Le Roux v MacDonald's Transport Upington (Pty) Ltd (767/07) [2011] ZANCHC 1 (25 February 2011)

55 Reportability
Contract Law

Brief Summary

Contract — Breach of contract — Action for damages — Plaintiff claimed damages for non-delivery of machinery by transport company — Agreement established for transportation of TLB and other items — TLB not delivered as agreed, resulting in plaintiff purchasing replacement machinery — Defendant's denial of liability and subsequent withdrawal of counterclaim — Court found evidence supported plaintiff's claim of breach and entitlement to damages — Defendant's application for absolution from the instance dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: High Court, Northern Cape Division, Kimberley
>>
2011
>>
[2011] ZANCHC 1
|

|

Le Roux v MacDonald's Transport Upington (Pty) Ltd (767/07) [2011] ZANCHC 1 (25 February 2011)

Rapporteerbaar
YES / NO
Sirkuleer aan Regters YES / NO
Sirkuleer aan
Landdroste: YES / NO
Sirkuleer aan Streeklanddroste: YES / NO
IN
DIE HOË HOF VAN SUID-AFRIKA
(Noord-Kaapse Hoë
Hof, Kimberley)
Saakno: 767/07
Datum verhoor: 14
& 15/02/2011
Datum gelewer:
25/02/2011
BAREND DANIEL CORNELIUS LE ROUX
….......................................................
EISER
en
MACDONALD’S TRANSPORT UPINGTON (PTY) LTD
…....................
VERWEERDER
UITSPRAAK
BESTER-TREURNICHT WnR
Die eiser het ‘n aksie vir skadevergoeding in die
bedrag van R168 948,00 ingestel teen die verweerder, ‘n
vervoermaatskappy
vanweë laasgenoemde se beweerde kontrakbreuk.
Dit is gemenesaak tussen die partye dat die eiser gedurende Augustus
2005
met die verweerder ooreengekom het om sekere masjinerie,
implemente, pype ensomeer vanaf sy plaas te Tsaneen na Robertson te

vervoer. Die items wat vervoer sou word het ingesluit ‘n
Komatsu konstruksiemasjien met ‘n skopgraaf voor en agter,

waarna in die getuienis verwys is as die “TLB”. Die TLB
is opgelaai maar nooit deur die verweerder by die eiser afgelewer

nie.
Namens die eiser het hyself en ‘n
swaarvoertuigdeskundige, Mnr. Oosthuizen getuig. Sy getuienis wat
aangebied is om eiser
se skade te bewys, was tot die effek dat hy
met die betrokke TLB bekend was en dit gereeld gediens het. Volgens
hom was dit in
‘n goeie toestand. Met die eiser se verhuising
vanaf Tsaneen het hy besluit om die TLB te koop in die hoop dat hy
dit teen
‘n wins kon verkoop. Hy het gevolglik gedurende
Augustus 2005 ‘n bedrag van R130 000 plus BTW daarvoor
aangebied,
maar die eiser wou dit nie daarvoor verkoop nie. Sy
getuienis is nie betwis nie. Dit kan na my mening gevolglik aanvaar
word
dat by ‘n gebrek aan getuienis tot die teendeel hierdie
getuienis daarop dui dat die redelike en billike markwaarde van die

TLB tydens die aangaan van die ooreenkoms ten minste R130 000,00
was.
Die eiser het self ook getuig. Hy het twee bestelvorms
op onderskeidelik 25 Julie 2005 en 2 Augustus 2005 aan die
verweerder gestuur
vir sekere vervoerwerk insluitende die van die
TLB. Die oplaaidatum van die items te Tsaneen was gespesifiseer as
12 Augustus
2005 en die aflaaidatum te Robertson as 15 Augustus
2005. Die verweerder het ‘n faktuur gelewer vir die
vervoerwerk in
die bedrag van R16 600,00 plus BTW per vrag en
dit is deur die eiser betaal voordat die goedere opgelaai is.
Op 10 Augustus 2005 is die eerste vrag gelaai en op 12
Augustus 2005 is die verdere goedere, waaronder die TLB en ‘n
bakkie,
deur die verweerder opgelaai om vervoer te word soos
ooreengekom. Die verweerder se bestuurders van die vragmotor waarop
die
goedere gelaai is, ene Oortjies en ene Fanie, het aangedui op
watter wyse die TLB, die bakkie en ander items op die vragmotor
gelaai moes word en ook bevestig dat alles korrek gelaai was voordat
hulle vertrek het.
Die eiser het later ‘n oproep van die verweerder
se Mnr. Nick Erasmus ontvang wat hom meegedeel het dat die arm van
die
TLB met ‘n brug gebots het en dat die arm en kajuit
beskadig is. Die eiser was versoek om na die verweerder se depot te
Isando, Johannesburg, te gaan om die TLB te inspekteer. Tydens eiser
se besoek aldaar is hy deur Mnr. Landman, die verweerder
se
bestuurder van die tak versoek om die TLB van die vragmotor af te
laai en op die perseel te parkeer. Met die aanskakel van
die TLB het
olie oral op die hidroliese pype gelek en het die glasstukke van die
voorruit in die kajuit geval. Die arm van die
TLB was mank en
duidelik beskadig.
Mnr. Landman het teenoor die eiser aangedui dat hy ‘n
ondersoek na die skade aan die TLB sou doen en die versekering sou
kontak. Die eiser het die TLB daar gelaat en ‘n paar dae later
met Mnr. Nick Erasmus in verbinding getree aangesien hy die

verweerder se bestuurder te Upington was met wie die
vervoerooreenkoms aangegaan het. Mnr. Erasmus het aangedui dat die
TLB
moontlik by die verweerder se werkswinkel te Upington reggemaak
kon word.
Die eiser het daarna na Upington gereis en Mnr. Erasmus
self gespreek. Mnr. Erasmus het aangedui dat die versekering die
aangeleentheid
sou hanteer, maar aangebied dat die TLB in die
werkswinkel reggemaak kon word. Die eiser het hom versoek dat in
daardie geval
dit daarna kosteloos na die eiser se plaas te
Robertson vervoer moes word en daar afgelewer word. Hierdie versoek
is egter geweier.
Mnr. Erasmus se houding was dat die verweerder dit
nie sou kon doen nie vanweë die ekstra koste wat dit sou
meebring. Die
eiser het hierna die aangeleentheid na sy prokureurs
verwys.
Volgens die getuienis van die eiser het hy die TLB die
laaste keer op 12 Augustus 2005 te Isando gesien tydens die besoek
waarna
ek reeds verwys het. Hy het nooit lewering daarvan ontvang
nie en ook nie ‘n tender van die verweerder ontvang om die TLB

aan hom te lewer hetsy in die beskadigde of herstelde toestand nie.
Die eiser was verplig om gedurende Oktober 2005 ‘n
ander
soortgelyke masjien aan te koop om in sy werksbehoeftes te Robertson
te voorsien en waarvoor ‘n masjien soos die
TLB benodig was.
Hy het getuig dat hy toe ‘n nuwe Kubota vir R280 000,00
aangekoop het.
Die eiser het gedurende 2006 weer by die verweerder se
tak te Isando aangedoen om te kyk of die TLB nog daar was. Mnr.
Landman
was verbaas dat die eiser op soek was na die TLB en gesê
dat dit nie daar was nie en aangedui dat h onder die indruk was
dat
die versekeringsmaatskappy die TLB geneem het en die eiser daarvoor
vergoed het. Nadat hy ‘n telefoonoproep gemaak
het, het hy
egter aan die eiser gesê dat die TLB in Upington was.
Op 7 Augustus 2006 het die eiser se prokureur ‘n
skrywe aan die verweerder gestuur waarin sekere navrae gerig word in
die
hoop dat regstappe afgeweer kon word. Onder andere is daarin
dringend verneem waar die eiser se eiendom (synde die TLB) op
daardie
tydstip was. Die laaste paragraaf van die skrywe lees as
volg:

Verder is dit onaanvaarbaar
dat u steeds weier om aan ons kliënt duidelikheid te gee oor
waar ons kliënt se eiendom huidiglik
is.”
Die eiser het geen reaksie op hierdie skrywe ontvang
nie. Hy het daarna ‘n privaatspeurder ene Botha, aangestel om
die TLB
op te spoor. Dié het later berig dat hy inligting
bekom het dat die TLB by die verweerder se tak te Upington was. In
herverhoor
het die eiser getuig dat die speurder verder vir hom gesê
het dat die TLB skynbaar gedeeltelik herstel was en soms deur die

verweerder gebruik word.
Soos later hierin aangedui, het die verweerder geen
getuienis aangebied nie. Dit is gevolglik miskien nuttig om kortliks
na die
verweerder se saak te verwys soos dit in die pleitstukke
ontvou het.
Gedurende September 2007 het verweerder ‘n
Teeneis geliasseer waarin stoorkoste in die bedrag van R83 160,00
geëis
word vanweë die feit dat verweerder beweerdelik die
TLB by sy Johannesburg depot stoor. Hierdie bewering is in stryd met
die eiser se weergawe van wat hy meegedeel was toe hy vroeër
die Johannesburg depot gedurende 2006 besoek het en aan hom
aangedui
is dat die TLB nie meer daar was nie. Hoe dit ookal sy, die
verweerder se Teeneis is op 17 Augustus 2010 teruggetrek.
Die verweer uiteengesit in die verweerder se Gewysigde
Verweerskrif kom in kort daarop neer dat die verweerder aanvoer dat
terme
van die ooreenkoms tussen die partye was dat:
Die goedere wat vervoer moes word deur die eiser self
op die verweerder se vragmotor gelaai sou word;
Die goedere gelaai sou word op ‘n wyse wat nie
tot gevolg sou hê dat enige statutêre voorskrifte
aangaande
die vervoer van goedere, oortree sou word nie; en
Indien enige van die goedere aldus gelaai, beskadig
word as gevolg van die feit dat dit nie behoorlik en in
ooreenstemming met
geldende wetgewing gelaai was nie, die
verweerder geensins vir sodanige skade teenoor die eiser
aanspreeklik sou wees nie.
Dit is verder ontken dat die TLB die onderwerp van die
vervoerooreenkoms tussen die partye was en is die eiser tot bewys
daarvan
geplaas. Vóór die aanvang van die verhoor het
die verweerder se advokaat, Adv. Van Niekerk SC, aangedui dat die
verweerder nie meer volhard met hierdie verweer nie en dat dit erken
word dat die TLB deel van die vervoerooreenkoms was.
Ongeveer ‘n week voor die aanvang van die verhoor
het die verweerder ‘n Kennisgewing kragtens Reël 28
geliasseer
waarin aangedui word dat die verweerder van voornemens
was om tydens die verhoor ‘n spesiale pleit van skikking op te
werp.
Die bewering wat in daardie verband gemaak is, is dat die
partye ‘n skikkingsooreenkoms aangegaan het op 1 Februarie
2011
ingevolge waarvan die verweerder die TLB op sy koste in die
toestand waarin dit toe was aan die eiser sou lewer en dat die
partye
daarna geen verdere eise teen mekaar sou hê nie. Met
die aanvang van die verhoor het Mnr. Van Niekerk aangedui dat die

verweerder ook nie met hierdie spesiale pleit volhard nie en is dit
laat vaar.
Nog ‘n verandering van rigting het geskied toe
Mnr. Van Niekerk gedurende die kruisverhoor van die eiser ‘n
verdere
Kennisgewing van Wysiging namens die verweerder ingehandig
het ingevolge waarvan aansoek gedoen is vir die verdere wysiging van

die Gewysigde Verweerskrif, welke wysiging toegestaan is. Die effek
daarvan is die volgende:
Waar aanvanklik beweer was dat die partye gedurende
Augustus 2005 ‘n mondelinge ooreenkoms gesluit het, word daar
in die
verdere wysiging aangevoer dat die partye twee deels
mondeling en deels skriftelike ooreenkomste gesluit het gedurende
Julie
en Augustus 2005.
Die bewering omtrent die drie terme van die ooreenkoms
soos aanvanklik beweer en hierbo in paragraaf 14 uiteengesit, word
herroep
en sodanige terme vorm nie meer deel van die ooreenkoms
ingevolge waarvan die TLB vervoer sou word nie. (Die effek daarvan

is dat daar nie meer beweer word dat die eiser die TLB sou laai
volgens statutêre voorskrifte nie of dat die verweerder
nie
aanspreeklik sou wees vir skade indien die TLB nie op sodanige wyse
gelaai was nie.)
Die enigste verweer wat op die meriete oorgebly het is
dat nou beweer word dat die eiser ‘n ligte
afleweringsvoertuig
wat nie deel van die vervoerooreenkoms was nie,
op die vragmotor gelaai het en dat die TLB is as gevolg daarvan
beskadig.
Hierop het die eiser sy saak gesluit en het die
verweerder aansoek gedoen vir absolusie van die instansie. Ek het
die aansoek
afgewys met koste en aangedui dat ek my redes later sou
verskaf. Die redes word vervolgens uiteengesit.
Geen betoog is ten aansien van die meriete van die
saak deur die verweerder gelewer nie. Al die getuienis wat tot op
daardie
stadium aangevoer was het daarop gedui dat die verweerder
kontrakbreuk gepleeg het deur nie die TLB af te lewer soos
ooreengekom
nie.
Die verweerder se aansoek om absolusie was op die
enkele argument gebaseer dat die eiser nie sy skade bewys het nie.
In hierdie
verband het die verweerder aangevoer dat die huidige
markwaarde van die TLB in berekening gebring moet word by die
vasstelling
van die skade, dat daardie (huidige) waarde nie deur
die eiser bewys is nie en dat eiser se skade gevolglik nie
aangetoon is
nie.
Die toets by ‘n aansoek om absolusie is
welbekend. Dit is onlangs weer as volg uiteengesit in
Gordon
Lloyd Page and Associates v Rivera 2001(1) SA 88 (HHA) te
92-93:

[2]
The test for absolution to be applied by a trial court at the end of
a plaintiff's case was formulated in
Claude
Neon Lights (SA) Ltd v Daniel
1976
(4) SA 403
(A)
at 409G-H in these terms:
'(W)hen
absolution from the instance is sought at the close of plaintiff's
case, the test to be applied is not whether the evidence
led by
plaintiff establishes what would finally be required to be
established, but whether there is evidence upon which a Court,

applying its mind reasonably to such evidence, could or might (not
should, nor ought to) find for the plaintiff. (
Gascoyne
v Paul and Hunter
1917
TPD 170
at 173;
Ruto
Flour Mills (Pty) Ltd v Adelson
(2)
1958
(4) SA 307 (T)
.)'
This
implies that a plaintiff has to make out a
prima
facie
case
- in the sense that there is evidence relating to all the elements of
the claim - to survive absolution because without such
evidence no
court could find for the plaintiff (
Marine
& Trade Insurance Co Ltd v Van der Schyff
1972
(1) SA 26 (A)
at 37G - 38A; Schmidt Bewysreg 4th ed at 91-2). As
far as inferences from H the evidence are concerned, the inference
relied upon
by the plaintiff must be a reasonable one, not the only
reasonable one (
Schmidt
at
93). The test has from time to time been formulated in different
terms, especially it has been said that the court must consider

whether there is 'evidence upon which a reasonable man might find for
the plaintiff' (
Gascoyne
(loc cit
))
- a test which had its origin in jury trials when the 'reasonable
man' was a reasonable member of the jury (
Ruto
Flour Mills
).
Such a formulation tends to cloud the issue. The court ought not to
be concerned with what someone else might think; it should
rather be
concerned with its own judgment and not that of another 'reasonable'
person or court. Having said this, absolution at
the end of a
plaintiff's case, in the ordinary course of events, will nevertheless
be granted sparingly but when the occasion arises,
a court should
order it in the interests of justice.

Die gepaste berekening van skadevergoeding weens
kontrakbreuk is oorbekend. Dis is volg uiteengesit in
Victoria
Falls and Transvaal Power Co Ltd v Consolidated Langlaagte Mines
Ltd
1915 AD 1
op 22:

The
sufferer by .... a breach [of contract] should be placed in the
position he would have occupied had the contract been performed,
so
far as that can be done by the payment of money, and without undue
hardship to the defaulting party.”
Alhoewel die omstandighede van ‘n bepaalde geval
‘n ander benadering mag vereis, word skade by kontrakbreuk
bepaal
met verwysing na die tydstip van vervulling, gewoonlik
uitgedruk as die tydstip van kontrakbreuk. In
Rens
v Coltman 1996(1) SA 452 (A)
word dit as
volg gestel (op 458 E-H):

The
application of this rule will ordinarily require in many cases, and
typically the case of a breach of a contract of sale by
the
purchaser, that the date for assessment of damages be the date of
performance, or as it has often been expressed, the date
of the
breach. But even in contracts of this nature, there is no hard and
fast rule (cf
Culverwell
and Another v Brown
1990
(1) SA 7 (A)
at
30G-31H) and in each case the appropriate date may vary depending
upon the circumstances and the proper application of the fundamental

rule that the injured party is to be placed in the position he would
have occupied had the agreement been fulfilled.”
Geen omstandighede is aangevoer waaraan die gewone
reël in verband met die tydstip van skadeberekening nie
behoort te geld
nie en ek kan aan geen rede dink nie. Indien die
ooreenkoms behoorlik nagekom was, sou die eiser die TLB in sy
onbeskadigde
toestand gedurende Augustus 2005 ontvang het. Instede
daarvan het hy glad nie ‘n TLB ontvang nie. Tot en met die
verhoor
hierin, sowat vyf en ‘n half jaar na die tydstip van
ooreengekome lewering, is die TLB steeds nie aan die eiser gelewer

nie (en selfs nie getender nie, hetsy in beskadigde of onbeskadigde
toestand). Die eiser is sy saak kwyt vanaf die datum toe
dit aan
hom gelewer moes gewees het ingevolge die ooreenkoms maar nie
gelewer is nie en is geregtig op sy masjien (in die toestand
waarin
dit gelaai was) of die ekwivalente geldwaarde daarvan.
Die eiser het bewys dat die redelike en billike
markwaarde van die TLB op die tydstip toe dit deur die verweerder
opgelaai is,
R130 000,00 was. Ek meen dat BTW nie vir
doeleindes van hierdie eis in berekening gebring behoort te word
nie aangesien
geen saak daarvoor uitgemaak is dat die eiser BTW op
die skadevergoedingsbedrag sal moet oorbetaal nie.
Ek is dus van oordeel dat die eiser voldoende
getuienis aangebied het omtrent die waarde an die TLB om met
veiligheid ‘n
bevinding daaromtrent te maak. In dié
verband is die opmerking van die hof in
Esso
Standard SA (Pty) Ltd v Katz 1981(1) SA 964 (A)
op
971 F van toepassing:

Monetary
damage having been suffered, it is necessary for the Court to assess
the amount and make the best use it can of the evidence
before it.
There are cases where the assessment by the Court is very little more
than an estimate; but even so, if it is certain
that pecuniary damage
has been suffered, the Court is bound to award damages.”
Bygevolg kon die aansoek om absolusie nie slaag nie en
is dit met koste van die hand gewys.
Die verweerder het hierop sy saak gesluit sonder om
enige getuienis aan te bied.
Ek het in die uiteensetting van die redes vir die
afwysing van die aansoek om absolusie reeds gehandel met die
verweerder se kontraktuele
verpligtinge, sy versuim om daarvolgens
te presteer en die eiser se gevolglike aanspraak op skadevergoeding.
Ek vind dit onnodig
om dit weer te herhaal.
Ek het ingelyks reeds gehandel met die waarde van die
getuienis omtrent die billike waarde van die TLB wat nie gelewer was
nie
Nadat eiser se saak sonder getuienis in dié verband
afgesluit het, is daar geen rede om van die sienswyse te verskil
nie.
Mnr. Van Niekerk het egter by wyse van argument
voorgehou dat die eis van R130 000,00 vir die destydse waarde
van die TLB
nie toegestaan kan word nie aangesien die TLB steeds
bestaan. Die eiser sou homself dan kan verryk, so lui die argument,
deurdat
hy na afloop van uitspraak hierin die
rei
vindicatio
kan instel vir die teruggawe van
sy TLB. Daar is na my oordeel nie meriete in hierdie argument nie.
‘n Opvolgende aksie
waarin eiser sou poog om sy onafgelewerde
saak met die
rei vindicatio
op
te vorder sal in alle waarskynlikheid suksesvol met ‘n pleit
van
res iudicata
afgewend
kan word.

The
effect of a final judgment on a claim is to render the claimant’s
cause of action
res
iudicata
.
If therefore a party with a single cause of action giving rise to a
single claim obtains a final judgment on part of his claim,
the
judgment puts an end to his whole cause of action, with the result
that a subsequent claim for the balance of what his cause
of action
entitled him to claim in the first instance can be met with a plea of
res
iudicata
.
When a cause of action gives rise to more than the remedy, a
plaintiff who pursues one of those remedies and obtains a judgment

thereof can be met with a plea of
res
iudicata
if
he should subsequently seek to pursue one of the other remedies, the
reason being that a final judgment on part of one’s
cause of
action puts an end to the whole of such cause of action”
(Rabie: Lawsa (2
nd
ed): Vol 9; paragraaf 646:
Signature
Design Worship CC v Eskom Pension and Providend Fund and others
2002(2) SA 488 (K) te 492 E-F)/
Dit is egter vir doeleindes van hierdie uitspraak nie
nodig om meer oor hierdie kwessie te sê nie. Mnr. De Villiers,
wat
namens die eiser optree, het toegegee dat indien die bedrag van
R130 000,00 aan die eiser toegeken word as surrogaat vir die

lewering van die TLB in onbeskadigde toestand, die eiser daardeur sy
eiendomsreg van die TLB verbeur. Ek meen dat dit die argument
van
die moontlike instel van ‘n
rei
vindicatio
aksie ondervang.
Wat koste betref is daar geen rede waarom dit nie die
uitslag sal volg nie. eiser het versoek dat ek Mnr. Ooshuizen as ‘n

noodsaaklike deskundige getuie verklaar. HIerdie versoek is
geregverdig en dit word so gelas. Ek is voorts versoek om die reis-

en verblyfkoste van die eiser se advokaat by die koste in te sluit.
In die lig daarvan dat die eiser in die Wes-Kaap provinsie
woonagtig
is, meen ek ook dat dit geregverdig was om ‘n advokaat van
Kaapstad opdrag hierin te gee.
Bygevolg maak ek die volgende bevel:
Die verweerder word gelas om die volgende aan die
eiser te betaal:
Die bedrag van R130 000,00.
Rente op voormelde bedrag teen 15,5% per annum vanaf
datum van betekening van die dagvaarding tot datum van betaling.
Koste van die geding, insluitende die kwalifiserende
koste van die deskundige getuie, Mnr. Oosthuizen, sowel as die
redelike
reis- en verblyfkoste van die eiser se advokaat.
______________________
A BESTER-TREURNICHT
WAARNEMENDE REGTER
NOORD-KAAPSE AFDELING
VERSKYNING VIR EISER
ADV A DE VILLIERS IN OPDRAG VAN
DUNCAN & ROTHMAN, KIMBERLEY
VERSKYNING VIR VERWEERDER
ADV
JG VAN NIEKERK SC IN OPDRAG VAN L COETZEE PROKUREUR, KIMBERLEY