Mosata v S (CA&R 88/10/2010) [2011] ZANCHC 6 (11 March 2011)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Murder — Self-defence — Appellant convicted of murder after fatally stabbing the deceased during a fight outside a tavern — Appellant claimed self-defence, asserting he was attacked with bottles — Evidence revealed multiple stab wounds on the deceased, including fatal wounds to the chest and back — Court found that the appellant's actions exceeded the bounds of self-defence, but the prosecution failed to prove beyond reasonable doubt that the appellant acted unlawfully — Appeal upheld on the basis that reasonable doubt existed regarding the appellant's guilt.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2011
>>
[2011] ZANCHC 6
|

|

Mosata v S (CA&R 88/10/2010) [2011] ZANCHC 6 (11 March 2011)

Rapporteerbaar:
Ja / Nee
Sirkuleer
onder Regters: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Landdroste: Ja / Nee
Sirkuleer
onder Streeklanddroste: Ja / Nee
IN
DIE Hoë HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse
Hoë Hof, Kimberley)
Saak No: CA&R
88/10/2010
Saak
Aangehoor: 28/02/2010
Datum gelewer:
11/03/2010
In
die saak tussen:
ELVIS
KAGISHO MOSATA
..................................................
Appellant
en
DIE
STAAT
...........................................................................
Respondent
Coram: Lacock R et
Olivier R
UITSPRAAK
Olivier R:
Die appellant
is in die Streekhof skuldig bevind op ‘n aanklag van moord en
gevonnis tot 15 jaar gevangenisstraf. Sy aansoek
om verlof tot appèl
is afgewys, maar op petisie is verlof aan hom verleen om teen beide
sy skuldigbevinding en vonnis
te appelleer.
Dit
was gemenesaak dat die appellant en die oorledene die betrokke aand
in ‘n bakleiery betrokke was in ‘n taverne
1
.
Alhoewel daar teenstrydighede was oor presies hoe dit gebeur het, is
die geveg stopgesit en het hulle albei buite die taverne
beland.
Daar het die appellant die oorledene ‘n fatale steekwond in
die bors toegedien.
Die appellant
het op die aanklag van moord onskuldig gepleit. Sy verweer was een
van noodweer. Sy weergawe was dat die oorledene
en ‘n vriend
hom buite genader het, gewapen met leë bottels, dat die
oorledene ‘n hou met ‘n bottel na
die appellant geslaan
het, dat die appellant egter gekoes het en dat hy toe die oorledene
‘n enkele steekwond in die bors
toegedien het.
Tydens
die lykskouing is egter, afgesien van ‘n laserasie aan die
agterkop
2
vyf
steekwonde aan die oorledene gevind. Afgesien van die fatale
steekwond in sy bors, was daar ook ‘n fatale steekwond
in sy
rug, twee nie-fatale steekwonde op die linkerskouer en een
steekwond
3
aan
die linker ringvinger.
Om redes wat
sal blyk, is dit van belang dat eerstens gekyk word na die vraag of
die ander vier steekwonde as die een in die bors,
op ‘n ander
geleentheid opgedoen kon gewees het as tydens die gebeure tussen die
appellant en die oorledene buite die taverne.
Die
appellant se weergawe is dat ‘n mansvriend van me T A Chaka
4
later
teenoor die appellant gemeld dat hy vroeër die dag met die
oorledene baklei het en hom gesteek (“
stabbed

)
het. Die betrokke persoon is egter nooit as ‘n getuie geroep
nie en geen basis is gelê vir waarom dié duidelike

hoorsê getuienis toegelaat moes word nie.
Die getuienis
van die dokter wat die lykskouing uitgevoer het, maak na my oordeel
opsigself al in elk geval ‘n einde aan
die moontlikheid dat
die oorledene al vier die ander wonde vroeër, op ‘n ander
toneel, kon opgedoen het. Die dokter
se getuienis was duidelik dat
die steekwonde tydens dieselfde voorval opgedoen moes gewees het en
dat die steekwond op die rug
ook fataal was en opsigself tot die
dood sou gelei het binne ‘n kort tydjie. Daar blyk geen rede
uit die oorkonde waarom
hierdie getuienis van die dokter nie aanvaar
moes gewees het nie.
Mnr Monahela,
die ambulansbestuurder wat die oorledene aangetref het op die
toneel, het getuig dat hy ‘n wond op die bors
en ‘n wond
op die rug van die oorledene opgemerk het en dat sy afleiding was
dat die voorwerp waarmee gesteek is, so lank
moes gewees het dat dit
regdeur die oorledene se borskas gegaan het.
Ten spyte
daarvan dat dié afleiding nie gegrond was op enige kliniese
ondersoek van die oorledene nie, dat mnr Monahela
nie getoets is oor
die gronde vir so ‘n afleiding nie en dat die afleiding
duidelik in stryd was met die getuienis van
die dokter en met die
inhoud van die lykskouingsverslag (wat toe alreeds voor die
streeklanddros gedien het), het die streeklanddros
die appellant in
sy getuienis gekonfronteer met die betrokke getuienis en hom gevra
om toe te gee dat die toediening van so ‘n
wond met
uitermatige geweld moes gepaard gegaan het. Soos sal blyk, was
hierdie ‘n mistasting van die streeklanddros en
vir soverre
daar ook op dié basis bevind is dat die appellant die perke
van noodweer oorskry het, sou dit direk verband
hou met die
appellant se skuldigbevinding.
Dit
was die onbetwiste weergawe van die dokter
5
,
wat wel die twee borskaswonde behoorlik ondersoek het, dat elkeen
van daardie wonde afwaarts gesterk het en op ‘n ander
plek in
die liggaam van die oorledene geëindig het, die een in die hart
en die ander in die linkerlong. Die feit dat elkeen
van hierdie
wonde ‘n afsonderlike eindpunt gehad het, en dat beide van
hulle afwaarts gesterk het, maak dit onmoontlik
dat hierdie twee
wonde deur een steekhou veroorsaak kon gewees het.
Geeneen
van die staatsgetuies het enige bloed aan die oorledene gesien voor
of onmiddellik na die voorval tussen hom en die appellant
binne die
taverne nie. Inteendeel, sy eie getuie
6
het
getuig dat hy sou gesien het as die oorledene reeds gebloei het of
daar reeds bloed aan hom was op daardie stadium.
Dit is ook baie
duidelik dat minstens die steekwond op die rug dit vir die oorledene
totaal onmoontlik sou gemaak het om rustig
te kuier binne die
taverne totdat hy en die appellant daar handgemeen geraak het.
Dit is dus
inderdaad bo redelike twyfel duidelik dat die oorledene al die
steekwonde daar buite die taverne moes opgedoen het.
Daar is geen
suggestie dat iemand anders as die appellant die oorledene daar
steekwonde toegedien het nie. Die gebeure het ten
aanskoue van ‘n
klomp mense plaasgevind. Die onenigheid was van meet af aan net
tussen die oorledene en die appellant.
Op alle getuienis was die
appellant ook alleen toe hy en die oorledene buite die taverne
slaags geraak het. Mnr Dias se getuienis
dat die appellant se vriend
eers uit is toe die geveg reeds aan die gang was, is onbetwis.
Dit is dus bo
redelike twyfel duidelik dat die appellant die oorledene al vyf die
steekwonde moes toegedien het daar buite die
taverne. Die
streeklanddros se verwerping van die appellant se getuienis tot die
teendeel, was dus na my oordeel korrek.
Dit beteken
egter nie dat die geheel van die appellant se weergawe sondermeer
ook verwerp moes gewees het nie. Dit sou steeds
as deel van die
geheel van die getuienis oorweeg moes gewees het om te bepaal of dit
redelik moontlik waar was, en meer spesifiek
om te bepaal of die
Staat daarin geslaag het om die verweer van noodweer te weerlê.
Van staatsweë
is ook die getuienis aangebied van Chaka, mnr M P Motsenyane en mnr
K I Gahagwe. Laasgemelde het op sy eie
weergawe nie gesien wat buite
die taverne gebeur het nie.
Motsenyane se
weergawe was dat die oorledene en sy vriend die appellant genader
het en dat hulle gewapen was met leë bottels.
Daar het toe’n
vuisgeveg plaasgevind tussen die oorledene en die appellant. Die
appellant het toe die oorledene met ‘n
mes op sy bors gesteek,
waarna die oorledene geval het. Hy wat Motsenyane is, is toe weer
die taverne binne. Toe hy weer uit
is, het hy waargeneem dat die
appellant met bottels gejaag word.
Chaka se
weergawe was dat dit die appellant was wat die oorledene genader het
(en nie andersom nie). Die oorledene het toe gebukkend
gesoek na ‘n
bottel of ‘n klip op die grond. Toe sy hom gevra het wat
aangaan, het die oorledene geantwoord dat die
appellant hom gesteek
het. Die oorledene het toe op sy rug geval. Die appellant het toe
teruggegaan na waar hy eers was en sy
het weer die taverne
binnegegaan.
Die
streeklanddros het aanvaar dat daar teenstrydighede was tussen die
weergawes van Motsenyane en Chaka, twee daarvan uitgelig
en bevind
dat dit nie wesenlike weersprekings was nie. Daar was inderdaad
heelwat ander weersprekings, baie waarvan egter geslaan
het op die
gebeure binne die taverne. Daar was egter ook weersprekings oor die
gebeure buite die taverne, wat na my oordeel beslis
wesenlik was.
Ek kan nie met
die streeklanddros saamstem dat die weersprekings oor of die
oorledene en sy vriend met leë bottels gewapen
was, en oor of
dit die oorledene en sy vriend was wat die appellant genader het (of
andersom), nie wesenlik was nie. Dit het
juis die hele wese van die
appellant se verweer van noodweer geraak. Dit was juis die appellant
se saak dat hulle met bottels
gewapen was en dat hulle hom daarmee
genader het en dus die aggressors was. Daar was ondermeer ook ‘n
weerspreking oor
die beligting op die toneel.
As Chaka
inderdaad kon gesien het wie nader vir wie, sou dit waarskynlik
beteken het dat sy die toneel moes begin waarneem het
nog voordat
die oorledene die steekwonde opgedoen het, en dat sy dus die aanval
op die oorledene moes gesien het. Sy het egter
later beweer dat sy
eintlik nog oppad uit was by die taverne toe die oorledene gesteek
is en dat sy dit nie sien gebeur het nie.
Hoe dit ookal
sy, Chaka se bewering dat sy glad nie die stekery aanskou het nie,
het meegebring dat Motsenyane van staatsweë
‘n
enkelgetuie daaroor was. Die streeklanddros het bevind dat
Motsenyane, ten spyte van die weersprekings tussen hom en
Chaka, ‘n
geloofwaardige getuie was.
Die
streeklanddros het op die oog af geen oorweging verleen aan die feit
dat Motsenyane se weergawe dat hy slegs een steekhou
(op die bors)
gesien het en dat die oorledene daarna geval het, op die oog af
onversoenbaar sou wees met die feit dat die oorledene
meerdere
steekwonde toegedien is nie.
Dit val ook
vreemd op dat Motsenyane, nadat hy die steekhou op die bors gesien
het, wegbeweeg het van die toneel af en weer by
die taverne ingegaan
het. Geen verduideliking bestaan vir dié oënskynlik
onwaarskynlike gedrag nie.
Dit
kom ook op die oog af vreemd voor dat die oorledene, nadat hy
homself juis met ‘n leë bottel bewapen het, en wel

duidelik
7
met
die oog op ‘n konfrontasie met die appellant, dan eerder sou
verkies het om van die bottel ontslae te raak en om met
vuiste te
baklei.
Wanneer
die weergawe van Motsenyane, oor wat buite die taverne gebeur het,
oorweeg word saam met dié van die appellant
8
,
kan die redelike moontlikheid dat die oorledene die appellant met ‘n
bottel aangeval het, na my oordeel nie uitgesluit
word nie.
Ek
kan ook nie op die getuienis saamstem met die streeklanddros se
bevinding dat die appellant “
did not act in self
defence, nor at any stage was there an attack by the Deceased or his
friend on the Accused

. Inteendeel,
selfs op die getuienis van Motsenyane sou hierdie bevinding nie
regverdigbaar gewees het nie.
Die
streeklanddros gaan dan egter voort en, met verwysing na die
vereiste balans tussen ‘n aanvals- en afweershandeling
in ‘n
noodweersituasie, bevind dat ‘n redelike persoon nie die
oorledene meer as een keer sou gesteek het in selfverdediging
nie.
As eenmaal
aanvaar sou word dat daar redelik moontlik ‘n aanval deur die
oorledene op die appellant was met ‘n bottel,
sou dit vasstaan
dat ‘n noodweersituasie, wat optrede in selfverdediging sou
regverdig het, inderdaad bestaan het.
Die
enigste basis waarop die appellant se handeling dan nog
wederregtelik sou kon gewees het, sou wees indien hy die perke van

noodweer oorskry het “
deur
(die
oorledene)
meer
leed aan te doen as wat die aanval regverdig

het
9
.
Die
bewyslas was op die vervolging om bo redelike twyfel te bewys dat,
indien daar ‘n aanval was, die appellant die perke
van
noodweer oorskry het en dus tog steeds wederregtelik opgetree het
10
.
Na my oordeel
kon dit nie op dié getuienis bo redelike twyfel bevind gewees
het dat die appellant die perke van noodweer
oorskry het nie. Die
redelike moontlikheid dat die oorledene die fatale steekwonde kon
opgedoen het aan die einde van ‘n
volgehoue aanval op die
appellant, en ná die ander steekwonde, is nie deur die staat
uitgesluit nie. Om op die basis van
só ‘n aanval te
bevind dat die toediening van fatale steekwonde nie geregverdig was
nie, of dat die appellant moes
gevlug het, sou na my oordeel neerkom
op ‘n leunstoel-benadering.
Die
verwerping van die appellant se weergawe van slegs een steekhou sou
nie opsigself die afleiding kon regverdig, en in die afwesigheid
van
enige ander geloofwaardige getuienis tot dié effek, dat die
eerste steekwond wat toegedien is die fatale steekwond
was en dat
die oorledene se aanval daarmee reeds beëindig is nie
11
.
Dieselfde geld
egter volgens my in die scenario waar ‘n fatale wond heel
eerste al toegedien sou gewees het. Die appellant
is aangeval met ‘n
bottel, en dit terwyl die oorledene se vriend ook reggestaan het met
‘n bottel van sy eie.
Dinge sou
waarskynlik vinnig gebeur het, met die steekwonde wat vinnig
opeenvolgend toegedien kon gewees het. Om te verwag dat
die
appellant dan na elk van die steekhoue eers moes gewag het om te kyk
of die oorledene of sy vriend voortgaan met die aanval,
sou eweneens
neerkom op die inneem van ‘n leunstoel-benadering. Inteendeel,
die feit dat, selfs op Motsenyane se weergawe,
die appellant toe met
bottels rondgejaag is, dui daarop dat hy geen rede sou gehad het om
te glo dat ‘n enkele steekwond
die einde van beide die
oorledene en sy vriend se aggressie sou gewees het nie.
In so ‘n
scenario sou die toediening van die verdere wonde dan ook nie
werklik meer tersaaklik wees vir doeleindes van die
vraag na
wederregtelikheid (en die moontlike oorskryding van die perke van
noodweer) in die doding van die oorledene nie, want
die toediening
van daardie steekwond wat kousaal gelei het tot die dood, sou dan
geregverdig gewees het.
Na my oordeel
het die vervolging nie op die totaliteit van die getuienis daarin
geslaag om bo redelike twyfel te bewys dat daar
geen
noodweersituasie bestaan het, of dat (indien daar wel so ‘n
situasie bestaan het) die appellant die perke van noodweer
oorskry
het nie.
Die appèl
teen die skuldigbevinding behoort dus volgens my te slaag, wat dit
onnodig maak om die appèl teen die
vonnis te oorweeg.
Die volgende
bevel word dus gemaak:
Die appèl
slaag en die skuldigbevinding en vonnis word tersyde gestel.
_____________________
C J OLIVIER
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Ek stem saam.
______________________
H J LACOCK
REGTER
NOORD-KAAPSE
AFDELING
Nms Appellant: Adv I J Nel
In opdrag van: André
Potgieter & Vennote, KIMBERLEY
Nms Respondent: Adv N P
Serepo
In opdrag van: Direkteur
van Openbare Vervolgings, KIMBERLEY
1
Geeneen
van die streekwonde wat uiteindelik aan die oorledene gevind is, is
tydens dié bakleiery binne die taverne opgedoen
nie.
2
wat
bevind is die gevolg sou gewees het van stomp geweld en opgedoen kon
gewees het toe die oorledene geval het
3
beskryf
as ‘n verdedigingswond
4

n
dame wat die aand saam by die taverne was en wat ook namens die
vervolging getuig het.
5
met
verwysing na haar verslag
6
Mnr
Clifton Dias
7
op
Motsenyane se weergawe
8
Dias
het op sy eie weergawe glad nie gesien wat buite die taverne gebeur
het nie
9
Strafreg
,
Snyman, 5de uitgawe, bl 112
10
S
v Ntuli
1975 (1) SA 429
(AD) op 437;
vergelyk
Thabethe v Minister of Police
and Another
1981 (3) SA 569
(D)
11
S
v Steynberg
1983 (3) SA 140
(AA) op
146A-148E