About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1984
>>
[1984] ZASCA 83
|
|
S v Jaggers and Another (437/83) [1984] ZASCA 83 (20 August 1984)
J
OHN JAGGERS
Eerste Appellant
ANTHONY ALDERTON
Tweede Appellant
EN
DIE STAAT
Respondent
437/83/AV
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPèLAFDELING
)
In die saak tussen:
JOHN JAGGERS
Eerste Appellant
ANTHONY
ALDERTON
Tweede Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
CORAM
: Wessels, Cillié , ARR et
Smalberger, WAR
VERHOOR
: 20 Augustus 1984
GELEWER
:
UITSPRAAK
WESSELS, AR
Appellante is in die Kaap die Goeie Hoop Provinsiale
Afdeling
2
Afdeling deur regter Burger en twee assessore aan moord skuldig bevind.
Vanweë 'n bevindlng dat daar geen versag-tende omstandighede
by die pleging
van die moord aanwesig was nie, is albei appellante ter dood veroordeel. Die
voorsittende regter het aan albei appellante.verlof
verleen om na hierdie hof te
appelleer teen hulle skuldigbevinding aan moord en die bevinding dat daar geen
versagtende om-standighede
by die pleging van die moord aanwesig was nie. Uit
die oorkonde blyk dat die oorledene op 12 November 1982 gesterf het terwyl hy,
die twee appellante en nog vier ander lang termyn gevangenes in 'n beknopte
kajuit op 'n trok vanaf Pollsmoor gevangenis in die buitewyke
van Kaapstad na
Brandvlei gevangenis te Worcester vervoer is. By
die
3 die verhoor is dit appellante ten laste gelê dat hulle
wederregtelik en opsetlik oorledene se dood veroorsaak het deur hom
met 'n
lyfband te verwurg. In sy uitspraak het die voorsittende regter verwys na die
beknopte kajuit waarin die gevangenes saamgehok
was, en die reëlings wat
vir hulle vervoer getref is met regverdiging skerp ver-oordeel. Ek aanvaar dat
die betrokke owerhede
in ken-nis gestel is aangaande die hof a
quo
se
kritiek.
By die aanvang van die verhoor het eerste appellant (beskuldigde No 1)
onskuldig gepleit, terwyl tweede appellant (beskuldigde No
2) skuldig gepleit
het. Dit blyk uit die oorkonde dat die voorsittende regter gedurende die loop
van die verhoor op aansoek van beskuldigde
No 2 se advokaat
beveel
4
beveel het dat die pleit van skuldig na een van
onskuldig
verander moes word. Die aansoek is gedoen na aanleiding
van die inhoud van 'n geskrewe verklaring deur beskuldigde
No 2 wat by die verhoorhof ingedien is. Dit lui soos volg:
"Ek, Anthony Alderton, die ondergetekende, maak die volgende verklaring: Op
of omtrent 12 November 1982 en op pad van Pollsmoor Gevangenis,
Kaapstad, na
Brand-vlei Gevangenis, Worcester, in die dis-trik Worcester, het ek vir
Christopher Elliot, 'n manlike persoon gedood
deur hom te verwurg met 'n
lyfband. Ek ont-ken dat my handeling wederregtelik was en beweer dat dit deur
die omstandighede genoodsaak
was omdat ek is deur Mogamat Abrahams beveel om die
lyfband wat om die oorledene se nek was, te trek en om die oorledene teen die
vloer te hou. Mogamat Abrahams en ander mense saam met ons in die afskorting
waar die voorval plaasgevind het asook ekself is lede
van 'n tronkbende, die 26
bende. Ek het die
laagste
5
laagste rang in die bende onder almal van hulle. Toe ek beveel is om die
oorledene te verwurg, het ek gedink dat as ek weier om dit
te doen, sal die
ander mense my op die plek doodmaak."
Voorts het die beskuldige No 1 te kenne gegee dat hy nie die
dienste van
'n
pro
deo advokaat benodig nie en self sy ver-
dediging sou waarneem.
Daarna is a'dvokaat McKenzie,
wat opgedra was om
pro deo
namens
beskuldigde No 1 op te
tree van verdere bywoning by die hof verskoon. Ek kan meld
dat advokaat McKenzie in hierdie hof namens beskuldigde No 1
pro
deo as advokaat opgetree het.
By die verhoor is dit nie betwis nie dat
oorledene
as gevolg van verwurging gesterf het. So
ook is dit nie
betwis nie dat die aanranding plaasgevind het terwyl die
trok
6
trok op pad na Brandvlei gevangenis was, en dat
oorledene reeds dood was toe die trok daar aangekom het. Dit blyk ook voorts
dat,
uitgesonderd die oorledene, die ander ses gevangenes almal lede van een of
ander tronkbende was. Die omstandighede wat tot oorledene
se dood gelei het word
deur-tastend in die uitspraak van die voorsittende regter behandel. Die Staat se
saak berus in hoofsaak op
die getuienis van Mogamat Abrahams(wat ook as Sakie
bekend was) en Eric Wiseman. Hulle was saam met oorledene in die voormelde
kajuit
toegesluit. Die algemene strekking van hulle getuienis was dat
beskuldigde No 1 die aanval op oorledene geloods het en dat beskuldigde
No 2 hom
in verband met die verwurging gehelp het. In sy getuienis het beskuldigde
No 1
7 No 1 gesê dat hy hoegenaamd geen aandeel aan die
aanranding op oorledene gehad het nie. Volgens hom was dit Mogamat Abrahams,
Eric wiseman en beskuldigde No 2 wat as mededaders die oorledene aangerand en
verwurg het. In sy getuienis het beskuldigde No 2 erken
dat hy by die verwurging
betrokke was. Hy het verduidelik dat Mogamat Abrahams hom beveel het om met die
verwurging te help. Hy het
in vrees ver-keer dat hy aangerand sou word indien hy
die bevel veront-agsaam. Volgens hom het beskuldigde No 1 geen aandeel aan
die
verwurging gehad nie.
Die hof a quo het besef dat die getuienis van Mogamat Abrahams en Eric
Wiseman met uiterste versigtigheid oorweeg moes word. Die voorsittende
regter
was bewus van
die
8
die feit dat in 'n ander saak wat voor hom gedien het,
hy die getuienis van Mogamat Abrahams verwerp het. Nietemin het die hof a
q
uo
besluit dat die getuienis van die twee getuies met veiligheid as
geloofwaardig aanvaar kon word, al sou dit nie sonder gebreke gewees
het nie.
Daarteenoor het die hof a
quo
bevind dat die beskuldigdes swak in die
getuiebank vertoon het, en dat hulle relaas oor die gebeure nie redelik moontlik
waar kon
wees nie. Dit is, derhalwe, as vals verwerp.
Die betoog in hoër
beroep dat die hof a
quo
,wat betref sy geloofwaardigheidsbevindings,
gefouteer het, het weinig om die lyf. Die betoog het my geensins oortuig dat
hierdie
hof geregtig is om met die geloofwaardigheids-
bevindings
9 bevindings van die hof a
guo
in te meng
nie.
Wat versagtende omstandighede betref, is geen ge-tuienis deur of namens
beskuldigde No 1 afgelê nie. Sy houding was deurgaans
dat hy onskuldig was
en geen aan-spraak op versagtende omstandighede maak nie. In hoër beroep is
betoog dat die daad op die
ingewing van die oom-blik gepleeg is, en dat dit as
'n versagtende omstandigheid kan geld. Hoewel dit moontlik aan 'n mate van
oordrywing
mank gaan, is daar getuienis wat daarop dui dat die aan-randing oor
'n betreklike lang tydperk gestrek het en dat daar ruim geleentheid
vir
besinning was. Na my mening is daar nie met 'n oorwig van waarskynlikhede bewys
dat, wat beskuldigde No 1 betref, versagtende
omstandighede by
die
10 die pleging van die moord aanwesig was nie.
Namens
beskuldigde No 2 is betoog dat die hof a
quo
'n mistasting begaan het
waar dit nagelaat het om 'n aantal omstandighede wat op moontlike versagting dui
te oorweeg. In die uikspraak
in verband met versagtende omstandighede word dit
gestel dat beskuldigde No 2 "hoofsaaklik" staat gemaak het op die feit dat hy
lid
van 'n bende was, en as sodanig aan bondedissiplinc onderhewig was. Voorts
is betoog dat dit feitlik onmoontlik is om jou lidmaatskap
te beëindig. Die
hof a
quo
het egter bevind dat indien beskuldigde No 2 inderdaad begerig
was om sy lidmaatskap te beëindig, hy die tronkowerhede om beskerming
kon
genader het. In ieder geval moet onthou word dat beskuldigde No 2
getuig
11
getuig het dat Mogamat Abrahams hom aangesê het om aan die aanranding
op oorledene deel te neem. Hy het ook ontken dat beskuldigde
No 1 enige bevel
aan hom gegee het. Voorts het hy ook ontken dat hy enige vrees vir beskuldigde
No 1 gehad het, en dat beskuldigde
No 1 enige gevaar vir hom ingehou het. Dit
kan kwalik bevind word dat beskul-digde No 2 by 'n oorwig van waarskynlikhede
bewys het
dat hy aan die aanranding deelgeneem het as gevolg van dwang wat op
hom uitgeoefen is. Trouens, dit blyk dat hy gretig was om beskuldigde
No 1 by te
staan. Sommige van die ander gevangenes, wat ook bendelede was, het hulle van
die aan-randing gedistansiëer, blykbaar
sonder dat daar later teen hulle
opgetree is.
Dit
12
Dit is ook beweer dat die hof a quo dit nie
oorweeg
het oE beskuldigde No 2 onder die invloed
van dagga was toe
hy aan die aanranding deelgeneem het nie. In sy
ge-
tuienis wat ter versagting afgelê is, het die
voorsittende
regter aan beskuldigde No 2 die volgende vraag gestel:
" maar is dit nou die dagga wat
gemaak het dat jy die ding doen wat jy nie anderste sou doen nie?"
Sy antwoord was:
"Dit is nie eintlik die dagga wat dit gemaak het nie."
Daar is geen ander getuienis wat daarop sou dui dat beskul-
digde in enige
wesenlike sin onder die invloed van dagga
opgetree het nie. Dit is in ieder geval duidelik dat die
hof a
quo
dit nie oor die hoof gesien het dat beskuldigde
No 2
13 No 2 wel dagga gerook het nie.
Voorts is betoog dat beskuldigde 'n mindere rol
in
verband met die aanranding gespeel het en dat dit as versagting behoort te
gegeld het. Die getuienis dui daarop dat sowel beskuldigde
No 2 as beskuldigde
No 1 in feitlik gelyke mate aan die verwurging deelgeneem het en dat
laasgenoemde boonop nog vir oorledene 'n
kaphou met sy vuis teen oorledene se
nek toegedien het. Die betoog dat beskuldigde No 2 'n mindere rol gespeel het
gaan, na my mening,
nie op nie.
Ten slotte is betoog dat daar geen
voorafbeplanning was nie en dat die skuldvorm
dolus directus
afwesig was.
Die afwesigheid. van voorafbeplanning kan in die omstandig-
hede
14
hede van hierdie qeval nie as 'n versagtende omstandigheid
geld nie. Ek het reeds daarna verwys dat die beskuldig-
des ruim geleentheid tot besinning gehad het voordat oor-
ledene uiteindelik beswyk het. Na my mening dui die
getuienis daarop dat
die skuldvorm
dolu
s
directus
aanwesig
was. Die beskuldigdes het
dit gewil dat oorledene sterf,
en 'n vorm van aanranding toegedien wat sou
verseker dat dit
noodlottig sou eindig.
Die appèl van die twee beskuldigdes slaag dus
nie
en word afgewys.
P J WESSELS, AR
Cillié, AR ) Smalberger, WAR )Stem saam