About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2011
>>
[2011] ZAFSHC 202
|
|
Van der Walt NO v Flanegan NO and Others (388/2011) [2011] ZAFSHC 202 (8 December 2011)
VRYSTAATSE HOË
HOF, BLOEMFONTEIN
REPUBLIEK VAN
SUID-AFRIKA
Saaknommer: 388/2011
In
die saak tussen:-
LYNETTE VAN DER
WALT N.O.
.
...........................................
Applikante
en
DAVID ARTHUR
FLANEGAN N.O.
..............................
1ste
Respondent
SUSANNA MARIA VAN
COPPENHAGEN N.O.
...........
2de
Respondent
DIE
MEESTER, VRYSTAAT Hoë HOF,
BLOEMFONTEIN
...........................................................
3de
Respondent
DIE
REGISTRATEUR VAN AKTES, VRYSTAAT
PROVINSIE
....................................................................
4de
Respondent
DAVID ARTHUR
FLANEGAN N.O.
...............................
5de
Respondent
LYNETTE VAN DER
WALT N.O.
..................................
6de
Respondent
LINDA ANN FLANEGAN
(McKAY) N.O.
......................
7de
Respondent
ELIZABETH
CATHARINA VAN DER
LINDE N.O.
...................................................................
8ste
Respondent
MARY-LEE VAN DER
MERWE N.O.
............................
9de
Respondent
AANGEHOOR OP:
1 DESEMBER 2011
_____________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
HANCKE, R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
8 DESEMBER 2011
_____________________________________________________
[1] Die applikante doen
aansoek om ‘n bevel dat die eerste en tweede respondente gelas
word om vordering in die bedrag van
R4 140 947,00 van vier
minderjarige kinders in die bereddering van die bestorwe boedel
nommer 10765/2005 van Arthur James Flanegan,
die oorledene,
(hierinlater die “oorledene” genoem), te erken en te
noteer, hangende die instel van ‘n aksie
vir gemelde vordering
binne drie maande na finalisering van hierdie aansoek. Applikante vra
verder dat eerste en tweede respondente
gelas word om nie voort te
gaan met die transportering van die plase Corn Flats 319, distrik
Winburg, groot 521,1255 hektaar en
Craiglee 1978, distrik Winburg,
groot 258,3015 aan die trustees van die Grasmere Trust en/of aan
enige ander instansie hangende
die regshulp om ingestel te word soos
hierin tevore na verwys.
[2] Die oorledene wat op
29 Oktober 2005 oorlede is, het met sy dood ‘n testament
agtergelaat ingevolge waarvan hy sy vaste
bates, naamlik die plase
Cornflates en Craiglee, bemaak het aan die trustees van die Grasmere
Trust. Die eerste respondent is aangestel
as eksekuteur in hierdie
boedel. Ingevolge die trustakte is die minderjarige kinders van die
applikant (en die oorledene) die enigste
kapitaalbegunstigdes.
[3] Dit blyk dat die
applikant in haar verteenwoordigende hoedanigheid aanvanklik namens
die gemelde minderjarige kinders ‘n
eis by die eksekuteur
ingedien het, ten opsigte van die onderhoud vir gemelde kinders. Op
22 November 2006 en te Bloemfontein het
die partye egter bymekaar
gekom waarna ‘n skikking bereik is. As gevolg van hierdie
skikking is die vorderings van die applikante
teruggetrek, asook die
beswaar teen die boedel en het die applikante ook die Meester versoek
om die likwidasie- en distribusierekening
goed te keur.
[4] Dit blyk dat die
administrasie van die boedel reeds afgehandel is en is dit slegs die
transportering van die twee plase wat
nog uitstaande is, welke plase
transporteer moet word aan die trustees van die Grasmere Trust. Die
Meester van die Hoë Hof
het ook reeds die boedelrekening
bekragtig.
[5] Die vereistes vir die
verlening van ‘n tussentydse interdik is
“
(a) a
prima
facie
right;
(b) a well-grounded apprehension of
irreparable harm if the interim relief is not granted and the
ultimate relief is eventually
granted;
(c) that the balance of convenience
favours the granting of an interim interdict; and
(d) that the applicant has no other
satisfactory remedy.
In view of the discretionary nature of
an interim interdict these requisites are not judged in isolation and
they interact.”
(
The Law of South
Africa
, onder redaksie van Joubert, Vol 11, paragraaf 403)
[6] Wat die applikant se
prima facie
reg betref, is van belang om daarop te let dat die
partye ‘n skikking aangegaan het op 22 November 2006 en dat al
die belanghebbende
partye alreeds uitvoering aan hierdie skikking
gegee het. So boer die applikante self op die plaas Corn Flats en
verklaar sy in
hierdie verband die volgende:
“
Die rede
waarom nie voortgegaan is met die aanvanklike eis teen die boedel nie
is reeds volledig by meermale mee gehandel in die
funderende beëdigde
verklaring en herhaal ek wat in die verband gesê is, naamlik
dat na aanleiding van die ooreenkoms
dat die plaas Corn Flats se
gebruiksreg aan my toegeken word vir die voordeel van die voordeel
van die vier minderjarige kinders,
nie voortgegaan word met die
onderhoudseis ten aansien van die vier minderjarige kinders nie.”
[7] Ten opsigte van die
posisie van die eerste respondent, verklaar die applikante die
volgende:
“
Ek betwis
dat eerste respondent hom gebonde hou aan die aanvanklike besluit dat
die plaas Cornflats gebruik moet word tot voordeel
van die vier
minderjarige kinders.”
asook
“
Indien
eerste respondent en die ander twee trustees hulle gebonde gehou het
aan die inhoud van die besluit sou ek nie hierdie aansoek
ten behoewe
van die vier minderjarige kinders gebring het nie.”
[8] Voormelde aanhalings
plaas nie alleen ‘n vraagteken ten opsigte van applikant se
prima facie
reg nie, maar ook ten aansien van die feit dat die
applikante oor alternatiewe regshulp beskik in die sin dat as die
eerste respondent
of die ander trustees hulle nie gebonde hou aan die
inhoud van hierdie besluit nie, sy geregtig is om hierdie skikking af
te dwing
deur spesifikasie nakoming daarvan te vorder.
[9] ‘n Verdere
probleem is dat die applikante nie aangetoon het dat daar
onherstelbare skade gely kan word indien die aangevraagde
regshulp
geweier sou word. Mnr. Burger het aan die hand gedoen dat dit die
partye sal noodsaak om bymekaar te kom ten einde die
aangeleentheid
op te los. Regtens is die vereiste van onherstelbare skade nie deur
die applikante aangetoon nie.
[10] Wat die uitoefening
van ‘n hof se diskresie betref, is dit van belang om te let wat
in
LAWSA
a.w. paragraaf 408 in hierdie verband verklaar word:
“
Instances of
the court’s exercising is discretion against the applicant
where the applicant displayed a cynical disregard
of the law and
where there was
an
undue delay
in launching the proceedings.”
Vergelyk
JUTA &
CO LTD v LEGAL AND FINANCIAL PUBLISHING CO (PTY) LTD
1969 (4)
SA 443
(K) te 445 C – F;
NATIONAL COUNCIL OF SOCIETIES
FOR THE PREVENTION OF CRUELTY TO ANIMALS v OPENSHAW
[2008] ZASCA 78
;
2008 (5)
SA 339
(HHA) te 346 par. [18].
[11] Dit is belangrik om
daarop te let dat hier ‘n tydsverloop van vyf jaar was alvorens
die applikante hierdie hof genader
het vir die aangevraagde regshulp.
Verder is die administrasie en bereddering van die boedel in geheel
alreeds afgehandel en is
dit slegs die transportering van gemelde
twee plase wat nog uitstaande is. Dit is na my mening nie sinvol om
in hierdie omstandighede
die finalisering van die boedel ten opsigte
van die oordrag van gemelde eiendomme langer agterweë te laat
nie. Die applikante
se aansoek kan dus nie slaag nie.
[12] Wat wel van groot
belang is, is dat die partye bymekaarkom en poog om die huidige
aangeleenthede vriendskaplik te skik en die
aangeleentheid op ‘n
sakegrondslag te plaas. Daar is die bewering in die stukke dat die
plaas Corn Flats met gemak verhuur
kan word vir ‘n bedrag van
R130 00,00 en oorweging kan daaraan geskenk word dat ‘n
persentasie van die inkomste van
die betrokke eiendom beskikbaar
gestel word vir die onderhoud van die vier minderjarige kinders. Hoe
dit ook al sy, daar rus ‘n
groot verantwoordelikheid op die
partye om ‘n oplossing vir die huidige dooie punt te vind.
Verdere litigasie sal net tot
nadeel van al die belanghebbendes,
veral die minderjarige kinders, wees.
[13] Bygevolg word die
aansoek van die hand gewys met koste.
__
______________
S.P.B. HANCKE, R
Namens die applikante:
Adv. A.H. Burger SC
In opdrag van:
Kramer Weihmann &
Joubert Ing
BLOEMFONTEIN
Namens die respondente:
Adv. S.J. Reinders
In opdrag van:
Honey Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/sp