About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 209
|
|
Pfister v Padongelukkefonds (2663/2009) [2011] ZAFSHC 209 (15 December 2011)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 2663/2009
In
die saak tussen:-
KARL
MEINERT PFISTER
..............................................................
Eiser
en
DIE
PADONGELUKKEFONDS
.............................................
Verweerder
AANGEHOOR OP:
15, 16 en 18 NOVEMBER 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
15 DESEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Eiser, gebore op 30
September 1975, dagvaar die verweerder vir die betaling van
skadevergoeding ten bedrae van R5 814 221,30
tesame met rente en
koste, welke skade veroorsaak is in ‘n botsing op 26 Julie
2004, waarin eiser vry ernstige beserings
opgedoen het.
[2] Verweerder het die
meriete toegegee en ook onderneem om ‘n onderneming ingevolge
artikel 17(4)(a) van Wet 56 van 1996
aan eiser beskikbaar te stel.
[3] Die enigste aspekte
in geskil is die eiser se quantum ten opsigte van:
(a) Algemene skade; en
(b) Toekomstige verlies
aan verdienste of verdienste-kapasiteit.
Dit blyk dat eiser R4 441
046,00 ten opsigte van toekomstige verlies aan
verdienste/verdienste-kapasiteit en R1 miljoen ten opsigte
van
algemene skade vorder. Die vraag is dus wat is reg en billik in die
omstandighede.
[4] Daar bestaan geen
twyfel dat eiser vry ernstige psigiese en liggaamlike beserings
opgedoen het. Volgens sy besonderhede van
vordering sluit dit die
volgende in:
(a) Kontusie van die
brein, gepaardgaande met ‘n laserasie van die skedel;
(b) ‘n Hemo pneumo
toraks aan die regterkant met retro-sternale bloeding;
(c) ‘n Lewer
ruptuur bestaande uit ‘n lewer-laserasie intra hepaties, meer
mediaal met ‘n klein hematoom;
(d) ‘n Barsfraktuur
van die sesde servikale werwel welke besering chirurgies hanteer is
met posterior fusie met behulp van
instrumentasie vanaf die vyfde tot
die sewende servikale werwel;
(e) ‘n
Ligamentbesering van die regtervoet, welke besering behandel is met
‘n emobilisasiespalk;
(f) Sagte weefsel
besering van beide knieë;
(g) ‘n Tandbesering
wat die bo- en die onderkaak en bo-en ondertande betrek het met ‘n
laserasie van die tong.
[5] Daar is verder op
hierdie besering uitgewei tydens die getuienis van Dr. H.A. Edeling,
‘n neurochirurg, Dr. C. Angus,
‘n kliniese- en
neuro-psigoloog, en Mev. S. Van Jaarsveld, ‘n industriële
sielkundige.
[6] Die ernstigste
beserings blyk die hoofbesering en nekbesering te wees. Wat die
nekbesering aanbetref, is die eiser behandel
deur middel van ‘n
skeletale traksie op die skedel. Die RT-skandering het ‘n
barsfraktuur aan die anterior, middel
en post-terior kolomme van die
werwelkolom betrek en was daar ook fragmente wat na post-terior
verplaas het. Sjirurgie is toegepas
met ‘n post-terior fusie
met behulp van instrumentasie vanaf die vyfde tot sewende servikale
werwel. Die prosedure het sonder
komplikasie verloop. Die eiser kan
as gevolg van die nekbesering nie swaar voorwerpe optel nie, nie lank
met sy kop in dieselfde
posisie sit nie en ook nie vir ‘n lang
afstand ‘n voertuig bestuur nie. Hy vind dit moeilik om
pasiënte te hanteer,
is bang om ‘n voertuig te bestuur en
om as ‘n passasier in ‘n voertuig te ry. Hy probeer om
slegs kantoorwerk
te doen.
[7] Dr. Fourie is die
mening toegedaan dat die eiser 25% inkorting het, omdat daar
uitskakeling van twee bewegingsvlakke as gevolg
van die nekbesering
was.
[8] Volgens Dr. Edeling
het die eiser onder andere die volgende besering opgedoen:
“
A severe
complicated brain injury with primary diffuse axonal injury
complicated by left frontal focal cerebral contusion and by
secondary
brain injury.”
As
gevolg van die breinbesering het hy ‘n
“post
traumatic organic brain syndrome” met “chronic
cervicogenic headaches” tesame met “a combined
neurological and psychological mood disorder”
ontwikkel.
Daar bestaan ‘n 5% moontlikheid dat die eiser post traumatiese
epilepsie kan ontwikkel. Dr. Edeling is verder van
mening dat eiser
sy uitvoerende funksies verloor het en getuig hy dat hy
“
... has lost
what we call executive mental functioning. That is the functioning of
the frontal lobes of one’s brain to act
as manager of one’s
life. The executive functions of the frontal lobes are to identify
problems, to think of solutions to
problems, to think of various
plans and to make decisions as to which plan would be the best to
adopt in a particular situation,
to make choices about initiating an
action, monitoring the cause of an action and stopping the action
when it is successful...
and his frontal lobes are deficient in that
sense. Now because of that he fails to manage aspects of his life
which normal people,
irrespective of their intellectual capacity has
the common sense to do. He fails at life in the same sense as a minor
child would
fail at life in the same sense that a minor child need a
parent or a guardian to guide and remind etc. so does this man need
that
kind of protection.”
[9] Wat die feitelike
situasie betref, blyk dit dat eiser sedert 2005 tot 2010 ‘n
paramedikus in diens van Nedcare 911 was.
‘n Kennis en kollega
van hom, Mnr. Wolhuter, getuig dat daar geen klagtes ten opsigte van
die eiser ingedien was oor die
wyse waarop hy sy werk gedoen het nie.
Hy het wel gesukkel om pasiënte te skuif of swaar voorwerpe op
te tel en was hy aggressief
en geïrriteerd. As gevolg van
hierdie probleme is eiser na ‘n administratiewe afdeling
verskuif. Hy getuig egter dat
eiser nie oor die vermoë beskik
het om ‘n situasie op te som en aan die hand daarvan besluite
te neem of deur te voer
ten opsigte van die behandeling wat hy moes
toepas nie. Dit plaas ietwat van ‘n vraagteken ten opsigte van
eiser se sogenaamde
gebrek aan uitvoerende funksionering (executive
functioning).
[10] Dit blyk dat die
getuienis van Dr. Angus, ‘n sielkundige, wat die eiser
ondersoek het dat die eiser ly aan “moderate
level of
depression”. Dr. Angus kom dan tot die volgende gevolgtrekking:
“
The
neuropsychological profile indicates various cognitive problems in
specific areas indicating possible diffuse brain damage including:
fluctuating attention and concentration, especially with more complex
lengthy material; varying degrees of difficulty with verbal
new
learning, especially if the information is lengthy (affected by
fluctuations in concentration) and memory problems, including
information overload; global retrieval difficulties as well as
serious problems with double conceptual tracking. He also has
problems
indicative of frontal lobe damage, ie the mild problems
mentioned with confabulation, perseveration and inclusion, ie self
monitoring
and problems with planning and organisational with more
complex material.”
[11] Dit is gemene saak
dat die eiser ‘n entoesiastiese en gedissiplineerde
brandweerman was wat groot ambisie gehad het en
selfs na die
buiteland wou gaan om sy droom aldaar na te streef. Daar is geen
twyfel dat die ongeluk ‘n ernstige impak op
sy lewe gehad het.
Hy kon as gevolg van die ongeluk nie meer rugby of sokker speel nie,
maar het hy na die ongeluk in die gimnasium
oefeninge gedoen. Hy en
sy voormalige vriendin se paaie het geskei, maar het hy intussen ‘n
verhouding met ‘n nuwe
meisie aangeknoop. Hy is nie afhanklik
van enige persoon om sy daaglikse aktiwiteite te verrig of na homself
om te sien nie.
ALGEMENE
SKADEVERGOEDING
[12] In aggenome al die
feite en omstandighede is hierdie hof geroepe om ‘n bedrag aan
die eiser toe te ken wat in die omstandighede
billik is teenoor beide
partye.
DE JONGH v DU PISANIE N.O.
2005 (5) SA 475
(HHA) te 471 H en verder.
[13] Vervolgens sal
verwys word na vergelykbare beslissings en aan die hand daarvan ‘n
beraming van eiser se skade gemaak
word:
1.
MONAMODI v ROAD
ACCIDENT FUND
2007:
‘
n
39-Jarige vrou wat ernstige breinbeserings opgedoen het, fraktuur van
die ribbes, tibia en fibula en ernstige letsels.
‘
n
Bedrag van R850 000,00 word toegeken.
OPPERMAN v ROAD
ACCIDENT FUND
:
‘
n
26-Jarige man het ‘n ernstige breinbesering asook verskeie
ortopediese beserings en frakture, insluitende van die linkerheup,
knie asook nekbeserings.
R800 000,00 word
toegeken.
KRIEL N.O. v ROAD
ACCIDENT FUND:
‘
n
Vrou in haar laat twintigs wat ernstige breinbeserings opgedoen het,
gesigsfrakture, nekbeserings, uitgebreide frakture. Gaan
gepaard met
persoonliksversteurings, wisselende gemoedstoestand en chroniese
hoofpyne.
‘
n
Bedrag van R700 000,00 toegeken.
Bogemelde sake is
ongerapporteer en die feite blyk uit ‘n bundel wat deur Mnr.
Strydom, die eiser se advokaat, beskikbaar
gestel is.
DE JONGH v DU
PISANIE N.O.
,
supra
:
‘
n
35-Jarige man – verskeie kneusings aan die nek, rug,
regterskouer, gewrig, regterknie en regter-enkel. ‘n
Skoueroperasie
is ondergaan en sou hy na verwagting verdere
ortopediese operasies ondergaan. Die beserings gaan gepaard met
aansienlike pyn, ongerief
en gedeeltelike ongeskiktheid gepaardgaande
met hoofpyn en pyn in die nek, skouer, knie, enkel en lae rug. Die
ernstigste besering
is ‘n uitgebreide, verbrokkelde frontale
skedelfraktuur wat tot in die oogkaste en die wangbene gestrek het.
Hierdie besering
het ‘n ekstra durale hematoom tot gevolg gehad
wat bewusteloosheid veroorsaak het. Dit is die dag na die ongeluk
sjirurgies
verwyder, waarna hy maande in hospitale moes deurbring.
Die skedelfraktuur het gepaardgegaan met onderliggende breinskade wat
tweërlei
van aard was. Eerstens, ekstensiewe fokale skade aan
beide frontale sowel as beide temporale lobbe van die brein en
tweedens, diffusie
konkussiewe skade wat die hele brein betrek het.
Dit het veroorsaak dat hy ‘n persoonlikheidsverandering
ondergaan het met
inkorting van sy verstandelike vermoë. Hy het
ook sy reuk- en smaaksin verloor en as gevolg van die breinbesering
het hy epileptiese
aanvalle gekry.
Die hof
a quo
het
‘n bedrag van R400 000,00 toegeken wat op appèl
verminder is na R250 000,00 wat tans ongeveer R372 000,00 beloop.
DE
VRIES N.O. v THE MINISTER OF SAFETY AND SECURITY
,
The Quantum of Damages in Bodily and Fatal Injury Cases
, deur
Corbett & Honey
, Vol V, p. B4-213. Vry
ernstige beserings wat die algemene skadevergoeding R300 000,00 in
Oktober 2006 beloop het, huidige waarde
R426 219,50.
HURTER
v ROAD ACCIDENT FUND AND ANOTHER,
Corbett
& Honey a.w., Vol VI, p. A4-12. Algemene skade van R500 000,00
gedurende 2010 toegeken. Huidige waarde R530 000,00.
KHUMALO
v ROAD ACCIDENT FUND
, Corbett &
Honey a.w., Vol VI, p. A4-26. Algemene skadevergoeding van R420
000,00 toegeken. Huidige waarde R445 203,60.
[14] Indien die huidige
beserings van die eiser vergelyk word met die beserings wat die
persone opgedoen het in die sake hierbo
na verwys, meen ek dat ‘n
bedrag van R450 000,00 algemene skadevergoeding in die omstandighede
redelik en billik is.
VERLIES AAN
TOEKOMSTIGE INKOMSTE:
[15] Berekening hiervan
bestaan uit drie komponente, naamlik:
15.1 ‘n Berekening
van die eiser se pre-ongeluk inkomstepotensiaal;
15.2 ‘n Berekening
van die eiser se post-ongeluk inkomstepotensiaal; en
15.3 Die gebeurlikhede
wat in elke geval van toepassing moet wees.
[16]
Wat die pre-ongeluk inkomstepotensiaal betref, het die
bedryfsielkundiges namens die eiser en die verweerder, naamlik Mev.
Van Jaarsveld en Dr. Wortley, na aanhoor van die getuienis van die
eiser, ‘n gesamentlike verslag voorberei wat as ‘n
bewysstuk ingehandig is. Daaruit blyk dit dat hulle eens is dat die
eiser se inkomstepotensiaal ooreenstem met Patterson Vlak C1.
Verder
is die bedryfsielkundiges dit eens dat die eiser tot en met die pos
van
“divisional officer”
sou
gevorder het, wat die ekwivalent is aan Patterson Vlak C5. Die eiser
sou op vier jaar met intervalle bevorder word en sy plafon
aan
Patterson Vlak C5 bereik teen die jaar 2020. Hy sou gewerk het tot en
met die normale aftree-ouderdom van 65 jaar.
[17] Wat pre-ongeluk
gebeurlikhede betref, het Mnr. Zietsman verwys na die handboek
The
Quantum Yearbook 2011
deur Dr. Robert J. Koch, bladsy 104, wat
voorstel dat ‘n ½% per jaar tot en met aftree-ouderdom
van toepassing is.
Sien ook
BOTHA v SANTAM
, Corbett &
Honey a.w., Vol V, B4-39 te B4-45 e.v. In die geval van die eiser
waar daar ‘n tydperk van 30 jaar ter sake
is, beloop hierdie
gebeurlikheidskoers 15%.
[18] Wat die post-ongeluk
inkomstepotensiaal betref, is die bedryfsielkundiges dit eens dat die
eiser as gevolg van die beserings
wat hy opgedoen het in die ongeluk,
in alle waarskynlikheid nie wesenlike verhogings sou ontvang het nie,
dat hy tans bevredigende
diens verrig en indien sy huidige werknemer
voortgaan om hom te akkommodeer, sal hy in alle waarskynlikheid kan
verwag om permanent
aangestel te bly. Hulle kwalifiseer egter die
stelling deur te meld dat die toekoms onsekerhede inhou en dat
daarvoor voorsiening
gemaak moet word deur middel van gebeurlikhede.
Dit blyk verder dat die eiser se huidige vergoeding soortgelyk is aan
Patterson
Vlak C1 en dat die werk wat hy tans verrig, elemente bevat
van die soorte werk wat val in die kategorie van Patterson B5 –
C1; indien die eiser egter, om welke rede ookal, sy huidige werk sou
verloor, is die deskundige getuies van mening dat hy nie ongeskik
is
nie, met ander woorde, die eiser sal weer die arbeidsmark kan betree.
Die bedryfsielkundiges kwalifiseer egter hierdie stelling
deur te
meld dat daar uit die aard van die saak voorsiening gemaak moet word
vir gebeurlikhede, aangesien die eiser se werkgewer
voorsiening sal
moet maak vir eiser se tekortkominge.
[19]
By die vasstelling van skadevergoeding is dit van belang om te let op
wat gesê is in
SOUTHERN INSURANCE ASSOCIATION LTD
v BAILEY NO
1984 (1) SA 98
(A) te 113 G – 114 A:
“
Any
enquiry into damages for loss of earning capacity is of its nature
speculative, because it involves a prediction as to the future,
without the benefit of crystal balls, soothsayers, augurs or oracles.
All that the Court can do is to make an estimate, which is
often a
very rough estimate, of the present value of the loss.”
[20] Faktore wat in
aggeneem word by gebeurlikhede is daar twee kategorieë van
toepassing. Eerstens die gewone gebeurlikheidsfaktore,
byvoorbeeld
lewensverwagting, inkomstestygings, inflasiekoers, belasting en
rente. In die aktuariële berekening van Dr. Koch
is hierdie
aspekte reeds voldoende in aggeneem.
[21] Ten opsigte van die
tweede kategorie faktore (“general contingencies”) moet
die volgende getuienis in ag geneem
word: Mev. Van Jaarsveld het in
haar verslag tot die gevolgtrekking gekom dat die eiser waarskynlik
binne die volgende vyf tot
tien jaar afgelê kan word. Na
aanhoor van die getuienis van Mnre. Van Zyl en Wolhuter, het Mev. Van
Jaarsveld en Dr. Wortley
gesamentlik ‘n verslag uitgebring tot
die effek dat indien eiser sy werk as para-medikus sou verloor, sal
hy nie ongeskik
wees om verdere werk in die arbeidsmark te verrig
nie. Daar moet egter voorsiening gemaak word vir die moontlikheid dat
eiser sy
werk kan verloor, dat hy vir ‘n tydperk werkloos kan
wees voordat hy weer ‘n betrekking kan bekom. Dit moet in
gedagte
gehou word dat weens regstellende aksie hierdie tydperk
langer as gewoonlik kan wees. Die getuienis van Wolhuter was tot die
effek
dat eiser se huidige werknemer tans besig is met
herstrukturering, wat ‘n invloed op eiser se toekoms kan hê.
Verder
moet in aggeneem word dat eiser vir ‘n tydperk van vyf
jaar na die ongeluk die werk van ‘n para-medikus verrig het.
[22] Die berekeninge van
verlies aan inkomste word uiteengesit in die verslag van Mnr.
Jacobson . Die verlies van verdienste vir
die verlede is R354 676,00
volgens daardie verslag. Wat toekomstige verlies aan verdienste
betref, moet op die getuienis aanvaar
word dat die eiser sou werk tot
by aftree-ouderdom van 65 jaar. As dit nie vir die ongeluk was nie,
sou eiser volgens Mnr. Jacobson
R3 111 219,00 verdien het. Daarvan
moet 30% gebeurlikhede afgetrek word. In aggenome al die feite,
positiewe en negatiewe faktore,
is ek van mening dat ‘n
gebeurlikheidspersentasie van 30% ten opsigte van post-ongeluk
redelik en billik is. Sien
BOTHA v SANTAM
,
supra
.
[23] Wat die berekening
van die aktuaris, Mnr. Jacobson, betref, moet daar dus ‘n
regstelling plaasvind ten opsigte van die
post-ongeluk
inkomstepotensiaal. Indien 30% gebeurlikhede afgetrek word (wat R933
366,00 beloop) gee dit ‘n totaal van R2
177 853,00. Die ander
aspekte en berekenings, onderhewig aan wat hierintevore gemeld is, is
nie in geskil nie.
[24] Eiser se totale
skadevergoeding word dus soos volg saamgestel en bereken:
Verlies aan verdienste
R354 676,00
Toekomstige verlies aan
verdienste R2 868 173,00
Algemene skadevergoeding
R450 000,00
TOTAAL
R3 672 849,00
[25] Die eiser het ‘n
konsepbevel voorberei. Behalwe dat die bedrag in paragraaf 1 R3 672
849,00 in plaas van R5 180 882,00
moet wees, is dit origens in orde.
[26]
BEVEL:
Bygevolg word vonnis ten
gunste van die eiser teen die verweerder verleen vir die bedrag van
R3 672 849,00 asook ‘n bevel
ingevolge paragrawe 2 tot 4 van
die konsepbevel hierby aangeheg.
__
______________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die eiser: Adv.
Gerhard J. Strydom SC
In opdrag van:
Schoeman Maree Ingelyf
BLOEMFONTEIN
Namens die verweerder:
Adv. P.J.J. Zietsman
In opdrag van:
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
/sp
IN THE FREE STATE HIGH
COURT, BLOEMFONTEIN
(REPUBLIC OF SOUTH
AFRICA)
Case No. : 2663/09
In
the matter between:-
K
M PFISTER
Plaintiff
and
ROAD
ACCIDENT FUND
Defendant
DRAFT ORDER
_____________________________________________________
HAVING
heard
counsel and having read the papers filed of record, the following
order is granted:
1. The defendant is
ordered to pay the plaintiff’s attorney of record the sum of R3
672 849 (THREE MILLION SIX HUNDRED AND
SEVENTY TWO THOUSAND EIGHT
HUNDRED AND FOURTY NINE RAND) to be held in an interest bearing trust
account pending the formation
of a trust for the benefit of the
plaintiff, Karl Meinert Pfister (born on the 30
th
of
September 1975), and to be paid over to the trustees of such trust
upon the formation thereof.
2. The defendant is
ordered to furnish the plaintiff with an undertaking as envisaged in
terms of the provisions of Section 17(4)(a)
of the Road Accident Fund
Act, Act 56 of 1996, in respect of the costs of the future
accommodation of the plaintiff in a hospital
or nursing home or
treatment of or rendering of a service to him or supplying of goods
to him arising out of the injuries sustained
by him in a motor
vehicle collision which occurred on the 26
th
of July 2007,
inter alia
as set out in the expert witness reports of the
expert witnesses listed in paragraph 4 hereinafter.
The costs aforesaid shall
further include the costs in respect of the creation and
administration of a trust to be formed in order
to manage and
administer the compensation payable to the plaintiff referred to in
paragraph 1 hereinbefore, upon such costs having
been incurred ,
which costs shall be limited to the costs and fees chargeable by
curators bonis
.
3. The plaintiff’s
attorneys, Schoeman Maree Incorporated, are ordered to:
3.1 Cause a trust to be
established in accordance with the provisions of the Trust Property
Control Act No. 56 of 1988;
3.2 Invest the nett
capital amount referred to in paragraph 1 hereinbefore upon payment
thereof to the plaintiff’s attorneys
in terms of Section 78(2)
of the Attorneys Act 53 of 1979 for the sole benefit of the
plaintiff;
Ensure that the Trust
instrument, contemplated in paragraph 3.1 hereinbefore, make
provision for the following:
3.3.1 The plaintiff to be
the sole beneficiary;
3.3.2 The nomination of a
first trustee;
3.3.3 The trustee of the
trust to be formed to take all the requisite steps to secure an
appropriate bond of security to the satisfaction
of the master of the
High Court for due fulfilment of his obligations and ensure that such
bond of security be submitted to the
Master of the High Court at the
appropriate time as well as to all other interested parties;
The remuneration of
the trustee at a rate equivalent to (and not exceeding) that of a
curator bonis
as contemplated in the
Administration of
Estates Act, 166 of 1965
;
The duty of the
trustee to disclose any personal interest in any transaction
involving the trust property;
The exclusion of
contingent rights of the beneficiary in the event of cession,
attachment or insolvency of the beneficiary,
prior to the
distribution or payment thereof by the trustee to the beneficiary;
Procedures to resolve
any deadlock between a trustee subject to the review thereof by
this Court;
The termination of the
trust only upon the death of the plaintiff in which event the
trust property shall pass to the estate
of the plaintiff;
The amendment of the
trust implement to be subject to the leave of the Court.
The provisions referred
to in paragraph 3.3 hereinbefore shall, in accordance with the
provisions of the Trust Property Control
Act aforesaid, where
necessary, be subject to the approval of the master.
4. The defendant is
ordered to pay the plaintiff’s party and party costs on the
High Court scale, which costs are to include
the costs of senior
counsel as well as the preparation, qualifying and attendance fees
(if any) of the below listed expert witnesses:
Dr J J Fourie
(orthopaedic surgeon);
Dr H J Edeling
(Neurosurgeon);
Dr C Angus (clinical
and neuropsychologist);
Mrs S van Jaarsveld
(industrial psychologist);
Mr G Jacobson
(actuary).
BY THE COURT
REGISTRAR