘n voertuig op ‘n openbare pad mag
bestuur terwyl die bloedalkohol hoër
is as die toelaatbare perk,
naamlik 0,05 g/100 ml bloed nie en ek geweet dat ek gestraf
kan word vir hierdie optrede.
8. Ten opsigte van klagte nommer
2 erken ek verder dat ek op of ongeveer 26 Februarie 2010 op die pad
tussen Vanderkloof en Petrusville
gery het nadat ek van ‘n
funksie af gekom het waar ek drie Heinekens gedrink het.
9. ‘n Voertuig het van
voor af gekom en sy ligte was op “bright” gewees en het
my vervolgens verblind. Toe ons
by mekaar verby gery het, het ons
voertuie teen mekaar gebots waarna ek afgetrek het.
10. Ek erken dat ek nie ‘n
voertuig met die nodige vaardigheid kan bestuur nie, aangesien ek
onder die invloed van drank was
en my optrede nie soos dié van
‘n nugter persoon is nie.
11. Ek erken dat ek skuldig is
aan die misdryf van ‘n oortreding van die bepalings van Artikel
65(1)(a) gelees met artikels
1, 33, 34, 35, 65(3), 65(4), 65(5),
65(8), 65(9), 69(1), 73 en 89 van die Nasionale Padverkeerswet.
12. Ek erken dat ek op/omtrent
26 Februarie 2010 en te of naby Petrusville op ‘n openbare pad
te wete die Petrusville/Vanderkloof
pad, in die distrik van
Philipstown, ‘n voertuig, te wete ‘n Nissan Skyline, met
registrasienommer BLR486NC bestuur
het terwyl ek onder die invloed
van drank/alkohol was en ek het geweet dat dit verkeerd is om dronk
te bestuur en daarvoor gestraf
kan word.
13. Ek bied my verskoning ook
aan hierdie agbare Hof aan en bevestig dat ek diepe berou oor my
onsinnige optredes het.”
Die volgende persoonlike omstandighede van die
beskuldigde is voor die verhoorhof geplaas met betrekking tot
vonnis, naamlik dat:
hy ‘n 25-jarige ongetroude man is in ‘n
saamleefverhouding. Alhoewel hy geen kinders het nie sorg hy vir sy
ma,
hy gewerk het as ‘n spanleier by Prime
Electrical;
hy skuldig gepleit het op beide klagtes en nie die Hof
se tyd gemors het nie;
hy berou het oor wat hy gedoen het;
‘
n betaling van ‘n
boete ‘n gepaste straf sou gewees het aangesien hy R7 200,00
in ‘n maand verdien het.
Na aftrekkings het hy R6 000,00
tot sy beskikking gehad – hy kon dus die boete afbetaal teen
‘n bedrag van
R700,00 per maand.
hy geen soortgelyke vorige veroordelings of enige
ander vorige veroordelings gehad het.
Die landdros het oorweging geskenk aan die appellant se
persoonlike omstandighede ten tyde van vonnisoplegging. Dit was
gemene
saak dat wat betref die eerste aanklag daar geen skade
aangerig was aan enige eiendom en dat geen persoon enige beserings
opgedoen
het nie. Met betrekking tot die tweede aanklag was daar
skade aan die ander motorvoertuig maar geen beserings of
lewensverlies
ten opsigte van enige persoon nie.
Dit blyk dat die landdros van oordeel was dat die
volgende faktore die tweede voorval meer verswarend maak, naamlik
dat die appellant
ten tyde van die voorval bewus was van ‘n
hangende saak teen hom en dat die voorval plaasgevind het binne ‘n
bestek
van vier maande na die eerste voorval.
Met betrekking tot vonnis merk die landdros soos volg
op:
1
“
Mnr,
Kammies, nou kom ons by vonnisoplegging. Ek is dood eerlik, u is vir
my ‘n perfekte kandidaat vir gevangenisstraf. Ek
kan nie sien
hoe u binne 4 maande dieselfde oortreding net in ‘n erger graad
gaan pleeg en u nie na ‘n gevangenis toe
moet verwys word nie.
Die enigste rede hoekom ek dit nie vandag doen nie, is omdat die
Aanklaer gesê het u moet vandag ‘n
kans kry om buite die
deure van die gevangenis te rehabiliteer.
Mnr Kammies, die Hof – die
enigste ander oplossing wat hierdie Hof het is om vir u ‘n
boete te gee vandag. Maar u moet
besef die boete moet van so ‘n
aard wees dat u besef dat dit wat u gedoen het is verkeerd en u
waarskynlik sal voorkom om
weer so ‘n misdaad te pleeg. .......
Mnr Kammies, die eerste
oortreding is u skuldig bevind aan ‘n oormatige hoeveelheid
alkohol in u bloed. Dit is seker darem
nie die hoogste alkohol
waarmee hierdie Hof al gewerk het nie en in die lig daarvan stem die
Hof saam dat ‘n opgeskorte vonnis
in daardie geval dan gepas
is. Die tweede geval is egter ‘n ernstige misdryf. Vier maande
nadat u weet die Polisie het u
bloed getrek en versend omdat u dronk
bestuur het, gaan u waaragtig weet (sic) weer en u gaan bestuur weer
dronk en u is in ‘n
ongeluk betrokke. Gelukkig vir u was daar
nie beserings nie en dit sal die Hof in ag neem. Ten opsigte van die
skade wat aan die
voertuie is, is die Hof nie toegespreek nie. Ek
weet nie watse skade daar is nie. Ter strafversagting sal ek aanvaar
daar was geen
skade aan die voertuie gewees nie.
Meneer, die Hof gaan u vandag
nie apart op hierdie misdrywe vonnis nie, want dan is die Hof van
mening dat die vonnisse te swaar
gaan wees. Die Hof gaan klagtes 1 en
2 saam neem vir vonnisdoeleindes. So Meneer, die gesag sê die
Hof moet genade vir elke
persoon vind. U genade word gevind in die
feit dat klagtes 1 en 2 saam geneem word vir vonnisdoeleindes.
Dan is die Hof van mening die
volgende is ‘n gepaste vonnis in u geval. U word beboet met
R50 000,00 of 60 maande gevangenisstraf
waarvan R25 000,00
of 30 maande gevangenisstraf opgeskort word vir 5 jaar op voorwaarde
dat u nie weer skuldig bevind word
aan ‘n oortreding van
Artikel 65(1), dit is Meneer, bestuur van ‘n motorvoertuig
onder die invloed van sterk drank
of ‘n verdowingsmiddel wat ‘n
narkotiese uitwerking het of Artikel 65(2), dit is ‘n oormatige
hoeveelheid alkohol
in u bloed nie, van Wet 63 van 1996 nie en wat
gepleeg is gedurende die tydperk van opskorting nie. Met ander woorde
Meneer, dit
is vandag R25 000,00 of 30 maande gevangenisstraf.”
Die appellant het op die volgende gronde gesteun in sy
appel teen die vonnis:
2
Dat die verhoorhof nie al sy persoonlike omstandighede
en meer spesifiek sy finansiële posisie in ag geneem het nie;
Dat die verhoorhof nie die norm van boetes in
soortgelyke sake in ag geneem het nie tydens vonnisoplegging;
Dat die vonnis swaar en skokkend onvanpas is gegewe
die omstandighede.
Dit is geykte reg dat ‘n Hof van Appél nie
sal inmeng met die vonnis wat opgelê is tensy die vonnis
skokkend
onvanpas is en daar ‘n mistasting of ‘n
onreëlmatigheid bestaan. In
S v
Giannoulis
3
stel Holmes AR dit soos volg:
“
1.
In
every appeal against sentence, whether imposed by a magistrate or a
Judge, the Court hearing the appeal –
(a) should be guided by the
principle that sentence is
‘
pre-eminently a matter for
the discretion of the trial Court
’,
and
(b) should be careful not to
erode such discretion: hence the further principle that the sentence
should only be altered if the
discretion has not been
‘
judicially
and properly exercised’
.
2. The test under
(b)
is
whether the sentence is vitiated by irregularity or misdirection or
is disturbingly inappropriate.”
In
S v Kibido
4
het die Appélhof dit só gestel:
“
Now,
it is trite law that the determination of a sentence in a criminal
matter is pre-eminently a matter for the discretion of the
trial
court. In the exercise of this function the trial court has a wide
discretion in (a) deciding which factors should be allowed
to
influence the court in determining the measure of punishment and (b)
in determining the value to attach to each factor taken
into account
(see S v Fazzie and Others
1964 (4) SA 673
(A) at 684A - B; S v
Pillay
1977 (4) SA 531
(A) at 535A - B). A failure to take certain
factors into account or an improper determination of the value of
such factors amounts
to a misdirection, but only when the dictates of
justice carry clear conviction that an error has been committed in
this regard
(S v Fazzie and Others (supra) at 684B - C; S v Pillay
(supra) at 535E).
Furthermore, a mere misdirection
is not by itself sufficient to entitle a Court of appeal to interfere
with the sentence; it must
be of such a nature, degree, or
seriousness that it shows, directly or inferentially, that the court
did not exercise its discretion
at all or exercised it improperly or
unreasonably (see Trollip JA in S v Pillay (supra) at 535E - G).”
In
S v Kgosimore
5
het
die Appélhof die toets
finaal beslis soos volg omskryf:
“
[10]
It is trite law that sentence is a matter for the discretion of the
court burdened with the task of imposing the sentence.
Various tests
have been formulated as to when a Court of appeal may interfere.
These include whether the reasoning of the trial
court is vitiated by
misdirection or whether the sentence imposed can be said to be
startlingly inappropriate or to induce a sense
of shock or whether
there is a striking disparity between the sentence imposed and the
sentence the Court of appeal would have
imposed. All these
formulations, however, are aimed at determining the same thing; viz
whether there was a proper and reasonable
exercise of the discretion
bestowed upon the court imposing sentence. In the ultimate analysis
this is the true inquiry. (Compare
S v Pieters
1987 (3) SA 717
(A) at
727 G - I.) Either the discretion was properly and reasonably
exercised or it was not. If it was, a Court of appeal has
no power to
interfere; if it was not, it is free to do so.”
Ek gaan nou oorweging skenk aan die gronde waarop die
appellant steun. Advokaat Nel, wat vir die appellant verskyn het,
het betoog
dat die verhoorhof nie die appellant se persoonlike
omstandighede behoorlik in ag geneem het, spesifiek sy finansiële
posisie.
Met betrekking tot sy finansiële posisie is daar
betoog tydens die verhoor, dat die appellant R7 200,00 per
maand verdien,
maar na aftrekkings het hy R6 000,00 beskikbaar
in ‘n maand. Daar is ook betoog dat alhoewel hy geen kinders
het nie,
hy net vir sy ma sorg en dat hy ‘n boete kon afbetaal
in paaiemente van R700,00 per maand. Geen ander submissies is gemaak
oor hoe die R6 000,00 aangewend word en wat sy ander uitgawes
is in ‘n maand.
Met betrekking tot die omstandighede waarin die
voorvalle plaasgevind het, het ek oorweging geskenk aan die feite
wat voor die
verhoorhof geplaas is en is van mening dat die volgende
aspekte van belang is. In die eerste voorval was daar geen beserings
of skade veroorsaak nie. In die tweede voorval alhoewel daar ook
geen beserings was nie, was daar wel skade aan die ander voertuig.
Alhoewel dit verswarend is dat die tweede voorval
plaasgevind het in net vier maande na die eerste voorval terwyl die
appellant
verhoorafwagtend was, is ek van mening dat die
omstandighede waarin die tweede voorval plaasgevind het, ook ‘n
rol behoort
te gespeel het by die oplegging van vonnis. Die
appellant in sy pleitverduideliking sê dat ‘n aankomende
voertuig
se ligte wat nie gedomp was nie, hom verblind het en toe
die voertuie verby mekaar ry, het die voertuie teen mekaar gebots.
Dit
blyk dus asof die drank inname nie die uitsluitlike oorsaak van
die botsing was nie, maar dat die bydraende nalatigheid van die
bestuurder van die ander voertuig wat nie sy ligte gedomp het nie
ook bygedra het tot die ongeluk.
Weens die groot aantal dronkbestuursake in die
laerhowe, het die Hoër Howe riglyne daar gestel met betrekking
tot vonnis
om eenvormigheid en teenstrydigheid te vermy. Daar is
vasgestel dat ‘n gepaste vonnis is ‘n boete van
R4 000,00
tot R6 000,00 met alternatief ‘n termyn
van gevangenisstraf van ses tot agtien maande. Daarna word verwys as
die “norm”
vir boetes.
In
S v
Serabo
6
het Jones R
7
die beginsels uiteengesit wat in ag geneem behoort te
word met betrekking tot vonnisse in dronkbestuur sake.
Alhoewel die “norms” neergelê was,
was Jones R van oordeel dat dit nie die diskresie van die
verhoorhof
wegneem of moet belemmer as dit by vonnis oplegging kom
nie.
Op bladsy 397 e-f stel Jones R dit soos volg:
“
The
norm should be no more than a point of departure. The sentencing
officer must still exercise his discretion judicially in order
to
arrive at a sentence which is just, balanced, compassionate and
appropriate, due regard being had to the seriousness of the
case
before him, the personal interests of the offender, the interests of
society as a whole, and the objects of retribution, rehabilitation,
deterrence and the prevention of crime which lie at the root of
criminal punishment. If he does so, he will frequently find himself
departing from the norm.”
Verder stel hy dit soos volg:
8
“
In my
view, a fine within the range of R4 000 to R6 000 is not excessive or
unreasonable if regard is had to the gravity of a contravention
of s
65(1) and its prevalence, provided that the norm is used as a point
of departure. As Mullins J put it at 320A of the Labuschagne
judgment:
'What cannot be overemphasised, however, is that each
case must be considered individually and the fine must inter alia,
relate
to the accused's income and ability to pay, while at the same
time the accused must feel the ''sting'' or ''bite'' of the fine he
is called upon to pay. Cf S v De Beer
1977 (2) SA 161
(O).'
What is necessary in every case
is a careful enquiry into the accused's assets, his income, and his
ability to pay the fine so that
the magistrate can see for himself
that the fine is within the accused's reach, and that the 'sting' or
'bite' is not in his case
oppressive or excessive.”
In
S v Rooi
9
is die beginsels in Serabo toegepas en maak Bozalek R
die volgende opmerkings
10
:
“
The
fact that the fine imposed by the magistrate in the present matter
falls within the limits of a district court's jurisdiction
is by no
means the end of the matter. The maximum fine is not itself a
bench-mark, as the magistrate appears to have reasoned.
Any fine
imposed must bear a relation to the convicted person's means and must
fall, all things being equal, within the parameters
established by
sentences imposed in similar matters where guidelines have evolved.
See, in this regard, S v Serabo and Five Similar
Cases
2002 (1) SACR
391
(E), where it was held that the 'norm' for such sentences is a
fine of R4 000 to R6 000 with an alternative of imprisonment for
a
period of between six and 18 months. While the suspension of the
sentence does soften the punishment, the fact remains that the
sentence may at a later stage be carried into effect, and it must
therefore be appropriate, having all regard to the circumstances
of
the case, regardless of the fact that it is suspended.”
Dit wil voorkom dat die landdros nie oorweging geskenk
het aan die “norm” vir boetes.
Ek stem saam met Adv. Nel dat die verhoorhof misgetas
het deur die aanklagte saam te neem vir doeleindes van vonnis. In
die eerste
plek verskil die opgelegde vonnis so wesenlik van die
norm wat deur ons howe bepaal word dat dit skokkend onvanpas is.
Die aanklagtes moes afsonderlik gehanteer word en
afsonderlike vonisse vir elk van die aanklagte moes deur die
verhoorhof oorweeg
en opgelê word. Dit blyk dat die landdros
ook nie genoegsame aandag geskenk het aan die persoonlike
omstandighede van die
appellant en dat hy derhalwe die omstandighede
onderbeklemtoon het. In die lig van sodanige mistasting is ons van
oordeel dat
hierdie hof met die vonnis moet inmeng, en oorweging
moet skenk aan ‘n gepaste vonnis.
Die volgende bevel word dus gemaak:
Die appél teen die vonnis wat opgelê
is slaag en die vonnis word ter syde gestel en vervang met die
volgende:
Op aanklag 1: ‘n boete van R4000,00 (vier
duisend rand) met ‘n alternatief van 6 (ses) maande
gevangenisstraf,
wat in die geheel opgeskort word vir ‘n
termyn van 5 (vyf) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig
bevind word aan ‘n oortreding van art 65(1) of art
65(2) van Wet 93 van 1996, gepleeg binne die opskortingstermyn
nie.
Op aanklag 2 ‘n boete van R 8000,00
(agtduisend rand) met ‘n alternatief van 18 (agtien) maande
gevangenisstraf,
waarvan R 2000,00 (tweeduisend rand) en 6 (ses)
maande opgeskort word vir ‘n termyn van 5 (vyf) jaar op
voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan ‘n
oortreding van art 65(1) van Wet 93 van 1996, gepleeg binne die
opskortingstermyn nie.
______________________
JI HENRIQUES
WAARNEMENDE REGTER
EK STEM SAAM EN DIT WORD SO BEVEEL.
______________________
CJ OLIVIER
REGTER
VERSKYNING
Adv. I J Nel namens die appellant
Adv. JD Rosenberg namens die respondent
1
Rekord,
bladsy 22 en 23.
2
Rekord,
bladsy 68.
3
1975
(4) SA 867
(HHA) te bladsy 868 F-G.
4
1998
(2) SASV 213 (HHA) te bladsy 216.
5
1999
(2) SASV 238 (HHA) te par 10.
Sien ook S v Malgas 2001 (1) SASV
469 (HHA) op 478 d-h.
6
2002
(1) SASV 391 (ECD).
7
Supra
op bladsy 394 c-h.
8
Supra
op bladsy 399 a-c.
9
2007
(1) SASV (C) 668.
10
Supra
op bladsy 670 i – 671 c.