About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 205
|
|
Uys No en n ander v CMW Lewendehawe (Edms) Bpk h/a CMW Elite (A258/2011) [2011] ZAFSHC 205 (15 December 2011)
VRYSTAATSE
HOË HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK
VAN SUID-AFRIKA
Saak Nr.: A258/2011
In
die saak tussen:
NICOLAS
PETRUS UYS NO
…...........................................
1ste
Appellant
STEPHANUS
SOLOMON WEYERS NO
….........................
2de
Appellant
(in
hul hoedanigheid as trustees van die
N
& J Trust)
en
CMW LEWENDEHAWE
(EDMS) BPK
h/a CMW ELITE
…..................................................................
Respondent
CORAM:
RAMPAI, R
et
VAN DER MERWE, R
et
ZIETSMAN, WND R
______________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN DER MERWE, R
AANGEHOOR OP:
12 DESEMBER 2011
______________________________________________________
GELEWER OP:
15 DESEMBER 2011
[
1]
Hierdie is ‘n appèl teen die
verlening, op 17 Junie 2011, van ‘n finale sekwestrasiebevel
ten opsigte van die
boedel van die N & J Trust (“die
trust”). Die appèl geskied met die verlof van die
verhoorhof.
[2] Die kernvraag op
appèl is of die verhoorhof fouteer het deur te bevind dat die
boedel van die trust insolvent is.
[3]
Ongeveer 100 jaar gelede het Wessels R in
OHLSSON’S
CAPE BREWERIES LIMITED v TOTTEN
1911
TPD 48
op 50 gesê dat die toets vir insolvensie is of die laste
van die respondent, billik gewaardeer, sy bates, billik gewaardeer,
oorskry. Hierdie toets is sedertdien male sonder tal bevestig. Sien
byvoorbeeld
DE VILLIERS v BATEMAN
1946 TPD 126
op 130 en die beslissing van die
volle hof van hierdie afdeling in
MACKAY
v CAHI
1962 (4) SA 193
(O), veral
op 194E – F, 195D, 196B en 204F. Bates billik gewaardeer verwys
na my oordeel na die markwaarde daarvan. Dit is
ook hoe hierdie toets
in my ervaring oor baie jare in hierdie hof toegepas is. In
VENTER
v VOLKSKAS LIMITED
1973 (3) SA 175
(T) is bevestig dat ten einde aan te toon dat die skuldenaar
insolvent is die skuldeiser moet aantoon dat die laste van die
skuldenaar,
billik gewaardeer, sy bates, billik gewaardeer, oorskry.
Gevolglik is bevind dat oorskryding van laste oor bates ingevolge
artikel
30(1) van die Insolvensiewet, 24 van 1936 bepaal moet word
aan die hand van die markwaarde van die bates. Daar is geen rede om
in hierdie verband ‘n verskil te trek tussen feitlike
insolvensie ingevolge artikel 12(1)(b) en oorskryding van laste oor
bates ingevolge artikel 30(1) van die Insolvensiewet nie. Sien ook
Meskin,
INSOLVENCY LAW
,
p. 2-18 para 2.1.3 en
LAWSA
,
Volume 11, 2de Uitgawe, p. 229 para 225.
[4] In
Mars,
THE LAW OF INSOLVENCY IN SOUTH
AFRICA,
9de Uitgawe, p. 137 word
die volgende gesê:
“
If the
debtor’s liabilities fairly valued exceed his assets fairly
valued he is insolvent, and in assessing liabilities merely
contingent debts are not included, whereas debts accrued but not yet
payable are included. If once it is shown that the debtor’s
liabilities exceed his assets, it is not open for him to say that he
is not insolvent merely because he is in a position to pay
each
demand made on him as comes in. It is established practice that all
assets of the insolvent estate that are to be liquidated
in the
process of obtaining a dividend for the creditors must be valued on
the basis that they will be disposed of at a forced
sale.”
[5] Indien met hierdie
passasie in konteks bedoel word dat by feitlike insolvensie die
markwaarde van die bates nie die maatstaf
is nie maar die sogenaamde
gedwonge verkoping waarde, wat te betwyfel is, stem ek uit hoofde van
die voorgaande nie daarmee saam
nie. Dit kom my voor dat in hierdie
passasie die onderskeid tussen feitlike insolvensie aan die een kant
en voordeel vir krediteure
bestaande uit ‘n aanvaarbare
dividend aan die ander kant uit, die oog verloor is. Wanneer ‘n
boedel wel insolvent is
of ‘n daad van insolvensie gepleeg is,
ontstaan veral in sogenaamde vriendelike sekwestrasies die vraag of
in geval van ‘n
gedwonge veiling daar ‘n dividend vir
krediteure sal wees. Dit word soos volg verduidelik in
NEL v
LUBBE
1999 (3) SA 109
(W) op 111B – E:
“
The purpose
of funishing a sworn valuation is therefor to establish the price
that is likely to be realised from the sale of the
property on what
is called a forced sale so that it can be determined that there will
be a free residue available for creditors
and advantage to creditors
is thereby established. A practise has therefor grown up in this
Division (I cannot speak for others)
whereby a sworn valuation is
furnished by an expert witness, usually, as in the present case, an
estate agent.”
[6] By die oorweging van
die toestaan van ‘n finale sekwestrasiebevel op grond van die
feitlike insolvensie van die respondent,
rus die bewyslas gevolglik
op die applikant om op ‘n oorwig van waarskynlikhede te bewys
dat die werklike laste van die respondent
die markwaarde van sy bates
oorskry. In geval van ‘n egte feitedispuut in hierdie verband,
geld die normale reëls, naamlik
dat die aansoek op die weergawe
van die respondent beslis moet word.
[7] Die trust se bates
bestaan uit twee plase, sowel as roerende goed bestaande uit
melktoerusting, trekkers, implemente en beeste.
Ter bestryding van
die bewering dat die trust se boedel insolvent is, het die trust ‘n
waardasieverslag ten aansien van die
plase voor die hof geplaas.
Ingevolge hierdie waardasieverslag het die totale markwaarde van die
plase op die betrokke tydstip
die bedrag van R8,7 miljoen beloop
terwyl die sogenaamde ‘forced sale value’ die bedrag van
R6,09 miljoen beloop het.
[8] Hoewel die geswore
waardeerder ‘n verklaring onderteken het ingevolge waarvan die
waardasieverslag bevestig word, is die
verklaring nie beëdig
nie. Gevolglik is namens die respondent op appèl aangevoer dat
die waardasieverslag nie as getuienis
of bewysmateriaal ontvanklik
was nie en buite rekening gelaat moet word.
[9] Die waardasieverslag
is ‘n beredeneerde een. Dit bevat volledige besonderhede van
die plase en die verbeterings daarop.
Dit verwys in besonderhede na
vergelykbare transaksies. Dit bepaal afsonderlike waardes vir droë
lande, natuurlike weiveld,
aangeplante weiding en verbeterings. Daar
is nie deur die respondent in die stawende beëdigde verklaring
enige waarde op enige
van die bates van die trust geplaas nie. Daar
is nie by die aanhoor van die aansoek deur die respondent beswaar
gemaak teen die
toelating van die waardasieverslag nie. Inteendeel,
soos hierna sal blyk, het die respondent die verhoorhof versoek om
die aansoek
op aanvaarding daarvan te beslis, weliswaar op die basis
dat die sogenaamde gedwonge veiling waarde regtens die relevante
waarde
is. Die verhoorhof het die respondent hierop gelyk gegee. In
hierdie omstandighede kan die respondent myns insiens nie toegelaat
word om op appèl te betoog dat die waardasieverslag buite
rekening gelaat moet word nie en vorm dit deel van die bewysmateriaal
voor ons.
[10] Die verhoorhof het
hom soos volg oor die kwessie van die waarde van die plaas uitgelaat
(Die bedrag van R6,9 miljoen is klaarblyklik
net ‘n fout en
moet wees R6,09 miljoen):
“
Dit blyk uit
die aanvanklike berekening van die respondente dat hy die totale
bates bereken het op R12,1 miljoen waarvan R8,7 miljoen
aan twee
plase toegedig is. Wat die laste betref, het die respondente dit
bereken op R8,5 miljoen. Dit is egter belangrik om te
let op die
inhoud van die betrokke waardeerder se verslag waar hy aandui in sy
waardasieverslag dat as hierdie onroerende eiendom
op ‘n
eksekusie veiling verkoop word, dan bereken hy die waarde op R6,9
miljoen synde ‘n verskil van R2,6 miljoen.
So die R12,15
miljoen, as hierdie bedrag afgetrek word, dan kom die waarde van die
bates die totale af na R9,542 miljoen.
Soos reeds gemeld, het mnr Zietsman
ook sy eie berekenings gemaak en het sy totale evaluasie of som te
staan gekom op ‘n bedrag
van R9,568 miljoen. Na my mening is
die verskillende moontlikhede wat betref beide die bates en die laste
soos reeds gemeld, op
die heel gunstigste vir die respondente, het
hulle totale waardes R12,2 miljoen beloop. Na my mening egter, en ek
stem saam met
mnr De Bruin se betoog, moet die meer konserwatiewe
waarde, naamlik wat hierdie eiendom op ‘n eksekusie veiling kan
gaan,
in ag geneem word, naamlik R6,9 miljoen en indien hierdie
mindere waarde in ag geneem word, dan kom die totale bates op R9,542
miljoen te staan.”
[11] Uit hoofde van die
voorgaande moet met die hoogste eerbied tot die gevolgtrekking gekom
word dat die verhoorhof fouteer het
deur die markwaarde van die trust
se plase buite rekening te laat.
[12] Die trust het sy
roerende bates duidelik beskryf en hierdie roerende bates is deur ‘n
professionele waardeerder kragtens
beëdigde verklaring waardeer
vir die totale bedrag van ongeveer R3,6 miljoen. Hierdie getuienis
kan nie op die stukke verwerp
word nie en moet vir doeleindes van
beregting van die aansoek aanvaar word. Dieselfde geld vir die
getuienis van die trust dat
die laste daarvan die bedrag van ongeveer
R9,5 miljoen beloop, uitgesluit die bedrag verskuldig aan ene Mnr S G
du Toit. Ek stem
egter met die respondent saam dat hierby gevoeg moet
word ‘n bedrag van ongeveer R1,9 miljoen deur die trust
verskuldig aan
Mnr S G du Toit. Op die basis dat die markwaarde van
die plase die bedrag van R8,7 miljoen kan beloop, is dit gevolglik
myns insiens
nie op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys dat die
trust insolvent is nie. Die appèl moet dus slaag.
[13] Gevolglik word die
volgende bevele gemaak:
13.1 Die appèl
slaag met koste.
13.2 Die verhoorhof se
bevele word tersyde gestel en vervang met ‘n bevel dat die
voorlopige sekwestrasiebevel opgehef word
met koste.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
Ek stem saam.
_______________
M. H. RAMPAI, J
Ek stem saam.
___________________
P. ZIETSMAN, WND R
Namens die appellante:
Adv. P.J.J. Zietsman
In opdrag van:
Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens die respondent:
Adv. J. P de Bruin SC
In opdrag van:
Symington & De Kok
BLOEMFONTEIN
/eb