About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2011
>>
[2011] ZANCHC 7
|
|
Maree v S (95/2010) [2011] ZANCHC 7 (18 March 2011)
Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë Hof, Kimberley)
Saak No:
95/2010
Saak
Aangehoor: 07/03/2010
Datum gelewer:
18/03/2010
In
die saak tussen:
Cashwill
Maree
.........................................................................
Appellant
en
Die
Staat
...............................................................................
Respondent
Coram: Williams R et
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die
appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan roof (aanklag 1),
menseroof (aanklag 2), aanranding met die opset om ernstig
te beseer
(aanklag 3) en twee aanklagte van verkragting (aanklagte 4 en 5). Op
aanklagte 1, 2 en 3 is die appellant gevonnis
tot gevangenisstraf in
termyne van, onderskeidelik, 3 jaar, 2 jaar en 3 jaar. Aanklagte 4
en 5 is saamgeneem vir doeleindes van
vonnis en daarop is die
appellant gevonnis tot lewenslange gevangenisstraf. Alhoewel
moontlik onnodig
1
,
is gelas dat die vonnisse op aanklagte 1 tot 3 saamloop met die
vonnis van lewenslange gevangenisstraf.
Die appellant
kom nou in hoër beroep teen sy skuldigbevindings en vonnisse.
In ‘n
aansoek om kondonasie voer die appellant aan dat ‘n gebrek aan
fondse en vertragings met die voorbereiding van
die oorkonde die
oorsake daarvan was dat die kennisgewing van appèl laat
geliasseer is. Uit die oorkonde blyk dit dat,
minstens gedeeltelik,
die vertraging ook toe te skryf was daaraan dat die appellant nie
besef het dat hy, weens die feit dat
hy in ‘n Streekhof
gevonnis is tot lewenslange gevangenisstraf, in elk geval die reg
gehad het om hierdie Hof op appèl
te nader nie.
Die aansoek om
kondonasie is nie teengestaan nie en, in die lig van wat volg, meen
ek dat die laat liassering van die kennisgewing
van appèl
gekondoneer behoort te word en dat met die meriete van die appèl
gehandel behoort te word.
Die
appellant het aanvanklik die streeklanddros genader met ‘n
aansoek om verlof tot appèl. Alhoewel dit nie heeltemal
duidelik blyk uit sy aansoek nie, sal vir doeleindes hiervan aanvaar
word dat die bedoeling was om verlof tot appèl te
verkry ten
aansien van al die skuldigbevindings. Die streeklanddros het egter
die houding ingeneem dat die appellant, weens die
gewysigde
bepalings van artikel 309 (1)(a)
2
van
die Strafproseswet, in elk geval die reg gehad het om te appelleer
en het die aansoek van die rol geskrap.
Ek kon slegs
daarin slaag om ‘n Engelse weergawe van die gewysigde
bepalings te vind op hierdie stadium. Die tersaaklike
gedeelte
daarvan lees soos volg:
“
Any
person convicted of any offence by any lower court …. may,
subject to leave to appeal being granted in terms of section
309 B or
309 C, appeal against
such
conviction
and
against any resultant sentence or order ….: Provided that -
………………………………………………………………………
if that
person was sentenced to imprisonment for life by a regional court
….,
he or she may
note such an appeal without having to apply for leave in terms of
section 309 B: ....
”
(My
beklemtoning)
Die vraag wat
ontstaan, is of die voorbehoudsbepaling ten aansien van gevalle waar
lewenslange gevangenisstraf opgelê is,
nou meebring dat so ‘n
beskuldigde nie alleen ‘n outomatiese reg van appèl sal
hê ten aansien van die
aanklag/te waarop daardie vonnis opgelê
is nie, maar ook ten aansien van alle ander aanklagte waaraan die
persoon in dieselfde
verhoor skuldig bevind mag gewees het (maar
waarop die beskuldigde nie gevonnis is tot lewenslange
gevangenisstraf nie).
In die lig van
wat volg, is dit na my oordeel onnodig om in hierdie uitspraak
uitsluitsel te gee oor dié vraag. Ek meen
dat, vir soverre
die gewysigde bepalings nie aan die appellant ‘n outomatiese
reg tot appèl verleen het ten aansien
van aanklagte 1, 2 en 3
nie, hierdie Hof in die omstandighede, en in die belang van
geregtigheid in die uitoefening van sy inherente
hersienings-bevoegdhede die betrokke skuldigbevindings ook behoort
te oorweeg.
Vir soverre die
gewysigde bepalings nie ten aansien van aanklagte 1, 2 en 3 ‘n
outomatiese reg van appèl verleen
het nie, en daardie aansoek
inderdaad ook teen die skuldigbevindings op die eerste drie
aanklagte gemik was, het die streeklanddros
dan die aansoek ten
aansien van daardie aanklagte verkeerdelik van die rol geskrap en
die appellant verkeerdelik onder die indruk
gebring dat hy ook ten
aansien van daardie skuldigbevindings ‘n outomatiese reg tot
appèl gehad het.
Die partye
hiertoe het dan ook, in die voorbereiding vir die appèl en in
die opstel van betoogshoofde, van die standpunt
uitgegaan dat daar
ten aansien van al die skuldigbevindings ‘n appèl was,
en volledige argumente is ten aansien
van ook die eerste drie
skuldigbevindings aangehoor.
Die appellant
is reeds so lank terug as op 30 Oktober 2008 gevonnis en om nou die
aangeleentheid verder te laat sloer sou nie
in die belang van
geregtigheid wees nie; veral nie indien daar in een of meer van die
betrokke skuldigbevindings meriete in ‘n
appèl sou
gewees het nie.
Me Serepo, die
advokaat vir die respondent, het aan die hand gedoen dat dit geen
nadeel vir die appellant sou kon inhou indien
hierdie Hof die
houding sou inneem dat hy eers in die Streekhof moet gaan aansoek
doen om verlof tot appèl ten aansien
van aanklagte 1 tot 3
nie. Dit blyk nie uit me Serepo se aanvullende betoogshoofde of sy
meen dat hierdie Hof dan intussen maar
die appèl ten aansien
van aanklagte 4 en 5 moes afhandel nie. Dit sou uiteraard neerkom op
‘n stuksgewyse benadering
van gebeure wat op die vervolging se
eie weergawe eintlik maar een geheel vorm.
Ek laat my dus
nie verder uit oor die uitleg van die gewysigde bepalings nie, as
die volgende opmerkings:
As
‘n geheel maak die bepalings na my oordeel duidelik dat,
behoudens bepaalde uitsonderings, ‘n skuldigbevinding
en
vonnis slegs op appèl geneem kan word met verlof daartoe.
Die noodsaaklikheid en grondwetlike regverdigbaarheid van
so ‘n
benadering is reeds bevestig
3
.
Van
so ‘n hoek beskou, sou geargumenteer kon word dat die bepalings
(en veral dan die betrokke voorbehoudsbepaling) vertolk
behoort te
word om slegs ten aansien van die skuldigbevinding/s waarop die
lewenslange gevangenisstraf opgelê is, ‘n
outomatiese reg
van appèl te verleen; destemeer wanneer die bewoording van
subartikel (ii) in konteks, en spesifiek met
inagname van die woorde
“
such
conviction
”
gelees
sou word.
Dit
sou geargumenteer kon word dat ‘n uitleg tot die teendeel die
oënskynlik absurde gevolg sou kon hê dat, waar
‘n
beskuldigde tereggestaan het op ‘n hele reeks aanklagte,
waarvan die aard en elemente totaal verskillend mag wees
en wat sou
kon slaan op gebeure wat oor maande of selfs jare sou kon gestrek
het, die betrokke beskuldigde bloot weens die lewenslange
gevangenisstraf op een van daardie aanklagte, sommer op die koop toe
‘n reg van appèl sou kry
4
ten
aansien van al die ander skuldigbevindings ook.
Aan
die ander kant mag moontlik geargumenteer word dat die bewoording
van die gewysigde bepalings in dié opsig dubbelsinnig
is en
dat, by die uitleg daarvan, ingedagte gehou behoort te word dat ‘n
vertolking wat die outomatiese reg van appèl
in ‘n
verhoor waar lewenslange gevangenisstraf opgelê is aldus sou
beperk, inbreuk sou maak op daardie beskuldigde
se reg van toegang
tot die howe
5
.
Voorts sou
geargumenteer kon word dat ‘n uitleg wat die outomatiese reg
van appèl sou beperk tot die skuldigbevinding/s
wat gelei het
tot die lewenslange gevangenisstraf, eweneens tot oënskynlik
absurde gevolge sou kon lei. Dit mag byvoorbeeld
gebeur dat meerdere
aanklagte gebaseer word op gebeure wat wesenlik een geheel vorm en
dat dieselfde getuie/s se geloofwaardigheid
ten aansien van al die
betrokke aanklagte van deurslaggewende belang sou wees. Dit mag dan
gebeur dat die verhoorhof, by oorweging
van ‘n aansoek om
verlof tot appèl ten aansien van die skuldigbevinding/s wat
nie gelei het tot lewenslange gevangenisstraf
nie, bevind dat daar
geen redelike vooruitsigte is dat ‘n Hof van appèl mag
bevind dat verkeerde geloofwaardigheidsbevindinge
gemaak is nie,
terwyl die Hof van appèl by oorweging van daardie
skuldigbevinding/s waarop die lewenslange gevangenisstraf
opgelê
is, tot die slotsom mag kom dat die betrokke getuie/s totaal
ongeloofwaardig was.
‘
n
Ander voorbeeld sou wees waar ‘n beskuldigde dieselfde
alibi-verweer geopper het op meerdere aanklagte. Dit mag dan gebeur
dat ‘n verhoorhof (in ‘n aansoek om verlof tot appèl
ten aansien van sekere van die aanklagte) mag bevind dat
daar geen
redelike vooruitsigte is dat ‘n Hof van appèl sou bevind
dat daar meriete in so ‘n verweer was nie,
terwyl die Hof van
appèl uiteindelik tot die teenoorgestelde slotsom mag kom by
oorweging van presies dieselfde verweer
op ander aanklagte.
Die
appellant se aanval teen sy skuldigbevindings is grotendeels gemik
teen die streeklanddros se feite- en geloofwaardigheids-bevindinge.
Dit is geykte reg dat daar nie ligtelik ingemeng sal word met sulke
bevindinge nie
6
.
Die rede is dat ‘n verhoorhof die geleentheid het van
waarneming van getuies, wat ‘n Hof van appèl natuurlik
nie het nie. Slegs waar sulke bevindinge duidelik verkeerd is, sal
‘n Hof van appél daarmee inmeng
7
.
Die saak vir
die vervolging was breedweg dat daar ‘n verhouding bestaan het
tussen die klaagster op aanklagte 2 tot 5 en
mnr Paul Nasilele, die
klaer op aanklag 1. Dié saak was dat die twee van hulle die
aand van 1 Februarie 2007 per bus sou
vertrek het na Johannesburg.
Nadat Nasilele gedurende die loop van daardie middag klere van die
klaagster gaan haal het by haar
werksplek op die terrein van die
gevangenis te Kimberley, het die appellant hom van daardie klere
beroof, en daarop aanspraak
gemaak dat die klaagster “
sy
vrou
” was. Daardie voorval sou plaasgevind het ten
aanskoue van die getuie me Julia van Rooyen, wat toe ‘n
rapport gaan
maak het aan die klaagster. Nasilele en die klaagster
het mekaar toe misgeloop by die polisiestasie, waar hulle
veronderstel
was om mekaar te ontmoet, maar het mekaar teëgekom
by die huis van Nasilele. Die appellant het toe daar opgedaag, die
klaagster
aangerand en haar ontvoer. Nasilele het daarna, en
daaraangaande, ‘n rapport gemaak aan die klaagster se
werkgewer, mnr
Groenewald, wat woonagtig was op die terrein van die
gevangenis.
Intussen het die
appellant die klaagster geneem na sy huis, en haar daar aangerand met
die opset om haar ernstig te beseer. Daarna
het die appellant vanaf
sy huis vertrek op ‘n soektog na bier, en het hy die klaagster
aangesê om hom te vergesel.
Terug by die appellant se huis, die
aand van 1 Februarie 2007, het die appellant die klaagster aangesê
om uit te trek en
op die bed te lê. Dit het die klaagster
gedoen, uit vrees vir die appellant, en die appellant het toe met
haar gemeenskap
gehou sonder haar toestemming. Alhoewel die appellant
later aan die slaap geraak het, het die klaagster uit vrees nie
opgestaan
en probeer wegkom nie. Vroeg die volgende oggend, het die
appellant weer met haar gemeenskap gehou sonder toestemming.
Kort daarna het
Groenewald met die polisie by die huis van die appellant opgedaag.
Die klaagster is nakend in die bed aangetref.
Nadat sy ‘n
rapport gemaak het in verband met ‘n ketting, het Groenewald ‘n
ketting geneem wat hy daar aangetref
het, en aan die polisie
oorhandig. Die appellant is toe gearresteer en om 10:00 die oggend
van 2 Februarie 2007 is die klaagster
ondersoek deur dr Olivier, wat
haar bevindinge in ‘n verslag vervat het. ‘n Monster wat
van die klaagster geneem is,
het materiaal met die DNS profiel van
die appellant bevat. Dit was dan kortliks die Staat se saak.
Die appellant
se saak was, op sy beurt en kortliks, dat daar eintlik tussen hom en
die klaagster ‘n verhouding bestaan het,
en dat hy heeltemal
onbewus was daarvan dat sy ‘n verhouding met Nasilele sou
gehad het. Hy het op 1 Februarie 2007 onverwags
teruggekeer van Jan
Kempdorp, waarheen hy gegaan het vir werk. Hy het toe vir Nasilele
en die klaagster aangetref waar hulle
besig was om te soen. Toe die
klaagster hom gewaar, het sy op hom gevloek.
Die appellant is
toe huis toe, maar op advies van sy suster is hy weer terug op soek
na die klaagster, en wel volgens hom om die
sleutel te kry wat sy nog
gehad het van sy sinkhuisie, op die perseel van sy suster se huis.
Die appellant
het toe weer na die klaagster gaan soek, en haar en die klaer toe
aangetref waar hulle in ‘n onbewoonde huis
besig was om
gemeenskap te hê. In reaksie op ‘n pleidooi van sy kant,
het Nasilele ingewillig om die klaagster saam
met die appellant te
laat gaan, op voorwaarde dat hy nie met haar sou baklei nie. Alhoewel
die klaagster eers probeer het om weg
te kom deur oor ‘n
heining te spring, het sy uiteindelik die appellant vrywilliglik
vergesel, en sonder dat hy haar aangerand
het.
Toe hulle saam
by sy sinkhuisie aangekom het en hy die klaagster aangesê het
om haar goed te vat en te loop, het die klaagster
hom aangeval en
onder andere gewurg. In die proses daarvan om homself te probeer
beskerm, het ‘n stoeiery tussen hulle gevolg,
waartydens sy
skaafwonde opgedoen het toe sy geskuur het teen die sinkmure van die
huisie, en ook ‘n wond of besering wat
sy volgens die appellant
sou opgedoen het toe sy in daardie proses geval het op ‘n
baksteen.
Volgens die
appellant het die klaagster daarna probeer om hom te stuur om vir
haar bier te gaan koop. Hy het egter aangedring daarop
dat sy
saamgaan. Hulle het toe geloop, bier in die hande gekry en
teruggekeer na sy huis, waar die klaagster alleen die bier gedrink
het. Op versoek van die klaagster het hy toe ook vir haar kos gegee,
en het sy alleen geëet.
Volgens die
appellant se uiteindelike weergawe het hulle toe beide daar gaan
slaap, die klaagster op die bed en hyself op die vloer.
Daardie
weergawe was dat hulle glad nie daardie nag gemeenskap gehad het nie
(ten spyte van haar versoek daartoe). Volgens hom
sou die laaste
gemeenskap tussen hulle geskied het, en wel met toestemming,
gedurende die nag van 31 Januarie en die oggend van
1 Februarie 2007.
Dit is so dat daar aanvanklik namens die appellant ‘n stelling
gemaak is tot die effek dat hy en die klaagster
die aand van die
voorval, dit wil sê gedurende die aand van 1 Februarie 2007,
wel konsensuele gemeenskap gehad het. Ná
die getuienis van die
klaagster het die appellant se destydse regsverteenwoordiger egter
onttrek en aangedui dat die appellant
sy instruksies aan hom verander
het. Die appellant het dit egter toegeskryf aan ‘n taalprobleem
tussen hulle.
Die appellant
het die voorval van die beweerde roof in totaal ontken. Dit was dan
die weergawe van die appellant.
Wat die aanklag
van roof betref, was die streeklanddros se bevinding dat Van Rooyen
se getuienis dié van Nasilele in alle
wesenlike opsigte
gestaaf het, na my oordeel duidelik verkeerd.
Volgens
Nasilele het die appellant die sak met klere van sy skouer afgeruk,
was daar toe daarna tussen hulle ‘n heen-en-weer
trekkery om
besit van die sak, het daardie trekkery geëindig toe die
appellant ‘n mes tevoorskyn gebring het en
het die appellant
toe al die klaagster se klere uit die sak geneem, maar Nasilele se
skoene gelos.
Daarenteen was
Van Rooyen se weergawe dat sy die gebeure aanskou het van 3 tot 4
treë weg, dat sy, nadat die sak van die
skouer van Nasilele
verwyder is, geen stoeiery of struweling tussen hom en die
appellant waargeneem het nie, dat sy nooit enige
mes in die besit
van die appellant gesien het nie en dat alles wat in die sak was,
deur die appellant geneem is.
Die verskille
tussen hierdie twee weergawes is ooglopend en wesenlik.
Wat
ook ietwat problematies is, is dat Nasilele nie kon verduidelik hoe
die appellant sou geweet het dat daar klere van die
klaagster in
die sak was nie
8
.
Ek vind dit
ook vreemd dat Nasilele, na dié ervaring, doodluiters sou
gaan inkopies doen het en toe huis toe sou gegaan
het. Hy was op sy
eie weergawe nie ver van die klaagster af op daardie stadium nie,
en baie naby die polisie se honde-eenheid.
Op sy weergawe was hy
ook baie naby die hoofingang van die gevangenis, waar personeellede
van die gevangenis volgens hom teenwoordig
was. Tog het hy niks
gedoen om die roof te rapporteer by hetsy die klaagster of die
polisie nie. Op sy eie weergawe het hy
eers later, toe die
klaagster telefonies met hom kontak gemaak het, daarvan bewus
geraak dat sy darem gehoor het daarvan dat
die klere by hom
afgeneem is.
Me Serepo, die
advokaat namens die respondent, het geargumenteer dat hierdie optrede
(of gebrek daaraan) van Nasilele moontlik toegeskryf
sou kon word
daaraan dat hy daar vir die eerste keer bewus geraak het van die
moontlikheid van ‘n verhouding tussen die klaagster
en die
appellant. Daar is egter geen sulke getuienis nie en dit sou blote
spekulasie wees wat nie gebaseer is op enige feite nie.
Selfs opgeweeg
teen die appellant se blote ontkenning van hierdie voorval, meen ek
nie dat die vervolging so ‘n voorval
bo redelike twyfel bewys
het nie. Wat die aanklag van roof betref, meen ek gevolglik dat daar
wel gronde is vir inmenging met
die streeklanddros se bevindinge.
Dit
beteken egter nie noodwendig dat Nasilele deur die streeklanddros
beskou moes gewees het as ongeloofwaardig nie. Dit beteken
eweneens
nie dat die streeklanddros dan tot die slotsom moes gekom het dat
die beweerde roof ‘n opgemaakte of gefabriseerde
storie was
nie. Daar was dan ook geen las hoegenaamd op die appellant om aan te
toon dat dit ‘n opgemaakte storie was nie
9
.
Dit beteken bloot dat die getuienis van staatsweë daaraangaande
van so ‘n aard was dat die streeklanddros aan die
appellant
die voordeel van die gevolglike twyfel moes gegee het.
Selfs
al sou egter so ver gegaan moes gewees het om Nasilele se weergawe
hieroor ongeloofwaardig en leuenagtig te bevind, sou
dit nie
sondermeer en noodwendig kon lei tot die verwerping van sy
getuienis, op dieselfde basis, oor die res van die gebeure
van
daardie dag nie
10
.
Wat die aanklag
van menseroof betref, was daar onderlinge stawing tussen die
klaagster en Nasilele daaroor dat die appellant oor
‘n heining
gespring het met sy aankoms, dat die klaagster toe oor ‘n
ander heining gespring het in ‘n poging
om van die appellant
weg te kom, dat die appellant die klaagster toe aangerand het en dat
hy haar toe na sy fiets getrek en daarop
gelaai het.
Hulle was dit
ook eens daaroor dat die appellant met ‘n mes gewapen was. Dit
is so dat daar strydighede is oor presies wanneer
die appellant die
mes die eerste keer tevoorskyn gebring het en of dit oop was of nie,
maar die streeklanddros het na my oordeel
dit behoorlik in ag geneem
by oorweging van die getuienis as ‘n geheel.
Ek dink nie
daar was ander wesenlike strydighede in die weergawes van die
klaagster en Nasilele oor hierdie gebeure nie. Of die
bloed, wat
Nasilele daar op daardie toneel aan die klaagster gesien het, van
haar kop of haar neus afkomstig was, is na my oordeel
glad nie
wesenlik nie. Inteendeel, dit is hoegenaamd nie deurslaggewend of
die klaagster enigsins op daardie toneel reeds beseer
is nie. Die
vraag is bloot of sy vandaar teen haar sin deur die appellant
weggevoer is. Dieselfde geld vir die ander strydighede
waarvan mnr
Nagel namens die appellant gewag gemaak het rondom hierdie aanklag
Vir wat dit
werd is, kan egter gemeld word dat, by die ondersoek van die
klaagster deur die dokter, daar kneusings aan die boude
gevind is
wat volgens die dokter versoenbaar sou wees met die skoppe wat die
klaagster volgens haar op die toneel van die ontvoering
toegedien
is.
Ek dink nie
hierdie Hof sou, soos mnr Nagel skynbaar namens die appellant dit
wou hê, daarvan kennis kon neem dat dit prakties
nie
uitvoerbaar sou gewees het vir die appellant om ‘n onwillige
klaagster op sy fiets te kry en weg te voer nie.
Of
die klaagster ‘n verhouding met die appellant gehad het, hetsy
voorheen of selfs nog ten tye van dié gebeure,
sou nie na my
oordeel deurslaggewend gewees het by oorweging van die vraag of sy
redelik moontlik die appellant vrywilliglik
sou vergesel het of nie.
Dit is beide op die appellant en die respondent se weergawes
minstens duidelik dat die appellant daardie
dag die houding ingeneem
het dat die klaagster “
sy
vrou
”
was
en die feit dat hy haar daar saam met Nasilele aangetref het
11
,
maak dit na my oordeel onwaarskynlik dat die appellant en die
klaagster in vrede saam daar weg is.
Inteendeel, dit
was onbetwis dat die klaagster veronderstel van plan was om ‘n
kort rukkie later met ‘n bus saam met
Nasilele na Johannesburg
te vertrek vir ‘n tyd. ‘n Weergawe dat sy doodrustig
eers saam met die appellant na sy huis
sou gegaan het, sou hierteen
gemiliteer het.
Die feit dat
Nasilele vir Groenewald gekontak het om hulp na aanleiding van die
wyse waarop die klaagster en die appellant daar
weg is, milliteer
eweneens teen enige moontlikheid dat Nasilele – soos wat die
appellant se saak was – goed geweet
het dat die klaagster
vrywilliglik saam met die appellant is.
Na my oordeel
is dit totaal ontersaaklik of Nasilele, tydens daardie gesprek, aan
Groenewald die naam van die appellant verskaf
het. Dit het immers
nie, wat hierdie aanklag betref, enigsins oor die identiteit gegaan
van die persoon saam met wie die klaagster
daar weg is nie. Dit was
in elk geval onbetwis dat Groenewald die volgende oggend sy
opwagting by die huis van die appellant
gemaak het en daar kan na my
oordeel geen twyfel daaroor bestaan nie dat daar wel ‘n
rapport deur Nasilele aan Groenewald
gemaak is.
Dat Groenewald
nie nog daardie selfde aand werk daarvan gemaak het om te gaan
vasstel of die klaagster by die huis van die appellant
was nie, doen
geen afbreuk aan die getuienis dat so ‘n rapport gemaak is
nie.
Die feit dat
Nasilele nie dadelik die polisie gekontak het nie, en steeds die
aand om 22:00 weg is met die beplande busrit, is
gekritiseer as
aanduidend daarvan dat Nasilele nie ‘n geweldadige wegvoer van
die klaagster aanskou het nie. Dit moet egter
weereens in gedagte
gehou word dat die getuienis was dat Nasilele vir Groenewald om hulp
gekontak het, en dat Groenewald hom
die versekering gegee het dat hy
sou help.
Voorts was dit
die appellant se eie weergawe dat die klaagster, voordat sy hom
vergesel het, eers probeer het om weg te kom deur
oor ‘n
heining te spring. Waarom sou sy so opgetree het, as Nasilele pas
ingestem het dat sy die appellant vergesel en
by hom die versekering
gekry het dat hy nie die klaagster sou leed aandoen nie?
In
kruisverhoor van Nasilele is hy gekonfronteer met die verklaring van
‘n persoon
12
wat,
as ek dit reg verstaan, in die buurerf was waarheen die klaagster
gevlug het. Daar is aan Nasilele gestel dat daar in die
betrokke
verklaring geen melding was van ‘n mes of van ‘n
aanranding nie. Die persoon is nooit deur die Staat as
getuie geroep
nie en mnr Nagel het geargumenteer dat hiervan ‘n nadelige
afleiding gemaak moes gewees het.
Die
vervolging het egter wel die getuienis van die klaagster en Nasilele
oor die betrokke gebeure aangebied, en soos sal blyk
is daar in dr
Olivier se getuienis ook onafhanklike en objektiewe stawing vir die
getuienis van die klaagster oor die aanranding
wat by daardie
geleentheid op haar gepleeg is. Ek kan nie sien waarom die
vervolging onder sodanige omstandighede nog benadeel
moet word omdat
‘n verdere persoon se getuienis oor dieselfde voorval nie ook
aangebied is nie
13
.
Niks het die
appellant verhoed om Henning te roep of om, as hy hom wou
kruisverhoor, aansoek te doen dat die Hof hom roep as ‘n
getuie nie.
In elk geval
hoef die enigste verduideliking vir waarom so ‘n verklaring
nie na ‘n mes of ‘n aanranding verwys
het nie, nie
noodwendig te wees dat daar dan inderdaad geen mes of ‘n
aanranding was nie. Henning sou kon gesê het
dat hy nie daarna
gevra is nie, of dat hy daarvan vergeet het. ‘n Mens weet
eenvoudig nie.
Die inhoud van
die betrokke verklaring is ook nie vollediglik bewys en voor die
streeklanddros geplaas nie. Gevolglik is dit moeilik
om ‘n
oordeel te fel oor die stelling, of die implikasie, dat die
verklaring noodwendig veronderstel was om ook na die
mes en die
aanranding te verwys.
Ten spyte van
moontlike strydighede oor die presiese besonderhede van die betrokke
voorval, meen ek dat daar geen basis is waarop
hierdie Hof kan
inmeng, uiteindelik, met die streeklanddros se feite- en
geloofwaardigheidsbevindinge aangaande die beweerde
voorval van
menseroof nie.
Die
klaagster se getuienis was dat die appellant haar daarna by sy huis
ondermeer met ‘n ketting geslaan het
14
.
Wat betref die
feit dat die klaagster self ontklee het, op die bed gaan lê
het en haar nie fisies teen gemeenskap met die
appellant verset het
nie, was haar getuienis dat sy gereageer het op sy bevele en uit
vrees vir hom. Alhoewel die appellant daarna
aan die slaap geraak
het, het sy uit vrees bly lê. Vroeg die volgende oggend het
die appellant weer met haar gemeenskap
gehou, sonder haar
toestemming. Groenewald het toe met die polisie daar opgedaag.
Die appellant
het ontken dat hy die klaagster met ‘n ketting geslaan het. Ek
het reeds verwys na die appellant se verduideliking
vir die
klaagster se beserings.
Daar is in
hierdie geval sterk onafhanklike stawing vir die getuienis van die
klaagster. Dokter Olivier het tydens haar ondersoek
heelwat
kneusings gevind aan die liggaam van die klaagster en het getuig dat
een van hulle beslis versoenbaar was met ‘n
hou met
“
langwerpige voorwerp, wat ook om die liggaam gekrul het
”.
Dokter Olivier het getuig dat daardie besering nie veroorsaak kon
gewees het deur “
skuring teen ‘n sinkplaat
”
of deur ‘n val op ‘n baksteen, soos wat die appellant
beweer het, nie.
Volgens dr
Olivier was daar ‘n besering aan die baarmoeder van die
klaagster (met gevolglike bloeding) en was die klaagster
se
uitwendige geslagsdele geswel en teer. Volgens dr Olivier was dit
versoenbaar met ‘n geskiedenis van twee verkragtings.
Dokter
Olivier het voorts getuig dat hierdie tipe beserings ook sonder
geweld in die normale sin van die woord opgedoen kan word.
“
Dit
gebeur by gedwonge gemeenskap, selfs ook waar die vrou dan – al
word sy gesê gaan lê en sy baklei nie fisies
nie maar dat
die normale seksuele liggaamlike response dan nie teenwoordig is nie
en dit kan dan veroorsaak dat die seks dan meer
‘forceful’
is as onder normale omstandighede
”.
In reaksie op
‘n vraag of dié swelling die gevolg kon wees van
gemeenskap die vorige oggend (met ander woorde die
oggend van 1
Februarie 2007) was die dokter se antwoord ‘
Definitief
nie
”. Dokter Olivier was baie beslis daaroor dat die
gemeenskap wat tot hierdie beserings gelei het, “
binne die
laaste 12 uur voor
(die)
ondersoek
” moes
plaasgevind het.
Daar is reeds
in betoog tydens die verhoor toegegee dat dr Olivier se getuienis
nie gekritiseer kon word nie, en voor ons is ook
geen kritiek
aangevoer teen haar getuienis nie.
Afgesien
hiervan, het Groenewald die oggend ‘n ketting gevind in die
huis van die appellant. Die appellant se bewering dat
Groenewald die
betrokke ketting met geweld van die deur van sy huis afgeruk het,
klaarblyklik dan volgens die appellant om getuienis
teen hom te
fabriseer, is vergesog. Die polisie was ook op daardie stadium in
elk geval teenwoordig.
Die appellant
se getuienis was dat die klaagster ten volle geklee was in ‘n
kamerjas en ‘n nagbroek toe Groenewald
en die polisie die
oggend daar gekom het. Groenewald se getuienis was tot die direkte
teendeel. Dit is nooit betwis nie en die
appellant se weergawe is
ook nooit aan hom gestel nie.
Dan is daar ook
gewag gemaak, namens die appellant, daarvan dat die klaagster, toe
sy die appellant dan vergesel het op sy soektog
na bier, meerdere
geleenthede sou gehad het om aan persone te rapporteer dat hy haar
ontvoer en aangerand het, of om te ontvlug.
Die klaagster se
verduideliking vir haar versuim om so te doen, was dat sy bang was
vir die appellant. Dit is glad nie op die
oog af ‘n vergesogte
verduideliking nie. Dit moet onthou word dat die klaagster op
daardie stadium kort tevore eers by
die huis van Nasilele aangerand
sou gewees het, toe geweldadig ontvoer is en toe by die huis van die
appellant ernstig aangerand
is. Boonop was die appellant gewapen met
‘n mes.
Om dieselfde
rede meen ek nie dat die klaagster se verduideliking vir waarom sy
nie gedurende die nag van 1 Februarie 2007, en
nadat die appellant
ná afloop van die eerste verkragting, aan die slaap geraak
het, probeer ontvlug het nie.
Ek sien nie,
wat betref die streeklanddros se feitebevindinge ten aansien van
aanklagte 2, 3, 4 en 5, enige basis vir inmenging
daarmee nie.
In
die lig hiervan ag ek dit onnodig om te handel met die argumente dat
die streeklanddros verkeerdelik ‘n nadelinge afleiding
sou
gemaak het uit die appellant se swye op die pleitstadium, en dat die
streeklanddros verkeerdelik sou bevind het dat doelbewus
veranderde
instruksies van die appellant
15
gelei
het tot die ontrekking van sy eerste regsverteenwoordiger. Selfs al
sou dit ook gesê kon word dat die streeklanddros
in enige of
albei van hierdie opsigte misgetas het, meen ek nie dat dit tot ‘n
regskending gelei het of die appellant uiteindelik
benadeel het nie.
Ek meen dat hierdie skuldigbevindinge op die getuienis in orde is.
Veel gewag is
ook namens die appellant op appèl gemaak van die vraag of
daar voor die gebeure van 1 tot 2 Februarie 2007
‘n verhouding
tussen die appellant en die klaagster was. Na my oordeel sou dit ook
ten aansien van die aanklagte van verkragting
geensins
deurslaggewend gewees het nie. Dit sou geensins kon dui daarop dat
die klaagster toegestem het tot gemeenskap nie, destemeer
nie waar
sy kort tevore die beserings opgedoen het wat volgens dr Olivier met
geweld toegedien moes gewees het nie.
Dit
was in elk geval nie uiteindelik die appellant se weergawe dat hy
die nag van die betrokke voorval, dit wil sê die nag
van 1 tot
2 Februarie 2007, met die klaagster gemeenskap gehad het met haar
toestemming nie. Volgens die appellant het hy daardie
nag glad nie
met die klaagster gemeenskap gehad nie. Sy uiteindelike weergawe was
dat hy wel die vorige nag, dit wil sê
die nag van 31 Januarie
tot 1 Februarie 2007, twee keer
16
met
die klaagster gemeenskap gehad het.
Soos reeds
gemeld, het dr Olivier die redelike moontlikheid dat die swelling en
bloeding wat aan die klaagster se genitalieë
gevind is, die
gevolg kon gewees het van gemeenskap tydens die vorige nag, soos
beweer deur die appellant, uitgesluit.
Dit is so dat
die appellant beweer het dat hy die klaagster en Nasilele aangetref
het, klaarblyklik die middag van 1 Februarie
2007, waar hulle
gemeenskap gehad het. Selfs al sou dié weergawe ook aanvaar
word, is daar van die appellant se kant geen
suggestie dat die
klaagster nie tot daardie gemeenskap sou toegestem het nie en is
daar dus geen grondslag vir spekulasie dat
die klaagster dalk die
beserings by daardie geleentheid kon opgedoen het nie.
Ten slotte, wat
betref die gebeure waaroor die klaagster getuig het, is dit
insiggewend dat die appellant in sy verklaring ter
ondersteuning van
sy aansoek (om verlof tot appèl) in die Streekhof toegegee
het dat die klaagster ‘n eerlike getuie
was. Hy het aangevoer
dat sy bloot ‘n fout gemaak het in wat sy gedink het gebeur
het en skynbaar ook oor die identiteit
van haar aanvaller. Dit was
egter nooit sy verweer nie, en is ook wyslik nie namens hom op appèl
geargumenteer nie.
Na my oordeel
kan die appèl dus, wat betref aanklagte 2, 3, 4 en 5, nie
slaag nie en behoort daardie skuldigbevindings
bekragtig te word.
Mnr Nagel het, weliswaar eers in aanvullende betoogshoofde wat na
die aanhoor van die appèl ingedien
is rondom die vraag of die
appèl ook ten aansien van die eerste drie aanklagte oorweeg
moes word, die appèl ten
aansien van aanklag 3 (aanranding
met die opset om ernstig te beseer) laat vaar.
Dit bring my
dan by die appèl teen die vonnisse, en wat hierdie aspek
betref het mnr Nagel sy betoog uitdruklik beperk
tot die lewenslange
gevangenisstraf wat opgelê is op aanklagte 4 en 5.
Mnr
Nagel se betoog was dat onvoldoende oorweging verleen is aan die
kumulatiewe effek van die appellant se persoonlike omstandighede
en
dat die streeklanddros dus op grond van daardie omstandighede moes
bevind het dat daar wesenlike en dwingende omstandighede
was wat ‘n
afwyking van die voorgeskrewe vonnis
17
geregverdig
het. Voorts het mnr Nagel aan die hand gedoen dat, in elk geval, die
vonnis van lewenslange gevangenisstraf sodanig
buite verhouding tot
die onderhawige misdrywe van verkragting was, dat dit tot ‘n
onreg gelei het.
Alhoewel
die streeklanddros op die oog af ‘n mistasting begaan het deur
van die standpunt uit te gaan dat die persoonlike
omstandighede van
die appellant “
uitsonderlik
”
sou
moes gewees het om ‘n afwyking van die voorgeskrewe vonnis te
regverdig
18
,
meen ek nie dat daar enigiets in die appellant se persoonlike
omstandighede is wat ‘n afwyking van die voorgeskrewe vonnis
sou regverdig, hetsy opsigself of kumulatief met enige ander
inligting, nie.
Na my oordeel
het die streeklanddros ook in ander opsigte misgetas by oorweging
van vonnis op aanklagte 3 en 4.
Die
streeklanddros se benadering dat die periode wat die appellant
verhoorafwagtend in hegtenis deurgebring het
19
nie
in ‘n geval soos die onderhawige tersaaklik kon wees by die
oorweging van vonnis nie, kan duidelik nie reg wees nie
20
.
Verder
het die streeklanddros by oorweging van die vraag van of ‘n
vonnis van lewenslange gevangenisstraf buite verhouding
tot die
betrokke misdade van verkragting sou wees, in ag geneem dat die
appellant die klaagster se klere sou geroof het, dat
hy haar toe by
Nasilele se huis ernstig sou aangerand het, dat hy haar toe sou
ontvoer het en dat hy haar daarna weer by sy
eie huis ernstig
aangerand het. Hierdie gebeure het niks te doen gehad met die
gebeure toe die appellant die aand en die volgende
oggend met die
klaagster gemeenskap gehad het nie. Bowendien is die appellant vir
daardie voorvalle apart vonnisse opgelê,
en kon die
streeklanddros nie dan weer daardie selfde omstandighede in
aanmerking neem as verswarend ten aansien van die misdade
van
verkragting nie
21
.
Heeltemal
afgesien van die voorgaande meen ek in elk geval dat, wanneer gelet
word op die getuienis ten aansien van die onderhawige
twee misdade
van verkragting, ‘n vonnis van lewenslange gevangenisstraf
totaal buite verhouding sou wees daarmee
22
.
Die uiteindelike gemeenskap met die klaagster het nie by een van die
twee geleenthede gepaard gegaan met die toediening van
enige geweld
nie. Volgens my is die feite rondom hierdie twee verkragtings beslis
nie, wanneer dit vergelyk word met die feite
van sommige ander
verkragtings, van so ‘n aard dat dit die uiterste vonnis van
lewenslange gevangenisstraf sou regverdig
nie. Daar is geen
objektiewe getuienis onder eed dat die miskraam wat die klaagster
etlike maande later gehad het, toegeskryf
kon word aan die
verkragtings
23
nie.
Die appellant as ‘n 29-jarige man met twee kinders en ‘n
vaste werk, het weliswaar ‘n vorige veroordeling
van roof
gehad waarvoor hy gevangenisstraf uitgedien het, maar het geen
vorige veroordeling van seksuele geweld, of van enige
seksuele
misdryf, gehad nie.
Selfs
inaggenome die feit dat ‘n Hof van appél nie ligtelik
met ‘n verhoorhof se vonnis sou inmeng nie, meen
ek dat daar
in die onderhawige geval wat aanklagte 4 en 5 betref voldoende
gronde vir inmenging bestaan.
Die feit bly
egter dat die klaagster ure lank daardie nag in die appellant se
huisie moes deurbring, in vrees en terwyl sy redelik
ernstig beseer
was, en dat sy in die proses twee keer deur die appellant verkrag
is. Alhoewel ek meen dat die saamneem van hierdie
aanklagte vir die
doeleindes van vonnis steeds gepas is, meen ek eweneens dat ‘n
redelike lang termyn van gevangenisstraf
in die omstandighede
geroepe is. By oorweging van die betrokke termyn, sal die periode
wat die appellant verhoorafwagtend in
aanhouding deurgebring het,
egter in aanmerking geneem word. Ek meen ook dat dit steeds billik
sal wees dat gelas word dat die
vonnisse op aanklagte 2 en 3
samelopend uitgedien word met dié op aanklagte 4 en 5. Die
gebeure het alles eintlik maar
een geheel gevorm.
Die volgende
bevele word dus hierin gemaak:
Die
skuldigbevinding en vonnis op die aanklag van roof (aanklag 1) word
tersyde gestel.
Die
skuldigbevindings op aanklag 2 (menseroof) en aanklag 3 (aanranding
met die opset om ernstig te beseer), sowel as die gepaardgaande
vonnisse, word bekragtig.
Die
skuldigbevindings op aanklagte 4 en 5 (verkragting) word eweneens
bekragtig, maar die vonnis van lewenslange gevangenisstraf
word
tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf ten aansien van aanklagte 4 en 5, saamgeneem vir
doeleindes van vonnis, welke vonnis teruggedateer word na 30 Oktober
2008.
Dit word
gelas dat die vonnisse op aanklagte 2 en 3 samelopend uitgedien sal
word met die vonnis op aanklagte 4 en 5.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
C C WILLIAMS
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Mnr P J
Nagel
Namens: Kimberley
Regshulpsentrum, Kimberley
Nms Respondent: Adv N P
Serepo
Namens: Direkteur van
Openbare Vervolgings, Kimberley
1
Artikel
39 (2)(a)(i) van die Wet op Korrektiewe Dienste, 111 van 1998;
Vergelyk artikel 280 (2) van die Strafproseswet, 51 van
1977
2
soos
gewysig deur artikel 6 van Wet 38 van 2007
3
Shinga
v
The State and Another (Society of Advocates
(Pietermaritzburg Bar) intervening
as
Amicus Curiae
;
S v O’Connell and Others
2007
(2) SACR 28
(CC)
4
wat
die beskuldigde nooit sonder verlof daartoe sou gehad het nie
5
Artikel
34 van die Grondwet, 108 van 1996
6
S
v Hadebe and Others
1997 (2) SACR 641
(SCA) op 645e-f
7
S
v M
2006 (1) SASV 135 (HHA) para [40]
8
Dit
moet in gedagte gehou word dat, volgens Nasilele, die appellant hom
daar daarvan beskuldig het dat hy “
sy
vrou
”
, ‘n duidelike
verwysing na die klaagster, se klere in die sak gehad het.
9
Vergelyk
S v Motshari
2001
(1) SACR 550
(NC) op 558f-559a
10
S
v Oosthuizen
1982 (3) SA 571
(T) op 575E-577C
11
op
die Staat se weergawe nogal by Nasilele se huis, en op die appellant
se weergawe in die onbewoonde huis waar Nasilele en die
klaagster
besig was met gemeenskap
12
ene
Henning
13
Vergelyk
S v Teixeira
1980
(3) SA 755
(A);
S v Motsepe en ‘n
Ander
1991 (2) SACR 462
(SCA) op
469a-b
14
Dit
was ook wat die appellant in aanklag 3 ten laste gelê is
15
en
nie ‘n misverstand veroorsaak deur ‘n taalprobleem nie
16
Toevallig
ook nogal een keer die aand en een keer die oggend!
17
wat
van toepassing was weens die feit dat die klaagster twee keer
verkrag is
18
S
v Malgas
2001 (1) SACR 469
(SCA)
19
o
ngeveer
18 maande
20
S
v Ndlovu
2007 (1) SACR 535
(SCA) para [13]
21
Vergelyk
S v Maraisana and Another
1992 (2) SACR 507
(AD) op 506h-508b
22
Vergelyk
S v MN
2011
(1) SACR 286
(ECG) para [6]
23
e
erder
byvoorbeeld as aan die aanranding